0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (106)
  • R100 - R250 (530)
  • R250 - R500 (289)
  • R500+ (20)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Wintersrust (Afrikaans, Paperback): Joyce Kotze Wintersrust (Afrikaans, Paperback)
Joyce Kotze; Translated by Daniel Hugo
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) In stock

Een familie, deels van Britse en deels van Boere-afkoms, ontdek dat hul lewens onlosmaaklik verstrengel raak deur die onverbiddelike gang van die geskiedenis.

Die Transvaalse politiek en die Britte se arrogante imperialisme sleur hulle mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Liefdes- en vriendskapsbande wat in die Trandvaalse bosveld en die sitkamers van Victoriaanse Engeland gesmee is, word op die slagvelde van Suid-Afrika getoets. Wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in die gruwelike beleid van die verskroeide aarde en ’n guerrillastryd, moet die familielede riskante keuses maak. Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer.

Sommige, wat deur wanhoop oorweldig word, oorleef nie. Ander moet ten slotte by ’n plek van vrede en vergiffenis uitkom.

(Hierdie is die Afrikaanse vertaling van The Runaway Horses)

Heiliger (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Heiliger (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Within 5 - 13 working days

In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nog Amalia, n staatsaanklaer op Witteberg, nog Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word deels vir sy eie veiligheid, deels omdat n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van n sel en die se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur n dwaalkoeel getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik sn. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk n Kubaanse dokter oor hom in n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy n fout gemaak

Misverstand (Afrikaans, Paperback): Marita Van der Vyver Misverstand (Afrikaans, Paperback)
Marita Van der Vyver 1
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Within 4 - 8 working days

Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem.

Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken.

Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is di Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars.

Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. ’n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.

Dryfhout (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Chanette Paul Dryfhout (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Chanette Paul
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) In stock

Wie is Aengel Rousseau? En wie was die voormoeder by wie Aengel dagboeke, 'n skulp, n seewatersteen en n verbod om haar hare te sny, geerf het? Dis die vrae wat Aengel Kierangbaai toe lok. Want dis waar Angelique dAvignon amper twee eeue gelede haar spore gelaat het en legendes van die visvrou ruig loop. Geleidelik maak Aengel sin van die legendes oor Annie en die vloek wat sy oor die Niemands uitgespreek het. Die vier moorde wat op Kierangbaai gepleeg word, kan Aengel egter nie kleinkry nie. Ook nie haar gevoelens vir Roark of hoekom iemand dink sy kan Annie se vloek ophef nie. Gys en Fortuintjie moet weer hul speurvernuf inspan en dit ry Gys se poging om vir oulaas Gertjie se hart te wen, sleg in die wiele. Dryfhout is die vyfde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel, en sluit die Gys Niemand-reeks af. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Die ander titels in die reeks is Springgety, Fortuin, Boheem en Meetsnoer.

Die Verdwyning Van Mina Afrika (Afrikaans, Paperback): Zuretha Roos Die Verdwyning Van Mina Afrika (Afrikaans, Paperback)
Zuretha Roos
R251 Discovery Miles 2 510 In stock

Op n winterdag in 1945 ontferm n kinderlose wit egpaar, Sara en Erik de Graaff, hulle oor n driejarige halwe weeskind Mina Afrika. Hulle wil haar graag n kans in die lewe gee. Terwyl Mina nog vol ambisie haar toekoms beplan dryf die verraderlike daad van n ryk jong wit man haar weg uit die Vallei, laat haar beland in n eindelose spiraal van bedrog. n Lewe van vernedering in Groenpunt en tussen die bendes van Distrik Ses.

Die Onaantasbares (Afrikaans, Paperback): Steve Hofmeyr Die Onaantasbares (Afrikaans, Paperback)
Steve Hofmeyr 4
R200 R149 Discovery Miles 1 490 Save R51 (26%) In stock

Steve Hofmeyr word as skrywer van Afrikaanse fiksie hoog aangeslaan. Sy Vier briewe vir Jan Ellis en Laaste dans, Drienie is deur literre kritici aangeprys. Nou ontpop di gewilde en omstrede sanger en akteur as misdaadskrywer met Die onaantasbares.

Die hoofkarakter in di spanningsroman is ’n huurmoordenaar wat deur die media as “Die Sluiper” gedoop word. Hy is ’n Special Ops-veteraan wat deur die Bosoorlog “gekneus” is. Die verhouding tussen hom en sy eertydse kollegas versuur wanneer hy begin vermoed dat hulle hom verraai het.

Hy raak verlief op Tessa Mallet, wat later self in die visier van Die Sluiper se voormalige klinte beland wanneer hulle besluit om van hom ontslae te raak. Nadat Tessa in hulle liefdesnes vermoor en Die Sluiper vir dood agtergelaat word, is wraak voor die hand liggend. N ’n uitgerekte herstelproses begin hy jag maak op die groep mense wat agter die moord op Tessa sit. Hofmeyr is ’n vaardige verteller wat lesers op ’n aksiebelaaide avontuurtog neem terwyl die adrenalien teen ’n ho tempo vloei.

Springgety (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Chanette Paul Springgety (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Chanette Paul
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Within 5 - 13 working days

Toe Lily Reynecke Maja se voetspore Kruisbaai toe volg in die hoop om haar lewe weer aanmekaargelym te kry, weet sy nie dis n plek waar die dood tasbaar na siele vra en die geskiedenis hom herhaal nie. Kort na haar aankoms eis Springklip, die hoe krans waar reeds vier kruise staan, nog n lewe. Nog iemand wat gespring het. Of gestamp is. Dalk deur Lily self in een van haar vergeettye. Dalk groot, beneukte Ben? Of beskerm Ben vir Kassie, sy verstandelik gestremde broer? En wat is dit aan Kruisbaai dat dese en gene hulle so verlustig in ongeoorloofde vleeslikheid? Die visvrou, Annie Niemand, se postume wraak? Gerbrand Niemand se werkinge uit die hel? Of net die eensaamheid van n afgesonderde plekkie waar die maan en wind massas water hierdie kant toe stoot en dan weer daardie kant toe sleep?

Eindspel (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Eindspel (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R270 R229 Discovery Miles 2 290 Save R41 (15%) Within 7 - 15 working days

Ellie hou van haar nuwe lewe op die platteland. Net wanneer sy nie kan slaap nie gaan sit sy in die spaarkamer, waar haar kaarte, diagramme en lyste opgeplak is. Erens in die web is haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek. En toe hulle kom vir haar, weet sy als was vir hierdie dag. En dat sy sal moet uitvind wie haar soek, en waarom. Die lang wag is verby! Die vervolg op 2014 se Dubbelspel.

Koors (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Koors (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 4
R310 R269 Discovery Miles 2 690 Save R41 (13%) Within 7 - 15 working days

Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie.

Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – n mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig.

Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitre leier ontpop – kan h ooit vertrou word?

Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi …

In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.

Op Die Spoor Van - 15 Speurverhale Deur Topskrywers (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Op Die Spoor Van - 15 Speurverhale Deur Topskrywers (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R251 Discovery Miles 2 510 Within 7 - 15 working days

Hierdie boeiende versameling kortverhale bevat skryfwerk van ervare misdaadskrywers en bekendes in ander genres. 'n Reeks geslepe misdadigers kom te staan teen hul ewekniee aan die ander kant van die gereg: polisiemanne, privaatspeurders of net doodgewone mense in ongewone omstandighede. Met verhale deur o.a. Karin Brynard, Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard, Martin Steyn, Jacques Steenkamp, Nathan Trantraal en Deborah Steinmair. Saamgestel deur Rudie van Rensburg.

Die derde spoel (Afrikaans, Paperback): S.J. Naude Die derde spoel (Afrikaans, Paperback)
S.J. Naude
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Within 4 - 8 working days

Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon. In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, n soektog wat n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem. Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort. Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naude se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel, waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.

Staatsrotte (Afrikaans, Paperback): Mike Nicol Staatsrotte (Afrikaans, Paperback)
Mike Nicol
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) In stock

Gaan vind die skurk wat in meisies handel dryf. Ds agent Vicki Kahn se eerste missie, noudat sy vir die Agentskap vir Staatsveiligheid werk. Die feit dat die skurk ’n topmodel en ’n eksmeisie van die president se seun is, maak dinge moeiliker. Op Schiphol-lughawe digby Amsterdam glip die model deur Vicki se vingers en hierna, in Berlyn, vind Vicki haar kontakpersoon op sy kombuisvloer met ’n koel in die kop. Maak dat jy wegkom, s Vicki se gesonde verstand.

Intussen ondersoek Fish Pescado die aanval op ’n rebelleleier van die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Die leier is platgetrek op die trappies van die St. Georgekatedraal in Kaapstad. Fish die surfer, die privaatspeurder en Vicki Kahn se hart se punt. Fish se saak gaan draai by niemand anders nie as Suid-Afrika se president. Fish word gewaarsku: Moenie krap nie,gaan surf en vat jou meisie Vicki Kahn saam – voor dinge warm raak. Geheime, verskuilde agendas, kommunistiese komplotte. Vicki en Fish is in ’n maalkolk.

Stralerjakkers (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Stralerjakkers (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R250 R199 Discovery Miles 1 990 Save R51 (20%) In stock

Stralerjakkers was ’n radioverhaal-fenomeen wat daagliks ’n halfmiljoen mense vasgevang gehou het, en ’n magdom navrae het Leon van Nierop laat besluit om dit tot roman te verwerk. Rykmanseun Tiaan Reyneke, pas vrygelaat n twee onskuldige jaar agter tralies, neem sy intrek by sopkombuis-tannie Girly Lubbe se losieshuis in Newlands, Johannesburg. Daar tuimel ou familiegeheime en geraamtes uit die kas wanneer twee uiteenlopende wrelde bots. ’n Verhaal propvol drama, hartstog en humor.

Hans Steek die Rubicon Oor (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Steek die Rubicon Oor (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) In stock

Hans loop op 90 ni met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.

Kamikaze (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Kamikaze (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R261 Discovery Miles 2 610 Within 7 - 15 working days

Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wat hy nou alles in die media oor die SAPD lees. Hyt juis n ander werksaanbod... Maar dan kom Kassie te midde van sy loopbaankrisis teen die grieseligste booswig nog te staan, en hy moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie en wapenhandel-korrupsie, die ontkleeklub-skemerwereld en n moordenaar uit jou nagmerries dis alles hier in Kamikaze!

Seun (Afrikaans, Paperback): Neil Sonnekus Seun (Afrikaans, Paperback)
Neil Sonnekus
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) In stock

Seun is ’n verbysterende prestasie in post-apartheid skryfkuns. Die debuutroman deur Suid-Afrikaanse skrywer Neil Sonnekus is tot oorlopens toe vol geesdrif, energie en bravado. Hoewel dit mens soms laat skater van die lag is dit ook pynlik aangrypend en ontsettend roerend.

In Seun l Sonnekus die sogenaamde Noughties op skitterende wyse vas met sy tragikomiese karakter Len Bezuidenhout, ’n onlangs geskeide man wie se soektog na seks net so snaaks is soos sy pogings om ’n babelaasverhaal uit sy pa, ’n puriteinse ou suurknol, te ontwar. Pa en seun kon nie meer verskillend – of eenders – wees nie. Hulle is altwee storievertellers, maar wanneer die verhaal wat Len uit sy pa uittrek stadig maar seker onthul word is dit alles behalwe snaaks. Deur middel van skroeiende humor, vlymskerp sarkasme en ’n brutaal vrymoedige bevraagtekening van die land se “post- Renboognasie”-patologie bring hierdie stilisties imponerende werk vrolikheid, bitter warmte en uiteindelik ook genade.

Seun is met tye lawaaierig en onverpoos eerlik soos dit die politiek as ’n tragiese klugspel ontmasker. Dit is beide selfveragtend en sensueel soos dit die donker kunste van seksuele verowering en begeerte deurkruis terwyl dit terselfdetyd wrede angste rondom misdaad, vervreemding en oudword opdiep.

Soos die skrywer besig is met ’n argeologiese opgrawing van trauma, word die nagevolge van die oorlog, manlikheid, geheue tussen die generasies en smart uitgepak. Seun is ’n onthutsende weerkaatsing van wat dit beteken om ’n wit man te wees in Suid-Afrika wat ’n skielike verlies van mag in die gesig staar en ook worstel met nougesette sosiopolitiese verandering en die vooruitsig van ’n onvervulde en vervreemde bestaan.

Terwyl dit gons en druis van klank, beweging en humor, neem Seun die leser soomloos op ’n diepsinnige reis na selfbegrip en deernis. In ’n donker en ontstellende wending voer dit aan dat die oorheersende kleur van die renboog nie wit of swart geword het nie maar rooi. Bloedrooi.

Jagveld - En Ander Draaiboeke (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Jagveld - En Ander Draaiboeke (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 4
R294 Discovery Miles 2 940 In stock

Vir die eerste keer is vier van Deon Meyer se Afrikaanse filmdraaiboeke nou saam gebundel.

Jakhalsdans:
Die jong weduwee en onderwyseres Mara Malan wil keer dat die skooltjie op Loxton sy deure sluit. ’n Musiekkonsert kan uitkoms bring, maar Ruan Landman, die beroemde sanger wat hier woon en die ideale hoofkunstenaar sou wees, het ontaard in ’n stuurs kluisenaar.

Die laaste tango:
N hy die boosaardige reeksmoordenaar Basson aanrand, word werkverslaafde speurder Herkules de Wet na ’n klein dorpie gestuur om te gaan afkoel. Hier ontmoet hy vir Ella Winter, ’n mooi, passievolle vrou wat sterwend is aan kanker. Op die nag van hul laaste dans saam, maak Basson sy opwagting op die dorp.

Die ballade van Robbie de Wee:
Voorheen suksesvolle musiekvervaardiger Len van Jaarsveld het in volslae ellende verval. Sy ontdekking van die briljante rockster Robbie de Wee bied aan hom ’n tweede, lste kans, maar net toe Len behoorlik op sy voete begin kom, dreig die dood van ’n jong meisie om alles weer in duie te laat stort.

Jagveld:
Die gewetenlose Bosman se bevele word ltyd deur sy manne uitgevoer, meedonloos. Maar nou het Emma gesien wat hulle gedoen het . . . en word sy hier in die Groot-Karoo soos ’n dier gejag. Tog skuil daar ’n donkerte agter haar o wat hulle nie verwag het nie . . .

Bloedlyn (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Bloedlyn (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust 1
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) In stock

Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene.

Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker verdink word van die reeksmoorde wat sy en haar kollega ondersoek. Hoewel die doodstraf destyds oor haar pa uitgespreek is, het hy op pad na sy teregstelling ontsnap en nou lyk dit of hy veel nader aan Renata woon en leef as wat sy gedink het. Eers wanneer hy agter tralies is, sal sy met haar lewe kan aangaan. Wel, in die sin dat sy dan sal kan bewys sy wil hom uit die samelewing verwyder.

Maar is die reeksmoordenaar inderdaad haar pa? En as dit nie is nie, hoekom kry Renata telkens ’n boodskap daaroor en waarom word die slagoffers op sulke strategiese plekke gevind?

Dollars Eventualis - Ware Verhale Rondom 'n Regspraktyk (Afrikaans, Paperback): Nico Van Rensburg Dollars Eventualis - Ware Verhale Rondom 'n Regspraktyk (Afrikaans, Paperback)
Nico Van Rensburg
R215 Discovery Miles 2 150 In stock

AFRIKAANS – ware lewensketse van gebeure met gewone mense wat noodgedwonge in die regswreld van prokureurs en howe beland. Treffend vertel deur ‘n ervare en ingeligte prokureur.
DIE REG EN WETTE – is op almal se lippe, veral n die hofsaak van Oscar Pretorius en die Konstitusionele Hofuitspraak oor Nkandla.
RAAK HUMOR – ironiese en humoristiese, dog skreeusnaakse insidente van gebeure met gewone en soms stukkende mense.
Die SKRYWER – ’n ervare prokureur wat betrokke is by nasionale Grondreg- wetgewings. Sy loopbaan word gekenmerk deur sy passie vir die behoeftiges en mense in nood.
WARE STORIES – in en om die Hof, wat die volle spektrum van die reg dek – mense se eerlike foute en ander se oneerlike sette om die Hof te probeer bewimpel.
BELEEF – agter die kostelike stories die skerp denke van ’n mentor wat die leser saamneem en kritieke regsbegrippe leer begryp.

Dollars Eventualis is lekkerlees-stories vir mense van alle soorte, van 18-81 jaar:

  • Kostelike leesstof vir di wat die wet ken.
  • Kragtige leesstof vir di wat in die wet belangstel.
  • Kosbare leesstof vir di wat die wet nodig het.
Ikarus (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Ikarus (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 3
R298 Discovery Miles 2 980 Within 7 - 15 working days

Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — di Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het.

Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes.

En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad, wat die hele saak op sy kop keer. Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.

Dorado (Afrikaans, Paperback): Tom Dreyer Dorado (Afrikaans, Paperback)
Tom Dreyer
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) In stock

N sy pa se dood ervaar Gilbert du Toit eienaardige visioene: kontoerlyne van lig en vlietende skole visse. Hierdie gestaltes is boodskappers, meen hy, en besluit om die blinklywe te volg, oor die wye Karoovlaktes, Kaap toe.

Gilbert se pad kruis met di van die Howlers, ’n trio voormalige tronkvols wat met trompet, viool en kitaar deur die platteland toer. Hy kom kleindorpse kroe te, en dinosourusparke, en vergesigte wat hy hom tot nou toe skaars kon verbeel. Maar al reis hy hoe ver, die storms van sy verlede woed voort. Kuilsrivier bied ’n tydelike hawe, selfs liefde, maar vir Gilbert is hier geen ontvlugting van ’n dringende en dreigende vraag nie: Is die visse wat hom aandryf deel van groter magte wat sy lot bepaal, of skort daar iets met sy kop?

Tom Dreyer se Dorado is ’n magiese roman, so tergend en onpeilbaar soos die sterrehemel van die Karoo.

Web (Afrikaans, Paperback): Naomi Meyer Web (Afrikaans, Paperback)
Naomi Meyer
R251 Discovery Miles 2 510 In stock

Stellenbosch se studente is opstandig. Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop, weg van elke dag se sleur by BoekWeb en haar man se speurderwerk. Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word, moet sy egter spartel om uit die web te kom haar kind moet van die spinnekop gered word. In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland, SA en ons almal se brandpunte helder verlig.

Goeie Dood Wat Saggies Byt (Afrikaans, Paperback): Ilse van Staden Goeie Dood Wat Saggies Byt (Afrikaans, Paperback)
Ilse van Staden
R210 Discovery Miles 2 100 Within 10 - 15 working days

Vir Hilda is veeartsenykunde 'n ongemaklike roeping, 'n pynlike passie, 'n tweesnydende swaard. Daars die hondekosadvertensie-stertswaaidae, waarop sy met algehele sekerheid weet dat sy 'n positiewe verskil maak. Daars egter ook die swart hond dae, die dae wanneer die reuk van bloed en mis en modder soos 'n vel aan haar bly kleef en sy katvoet oor haar skouer bly loer vir die dood wat in haar hande skuil. Moes sy nie maar eerder by prentjies teken gebly het en haar diereliefde op 'n spul troeteldiere uitgestort het nie? Wat sou haar oupa of haar ma! van sulke ruggraatlose ambisieloosheid se? As sy nie 'n veearts kan wees nie, wie is sy dan? In Ilse van Staden se meesleurende romandebuut word vrae rondom passie en plig; toewyding en perfeksionisme; idealisme en ontgogeling binne die raamwerk van 'n jong veeaarts se opleiding en toetrede tot die praktyk op onvergeetlike wyse ontbloot.

Huilboek (Afrikaans, Paperback): Ryk Hattingh Huilboek (Afrikaans, Paperback)
Ryk Hattingh
R221 Discovery Miles 2 210 Within 7 - 15 working days

Huilboek​ is Hattingh se eerste boek in negentien jaar. Dit is ’n verweefde teks wat afspeel tussen die hier van Nieu-Seeland en die verlede van Ryk se kinderjare in die 1960’s aan die Oosrand.

Wie ws die kind op die stoep saam met sy ma en pa en ouma en boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon, van wie ons slegs die skouer en rug sien op ’n foto met pa en seuns? Die man wat vir Ryk ges het, “Jy is mos die een met die hart.”?

Huilboek is ’n kragtoer.

1795 (Afrikaans, Paperback): Dan Sleigh 1795 (Afrikaans, Paperback)
Dan Sleigh 2
R335 Discovery Miles 3 350 Within 7 - 15 working days

Dit is die winter van 1795. Die Kaap is nog Hollands, maar nie meer vir lank nie. Kommissaris Sluysken, die VOC se hoofamptenaar aan die Kaap, het sy Politieke Raad vir 'n vergadering in die Kasteel byeengebring. Hier sit kolonel Robert Gordon, bevelvoerder van die garnisoen, avonturier en Oranje-man. Ook majoor William van Reede van Oudshoorn, lord Hunsdon, vir wie die land en die dorp sy lewe is; verloor hy dit, word hy niks. Hy is bevelvoerder van 'n korps klerke wat vir hierdie krisis hul penne vir gewere moet inruil. Sluysken lees 'n brief voor van die bevelvoerder van die Engelse vloot by Simonstad wat dreig om sy matrose op die land los te laat. William kyk strak voor hom uit. Hy en kameraad Louis Thibault het reeds 'n krygplan ter tafel gele. Sy hoop is op die binnelanders, eerder as op Gordon se garnisoen die boere, wat so hard soos hierdie kontinent se klippe is. Tussen Gordon en Van Oudshoorn sal die stryd om die siel van hierdie droewe land besleg word. Of vir ewig bly voortwoed. Dan Sleigh se loopbaan as romansier het in Eilande met die pionierstyd aan die Kaap begin, en in 1795 word 'n sirkelgang van die geskiedenis voltrek, met die laaste Kaapse maande onder die Kompanjiesvlag. Sleigh skryf met 'n onfeilbare aanvoeling vir die konflikte en hartstogte wat die totstandkoming en verval van gemeenskappe onderle, en met 'n verstommende oog vir detail.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Tussen Die Klippe
Hans Du Plessis Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150
Mispa
Helena Hugo Paperback R190 Discovery Miles 1 900
Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva
Sophia Kapp Paperback  (1)
R295 R254 Discovery Miles 2 540
Donderslag
Wilbur Smith Paperback  (1)
R280 Discovery Miles 2 800
Malhuis
Anel Heydenrych Paperback  (2)
R230 R177 Discovery Miles 1 770
Die Verdwyning Van Billy Katz
Chris Karsten Paperback R270 R236 Discovery Miles 2 360
Dis Ek, Anna: Die Volle Verhaal - Dis…
Anchien Troskie as Elbie Lotter Paperback  (1)
R294 Discovery Miles 2 940
Katoog
Jeanette Stals Paperback R240 R189 Discovery Miles 1 890
Die Ballade Van Robbie De Wee - En Ander…
Deon Meyer Paperback  (1)
R294 Discovery Miles 2 940
Skarlaken
Irma Venter Paperback  (1)
R246 Discovery Miles 2 460

 

Loyalty partners