0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (35)
  • R50 - R100 (170)
  • R100 - R250 (1,359)
  • R250 - R500 (5,167)
  • R500+ (2,763)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Jeremy Vannie Elsies (Afrikaans, Paperback): Jeremy Vearey Jeremy Vannie Elsies (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Vearey
R275 R209 Discovery Miles 2 090 Save R66 (24%) In stock

Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiële lyfwag…

Van sy kleintyd in Elsiesrivier neem Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings. Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy ’n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel.

En onder alles loop ’n donker stroom.

Boereverneukers - Afrikaanse Swendelaars, Swierbolle En Swerkaters (Afrikaans, Paperback): Izak du Plessis Boereverneukers - Afrikaanse Swendelaars, Swierbolle En Swerkaters (Afrikaans, Paperback)
Izak du Plessis 1
R240 R192 Discovery Miles 1 920 Save R48 (20%) Within 4 - 8 working days

Hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. Geleidelik palm hulle jou vertroue in. Dan, eensklaps, is jy jou geld, status en reputasie kwyt. Só oortuigend doen hulle dit dat selfs die slimste, mees ingeligte mense ’n rat voor die oë gedraai word en eers besef wat hulle getref het nadat grootskaalse skade aangerig is en die gladdebek soos mis voor die son verdwyn het. Maar selfs swendelaars kom hulle moses teë...

Boereverneukers vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het.

Van die karakters is minder bekend by die publiek, maar ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf, soos die kubuskoning Adriaan Nieuwoudt, die pynmasjienman Gervan Lubbe, die kamma-pediater André Esterhuizen, die Hertzogville-profeet David Francis en die Trustbank-rowers Derek Whitehead en Antonie van der Merwe.

Dalk het jý ook deurgeloop, maar praat tot vandag toe nie graag daaroor nie.

Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover): Johan Bergh Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover)
Johan Bergh 2
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Within 10 - 15 working days

Paul Kruger: Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 probeer om die klem te plaas op minder bekende briefwisseling en optredes van Kruger om sodoende ’n verteenwoordigende beeld van staatspresident Kruger se werksaamhede en standpunte aan te bied. Die teks is deeglik toegelig met ophelderende voetnote. Verder is ’n algemene inleiding, agtergrondsinligting en -ontleding verskaf by elke toepaslike breër tydperk in Kruger se lewe tot 1900.

Die beeld wat van Kruger na vore kom uit ’n deeglike ontleding van veral sy minder bekende korrespondensie en toesprake, verskil dikwels ingrypend van dit wat oor ’n lang tydperk in publikasies oor hom aangebied is. Hierdie publikasie vervul daarom ’n belangrike behoefte: Dit stel die leser in staat om regstreeks deur die lees en bestudering van Kruger se standpunte tot eie en nuwe gevolgtrekkings te kom.

Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade Stories (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal
R221 Discovery Miles 2 210 In stock

‘Miskien issit omdat poverty my define en nie die racial politics vannie land ie.’

Wit issie ’n colour nie is ’n versameling verhale oor grootword en die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek, sosio- ekonomiese kwessies en bruin kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika waarin ons ons bevind. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings van pogings om die lewe op die Vlakte te navigeer. Hierdie versameling is diep persoonlik en ’n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor, geskryf in Kaapse Afrikaans.

Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van Charlie-eskadron (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van Charlie-eskadron (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz 2
R240 R199 Discovery Miles 1 990 Save R41 (17%) Within 4 - 8 working days

Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron – die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep – die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer.

Langs die Lomba het hulle te staan gekom teen ’n Angolese mag met ’n getalsoorwig en beter wapentuig. Boonop was die terrein so dig bebos dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word. Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie. Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg aan die Lomba.

Scholtz se beskrywing van hierdie David-teen-Goliath-geveg neem die leser na die hart van die aksie. Danksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor. Dit is ook ’n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood en hoe die oorlog hulle nooit uit sy kloue gelaat het nie, selfs nadat hulle teruggekeer het.

Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n Monumentjagter (Afrikaans, Paperback): Jackie Grobler Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n Monumentjagter (Afrikaans, Paperback)
Jackie Grobler 2
R230 R191 Discovery Miles 1 910 Save R39 (17%) Within 4 - 8 working days

Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind.

In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.

Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui.

Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback): Toef Jaeger Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback)
Toef Jaeger; Translated by Zandra Bezuidenhout
R263 Discovery Miles 2 630 In stock

In 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad – leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas. Eers veertig jaar later ontdek hy wat die rede was vir hierdie vertrek na Suid-Afrika: Sy pa was ’n kollaborateur in die Tweede Wêreldoorlog. Die emigrasie is die begin van ’n lewe as buitestaander en vorm later die goue draad in sy skilderye en literêre werk.

Koning Eenoog is ’n boeiende biografie van die ewig soekende emigrant Henk van Woerden (1947–2005), ’n skrywer wat nie net ’n bekroonde oeuvre agtergelaat het nie (Een mond vol glas – Alan Paton Award en die Frans Kellendonk-prys, Ultramarijn – Gouden Uil en Inktaap) maar ook die Nederlandse literatuur oor Suid-Afrika verander het.

Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn 1
R250 R208 Discovery Miles 2 080 Save R42 (17%) Within 4 - 8 working days

Jan Christiaan Smuts was ’n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ’n leierskapsvakuum.

In Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.

Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en ʼn groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.

Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover): Jonathan Jansen, Naomi Jansen Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover)
Jonathan Jansen, Naomi Jansen 1
R240 R179 Discovery Miles 1 790 Save R61 (25%) In stock

Jonathan Jansen is die voormalige Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, met 'n formidabele reputasie vir transformasie en 'n diepgewortelde verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef. In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou.

As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak.

Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback): Jurie van den Heever Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback)
Jurie van den Heever 1
R217 Discovery Miles 2 170 Within 10 - 15 working days

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien.

Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Lidmate wat ons Kerk graag wil help om 'n gesonde, geestelike tuiste vir Suid-Afrikaners van die 21ste eeu te bied.
  • Die klakkelose napraters van die dogma wat dink ons Kerk is steeds op die regte pad.
  • Die plastiekpredikante van die radio en televisie wat met eentonige reëlmaat soetsappige, sogenaamd godsdienstige, pleisters plak.
  • Diegene wat reeds ons Kerk tot die ashoop van die geloof verdoem het.
Historikus: 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback): Hermann Giliomee Historikus: 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback)
Hermann Giliomee
R389 Discovery Miles 3 890 Within 7 - 15 working days

As uitgesproke kommenatator wat voor en na 1994 met die regering gebots het, een van die Dakar-gangers wat al in die 1980s die ANC gaan ontmoet het en wereldkenner van die Afrikaners, is Giliomee ten nouste betrokke by ons land se geskiedenis – en hoe ons dit verstaan. Hier verweef hy sy eie lewensverhaal met die van die land en die mense wat hom fassineer in leesbare, narratiewe vorm, vol staaltjies en onvertelde verhale.

Die Woorde Van Jesus (Afrikaans, Paperback): Die Woorde Van Jesus (Afrikaans, Paperback)
R105 Discovery Miles 1 050 Within 10 - 15 working days

Hierdie boek is die werklike woorde van Jesus.

Jesus het in die Bybel baie met sy dissipels gepraat, maar daardie woorde is net so van toepassing vandag as wat dit was in daardie tyd. Die woorde van Jesus is gegroepeer in temas. Daardeur kan die leser meer leer oor die lesse wat die Here sy volk leer.

Die eerste van sy soort in Afrikaans!

Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg, Marissa Coetzee Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg, Marissa Coetzee
R181 Discovery Miles 1 810 Within 7 - 15 working days

Hykie Berg is ’n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook ’n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in ’n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van ’n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.

Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback): Hannelie Groenewald Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback)
Hannelie Groenewald
R196 Discovery Miles 1 960 Within 7 - 15 working days

Dit is die verhaal van ’n vrou wat haar familie in ’n terreuraanval verloor. Dit vertel van ’n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, net sodat die mat onder haar uitgeruk kan word. Die boek sal die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof te bereken, na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders. Hannelie se verhaal is ’n merkwaardige getuienis van ’n lewe in geloof en die krag van vergifnis.

Ingrid Jonker - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Petrovna Metelerkamp Ingrid Jonker - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Petrovna Metelerkamp
R300 R222 Discovery Miles 2 220 Save R78 (26%) Within 4 - 8 working days

Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en verdrink. Sy laat haar familie en vriende agter met meer vrae as antwoorde. Gedurende die afgelope 50 jaar het sy ’n ikoon van die Afrikaanse en Suid- Afrikaanse letterkunde geword. In so ’n mate, dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literêre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu.

Haar politieke sieninge, soos uitgedruk in haar poësie en haar passie en die droefheid van haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere Jack Cope en André P. Brink het al tot baie besprekings gelei. Sy het weer onder die publieke oog gekom toe oudpresident Nelson Mandela in sy inhuldigingsrede in 1994 in die Parlement een van haar gedigte aangehaal het. Hy het haar gedig: “Die Kind” voorgelees en gesê: “Sy was beide ’n digter en ’n Suid-Afrikaner.”

Sedert haar dood is daar vele bespiegelings oor haar lewe en tragiese einde. Van dié vrae word beantwoord in hierdie eerste omvattende biografie. Petrovna Metelerkamp doen al jare navorsing oor Jonker. Sy neem die leser saam deur Ingrid se grootwordjare, digterslewe, liefdesverhoudings en die laaste paar jaar van haar lewe.

Metelerkamp bring nuwe inligting aan die lig wat sy neem uit onbekende nuwe briewe en dagboekinskrywings, o.m. uit die dagboeke van Jack Cope. Talle nuwe onderhoude met mense wat Jonker geken het, word in die biografie opgeneem. Sy weerlê ook die beeld van Jonker as ’n ongebalanseerde kunstenaar wat haar houvas op die werklikheid verloor het in hierdie toeganklike biografie oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kunstenaars.

Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier (Afrikaans, Paperback): Elsabe Brits Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier (Afrikaans, Paperback)
Elsabe Brits 4
R367 Discovery Miles 3 670 Within 7 - 15 working days

As kampvegter vir vrouestemreg en in haar uitgesproke teenkanting teen onreg is Emily Hobhouse ’n ikoon wat vandag nog inspireer. Ontdek die onbekende sy van ’n verbasend moderne vrou in hierdie volkleur pragboek propvol foto’s, interessante dagboekinskrywings en briewe. So gee sy ’n genuanseerde, vars blik op ’n buitengewone vrou wat voortdurend in die spervuur was. Van kleintyd het Emily haar verset teen haar lot. Vir vroue was daar min geleenthede en sy moes boonop haar siek pa oppas. Tog raak sy wereldwyd betrokke by die stryd teen onreg en oorlog. In twee oorloe het sy duisende lewens gered, en tog is sy – ’n ware patriot – in haar eie land onbekend en alleen dood.

Nadia: Paaie Van Hoop - 'n Inspirasieverhaal (Afrikaans, Paperback): Nadia Beukes, Jana  van der Merwe Nadia: Paaie Van Hoop - 'n Inspirasieverhaal (Afrikaans, Paperback)
Nadia Beukes, Jana van der Merwe
R181 Discovery Miles 1 810 Within 7 - 15 working days

Ons almal se paaie lyk nie dieselfde nie. Net omdat jou pad anders is, beteken dit nie daar wag nie ’n gelukkige einde nie. Glansaktrise Nadia Beukes nooi jou saam op die paaie wat sy al geloop het: kronkelpaaie, bergpasse, en soms ook ompaaie. Só leer ken ons die ware Nadia weg van die kalklig. Sy deel haar verhaal van diepe hartseer, maar ook van uitbundige vreugde.

Dawie de Villiers: My Lewensreis - Springbok, Politikus, Diplomaat (Afrikaans, Paperback): Chris Schoeman Dawie de Villiers: My Lewensreis - Springbok, Politikus, Diplomaat (Afrikaans, Paperback)
Chris Schoeman 1
R300 R240 Discovery Miles 2 400 Save R60 (20%) In stock

Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en ís die wêreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het.

Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in ’n polities georiënteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sy geliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkele aspekte van dié lekkerlees-ervaring.

Hy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as ’n ywerige waarnemer van onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang na demokrasie; en uiteindelik ’n reeks verrykende reise oor die wêreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO).

My lewensreis is ’n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweë morele oortuigings én hulle bevoegdhede ’n nuwe Suid-Afrika help skep het.

Bet-El (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Bet-El (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R201 Discovery Miles 2 010 Within 7 - 15 working days

Daniël met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde en toewyding van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige en opregte, sy wat so begeer dat haar man net moet sê hy het haar lief ...

Dit is twee jaar voor die Anglo-Boereoorlog uitbreek. Daar egter ook konflik aan die oplaai in die betrokke families: tussen broer en broer, man en vrou, minnares en minnaar, kind en ouer.

Soos vandag, was die mens se ergste stryd meer as ’n eeu gelede ook nie teen vlees en bloed nie maar teen die magte van geldgierigheid, geweld, wraak, magsug en eerloosheid. Versoening tussen broers en nasies – wat die mens meesal uitstel tot dit te laat is – is die grootste genade. Daarom bly die vrede en liefde hom ontwyk.

Op daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, weet geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie net dit: God sal sy kinders seën, hulle wat naby Hom bly.

So is dit nou - Nog stories van gister en vandag (Afrikaans, Paperback): Johan Van Wyk So is dit nou - Nog stories van gister en vandag (Afrikaans, Paperback)
Johan Van Wyk
R241 Discovery Miles 2 410 Within 7 - 15 working days

So is dit nou is ’n nuwe versameling aangrypende humoristiese stories oor die hede en verlede deur die deurwinterde joernalis en topverkoper-skrywer Johan van Wyk. Die versameling dokumenteer ’n tyd van Padkafees, Pepsi floats en koue skaapnek uit ’n saalsak. Maar dit gaan nie net oor Sondagmiddae met skaapboud, geelrys en rosyntjies nie. In die bundel word die verlede onthou en meesterlik verweef met die hedendaagse Suid-Afrika waar Jacob Zuma en Julius Malema die septer swaai.

Die Storie Van 'n Huis (Afrikaans, Hardcover): Louis Jansen van Vuuren, Hardy Olivier Die Storie Van 'n Huis (Afrikaans, Hardcover)
Louis Jansen van Vuuren, Hardy Olivier
R605 R497 Discovery Miles 4 970 Save R108 (18%) Within 4 - 8 working days

Na 15 jaar is die imposante Château de la Creuzette in aar volle glorie gerestoureer. Sy sit in haar skaduryke park omring deur eeu oue bome waar sy afwagtende besoekers steeds met oop arms ontvang.

Die suksesvolle Feestelike Frankryk het Fransgesinde lesers gaande gehad met stories en smaaklike resepte uit die Franse platteland. Uit La Creuzette se nuwe somerkombuis vloei daar nou ’n magdom kulinêre heerlikhede wat elke kosliefhebber se mond sal laat water. Buiten die bykans 90 nuwe resepte wat die skrywers in vyf seisoene verdeel (ja vyf!) is daar ’n Kroekboek bygevoeg waarin die twee gashere hul maklike kortpadresepte en wenke met lesers deel – hoe om in die kombuis te kul en te konkel as die kalf in die put is. Hier word elke maaltyd ’n feesmaal.

Dek ’n mooi tafel en skink in kristal. Die storie van ’n Huis is dus nie slegs twee kookboeke in een nie, maar dis ook ’n ryklik versierde leesboek wat die verhaal en die geskiedenis van ’n herehuis en sy mense kleurvol naloop. Kom binne, die deure staan oop ...

JAN: My Franse Kosverhaal (Afrikaans, Hardcover): Jan Hendrik van Der Westhuizen JAN: My Franse Kosverhaal (Afrikaans, Hardcover)
Jan Hendrik van Der Westhuizen
R470 R366 Discovery Miles 3 660 Save R104 (22%) Within 4 - 8 working days

JAN: My Franse Kosverhaal is ’n gedenkskrif en feesviering wat voortspruit uit JAN – die welbekende restaurant in die suide van Frankryk.

Dié restaurant is ’n vertoonstuk van die tradisionele Suid-Afrikaanse gasvryheid wat begin het op ’n plaas in die Suid-Afrikaanse platteland en voortvloei na die glansryke Franse Riviera. JAN, tans ’n eenster-Michelin-restaurant, het bewys dat drome waar kan word en dat jy eenvoudige bestanddele in ’n meesterstuk kan omskep wanneer jy jou passie uitleef. Elke hoofstuk weerspieël die stemming en inspirasie van die disse wat by JAN voorgesit word.

Die versameling van meer as 90 resepte strek van plaaslikgebakte brode, amuse bouche en watertandhoofdisse van vleis of vis, tot by die maaltye wat sjefs ná ’n lang werkdag in die warm kombuis geniet.

Omega, Oor En Uit - Die Storie Van 'n Opstandige Troep (Afrikaans, Paperback): Francois Verster Omega, Oor En Uit - Die Storie Van 'n Opstandige Troep (Afrikaans, Paperback)
Francois Verster
R231 Discovery Miles 2 310 Within 7 - 15 working days

Van sy eerste dag as nasionale dienspligtige was Francois Verster in die sop weens sy ingebore rebelsheid. Hy vertel op skreeusnaakse wyse van sy basiese opleiding en lewe as troeponderwyser op Omega.

Hierdie geensins verromantiseerde storie bied ’n vars hoek op die Grensoorloggenre en ’n blik op hoe Afrikanermans die nuwe Suid-Afrika beleef.

My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit 4
R700 R549 Discovery Miles 5 490 Save R151 (22%) Within 5 - 10 working days

Bêre God se Woord diep in jou hart en skep ’n kleinood wat die volgende geslag sal inspireer.

Ontdek God se liefde en die wonders van sy Woord opnuut met My Kreatiewe Joernaal-Bybel – ’n unieke kombinasie van die Skrif en kuns. Met hierdie Bybel kan jy mediteer oor die waarhede in die Bybel terwyl jy die spesiaal ontwerpte woordkuns-teksverse inkleur, en die Woord van God so in jou hart koester en versterk.

Die volgende kenmerke sorg vir ’n unieke ervaring:

    Die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling in enkelkolom-uitleg Lesersvriendelike 8.65 punt lettergrootte Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings Ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur – elkeen uniek ontwerp Indeks van woordkuns-teksverse

My Kreatiewe Joernaal-Bybel is ’n bron van vrede, vernuwing en inspirasie. Skep ’n unieke kleinood met jou persoonlike stempel wat jy en jou geliefdes geslagte lank sal koester.

Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie Jou Toekoms Nie (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie Jou Toekoms Nie (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R90 R66 Discovery Miles 660 Save R24 (27%) Within 5 - 10 working days

Gesinne is die belangrikste eenheid wat God daar­gestel het. God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees en ’n voor­beeld vir hulle seuns te wees.

Angus Buchan moedig pa’s in Pa's & Seuns aan om die ver­houding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koes­ter. Die boek moedig terself­dertyd ook seuns aan om hul ver­houding met hul­le pa te koester en so een van dié belangrikste gesins­bande te ver­sterk.

Temas wat in Pa's & Seuns be­spreek word, sluit in: ’n pa se aanvaarding, rol­modelle, genade en respek, nederigheid teen­oor hoogmoed, op- of­fering, wat maak iemand ’n pa en onversetli­ke liefde.

Pa's & Seuns sal elke pa oortuig om die pa te wees wat God wil hê hy moet wees en wys watter ongelooflike impak dit op sy kinders sal hê.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Regardt
Regardt Van Den Bergh, Danny Fourie Paperback  (1)
R211 Discovery Miles 2 110
Uit die Beek 2018
Vos Barend Paperback R176 Discovery Miles 1 760
'n Konstante Revolusie - Naspers…
Lizette Rabe Paperback R298 Discovery Miles 2 980
Donker Stroom - Eugene Marais En Die…
Carel van der Merwe Paperback R421 Discovery Miles 4 210
Die Dorslandtrek - 1874-1881
Nicol Stassen Hardcover  (1)
R600 R546 Discovery Miles 5 460
Ontsnap - Boerekrygsgevangenes Se Strewe…
Albert Blake Paperback R289 Discovery Miles 2 890
Die Groot Trek - Verlos Van Britse…
Robin Binckes, Adri Kotze Paperback R355 R281 Discovery Miles 2 810
Die Bloedmaan Profesie - Bybelse…
Mark Hitchcock Paperback  (2)
R55 R46 Discovery Miles 460
Pippie
Anice Kruger, Colleen Naude Paperback  (2)
R170 R142 Discovery Miles 1 420
Die Boereoorlog
Martin Bossenbroek Paperback R365 R288 Discovery Miles 2 880

 

Loyalty partners