0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (8)
  • R50 - R100 (58)
  • R100 - R250 (269)
  • R250 - R500 (87)
  • R500+ (8)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, huis en gesin

Kruidjie Roer My - Die Antieke Helingskuns Van Die Karooveld (Afrikaans, Paperback): Antoinette Pienaar Kruidjie Roer My - Die Antieke Helingskuns Van Die Karooveld (Afrikaans, Paperback)
Antoinette Pienaar
R252 R178 Discovery Miles 1 780 Save R74 (29%) Within 7 - 12 working days

Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sÍ hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!”

Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. NŠ jare se vakleerlingskap het die eerste uitgawe van Kruidjie Roer My verskyn. Diť boek oor wat Karookruie vir jou kan doen het sy plek as klassieke werk ingeneem.

In Kruidjie Roer My hoor ’n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek op rsg dit ken: vol begrip en deernis, altyd met ’n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid wat nie net na jou liggaam omsien nie, maar ook jou gees dokter.

’n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met ’n weelde aan stories en raad wat nou weer beskikbaar is.

Dwarsklap - Skakerings Van Swart In Die Nuwe Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Piet Matipa Dwarsklap - Skakerings Van Swart In Die Nuwe Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Piet Matipa 3
R240 R129 Discovery Miles 1 290 Save R111 (46%) In stock

Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan ’n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit ’n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wÍreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan HoŽrskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan , waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in ’n kinderhuis grootgeword het nie!

Afrikaans het sy lÍ op ’n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir ťťn ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om ’n ontkleedanser by ’n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is.

’n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.

Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste (Afrikaans, Paperback): Andre Le Roux Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste (Afrikaans, Paperback)
Andre Le Roux
R298 Discovery Miles 2 980 Within 7 - 15 working days

Jy het vandag Ė niksvermoedend Ė verby minstens een psigopaat geloop. Hyít dalk saam met jou in die hysbak geklim. En vanaand wag daar dalk ín narsis of sluiper op jou. By die huis. Wie is hierdie ongure, gevaarlike mense? Met uitgebreide navorsing en talle gevallestudies Ė van Daisy de Melker tot Oscar PistoriusĖ maak die skrywer hierdie mense werklik en herkenbaar. Sodat jy hulle kan vermy Ö

Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo se Grondpad na Genesing (Afrikaans, Paperback): Antoinette Pienaar Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo se Grondpad na Genesing (Afrikaans, Paperback)
Antoinette Pienaar
R260 R192 Discovery Miles 1 920 Save R68 (26%) In stock

“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om ’n stram geselskap aan die gang te kry.

Met diť raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek nŠ die verskyning van Kruidjie roer my, haar boek oor Karookruie wat sy plek as ’n klassieke werk in Afrikaans ingeneem het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.

In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het ’n fisieke probleem ’n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en herlees.

Megaboere (Afrikaans, Paperback): Wynand Dreyer Megaboere (Afrikaans, Paperback)
Wynand Dreyer
R250 R139 Discovery Miles 1 390 Save R111 (44%) In stock

Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir twee seisoene vasgenael gehou, en ’n derde een is op pad. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, vervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het.

Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderne¨ming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou.

Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grond¨beginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.

Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback): Karen Hart Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback)
Karen Hart
R260 R129 Discovery Miles 1 290 Save R131 (50%) In stock

In diť boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel. Met lekker resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en 'n groot verskeidenheid burgers. Met 'n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower.

Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover): Jonathan Jansen, Naomi Jansen Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover)
Jonathan Jansen, Naomi Jansen 1
R240 R147 Discovery Miles 1 470 Save R93 (39%) In stock

Jonathan Jansen is die voormalige Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, met 'n formidabele reputasie vir transformasie en 'n diepgewortelde verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef. In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy diť deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou.

As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeŽ lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak.

Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe diť ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.

Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback): Hannelie Groenewald Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback)
Hannelie Groenewald
R196 Discovery Miles 1 960 Within 7 - 15 working days

Dit is die verhaal van ’n vrou wat haar familie in ’n terreuraanval verloor. Dit vertel van ’n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, net sodat die mat onder haar uitgeruk kan word. Die boek sal die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof te bereken, na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders. Hannelie se verhaal is ’n merkwaardige getuienis van ’n lewe in geloof en die krag van vergifnis.

Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer
R250 R208 Discovery Miles 2 080 Save R42 (17%) Within 4 - 8 working days

Toe sÍ sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.”

Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek?

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Sy vertel hoe sommige kliŽnte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word.

Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.

50 Prutpotgeregte (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers 50 Prutpotgeregte (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R175 R96 Discovery Miles 960 Save R79 (45%) In stock

Woelige weeksdae wat fyn verdeel word tussen werk, skool, sport en huiswerk beteken nie dat aandete moet bestaan uit gebakte boontjies op roosterbrood nie. 50 Prutpotgeregte wys vir jou hoe om met behulp van jou prutpot (slow cooker) en minimale voorbereiding heerlike bredies, sop, sappige braaistukke en selfs poeding kan gaarmaak terwyl jy aandag aan belangriker dinge skenk.

Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.

Die resepte bestaan uit treffers soos:

• Hoender-en-rooiwynstowe met kruiekluitjies

• Romerige Sweedse frikkadelle

• Gevlokte beesvleis

• Koolrolletjies

• Murgpampoentjiesop

• Hongaarse ghoelasj

• Italiaanse varkboud

• Geurige biefkerrie

• Sjokoladekoek

• Sjokolade-en-grondboontjiebotterpoeding

50 Prutpotgeregte gee ook wenke oor hoe om jou prutpot optimaal te gebruik en te versorg.

Beautiful South Africa - A Colouring Book (Afrikaans, Paperback): Mieke van der Merwe Beautiful South Africa - A Colouring Book (Afrikaans, Paperback)
Mieke van der Merwe 2
R178 R153 Discovery Miles 1 530 Save R25 (14%) Within 5 - 9 working days

Colouring books for adults are one of the world’s top leisure (and book-publishing) trends. Quivertree’s unique, all-South African colouring book is beautifully drawn by up-and-coming young SA illustrator Mieke van der Merwe, and enables its interactive users to feed their imaginations with quality creative time.

With intricate illustrations ranging from proteas and fynbos to the Joburg skyline, the Big Five and the Bo-Kaap, this book will help you take a fresh and inspiring new look at the beauty of our diverse – and unique – country.

Inkleurtegnieke - Stap-Vir-Stap Aanwysings & Wenke (Afrikaans, Paperback): Monique Day-Wilde Inkleurtegnieke - Stap-Vir-Stap Aanwysings & Wenke (Afrikaans, Paperback)
Monique Day-Wilde 1
R210 Discovery Miles 2 100 Within 10 - 15 working days

Inkleurboeke vir volwassenes is steeds baie gewild en daar is eindelose opsies om van te kies en keur. Inligting oor selfdoentegnieke wanneer dit by inkleur kom, is egter nie so volop beskikbaar nie. In hierdie boek deel inkleurkunstenaar, Monique Day-Wilde, alles van die kies van papier, potlode en ander inkleurmateriale, tot die teorie van kleur en kleurvermenging. Sy deel ook basiese en meer gevorderde tegnieke vir spesiale effekte, en wat jy dan met jou inkleurprente kan doen. Leer oor skadutegnieke met enkele of 'n verskeidenheid kleure, afskerming, meng- en vryftegnieke, skep van tekstuur, interessante maniere om groot agtergronde te vul, byvoeging van blinkgoed, stempels met bosseleervloeistof en selfs die gebruik van potloodskaafsels. Daar skuil soveel meer agter inkleurwerk as om net tussen die lyne te hou. Terwyl daar werklik geen regte of verkeerde manier is om in te kleur nie, sal hierdie boek jou help om inkleurwerk te omskep in 'n ervaring wat sal lei tot 'n kunswerk waarop jy kan trots wees - net vir jouself, of om mee te spog by ander.

Soettand (Afrikaans, Paperback): Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker Soettand (Afrikaans, Paperback)
Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker 2
R235 R202 Discovery Miles 2 020 Save R33 (14%) Within 5 - 13 working days

Koelsoem en Flori, Suid-Afrika se gunsteling-tannies van Bonteheuwel, is terug met hul tweede boek, Soettand. In die boek deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding, onderstebo-tert, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoenysies, gemmerpoeding, broodpoeding met ín verskil, Hertzoggies en die berugte Tweegevrietjies. Die eerlike en onopgesmukte kos uit die hartjie van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kombuise in Bonteheuwel op die Kaaspe Vlakte het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Die twee afgetrede tannies se onfeilbare resepte, perfek beproef na jare se ondervinding, het daarvoor gesorg dat Kook saam Kaaps, hul eerste boek, topverkoperstatus bereik het, met amper 10 000 eksemplare wat binne ses maande verkoop is. Koelsoem en Flori het ook hul eie kookreeks van 13 episodes op televisie losgeslaan. Flori en Koelsoem se kosse word elke Woensdagaand om 18:00 op VIA (kanaal 147) uitgesaai.

Sjef Snoekie: Laat die potte sing! (Afrikaans, Paperback): Marlise Scheepers Sjef Snoekie: Laat die potte sing! (Afrikaans, Paperback)
Marlise Scheepers
R220 R90 Discovery Miles 900 Save R130 (59%) In stock

Marlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, is soos Neopolitan-roomys wat destyds almal se gunsteling was – sy sing, blog en kook. En vir die kersie op die koek behartig sy ook die nuusredaksie en kosstilering van Farmers Weekly. Haar aweregse sin vir humor en slag met kos word in Laat die Potte Sing gekombineer om nie net heerlike resepte te skep nie, maar ook die lewe te blaas in raakvat-stories en beskrywings.

Draai Jou Sente Om (Afrikaans, Paperback): Abrie Coetzee Draai Jou Sente Om (Afrikaans, Paperback)
Abrie Coetzee 1
R155 R133 Discovery Miles 1 330 Save R22 (14%) Within 5 - 13 working days

Het jy met te min geld afgetree om in jou behoeftes te voorsien? Of is jou situasie so kritiek dat jou maandelikse uitgawes nie meer deur jou aftree-inkomste gedek word nie? Is jy onseker en weet nie wat jy kan doen om jou finansiŽle posisie te verbeter nie?

Hierdie boek bied jou wenke hoe om uit jou finansiŽle verknorsing te kom. Dis ’n versameling riglyne wat finansiŽle adviseurs wÍreldwyd nuttig gevind het. Die planne word in eenvoudige taal en maklik verstaanbaar aangebied. Jy hoef nie ’n finansiŽle kundige te wees om hulle uit te voer nie.

Doen Dit Weer So - Nuttige Wenke Vir Jou Huis (Afrikaans, Paperback): Zerelda Esterhuizen Doen Dit Weer So - Nuttige Wenke Vir Jou Huis (Afrikaans, Paperback)
Zerelda Esterhuizen
R155 R73 Discovery Miles 730 Save R82 (53%) In stock

Doen dit wťťr sů is’n samestelling van Vrouekeur se gewilde wenkerubriek. Diť weeklikse rubriek benadruk die idee dat jy met min baie kan doen. Daar’s wenke vir jou kombuis, sitkamer, kamer en badkamer. En die helde van diť boek? Suurlemoen, asyn en koeksoda! Jy kan feitlik enigiets daarmee skoonmaak.

Die Storie Van 'n Huis (Afrikaans, Hardcover): Louis Jansen van Vuuren, Hardy Olivier Die Storie Van 'n Huis (Afrikaans, Hardcover)
Louis Jansen van Vuuren, Hardy Olivier
R605 R497 Discovery Miles 4 970 Save R108 (18%) Within 5 - 9 working days

Na 15 jaar is die imposante Ch‚teau de la Creuzette in aar volle glorie gerestoureer. Sy sit in haar skaduryke park omring deur eeu oue bome waar sy afwagtende besoekers steeds met oop arms ontvang.

Die suksesvolle Feestelike Frankryk het Fransgesinde lesers gaande gehad met stories en smaaklike resepte uit die Franse platteland. Uit La Creuzette se nuwe somerkombuis vloei daar nou ’n magdom kulinÍre heerlikhede wat elke kosliefhebber se mond sal laat water. Buiten die bykans 90 nuwe resepte wat die skrywers in vyf seisoene verdeel (ja vyf!) is daar ’n Kroekboek bygevoeg waarin die twee gashere hul maklike kortpadresepte en wenke met lesers deel – hoe om in die kombuis te kul en te konkel as die kalf in die put is. Hier word elke maaltyd ’n feesmaal.

Dek ’n mooi tafel en skink in kristal. Die storie van ’n Huis is dus nie slegs twee kookboeke in een nie, maar dis ook ’n ryklik versierde leesboek wat die verhaal en die geskiedenis van ’n herehuis en sy mense kleurvol naloop. Kom binne, die deure staan oop ...

JAN: My Franse Kosverhaal (Afrikaans, Hardcover): Jan Hendrik van Der Westhuizen JAN: My Franse Kosverhaal (Afrikaans, Hardcover)
Jan Hendrik van Der Westhuizen
R470 R366 Discovery Miles 3 660 Save R104 (22%) Within 5 - 9 working days

JAN: My Franse Kosverhaal is ’n gedenkskrif en feesviering wat voortspruit uit JAN – die welbekende restaurant in die suide van Frankryk.

Diť restaurant is ’n vertoonstuk van die tradisionele Suid-Afrikaanse gasvryheid wat begin het op ’n plaas in die Suid-Afrikaanse platteland en voortvloei na die glansryke Franse Riviera. JAN, tans ’n eenster-Michelin-restaurant, het bewys dat drome waar kan word en dat jy eenvoudige bestanddele in ’n meesterstuk kan omskep wanneer jy jou passie uitleef. Elke hoofstuk weerspieŽl die stemming en inspirasie van die disse wat by JAN voorgesit word.

Die versameling van meer as 90 resepte strek van plaaslikgebakte brode, amuse bouche en watertandhoofdisse van vleis of vis, tot by die maaltye wat sjefs nŠ ’n lang werkdag in die warm kombuis geniet.

Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Allergiee En Voedselsensitiwiteit (Afrikaans, Paperback): Hilda Lategan Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Allergiee En Voedselsensitiwiteit (Afrikaans, Paperback)
Hilda Lategan
R317 Discovery Miles 3 170 Within 7 - 15 working days

As sekere voedselitems en bymiddels tot siektesimptome lei, is dit baie moeilik om gesonde voedingskeuses te maak tot voordeel van goeie gesondheid, asook die herstel en instandhouding van die immuunsisteem. Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om veilige, gesonde en bekostigbare plaasvervangers te vind vir voedselsoorte wat die res van ons as vanselfsprekend beskou.

Hierdie resepte is ontwikkel om maklik gebruik te kan word vir ’n verskeidenheid allergiese toestande. By elke resep is aangedui of dit vry is van: koring, gluten, mielies, eier, melk, laktose, soja, kleur- en preserveermiddels. Voorstelle by van die resepte kan help om met geringe wysiging ’n resep nog meer geskik te maak.

Daar is moeite gedoen met die keuse van bestanddele en plaasvervangers wat bekend, bekostigbaar en vrylik beskikbaar is. Die omvattende inleiding verskaf noodsaaklike inligting aangaande allergieŽ en voedselsensitiwiteit.

Groente Van Tuin Tot Tafel (Afrikaans, Paperback): Wynand Boshoff Groente Van Tuin Tot Tafel (Afrikaans, Paperback)
Wynand Boshoff
R205 R108 Discovery Miles 1 080 Save R97 (47%) In stock

Baie mense kies ín leefstyl wat ín mooi versorgde tuin insluit, of hulle dit self doen, of laat doen. Hierdie leefstyl kan voedselproduksie insluit, sonder om die tuin na landerye te laat lyk. Groente van tuin tot tafel leer jou hoe om jou eie groente te kweek en sorg sodoende dat jy op ín gereelde basis groente tot jou beskikking het. Kies uit die lys van groente watter groentesoort jy wil plant en volg die riglyne om jou eie groente te kweek. Die boek bied nuttige inligting oor verskeie aspekte van groenteverbouing, insluitend grondvrugbaarheid, bemesting, waterbehoeftes, wisselbou en plantmaats, en natuurlike plaagbeheer. Die res van die boek gee wenke oor die opbou van ín groentetuin wat jou leefstyl sal pas Ė of dit 'n formele groentetuin in 'n hoek van die erf, of 'n geintegreerde tuin sonder onderskeid tussen sierlike en nuttige plante hou, die inligting is hierin.

Carmen Se Beste Resepte (Afrikaans, Paperback): Carmen Niehaus Carmen Se Beste Resepte (Afrikaans, Paperback)
Carmen Niehaus 2
R298 Discovery Miles 2 980 Within 7 - 15 working days

Carmen Niehaus is een van Suid-Afrika se mees geliefde en bekende kosredakteurs.

Niemand ken kos soos Carmen nie en dan is sy ook ’n bekwame huiskok.

Vir die eerste keer versamel sy al haar gunsteling resepte in een boek - van die Wortel-en-beetkoek wat sy vir die TV-program Koekedoor gebak het

Suster Lilian omvattende swangerskap-, geboorte- en ouerskapgids (Afrikaans, Paperback): Lilian Paramor Suster Lilian omvattende swangerskap-, geboorte- en ouerskapgids (Afrikaans, Paperback)
Lilian Paramor
R371 Discovery Miles 3 710 Within 7 - 15 working days

Suster Lilian is ’n ervare vroedvrou met praktiese ondervinding van swangerskap, geboorte en ouerskap. In hierdie hoog aangeskrewe gids spreek sy die belangrikste swangerskap, geboorte en ouerskap kwessies aan in haar sensitiewe maar sinvolle manier.

Hierdie boek gaan oor:

  • Stap-vir-stap gids deur elke trimester van swangerskap
  • ’n Volledige voedingsgids en oefenplan
  • Hoe om emosies te hanteer tydens swangerskap
  • Wat om te doen in die geval van ernstige siektes en komplikasies
  • Wat pa moet weet tydens swangerskap en geboorte
  • Hoe om die beste geboorteplan te kies
  • Natuurlike metodes om pyn te verlig tydens geboorte
  • Voeding vir babas en kleuters
  • Gesondheid vir die hele gesin
  • Homeopatiese middels
  • Eenvoudige antwoorde op algemene vrae en nog baie meer

Hierdie omvattende gids sal jou vertroude metgesel word wanneer jy voor die daaglikse uitdagings van swangerskap, geboorte en ouerskap te staan kom.

Bak & Brou - Lekker Met Snowflake (Afrikaans, Paperback): Heilie Pienaar Bak & Brou - Lekker Met Snowflake (Afrikaans, Paperback)
Heilie Pienaar
R170 R141 Discovery Miles 1 410 Save R29 (17%) Within 4 - 8 working days

Van maklike hamburgers tot stap-vir-stap bakuitdagings, soos dekoratiewe partytjiekoeke, Bak & Brou bring pret, met beproefde en getoetste resepte, gemik op kinders van vyf jaar en ouer.

Elke resep is maklik om te volg, met volblad fotos en handige stap-vir-stap fotos. Innoverende variasies en glutenvrye resepte is ook ingesluit. Moeilikheidsgraad aanduidings, simbole, wenke en voorstelle sal jou en die kinders help om van ontbyt tot middagete, happies en aandete te kook. Resepte sluit ook alledaagse bestanddele in - hoenderrepies in graanvlokkiekrummels tot īn pizza-fees. Jy sal heelwat smaaklike, gesonde watertand-geregte kan maak. Soet voorkeure sluit besondere koekballetjies tot bevrore aarbeijoghurt met Bar-One-sous in. Die beste van als is dat jou kinders kan pret hÍ om te eksperimenteer op hulle eie, of baat uit bietjie volwasse-toesig.

Gebruik Bak & Brou om jou kinders īn voorsprong in die kombuis te gee.

Dis Ek, Anna: Die Volle Verhaal - Dis Ek, Anna / Die Staat Teen Anna Bruwer (Afrikaans, Paperback, Filmuitgawe): Anchien... Dis Ek, Anna: Die Volle Verhaal - Dis Ek, Anna / Die Staat Teen Anna Bruwer (Afrikaans, Paperback, Filmuitgawe)
Anchien Troskie as Elbie Lotter 1
R312 Discovery Miles 3 120 Within 7 - 15 working days

’n Omnibus met Dis ek, Anna en Die staat teen Anna Bruwer in om met die film gebaseer op die boeke saam te val. Die omnibus bevat albei boeke.

Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan niemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie.

Hierdie is die verhaal oor hoe sy uiteindelik die stilte verbreek het en haar verhaal aan die wÍreld en ook in die hof gaan vertel het. ​Dis ek, Anna ​is gebaseer op ’n ware verhaal.

Die Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Die Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R362 Discovery Miles 3 620 Within 7 - 15 working days

Dit is jou demokratiese reg om lekker te kuier met vriende en familie om die braaivleisvuur. Dit is die belofte van Jan Braai se Demokratiese Republiek van Braai.

In die boek deel Jan sy beste braairesepte met ons - dit is jou reg om net die beste te braai.

Met Jan se uitsonderlike braairesepte vir steak, hoender, lam en nog baie meer is daar geen verskoning om ooit weer smaaklose braai voor te sit nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Marianas Se Vier Seisoene - Kos Uit Die…
Mariana Esterhuizen Paperback R389 Discovery Miles 3 890
Hartstories - Huis Toe Met 'N Ligter…
Amore Bekker Paperback  (1)
R210 R106 Discovery Miles 1 060
Nog 'n Voorskoot - 10 Bestanddele, 'n…
Herman Lensing Paperback R345 R301 Discovery Miles 3 010
Eet Gesond, Voel Goed - Beveg Kanker Met…
Jeske Wellmann, Adele van der Merwe Paperback R312 Discovery Miles 3 120
Nuwe Baba 3-Boek Bundel
Paperback R450 R150 Discovery Miles 1 500
Vir Ewig En Altyd Saam - 'n Reis Van…
Danny Fourie Paperback R201 Discovery Miles 2 010
Die Banting-Oplossing - Jou…
Bernadine Douglas, Bridgette Allan Paperback R230 R184 Discovery Miles 1 840
Brekfis - Met Derrich En Adelie
Derrich Gardner, Adelie Uys Paperback  (3)
R199 R80 Discovery Miles 800
Een Maal
Johnny Hamman Paperback R385 R230 Discovery Miles 2 300
Skeppende Inkleurboek
Emma Farrarons Paperback R145 R125 Discovery Miles 1 250

 

Loyalty partners