André P. Brink, wat met D.J. Opperman meegewerk het aan die laaste uitgawe, het hom as samesteller daarop ingestel om die tradisie van fyn en onbevange lees voort te sit. Saam met die nadruk op gehalte was daar ook 'n besef van stemme wat deur die jare uit die kanon uitgesluit was. In dié hersiening word gepoog om reg te laat geskied aan die ongelooflike verskeidenheid in die Afrikaanse poësie. Groot Verseboek is nou nie net geplaas binne die konteks van 'n nuwe tyd en 'n nuwe eeu nie, maar ook verrassend nuut verpak. Hierdie bloemlesing in drie dele, die omvattendste wat nog ooit oor en uit die Afrikaanse poësie saamgestel is, gee 'n indruk van die omvang én verskeidenheid, die rykdom, die energie, die oorspronklikheid én tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns.
Self sê Brink: "Agter alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net één dryfkrag agter hierdie hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my 'n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poësie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie poësie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poësie het vele wonings."
Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is getuie van ’n avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref word: die groei van ’n digkuns, binne enkele dekades, vanuit ’n beskeie, naïewe, amper primitiewe begin tot ’n poësie wat hom nêrens in die wêreld hoef te skaam nie.
Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Imprint | Tafelberg Publishers Ltd |
Country of origin | South Africa |
Release date | July 2016 |
Availability | Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available. |
Authors | Andre P. Brink |
Dimensions | 222 x 152 x 80mm (L x W x H) |
Format | Paperback (Shrink-wrapped) |
Volumes | 3 |
ISBN-13 | 978-0-624-04716-2 |
Barcode | 9780624047162 |
Languages | value |
Categories | |
LSN | 0-624-04716-4 |
Course Code | AFK4803 |