Mentje, Kind Van Pas-Opkamp (Afrikaans, Paperback)


Die Here, Pappa se Hemelse Vader, het saam met Pappa verdwyn. In hierdie tent vol mense is sy stokalleen. “Ek is net maar hier, dink Mentje. Net maar nog ’n mond wat moet kos kry, nog ’n lyf wat gewas moet word, nog ’n asem in die hut. Nog ’n kind.”

Die Tweede Wêreldoorlog in al sy hebsug en barbaarsheid breek uit toe Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, tien jaar oud is. Sy beland saam met Joodse vlugtelinge in ’n geheime kamp in die Nederlandse woude. Toe die situasie te gevaarlik raak omdat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, moet sy vlug na familie in Arnhem, maar daar is sy ook nie welkom nie. Sy moet veg om oorlewing tydens die Slag van Arnhem en gepaardgaande Honger Winter van 1944­ - 1945.

Byna aan die ander kant van die wêreld, in Suid-Afrika, sluit Tinus van Jaarsveld as ’n valskermsoldaat by die Britse Leër aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse Ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry, want hy wil die Van Jaarsvelds se familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red.

Ná die oorlog laat kom Tinus haar na Suid-Afrika en sy moet aanpas by nuwe omstandighede, midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis is die kamerade wat Mentje en Tinus deur beproewende tye dra.

Irma Joubert is ’n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort.


R301
List Price R350
Save R49 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles3010
Delivery AdviceShips in 7 - 11 working days


Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Die Here, Pappa se Hemelse Vader, het saam met Pappa verdwyn. In hierdie tent vol mense is sy stokalleen. “Ek is net maar hier, dink Mentje. Net maar nog ’n mond wat moet kos kry, nog ’n lyf wat gewas moet word, nog ’n asem in die hut. Nog ’n kind.”

Die Tweede Wêreldoorlog in al sy hebsug en barbaarsheid breek uit toe Mentje de Vries, ’n Nederlandse oorlogswesie, tien jaar oud is. Sy beland saam met Joodse vlugtelinge in ’n geheime kamp in die Nederlandse woude. Toe die situasie te gevaarlik raak omdat die Duitsers die kamp enige dag gaan ontdek, moet sy vlug na familie in Arnhem, maar daar is sy ook nie welkom nie. Sy moet veg om oorlewing tydens die Slag van Arnhem en gepaardgaande Honger Winter van 1944­ - 1945.

Byna aan die ander kant van die wêreld, in Suid-Afrika, sluit Tinus van Jaarsveld as ’n valskermsoldaat by die Britse Leër aan. Dit is nie soseer trou aan die Britse Ryk wat hom daartoe dryf nie, maar die vergoeding wat hy daarvoor gaan kry, want hy wil die Van Jaarsvelds se familieplaas terugkoop. Toe hy by Arnhem gewond word, stel Mentje haar lewe in gevaar om hom te red.

Ná die oorlog laat kom Tinus haar na Suid-Afrika en sy moet aanpas by nuwe omstandighede, midde-in drie geslagte van die verskeurde Van Jaarsvelds. Verlies en versoening, mensliewendheid en vergifnis is die kamerade wat Mentje en Tinus deur beproewende tye dra.

Irma Joubert is ’n geliefde naam in historiese fiksie. Al haar vorige romans was topverkopers en met Mentje, kind van Pas-Opkamp sit sy hierdie tradisie voort.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk

Country of origin

South Africa

Series

Oorlogstrilogie, 2

Release date

October 2017

Availability

Expected to ship within 7 - 11 working days

Authors

Dimensions

195 x 126 x 41mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

544

ISBN-13

978-0-7993-8593-9

Barcode

9780799385939

Languages

value

Categories

LSN

0-7993-8593-X



Trending On Loot