'n Fontein Voor Ons Deur (Afrikaans, Paperback)


’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk.

En wat gebeur toe?

Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis.

En wat gebeur nou?

Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas.

’n Fontein Voor Ons Deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek.

Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.


R57
List Price R59

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles570
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk.

En wat gebeur toe?

Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis.

En wat gebeur nou?

Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas.

’n Fontein Voor Ons Deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek.

Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Tafelberg Publishers Ltd

Country of origin

South Africa

Release date

September 2013

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

213 x 138 x 17mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

216

ISBN-13

978-0-624-06430-5

Barcode

9780624064305

Languages

value

Categories

LSN

0-624-06430-1



Trending On Loot