Suiderkruis (Paperback)

Drie jong mense in 'n beknopte Johannesburgse woonstel. Om hulle rys toringblokke en mynhope. Die stad raas. Fabrieke spuug vuur. Maar die drie jonges bly onaangeraak deur die energie van geld en mag, deur uithangborde wat lok, deur ligte wat knipoog. Waarom is hulle so bedremmeld? Wat le agter Dawid se morbiede stilte, Hennie se nagmerries en Lydia se desperate liefde? Morne Malan loop met sy roman, wenner van die debuutprys van Sanlam en Insig se Groot Romanwedstryd, op die spoor van hierdie vrae. Broksgewys word getoon dat hoër as die toringblokke ’n Suiderkruis-windpomp uitrys, dat groter en dwingender as die stad ’n Vrystaatse vlakte uitstrek in die gemoedere van hierdie drie jong mense. Die verhaal van hul stedelike malaise begin ontvou toe hul ma, Magriet, na nege jaar aan hul woonsteldeur klop. Magriet het haar kinders opgespoor, en uiteindelik kan die verhaal van hul verwydering vertel word. Beurtelings begin hulle vertel: Magriet, Dawid, Hennie en Lydia. Dit is 'n oerverhaal van geerfde pyn en skuld wat Malan op 'n virtuose wyse nuwe relevansie gee. Wat het gebeur dat dat daar 'n windpomp onuitwisbaar in elkeen se bewussyn staan en kerm? Waarteen het die enigmatiese Magriet so sterk geveg dat sy haar eie kinders van haar weggedryf het? Waarom het Dawid en Hennie weggevlug van die krag van hul ma wat hulle vir jare staande gehou het teen die aanslae van hul pa? Wat is dit wat Lydia aan Dawid verbind terwyl sy hele wese terughunker na 'n donker gat in sy verlede? Elkeen van die betrokkenes kry 'n beurt om te vertel. Elkeen probeer verduidelik. Elkeen probeer verstaan. Die verhaal van Magriet se verset teen kleindorpse vooroordele en haar gewelddadige man kom so tot stand. Ook die verhaal van Dawid se wanhopige verset teen sy pa. Die verhaal van hul pa se gewelddadige dood. Die hofsaak wat gevolg het. Maar die uitdaging vir elkeen se begrip, se insig en menslikheid, is waarom die verset teen die patriargie omgeswaai het in 'n stryd teen die ma. En waarom die terughunkering na 'n donker verlede so akuut gebly het. Malan toon hoe die hunkering terug na die moederbodem en die vroegste impulse selfs in die huidige era 'n dwingende werklikheid bly. En hy wys hoe hierdie hunkering na 'n verlore paradys 'n begeerte na die dood is. Sy karakters is byderwets, die ruimte weergalm met die geluide van 'n hedendaagse stadsbestaan. Maar alles word onderlê deur ’n oeroue droefheid. Die krag van Malan se prosa setel in sy vermoë om oortuigend aan te toon hoe die mens se heel nuutste strewes steeds bly veg teen van die vroegste reste van die menslike ontstaansgeskiedenis.

R207
List Price R215

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2070
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Tafelberg Publishers Ltd

Country of origin

South Africa

Release date

October 2008

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

212 x 137 x 19mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

245

ISBN-13

978-0-624-04686-8

Barcode

9780624046868

Categories

LSN

0-624-04686-9

Trending On Loot