Vars Gehekel - Duidelike Stap-Vir-Stap-Aanwysings Vir Meer as 20 Oorspronklike Projekte (Paperback)


Die skrywer werk met sagte katoengares in moderne kleure en nooi beginners sowel as ervare hekelwerkers om haar patrone op die proef te stel - van haarbande en vingerlose handskoene, tot 'n nie-tradisionele blokkieskombers, van fyn oorbelle tot 'n growwe vloermat, van vrolike blommetjies tot 'n lekker gemaklike pouffe. Die omvattende inleiding dek al die basiese steke, met duidelike, stap-vir-stap aanwysings en foto's, terwyl nuwe steke en spesiale tegnieke stap vir stap verduidelik word waar hulle in die projekte voorkom. Hoewel die benodigdhede vir elke projek by die patroon gespesifiseer word, gee die inligting oor hekelnaalde, gare en ander benodigdhede jou die nodige kennis om alles aan te pas om by jou vereistes te pas. Elke projek se moeilikheidsgraad word aangedui; dus kan jy hulle gebruik om jou hekelkennis geleidelik op te bou namate jy vaardiger raak met die hekelnaald. Nuttige wenke word deurgaans gegee om te verseker dat jou projekte professioneel en goed afgerond lyk. Die projekte is vars en eietyds en die lieflike foto's van elke voltooide item sal jou vingers laat jeuk om sommer dadelik te begin hekel. Dit is heerlik om te ontdek watter pragtige artikels jy stekie vir stekie kan maak!

R188

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1880
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

Die skrywer werk met sagte katoengares in moderne kleure en nooi beginners sowel as ervare hekelwerkers om haar patrone op die proef te stel - van haarbande en vingerlose handskoene, tot 'n nie-tradisionele blokkieskombers, van fyn oorbelle tot 'n growwe vloermat, van vrolike blommetjies tot 'n lekker gemaklike pouffe. Die omvattende inleiding dek al die basiese steke, met duidelike, stap-vir-stap aanwysings en foto's, terwyl nuwe steke en spesiale tegnieke stap vir stap verduidelik word waar hulle in die projekte voorkom. Hoewel die benodigdhede vir elke projek by die patroon gespesifiseer word, gee die inligting oor hekelnaalde, gare en ander benodigdhede jou die nodige kennis om alles aan te pas om by jou vereistes te pas. Elke projek se moeilikheidsgraad word aangedui; dus kan jy hulle gebruik om jou hekelkennis geleidelik op te bou namate jy vaardiger raak met die hekelnaald. Nuttige wenke word deurgaans gegee om te verseker dat jou projekte professioneel en goed afgerond lyk. Die projekte is vars en eietyds en die lieflike foto's van elke voltooide item sal jou vingers laat jeuk om sommer dadelik te begin hekel. Dit is heerlik om te ontdek watter pragtige artikels jy stekie vir stekie kan maak!

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!

Product Details

General

Imprint

Metz Press

Country of origin

South Africa

Release date

June 2015

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Authors

Dimensions

260 x 195 x 10mm (L x W x T)

Format

Paperback - With flaps

Pages

128

ISBN-13

978-1-928201-48-9

Barcode

9781928201489

Categories

LSN

1-928201-48-2



Trending On Loot