Wat Die Hart Van Vol Is - Herinneringsreise Van 'n Fynkok (Afrikaans, Paperback)

,
’n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers…

Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op ’n plaas in die Klein-Karoo het Peter ’n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as “Mister V”, eienaar van Emily’s, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só ’n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het.

Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies ná aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wêreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar “koskys” wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as ’n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer ’n doukomkommer tussen sy tande geknars het...

Nostalgies, humoristies en hartroerend – ’n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wêreld daarbuite.


R269
List Price R376
Save R107 28%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles2690
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item



Product Description

’n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers…

Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op ’n plaas in die Klein-Karoo het Peter ’n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as “Mister V”, eienaar van Emily’s, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só ’n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het.

Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies ná aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wêreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar “koskys” wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as ’n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer ’n doukomkommer tussen sy tande geknars het...

Nostalgies, humoristies en hartroerend – ’n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wêreld daarbuite.

Customer Reviews

No reviews or ratings yet - be the first to create one!




Trending On Loot