Liefde Is 'n Sprokie... (Afrikaans, Paperback)


’n Bundel unieke kort liefdesstories wat tienerlesers sal wegvoer na ’n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op ‘n bekende sprokie of feëverhaal gebaseer – maar met ’n heerlike moderne kinkel.

Talia is so tuis in die water soos ’n meermin. Maar Erik, met sy blonde hare en blou oe, sorg dat sy sukkel om op haar diepseeduikkursus te konsentreer . . .

Cara het ’n ogie op verlede jaar se hoofseun , maar sy kan tog nie help om die nerdy nuwe ou, Pierre Prins, se diep, groen oë agter sy dik brilglase raak te sien nie . . .

Van die eerste dag wat Wolfgam vir Vlam van Huten raakgesien het, is sy nie net in sy kop nie, sy is in sy hart – daardie rooikopmeisiekind met die laggend oë wat sy nag- en dagdrome in besit geneem het. Maar sy rits net gedurig saam met daardie slymbol op sy motorfiets rond. Amika is so moeg daarvoor om die langste meisie in haar klas wees. Sy troon alewig soos ’n toring bo almal uit en die seuns spot haar alewig daaroor. Maar wanneer haar gunsteling-onderwyser voorstel dat sy by die modelskool inskryf, lyk dit of alles kan verander. Sal Adriaan haar anders sien?

Dit is maar net ’n paar van die heerlike kort romanses wat jou hart warm sal laat klop en jou weer in sprokiesliefde sal laat glo.


R142
List Price R165
Save R23 14%

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

Discovery Miles1420
Delivery AdviceOut of stock

Toggle WishListAdd to wish list
Review this Item

Product Description

’n Bundel unieke kort liefdesstories wat tienerlesers sal wegvoer na ’n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op ‘n bekende sprokie of feëverhaal gebaseer – maar met ’n heerlike moderne kinkel.

Talia is so tuis in die water soos ’n meermin. Maar Erik, met sy blonde hare en blou oe, sorg dat sy sukkel om op haar diepseeduikkursus te konsentreer . . .

Cara het ’n ogie op verlede jaar se hoofseun , maar sy kan tog nie help om die nerdy nuwe ou, Pierre Prins, se diep, groen oë agter sy dik brilglase raak te sien nie . . .

Van die eerste dag wat Wolfgam vir Vlam van Huten raakgesien het, is sy nie net in sy kop nie, sy is in sy hart – daardie rooikopmeisiekind met die laggend oë wat sy nag- en dagdrome in besit geneem het. Maar sy rits net gedurig saam met daardie slymbol op sy motorfiets rond. Amika is so moeg daarvoor om die langste meisie in haar klas wees. Sy troon alewig soos ’n toring bo almal uit en die seuns spot haar alewig daaroor. Maar wanneer haar gunsteling-onderwyser voorstel dat sy by die modelskool inskryf, lyk dit of alles kan verander. Sal Adriaan haar anders sien?

Dit is maar net ’n paar van die heerlike kort romanses wat jou hart warm sal laat klop en jou weer in sprokiesliefde sal laat glo.

Customer Reviews

Average Rating  (1 Customer)

Product Details

General

Imprint

Human & Rousseau

Country of origin

South Africa

Release date

May 2015

Availability

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Editors

Dimensions

212 x 137 x 18mm (L x W x T)

Format

Paperback

Pages

225

ISBN-13

978-0-7981-7028-4

Barcode

9780798170284

Languages

value

Categories

LSN

0-7981-7028-X



Trending On Loot