0
Your cart

Your cart is empty

Books > Humanities > Religion & beliefs

Not currently available

Brief aan doopouers (Afrikaans, Electronic book text) Loot Price: R33
Discovery Miles 330
Brief aan doopouers (Afrikaans, Electronic book text): Willie Jonker
Brief aan doopouers (Afrikaans, Electronic book text): Willie Jonker

Share your images

Brief aan doopouers (Afrikaans, Electronic book text)

Willie Jonker

 (sign in to rate)
Loot Price R33 Discovery Miles 330

Bookmark and Share

Supplier out of stock. If you add it to your wishlist we will send you an email should it become available again.

Die derde uitgawe, en hersiening van n uitdeelboekie wat vir lank n staatmaker in ons kerk was. Geskryf deur een van die vooraanstaande teoloe van ons land, oor een van sy lieflingonderwerpe uit die Christelike geloof die kerklike handeling van die doop, in die besonder die kinderdoop. Die boekie hanteer al die aspekte van wat die doop vir ons beteken. Dit begin met die vraag op elke doopouer (en gemeentelid wat n doop bywoon) se lippe: Wat gebeur as ons gedoop word? So verduidelik dit die plek van die doop in die verbond; wat die Bybel ons hieroor leer en wat dit in essensie beteken om in die Naam van God die Vader, Seun en Heilige Gees gedoop te word. Die noodsaaklikheid van die geloof word uitgestip en wat die mens se antwoord behels. Dit word netjies duidelik hoe die doop ons inlyf in wat Christus reeds gedoen het om ons by God uit te bring, en hoe die Heilige Gees die nuwe werklikheid deur die doop persoonlik op elkeen se lewe stempel (beseel). Uiteraard word die saak vir die kinderdoop gevoer en duidelike redes gegee waarom mense nie weer gedoop word wanneer hulle bewustelik kan toestem en vir God kies nie. Die hoofsaak word treffend uitgelig: In die kerklike handeling is God self aan die werk en Hy bevestig sy beloftes persoonlik aan elke kind, nog voordat hy/sy nog kon kies, kon vra ... Daarom eindig die boekie ook waar die belofte van die doopouers en die kind se deelname aan die redding tot n punt gebring word: Die weg wat God kies om daardie kindjie mee te bereik, is die ouers wat nou deel in die belofte wat Hy vir Abraham gemaak het (verbondsouers). Dwarsdeur word die geloofswaarhede oor die doop op n persoonlike briefskryf-vlak deur die skrywer hanteer en word die kerktaal omgeskakel in taal wat mense op grondvlak kan verstaan.

General

Imprint: Tafelberg Publishers Ltd
Country of origin: South Africa
Release date: April 2011
Authors: Willie Jonker
Format: Electronic book text
Pages: 20
ISBN-13: 978-0-7963-1536-6
Barcode: 9780796315366
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Humanities > Religion & beliefs
Books > Afrikaans > Geloof en spiritualiteit
Books > Religion & Spirituality > General
Books > Humanities > Religion & beliefs > General
Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe
Promotions
LSN: 0-7963-1536-1

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Loyalty partners