0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (20)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 23 of 23 matches in All departments

Vir die voels (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Vir die voels (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof 1
R221 Discovery Miles 2 210 Within 7 - 15 working days

Sampie en Irma de Klerk was die wenners van Huisgenoot se liefdesverhaalkompetisie, ter viering van die tydskrif se honderdste bestaansjaar. Hul verhaal, ’n eg Suid-Afrikaanse een wat vertel hoe hulle in die jare sewentig talle struikelblokke te bowe moes kom voordat hul (onwaarskynlike) liefde kon seevier, was ook die inspirasie vir hierdie heerlike roman. Dit is ’n verhaal propvol humor, deernis en, ja, romanse. Die gelyknamige HG100-eeufeesfliek word aan die einde van 2016 vrygestel.

Vir altyd (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Vir altyd (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R246 Discovery Miles 2 460 Within 7 - 15 working days

As kinders was Hugo en Nina onskeidbaar – toe skei die noodlot hulle tog. Wanneer die volwasse Nina se romantiese droom verpletter word, is Hugo egter weer die een om haar by te staan. Maar hoe 'n goeie plan was dit om saam na Mauritius te gaan vir dit wat bedoel was om haar en 'n ander man se wittebrood te wees? En watter struikelblokke sal alles nog oorkom moet word voordat daardie gelukkige "vir altyd" moontlik is?

Roald Dahl Se Vreeslike Versies (Afrikaans, Paperback): Roald Dahl Roald Dahl Se Vreeslike Versies (Afrikaans, Paperback)
Roald Dahl; Illustrated by Quentin Blake; Translated by Francois Bloemhof
R124 Discovery Miles 1 240 Within 10 - 15 working days

Francois Bloemhof se onnutsige en speelse vertaling van Dahl se reeds klassieke Revolting Rhymes sorg vir ’n allerheerlike leeservaring. Talle verrassings wat op lesers wat gedink het Sneeuwitjie is so soet soos stroop en Rooikappie weet nie van sake in haar eie hande neem nie ...

Feeding time (Paperback): Francois Bloemhof Feeding time (Paperback)
Francois Bloemhof
R275 R218 Discovery Miles 2 180 Save R57 (21%) Within 4 - 10 working days

After an absence of four years, Carl McGregor returns to Cape Town’s northern suburbs. His plans are vague, but straightforward – to save his younger brother from the claws of The Zoo. This is how people refer to the other three inhabitants of the house: The sly Maxie Thorpe with her cosmetically enhanced face; her son Leo, with his tendency towards violence; her daughter Mandy, with her playful but troubled disposition.

Dieretuin (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Dieretuin (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R275 R218 Discovery Miles 2 180 Save R57 (21%) Within 4 - 10 working days
Agent Snoet 5 in 1 (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Agent Snoet 5 in 1 (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof; Illustrated by Alistair Ackermann
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) In stock

Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat ...

Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is ’n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos.

Maar die eintlik meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Dié slim Siamees is ’n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder sy getroue kattehandlanger sou uitrig nie!

Saam het dié gedugte speurderspan al die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant ontrafel, ’n gevaarlike wapen genaamd die Genugtig uit gevaarlike skurke se kloue teruggekry en ’n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm. Vir die eerste keer verskyn al vyf boeke in dié fantastiese strokiesreeks nou saam in een boek:

- Agent Snoet en die Botterdiamant

- Agent Snoet en die Kattekwaad

- Agent Snoet en die Hondelewe

- Agent Snoet en die Groen Genugtig

- Agent snoet en die Windlawaai

The lady with the purple eye (Paperback, School ed): Francois Bloemhof The lady with the purple eye (Paperback, School ed)
Francois Bloemhof
R151 Discovery Miles 1 510 Within 7 - 15 working days

Chris and Marley are in a new school, and from the word go they discover that things are not quite the same as in other schools. Their new friends start to behave strangely, not to mention the guy with no hair and that weird library teacher. When they are slowly but surely sucked into a series of disturbing events, Chris and Marley decide to investigate – and end up in the clutches of the lady with the purple eye. A chilling story with lots of blood curdling surprises.

Die pad na jou hart (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, Ivan Botha, Donnalee Roberts Die pad na jou hart (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, Ivan Botha, Donnalee Roberts
R250 R222 Discovery Miles 2 220 Save R28 (11%) Within 7 - 15 working days

Iets anders! Francois Bloemhof slaan 'n nuwe rigting in met 'n roman gebaseer op 'n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en die pad van liefde het meer as net 'n paar kinkels en draaie. Basson is 'n verwaande jong man wie se pa aan hom 'n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson 'n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord en jou ware noord.

Middernagland: Grade 7 - Huistaal (Afrikaans, Staple bound): Francois Bloemhof Middernagland: Grade 7 - Huistaal (Afrikaans, Staple bound)
Francois Bloemhof
R80 R71 Discovery Miles 710 Save R9 (11%) Within 4 - 9 working days

Bestaan daar ander werelde as ons alledaagse een? Waarheen gaan mense wat verdwyn? Hoe veg 'n mens teen vreemde en magtige, onbekende wesens? Hoeveel moet jy waag ter wille van vriendskap? Dit is van die vrae waarmee Morne te doen kry wanneer sy meisie, Imke, in 'n museum verdwyn. Middernagland vertel 'n ou-ou verhaal vir jong lesers: die held op 'n tog om sy geliefde uit die kloue van 'n monster in 'n kasteel te bevry. Onderweg trotseer hy gevaar na gevaar met telkens 'n nuwe helper en moet hy sy eie karakter op die proef stel. Die verhaal word gevolg deur 'n leesgids met: inligting oor die outeur; 'n opsomming van die verhaal; woordverklarings van moeilike woorde; vrae oor die inhoud van die verhaal en letterkundige aspekte; antwoorde vir die vrae; 'n glossarium met letterkundige begrippe.

Doodskoot (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Doodskoot (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R220 R163 Discovery Miles 1 630 Save R57 (26%) Within 4 - 8 working days

Dit gaan nag raak in die Swartland ... Paul Matthee het baie meer bagasie as die rugsak waarmee hy die landplatloop. Daar is 'n aand, 'n uur in sy verlede waarvan hy nie kan ontsnap nie. Langs die pad naby Riebeek-Kasteel help hy vir Bernard Ackerman, 'n ryk sakeman, om in gietende reen sy motor se gebarste band om te ruil. Ackerman bied hom skuilplek aan, maar Paul besef gou die weelderige wynlandgoed Welverdiend is geen veilige hawe nie - sy tyd daar begin meer voel soos een van daardie ou swart-en-wit-rolprente waarin 'n dodelike jong vrou se kop vol planne op 'n vreeslike einde kan afstuur. Doodskoot is 'n boek vol versoeking, geheime, oeverblindery en konfrontasie deur 'n veteraan van die spanningsverhaal in Afrikaans.

Die vrou met die pers oog (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Die vrou met die pers oog (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R136 Discovery Miles 1 360 Within 7 - 15 working days

Vir ouderdomme 9-12 jaar. Chris en Martie is in 'n nuwe skool, maar van die eerste dag af kom hulle agter alles is nie so gewoon soos dit maar in skole is nie. Hulle nuwe maats begin snaaks optree, en dan is daar die outjie sonder hare en die vreemde biblioteekjuffrou ... Toe hulle stadig maar seker ingetrek word in die eienaardighede, besluit Chris en Martie om ondersoek in te stel - wat hulle in die kloue van die vrou met die pers oog laat beland. Lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels.

Ou Langklou (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Ou Langklou (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R136 Discovery Miles 1 360 Within 7 - 15 working days

Wat vir Victor as net nog 'n vervelige wintervakansie in die kinderhuis begin, raak 'n nagmerrie toe hy van aangesig tot aangesig kom met die vreemde vrou wat onder in die straat woon. Juffrou Ia de Goede se hande staan vir niks verkeerd nie en vir die meeste inwoners beteken dit daar's altyd genoeg van haar lekker melkterte en ander gebak. Maar Victor vind gou uit wat daardie hande nog kan doen en hy en sy twee vriende, Jenny en Fluitjie, sal moet keer vir die vale ... Dit is 'n lekker spannende storie vol bloedstollende kinkels. Wat ouer, trae lesers ook sal geniet.

Double echo (Paperback): Francois Bloemhof Double echo (Paperback)
Francois Bloemhof
R220 R176 Discovery Miles 1 760 Save R44 (20%) Within 4 - 8 working days

Something's gone sour in the Winelands ... Ex-cop Paul Mullan has a lot more baggage than the rucksack he's carrying across the country. He's trying to get away from that night, that hour when life as he knew it came to an end. When Paul helps wealthy businessman Bernard Russell to change his car's burst tyre near Riebeek-Kasteel in the pouring rain, Russell offers him shelter. But the opulent wine estate Journey's End is no safe haven, and Paul soon senses that his life is about to resemble one of those old black-and-white movies: he is the fallible hero, a young woman in Russell's household the scheming femme fatale, and the outcome may be deadly. Filled with tension, temptation, secrets and sleight of hand, Double Echo is seasoned Afrikaans thriller writer Francois Bloemhof's exhilarating English debut.

Rillers: Die Speletjie - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Rillers: Die Speletjie - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R136 Discovery Miles 1 360 Within 7 - 15 working days

Wouter is baie bekommerd. Hy moes nooit die speletjie van meneer Grimbeek se rekenaar afgelaai het nie, want noudat dit begin het, kan dit nie gestop word nie, en as dit eers jou naam het . . . Iemand is reeds onverklaarbaar dood, en Wouter en sy vriend Koekoes moet vinnig dink aan 'n uitkomkans, anders is dit neusie verby - nie net vir hulle twee nie, maar vir almal wat hierby ingesleep is. 'n Lekker vinnig-bewegende storie vir jong lesers met ’n spanningsvolle einde. Ideaal vir trae lesers wat nie vir lang boeke kans sien nie.

Agent Snoet en die Windlawaai (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Agent Snoet en die Windlawaai (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof; Illustrated by Alistair Ackermann
R145 R125 Discovery Miles 1 250 Save R20 (14%) Within 5 - 13 working days

Professor Mapstieks is een van die bekendste wetenskaplikes in die land. Sy nuwe uitvinding, die Windlawaai, is pas gesteel. Die Windlawaai kan enige masjien van ’n afstand beheer – en as dit in die verkeerde hande beland, kan dit verskriklike gevolge he. Agent Snoet kry opdrag om die diefstal te ondersoek. Maar soos gewoonlik is dit sy slim kat, Felino, wat die eintlike baasbrein agter die ondersoek is. Kort voor lank kry Snoet en Felino die wind behoorlik van voor – en dit lyk of Felino dalk die laaste van sy nege lewens kan verloor ... Jong lesers is versot op hierdie humoristiese, avontuurbelaaide strokiesprent-reeks. Vorige titels in die reeks is: Agent Snoet en die Botterdiamant, Agent Snoet en die Kattekwaad, Agent Snoet en die Hondelewe en Agent Snoet en die Groen Genugtig.

Nog 13 spookstories (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, Fanie Viljoen, Jaco Jacobs Nog 13 spookstories (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, Fanie Viljoen, Jaco Jacobs
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Within 5 - 13 working days

Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laat word. So, maak toe die vensters, klim in jou bed... en maak gereed om die gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.

Rillers-omnibus (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Rillers-omnibus (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof; Illustrated by Jeanine Henning
R231 Discovery Miles 2 310 Within 7 - 15 working days

Al agt Rillers-boeke van die gewilde en bekroonde skrywer, Francois Bloemhof. Lekker grillerige stories met slim, onverwagte eindes.

13 Spookstories (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen 13 Spookstories (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen
R155 R133 Discovery Miles 1 330 Save R22 (14%) Within 5 - 13 working days

Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, klim in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!

Koue rillings (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof, Fanie Viljoen, Jaco Jacobs Koue rillings (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof, Fanie Viljoen, Jaco Jacobs
R155 R133 Discovery Miles 1 330 Save R22 (14%) Within 5 - 13 working days

Ontmoet die Rotman met sy verslete jas en sy oog wat lyk soos ’n ou wond wat lankal gesond geword het ...Kom ry saam op 'n baie spesiale mallemeule, waar die kinders se gille van plesier snags omsit in angsgille ... En vind uit wat gebeur as jy laatnag in Slangrivier gaan swem ... In hierdie boek kan jy kennis maak met drie van die bekendste Afrikaanse grilskrywers se wildste nagmerries. Hierdie versameling grilstories sal jou koue rillings gee!

Die dae toe ek Elvis was (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Die dae toe ek Elvis was (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R126 Discovery Miles 1 260 Within 7 - 15 working days
Moord In Die Beloofde Land (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Moord In Die Beloofde Land (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R273 Discovery Miles 2 730 In stock

’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry.

Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg.

’n Boeiende, intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.

Stad aan die einde van die wereld: Grade 7 - 9 (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Stad aan die einde van die wereld: Grade 7 - 9 (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R157 R139 Discovery Miles 1 390 Save R18 (11%) Within 4 - 9 working days

Finalis - Maskew Miller Longman 2007 Letterkundeprys. "Hy is skaars terug in sy woonstel toe sy polsband 'n biep gee. Die eerste boodskap! Hy weet sommer dit sal Jurg wees. Maar op die skerm staan: Onbekende sender. Hy is sat vir advertensies wat so by hom uitkom - maatskappye het allerhande maniere om polsbandnommers in die hande te kry en dan die draers met boodskappe te bombardeer, al probeer jy hulle blokkeer. Sy opgewondenheid sit om in irritasie. Maar dis nie 'n advertensie nie: Wanneer jy in die stad kom, waarsku vir Ying Li dat iemand op pad is om haar dood te maak." In 2084 behoort die wereld aan tieners - en die gelukkiges onder hulle gaan stad toe. Stad, plek van groter plesier as wat jy jou kon voorstel. En groter gevaar as wat jy kon raai. George Logan se bestemming. "Ek het bewondering vir die vaardigheid van die skrywer en sy vermoe om struktuur te skep. Die teks en skryfstyl vloei so gemaklik soos water. Die jong, geslepe burgemeester van Kaapstad, Ying Li met haar lispelende slangtong, is 'n fassinerende karakter." Riana Scheepers, beoordelaar van die MML Letterkundekompetisie Francois Bloemhof skryf boeke vir volwassenes, tieners en jong lesers. Sy werk is reeds in al drie kategoriee meermalig bekroon, maar hy glo sy soort boek word soms onderskat: daar is steeds mense wat dink "boeke waarin daar baie gebeur" is makliker om te skryf as ander. In 2084 the world belongs to the teenagers and the luckiest ones go to the city. The city, a place of great pleasure, more than you can imagine. And greater danger than what you can envision.

Jy-weet-wie (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Jy-weet-wie (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R85 Discovery Miles 850 Within 10 - 15 working days

Niek Naude is 39 jaar oud en in dieselfde bootjie as vele middeljarige wit mans: hy is afgele; hy wat in die eerste helfte van sy lewe deur die voorsienigheid uitgesonder was om ’n uitblinker te wees, akademies en op die sportveld. Dis immers waarom sy mooi vrou, Elrisa hom op hoerskool reeds gekies het bo sy teenstander, Zandre van der Westhuizen. Zandre, intussen Niek se minder bekwame kollega in die menslike hulpbronne-afdeling van ’n magtige maatskappy, het sy werk behou omdat hy ’n aartsgatkruiper is en beter bevriend is met die baas. Niek moet nou huishou en sy ego het ’n allemintige knou gekry; selfs in die slaapkamer het hy nie meer die hef in die hand nie: sy vrou soen hom soos ’n familielid. Hul dogter Melanie wil Mel genoem word en wil so cool en mooi soos haar vriendin Anika wees, maar wil veral Anika se boyfriend, Tommie, he. Die verblindend aantreklike Tommie is al uit die skool, maar woon nog by sy ma en maak nie juis aanstaltes om te begin werk nie. Elrisa het wel nog 'n werk, sy is 'n suksesvolle eiendomsagent en Niek nou die huishulp.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Targus Foliostand Universal Folio Case…
 (5)
R349 R29 Discovery Miles 290
Angelcare Bath Support - Green
R499 Discovery Miles 4 990
Lyra Metal Sharpener (24 Pack)
R170 R154 Discovery Miles 1 540
Memory Foam Bath Mat 60 x 90cm
R199 R99 Discovery Miles 990
Justice League
Ben Affleck, Gal Gadot, … DVD  (7)
R159 R110 Discovery Miles 1 100
Sandisk SDHC UHS-I Memory Card (16GB)
 (2)
R133 R113 Discovery Miles 1 130
Now That's What I Call Jazz
Various Artists CD R240 R189 Discovery Miles 1 890
Ferrari Pencil with Eraser
R15 R12 Discovery Miles 120
Snookums Cherry Latex Soother (Pink…
 (1)
R15 R13 Discovery Miles 130
Sennheiser VMX Office Monaural Bluetooth…
 (1)
R1,999 R699 Discovery Miles 6 990

 

Loyalty partners