![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Na haar pa se dood besef Gideonette de la Rey, ’n vreesbevange jong meisie met ’n ooraktiewe verbeelding dat sy die enigste oorlewende gesinslid is met ’n familienaam waarop ’n vloek rus. Met die hulp van haar nuwe vriend, Bhubesi, en sy ‘Meerkat Maantuig’ moet sy die innerlike krag vind om haar vrees te oorkom indien sy die vloek wil breek.
Thys en Trix is broer en suster en ook ywerige maar onbeholpe polisiemanne. Hulle onderlangse twis veroorsaak dat hulle geskors word nadat hulle die polisiediens wéér in die verleentheid stel. Speurder Solomons ondersoek die bedrywighede van ’n misdaad-sindikaat in ’n eksklusiewe gholflandgoed buite Mosselbaai. Vanweë hulle ‘vanilla-voorkoms’ word Thys en Trix vir die eerste keer uitgesonder as die bekwaamste span om ’n ondersoek te lei, of eerder te laat ly, maar die feit dat hulle moet voorgee om ’n getroude paartjie te wees om die ondersoek geloofwaardig te maak, bemoeilik die situasie. Speurder Solomons sal hulle vergesel, maar is glad nie ingenome met die feit dat hy die butler gaan wees nie.
Liewe Kersfeesvader handel oor die moeisame oorgangsproses van kindwees na volwassenheid.
Vyf dames is almal besig is om stroomop te swem in hulle afsonderlike lewens. Verskillende situasies en gebeure lei elkeen van hulle om op dieselfde rivier-avontuur te gaan. Tydens die avontuur word die boot waarin die dames vaart omgegooi en die gids raak verlore. P<> Die dames word gedwing om op hulle eie in die water en wildernis te oorleef, onwetende dat hulle onderskeie realiteite en lewenservaringe hulle reeds bevoeg maak vir dié uitdaging. In die oorlewingsproses vind hulle vriendskap en ook hulle eie innerlike krag en binnestemme soos hulle een golf na die ander moet aandurf. Soos hulle die fisieke uitdagings oorwin, oorkom hulle ook ander swakhede en groei hulle in karakter en selfvertroue wat tot genesing in hulle unieke lewens lei.
Based on true events, Ellen tells of the troubled relationship between a mother and her drug-addicted son - a relationship that will eventually drive her to the edge and lead to his murder. In 2007, the death of 20 year old Abie Pakkies created a stir in South Africa and the world. The most disturbing part of the case was that the murderer was his mother, Ellen. When advocate Adrian Samuels takes on the case, he is determined to prove that Ellen Pakkies had no choice. But what compelled her to stop seeking help? How does a mother become desperate enough to take her own son's life? Told across two timelines, Ellen is the harrowing account of a woman put through the penal system, tried for murder and driven by an unflinching love for her son. It delves into the inner psyche of a family ravaged by drugs in one of the most dangerous communities in South Africa. A scourge that extends beyond the Cape Flats and highlights a systematic failure to protect the poorest of the poor.
Vier vriende hou 'n partytjie kort na Johannes Kerkorrel se selfmoord in 2002. So kan hulle weer hulle studentedae op Stellenbosch in die tyd van die Voelvry-ioer herleef. Hulle was deurdrenk van die protesmusiek van Kerkorrel, Andre Letoit en Bernoldus Niemand. Toe was hulle jonk, dronk en rebels. Nou is hulle voorstedelik en ontnugter. Die dood van hulle universiteitsvriend Johnny bly egter nog 'n raaisel - iets wat al vier steeds na al die jare teister. Dit is 'n vernuftig gekonstrueerde stuk waarin die onstuimige laat tagtigerjare in Suid-Afrika oortuigend uitgebeeld word. Dit was die tyd toe die Afrikaanse jeug polities bewus geraak het en toe die grensoorlog 'n verwoestende uitwerking op duisende jong dienspligtiges gehad het.
’n Negejarige outistiese seun word dood aangetref. Sy ma, Ingrid, wat hom sy lewe lank versorg het en baie lief vir hom was, word van moord verdink. Nadat hulle vir vier jaar lank hulle seun Alexander van die een dokter na die ander geneem het om te probeer vasstel wat hom makeer, diagnoseer ’n spesialis hom uiteindelik as outisties. Die verligting om ’n naam te gee aan die rede waarom hulle seun so anders en moeilik is, maak egter gou plek vir wanhoop as hulle besef dat bittermin gedoen kan word om sy toestand te verbeter. Raaiselkind verken die nimmereindigende las wat outisme op ’n gemiddelde, liefdevolle gesin plaas en wys hoe die gesin as gevolg daarvan begin verbrokkel. Dit bring die onvermydelike waarheid tuis dat die samelewing op ’n onmenslike manier onverskillig staan teenoor enigiets wat hulle as abnormaal beskou. Raaiselkind is ’n sensasionele storie wat die loodswaar kruis wat outisme op ’n gesin plaas, ondersoek. In hierdie onrusbarende storie word die tragedie van outisme en sy vernietigende gevolge op ’n gesin aan die kaak gestel. Die verhaal word op ’n pynlik eerlike manier vertel en bring die onvermydelike waarheid tuis: die samelewing staan op ’n wrede manier onverskillig teenoor enigiets of iemand wat as abnormaal beskou word.
'n Riller-komedie, met onverwagse kinkels in 'n netso vreemde kabel ... en 'n infame leuen wat eers teen die einde nek-omgedraai word.
Krotoa, a feisty, bright, young 11 year old girl is removed from her close-knit Khoi tribe to serve Jan van Riebeeck, her uncle's trading partner. She is brought into the first Fort established by the Dutch East India Company in 1652. There she grows into a visionary young woman who assimilates the Dutch language and culture so well that she rises to become an influential interpreter for van Riebeeck who became the first Governor of the Cape Colony. As such Krotoa ends up being rejected by her own Khoi people and destroyed by the Dutch when she tries to find the middle way between the two cultures.
’n Jong bruid se droomdag draai in haar grootste nagmerrie. ’n Verhaal oor Tanya Stark,’n jong vrou wat se biologiese horlosie tik teenoor wanhoop. Tanya raak alewig betrokke by die verkeerde man. Sy besluit egter om op haarself te fokus min wetend dat sy die man gaan kry wat haar voete onder haar sal uitslaan, maar toe gebeur die ondenkbare.
Tess is gegrond op die roman "Whiplash" deur Tracey Farren. Tess is 'n sekswerker, maar wanneer sy swanger word, veg sy verbete om te keer dat haar verlede haar inhaal.
Wim en Kevin werk by ’n wassery. Dinge is vervelig deur die dag, totdat die son sak en hulle partytjie hou in hulle kliënte se klere. Tydens so ʼn geleentheid ontdek hulle ʼn afgesnyde vinger in ʼn aandpak se baadjie. Die onderduimse eienaar van die vinger, sy seuns en ʼn ongenaakbare verraaier is op Wim en Kevin se spoor en nie besorg oor hul welsyn nie.
Lollos has been the top selling Afrikaans kiddies range for at least the past 10 years. The adventures of Lollos, Lettie and Disco has educated and entertained the kiddie’s year in and year out. Mallemeule is the Afrikaans word for “merry go round” or Carousel. This DVD features the fun and adventures Lollos, Lettie and Disco have during their visit to the merry go round and fun park.
TRACKLISTING:
Die film, wat romanse, Shakespeare, krieket, vriendskap, onvoorwaardelike aanvaarding en die liefde vier, vertel die verhaal van twee vasbeslote dramaliefhebbers van Hoërskool Monument in Krugersdorp wat tot enige uiterste sal gaan om hul droomproduksie op die planke te bring, met onverwagse gevolge. Yvette (Elani Dekker), Tyler (Christopher van der Westhuizen) en die dramabrigade is ’n piepklein #arty -minderheid in ’n sportmalskool en hulle het slegs een doel voor oë: Om Romeo en Juliet in hul matriekjaar op die planke te bring. Die skoolhoof, meneer Kirby Potgieter (Pierre Breytenbach), het egter ander planne en sny die kuns- en kultuurbegroting om opgraderings aan die klubhuis aan te bring. Desperaat om kaartjies te verkoop en sodoende die vertoning te red, beraam Yvette en Tyler ’n plan. Hulle oortuig die skool se sportheld en hartebreker, Marko Marais (Ruan Wessels), om die rol van Romeo in Tyler se plek te vertolk. Hulle plan werk en die kaartjies verkoop soos soetkoek. Marko voel onverwags aangetrokke tot die bleek dramasiel Yvette. Sy sien ook skielik meer in Marko raak as die image van ’n “oppervlakkige” spiertier-jock met ’n mooi glimlag. ’n Leuen dreig egter om hulle uitmekaar te skeur en gevolglik ook die opvoering te kelder. Om universiteitstoelating te kan kry, moet Marko ’n sportbeurs met sy krieketkolf losslaan. Terwyl hy uithaal en wys op die krieketveld, wonder Yvette of Marko werklik haar Romeo kan wees.
Vaselinetjie, a white girl is raised by her loving brown grandparents in a remote rural village. When the welfare finds out that she is not their biological grandchild, they send her to an orphanage in the far away city of Johannesburg.
Jay is 'n man by 'n kruispad in sy lewe en toe hy Ally ontmoet, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese wyse.
Jonathan, a dreamer and wannabe stand-up comedian in his late 20's, still lives with parents. After another failed open mic performance he gets drunk and crashes his father's car on the way home. This is the last straw for his loving but fed up parents and his father kicks him out of the house. Having nowhere to go he becomes a carguard. After a very hostile reception by the other carguards, the eldest carguard decides to take Johnathan under his wing and teaches him the finer art of being a carguard and more important he teaches Jonathan about life and how to survive as an outcast. Jonathan also falls in love with a girl way out of his league. Will he be able to apply the lessons learned to make peace with his family, earn the forgiveness of his mentor and win the heart of the most beautiful girl he ever met?
Vir Die Voëls is gebaseer op die ware verhaal van Irma Humpel, ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was sy vasbeslote dat onafhanklikheid die enigste vorm van vryheid is, maar intussen het Sampie de Klerk haar oortuigings op alle vlakke kom uitdaag. Vir Die Voëls speel in die laatsewentigs af en is propvol liefde, lag en trane.
The story is about Ben, a mechanic at a car dealership in Johannesburg, and Linda, a beautiful and brainy redhead (played by the gorgeous Amalia Uys). Linda and Ben s paths cross one evening and he recognises her as his boss daughter but she doesn t know who Ben is. There is an instant connection between them and in an attempt to hide his identity, he tells her that he is in a band. This innocent lie threatens to expose Ben when it turns out that they like each other more than he had anticipated. As a result, he decides if he s going to be good enough for Linda, he needs to live up to his lie. He makes up his mind to pursue a dream he neglected years ago and starts a band with two of his co-workers. They enter a battle-of-the-bands competition, but soon realise that a music career is rather daunting. And what will happen when Ben s real identity is revealed to Linda?
The journey of Voetspore continues. Voetspore Reünie is a series of Johan Badenhorst and friends who revisit the past 10 Voetspore series. The team visited close to 40 African countries and travelled for 300 000 km on the continent. It was time for a get-together, reflecting on how Africa changes since the first series. They start at Cape Cross in Namibia and travel across southern Africa, through Namibia, Botswana, Zimbabwe, South Africa, Mozambique and Swaziland, to the coast of Kwa Zulu Natal. They reflect on their journeys on the African continent since 2000 whilst discovering new adventure destinations. This is a reunion of 12 adventurers.
The story takes place in the 1960’s on the impoverished Cape Flats in South Africa. Four boys form a teenage gang to protect themselves from bullying and rape and almost as soon as their childhood pact is declared do they begin the downward spiral to become hardened gangsters. Some years later the gang leader, Abraham discovers in jail that he has a gift for telling stories and becomes the prison 'cinema' which earns him respect and status whilst his best friend becomes the concubine of the cell boss. On his release from jail 'AB' finds romance with his childhood sweetheart and wants to start a new path in life as a writer but his childhood friends attempt to rope him into a murder for which they all could face the hangman's noose. (South Africa's official entry to the 2017 Academy Awards for Best Foreign Language Film)
Set in 1901, this period epic follows Willem Morkel - a Boer and family man whose wife and son are murdered during the Anglo-Boer War. Captured as a prisoner of war, Willem must survive incarceration in the notorious St. Helena concentration camp and defeat the ruthless Colonel Swannell, at his own game... Rugby.
Rachel, a Mozambican domestic worker living in Johannesburg, is forced to make a life-changing decision after her daughter tragically dies whilst under the care of her employers: return to poverty stricken Mozambique or continue working for the people responsible for the death of her child. Things become even more complicated when she finds out that her employers are expecting their first child. |
![]() ![]() You may like...
|