0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (19)
  • R50 - R100 (138)
  • R100 - R250 (340)
  • R250 - R500 (47)
  • R500+ (20)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback): Jurie van den Heever Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback)
Jurie van den Heever 1
R225 R15 Discovery Miles 150 Save R210 (93%) Shipped within 10 - 15 working days

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien.

Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Lidmate wat ons Kerk graag wil help om 'n gesonde, geestelike tuiste vir Suid-Afrikaners van die 21ste eeu te bied.
  • Die klakkelose napraters van die dogma wat dink ons Kerk is steeds op die regte pad.
  • Die plastiekpredikante van die radio en televisie wat met eentonige reŽlmaat soetsappige, sogenaamd godsdienstige, pleisters plak.
  • Diegene wat reeds ons Kerk tot die ashoop van die geloof verdoem het.
Die Woorde Van Jesus (Afrikaans, Paperback): Die Woorde Van Jesus (Afrikaans, Paperback)
R105 Discovery Miles 1 050 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie boek is die werklike woorde van Jesus.

Jesus het in die Bybel baie met sy dissipels gepraat, maar daardie woorde is net so van toepassing vandag as wat dit was in daardie tyd. Die woorde van Jesus is gegroepeer in temas. Daardeur kan die leser meer leer oor die lesse wat die Here sy volk leer.

Die eerste van sy soort in Afrikaans!

Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback): Hannelie Groenewald Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback)
Hannelie Groenewald
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Dit is die verhaal van ’n vrou wat haar familie in ’n terreuraanval verloor. Dit vertel van ’n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, net sodat die mat onder haar uitgeruk kan word. Die boek sal die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof te bereken, na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders. Hannelie se verhaal is ’n merkwaardige getuienis van ’n lewe in geloof en die krag van vergifnis.

Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg, Marissa Coetzee Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg, Marissa Coetzee
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Hykie Berg is ín bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.

Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R210 R160 Discovery Miles 1 600 Save R50 (24%) Shipped within 4 - 8 working days

Koeke en terte†gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Dit is geskik vir almal wat ’n goeie humorsin het – en veral vir hulself kan lag.†Susan takel ernstige onderwerpe soos dat†jy as vrou is goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself te leer waardeer en jou eie gawes te ontwikkel en om by jouself en ander te leer.†

Bet-El (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Bet-El (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

DaniŽl met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde en toewyding van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige en opregte, sy wat so begeer dat haar man net moet sÍ hy het haar lief ...

Dit is twee jaar voor die Anglo-Boereoorlog uitbreek. Daar egter ook konflik aan die oplaai in die betrokke families: tussen broer en broer, man en vrou, minnares en minnaar, kind en ouer.

Soos vandag, was die mens se ergste stryd meer as ’n eeu gelede ook nie teen vlees en bloed nie maar teen die magte van geldgierigheid, geweld, wraak, magsug en eerloosheid. Versoening tussen broers en nasies – wat die mens meesal uitstel tot dit te laat is – is die grootste genade. Daarom bly die vrede en liefde hom ontwyk.

Op daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, weet geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie net dit: God sal sy kinders seŽn, hulle wat naby Hom bly.

Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback): Estť Geldenhuys Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback)
Estť Geldenhuys
R270 R200 Discovery Miles 2 000 Save R70 (26%) Shipped within 4 - 8 working days

Dit is vir ons onmoontlik om God te verstaan, ons kan slegs klein glimpsies van sy karakter kry.†Een manier is om God se Name te bestudeer. Estť Geldenhuys het breedvoerige navorsing gedoen oor God se Name, en die in hierdie boek belig sy die belangrikstes, van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy bespreek die Naam self in Hebreeus, waar dit in Bybel voorkom, die betekenis daarvan, wat dit in ons alledaagse lewe beteken en ook hoe om dit te gebruik in gebed.††

My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit 5
R700 R549 Discovery Miles 5 490 Save R151 (22%) Shipped within 5 - 10 working days

BÍre God se Woord diep in jou hart en skep ’n kleinood wat die volgende geslag sal inspireer.

Ontdek God se liefde en die wonders van sy Woord opnuut met My Kreatiewe Joernaal-Bybel – ’n unieke kombinasie van die Skrif en kuns. Met hierdie Bybel kan jy mediteer oor die waarhede in die Bybel terwyl jy die spesiaal ontwerpte woordkuns-teksverse inkleur, en die Woord van God so in jou hart koester en versterk.

Die volgende kenmerke sorg vir ’n unieke ervaring:

    Die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling in enkelkolom-uitleg Lesersvriendelike 8.65 punt lettergrootte BreŽ kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings Ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur – elkeen uniek ontwerp Indeks van woordkuns-teksverse

My Kreatiewe Joernaal-Bybel is ’n bron van vrede, vernuwing en inspirasie. Skep ’n unieke kleinood met jou persoonlike stempel wat jy en jou geliefdes geslagte lank sal koester.

Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie Jou Toekoms Nie (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie Jou Toekoms Nie (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R90 R66 Discovery Miles 660 Save R24 (27%) Shipped within 5 - 10 working days

Gesinne is die belangrikste eenheid wat God daar≠gestel het. God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees en ’n voor≠beeld vir hulle seuns te wees.

Angus Buchan moedig pa’s in Pa's & Seuns aan om die ver≠houding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koes≠ter. Die boek moedig terself≠dertyd ook seuns aan om hul ver≠houding met hul≠le pa te koester en so een van diť belangrikste gesins≠bande te ver≠sterk.

Temas wat in Pa's & Seuns be≠spreek word, sluit in: ’n pa se aanvaarding, rol≠modelle, genade en respek, nederigheid teen≠oor hoogmoed, op- of≠fering, wat maak iemand ’n pa en onversetli≠ke liefde.

Pa's & Seuns sal elke pa oortuig om die pa te wees wat God wil hÍ hy moet wees en wys watter ongelooflike impak dit op sy kinders sal hÍ.

Angelique du Toit Bundel - Staan Sterk in 'n Wankelende WÍreld / Waarvoor Wag jy Dan? (Afrikaans, Paperback): Angelique du... Angelique du Toit Bundel - Staan Sterk in 'n Wankelende WÍreld / Waarvoor Wag jy Dan? (Afrikaans, Paperback)
Angelique du Toit
R360 R179 Discovery Miles 1 790 Save R181 (50%) In stock

Staan Sterk In 'n Wankelende WÍreld

Dra jy swaar aan die druk van jou daaglikse lewe, ry jy op ’n emosionele tuimeltrein, is jy fisiek uitgeput en sukkel jy met swak gesondheid?

Is jy kort van draad, angstig, bang en voel jy pal skuldig omdat jy worstel om Šl meer en meer vir jou werk – en ander mense – te gee, dikwels ten koste van jou gesinslewe. Voel jy of jy min hoop het vir die toekoms?

Staan sterk in ’n wankelende wÍreld is ’n praktiese boek vol onmiddelllike inspirasie wat jou sal help om bo al jou omstandighede uit te styg en alles te word wat jy geskep is om te wees. Die insigte wat jy op hierdie blaaie vind, sal jou aanmoedig om jou lewe, jou besigheid en jou toekoms te verander. Die teks is gebore uit lewenservaring en is nie bloot teorie nie.

Waarvoor Wag Jy Dan?

Sou jy bereid wees om jou ou leefwyse te verander en om jouself die geleentheid te gee om jou beste lewe te leef vir die res van jou lewe?

Verbeel jou ’n lewe vol van oorborrelende vreugde . . .vars hoop wat daagliks aan jou opgedien word - soos warm brood; vryheid van alewige vrees; vervullende verhoudings; om selfvertroue uit te straal en om te lewe met die verwagting van gestruktureerde sukses.

Hierdie waarheid is vervat in Waarvoor wag jy dan? Die resultate hoef nie langer vasgevang te wees in jou gedagtes of op jou wenslysie nie. Die uitkomste kan in jou lewe ervaar word - prakties, konsekwent en kragtig en doeltreffend.

Nou waarvoor wag jy dan? Dit is NOU jou tyd om op te staan!

My Kreatiewe Bybel vir Meisies (Pienk) (Afrikaans, Paperback): My Kreatiewe Bybel vir Meisies (Pienk) (Afrikaans, Paperback)
R400 R285 Discovery Miles 2 850 Save R115 (29%) In stock

My kreatiewe Bybel – vir meisies is ’n spesiale tweekleur-uitgawe van die NLV met meer as 500 illustrasies om in te kleur. Die breŽ kantlyne met plek vir joernaal-inskrywings en 350 woordkuns-teksverse is ideaal vir meisies wat die Bybel en hulle stiltetyd meer persoonlik wil maak.

366 kort inspirerende oordenkings spesifiek gerig om jong meisies, 50 karakterprofiele van ongelooflike vroue en meisies in die Bybel en 66 onthou-verse sal hulle verder lei in hulle stilwordtyd saam met God.

Ongeag hoe kunstig hulle is, meisies sal hierdie Bybel vir jare koester.

Die doelgerigte lewe (Afrikaans, Paperback): Rick Warren Die doelgerigte lewe (Afrikaans, Paperback)
Rick Warren
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) In stock

Die mees basiese vraag waarvoor elkeen in die lewe te staan kom, is: Hoekom is ek hier? Wat is my doel? Volgens Rick Warren le die antwoord by God en sy ewige doel met elke mens se lewe. Ware betekenis en belang kom van insig in en vervulling van die doel waarvoor God ons op die aarde geplaas het. Die doelgerigte lewe stel lesers in staat om te begryp waaroor die lewe eintlik gaan, en om die lewe te begin leef waarvoor God hulle geskep het. Deur die gebruik van Bybelse verhale en deur die Bybel self te laat praat, verduidelik Warren God se vyf doelwitte vir ons elkeen: Ons is beplan vir God se behae: Jou eerste doel is om Hom opreg te aanbid; Ons is gevorm vir God se familie: Jou tweede doel is om opregte sielsgemeenskap te ervaar; Ons is geskep om soos Christus te word: Jou derde doel is om opregte dissipelskap te leer; Ons is gevorm om God te dien: Jou vierde doel is om opregte bediening te beoefen; Ons is gemaak vir ín sending: Jou vyfde doel is om opregte Evangelieprediking uit te leef. Hierdie hersiene en uitgebreide weergawe beklemtoon die vraag: Wat op aarde doen ek hier? Dit is ook die lewensboodskap van Rick Warren, stigterspastor van Saddleback Church. Die boek is in ín boeiende styl geskryf en in 42 kort hoofstukke (ses weke) ingedeel wat as dagstukkies gelees kan word, deur kleingroepe bestudeer en deur kerke gebruik kan word.

Die Bybelroman - Lees die Bybel as Een Verhaal van Begin tot End (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Jaco Thom Die Bybelroman - Lees die Bybel as Een Verhaal van Begin tot End (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Jaco Thom
R193 Discovery Miles 1 930 Shipped within 10 - 15 working days

Die verhale in die Ou en Nuwe Testament handel nie in die eerste plek oor mense nie. Dit handel oor God, wat hierdie wÍreld so hartstogtelik liefhet dat Hy ons nooit kan los nie.

Nou word God se storie in hierdie boek so vertel dat die leser deur die oŽ van die mense in die Bybel vir God aan die werk kan sien.

Die verhale van mense van vlees en bloed, mense met emosies, passies en ideale, kom lÍ naby aan die moderne mens se hart. Die boodskap kom duidelik na vore: Dis steeds dieselfde God wat Hom ook met mense soos ons bemoei.

“Om deur die Bybel te gewerk het om hierdie boek te skryf, was vir my ’n persoonlike hoogtepunt in my verhouding met God. Ek het geleer om met nuwe oŽ na God te kyk. Dit is my gebed dat DIE BYBELROMAN elke leser sal help om God op ’n nuwe manier te ervaar en ’n liefde vir die Bybel te ontwikkel.”

Die Methodist Hymn Book (Afrikaans, Hardcover, 3rd edition): Die Methodist Hymn Book (Afrikaans, Hardcover, 3rd edition)
R117 Discovery Miles 1 170 Shipped within 10 - 15 working days
Troos Wanneer Jy Treur - 40 Boodskappe van Hoop (Afrikaans, Paperback): Isak Burger Troos Wanneer Jy Treur - 40 Boodskappe van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Isak Burger
R96 Discovery Miles 960 In stock

Elkeen van ons sal die een of ander tyd iemand aan die dood afstaan. Om ’n geliefde te verloor, is een van die grootste en mees intense uitdagings, en die pyn daarvan kan oorweldigend wees.

Troos wanneer jy treur nooi die leser uit om Jesus se hart te hoor en insig te kry in die tergende vrae oor seerkry, soos: Waar pas God hierby in en hoekom het Hy toegelaat dat dit gebeur? Die goeie nuus is, die Vader is by ons, teenwoordig in ons lyding, net soos by Marta en Maria in BetaniŽ. Wanneer alles te veel raak, gee Hy rus. Hy verstaan mense se emosies en verseker ons: Storms is normaal en gaan ook weer verby.

Isak Burger deel met ons sy insig oor die dood en die doods≠ ervaring en gee vir ons hoop. Ons kan na Jesus toe draai en Sy woorde van troos en bemoediging opsoek wanneer ons hulp nodig het op die pad van rou. By Hom leer ons die waarheid oor die lewe, die dood en die hiernamaals. Op grond van ’n verhaal wat in Lukas 16 opgeteken is, word kwessies soos waar ’n mens is direk na jou dood, hoe ons oor die gestorwe liggaam moet dink en die diep wonde na selfdood, belig.

Elke gelowige kry trooswoorde wat vandag steeds gewonde harte heelmaak. Ons word verseker dat ons mekaar in die hemel sal ontmoet, en dat Jesus saam met ons geliefdes daar op ons wag. Maar ook dat die hemel nie ver is nie, net hier by ons. Troos wanneer jy treur bevat 40 aangrypende stukke oor dood≠ gaan en die hemel en hoe om vrede met verlies te maak. Elke stuk is gegrond op ’n Bybelvers en eindig met ’n diep, persoonlike gebed. Die ou, antieke woorde kry nuwe lewe in diť skrywer se hande.

Die Opkoms En Ondergang Van Die NG Kerk (Afrikaans, Paperback): Jean Oosthuizen Die Opkoms En Ondergang Van Die NG Kerk (Afrikaans, Paperback)
Jean Oosthuizen
R260 R205 Discovery Miles 2 050 Save R55 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as “die Nasionale Party in gebed” bekend gestaan het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigerjare dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot ’n einde kom, blyk vandag in die kol te wees.

As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie – ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif. Talle individue se menswaardigheid is geskend en verskeie loopbane is onder die dekmantel van Christenskap vernietig, soos die skrywer self kan getuig.

Oosthuizen se blik strek egter wyer as sy ervaring toe hy in 2013 as nuusredakteur van Kerkbode geskors is nŠ die opspraakwekkende Woordfees-debakel. Sy reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van gelowiges sowel as ongelowiges wie se paaie met die NG Kerk gekruis het. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied ’n kontemporÍre blik op die tragiese geskiedenis van ’n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.

Vlieg Hoog (Afrikaans, Paperback): Jannie le Roux Vlieg Hoog (Afrikaans, Paperback)
Jannie le Roux
R90 Discovery Miles 900 Shipped within 10 - 15 working days

Wie op die Here vetrou, kry nuwe krag.

Die uitdagings waarvoor mans daagliks te staan kom, is soms oorweldigend. Dit maak nie saak hoe hard jy probeer om alles onder beheer te hou nie, partykeer raak dinge net te veel.

As man is dit jou verantwoordelikheid om vir jou gesin te sorg; jy moet ‘n liefdevolle man wees; iemand na wie jou kinders kan opsien; en dan ook suksesvol wees by die werk. In die harwar van die lewe en om jou beste in alles te gee – gesin, werk, persoonlik, vriende – kan jy soms te besig raak vir God. Dit is dan dat jou geestelike lewe begin skade ly.

Die Verhaal van Dawid (Afrikaans, Paperback): Jaco Thom Die Verhaal van Dawid (Afrikaans, Paperback)
Jaco Thom
R116 Discovery Miles 1 160 Shipped within 10 - 15 working days
3 Minute DAGSTUKKIES vir Meisies - 'n Bybeldagboek (Afrikaans, Paperback): Leandie du Randt Bosch 3 Minute DAGSTUKKIES vir Meisies - 'n Bybeldagboek (Afrikaans, Paperback)
Leandie du Randt Bosch
R90 Discovery Miles 900 Shipped within 10 - 15 working days

Elke dag se stukkie ontmoet jou daar waar jy is en is ’n wonderlike manier om jou dag te begin of af te sluit. Vir elke weeksdag is daar ’n Bybelvers om oor na te dink, en ’n kort en kragtige oordenking.

Ouers bedoel goed, maar weet hulle regtig waarmee jy as meisie gekonfronteer word? Dis hoekom hierdie dagstukkies vir meisies geskryf is – om met daardie moeilike vrae en situasies te help.

Leandie du Randt Bosch, Joe Foster, Stass van Onbeskaamd, Vicki Fourie en nog baie ander praat reguit oor goed soos groepsdruk, die versoeking om af te skryf in ’n toets of om saam te slaap. Daar is ook troos en raad vir die tye wanneer jy ’n vriend of vriendin verloor, jou ouers skei of jy met selfvertroue sukkel.

Wat hierdie dagstukkieboek uniek maak, is die joernaalbladsy waar jy net jouself kan wees en elke naweek gedagtes, idees, gedigte, drome en geestelike pitkos kan neerskryf.

Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback): Andre Bartlett Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback)
Andre Bartlett
R210 Discovery Miles 2 100 Shipped within 10 - 15 working days

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriŽntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wÍreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appŤlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.

Kweek Kinders Met Karakter (Afrikaans, Paperback): Hettie Brittz Kweek Kinders Met Karakter (Afrikaans, Paperback)
Hettie Brittz
R212 Discovery Miles 2 120 Shipped within 10 - 15 working days

Kweek kinders met karakter is geskryf om ouers te help om hulle kinders se uniekheid te ontdek en te koester.

As jy ’n ouer is, kan jy jou waarskynlik nie die lewe sonder elkeen van jou kinders se unieke eienskappe voorstel nie. Dit kikker jou lewe op, maar kan ook soms ’n uitdaging wees. Kweek kinders met karakter is ’n konsep wat spruit uit Hettie Brittz se reis met haar eie kinders. Dit is geskryf vir ouers in elke fase van ’n kind se lewe, en help ma’s en pa’s om hulle kinders se uniekheid te ontdek en te koester.

WIL JY GRAAG WEET...

- Waarom ’n straf vir een kind werk, maar nie vir die ander nie?

- Waarop om te fokus om ’n impak te maak op jou kind se lewe?

- Hoe om jou kind se taal te praat sodat julle mekaar regtig verstaan?

- Hoe om jou kind se emosies en behoeftes reg te hanteer?

Dan is Kweek kinders met karakter vir jou bedoel! Hettie klassifiseer die verskillende temperament-profiele as boomtipes, en leer ouers hoe om elke kind volgens sy temperament te dissiplineer, aan te moedig, te snoei en te kweek.

Finesse: Vertrou God - Dagstukkies + Joernaal vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Gretha Wiid, Lynette Beer, Liesel Krause-Wiid Finesse: Vertrou God - Dagstukkies + Joernaal vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Gretha Wiid, Lynette Beer, Liesel Krause-Wiid
R148 Discovery Miles 1 480 Shipped within 10 - 15 working days
Die Woord Elke Dag - 'n Bybeldagboek (Afrikaans, Hardcover): Andries Enslin Die Woord Elke Dag - 'n Bybeldagboek (Afrikaans, Hardcover)
Andries Enslin
R148 Discovery Miles 1 480 Shipped within 10 - 15 working days

Is jy moedeloos omdat jy te min tyd het? Die lewe is veeleisend en oŽnskynlik belangrike dinge kan al jou aandag opeis. Jy moet egter tyd maak vir dit wat die heel belangrikste is - jou verhouding met God. Wanneer jy by Hom gaan stil word, met 'n hart wat gewillig is om te leer en te groei, kry jy die krag en vrede wat jy so begeer.

DIE WOORD ELKE DAG ... sal jou in die regte stemming kry vir elke dag. Die inspirerende dagstukke maak jou bewus van God se goedheid, wanneer jy gelei word om na te dink oor die dinge waarvoor jy dankbaar kan wees. En jy sal wil juig as jy besef dat jy regtig mag aanspraak maak op sy guns! Elke dagstuk is propvol wonderlike beloftes uit die Woord. Op 'n praktiese manier leer jy ook hoe om Bybelse beginsels in jou eie lewe toe te pas sodat jy die regte besluite kan neem en die beloftes jou eie kan maak.

Oudword Is Nie Vir Sissies Nie (Afrikaans, Paperback): Christa Jonker-Jordaan Oudword Is Nie Vir Sissies Nie (Afrikaans, Paperback)
Christa Jonker-Jordaan
R77 Discovery Miles 770 Shipped within 10 - 15 working days

“Oud maar nie koud” en “die grysheid bring wysheid” beweer sommige mense. Die Amerikaanse aktrise Bette Davis draai egter nie doekies om haar belewenis van hierdie tydperk nie: “Old age ain’t no place for sissies!” Ons rem verbete aan die perde wat ons lewenswa trek, maar hulle bly onverbiddelik op koers.

Jy sien dit aan jou buitekant. Jou hare word grys en yl, jou middellyn sit uit en jou knieŽ begin kraak. Jy wil dikwels eerder tuis bly as om saam met die jongeres te gaan jol. Maar dit beteken nie dat jy vergeet het hoe om ’n goeie tyd te geniet nie!

Die belangrikste is om te besef jou lewe het betekenis, ongeag jou ouderdom. Die beste manier om ouer te word is met ’n gesonde dosis humor, want lag maak gesond. Lag help vir ’n magdom klagtes en skete. Lag hou jou fiks – emosioneel en liggaamlik.

Dit is die doel van Oudword IS NIE VIR SISSIES NIE. Bly jonk van gees met die humor, wysheid en inspirasie wat jy hier kry. Dan draf jy die veranderinge wat saam met die ouderdom kom, sommer lag-lag kaf, of jy nou 60, 70 of 80 is. Vergeet van die grys hare en die skete en vier oudword met ’n breŽ glimlag en ’n vonkeling in die oog.

Vul die “aan”- en “van”-gedeeltes voor op die boek in en jy het ’n spesiale geskenk wat iemand weer en weer sal lees!

Val En Opstaan (Afrikaans, Paperback): Andries Enslin Val En Opstaan (Afrikaans, Paperback)
Andries Enslin
R93 Discovery Miles 930 Shipped within 10 - 15 working days

Miskien was jy al lus om te sÍ: Waar is die vorm wat ‘n mens invul om die lewe te bedank? Ek is klaar met die rat race. Klaar met die verantwoordelikhede en die stress; die seerkry en die pyn; met hoop dat mŰre beter gaan wees.

Andries Enslin is onlangs self deur so ‘n lewenskrisis.

Maar hy het deur sy seer gewerk, teruggebons en sterker anderkant uitgekom. In Val en opstaan deel hy sy storie en vertel hoe God hom gedra het op sy geloofspad.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Lewe In Volkleur - Weet Wie Jż is en…
Lynette Beer Paperback R161 Discovery Miles 1 610
Staan Vir Jesus!
Lukas Korff Paperback R64 Discovery Miles 640
Nagverse: 'n Digbundel
Koos van der Merwe, Claudi Paperback R125 Discovery Miles 1 250
Praat Oor Depressie
Johan Laten Paperback R161 Discovery Miles 1 610
Die Dood en die Lewe Hierna - 59 Vrae…
Isak Burger Paperback R269 R174 Discovery Miles 1 740
‘n Jaar van Hoop
Andries Enslin Paperback R90 Discovery Miles 900
Jou Kosbaarste Bate
Danie Vorster Paperback R64 Discovery Miles 640
'n Huwelik Wat Hou! Huwelikspakket
Gretha Wiid Paperback R161 Discovery Miles 1 610
Finesse Voelgoed Boekie Oor Hoop
Paperback R64 Discovery Miles 640
Wanneer Die Kerk Verdwaal
Stephan Joubert, Norma Rossouw, … Paperback R77 Discovery Miles 770

 

Partners