0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (27)
  • R50 - R100 (130)
  • R100 - R250 (335)
  • R250 - R500 (46)
  • R500+ (19)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Die Impak Van Jou Potensiaal (Afrikaans, Hardcover): John C. Maxwell Die Impak Van Jou Potensiaal (Afrikaans, Hardcover)
John C. Maxwell
R140 R116 Discovery Miles 1 160 Save R24 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Ons is geneig om onsself te onderskat omdat ons daarvan oortuig is dat ons vermoëns beperk is. Maar wat as ons veronderstelde beperkings net ’n illusie is?

In Die impak van jou potensiaal identifiseer en ondersoek John Maxwell die sewentien sleutel-kapasiteite wat elke persoon besit. Ons is met sommige daarvan gebore, soos hoe ons dink of hoe ons aansluiting vind by ander. Die res is keuses, dikwels onbewustelik, wat ons ingesteldhede of persoonlike dissiplines insluit. En daar is ruimte vir groei by almal.

Maxwell gee duidelike en handige advies oor wat ons kan doen om in hierdie verskillende gebiede van ons lewe te groei. Leer hoe om jou emosies te beheer en jou energie te verhoog, hoe om op te hou om dinge uit te stel en meer gemaklik te raak met risiko’s. Sodoende sal jy jou eie verwagtinge oortref en beter word as wat jy ooit gedink het moontlik is.

Onwankelbare Hoop (Afrikaans, Paperback): Max Lucado Onwankelbare Hoop (Afrikaans, Paperback)
Max Lucado
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Onwankelbare hoop bied praktiese leiding om jou moeilike omstandighede te oorkom, innerlike vrede terug te kry, vasberadenheid te bou en jou toekomsvrese met ’n oorwinnarsgees te trotseer.

Die samelewing vandag beskik oor meer kennis as ooit tevore en ons word nimmereindig vermaak. Ons het tegnologiese hulpmiddels waarvan ons ouers net kon droom. Tog, meer as ooit in die verlede, hunker ons na hoop. Ná 40 jaar in die bediening het Max Lucado geleer dat niks ’n mismoedige, desperate hart so opbeur soos God se beloftes nie. In ’n wêreld vol wanhoop, depressie, angs en onsekerheid, het ons nie nog kenners se opinies of raaiskote nodig nie; ons het besliste verklarings van ons magtige, liefdevolle God nodig.

Onwankelbare hoop ondersoek 12 van God se beloftes wat Lucado deur die jare gereeld gebruik het om homself en ander te bemoedig. Elke hoofstuk kyk na een betekenisvolle belofte en wys hoe dit jou sal help om jou uitdagings te bowe te kom, langdurige sekerheid te ervaar en wyse besluite te neem.

Waaraan is jou vertroue geanker – die omstandighede van jou lewe of aan God se beloftes? Vir elke probleem in die lewe antwoord God met ’n belofte. Ondersoek saam met Max Lucado hierdie onbreekbare beloftes in die Woord en leer hoe jy ook met onwankelbare hoop kan leef.

Wie is Jesus regtig - Leer ken die weg, die waarheid en die lewe (Afrikaans, Hardcover): Nancy Taylor, Phil Ryken Wie is Jesus regtig - Leer ken die weg, die waarheid en die lewe (Afrikaans, Hardcover)
Nancy Taylor, Phil Ryken
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days
Wie is die heilige gees - Ervaar die krag van die heilige gees in jou lewe (Afrikaans, Hardcover): Nancy Taylor, Phil Ryken Wie is die heilige gees - Ervaar die krag van die heilige gees in jou lewe (Afrikaans, Hardcover)
Nancy Taylor, Phil Ryken
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Een van die beste maniere waarop ons in ons geloof kan groei, is om soveel moontlik vrae te vra. Wie is die Heilige Gees?fokus op die derde Persoon van die Drie-eenheid, naamlik die Heilige Gees. Wie is die Heilige Gees? is spesifiek geskryf vir mense wat nog nie lank gelowiges is nie, maar dit kan ook baie beteken vir enige iemand wat meer oor die Heilige Gees wil leer. Die 60 vrae oor die Heilige Gees word in 6 afdelings bespreek: Die Persoon van die Heilige Gees; Die Heilige Gees en Jesus; Wat die Heilige Gees in die wereld doen; Die Heilige Gees in die lewens van individue; Hoe ons in 'n verhouding met die Heilige Gees staan; Die gawes van die Gees; Hierdie boek sal jou help om tot 'n dieper begrip van Jesus te liefde te kom en die Heilige Gees ’n werklikheid te maak in jou lewe. Ook beskikbaar in Engels onder die titel Who Is the Holy Spirit?

Gelukkig Getroud (Afrikaans, Paperback): Liesel Krause-Wiid Gelukkig Getroud (Afrikaans, Paperback)
Liesel Krause-Wiid
R84 Discovery Miles 840 Shipped within 10 - 15 working days

Wat is die geheim van 'n gelukkige huwelik? Is dit 'n 100 sonsondergange wat julle elke aand geniet? Is dit 'n 1000 verskietende sterre wat jou geluk - wense waar maak? Of is dit bloot die gewone goed - hope geduld, emmers vol pret, en 'n oseaan vol onvoorwaardelike liefde? As dit is wat jy vir jou huwelik begeer, is Gelukkig getroud net die gids vir jou. Dis propvol wenke wat elke situasie, wat in jou huwelik kan opduik, tekkel - van die groot verneuk tot 'n onvervulde sekslewe, tot die kleiner jakkalsies soos te min tyd. Om die waarheid te se, hierdie boek is soos jou sielkundige wat jy met jou kan saamdra! Jy sal 'n antwoord op elkeen van jou vrae kry.

Onwrikbare Vertroue (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Onwrikbare Vertroue (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Hoe vertrou mens op God wanneer slegte dinge met jou gebeur? Te midde van siekte, stres, finansiële probleme of trauma, is die vraag op ons lippe dikwels: “Hoekom?” Dit is normaal, maar jy kan aanbeweeg na ’n plek van gelowige afhanklikheid op ’n goeie Vader.

In Onwrikbare vertroue ontdek Joyce Meyer hoe ’n lewe van algehele afhanklikheid van God lyk. Geïnspireer deur haar eie ervarings en God se Woord, lei sy die leser na ’n plek van vaste vertroue, waar jy seker weet God wil jou seën op elke gebied van jou lewe – geestelik, verhoudingsgewys, emosioneel en finansieel.

Met elke nuwe hoofstuk onthul Joyce ’n oppermagtige en betroubare God wat smag om ’n verhouding met ons te hê. So inspireer sy jou om weg te doen met jou dwase gewoonte om op eie houtjie te probeer regkom. Die boek bemagtig en bemoedig jou soos jy leer om met jou hele hart op God te vertrou en nie op jou eie kennis staat te maak nie.

Ongeag jou verlede, jou huidige omstandighede of jou onsekere toekoms, wanneer jy leer om elke dag op God te vertrou, sal jy die vreugde ervaar wat Jesus gekom het om jou te gee. Ander het jou dalk al in die steek gelaat, maar God sal nooit nie!

Wysheid uit die Woord (Afrikaans, Leather / fine binding): Troy Johnsen Wysheid uit die Woord (Afrikaans, Leather / fine binding)
Troy Johnsen
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Word geïnspireer om 365 dae van die jaar God se pad te stap en by Hom antwoorde te soek vir jou lewensvrae.

Ons kom elke dag voor soveel keuses te staan, en omdat God ons met vrye wil geskep het, kan ons self kies wat ons wil doen. God het ons egter lief; daarom moedig Hy ons sagkens aan om Hóm te kies.

Wysheid uit die Woord lei ons in 365 dae om elke dag God se aangesig te soek wanneer ons voor groot keuses te staan kom. Die kort, kragtige oordenkings met kleur drukwerk inspireer ons om God se hand te neem, na sy stem te luister, sy Woord te lees en ons hartsbegeertes in gebed met Hom te deel. En omdat Hy ons liefhet, is God naby ons, wag Hy vir ons, luister Hy en lei ons om die pad te kies wat na ware lewe lei, nou en tot in die ewigheid. Insiggewende aanhalings deur groot geeste soos moeder Teresa en Oswald Chambers is met die dagstukke vervleg.

As ons elke dag die pad saam met God wandel en sy antwoorde op ons lewensvrae soek, sal ons keuses maak wat tot liefde, vreugde, vrede en ware vervulling in ons lewe lei.

Ook beskikbaar in Engels onder titel God’s Daily Answers

Uit 'n Ouerhart (Afrikaans, Paperback): Norma Rossouw Uit 'n Ouerhart (Afrikaans, Paperback)
Norma Rossouw
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

50 waarhede vir elke kind se lewensreis.

Kinders leer die beste deur ander se voorbeeld na te volg en deur dinge te doen. In Uit ’n ouerhart deel Norma Rossouw 50 waarhede met ouers om prakties toe te pas en jou kind toe te rus vir die lewe. Sy bevestig die belangrikheid van ouers se voorbeeld en om die Here saam met jou kind in gebed en lofprysing te dien.

Norma deel van haar eie insigte as ouer, wat die Bybel oor elke aspek sê, hoe om die Heilige Gees as Raadgewer in elke situasie te vertrou en hoe om God te loof vir wat Hy reeds gedoen het. Temas wat bespreek word, is onder andere vriendskap, prioriteite, liefde in aksie, nederigheid en waarvoor om nee te sê.

Daar is ook plek vir jou en jou kind om vrae te beantwoord en gedagtes neer te skryf, asook voorstelle vir gebede om saam te bid en voorstelle vir dinge om as ouers en kinders te doen.

Wanneer die Bybel nie Sin Maak nie - 'n Gids tot die Ontsluiting van Oenskynlike Weersprekings in die Bybel (Afrikaans,... Wanneer die Bybel nie Sin Maak nie - 'n Gids tot die Ontsluiting van Oenskynlike Weersprekings in die Bybel (Afrikaans, Paperback)
Marius Nel
R140 R116 Discovery Miles 1 160 Save R24 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Jy is waarskynlik al gekonfronteer deur een of meer van die teenstellings in die Bybel. Mense gebruik dit dikwels as redes om die Bybel te verwerp. Dit is dinge soos: Waarom leer Jesus ons om te bid as Hy ook se die Vader weet wat ons behoeftes is? Die profeet Jesaja voorspel dat ’n Vredevors gebore sal word, maar dan verklaar Jesus dat Hy nie vrede gebring het nie, maar stryd. Jesus se die eerstes sal laaste wees en die laastes eerste – wat beteken dit? In Wanneer die Bybel nie sin maak nie ondersoek Marius Nel hierdie en verskeie ander teenstellings in die Bybel. Elke teenstelling word belig deur soveel teksverse moontlik, asook die betekenisse van sommige Hebreeuse en Griekse woorde in die grondteks. Jy sal telkens verras besef dat dit nie gaan oor watter stelling korrek is nie, maar dat die teenstellings mekaar aanvul en dat ons beide stellings in konteks moet verstaan. Ontdek dat God op maniere werk wat bo ons begrip is, maar juis ook op maniere wat sy liefde en genade openbaar.

God Se Storie (Afrikaans, Paperback): Jaco Thom God Se Storie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Thom
R161 Discovery Miles 1 610 Shipped within 10 - 15 working days

Die verhale in die Ou en Nuwe Testament handel nie in die eerste plek oor mense nie. Dit handel oor God, wat hierdie wereld so hartstogtelik liefhet, dat Hy ons nooit kan los nie. Nou word God se storie in hierdie boek so vertel, met teksverwysings, dat die leser deur die oe van die mense in die Bybel vir God aan die werk kan sien.

Gebede uit die woord (Afrikaans, Hardcover): Gebede uit die woord (Afrikaans, Hardcover)
R90 R75 Discovery Miles 750 Save R15 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Gebede uit die Woord bied Skrifgebede wat jy kan koester en oor nadink. Hierdie versameling Skrifgebede wat strek van Dawid se innige gebede tot Jeremia se hartroerende smekinge, is ’n wonderlike hulpbron wanneer jy nie woorde kan vind vir jou gebede nie. Gebede uit die Woord, wat jou herinner aan God se getrouheid en die krag van gebed, sal jou gebedslewe die hupstoot gee wat dit nodig het. Die boek word pragtig afgerond met kunswerke van die bekende kunstenaar Gustave Dore en beeld tonele uit van spesiaal uitgesoekte Skrifgebede. Ook beskikbaar in Engels onder die titel Prayers & Praises from the Word.

Gebede vir 'n Ma se Hart (Afrikaans, Leather / fine binding): Dalene Reyburn Gebede vir 'n Ma se Hart (Afrikaans, Leather / fine binding)
Dalene Reyburn
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Meer as 100 gebede vir elke ma wat gekoester wil word in God se sorg en vrede.

Voel jy soms oorweldig deur jou verantwoordelikheid – en feilbaarheid – as ’n ma? In Gebede vir ’n ma se hart herinner Dalene Reyburn jou dat God belowe om vir jou alles te gee wat jy nodig het om die kinders te vorm wat Hy vir jou gegee het.

Die meer as 100 gebede in Gebede vir ’n ma se hart sal jou help besef dat God se teenwoordigheid in jou en jou kinders se lewe die kalmte en krag in elke dag se besigwees is. Die gebede se pragtige ontwerp word gekomplementeer met inspirerende teksverse en is verdeel in sewe temas met ’n kragtige oordenking om elke tema bekend te stel. Die temas sluit in God se intieme kennis van ons lewens, verlossing, sekuriteit en leiding.

Wanneer jy hierdie gebede oor jou kinders bid, ervaar vrede in die wete dat God se liefde en sorg vir hulle meer is as wat jy jou ooit kan voorstel.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Prayers for a Mom's Heart

Elke Dag 'n Vreugdepad (Afrikaans, Paperback): Nina Smit Elke Dag 'n Vreugdepad (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

52 inspirerende oordenkings vir stilword-tye saam met God.

’n Vrou moet deesdae soveel verskillende rolle ge­lyk­­tydig vervul dat sy skaars tyd kry vir haar eie be­hoef­tes. Een van haar grootste behoeftes wat dik­wels in die slag bly, is haar stiltetyd saam met die Here. Lang­durige gebrek aan stilword-tye saam met die Here be­roof haar egter van haar lewensvreugde.

Elke dag ’n vreugdepad is ’n Bybelse joernaal vir stilword-tye saam met God. Die 52 stukke uit die pen van Nina Smit begelei vroue om hulle weer op­nuut elke dag daarop in te stel om God se stem op elke terrein van hulle lewe te hoor. Die toe­pas­sings­­vrae aan die einde van elke hoofstuk help vroue om die beginsels in die hoofstuk ’n realiteit te maak in haar lewe.

In Elke dag ’n vreugdepad ontdek vroue op­nuut dat as ons tyd maak om God se stem te hoor, ons sal weet wat Hý wil hê ons moet doen. So sal ons leer om weer ons vreugde in Hom te vind.

'n Nuwe Begin (Afrikaans, Hardcover): Carolyn Larsen 'n Nuwe Begin (Afrikaans, Hardcover)
Carolyn Larsen
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Meer as 90 kragtige oordenkings gegrond op die lewensveranderende oomblikke in 30 Bybelkarakters se lewens.

Die Bybel is propvol stories van mense wat ’n nuwe begin ervaar het, soos Noag, Josef, Moses, Rut en Naomi, koningin Ester, die barmhartige Samaritaan en Maria en Marta.

’n Nuwe begin is meer as 90 kragtige oordenkings gegrond op die lewensveranderende oomblikke in 30 Bybelkarakters se lewens. Carolyn Larsen het ook Skrifverwysings by elke oordenking ingesluit om verdere leeswerk aan te bemoedig. Die pragtig ontwerpte volblad-teksverse en volkleur-ontwerpe deur Amylee Weeks maak hierdie dagstukkieboek die ideale geskenk.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel New Beginnings.

Maak 'n Kopskuif: Elke Dag - 365 Inspirerende Oordenkings vir 'n Lewe van Oorvloedige Blydskap en Gesondheid... Maak 'n Kopskuif: Elke Dag - 365 Inspirerende Oordenkings vir 'n Lewe van Oorvloedige Blydskap en Gesondheid (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R200 R145 Discovery Miles 1 450 Save R55 (28%) Shipped within 5 - 10 working days

366 oordenkings wat jou lei om ’n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef.

Volgens navorsers is die meeste van die siektes waaraan ons vandag ly, die volg van ons gedagtes. Wat ons dink, beïnvloed werklik ons fisieke en emosionele lewe. Trouens, vrees alleen is die sneller vir 1 400 fisieke en chemiese reaksies in ons liggame wat meer as 30 hormone aktiveer. Ons hedendaagse wêreld ervaar ’n epidemie van toksiese gedagtes wat, as die onverstoord gelaat word, die ideale toestand vir siektes skep.

In Maak ’n kopskuif – elke dag gee dr. Caroline Leaf vir lesers wenke vir beter gesondheid en heelheid deur net die regte denkpatrone te ontwikkel. Met 366 oordenkings, elk met ’n gesondheidswenk, help sy lesers om elke dag ’n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef. Haar unieke oordenkings bied vir lesers bemoediging en strategieë om die voordeel om elke dag die voordeel geniet van ’n gedagtewêreld wat ’n detoks deurgegaan het.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Switch On Your Brain – Every Day.

Hoe weet ek God bestaan regtig? - Ontdek die ware almagtige vader (Afrikaans, Hardcover): Nancy Taylor, Phil Ryken Hoe weet ek God bestaan regtig? - Ontdek die ware almagtige vader (Afrikaans, Hardcover)
Nancy Taylor, Phil Ryken
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Die belangrikste vrae wat ons kan vra, handel oor God en ons verhouding met Hom. Die antwoorde op hierdie vrae help ons om die rede vir ons bestaan te verstaan. Hoe weet ek God bestaan regtig? is spesifiek vir mense wat nog nie lank gelowiges is nie, maar dit kan ook geweldig baie beteken vir enigiemand wat God beter wil leer ken. Die 60 vrae word in 4 afdelings bespreek: Vrae oor die algemene eienskappe van God, soos Weet God wat alles in die toekoms gaan gebeur?, Word God kwaad? Vrae oor wat God doen, soos Verander God ooit van plan?, Hoekom laat God goeie dinge met slegte mense gebeur? Vrae oor wat God vir my beteken, soos Hoe kan ek God waarlik leer ken?, Hoe kan ek weet wat God se wil vir my lewe is? Vrae oor die Name van God wat ek kan gebruik wanneer ek bid, soos Wat beteken dit dat God JHWH is? Ook beskikbaar in Engels onder die titel Is God Real?

Moed vir Elke Môre (Afrikaans, Paperback): Milanie Vosloo Moed vir Elke Môre (Afrikaans, Paperback)
Milanie Vosloo
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

366 inspirerende oordenkings vir ’n lewe van oorwinning in Christus.

In ’n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en geweld, is dit nie altyd maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets moontlik. Dit is die boodskap in Milanie Vosloo se dagboek Moed vir elke môre.

Die 366 verkwikkende oordenkings sal vroue inspireer om elke dag met nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om vróú te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed om te kniel en nog vele meer, lei Milanie Vosloo vroue om hulle ware vrouwees daagliks moedig uit te leef.

Moed vir elke môre met sy volkleur ontwerpe deur Amylee Weeks is bedoel vir elke vrou wat vasgevang en oorweldig voel. Dit sal haar inspireer om die lewe weer reguit in die oë te kyk.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Take Courage, Dear Heart.

Hou Vas Aan Die Hoop (Afrikaans, Paperback): Jimi le Roux Hou Vas Aan Die Hoop (Afrikaans, Paperback)
Jimi le Roux
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Stap in 366 dae ʼn pad deur Psalms en ervaar hoe jy nader aan God kan groei.

Psalms is nie net die langste boek in die Bybel nie, maar ook een van die gewildste boeke. Miskien omdat ons vandag ook ons eie emosies en vrae daarin kan raaklees. Vrae soos: Waarom gebeur dit? Waar is God? Wat moet ek doen?

Jimi le Roux neem ons in Hou vas aan die hoop in 366 dae op ’n reis deur Psalms. Hy wys hoe ons saam met die psalmskrywers deur ons eie vrese en aanslae, ons eie onsekerhede en twyfel kan werk, maar ook telkens weer ons eie geloof en vertroue terugvind en weer kan jubel en juig! Deur die loop van die jaar wys hy die waarheid dat hierdie lewe sy óp en áf inhou, maar dat die lewe die beste geleef kan word in ’n verhouding met God. Met behulp van teksverse, kort en kragtige oordenkings help Jimi ons om dáárdie verhouding op baie praktiese maniere te ondersoek, te beskryf en te beoefen. Die dagstukke word pragtig afgerond deur volkleur-ontwerpe deur Amylee Weeks.

Word elke dag stil oor een van die psalms en groei vir ’n jaar dieper in ’n verhouding met God in – dag vir dag!

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Hold On To Hope.

Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Nadine Blom Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Nadine Blom
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Elke Christen het ankers nodig, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los.

Leefstyl-Bybel Vir Vroue (Afrikaans, Hardcover): Christina Landman Leefstyl-Bybel Vir Vroue (Afrikaans, Hardcover)
Christina Landman
R650 R532 Discovery Miles 5 320 Save R118 (18%) Shipped within 4 - 8 working days

Die Leefstyl-Bybel vir vroue is 'n eerste in Afrikaans.

Die teks van die 1983-Bybelvertaling word toegelig, spesiaal vir vroue, met insiggewende kommentaar oor Bybelse gebruike, gebeure, uitsprake en voorskrifte. Die kommentaar is onder meer geskryf deur bekende en vooraanstaande Suid-Afrikaanse vroueteoloë vir vroue wat eg en stylvol gelowig wil leef – en vir mans wat belangstel wat die Bybel regtig oor vroue sê. Ekstra inligting sluit in:

- Wonder jy ook oor ...?-indeks van 345 Lewensvrae van vroue

- Lys van 66 Bybelboeke met temas en inleidings

- Alfabetiese lys van Bybelboeke

- Medewerkers en adviespaneel

- Aantekeninge binne die Bybelteks

- Verklarende woordelys vir die 1983-Vertaling

- Kitsnaslaangids – ’n tematiese indeks met gepaste Bybelstekste vir nagenoeg elke lewensituasie

- Bibliografie van geraadpleegde werke

- Indeks van Agtergronde, Geloofswaarhede, Mini-Bybelstudies, Mites oor vroue, Vroueportrette

Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.

Here, Hoor U My? - 366 Dagstukkies Oor Gebed (Afrikaans, Large print, Hardcover): Nina Smit Here, Hoor U My? - 366 Dagstukkies Oor Gebed (Afrikaans, Large print, Hardcover)
Nina Smit
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Nina Smit is een van die bekendste en gewildste name in Suid-Afrika wanneer daar van dagstukkieboeke gepraat word. Haar boeke is uiters gewild en op topverkoperlyste regoor die land. Met Here, hoor U my? sal lesers maand vir maand meer oor gebed leer en ook hoe om dit te benader. Nina Smit se inspirasie kom vanuit die Bybel en Bybelse helde soos Josua, Dawid, Job en selfs Jesus om die krag van gebed te illustreer.

Dit sluit onderwerpe soos die Heilige Gees se rol in gebed, gebed in moeilike tye, hindernisse in gebed, hoe om vir ander te bid en die vreugde van gebed. Elke dag open met ’n gebed en word met ’n inspirerende gebed afgesluit.

Gebede Met Vlerke (Afrikaans, Paperback): Lizette Murray Gebede Met Vlerke (Afrikaans, Paperback)
Lizette Murray
R100 R83 Discovery Miles 830 Save R17 (17%) In stock

Meer as 45 gebede en aktiwiteite oor die wonderwêreld van gebed.

Lizette Murray wil met Gebede met vlerke vir laerskolers ’n gebedsgids gee waarop hulle hul gebedslewe kan begin skoei.

Gebede met vlerke bevat meer as 45 gesels-gebede wat laerskoolkinders aanmoedig om self die avontuur van gebed te ontdek. Die ses verskillende afdelings word elkeen aan ʼn ander soort voël gekoppel. Die gebede in daardie afdeling weer­spieël dan die unieke kenmerke van die spesifieke voël­soort. So gaan die Arend-gebede oor die krag van God en Duiwe-gebede oor dankbaarheid vir al die goeie dinge. Deur hierdie ver­gelykings leer kinders om spontaan en gemaklik met God oor hulle vreug­des, hartseer en besorgdhede te praat én daarmee vol te hou.

Saam met die gebede is daar ook lekker aktiwiteite wat kinders sal help om lewe aan hulle ge­beds­lewe te gee.

Gebede met vlerke sal elke kind help om die ware krag van gebed te ontdek.

'n ontmoeting met Jesus (Afrikaans, Hardcover): Victor Kuligin 'n ontmoeting met Jesus (Afrikaans, Hardcover)
Victor Kuligin
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days
NLV My Eie Joernaal-Bybel vir Meisies (Afrikaans, Paperback): NLV My Eie Joernaal-Bybel vir Meisies (Afrikaans, Paperback)
R400 R324 Discovery Miles 3 240 Save R76 (19%) Shipped within 5 - 10 working days

’n Kreatiewe joernaal-Bybel met die volledige NLV-teks ontwerp om meisies tussen 8 en 12 jaar dieper in God se Woord en ’n verhouding met Hom te trek.

My eie kreatiewe joernaal-Bybel met die volledige NLV-teks in enkelkolom en breë kantlyne met woordkuns en plek vir joernaalinskrywings is ’n unieke kleinood. Nou kan jong meisies tussen 8 en 12 jaar hierdie Bybel ook geniet met ’n spesiale uitgawe vir hulle.

My eie joernaal-Bybel – vir meisies is ontwerp om meisies dieper in God se Woord in te trek. Dit sluit die volgende kenmerke in:

• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte

• 366 oordenkings deur topverkoper-outeur Carolyn Larsen

• Inleidings tot Bybelboeke, vrae om joernaal-inskrywings aan te moedig en interessante Bybelfeite.

• Meer as 400 woordkuns-teksverse om in te kleur – elkeen uniek ontwerp

• Indeks van woordkuns-teksverse

• Onderwerpregister vir oordenkings

Leer meisies al op ’n jong ouderdom watter vreugde en waarde daar in Bybellees is sodat hulle ’n dieper verhouding met God kan ontwikkel en kosbare waarhede in die Bybel ontdek – wat hulle uiteindelik in hulle lewe kan uitleef.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Inspire Bible for Girls

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Woorde Van Jesus
Paperback R105 Discovery Miles 1 050
Die Methodist Hymn Book
Hardcover R117 Discovery Miles 1 170
Bet-El
Helena Hugo Paperback R210 R181 Discovery Miles 1 810
Die doelgerigte lewe
Rick Warren Paperback R200 R165 Discovery Miles 1 650
Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24…
Esté Geldenhuys Paperback R270 R200 Discovery Miles 2 000
Nagverse: 'n Digbundel
Koos van der Merwe, Claudi Paperback R125 Discovery Miles 1 250
Vlieg Hoog
Jannie le Roux Paperback R90 Discovery Miles 900
Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie…
Angus Buchan Paperback R90 R66 Discovery Miles 660
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R190 R164 Discovery Miles 1 640
3 Minute DAGSTUKKIES vir Meisies - 'n…
Leandie du Randt Bosch Paperback R90 Discovery Miles 900

 

Partners