0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (27)
  • R50 - R100 (130)
  • R100 - R250 (332)
  • R250 - R500 (46)
  • R500+ (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Erfenis van Liefde (Afrikaans, Paperback): Karen Kingsbury Erfenis van Liefde (Afrikaans, Paperback)
Karen Kingsbury
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Dekades gelede was John en Elizabeth Baxter die hoofkarakters van ’n liefdesverhaal wat steeds ’n rol speel in die lewens van hul volwasse kinders en kleinkinders. Tog ken min van hulle die presiese details van daardie storie en die hartseer wat hulle bymekaar gebring het.

Nou reeds op horskool moet Cole, Ashley Baxter Blake se oudste seun, ’n erfenisprojek doen vir sy Engelse klas. Hy besluit om sy oupa, John Baxter, te ondervra oor daardie liefdesverhaal van soveel jare gelede.

John is aanvanklik huiwerig en onseker of hy die krag het vir die hartseer wat dit dalk kan meebring – veral aangesien hy intussen weer getroud is. Tog stem hy in en laat toe dat sy gedagtes na plekke gaan waar hy dit in dekades nie gewaag het nie.

Terselfdertyd verwerk die Baxters se familievriend Cody Coleman sy verbreekte verlowing met Andi Ellison. Hy is vasbeslote om aan te beweeg, maar ’n toevallige ontmoeting laat hom van plan verander. Kan Cody vir Andi oorreed om weer te probeer, of is dit tyd om finaal te groet?

Of jy die Baxters vir die eerste keer leer ken, of hulle opnuut ontmoet, Erfenis van liefde sal jou hartsnare roer en jou herinner aan die impak wat ’n erfenis van liefde op ’n familie

Amper 'n tiener (vir seuns) - 8 belangrike dinge waaroor julle nou al moet praat (Afrikaans, Paperback): Peter Larson Amper 'n tiener (vir seuns) - 8 belangrike dinge waaroor julle nou al moet praat (Afrikaans, Paperback)
Peter Larson
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Jou seun is amper 地 tiener. Wat dink hy regtig van meisies, skool en God, of sy toekoms? Omdat seuns, en veral tienerseuns, nie die beste kommunikeerders is nie, is dit nie so maklik om te weet nie, of hoe? Hoe moet ouers met hulle seuns praat oor die dinge wat werklik belangrik is vir die seun? Amper 地 tiener (vir seuns) is die ideale hulpmiddel propvol wyse raad vir ouers. Dit gee prettige, goed deurdagte vrae en gesprekspunte wat tot natuurlike, betekenisvolle gesprekke tussen ouers en seuns sal lei. Dit sluit onderwerpe in soos: Fisieke en emosionele veranderinge waardeur hy gaan; Hoe om rein te bly in 地 samelewing wat so seksbehep voorkom; Hoe om sosiale media verantwoordelik te gebruik. Amper 地 tiener (vir seuns) is 地 praktiese gids tot ouer-seun-gesprekke om hulle voor te berei vir die onstuimige tienerjare. Dit sal ouers help om hulle seuns te bemoedig in hulle geloof, te gesels oor uitdagings by die skool en met vriende, en vir hom te wys hoe geliefd hy is in sy onstuimige tienerjare.

Jesus - Die beste vriend ooit (Afrikaans, Paperback): Jim George Jesus - Die beste vriend ooit (Afrikaans, Paperback)
Jim George
R70 R58 Discovery Miles 580 Save R12 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Ons almal het 地 vriend nodig op wie ons kan vertrou, en Jesus is die beste vriend ooit. Jong seuns het baie rolmodelle waarna hulle opkyk: sportsterre, sangers, akteurs en ander volwassenes. Maar die beste rolmodel wat is Jesus die held wat ook ons beste Vriend is. In sy boek Jesus die beste vriend ooit ondersoek Jim George 10 maniere waarop ampertiener-seuns elke dag soos Jesus kan leef, en leer hulle belangrike karaktereienskappe soos: Selfvertroue om te wees wie hulle is; Moed om die regte keuses te maak; Dissipline om take te voltooi; Geloof dat die lewe reg sal verloop; Fokus om hulle doelwitte te bereik. In Jesus die beste vriend ooit sal seuns met behulp van eenvoudige selfstudie-vrae ontdek hoe Jesus hierdie karaktertrekke elke dag in sy aardse lewe uitgeleef het en hoe hulle dit ook in hul eie lewe kan doen. Hulle sal leer om seuns te word waarna ander opkyk en seuns wat vir ander die pad na Jesus se liefde en vriendskap wys.

Gebed Wat Berge Versit (Afrikaans, Paperback): John Eldredge Gebed Wat Berge Versit (Afrikaans, Paperback)
John Eldredge
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Elkeen van ons het ‘n rede waarom ons bid. Ons wil h God moet ingryp in on lewens en in die lewens van ons geliefdes. Maar soms is Hy stil. Waar laat dit ons? Doen ons iets verkeerd? Het Hy dalk nie gehoor toe ons bid nie? Hoekom lyk dit asof sommige mense se gebede ‘n groter uitwerking het as ons s’n? Dan raak ons moedeloos en gee moed op, ons hou op met bid. Ons hou op om juis daardie wapen te gebruik wat God aan ons gegee het sodat ons nie moedeloos sal word nie.

As jy enigsins in gebed belangstel, wil jy sien dat gebed werk. Dit is die doel van hierdie boek. Wanneer ons ontdek dat gebed nie net behels om vir God dinge te vra nie, maar ‘n vennootskap met Hom is, gaan daar vir ons nuwe moontlikhede oop. Ons is God se seuns en dogters, ons het die gesag van Jesus Christus ontvang en ons het ‘n groter rol om te speel in gebed as wat ons ooit kon dink,. Ons het ook veel groter mag.

Gebed wat berge versit is ‘n praktiese boek wat geanker is in jare se ervaring. John Eldredge bemoedig jou op ‘n sensitiewe, liefdevolle manier, maar sy raad is terselfdertyd reguit en leersaam, en sal jou stap vir stap leer hoe kragtige gebed werk. Daar is niks wat aan ‘n mens groter hoop gee as die idee dat dinge anders kan wees nie, en dat ons ‘n rol kan speel om daardie verandering te bewerkstellig. Met God, kan ons berge versit.

Die Pad Na Jou Ware Self: Studiegids (Afrikaans, Paperback): Suzanne Stabile, Ian Morgan Cron Die Pad Na Jou Ware Self: Studiegids (Afrikaans, Paperback)
Suzanne Stabile, Ian Morgan Cron
R100 R83 Discovery Miles 830 Save R17 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Wil jy selfs dieper delf in die Enneagram? Ian Cron en Suzanne Stabile het ’n studiegids geskep wat jou in staat sal stel om selfs meer uit Die pad na jou ware self te kry. Vir diegene wat nog nie weet wat hul tipe is nie, bied di studiegids die geleentheid om die tipes te verken, en vir diegene wat dit wel weet, bied dit die geleentheid om te besin oor die implikasies vir groei. Dit sluit in:

• SNAP – ’n oefening vir persoonlike groei

• ’n Oorsig oor die Enneagram met nuwe inligting oor die intelligensiesentrums

• Vyf sessies met vrae spesifiek gerig op persoonlike groei of vir groepbespreking, asook plek om antwoorde neer te skryf

• Gedagtes van individue van elke tipe oor hoe dit is om daardie tipe te wees

Hetsy jy op jou eie of in groepsverband deur hierdie studiegids werk, dit sal jou in staat stel om te groei in kennis oor jouself, empatie vir ander en jou liefde vir God.

Sielsgedagtes (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Riekert Botha Sielsgedagtes (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Riekert Botha
R116 Discovery Miles 1 160 Shipped within 10 - 15 working days

’n Hele jaar se dagstukkies van bekende skrywers nou saam in een Bybeldagboek, soos die uitgesaai is op RSG.

Sukkel jy ook om te hoor wat die Here se wil vir jou lewe is? Die geraas van die w靡eld maak dit moeilik om stil te word en te luister. Daar is so baie stemme wat aandring op jou aandag – jou huweliksmaat, jou kinders, kollegas, sosiale media...

Wanneer jy so oorweldig word, hoor jy nie meer God se Stem nie. Sonder hierdie konneksie met jou Skepper, voel ’n mens alleen en sonder hoop, toegegooi met probleme en frustrasies.

Die 44 skrywers in hierdie Bybeldagboek wil jou daarom elke dag, ’n hele jaar lank verseker dat innerlike vrede en geluk ook vir jou bedoel is. Soos wat hulle stemme oor die radio gehoor is, sal hulle jou leer om weer die belangrikste Stem uit die hemel te hoor.

Sielsgedagtes bied jou...

- Riglyne vir jou dag – alles van geld tot kinders grootmaak, werk tot ontspanning, goeie gewoontes tot standvastige vriendskappe

- Insig oor aktuele kwessies waaroor gelowiges vrae het

- Beloftes waaraan jy kan vashou wanneer swaarkry oor jou pad kom

- Wyshede en inspirasie uit die pen van Riekert Botha, Stephan Joubert, Piet Smit, Johan Smit, Elza Meyer, Louis Brittz, Retief Burger en ander gewilde predikers van RSG se oggendprogram

- ’n Alternatiewe grootdruk uitgawe vir makliker lees.

Jy kan die oordenkings lees voor jy met ’n nuwe dag begin. Of jy kan hulle gebruik wanneer jy terugkyk na ’n dag wat verby is. Jy sal telkemale ontdek dat God met jou praat.

God Wil Vir Vroue S: Gee Dit Aan! (Afrikaans, Paperback): God Wil Vir Vroue S: Gee Dit Aan! (Afrikaans, Paperback)
R58 Discovery Miles 580 Shipped within 10 - 15 working days

Die Bybelverse in hierdie boek sal jou elke dag, 'n hele jaar lank, herinner aan al die wonderlike dinge wat God vir jou beplan. Dit is so gesond vir jou gees soos 'n daaglikse vitamienpil vir jou liggaam! Elke vers sal jou geloof versterk en jou meer hoop vir jou lewe gee. Dis die mees positiewe manier om jou dag mee te begin (of eindig), kort en maklik om te onthou. Elke vers word deur een woord tematies saamgevat. Hierdie temas is alfabeties gerangskik sodat jy vinnig 'n antwoord uit die Skrif kan naslaan volgens jou behoefte. Of jy kan die boekie na willekeur oopmaak en vertrou dat die spesifieke bladsy 'n hemelse boodskap net vir jou bevat. God wil vir vroue se dat geluk by Hom begin. Maak die waarheid deel van jou sisteem soos om 'n vitamienpil in te sluk. Dit sal jou troos en bly maak, sodat jy enigiets wat oor jou pad kom, sal kan hanteer.

Sh駻i - Nes ek is (Afrikaans, Paperback): Sheri Brynard, Colleen Naude Sh駻i - Nes ek is (Afrikaans, Paperback)
Sheri Brynard, Colleen Naude
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

In haar bykans 35 jaar het Sh駻i Brynard merkwaardige mylpale bereik ten spyte van die feit dat sy as baba met Trisomie-21-Downsindroom gediagnoseer is. Sy vertel hoe die liefde en aanvaarding van diegene naaste aan haar, veral haar ma, Susette, haar gevorm het.

Sy deel met die leser die opwindende avonture op haar pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa, Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Sh駻i – Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Sh駻i tereg vra: “Wat is nou eintlik normaal?”

Di boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te staan kom.

NLV Geskenkbybel (Metaalgoud) (Met Metaalafwerking) (Afrikaans, Paperback): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Geskenkbybel (Metaalgoud) (Met Metaalafwerking) (Afrikaans, Paperback)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R80 R66 Discovery Miles 660 Save R14 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Verュtaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geュskenk wees.

- Gewilde NLV-teks

- 7,5 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

NLV Standaard (Donkerbruin Met Duimgrepe En Rits) (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Standaard (Donkerbruin Met Duimgrepe En Rits) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R450 R362 Discovery Miles 3 620 Save R88 (20%) Shipped within 5 - 10 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unieュke balans tussen noukeurigheid, akュkuュraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duiュsenュde lesers.

Die NLV standaard-uitgawes spog nou met ’n verskeidenheid nuwe en opwindende omslae.

- 9 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- 8 volkleur-kaarte

- Merklint

- Duimgrepe

- Bladsye goudgerand

- Rits

Met 'n Lied in die hart (Afrikaans, Hardcover): Marietjie Joubert Met 'n Lied in die hart (Afrikaans, Hardcover)
Marietjie Joubert
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

366 verrykende oordenkings wat jou inspireer om elke dag met 地 lied in die hart vir God te leef. Vroue is unieke skepsels. Die meeste vroue is so besig met werk en hulle gesin, en dan moet hulle boonop ook versorger, vertrooster, bemoediger, skeidsregter, rasieleier en vertroueling wees. Dit is dus maklik om moeg en uitgeput te word en jou lewensvreugde te verloor. In Met 地 lied in die hart wys Marietjie Joubert jou op die een ding wat jy elke dag broodnodig het om ware vrede en lewensvreugde te ervaar: Tyd by Jesus se voete. As jy by sy voete sit, sal Hy jou siel verkwik en jou las verlig; Hy sal vir jou nuwe hoop en inspirasie gee. Jy sal nuwe energie kry om elke dag met 地 lied in jou hart sy hande en voete in die wereld te wees, om sy omgee-hart uit te leef en ewige seeninge ontvang. Die 366 verrykende oordenkings sal jou herinner aan die drie-enige God in wie jy jou elke dag kan verbly.

Die versoening (Afrikaans, Paperback): Beverly Lewis Die versoening (Afrikaans, Paperback)
Beverly Lewis
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Is daar hoop op 地 nuwe toekoms vir 地 jong vrou wat swaar dra aan foute uit die verlede? Die foute van die verlede spook by Lucy Flaud, wat jare gelede reeds die sangaande vir jongmense in Bird-in-Hand ophou bywoon het. Nou is sy 25 jaar oud, en sy koester lankal nie meer enige hoop om te trou nie. Sy fokus nou op die vrywilligerswerk wat sy onder die Amish en die Engelse doen in Lancaster. Maar hoe hard sy ook al probeer, Lucy is onseker of sy ooit enige vrede oor die verlede sal kry. Dale Wyeth het 地 diepe wantroue in die vooruitgang wat die moderne era bring en die afhanklikheid wat dit skep. Die jong man se versugting om nie afhanklik te wees van moderne luukses nie verdiep wanneer hy Lucy se pa, Christian Flaud, ontmoet. Dale hou van die Ou Orde Amish se vermoe om selfonderhoudend te wees, en Christian nooi hom om meer van die Ou Orde te leer deur by hulle op die plaas te kom kuier. Terwyl Christian en Dale amper 地 pa-en-seun-verhouding ontwikkel, begin Lucy wonder wat Dale se teenwoordigheid vir haar kan beteken. Toets God haar? Of is dit moontlik dat selfs die mees onbetroubare hart en twee mense uit baie uiteenlopende agtergronde op 地 manier nuut kan begin?

Die Dood en die Sin van die Lewe (Afrikaans, Paperback): Anton Van Niekerk Die Dood en die Sin van die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Anton Van Niekerk
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is di boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.

NLV Geskenkbybel (Bruin) (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Geskenkbybel (Bruin) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Verュtaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geュskenk wees.

- Gewilde NLV-teks

- 7,5 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- Bladsye kleurgerand

Stil Oomblikke Met God Vir Jong Vroue (Afrikaans, Hardcover): Amanda Cowles Stil Oomblikke Met God Vir Jong Vroue (Afrikaans, Hardcover)
Amanda Cowles
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

366 inspirerende oordenkings om jong vroue se geestelike reis te verryk binne ’n paar minute elke dag.

’n Bemoedigende woord op die regte oomblik kan jou hele dag verander. Stil oomblikke met God – vir jong vroue is ’n ryk dagboek propvol kort, inspirerende gedagtes om jou siel te verkwik en met vreugde te vul.

Die 366 verrykende oordenkings deur Amanda Cowles is ideaal om te lees terwyl jy jou oggendkoffie drink, iewers sit en wag of enige geleentheid wat jy het om ’n kort tydjie die beste te benut. Geniet die voortreflike illustrasies deur Amylee Weeks terwyl jy nadink oor elke dag se kort oordenking en Skrifgedeelte. Die kragtige daaglikse oordenking sal jou help op jou reis na ’n lewe gevul met liefde, lag en God se genade.

Verryk jou geestelike reis en ontdek presies hoe lief God jou het wanneer jy elke dag ’n stil oomblik saam met God deurbring.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Break Time

Die Mooiste Afrikaanse Christelike Gedigte (Afrikaans, Paperback): Die Mooiste Afrikaanse Christelike Gedigte (Afrikaans, Paperback)
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Hierdie is ’n versamelbundel van die gewildste Christelike gedigte in Afrikaans. Hierdie bundel word saamgestel deur Cas Vos. Die bundel bevat nie slegs gedigte uit die kanon nie, maar ook nuwe verse wat spesiaal vir die verskyning daarvan geskryf is. Die digters in ​sluit in: Boerneef, D.J. Opperman, Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker, Antjie Krog, Lina Spies, I.L. de Villiers, Joan Hambidge, T.T. Cloete en Daniel Hugo. Dit is ’n toeganklike bundel, perfek vir aanhaling by menige geleenthede.

NLV Geskenkbybel (Metaalswart) (Met Metaalafwerking) (Afrikaans, Paperback): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Geskenkbybel (Metaalswart) (Met Metaalafwerking) (Afrikaans, Paperback)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R80 R66 Discovery Miles 660 Save R14 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Verュtaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geュskenk wees.

- Gewilde NLV-teks

- 7,5 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

Saam in Suid Afrika (Afrikaans, Paperback): Pieter van Niekerk, Jones, Chris, Saam in Suid Afrika (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Niekerk, Jones, Chris,
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Sluimerende rassisme het na 1994 se reenboogdroom met 'n knal oopgebars. Die rassisme-sweer is besig om dit wat mooi en uniek van Suid-Afrikaners is, te besmet. In hierdie boek word voorraad opgeneem van die situasie deur na bekendes en minder bekendes se stories en ervarings te luister, dit saam te vat en aan die hand daarvan voorstelle te maak, sodat ons mekaar se andersheid kan vier.

God Op Soek? - Oor Geloof in 'N Taai Tyd (Afrikaans, Paperback): Frits Gaum God Op Soek? - Oor Geloof in 'N Taai Tyd (Afrikaans, Paperback)
Frits Gaum
R220 R15 Discovery Miles 150 Save R205 (93%) Shipped within 10 - 15 working days

Waar is God? En waar was God? Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in Engelse konsentrasiekampe gesterf het? Waar was God toe Christennasies mekaar met die Eerste en Tweede Wereldoorloe aan die keel gegryp het? Waar was God toe apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was God met 9/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? En met Marikana? Waar was God toe booswigte 'n Vrystaatse boer en sy vrou afgemaai het toe hulle na Sondagoggend- kerk by die huis aangekom het? Waar was God toe 'n kindjie van vier in 'n fratsongeluk dood is? Waar was God? Is daar ooit 'n God? Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons "sekerhede" en ons wanhoop. Dis 'n boek wat jou uitnooi om saam te dink. En by nog vrae uit te kom. En, dalk, by antwoorde.

God Se Plan Om Natuurlik Gesond Te Leef (Afrikaans, Paperback): Johan Jacobs God Se Plan Om Natuurlik Gesond Te Leef (Afrikaans, Paperback)
Johan Jacobs
R116 Discovery Miles 1 160 Shipped within 10 - 15 working days

In hierdie boek toon Johan aan hoe die jagterversamelaarleefstyl die enigste is wat vir die modern mens gesondheid kan bring. Sy stellings en aanbevelings word gerugsteun deur volop aanhalings uit die werke van gesaghebbende skrywers oor voeding. Johan verkondig nie net 'n leefstyl nie, maar hy en sy gesin leef dit prakties elke dag. Hierdie boek wys hoe ons 'n gesonde leefstyl in 'n ongesonde omgewing kan volg.

Bybelse profesiee en die eindtyd (Afrikaans, Paperback): Tim LaHaye Bybelse profesiee en die eindtyd (Afrikaans, Paperback)
Tim LaHaye
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Bybelse antwoorde oor God se plan vir gelowiges se toekoms. Dit is nie net Bybelwetenskaplikes wat Bybelse profesiee kan verstaan nie, jy kan nou ook leer hoe met Tim LaHaye se Bybelse profesiee en die eindtyd. Dit is die ideale beginpunt vir enigiemand wat Bybelse profesiee beter wil verstaan. Hierdie waardevolle gids gee vir jou al die inligting wat jy nodig het oor die eindtyd, en bevat: Riglyne vir hoe om Bybelse profesiee reg te interpreteer; Diagramme wat duidelike oorsigte gee van die toekoms; Stap vir stap voorbeelde van hoe om te verstaan wat die Bybel se oor die wegraping, die wederkoms, en die duisendjarige vrederyk; 地 Omvattende oorsig van God se plan vir die eindtyd. Met wereldgebeure wat die Here se koms al hoe nader bring, sal Bybelse profesiee en die eindtyd jou help om jou pad te vind in die opwindende en uitdagende dae wat voorle.

NLV Standaard (Roosgoud En Room Met Duimgrepe En Rits) (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Standaard (Roosgoud En Room Met Duimgrepe En Rits) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R450 R362 Discovery Miles 3 620 Save R88 (20%) Shipped within 5 - 10 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unieュke balans tussen noukeurigheid, akュkuュraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duiュsenュde lesers.

Die NLV standaard-uitgawes spog nou met ’n verskeidenheid nuwe en opwindende omslae.

- 9 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- 8 volkleur-kaarte

- Merklint

- Duimgrepe

- Bladsye goudgerand

- Rits

NLV Grootdruk (Swart Met Duimgrepe) (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Grootdruk (Swart Met Duimgrepe) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R490 R392 Discovery Miles 3 920 Save R98 (20%) Shipped within 5 - 10 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) in grootdruk bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.

- 12 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- 8 volkleur-kaarte

- Luukse leer

- Merklint

- Duimgrepe

Meer as oorwinnaars (Afrikaans, Hardcover): Solly Ozrovech Meer as oorwinnaars (Afrikaans, Hardcover)
Solly Ozrovech
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Word in 366 dae toegerus met kennis en begrip oor die drie geloofsankers: geloof, hoop en liefde. 敵eloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! Almal ken hierdie bekende teksュvers uit 1 Korintiers 13, maar wat is geloof, waarop kan Christene regtig hoop en hoe kan ons ander opreg liefュhe? Meer as oorwinnaars, Solly Ozrovech se dagboek met 366 oorュdenkings, is saamュgestel rondom hierュdie drie geloofsュpilare. Omdat die hele dagboek rondom slegs drie temas sentreer, is soveel moontlik teksverse hieroor uit die Bybel ontgin. As ervare en deurwinterde gelowige was Solly Ozュrovech toegerus om gelowiges dieper te lei in die grondwaarhede van die Christelike geloof en hulle die werklike betekenis van geloof in die Vader, die lewende Christus en die Heilige Gees te laat begryp. Aan die einde van Meer as oorwinnaars sal die leser 地 beter begrip he van die vervlegtheid van die temas geloof, hoop en liefde, begryp hoe lief God ons het deur Christus en hoe om God en ander onbevrees en met oorgawe lief te he.

Die Boodskap (Granaatrooi) (Afrikaans, Leather / fine binding): Jan Van der Watt, Stephan Joubert Die Boodskap (Granaatrooi) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Jan Van der Watt, Stephan Joubert
R600 R474 Discovery Miles 4 740 Save R126 (21%) Shipped within 5 - 10 working days

Die Boodskap is ’n Bybel wat in moderne Afrikaans geskryf is met ’n enig-in-sy-soort-fokus.

Uitstaande kenmerke van Die Boodskap:

Dit kommunikeer die onveranderlike Woord van God in ’n taal en idioom wat elke Afriュkaansュspreュkende kan verstaan.

- Beide die Ou en Nuwe Testament is vanuit die oorspronklike Grieks en Hebreeus vertaal.

- Dit bevat versnommers vir maklike naュslaanュdoelュeinュdes en memorisering.

- Dit bied ’n nuwe perspektief op die Waarheid van God soos dit deur die eeue behoue gebly het.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se…
Susan Coetzer Paperback R210 R160 Discovery Miles 1 600
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Geagte Jahwe
Willie Esterhuyse Paperback R8 Discovery Miles 80
Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie…
Angus Buchan Paperback R90 R66 Discovery Miles 660
Die Bybelroman - Lees die Bybel as Een…
Jaco Thom Paperback R193 Discovery Miles 1 930
My Kreatiewe Bybel vir Meisies (Pienk)
Paperback R400 R285 Discovery Miles 2 850
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R225 R13 Discovery Miles 130
Finesse: Vertrou God - Dagstukkies…
Gretha Wiid, Lynette Beer, … Paperback R148 Discovery Miles 1 480
Die doelgerigte lewe
Rick Warren Paperback R200 R165 Discovery Miles 1 650
Bet-El
Helena Hugo Paperback R210 R181 Discovery Miles 1 810

 

Partners