0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (24)
  • R50 - R100 (127)
  • R100 - R250 (320)
  • R250 - R500 (45)
  • R500+ (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Die Soektog Van 'n Leeftyd ... Na 'n Inniger Verhouding Met God (Afrikaans, Hardcover): John Bevere, Lisa Bevere Die Soektog Van 'n Leeftyd ... Na 'n Inniger Verhouding Met God (Afrikaans, Hardcover)
John Bevere, Lisa Bevere
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Oorkom die struikelblokke wat jou weerhou van ’n innige verhouding met jou hemelse Vader.

Is dit vir jou moeilik om te vergewe en te vergeet? Bekommer jy jou meer oor goedkeuring van mense as oor goedkeuring van God? John en Lisa Bevere kyk eerlik en vanuit ‘n Bybelse oogpunt na tien hindernisse wat ons van God se teenwoordigheid kan weerhou, soos ongehoorsaamheid, onvergewensgesindheid, selfgerigtheid, leef in die verlede, en meer.

Hierdie reeks oordenkings ondersoek elke hindernis in diepte, en nooi jou om daardie hindernis te oorkom en nader te kom aan jou Hemelse Vader. Elke oordenking bevat praktiese riglyne om asook ‘n kort gebed om jou te help om die skeidings af te breek wat jou weerhou van ‘n innige verhouding met God.

Jesus-Stories Vir Slaaptyd: Dagstukkies vir Kleingoed (Afrikaans, Hardcover): Jesus-Stories Vir Slaaptyd: Dagstukkies vir Kleingoed (Afrikaans, Hardcover)
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Laat hierdie ’n versameling gebede en oordenkings jou kind help om die waarde en vreugde van daaglikse stiltetyd te verstaan.

Bedtyd is ‘n kosbare tyd van die dag om saam met jou kind deur te bring. Raak saam met jou kleinding rustig na al die dag se bedrywighede en geniet ‘n leesuur uit die Woord van God. Ontdek hoe Hy ons daagliks daaraan herinner hoe lief Hy ons het en dat Hy vir ons sorg.

Jesus-stories vir slaaptyd bestaan uit ‘n versameling gebede en oordenkings geskryf deur ‘n wye verskeindenheid pastore en ander kerkleiers. Die boek bevat lesse oor onderwerpe soos dankbaarheid, gehoorsaamheid, vertroue in God, vriendelikeheid, liefde vir jou naaste en talle meer.

Die Woord kry lewe deur eenvoudige taal en pragtige illustrasies. Jesus-stories vir slaaptyd sal jou kind help om die waarde en vreugde van daaglikse stiltetyd te verstaan.

God se oe is blou (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar God se oe is blou (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar
R182 Discovery Miles 1 820 Shipped within 10 - 15 working days

Ek skryf hierdie boek vir al die mense wat soos ek, nie meer gemaklik voel met die tradisionele antwoorde wat gegee word op lewens- en geloofsvrae nie. Mense wat self wil uitvind en ontdek. Mense wat nie bang is om wetenskap, filosofie en spiritualiteit deel te maak van hulle denke oor wie hulle is, van waar hulle kom en waarheen hulle oppad is nie. Binne hierdie bladsye dekonstrueer ek o.a my geloof waarmee ek grootgeword het. Ek probeer ook om my eietydse soeke en denke nuut te verwoord, om my prentjie van God eerlik te ondersoek en te dekonstrueer. Om daarmee mede soekers en vrydenkers te help om ook op hulle eie spirituele avontuur te kan gaan. Hierdie boek is dus vir 'n nuwe generasie van Afrikaner; waar geslag, ras, kultuur, geloof, taal, ouderdom en seksualiteit hulle nie meer noodwendig definieer nie. 'n Generasie van vrydenkers; mense vir wie die beginsels van liefde, eerlikheid, respek, kritiese denke, oop soeke en eietydse spiritualiteit veel belangriker is. Hulle is reisigers; mense wat op 'n Kop en hart reis die dieper betekenis van hulle lewens wil ondersoek. En al wat van elkeen op hierdie reis gevra word, is om nooit hulle koppe af te skakel of hulle harte stil te maak nie. Daarom betree ek heilige grond met eerlike vrae. Ek beskou geen tema as verbode of onaantasbaar nie, so of dit nou God of godsdiens is, evolusie of die Bybel is, ek dekonstrueer en poog om nuwe maniere van dink en praat te vind. Ek nooi elkeen uit om saam met my bietjie dieper te delf in die misterie, die misterie wat ons God en die lewe noem.

Maria (Afrikaans, Paperback): Adam Small Maria (Afrikaans, Paperback)
Adam Small
R134 Discovery Miles 1 340 Shipped within 10 - 15 working days

In die geestelike drama word die bekende (en minder bekende) Bybelverhaal van die Saligmaker se moeder, Maria, vertel. Jesus se lewe as die seun van die maagd Maria en die Heilige Gees, as mens en Goddelike tussenganger, van Sy geboorte tot lydensweg en kruisiging, word roerend uitgebeeld vanuit 'n digterlike perspektief. Die verhaal word hervertel deur vier hoofkarakters (twee egpare): Maria en haar man Josef, en Pontius Pilatus en sy vrou Claudia Procula. Verder word talle stemme ingespan om die gegewe ouditief en dramaties in te klee.

Uit die Beek 2020: 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Uit die Beek 2020: 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos
R195 R168 Discovery Miles 1 680 Save R27 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R140 R116 Discovery Miles 1 160 Save R24 (17%) In stock

31 studies om te ontdek hoe om nou al te weet wat God se wil is. Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan? So begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe. Op sy unieke manier doen Stephan Joubert n diepgaande ondersoek na hierdie vraag om vas te stel hoe ons nou al God se wil kan ken. Die boek is verdeel in twee dele: Deel 1 is 9 hoofstukke waarin Stephan onder andere kyk na die misterie van God se wil, Jesus as die gesig van God se wil, reels oor God se wil en vensters op God se wil; Deel 2 is 31 Bybelstudies, vir individue of groepe, wat die verskillende fasette van God se wil bekyk waaronder: Verander God se wil my in n robot?, Mag ek vrae vra oor God se wil? en vele meer. God se wil vir jou lewe wys dat God se wil vir ons duidelik in die Bybel gegee word en dat ons dus nie tot ons dood hoef te wag om dit te verstaan nie. Dit is moontlik om elke dag in blydskap en volkome binne God se wil te leef.

Met liefde wat saamgaan en ander stories (Afrikaans, Paperback): Annalise Wiid Met liefde wat saamgaan en ander stories (Afrikaans, Paperback)
Annalise Wiid
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Hoe lief kan n mens he? So lief om te laat gaan, soos Hanna met Samuel gemaak het? So lief om selfs ten koste van ander foute oor te sien, soos Eli met sy seuns gemaak het? In Met liefde wat saamgaan werk Annalise Wiid twee van haar groot liefdes aanmekaar. Oorkoepelend is daar die Bybelse verhale van Hanna, Eli en Samuel en hoe God daarmee verweef is. Onderliggend hieraan is hartroerende, soms komiese stories oor alledaagse dinge en gewone mense waarin ons tog iets van God te siene kry.

Genade - Die Egte En Die Mensgemaakte - 'n Maklike Verstaanbare En Kort Samevatting Van Die Kernvraag in Ons Godsdiens... Genade - Die Egte En Die Mensgemaakte - 'n Maklike Verstaanbare En Kort Samevatting Van Die Kernvraag in Ons Godsdiens (Afrikaans, Paperback, 4th Revised edition)
Josef Coetzee
R79 Discovery Miles 790 In stock

Dit is 'n titel wat handel oor die kernvraag in ons godsdiens: Is God se genade tot redding aan almal, of net aan sommige mense beskikbaar? Vrae wat hierby aansluit is hoe vind die wedergeboorte plaas? Het God reeds vooraf besluit dat ek Hom sal volg? ens. 'n Groep uitgelese gelowiges het besluit hierdie vrae moet uitgeklaar word. Hul het met 154 seminare oor 'n tydperk van 7 maande hierdie sake deurtrap en op skrif gestel. Hierdie titel probeer 'n beknopte weergawe oor hierdie seminare weergee. 'n Moet vir almal wat dit ernstig met God bedoel. So kan ons elkeen van die boekies hanteer.

Hanna - Die vrou wat haar kind vir die Here gegee het (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Hanna - Die vrou wat haar kind vir die Here gegee het (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns he om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en na nege jaar trou Elkana weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind na die ander. Maar Hanna sukkel met Peninna se teenwoordigheid. Hierdie aangrypende verhaal spreek tot elke vrou. Sal Hanna kan vrede maak, met haarself en met Peninna? Sal sy guns kan vind in die oe van God sodat Hy haar lamp weer aansteek en die donker verdryf?

Jesus ruik na mirre en stof (Afrikaans, Paperback): Pierre du Plessis Jesus ruik na mirre en stof (Afrikaans, Paperback)
Pierre du Plessis 1
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

By sy geboorte het Jesus na mirre geruik, daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre wanneer een van die soldate dit vir Jesus aanbied om te drink. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite het Hy na vis geruik, op die paaie het Hy na sweet en stof geruik en aan die kruis het Hy na bloed geruik. Jesus ruik na mirre en stof sal Jesus op 'n unieke aardse manier aan jou bekendstel.

Kweek Kinders Met Heel Harte (Afrikaans, Paperback): Hettie Brittz Kweek Kinders Met Heel Harte (Afrikaans, Paperback)
Hettie Brittz
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Hier is ’n praktiese gids om jou kind te help met selfbeeldontwikkeling en die bou van goeie karakter asook die afleer van slegte gewoontes.

Kweek kinders met heel harte is ‘n praktiese gids om jou kind reg groot te kry in vandag se tye, na siel en gees. Hettie kyk indringend na kwessies soos die versorging van jou kind se liggaam, siel en gees, selfbeeldontwikkeling, die kweking van goeie karakter en die afleer van slegte gewoontes en die hantering van swak karaktereienskappe.

Operasie Liefde - Oorwin Met Liefde (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition): Wilhard Becker Operasie Liefde - Oorwin Met Liefde (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition)
Wilhard Becker
R79 Discovery Miles 790 In stock

Jesus het die hele wet opgesom in een woord - liefde. Dit is die Christen se sterkste wapen in sy stryd teen die sonde, maar dan nie 'n stilsit liefde nie. Christus se liefde gaan tot die aanval oor. Dit is die nuwe lewenswyse wat hy verkondig en gedoen het - minder belangrik in my eie oe - 'n spieelbeeld van Jesus - volmaak in sy oe - lewe makliker - rustig en tevrede met my lewe.

Bid vir jou ongebore baba (Afrikaans, Paperback): Janlu Kuyler, Marlena du Toit Bid vir jou ongebore baba (Afrikaans, Paperback)
Janlu Kuyler, Marlena du Toit
R225 R194 Discovery Miles 1 940 Save R31 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Die boek help ouers om die wonder van die konsepsie en God se hand in die ontwikkeling van hulle baba te sien. Dit neem die ouers deur die biologiese ontwikkeling van hulle baba maar ook op 'n geestelike reis waarvoor en hoe om te bid vir hulle ongebore baba. Daar is praktiese wenke oor hoe om te bid, asook hoe om aan te hou bid na die baba gebore is. 'n Onontbeerlike gids vir elke verwagtende ma en pa.

Die Groot Gebedeboek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Piet Naude Die Groot Gebedeboek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Piet Naude
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Die Groot Gebedeboek bevat meer as 500 klassieke en eietydse gebede. Meer as 300 mense -- van verskillende tye en kulture -- stort in aangrypende gebede hul emosies, probleme, worsteling n hul liefde vir en verwondering oor God uit.

Di omvattende bundel kan gebruik word as dagboek vir 366 dae (met Skrifgedeelte en gebed), maar ook as naslaanbron vir verskillende behoeftes en geleenthede. Die Groot Gebedeboek bevat indekse om temas, outeurs en voorgestelde Skrif-leesgedeeltes na te slaan.

’n Onontbeerlike klassieke boek in ‘n nuwe baadjie.

Ontdek God in die stories van mense (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Benescke Janse van Rensburg Ontdek God in die stories van mense (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Benescke Janse van Rensburg
R199 R172 Discovery Miles 1 720 Save R27 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Hierdie is n versameling ware verhale wat God se almag en ingryping in die lewe van sy kinders illustreer. As joernalis in die geestelike en inspirasiemark het Benescke Janse van Rensburg oor die jare talle onderhoude gevoer met mense wie se stories haar meer van God se karakter geleer het. In Ontdek God in die stories van mense deel Benescke hierdie ontdekkings oor God se karakter met haar lesers. Sy rangskik hierdie ontdekkings van A tot Z volgens die karaktereienskap van God wat uit die gebeure na vore tree. Die toeganklike A-tot-Z-formaat maak dit ideaal vir gemeentestudie, huisgodsdiens, Bybelstudiegroepe en selgroepe. Ontdek God in die stories van mense laat n mens opnuut lief word vir die almagtige God wat ons dien, bou n mens se geloof vir moeilike tye en help n mens om vas te staan in die storms van die lewe.

God praat Afrikaans (Afrikaans, Paperback): Hemelbesem God praat Afrikaans (Afrikaans, Paperback)
Hemelbesem
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Shipped within 12 - 17 working days

Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hys soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hys John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: Afrikaans is n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan. Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.

Die Rykste Man in Babilon - Finansiele Teksnotas Deur Hein Kruger (Afrikaans, Paperback): George S. Clason Die Rykste Man in Babilon - Finansiele Teksnotas Deur Hein Kruger (Afrikaans, Paperback)
George S. Clason
R133 Discovery Miles 1 330 Shipped within 10 - 15 working days

Ons land se voorspoed is afhanklik van die finansiele sukses en onafhanklikheid van ons as individue. Hierdie titel handel oor die persoonlike suksesse van elkeen van ons. Sukses is die resultaat van dit wat bereik word deur ons pogings en toewyding. Behoorlike voorbereiding is die sleutel tot ons sukses. Ons dade en die bereiking van ons doelwitte is die gevolg van ons wysheid en begrip. Dit is die doel van hierdie titel: om aan hulle wat na finansiele sukses en insig streef, te help om geld te maak, om die geld te hou en om jou geld vir jou te laat werk. In die volgende bladsye word ons teruggevoer na antieke Babilon, die wieg van destydse rykdom en welvaart, waar hierdie wette gekoester en toegepas is en deur alle eeue steeds deur suksesvolle mense toegepas word. Hierdie verhaal is vir elke mens, jonk en oud, wat nou deel gaan word van lesers reg deur die eeue, wat hierdie verhale gehoor, gelees en oorvertel het. Dis 'n verhaal van mense wat deur praktiese toepassing en ervaring lesse geleer het en sodoende die waarde van geld ontdek het.

God Se Apteek, Deel 2 (Afrikaans, Paperback): Herman Uys God Se Apteek, Deel 2 (Afrikaans, Paperback)
Herman Uys
R359 R308 Discovery Miles 3 080 Save R51 (14%) Shipped within 7 - 10 working days
Kragtige Gebed Deur God Se Woord - Gebedeboek (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Kragtige Gebed Deur God Se Woord - Gebedeboek (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R30 R25 Discovery Miles 250 Save R5 (17%) Shipped within 5 - 10 working days
365 Wyshede Uit Die Pen Van Nina Smit (Afrikaans, Paperback): Nina Smit 365 Wyshede Uit Die Pen Van Nina Smit (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit
R77 Discovery Miles 770 Shipped within 10 - 15 working days

Dis alles te veel …

Jy moet ’n goeie vrou vir jou man wees, oulike ma vir jou kinders, suksesvol wees in jou werk en nog jou vriendinne bystaan ook. Wat van wat jy wil h? Wie gaan jou ondersteun in al die uitdagings in jou lewe?

Stop! Bly net kalm en lees een van hierdie 365 Wyshede uit die pen van Nina Smit. Hier is genoeg vir ’n hele jaar. Of jy kan sewe op een slag lees. Net soos jy wil, wanneer jy wil, volgens j behoefte. En jy kan haar vrolike energie vir jou vriendinne en familie aangee, wanneer hulle nuwe woema nodig het.

Hierdie aanhalings vertel van God wat sy arms om jou wanneer die kommer te veel word. Hulle sal die lag in jou wakkermaak n jou onwrikbaar laat vertrou in jou hemelse versorging. En jy sal bemoedig voel om weer voluit te lf as vrou, ma en vriendin.

Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner (Afrikaans, Paperback): Janine Bevolo-Manders, Rina Burger Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner (Afrikaans, Paperback)
Janine Bevolo-Manders, Rina Burger
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Shipped within 12 - 17 working days

Vrouekeur is n populere gesinstydskrif wat elke week n inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die rubrieke het n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner bestaan uit n versameling van Janine se boodskappe, verpak in die vorm van n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir grootmense. Dames kan boek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige verbeeldingryke illustrasies in die boek in te kleur. Inkleur vir grootmense is tans baie gewild! Nie net is dit n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf nie, maar dit het ook terapeutiese waarde.

Slawehuis - Die Sleutelstories Agter Die Grootstorie (Afrikaans, Paperback): Andre Bouwer Slawehuis - Die Sleutelstories Agter Die Grootstorie (Afrikaans, Paperback)
Andre Bouwer
R233 Discovery Miles 2 330 Shipped within 10 - 15 working days

slaweHuis is hoe die Bybelse Boek Eksodus vir Egipte aan ons bekendstel n primitiewe en boonop goddelose kabaal vol afgodery en heerssugtige faraos wat God uitdaag en waaruit sy mense bevry is. Regtig? Eers as jy agter die stories begin vra, begin jy fyner skakerings raaksien. Is dit toevalling dat die datering van die uittog uit die slawehuis net sin maak as ons dit verbind met die Hiksos se uitsetting uit Egipte (nie bevryding nie)?; dat Dawid en sy ryk so verbasend ooreenstem met die van Egiptiese Toetmoses III?; dat Jesus gekruisig is omdat hy homself seun van god genoem het die titel wat Egiptiese konings hulle aangematig het?; dat Paulus tydens sy verhoor letterlik beskuldig is dat hy n Egiptenaar is? Wat is die ware storie? Is dit dalk eerder die Bybel wat stories aandra sonder om die ware verhaal te vertel? Hoe skakel hierdie stories agter die Bybelse grootStorie met feite wat ons kan weet en, belangriker, wat ons mag glo? Is die tyd ryp om nuwe stories vir n nuwe tyd te verken? Dit is die soekende vrae van Andre Bouwer in sy debuutbundel, slaweHuis. Die bundel verplaas die leser na n wereld toe die vroegste verhale vorm gekry het. Dit is meer as fassinerende inligting en n keuse tussen antieke geskrifte en die Bybel. SlaweHuis is eintlik n toestand: verslawing aan letterlike interpretasies van stories, soms buite konteks. Daarom is hierdie n ingrypende bevryding, soms vreesaanjaend soos n uittog. Dit loop uit op n openbaring wat jou asem sal wegslaan, soos om die lank vergete ingang van n nuut ontdekte piramied te vind.

Groei Geestelik Deur Kleingroepe (Afrikaans, Paperback): Dirkie van der Spuy Groei Geestelik Deur Kleingroepe (Afrikaans, Paperback)
Dirkie van der Spuy
R160 R132 Discovery Miles 1 320 Save R28 (18%) In stock

Daar is n baie groot aanvraag na meer inligting en goeie toerusting vir die suksesvolle inrig en funksionering van kleingroepe. Oral ontdek Christene hoe wonderlik dit is om saam met ander gelowiges gereeld in n kleingroep saam te kom. Kleingroepe is in die hart van God. Al meer kerke en gemeentes ontdek die sen van kleingroepe. Dit is deel van sy plan vir die organisasie, die opbou en die uitbreiding van sy kerk. In Geestelike groei deur kleingroepe vertel Dirkie van der Spuy van al die sen wat omgeegroepe in Moreletapark-gemeente gebring het en hoe elke ander gemeente met geloof en oortuiging opgeroep kan word om God te vertrou om ware koinonia in hulle kerke te herstel. Kleingroepe in gemeentes kan uiteindelik die basis vir gemeentegroei en herlewing wees. Hierdie boek is bedoel om te help voorsien aan die behoefte aan toerusting, om leiers te help om groepe effektief te laat funksioneer en lidmate te help om die volle sen van kleingroepe te beleef.

Jy is Goed Genoeg (Afrikaans, Paperback): Shawn Basson Jy is Goed Genoeg (Afrikaans, Paperback)
Shawn Basson
R64 Discovery Miles 640 Shipped within 10 - 15 working days

Elkeen van ons, in ons wandel met God word met hierdie vraag gekonfronteer: "Is ek goed genoeg?" Ons kan op so voel as gevolg van ons verlede, ons mislukkings, of selfs omdat ons kyk na ander Christene en hul lewens. Jy is goed genoeg is Shawn Basson se eerste boek. Dit is geskryf om aan te moedig en te inspireer met gedagtes van hoop. Dit leer jou dat jy is spesiaal gemaak en is daarom 'n goeie genoeg vir God se plan met jou lewe. Hierdie 40-dag reis is nie bedoel om jou besig te hou die hele jaar nie, maar dien as 'n kort gebed fokus jou waarde in God se oe te onderstreep. Met pragtige foto's en ruimtes vir jou eie gedagtes.

Nuwe Lewe Vir 'n Moee Lyf - Klein Verstellings Met 'n Lewensverskil (Afrikaans, Paperback): Quintus Smit Nuwe Lewe Vir 'n Moee Lyf - Klein Verstellings Met 'n Lewensverskil (Afrikaans, Paperback)
Quintus Smit
R99 Discovery Miles 990 Shipped within 7 - 10 working days

Vir te veel mense bestaan die lewe uit die "wag op beter dae," of : "eendag wil ek nog " Met hierdie ekskursie deur die wereld van die terminaal gesonde mens wil ek jou help om die vreugde van die lewe te ontdek, of as jy dit reeds het, jou te motiveer om jou volle potensiaal te bereik. Nee, dit is nie "agt-maklike-stappe-tot-lewenskwaliteit" nie, maar 'n eerlike kyk in die siel van iemand wat daardie keuse self gemaak het. Deur hierdie titel te lees neem jy reeds die eerste tree na 'n nuwe, energieverrykte lewe. Jy gaan die bron van onuitputlike energie ontdek en ontsluit. Niks gaan ooit weer dieselfde wees nie!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bet-El
Helena Hugo Paperback R210 R181 Discovery Miles 1 810
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R190 R164 Discovery Miles 1 640
Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24…
Est Geldenhuys Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Die Verhaal van Dawid
Jaco Thom Paperback R116 Discovery Miles 1 160
Die doelgerigte lewe
Rick Warren Paperback R200 R165 Discovery Miles 1 650
Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se…
Susan Coetzer Paperback R210 R181 Discovery Miles 1 810
Die Woorde Van Jesus
Paperback R105 Discovery Miles 1 050
Die Bybelroman - Lees die Bybel as Een…
Jaco Thom Paperback R193 Discovery Miles 1 930
Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie…
Angus Buchan Paperback R90 R66 Discovery Miles 660

 

Partners