0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (3)
  • R50 - R100 (80)
  • R100 - R250 (516)
  • R250 - R500 (143)
  • R500+ (5)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

Die Ou Vrou en die Priester en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback): Cecile Cilliers Die Ou Vrou en die Priester en Ander Verhale (Afrikaans, Paperback)
Cecile Cilliers
R195 R168 Discovery Miles 1 680 Save R27 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Van 1981 tot 2014 skryf Cecile Cilliers rubrieke vir Beeld, De Kat en Sa​rie. Deur die jare het sy etlike bydraes vir verskillende bundels gemaak, maar Die ou vrou en die priester is haar eerste eie kortverhaalbundel. Verskeie klassieke temas word onder die loep geneem: dit wat in 'n huwelik onges bly tussen man en vrou, die verwikkelde band tussen ma en dogter, die oorweldigende blindheid van 'n eerste liefde, en bowenal die uitdagings van oud word.

Die verhale spreek tot 'n bre gehoor. Baie leesbaar, met 'n diep menslikheid wat uit die stories straal.

Stormkind (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers Stormkind (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers 1
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Jana is net drie jaar oud toe haar ma tydens ’n besoek aan Ierland spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou wat hom met haar fluitmusiek betower het. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, dieselfde wind wat ’n hele huis kan optel en anderkant die berge kan neersit. Maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, ho note van haar ma se fluit. Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri − ’n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net ’n velletjie om haar heupe en ’n wit stringetjie krale om haar nek. !X’uri kom uit ’n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.

Stormkind is ’n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans.

Vlug na Santorini (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Vlug na Santorini (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Na ’n traumatiese voorval met haar eks, verlang Erika na ’n ver plek waar mense haar veilig sal laat voel. Sy besluit om rus vir haar siel by haar familie in Santorini te gaan soek.

Sy’t skaars haar voete op die eiland gesit toe sy hom sien: ’n Griekse god met ’n lenige lyf, bre skouers en donker o. Hy is die mooiste man wat sy nog in lewende lywe gesien het, en hy straal manlikheid uit.

Paul Michelakis is die kroonprins van die Atlantis-fortuin. Dit gaan egter meer as geld en die vooruitsig op ’n volmaakte toekoms verg om haar liefde en vertroue te wen, want Erika is nou half bang vir mans. Boonop gaan Cristina Vassiliou en di se ryk familie ook nie sommer terugstaan vir ’n onbekende blondine nie.

Raaiselkind (Afrikaans, Paperback, Filmuitgawe): Annelie Botes Raaiselkind (Afrikaans, Paperback, Filmuitgawe)
Annelie Botes
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig "mens" te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam - oppasma - wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot "Boetatjie" kan deurdring.

Die gelyknamige film (met Diaan Lawrenson in die hoofrol) begin op 16 Februarie 2018 in fliekteaters draai!

The Rhino Whisperer (Paperback): Evadeen Brickwood The Rhino Whisperer (Paperback)
Evadeen Brickwood
R250 R233 Discovery Miles 2 330 Save R17 (7%) In stock

Another mystery novel set in modern South Africa. This time, the murders of a ranger and a rare black rhino in the idyllic Shangari Safari Park rattle the local community of Rutgersdrift.

Sofia Helenius from Finland lives at the lodge with her boyfriend Tom Rutgers, the owner of Shangari. Sofia is tormented by a secret she yearns to share with Tom, but the cruel events grab the limelight and put everything else in the shade. One of the native Khoi-San families is known to communicate with wild animals, but what if the criminals get wind of this gift?

When another murder happens in the city of Johannesburg, smouldering secrets begin to unravel. How are the murders connected and will it be possible to halt a relentless crime-syndicate in order to save an African paradise?

Ena Murray Keur 16 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Keur 16 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

In Haar grootste offer ontvang Marlene, wat vier maande swanger is, die skoknuus dat haar man wil skei. In Skaduwees van gister veroorsaak nuwe maatrels dat matrone Anmar Cloete se pos oorbodig raak. Boonop word haar gewese verloofde as ’n nuwe dokter aangestel. Karen Viljoen is melaats verklaar. Di oordeel dryf haar uit haar huis – tot in Genadendal, inrigting vir melaatses. Kan Otto se liefde di vuurproef deurstaan in Plekkie in die son?

Waar Liefde Begin (Afrikaans, Paperback): Schalkie van Wyk Waar Liefde Begin (Afrikaans, Paperback)
Schalkie van Wyk
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Lani Taljaard en haar beste vriendin besluit dis tyd om op hul eie voete te staan. Silwersee is net die regte plek om dit te doen. Lani word uit die staanspoor oorweldig deur dokter Jan- Erik van Eeden se onbetwisbare selfversekerdheid, maar sy hou nie daarvan om nie in beheer te voel nie. Hoekom beveel tant Marcia vir Lani om nie vir haar ma van Jan-Erik te vertel nie? Wat het jare gelede tussen die Van Eedens en die Taljaards skeefgeloop?

Elsa Winckler Eerste Keur (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Elsa Winckler Eerste Keur (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Cilla kan van kleins af met diere kommunikeer in ​ Van altyd af. Reynecke Retief vertrou egter nie haar intutiewe benadering nie; hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor. Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om.

Aileen se ptisserie sal vir Stellenbossers wys hoe fyngebak moet lyk in ​Te eenders, te anders. Ongelukkig is die eienaar van die perseel heeltemal onmoontlik. Na ’n lesing oor persoonlikheidstipes, weet sy: Sy en Allen Muir sal nooit om dieselfde vuur kan sit nie. Hoekom laat sy nabyheid haar dan so verskriklik opgewonde voel?

Kalinda worstel met verskeie uitdagings in Tydlose liefde​. Soos die spook wat in haar kar geklim het n haar kantsakdoekie agtergelaat het. Sy ontmoet ook die wildewragtag van ’n Zach met sy arrogante drie-date-rel. Daar is dadelik ’n onverklaarbare drif wat tussen hulle posvat, terwyl sy die geskiedenis en haar spook se spore volg.

Die Eks-Noodgeval (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Die Eks-Noodgeval (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Alana de Koker wil haar aandag uitsluitlik toespits op haar nuwe werk in die trauma-eenheid. Sy mt hard en voortdurend werk om die duiwels uit haar kop te hou. Dan hoor sy ’n bekende stem agter een van die gordyne by ongevalle. Op die bed l die laaste persoon op aarde wat sy wou sien. Na vyf jaar is Braam Smit steeds so aantreklik op sy sorgelose manier. Alana moet nou alles in haar vermo doen om Braam uit haar kop n veral haar hart te hou.

Skarlaken (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Skarlaken (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, ’n rekenaargenie met ’n kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Janien was op die oog af geliefd, ’n suksesvolle kunstenaar met ’n slag vir besigheid, en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Was dit selfdood of moord? Waarom is die toneel om haar liggaam so sorgvuldig, amper kunstig, gerangskik? En hoekom is haar rekenaar se geheue voor die tyd so sorgvuldig skoongevee?

Satyn Omnibus 7 (Afrikaans, Paperback): Anita du Preez, Lizet Engelbrecht, Ettie Bierman Satyn Omnibus 7 (Afrikaans, Paperback)
Anita du Preez, Lizet Engelbrecht, Ettie Bierman
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

In Wanneer ’n droom waar word moet Carmia Basson na Skamanga verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil egter nie vir Carmia daar h nie. In Dokter Dierbaar moet Vicky Serfontein saam met dokter Paul Venter werk n hul rampspoedige eerste ontmoeting. In Gerfde liefde moet Nikki Swart noodgedwonge op Kapisya boer. Jan, die mede- erfgenaam, maak die lewe egter vir haar onuithoudbaar.

Abel Se Ontwaking (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Chris Karsten Abel Se Ontwaking (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Chris Karsten
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

’n Heruitgawe in B-formaat van Abel se ontwaking. Vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel Lotz spesiale planne. Hy wil vir hom ’n nuwe gesig uitsoek: di van ’n mooi jong vrou.

Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Sophia Joubert en haar skoonfamilie is na afloop van die Anglo-Boereoorlog weer vry om terug te keer na die verwoeste familieplaas – sonder vee en sonder kos. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Di samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed en word haar wange warm.

Haar eerste liefde l egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se o ’n treurigheid wat nie wyk nie. Di man ken ook verlies. Durf sy nou hoop op ’n tweede liefde? Op geluk by ’n man wat haar kan aanvul en verstaan?

Daar heers egter onheilspellende spanning tussen die Jouberts en die inwoners van die buurplaas. Boonop wonder Sophia of Geoffrey werklik sy lewe met slegs een vrou kan deel, want sy is beslis nie die enigste een wat in hom belangstel nie.

Helena Hugo Eerste Keur (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Helena Hugo Eerste Keur (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Aimee vlug na ’n kunstenaarsdorpie in Liefde is ’n Franse sprokie​. Vlug sy omdat sy wil wegkruip of omdat sy op soek is na iets wat sy verloor het? Marissa en Theo moet ’n aantal uitdagings oorkom in ​Tot die dood ons skei. Sal die lewe eenvoudiger wees as hul paaie eerder skei? Adria werk in ’n manswreld in ​Wilde rose​, en sy gaan nie toelaat dat enigiets haar van stryk bring nie. Die liefde vat egter sy eie koers.

Tweede Kans Op Liefde (Afrikaans, Paperback): Elza Rademeyer Tweede Kans Op Liefde (Afrikaans, Paperback)
Elza Rademeyer
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Mynhard Malan verhuis na die plaas Koppie-alleen nadat hy dit by sy vervreemde pa erf. Terwyl hy tydelik op ’n nabygele kleinhoewe tuisgaan, word sy voete onder hom uitgeslaan. Wat beteken die woelinge binne-in hom wanneer hy aan Tessa Verwey dink? Sy misterieuse buurvrou wil egter niemand naby haar toelaat nie. Veral nie ng ’n aantreklike man nie. Hoekom is Tessa so kil en afsydig? Wat weet sy omtrent Charlotte Basson se dood?

Liewer (Afrikaans, Paperback): Tertius Kapp Liewer (Afrikaans, Paperback)
Tertius Kapp
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

“Die liefde is ʼn vreemde ding. Dit bestaan net as jy daarin glo.”

Vier uiteenlopende karakters se lewens word met ’n ironiese sameloop van omstandighede vervleg. Kort voor lank is hulle in ’n web van liefde, leuens en verraad. In Liewer word daar na die onpeilbare aard van die liefde in sy verskillende vorme gekyk.

Tertius Kapp bewys met Liewer opnuut waarom hy ’n Hertzorg-pryswenner is.

Die Vrou In Die Blou Mantel (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Die Vrou In Die Blou Mantel (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dt bekostig?

Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongedentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk.

Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en h was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n grt storie in die kunswreld wees.

Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s grt fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .

Crackerjack (Paperback): Peter Church Crackerjack (Paperback)
Peter Church
R318 R243 Discovery Miles 2 430 Save R75 (24%) Dispatched within 7 - 11 working days

Carla Vitale’s dream is shattered when her boss and mentor, Nial Townley, disappears and his luxury vehicle is found in a crevice at the bottom of Chapman’s Peak. She turns to Daniel Le Fleur, a hacker, to help her get her life back.

Goudmyn (Afrikaans, Paperback): Wilbur Smith Goudmyn (Afrikaans, Paperback)
Wilbur Smith; Translated by Zirk van den Berg
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Toe Jak Stapelberg die pos van algemene bestuurder van die Sonderkloof- goudmyn aangebied word, weet hy dis te goed om waar te wees. Hy is te jonk en boonop beskik hy nie oor die nodige kwalifikasies nie.

Sy vermoede word bevestig toe Manfred Steiner sy voorwaarde stel: Jak moet doen wat hy vra, sonder teenspraak.

En Jak stem in, want di kans gaan nie gou weer verbykom nie. As hy net eers die werk het, kan hy Manfred se opdrag mos weier. Nie Jak f Manfred het rekening gehou met die eintlike magte wat Jak se aanstelling bewerk het nie. Terwyl di magte planne smee om die grootste goudmyne te vernietig en die ekonomie omver te werp, is Jak se aandag verdeel. Dit blyk dat ’n sindikaat gouderts uit die myn steel. En dan is daar Tess, Manfred se beeldskone maar gefrustreerde vrou, wat ongeoorloofde begeertes in Jak wakker maak . . .

Mag, gierigheid, wraak en begeerte vier hoogty op die goudvelde van die 1960’s in di Afrikaanse vertaling van Wilbur Smith se gewilde Gold Mine.

Chirurg van Harte (Afrikaans, Paperback): Susan Pienaar Chirurg van Harte (Afrikaans, Paperback)
Susan Pienaar 1
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Dokter Hugo Massyn sluit aan by die span van die Avianto Hospitaal. Dit blyk dat hy nie veel ooghare vir Natasja Engelin het nie. Wat haar betref, kan hy maan toe vlieg – haar beroep as toekomstige hartchirurg is al wat saak maak. Watter rol speel Cassandra en dokter Marina Botes egter in Hugo se lewe? Sal sy ma toelaat dat hy betrokke raak by iemand soos Natasja? Haar familiegeskiedenis is nie juis ideaal nie.

Christine le Roux Keur 3 (Afrikaans, Paperback): Christine Le Roux Christine le Roux Keur 3 (Afrikaans, Paperback)
Christine Le Roux
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.

Ultrasatyn 3 (Afrikaans, Paperback): Lucille du Toit, Elsa Winckler Ultrasatyn 3 (Afrikaans, Paperback)
Lucille du Toit, Elsa Winckler
R235 R202 Discovery Miles 2 020 Save R33 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

In Syne vir altyd moet Gideon en Bianca mekaar weer in die o kyk n hul kaskenades tydens Tess en Jan-Daniel se verlowingspartytjie. Nie een van die twee soek ’n langtermynverhouding nie, maar dit maak wel sin om die tydjie in die Bosveld ten volle te benut. Dis immers net ’n week en niemand sal tog s vinnig gevoelens ontwikkel nie . . .

In Die drieweek-reling weet Ella en Quinn nie hulle het ses maande gelede na ’n groot misverstand amper mekaar se harte gebreek nie. Nou kan die twee nie hul o en beslis nie hul hande van mekaar afhou nie. Ella oorweeg dit om ’n werksaanbod in Londen te aanvaar. Maar by Quinn het haar hande, haar lyf, haar mond ’n wil van hulle eie. Sal sy binne drie weke kan besluit of sy eerder op Stellenbosch moet bly?

Ter Wille van Geluk (Afrikaans, Paperback): Naretha Franken Ter Wille van Geluk (Afrikaans, Paperback)
Naretha Franken
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Die SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in duie stort. Dan sien sy Christiaan van Breda se naam op ’n ler. Di nuwe pasint kan tog nie dieselfde man wees wat haar siel geknak het nie? Dieselfde man wat die oorsaak is dat sy tot vandag toe nog nie enige ander man behoorlik kon vertrou nie. Hoe gaan sy hom na al die jare weer in die o kyk om sy fisioterapeut te wees?

Dadelik klim die seer en vernedering wat sy s netjies vir die mense om haar – haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie – kon wegsteek, terug in haar lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om haar rug op haar eksman en sy manewales te keer.

Nie alles in die verlede is egter sleg en onaangenaam nie. Daar is juis soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel emosies onder beheer te kry. Sal sy dit regkry om Christiaan te help? Hoe gaan sy die groot geheim onthul wat sy al die jare so sorgvuldig bewaar het?

Die Kremetartekspedisie (Afrikaans, Paperback): Wilma Stockenstrom Die Kremetartekspedisie (Afrikaans, Paperback)
Wilma Stockenstrom
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Die verhaal van 'n slavin wat as die enigste oorlewende van 'n mislukte ekspedisie in die hart van Afrika haar terugtrek in die hol stam van 'n kremetartboom. In toenemende verlatenheid herleef sy haar vroere bestaan: hoe sy as kind in haar tuisdorp gevange geneem en weggevoer is, haar lewe in 'n hawestad aan die ooskus as dienares van verskillende meesters, haar reis saam met haar laaste eienaar en beskermheer, haar lewe in die kremetartboom.

Hierdie belangrike Afrikaanse roman is reeds in verskeie ander tale gepubliseer, o.m. in Engels deur J.M. Coetzee. Die Italiaanse vertaling word bekroon met die Grinzane Cavour-prys in 1988 en in 1995 word die Franse vertaling verwerk vir die verhoog en opgevoer in die Thtre de l'Ante in Parys.

"Solank Afrikaans bestaan, sal di boek waarskynlik die essensie daarvan bly verwarm." – Antjie Krog

Droomberig (Afrikaans, Paperback): Lune Olivier Droomberig (Afrikaans, Paperback)
Lune Olivier
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Dispatched within 13 - 21 working days

Anelia le Roux wil in haar oorlede pa se joernalis-voetspore volg. Haar nuwe werk by Nuus-Direk bied egter die een op die ander uitdaging – en nie almal is ewe aangenaam nie.

Sy waai een woeste, winderige dag teen die navorser Leon de Hanie vas. Daar is onmiddellik ’n wilde aantrekkingskrag tussen die twee en Anelia besef gou dat sy halsoorkop op hom verlief is. Sy wonder net: Hoe voel h oor hr?

Intussen het Anelia ’n nare ondervinding met een van haar kollegas. Leon se geheimsinnige optrede laat haar ook wonder of hy nie iets vir haar wegsteek nie.

Mettertyd ontdek Leon nuwe inligting oor Anelia se pa se sogenaamde selfdood. Dan vertel iemand haar dat Leon doelbewus die inligting aan die media verkoop het om sy eie loopbaan te bevorder. Gaan sy vir Leon ’n kans gee om sy optrede te verduidelik?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Son
Neil Sonnekus Paperback  (1)
R245 R195 Discovery Miles 1 950
Kinnes - 'n Novelle
Chase Rhys Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
This Mournable Body
Tsitsi Dangarembga Paperback R240 R191 Discovery Miles 1 910
How We Found You - When Tomorrow Calls…
J.T. Lawrence Paperback  (1)
R248 R201 Discovery Miles 2 010
The Zulus Of New York
Zakes Mda Paperback R230 R159 Discovery Miles 1 590
The Ecstasy Of Brush Strokes
Rachel Haze Paperback  (2)
R180 R143 Discovery Miles 1 430
Soweto, Under the Apricot Tree
Niq Mhlongo Paperback  (1)
R245 R211 Discovery Miles 2 110
After You Died
Melina Lewis Paperback  (7)
R219 Discovery Miles 2 190
The Accident
Gail Schimmel Paperback R270 R180 Discovery Miles 1 800
Prooi
Deon Meyer Paperback  (1)
R320 R275 Discovery Miles 2 750

 

Loyalty partners