0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (3)
  • R50 - R100 (68)
  • R100 - R250 (634)
  • R250 - R500 (276)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults

Skepsel (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Skepsel (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip.

’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis.

En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie.

Willem Anker se roman Buys (2014) is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyrprys, die kykNET-Rapportprys, die Hertzogprys en die Helgaard Steyn-toekenning. In vertaling as Red Dog was dit in 2020 op die langlys vir die International Booker Prize. Anker doseer skeppende skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.

Shadow Flicker (Paperback, New Edition): Melissa A. Volker Shadow Flicker (Paperback, New Edition)
Melissa A. Volker
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 8 working days

Kate Petersen keeps her panic attacks to herself, until the day she experiences one in front of her boss. With her personal life in ruins, her job is all she’s got. When an important renewable energy assignment in an Eastern Cape surfing village comes up, she is allowed to take over only if she promises to get her anxiety under control. She decides not to tell her boss that he is sending her to the very place where all her troubles began with a tragedy which continues to haunt her.

Determined to put the past behind her, she arrives in St Francis Bay ready to placate environmental opposition to her employer’s planned wind farm. Trouble brews when she begins to fall for Matthew Sykes, the attentive vet and surfer who is still grieving the death of his wife. Meanwhile, the parochial locals escalate their protests, from peaceful resistance to creepy threats, and Kate is forced to confront her worst fears as well as risk exposing her fragile state of mind to Matthew and her client.

Then the violence intensifies and Matthew turns out to have a few secrets of his own. Kate understands that their growing relationship and her job are at stake, but she doesn’t know that her life is also in danger …

Winner of the Strelitzia Award from the Romance Writers Organisation of South Africa in 2017.

Tussen Vriende (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Tussen Vriende (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt
R285 R245 Discovery Miles 2 450 Save R40 (14%) In stock

Will het ’n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjóépstil.

Asof dít nie die vriendekring genoeg ontwrig nie, sing Cassie en Phoebe se seun skielik in ’n bedenklike nagklub en Phoebe se eksie-perfeksie ma wil kom kuier in Pretoria – dalk vir báie lank. (Phoebe eet sommer ’n éclair.) Adriaan se Ingrid het pas wéér ’n knop in haar bors gevoel, hul enigste dogter is ver oor die waters, en dan’s daar boonop Adriaan se familieplaas wat verkoop moet word noudat sy broer wil padgee Australië toe.

En heeltyd wonder Phoebe en Ingrid: wat skort met Will se vrou, Soekie? Sy’t onlangs aan haar gesig laat werk en lyk fantasties, maar iets is fout in haar oë.

Die wel en wee van drie paartjies in hul 50’s, komies, lewensgetrou en eg. ’n Storie vir almal wat al ooit oor hul vriende gewonder het, mense nes ek en jy, almal met hul eie geheime.

Stille Waters (Afrikaans, Paperback): Juanita Aggenbach Stille Waters (Afrikaans, Paperback)
Juanita Aggenbach
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hanna, ’n suksesvolle personeelagent, lewe teen ’n vinnige pas. Sy bestuur haar eie besigheid, is al jare lank gelukkig getroud met Carl, en is ’n liefdevolle ma wat haar dae rondom haar werk, huishouding en twee kinders beplan.

Wanneer sy een middag ná ’n blitsbesoek aan die supermark by die huis opdaag en haar tienerseun, Divan, se lewelose liggaam in die garage ontdek, stort die kaartehuis van haar perfekte lewe ineen. In die dae en maande daarna moet Hanna weer haar kop begin lig. Hoe gaan sy en Carl ooit Divan se selfdood verwerk? En Nadia wat elke dag vra wanneer kom boetie terug? En wat van Divan se vriende op skool? Steek hulle iets weg?

’n Aangrypende roman deur die ervare skrywer Juanita Aggenbach.

Met fyn waarneming en deeglike kennis in die sielkunde slaag Aggenbach daarin om die impak wat die skielike afsterwe van ’n jong seun op sy familie en vriendekring het, met ontroerende deernis uit te beeld.

Stille waters volg op Gister is verby wat in 2017 by H&R verskyn het.

Weerlose Meganika (Afrikaans, Paperback): Anton Roodt Weerlose Meganika (Afrikaans, Paperback)
Anton Roodt
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dis iewers in die nabye toekoms. Kolonel “Rooipiet” Moolman se lieflingprojek is die jaarlikse Versoeningsfees­opvoering, ’n eietydse weergawe van die Slag van Bloedrivier, wat by ’n inryteater bo­op Welkom se mynhoop gehou word. Enkele seisoene tevore is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die destydse veldslag geneem is . . en dit wys drie engele teen die oggendmis!

Net daar besluit Rooipiet dat die engele deel moet word van sy toneelstuk. Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die opvoering, en vanjaar is daar ’n spesiale engel wat almal se asem wegslaan. Rooipiet is heimlik verlief op haar. Toe sy egter tydens die kleedrepetisie oënskynlik vermoor word en die koperplaatfoto boonop verdwyn, word Rooipiet se kultuurryk tot in die fondamente geskud.

En hiervandaan raak die intrige net méér interessant.

Weerlose meganika is ’n heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire.

Rooiborslaksman - 'n Roman (Paperback): Marinda Zyl Rooiborslaksman - 'n Roman (Paperback)
Marinda Zyl
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Marinda van Zyl is daarvoor bekend dat sy onverkende gebeure in die geskiedenis ontgin en dit verweef in verhale waarvan die karakters en hulle lotgevalle ’n mens bybly. Rooiborslaksman is ’n welkome opvolg op Van Zyl se die epiese historiese roman Amraal.

In Rooiborslaksman word die negentiende­eeuse konflik met die Herero’s en Duitsers in die destydse Suidwes­Afrika vervleg met die lewensverhale van Liesbet Lambert (Amraal Lambert se laatlam) wat wees gelaat word tydens die pokke­epidemie en Frederik Vlermuis vir wie Gobabis se kerktoring soos die spierwit pendoring van die kameeldoringboom lyk waaraan die rooiborslaksman genadeloos sy prooi ryg.

'n Vry Vrou - Gedigte Van Antjie Krog (Afrikaans, Hardcover): Antjie Krog 'n Vry Vrou - Gedigte Van Antjie Krog (Afrikaans, Hardcover)
Antjie Krog
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word.

'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet.

Die Versoeking Van Thomas Maas (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Versoeking Van Thomas Maas (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom.

Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella haar finale verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar ons weet nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk.

'n Verskeidenheid karakters word betrek in Die versoeking van Thomas Maas, waaronder Thomas, sy vrou, hul tienertweeling, Maas se pa, wat aan dementia ly, en ook die hoof van 'n perdeskool, Amalia Rojas.

'n Verbysterende roman deur een van die mees ervare spanningsromanskrywers in Afrikaans. Karsten dop die genre se reëls op sy kop, en kom vorendag met 'n hoogtepunt nie net in sy eie oeuvre nie, maar in die Afrikaanse krimi­korpus

More Matrone En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete More Matrone En Ander Kort Stories (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar.

“Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.

Not To Mention (Paperback): Vivian De Klerk Not To Mention (Paperback)
Vivian De Klerk
R290 R229 Discovery Miles 2 290 Save R61 (21%) Ships in 7 - 10 working days

As her 21st birthday approaches, Katy Ferreira has not left her bedroom for close on two years. In fact, she has not left her bed – at 360 kilogrammes, she simply can’t.

Characterised by an indomitable spirit, Katy tries to make the best of a bad situation. She does the crossword in the Herald newspaper her mother brings home, consumes the food she craves – biscuits, pies, doughnuts, litres of fizzy drinks – and waits in hope for insulin and a solution to her plight. To pass the time she begins to compile her own crossword in one of the Croxley notebooks that have been unused since she dropped out of school. Within each cryptic clue is a message, an attempt to explain how it feels to be ‘the fat girl’, how taking comfort in sweet things as a grieving and lonely child escalated into a deadly relationship with food and a psychological and physical disease.

The process triggers splintered memories of dark family secrets and hints of culpability. As Katy finds her voice – quirky, macabre, devastatingly astute and viciously funny at times – the notebooks fill up.

Not to Mention is part diary, part memoir, part love-hate letter to the mother who fuelled her daughter’s addiction as steadily as the world ostracised her.

The destructive power of shame and society’s harsh judgement of people who are ‘different’ is matched by the immense courage of a young woman who is determined to be heard.

Skadukant (Paperback): Rika Cloete Skadukant (Paperback)
Rika Cloete
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die verminkte lyk van ’n vrou wat op die strand gevind word, ruk die rustige Murraybaai, veral wanneer dit blyk dat die geweldenaar swanger vroue teiken. Die nagmerrie verdiep wanneer die verwagtende Deirdre O’Brien ook deur ’n gemaskerde man ontvoer word. Sy slaag daarin om te ontsnap, hoewel nie heeltemal ongedeerd nie. Die moordenaar gaan dit nie daar laat nie: Sy word die prooi in ’n obsessiewe kat-en-muis-speletjie. Hy wil haar knak en haar lewe steel, maar sy gaan dit nie toelaat nie.

Die Kleinste Ramp Denkbaar (Paperback): Francois Smith Die Kleinste Ramp Denkbaar (Paperback)
Francois Smith
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Van Aardt is een van die volrondste personasies wat in baie jare in ’n Afrikaanse roman na vore getree het, en wat so heerlik is van sy uitbeelding is dat hy so nugter as ’n feilbare, onsekere volwassene geskets word. Die leser sien deur Van Aardt se oë - maar soos ons mettertyd agterkom, is daar nie werklik uitsluitsel oor die dinge wát hy sien nie. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde?

Die titel van dié fassinerende roman deur die skrywer van Kamphoer kan op baie dinge slaan; onder meer op die verlies van alle sekerheid, selfs op die kleinste vlak. Dit sê eindelik baie oor die transformasie wat Suid-Afrika besig is om te ondergaan, uit die oogpunt van ’n hoogs gekultiveerde wit man.  

Mermaid Fillet (Paperback): Mia Arderne Mermaid Fillet (Paperback)
Mia Arderne 1
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) Ships in 7 - 11 working days

The only human ever born wearing Jordans receives a DM on Twitter after a gang-related hit. The mission: Find the Tamagotchi, or else! This is the story of a banggat, a main ou, a genuine ou, a malnaai and a Twitter user. A story where dark and fantastical experiences are intricately woven to tell the tale of a network of wannabe gangsters, a wife fanning herself with her husband’s money in the Northern Suburbs and a sturvy twenty-nine-year-old living in Woodstock.

‘Baby, did you just say emotional labour like seven times?’
‘Ja, why?’
‘You just sound so woke right now.’
‘What the fuck is woke?’

In this Cape Town, there’s a Goddess who casts raging red storms when female bodies are abused. It’s a place where women try to redefine their space in society and highly coveted mermaid tails are traded for R 4 000/kg. Mermaid Fillet is a noir crime novel about violence, feminism and how you dala what you must.

Middernag (Paperback): Sidney Gilroy Middernag (Paperback)
Sidney Gilroy
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags ’n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.

Wanneer die oorskot van ’n verminkte vierjarige in ’n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na ’n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.

Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie ’n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.

Ritme Van Die Maan En Ander Gedigte (Afrikaans, Paperback): Bertie Cloete Ritme Van Die Maan En Ander Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Bertie Cloete
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar.

“Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.

Helena Hugo Derde Keur (Paperback, Heruitgawe): Helena Hugo Helena Hugo Derde Keur (Paperback, Heruitgawe)
Helena Hugo
R245 R211 Discovery Miles 2 110 Save R34 (14%) Ships in 7 - 11 working days

In Alinda se lampie werk Alinda al lank in Saoedi-Arabië, en van ’n prins op ’n Arabier-perd is daar geen sprake nie. Haar lewe is vervelig . . . tot sy ’n Aladdin-lampie koop. 'In Narkose vir die hart maak die Walskoning, dr. Franz Strauss, se blou oë dr. Saranie du Plessis week. Net jammer dat die draak Glenda Olckers reeds haar kloue in hom geslaan het . . .

What Remains - A Play In One Act (Paperback): Nadia Davids What Remains - A Play In One Act (Paperback)
Nadia Davids
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 5 - 10 working days

On a still, cool day in the east of a city by the sea, three sounds only: a bulldozer’s engine, a forgotten song, a canon that tells the time. Behind the bulldozer, a sign: Luxury Mall Coming Soon. As the vehicle moves in to the clear ground, it strikes at something unexpected…

What Remains is a fusion of text, dance and movement to tell a story about the unexpected uncovering of a slave burial ground in Cape Town, the archaeological dig that follows and a city haunted by the memory of slavery. When the bones emerge from the ground, everyone in the city – slave descendants, archaeologists, citizens, property developers – is forced to reckon with a history sometimes remembered, sometimes forgotten.

Loosely based on the events at Prestwich Place, What Remains is a path between memory and magic, the uncanny and the known, waking and dreaming. Four figures – The Archaeologist, The Healer, The Dancer and The Student – move between bones and books, archives and madness, paintings and protest, as they struggle to reconcile the past with the now.

Bientang (Paperback): Jolyn Phillips Bientang (Paperback)
Jolyn Phillips
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Van Bientang het net die naam van 'n restaurant in Hermanus oorgebly: Bientang's Cave, asook 'n weggooi-opmerking: die laaste Strandloper. Uit hierdie gegewens sny die digter se verbeelding spoor in 'n kontra-epos. Wie was Bientang? Te midde van historiese geskrifte, kontemporêre angste en oorlewerings verskyn buitelyne om haar vir oomblikke binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor 'n verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie. 

Die Dood Van 'n Goeie Vrou (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Dood Van 'n Goeie Vrou (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) In stock

Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met ’n plot wat die slimste leser sal fnuik.

Tweegevreet (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Tweegevreet (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. 'Tweegevreet bied, soos sy voorganger, Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.

Mad Honey (Paperback): S.J. Naude Mad Honey (Paperback)
S.J. Naude
R290 R232 Discovery Miles 2 320 Save R58 (20%) Ships in 5 - 10 working days

From South Africa to Iceland, rural Belgium and the Alps, the stories in Mad Honey radiate out to encompass the globe.

In Johannesburg a couple raise their son in leafy suburbia, while their cleaner’s child must face the inequities of their country head on.

Amid Reykjavik’s arctic landscape, a woman takes mad honey with the man who has left her for another, and spends a chilling night with a violent Russian and his companion.

And in New England two lovers face the cruelty of a host whose humanity has left him, while a mother takes pity on a street child she finds on a platform at Park Station.

Crowning this collection is a story cycle featuring a young Namibian and his Japanese friend, who spend a claustrophobic night in a chateau with a dark pool of glimmering eels – this after being pulled into a tragedy on the ski slopes of Italy.

Following on from his multi award-winning first collection, published in English as The Alphabet of Birds, SJ Naudé’s second collection of short stories disturbs, surprises and enthrals.

The Fall (Paperback): Jen Thorpe The Fall (Paperback)
Jen Thorpe
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) In stock

When Thuli reveals her secret - that she can see up to seven days into the future - to seasoned local journalist Helen, the latter is highly sceptical of the student's claims. But as Thuli truly believes that #FeesMustFall protest leader, Hector, will be assassinated by a sinister force, Helen starts to look into the matter.

And what she finds is some very odd behaviour by the police sent to “keep the peace” on campus. Police sent by Noné, South Africa's President and Most Impressive Leader, who wants no trouble from pesky students while she plans the launch of her zoo of creatures with extraordinary abilities.

One thing is certain: If what Thuli has seen is true, they have only seven days to change the future …

Wilna Adriaanse Omnibus 2 (Paperback, Nuwe Uitgawe): Wilna Adriaanse Wilna Adriaanse Omnibus 2 (Paperback, Nuwe Uitgawe)
Wilna Adriaanse
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

In ’n Heildronk op die liefde keer Nicolene terug uit Londen, en ontmoet weer haar jeugvriend Jacques. Hy het nog altyd maklik verveeld geraak met sy meisies en kort voor lank nuwe weivelde gaan soek; daarom wou Nicolene nog nooit ’n verhouding met hom aanknoop nie. Maar toe hy haar een aand onverwags soen, is die gort gaar . . . In Serenade vir ’n nagtegaal  is sang Ann se hele bestaan, en haar sangdosent, Carl, is die liefde in haar lewe. Maar dan verbreek hy hul verhouding net wanneer sy op vertrek staan na Europa. En nou verskyn daar ’n donkerkop-man op die toneel wat haar letterlik oor haar eie voete laat val én geen deernis toon vir haar gekneusde ego nie...En in Hande wat heelmaak keer Libby terug na haar tuisdorp om as fisioterapeut te begin werk. Daar maak sy kennis met haar jong pasiënt, Nikolai, wie se ouers verongeluk het. Sy oom Andrew, ’n ortopeed, moet vir hom sorg. As tiener was Libby verlief op dié man... maar nou het hy so stug en afgetrokke geword. En tog, soms kan ou gevoelens teen die verwagting in herleef.

Swart Swaan (Afrikaans, Paperback): Wilken Calitz Swart Swaan (Afrikaans, Paperback)
Wilken Calitz
R270 R213 Discovery Miles 2 130 Save R57 (21%) Ships in 7 - 10 working days

’n Monsteragtige wese het hom in Fabian se tuin tuisgemaak – ’n ondier met ’n dodelike aptyt.

In die skadu van die dobbelhuis waar Fabian ’n veiligheidswag is, werskaf hy en Mossie, pas uit die tronk, om vir dié gedierte ʼn hok te bou en hom te versorg.

Maar net Fabian weet van die trommel wat hy vroeër in die tuin begrawe het – daar waar die dier nou lê. ’n Trommel wat hom sal help om sy vrou Merinda, wyndrinker van formaat, vir ’n wyle te help vergeet van die skade aan haar gesig en in haar hart.

Wilken Calitz se Swart swaan is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.

Israel-Reeks 11: Hooglied (Paperback): Boon Marzanne Leroux-Van der Israel-Reeks 11: Hooglied (Paperback)
Boon Marzanne Leroux-Van der
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Marc se ou kunsdosent Simon kom kuier en hulle wys die hele land vir hom. Ma se Mara en haar oppasser Anna kom kuier in Jerusalem en Mara begin al meer haar Joodse afkoms verwelkom. Dit is Yoshi se bar mitzvah? Die dae is vir die Kriges soms donker, maar soms ook wondermooi. Shir-HaShirim - 'n hooglied? Dikwels nie. Tog is daar altyd 'n lied om te sing. Die hooglied van Israel is die elfde boek in die reeks. 

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Cry Of Winnie Mandela
Njabulo Ndebele Paperback R229 R190 Discovery Miles 1 900
Donkerdrif
Deon Meyer Paperback  (3)
R320 R275 Discovery Miles 2 750
Blood Trail
Tony Park Paperback R310 R229 Discovery Miles 2 290
Nine Letters
John Webb Paperback R290 R229 Discovery Miles 2 290
By The Fading Light
Ashraf Kagee Paperback R195 R168 Discovery Miles 1 680
Unbecoming
Joanne Fedler Paperback R290 R215 Discovery Miles 2 150
These Are Not Gentle People - A True…
Andrew Harding Paperback R200 R158 Discovery Miles 1 580
The Boy Who Could Keep A Swan In His…
John Hunt Paperback  (1)
R270 R216 Discovery Miles 2 160
They Got To You Too
Futhi Ntshingila Paperback R290 R215 Discovery Miles 2 150
The Distance
Ivan Vladislavic Paperback R290 R232 Discovery Miles 2 320

 

Partners