0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (15)
  • R50 - R100 (109)
  • R100 - R250 (492)
  • R250 - R500 (375)
  • R500+ (34)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak (Afrikaans, Paperback): Annie Klopper Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak (Afrikaans, Paperback)
Annie Klopper
R245 R229 Discovery Miles 2 290 Save R16 (7%) In stock

Toe Pamina Vermaak by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Boonop verloor sy haar kÍrel, haar woonstel in Tamboerskloof, asook die laaste flenters toekomsideale wat sy naarstig aan ’t vasklou was – alles in een dag. Sy is gedwing om druipstert terug te keer na haar ouerhuis op die klein Weskusdorp Witwaterbaai. ’n Plek wat sy gesweer het haar nooit weer sal sien nie.

Intussen basuin die voorblaaie van poniekoerante dit uit dat rockster Wolf de Jager se verlowing met aktrise Daniella du Toit verbreek is en krioel dit op sosiale media van steelfoto’s waar sy hom verneuk. Hy moet weg uit die Kaap en ’n lukrake seleksie op Google Maps bring hom tot op Witwaterbaai, waar sy swart leerbaadjie harder as sy Fender Stratocaster skreeu teen die gehekelde doilies in Ant Leentjie se gastehuis.

Sal Pamina en Wolf op hierdie slakkepas-dorp van bokkoms droog en stoepsit hul probleme kan ontduik? Of lÍ daar net nog meer komplikasies voor?

Wrok (Afrikaans, Paperback): Beyers de Vos Wrok (Afrikaans, Paperback)
Beyers de Vos
R250 R179 Discovery Miles 1 790 Save R71 (28%) In stock

Een stad. Vyf mense. Wraak se bloedspoor.

DIE SLAGOFFER EN SY SUSTER
Freya Rust glo sy weet alles van haar tweelingbroer Ben, maar wanneer hy vermoor word, besef sy sy lewe was vol geheime. Sy is vasberade om sy dood te wreek, al kos dit wat.

DIE ONDERWYSER
Rugby-afrigter meneer Oktober het sy hande vol met sy wilde tienerdogter, maar dit is sż duister verlede wat by hom spook wanneer hy snags in Pretoria met ’n gelaaide vuurwapen ronddwaal.

DIE DWELMHANDELAAR
Slick se wrede mentorskap by Mama Afrika leer hom moord en mag loop hand aan hand. Hy regeer sy dwelmkoninkryk met ’n ystervuis.

DIE SPREUDER
Benjamin Rust se moordsaak land op inspekteur Nolwazi Mngadi se lessenaar. In die korrupte slangnes van ’n polisiestasie in Pretoria begin sy met haar ondersoek.

Hoekom is Ben dood? Wie het hom vermoor? En wat is vergelding se prys? Wrok breek die misdaadroman se reŽls en werp lig op die morsige gevolge van verdriet, woede en wraak.

Wintersrust (Afrikaans, Paperback): Joyce Kotze Wintersrust (Afrikaans, Paperback)
Joyce Kotze; Translated by Daniel Hugo 1
R290 R241 Discovery Miles 2 410 Save R49 (17%) Within 4 - 8 working days

Een familie, deels van Britse en deels van Boere-afkoms, ontdek dat hul lewens onlosmaaklik verstrengel raak deur die onverbiddelike gang van die geskiedenis.

Die Transvaalse politiek en die Britte se arrogante imperialisme sleur hulle mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Liefdes- en vriendskapsbande wat in die Trandvaalse bosveld en die sitkamers van Victoriaanse Engeland gesmee is, word op die slagvelde van Suid-Afrika getoets. Wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in die gruwelike beleid van die verskroeide aarde en ’n guerrillastryd, moet die familielede riskante keuses maak. Wintersrust is ’n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer.

Sommige, wat deur wanhoop oorweldig word, oorleef nie. Ander moet ten slotte by ’n plek van vrede en vergiffenis uitkom.

(Hierdie is die Afrikaanse vertaling van The Runaway Horses)

Katelknaap (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Katelknaap (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R220 R176 Discovery Miles 1 760 Save R44 (20%) Within 4 - 8 working days

Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, ’n engel van plesier, ’n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal.

Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser ’n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, ’n dorpie in ItaliŽ, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom nŠ sy pa se selfmoord alleen grootmaak.

Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig nŠ ’n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur ’n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.

Heiliger (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Heiliger (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) Within 8 - 16 working days

In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe ín onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle ín nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur ín verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nog Amalia, ín staatsaanklaer op Witteberg, nog Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word Ė deels vir sy eie veiligheid, deels omdat ín lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir ín heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van ín sel en die se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur ín dwaalkoeel getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik sín. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy ín makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk ín Kubaanse dokter oor hom in ín hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy ín fout gemaak Ö

Misverstand (Afrikaans, Paperback): Marita Van der Vyver Misverstand (Afrikaans, Paperback)
Marita Van der Vyver 1
R195 R156 Discovery Miles 1 560 Save R39 (20%) Within 4 - 8 working days

Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem.

Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken.

Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is diť Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars.

Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. ’n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.

Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback): Stefan Enslin Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback)
Stefan Enslin 1
R172 Discovery Miles 1 720 Within 10 - 15 working days

Jong Joe en Anna (albei 13) raak hartstogtelik verlief op mekaar. Maar dan tree die lewe tussenbeide en word hulle teen hul sin van mekaar geskei. Amper tien jaar later loop hulle mekaar weer onverwags raak, maar hul sterk band vanuit hul kinderdae is verlore. Sal hulle die lewe se baie hindernisse kan oorkom, en sal hulle ooit weer saam kan wees?

Dit is ’n storie oor lewe, grootword, regte en verkeerde keuses maak, vashou aan dit waarin jy glo, ouerskap en hantering van die dood. Wat egter die sterkste uitstaan, is die liefde.

Hierdie storie verken die moeilikhede wat tieners en studente daagliks in die gesig staar en leer ook jonk en oud om in liefde te glo ten spyte van hartseer.

Dryfhout (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Chanette Paul Dryfhout (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Chanette Paul
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) Within 8 - 16 working days

Wie is Aengel Rousseau? En wie was die voormoeder by wie Aengel dagboeke, 'n skulp, ín seewatersteen en ín verbod om haar hare te sny, geerf het? Dis die vrae wat Aengel Kierangbaai toe lok. Want dis waar Angelique díAvignon amper twee eeue gelede haar spore gelaat het en legendes van die visvrou ruig loop. Geleidelik maak Aengel sin van die legendes oor Annie en die vloek wat sy oor die Niemands uitgespreek het. Die vier moorde wat op Kierangbaai gepleeg word, kan Aengel egter nie kleinkry nie. Ook nie haar gevoelens vir Roark of hoekom iemand dink sy kan Annie se vloek ophef nie. Gys en Fortuintjie moet weer hul speurvernuf inspan en dit ry Gys se poging om vir oulaas Gertjie se hart te wen, sleg in die wiele. Dryfhout is die vyfde spanningsroman wat in die Niemandsdorp-omgewing afspeel, en sluit die Gys Niemand-reeks af. Gys Niemand en Faantjie Fortuin doen weer die speurwerk, alhoewel daar heelwat komplikasies is. Die ander titels in die reeks is Springgety, Fortuin, Boheem en Meetsnoer.

Die verdwyning van Mina Afrika (Afrikaans, Paperback): Zuretha Roos Die verdwyning van Mina Afrika (Afrikaans, Paperback)
Zuretha Roos
R271 Discovery Miles 2 710 In stock

Op ín winterdag in 1945 ontferm ín kinderlose wit egpaar, Sara en Erik de Graaff, hulle oor ín driejarige halwe weeskind Ė Mina Afrika. Hulle wil haar graag ín kans in die lewe gee. Terwyl Mina nog vol ambisie haar toekoms beplan dryf die verraderlike daad van ín ryk jong wit man haar weg uit die Vallei, laat haar beland in ín eindelose spiraal van bedrog. ín Lewe van vernedering in Groenpunt en tussen die bendes van Distrik Ses.

Die Onaantasbares (Afrikaans, Paperback): Steve Hofmeyr Die Onaantasbares (Afrikaans, Paperback)
Steve Hofmeyr 4
R200 R160 Discovery Miles 1 600 Save R40 (20%) Within 4 - 8 working days

Steve Hofmeyr word as skrywer van Afrikaanse fiksie hoog aangeslaan. Sy Vier briewe vir Jan Ellis en Laaste dans, Drienie is deur literÍre kritici aangeprys. Nou ontpop diť gewilde en omstrede sanger en akteur as misdaadskrywer met Die onaantasbares.

Die hoofkarakter in diť spanningsroman is ’n huurmoordenaar wat deur die media as “Die Sluiper” gedoop word. Hy is ’n Special Ops-veteraan wat deur die Bosoorlog “gekneus” is. Die verhouding tussen hom en sy eertydse kollegas versuur wanneer hy begin vermoed dat hulle hom verraai het.

Hy raak verlief op Tessa Mallet, wat later self in die visier van Die Sluiper se voormalige kliŽnte beland wanneer hulle besluit om van hom ontslae te raak. Nadat Tessa in hulle liefdesnes vermoor en Die Sluiper vir dood agtergelaat word, is wraak voor die hand liggend. NŠ ’n uitgerekte herstelproses begin hy jag maak op die groep mense wat agter die moord op Tessa sit. Hofmeyr is ’n vaardige verteller wat lesers op ’n aksiebelaaide avontuurtog neem terwyl die adrenalien teen ’n hoŽ tempo vloei.

Kringloop (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Kringloop (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) In stock

Reine Duvenage, ’n tweedejaar kunsstudent en finalis in die universiteit se debutantekompetisie, trek die aandag van ’n sluipjagter wat jong vrouens teiken. Sy oorleef ’n wreedaardige aanranding, maar hou emosionele en fisieke letsels oor. Pieter Taljaard, die speurder wat die saak moet oplos, se ondersoek lei hom na verskeie mans met wie sy in kontak was.

Gedurende haar herstelproses kwalifiseer Reine deur afstandonderrig as onderwyser. Sy aanvaar as Renette Mouton ʼn pos by ’n plattelandse hoŽrskool in die laeveld omdat die jagter steeds bedrywig is nŠ twee jaar.

Haar poging om anoniem te bly en nie weer ’n slagoffer te word nie, word bemoeilik toe mans uit haar verlede onverwags in die dorp opdaag en die sluipjagter haar opnuut begin treiter. Onseker oor die identiteit van die sluipjagter wantrou sy almal, ook Charl de Jongh, die finale jaar kliniese assistent wat haar behandel het, Jacques Ritsen, die verteenwoordiger van Frey Skoonheidshuis wat haar geborg het, Francois Booyens en Carlo von Brandis van Erasmus Foto-ateljee wat haar foto’s geneem het, en die ontwerper, Giorgio van Jolie Mam’selle Boetiek wat haar rok ontwerp het vir die debutantebal. Selfs Stefan Treurnicht, die blinde klavierstemmer lyk vir haar verdag.

Ondanks die teenwoordigheid van haar troue waghond beland sy weer in die sluipjagter se strik. Kan Pieter Taljaard die leidrade betyds ontrafel om ’n moord te voorkom?

Springgety (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): Chanette Paul Springgety (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
Chanette Paul
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) Within 8 - 16 working days

Toe Lily Reynecke Maja se voetspore Kruisbaai toe volg in die hoop om haar lewe weer aanmekaargelym te kry, weet sy nie dis ín plek waar die dood tasbaar na siele vra en die geskiedenis hom herhaal nie. Kort na haar aankoms eis Springklip, die hoe krans waar reeds vier kruise staan, nog ín lewe. Nog iemand wat gespring het. Of gestamp is. Dalk deur Lily self in een van haar vergeettye. Dalk groot, beneukte Ben? Of beskerm Ben vir Kassie, sy verstandelik gestremde broer? En wat is dit aan Kruisbaai dat dese en gene hulle so verlustig in ongeoorloofde vleeslikheid? Die visvrou, Annie Niemand, se postume wraak? Gerbrand Niemand se werkinge uit die hel? Of net die eensaamheid van ín afgesonderde plekkie waar die maan en wind massas water hierdie kant toe stoot en dan weer daardie kant toe sleep?

Vonken Staal (Afrikaans, Paperback): Andre Kluyts Vonken Staal (Afrikaans, Paperback)
Andre Kluyts
R250 R185 Discovery Miles 1 850 Save R65 (26%) Within 4 - 10 working days

Duikboot Johnson is ’n swerwer op ’n wraaktog wat vir jare die droŽ vlaktes van Die Republiek telkemale oorkruis het in sy soeke na die berugte leier van die Vuil Uile, Pappa Gevaar.

Sy obsessie het hom na die stowwerige dorp, Arkadia, gelei en dit is hier waar hy sy beste leidraad in jare ontdek. Maar sy gedobbel teen gevoelens, en sy liefde vir boesems en biere, ontvlam die gevare wat dreig om sy staal te buig.

Vonken Staal is ’n ontploffing van aksie, romanse, grillings en trillings, kaal staal, dansers om ’n paal, en donnerboere op vuistogtoere. Dit is die Afrikaanse verhaal wat Afrikaans praat.

Eindspel (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Eindspel (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R289 Discovery Miles 2 890 Within 7 - 15 working days

Ellie hou van haar nuwe lewe op die platteland. Net wanneer sy nie kan slaap nie gaan sit sy in die spaarkamer, waar haar kaarte, diagramme en lyste opgeplak is. Erens in die web is haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek. En toe hulle kom vir haar, weet sy als was vir hierdie dag. En dat sy sal moet uitvind wie haar soek, en waarom. Die lang wag is verby! Die vervolg op 2014 se Dubbelspel.

Nagreisiger (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Leon van Nierop Nagreisiger (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Leon van Nierop
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) In stock

’n Ligte spanningsverhaal met ’n tikkie liefde.

Nerien-hulle se huishulp vertel haar van kinderdae af van die nagreisiger. Sy kry dikwels nagmerries oor hom – ’n man wat haar in die donker agtervolg of langs die pad staan en duimgooi. Sy kan nooit sy gesig uitmaak nie. Op ’n dag besef Nerien dat die nagreisiger mens se gewete is – en dis onmoontlik om dit te ontvlug. Waarheen ook al jy gaan – jou gewete reis saam …

Die Nagreisiger het oorspronklik in 1995 as ’n tydskrifverhaal in Huisgenoot verskyn, en is in 2004 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2004-publikasie.

Koors (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Koors (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 4
R326 Discovery Miles 3 260 Within 7 - 15 working days

Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie.

Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – ťn mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig.

Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitÍre leier ontpop – kan hż ooit vertrou word?

Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi …

In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.

Op Die Spoor Van - 15 Speurverhale Deur Topskrywers (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Op Die Spoor Van - 15 Speurverhale Deur Topskrywers (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R266 Discovery Miles 2 660 Within 7 - 15 working days

Hierdie boeiende versameling kortverhale bevat skryfwerk van ervare misdaadskrywers en bekendes in ander genres. 'n Reeks geslepe misdadigers kom te staan teen hul ewekniee aan die ander kant van die gereg: polisiemanne, privaatspeurders of net doodgewone mense in ongewone omstandighede. Met verhale deur o.a. Karin Brynard, Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard, Martin Steyn, Jacques Steenkamp, Nathan Trantraal en Deborah Steinmair. Saamgestel deur Rudie van Rensburg.

Die derde spoel (Afrikaans, Paperback): S.J. Naude Die derde spoel (Afrikaans, Paperback)
S.J. Naude
R250 R200 Discovery Miles 2 000 Save R50 (20%) Within 4 - 8 working days

Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op ín Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon. In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, ín soektog wat ín obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van ín groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem. Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort. Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naude se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel, waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.

Hans Steek die Rubicon Oor (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Steek die Rubicon Oor (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R221 Discovery Miles 2 210 Within 7 - 15 working days

Hans loop op 90 niť met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.

Stralerjakkers (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Stralerjakkers (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R266 Discovery Miles 2 660 Within 7 - 15 working days

Stralerjakkers was ’n radioverhaal-fenomeen wat daagliks ’n halfmiljoen mense vasgevang gehou het, en ’n magdom navrae het Leon van Nierop laat besluit om dit tot roman te verwerk. Rykmanseun Tiaan Reyneke, pas vrygelaat nŠ twee onskuldige jaar agter tralies, neem sy intrek by sopkombuis-tannie Girly Lubbe se losieshuis in Newlands, Johannesburg. Daar tuimel ou familiegeheime en geraamtes uit die kas wanneer twee uiteenlopende wÍrelde bots. ’n Verhaal propvol drama, hartstog en humor.

Kamikaze (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Kamikaze (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R276 Discovery Miles 2 760 Within 7 - 15 working days

Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wat hy nou alles in die media oor die SAPD lees. Hyít juis ín ander werksaanbod... Maar dan kom Kassie te midde van sy loopbaankrisis teen die grieseligste booswig nog te staan, en hy moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie en wapenhandel-korrupsie, die ontkleeklub-skemerwereld en ín moordenaar uit jou nagmerries Ė dis alles hier in Kamikaze!

Sondag (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Sondag (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter 2
R275 R250 Discovery Miles 2 500 Save R25 (9%) In stock

Sondag. Oukersaand. Na ín inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos. Kaptein AJ Williams van die Brooklyn-speurtak moet inspring om te help. Alex Derksen en Ranna Abramson is op die spoor van Martina Buitendag, wat in Johannesburg vermis geraak het, en die enigste leidraad is ín tas met R20 000 kontant. Twee misdade. Talle sondes. Meer vrae as antwoorde.

Bet-El (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Bet-El (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R201 Discovery Miles 2 010 In stock

DaniŽl met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde en toewyding van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige en opregte, sy wat so begeer dat haar man net moet sÍ hy het haar lief ...

Dit is twee jaar voor die Anglo-Boereoorlog uitbreek. Daar egter ook konflik aan die oplaai in die betrokke families: tussen broer en broer, man en vrou, minnares en minnaar, kind en ouer.

Soos vandag, was die mens se ergste stryd meer as ’n eeu gelede ook nie teen vlees en bloed nie maar teen die magte van geldgierigheid, geweld, wraak, magsug en eerloosheid. Versoening tussen broers en nasies – wat die mens meesal uitstel tot dit te laat is – is die grootste genade. Daarom bly die vrede en liefde hom ontwyk.

Op daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, weet geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie net dit: God sal sy kinders seŽn, hulle wat naby Hom bly.

Seun (Afrikaans, Paperback): Neil Sonnekus Seun (Afrikaans, Paperback)
Neil Sonnekus
R245 R195 Discovery Miles 1 950 Save R50 (20%) In stock

Seun is ’n verbysterende prestasie in post-apartheid skryfkuns. Die debuutroman deur Suid-Afrikaanse skrywer Neil Sonnekus is tot oorlopens toe vol geesdrif, energie en bravado. Hoewel dit mens soms laat skater van die lag is dit ook pynlik aangrypend en ontsettend roerend.

In Seun lÍ Sonnekus die sogenaamde Noughties op skitterende wyse vas met sy tragikomiese karakter Len Bezuidenhout, ’n onlangs geskeide man wie se soektog na seks net so snaaks is soos sy pogings om ’n babelaasverhaal uit sy pa, ’n puriteinse ou suurknol, te ontwar. Pa en seun kon nie meer verskillend – of eenders – wees nie. Hulle is altwee storievertellers, maar wanneer die verhaal wat Len uit sy pa uittrek stadig maar seker onthul word is dit alles behalwe snaaks. Deur middel van skroeiende humor, vlymskerp sarkasme en ’n brutaal vrymoedige bevraagtekening van die land se “post- ReŽnboognasie”-patologie bring hierdie stilisties imponerende werk vrolikheid, bitter warmte en uiteindelik ook genade.

Seun is met tye lawaaierig en onverpoos eerlik soos dit die politiek as ’n tragiese klugspel ontmasker. Dit is beide selfveragtend en sensueel soos dit die donker kunste van seksuele verowering en begeerte deurkruis terwyl dit terselfdetyd wrede angste rondom misdaad, vervreemding en oudword opdiep.

Soos die skrywer besig is met ’n argeologiese opgrawing van trauma, word die nagevolge van die oorlog, manlikheid, geheue tussen die generasies en smart uitgepak. Seun is ’n onthutsende weerkaatsing van wat dit beteken om ’n wit man te wees in Suid-Afrika wat ’n skielike verlies van mag in die gesig staar en ook worstel met nougesette sosiopolitiese verandering en die vooruitsig van ’n onvervulde en vervreemde bestaan.

Terwyl dit gons en druis van klank, beweging en humor, neem Seun die leser soomloos op ’n diepsinnige reis na selfbegrip en deernis. In ’n donker en ontstellende wending voer dit aan dat die oorheersende kleur van die reŽnboog nie wit of swart geword het nie maar rooi. Bloedrooi.

Bloedlyn (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Bloedlyn (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust 1
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) In stock

Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene.

Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker verdink word van die reeksmoorde wat sy en haar kollega ondersoek. Hoewel die doodstraf destyds oor haar pa uitgespreek is, het hy op pad na sy teregstelling ontsnap en nou lyk dit of hy veel nader aan Renata woon en leef as wat sy gedink het. Eers wanneer hy agter tralies is, sal sy met haar lewe kan aangaan. Wel, in die sin dat sy dan sal kan bewys sy wil hom uit die samelewing verwyder.

Maar is die reeksmoordenaar inderdaad haar pa? En as dit nie is nie, hoekom kry Renata telkens ’n boodskap daaroor en waarom word die slagoffers op sulke strategiese plekke gevind?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dollars Eventualis - Ware Verhale Rondom…
Nico Van Rensburg Paperback R215 Discovery Miles 2 150
Goeie Dood Wat Saggies Byt
Ilse van Staden Paperback R210 Discovery Miles 2 100
Ikarus
Deon Meyer Paperback  (4)
R321 Discovery Miles 3 210
Prooi
Deon Meyer Paperback R320 R250 Discovery Miles 2 500
Dorado
Tom Dreyer Paperback R220 R176 Discovery Miles 1 760
Web
Naomi Meyer Paperback R261 Discovery Miles 2 610
Huilboek
Ryk Hattingh Paperback R226 Discovery Miles 2 260
1795
Dan Sleigh Paperback  (2)
R358 Discovery Miles 3 580
Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva
Sophia Kapp Paperback  (1)
R315 R271 Discovery Miles 2 710
Tussen Die Klippe
Hans Du Plessis Paperback R275 R236 Discovery Miles 2 360

 

Loyalty partners