0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (25)
  • R50 - R100 (153)
  • R100 - R250 (973)
  • R250 - R500 (4,159)
  • R500+ (3,736)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback): Wannie Carstens, Edith Raidt Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback)
Wannie Carstens, Edith Raidt
R750 R676 Discovery Miles 6 760 Save R74 (10%) In stock

In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer is en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede – word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) n veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom.

Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en vanuit Asi (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans benvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies ’n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede.

In Deel 1 is die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.

Burgers & Amptenare - Die vroe ontwikkeling van die kolonie aan die Kaap, 1662?1679 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Burgers & Amptenare - Die vroe ontwikkeling van die kolonie aan die Kaap, 1662–1679 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Shipped within 10 - 15 working days

Ddie vierde van vyf boeke oor vroe blanke vestiging aan die Kaap. Hier word die vestigingsjare van die Nederlandse kolonie aan die Kaap beskryf. Die kommandeurs wat op Jan van Riebeeck gevolg het, staan in sy skadu en kry gewoonlik nie baie aandag in die geskiedenisboeke nie.

In die eerste hoofstukke van hierdie boek val die kollig egter op Zacharias Wagenaer, Cornelius van Quaelberg, Isband Goske en Joan Bax en hulle span VOC-amptenare. In die laaste deel van die boek kom die uitbreiding van die blanke nedersetting na die binneland en die totstandkoming van ’n klas gegoede en gevestigde vryburgers, onder die aandag. Die eerste vryburgers het mense ingesluit soos Steven Jansz Botma, W.C. Mostaert en die Duitser Jacob Cloete, wie se nasate vandag bekende Afrikaanse families vorm. Schoeman beskryf hoe hierdie vryburgers naas hulle boerderybedrywighede ook ander klein ondernemings begin het, soos taphuise, steenmakery en kleremakery.

Aan die hand van boedelinventarisse word nagegaan hoe party van die eens arm vryburgers geleidelik meer grond, vee, implemente en meubels kon bekom, ’n aanduiding van die toenemende welvaart van wat sou uitgroei tot ’n Kaapse elite.

Briewe Uit Die Tankwa (Afrikaans, Paperback): Leti Kleyn, Dawid Slinger Briewe Uit Die Tankwa (Afrikaans, Paperback)
Leti Kleyn, Dawid Slinger; Photographs by Adriaan Oosthuizen
R400 R372 Discovery Miles 3 720 Save R28 (7%) Shipped within 10 - 15 working days

Met kaarte en geografiese grense sal mens wel kan bepaal waar le die Tankwa-Karoo. maar vir Adriaan Oosthuizen kry jy die streek wanneer jy die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika aanpak: die pad tussen Ceres en Calvinia. Saam met Adriaan se fotos vertel Leti Kleyn van haar besoek aan hierdie geliefde stuk land en dit word aangevul deur Dawid Slinger se vertellings en skrywes. n Fees vir die oog, lekkerleesboek en n inligtinggids ineen oor die geliefde streek wat die Tankwa-Karoo heet.

Here En Boere, Boek 5 - Die Kolonie Aan Die Kaap Onder Die Van Der Stels, 1679-1712 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Here En Boere, Boek 5 - Die Kolonie Aan Die Kaap Onder Die Van Der Stels, 1679-1712 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Shipped within 10 - 15 working days
Skei Maak Seer (Afrikaans, Paperback): Johan de Lange Skei Maak Seer (Afrikaans, Paperback)
Johan de Lange
R64 Discovery Miles 640 Shipped within 10 - 15 working days

Is jy seker EGSKEIDING is die enigste, beste, maklikste oplossing vir jou huwelik wat nie werk nie?

Die skrywer van hierdie boek is nie ’n huweliksberader of sielkundige nie. Hy is ’n man wat self die pad van trou en skei (en weer trou en weer skei) geloop het. Dit gee hom ’n ander perspektief op verhoudings as wat hy gehad het as jongman. Ervaring het hom dinge geleer wat hy nou wens hy vroer geweet het.

In Skei maak seer deel hy hierdie kennis en sy storie. Sommige lesse het hy te laat geleer ... Maar miskien is dit vir ander getroudes presies die regte tyd om sy woorde te lees. Om ’n paar waarhede in die o te kyk:

Is jy gereed vir ’n emosionele oorlog sonder logika wat meer as net twee slagoffers gaan agterlaat?

Is jy deeglik bewus van die onbekende oorsake en gevolge wat jou besluit behoort te benvloed?

Verstaan jy die ware aard van die huwelik en dat gelukkig wees eers na harde werk en toewyding volg?

Dis nooit te laat om te verander en jou huwelik te red nie. Dis die hoop wat jy met jou saam kan neem uit een man se seerkry en heel word.

Beloftes Van Hoop (Afrikaans, Large print): Johan Smit Beloftes Van Hoop (Afrikaans, Large print)
Johan Smit
R116 Discovery Miles 1 160 Shipped within 10 - 15 working days

Die Bybel is ’n boek van hoop.

Bybelse, gelowige hoop gaan nie oor ’n skoot in die donker nie. Dit gaan oor die sekerheid van God se beloftes wat op vervulling wag. Dis die ware hoop waarna mense moet gryp wanneer niks meer vas en seker is nie. Dis wat jou sal krag gee om aan te hou en uit te hou in onseker tye.

Beloftes van hoop kyk op ’n ander manier na die wreld. Nie deur ’n bril van moedeloosheid nie, maar deur die bril van die Woord. Al die oordenkings gaan nie net oor hoop nie, maar elkeen word gedra deur hemelse beloftes wat waar en betroubaar is.

Voel God vir jou ver, onbetrokke en onwerklik? Dan het jy hierdie beloftes nodig om weer veilig en versorg te voel. Sonder die hoop wat Hy gee, kan daar nie liefde, vreugde en vrede in jou lewe wees nie. Laat hierdie boek jou oortuig om weer te glo in die goeie. Dan kan jy genees word van jou vrese en pyn.

Ons Japie - Die Boereoorlogdagboek van Anna Barry (Afrikaans, Paperback): Anna Barry Ons Japie - Die Boereoorlogdagboek van Anna Barry (Afrikaans, Paperback)
Anna Barry; Compiled by Ena Jansen
R210 Discovery Miles 2 100 Shipped within 10 - 15 working days

Wanneer n mens aan die ervarings van Boerevroue en -kinders tydens die Anglo-Boereoorlog dink, is die outomatiese konnotasie die van konsentrasiekamplyding. n Fassinerende en grotendeels onbekende buitebeentjie in hierdie genre is die dagboek van Anna Barry, waaruit n unieke en veelkantige beeld van die oorlog na vore kom. Aan die een kant van Anna se oorlogservaring staan haar broer Japie n begeesterde jong soldaat wat uiteindelik as krygsgevangene op Ceylon sterf. Hierteenoor le haar geliefde pa Thomas (aanvanklik n gerespekteerde veldkornet) al in 1900 die eed van neutraliteit af, en wag hy die grootste gedeelte van die oorlog in die neutrale Basoetoland uit. Vir die tienderjarige Anna is die oorlog as gevolg hiervan n uiters verwarrende ervaring en haar dagboek bied n sonderlinge blik op die gefragmenteerdheid en buigbaarheid van konsepte soos identiteit, nasie en volk. Die feit dat die dagboek eers in 1960 vir die eerste keer gepubliseer is en daarna grotendeels in die vergetelheid verval het, is verder veelseggend in terme van hoe Anna self verwag het haar ervarings kort na die oorlog ontvang sou word maar ook in terme van hoe blinde lojaliteit aan sekere groepe so dikwels in die geskiedenis van Suid-Afrikaners vereis is. Die dagboekteks, geboekstut deur Ena Jansen se insiggewende en verhelderende voor- en nawoord, bied nie slegs n sonderlinge blik op die Anglo-Boereoorlog nie, maar is verweef met kwessies van taal, politieke mag en sosiale status wat vandag nog net so relevant is soos toe die dagboek geskryf is.

Finesse Voelgoed Boekie Oor Hoop (Afrikaans, Paperback): Finesse Voelgoed Boekie Oor Hoop (Afrikaans, Paperback)
R64 Discovery Miles 640 Shipped within 10 - 15 working days

Die lewe gooi jou soms teen die grond:

- Jy kry kanker.

- Jy en jou man skei.

- Jou tienerkind raak swanger.

- Jy word tydens ’n huisroof verkrag.

Maar jy kan kies – gaan jy plat op jou gesig in die stof bly l of gaan jy soos ’n rubberballetjie boontoe spring?

Jy is nie alleen nie – ongeag waardeur jy ook al op die oomblik gaan. Jy het ’n liefdevolle Vader vir wie jy oneindig kosbaar is. Hy hou jou styf vas terwyl jy seer het of soos ’n mislukking voel. Hy maak jou weer heel. En aan die einde van hierdie seerkrypad sal jy jou storie van hoop kan gebruik om ’n verskil in ander se lewens te maak.

Hierdie boekie is geskryf deur vroue net soos jy. Vroue wat hulle harte vreesloos oopgemaak het om vir jou te vertel hoe hulle as oorwinnaars aan die ander kant uitgestap het. Die boekie sal jou hoop gee en jou bemagtig om ’n lewe van oorgawe en oorwinning te leef.

Confessions Oor Kerkwees (Afrikaans, Paperback): Jaco Strydom Confessions Oor Kerkwees (Afrikaans, Paperback)
Jaco Strydom
R109 Discovery Miles 1 090 Shipped within 10 - 15 working days

Confessions oor Kerkwees reflekteer Jaco Strydom se nadenke oor die Kerk en Christenwees in ʼn modern tyd.

”CONFESSIONS OOR KERKWEES reflekteer my nadenke in koerante, tydskrifte, my blog en ander publikasies.

Wanneer jy ’n rubriek of artikel skryf, skryf jy vir ’n spesifieke leser, die tipiese oom of tannie wat daai koerant of tydskrif koop. Die goed op my blog is anders – wie weet wie lees dt? Baie van wat ek daar geskryf het, het uitgeglip en is nie beplan nie.

Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin n wit n swart, mooi en lelik, goed en sleg. In die woorde van Diane Ackerman: “It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.” My hoop is dat jy iets hiervan sal raaklees.

My grootste inspirasie was nog altyd die vreemde wesens wat ek deur die jare raakgeloop het op onwaarskynlike plekke – selfs in my drome. Baie van hulle waag dit selde op “tradisioneel godsdienstige plekke”, maar hulle ken geheime oor God. Ek wil jou graag aan ’n paar van hulle voorstel.

Ek het met die saamstel van die boek agtergekom dat ek nie altyd met myself saamstem nie, hier en daar weerspreek ek myself. Ek vermoed ek is geestelik effens bipolr, veral met betrekking tot die kerk. Soms laat sy my huil, soms laat sy my lag, soms wonder ek of as Jesus vandag sou lewe, Hy ons ook van die Christendom sou wou verlos.

Die boek is dus ietwat deurmekaar, maar ten minste (hoop ek) nie te vervelig nie ...”

Oorleef Jou Man Se Midlewe Krisis (Afrikaans, Paperback): Johan Pienaar Oorleef Jou Man Se Midlewe Krisis (Afrikaans, Paperback)
Johan Pienaar
R51 Discovery Miles 510 Shipped within 10 - 15 working days

Min dinge krap 'n vrou se lewe so deurmekaar soos 'n man wat deur 'n midlewe-ervaring worstel -kompleet met 'n blink nuwe ryding en skielike gedaanteverwisseling. Jou man se midlewe hoef egter nie 'n krisis te wees nie! Oorleef jou man se midlewe (krisis) vat jou hand op die (dikwels klipperinge) pad deur midlewe en gee hoop en leiding aan elke vrou wie se man oornag in 'n vreemdeling verander het. So baie vrese oor midlewe is niks meer as bangmaak storiesnie. Jou man se liggaam verander, sy prioriteite verander, selfs jul sekslewe verander, maar niks hiervan hoef negatiewe ervarings te wees nie. Midlewe kan die begin van 'n wonderlike nuwe avontuur vir jul huwelik wees en hoef nie met angs en agterdog ingewag te word nie. Pak die bul by die horings en loop jou man se midlewe-frustrasiestrompop! Jy sal sien, die tweede helfte van die lewe kan net sovee lpret wees as die eerste. Maar gordel vas, midlewe is 'n vinnige rit!

Handelsryk In Die Ooste - Die Wreld Van Die VOC, 1619?1685  (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Handelsryk In Die Ooste - Die Wreld Van Die VOC, 1619–1685 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Shipped within 10 - 15 working days

Handelsryk in die Ooste is die tweede deel van ’n vyfdelige reeks oor vroe blanke vestiging aan die Kaap.

In di deel beskryf Karel Schoeman die totstandkoming en bestuur van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se uitgebreide handelsnetwerk in die gebied van die Indiese Oseaan gedurende die sewentiende eeu. Vir die meeste Suid-Afrikaanse lesers wat maar min kennis van die VOC het, bied hierdie boek besonder baie insigte en word die stigting van die klein verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop in 1652 in konteks geplaas. Dit gee byvoorbeeld aandag aan die groot intra-Asiatiese handelsnetwerk wat selfs voor die koms van die Portugese en Spaanse ontdekkingsreisigers in die gebied bestaan het, aan die wedywering tussen die seevarende moondhede Portugal, Nederland, Engeland en Frankryk om vastrapplek in verskillende Oosterse lande te kry en aan die soms bloedige stryd om monopolie in die handel met kosbare produkte soos speserye, tekstiel en porselein te verkry.

’n Aantal hoofstukke word gewy aan Batavia, die VOC se administratiewe hoofstad: Vanuit die VOC-kantore is die retoervlote gekordineer; hiervandaan is verkenningstogte na die binneland onderneem; het die amptenary en ryk handelaars ’n swierige lewenstyl ontwikkel en het kosbare Oosterse meubels en tapyte modieus geword. Ten slotte word ook aandag aan die verskynsel van slawerny en die invloed wat dit gehad het op die koloniale lewe, ook aan die Kaap.

Marthinus Theunis Steyn (Afrikaans, Paperback): M.C.E. Van Schoor Marthinus Theunis Steyn (Afrikaans, Paperback)
M.C.E. Van Schoor
R263 Discovery Miles 2 630 Shipped within 10 - 15 working days

Enige land se geskiedenis lewer figure op waarvan die grootsheid nie deur tyd en vergetelheid gestroop kan word nie. In die Suid-Afrikaanse konteks is Marthinus Theunis Steyn so n figuur: n man wat hom selfloos aan sy volk gewy het en bereid was om alles vir sy mense se vryheid op te offer. Die leser word op boeiende wyse betrek by Marthinus Theunis Steyn se kleurvolle lewensverhaal: hoe hy nooit sy herkoms as Vrystaatse plaasseun verraai het nie en selfs as president in voeling met die eenvoudigste Boere gebly het; hoe hy sy uitmergelende siekte met volharding bly beveg het en hoe sy geloof in God en sy liefde vir sy gesin en sy erfgrond hom in tye van beproewing staande gehou het.

'n Lewe Voor God (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert 'n Lewe Voor God (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) In stock

'n Lewe voor God bestaan uit 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers en teolo, Stephan Joubert. Stephan help ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van alledaagse temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.

Patrisiers and Prinse - Die Europese Samelewing En Die Stigting Van 'N Kolonie Aan Die Kaap, 1619-1715 (Afrikaans,... Patrisiers and Prinse - Die Europese Samelewing En Die Stigting Van 'N Kolonie Aan Die Kaap, 1619-1715 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman 1
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Shipped within 10 - 15 working days

Patrisiers & prinse is die eerste deel van 'n vyfdelige reeks oor vroee blanke vestiging aan die Kaap. In die deel beskryf Karel Schoeman die sewentiende-eeuse Europese wreld waarin Jan van Riebeeck en sy tydgenote grootgeword het. Hierdie wereld vorm die agtergrond van die verversingspos wat die VOC in 1652 by Kaap die Goeie Hoop sou stig. In die eerste twee hoofstukke en in hoofstuk 4 word die opkoms en hoogbloei van die Nederlandse Republiek bespreek. Die Frankryk van Lodewyk XIV kry in hoofstuk 3 aandag, met klem op die toenemende oorheersing van Europa deur die Franse kultuur. Besonder boeiend is die dele wat gewy word aan die opkoms van die hoe burgerstand in Nederland en die versamelaarsdrif wat deur die stand se welvaart en die kontak met Nederland se kolonies moontlik gemaak is. In die laaste twee hoofstukke wys Schoeman daarop dat Europa in die sewentiende eeu nog besonder naby aan die Middeleeue gestaan het en bespreek hy die soms skokkend primitiewe lewenswyse wat maar geleidelik nader aan die moderne beweeg het.

Sprankel (Afrikaans, Paperback): Janine Truter Sprankel (Afrikaans, Paperback)
Janine Truter
R64 Discovery Miles 640 Shipped within 10 - 15 working days

God, vriende, familie, liefde, skoonheid en nog vele meer – alles wat ‘n meisie moet weet om te sprankel in een boek!

Jy is ’n meisie en die toekoms l oop voor jou. Maar hoe behoort ’n gelowige meisie op te tree? Hoe weet ’n mens in vandag se tyd, wat reg en verkeerd is? Hoe vind jy uit wat jy met jou lewe wil doen? Hoe kan jy mooi van buite wees, sonder om minder mooi van binne te wees?

Hier is meisies se ultimate gids tot die lewe:

1. Geloof is waaroor die lewe eintlik gaan

2. God is altyd aan jou kant

3. Jy is hier om te sprankel

4. Tyd saam met Hom is jou krag

5. Jy is uniek en baie spesiaal

6. Die regte ou op die regte tyd

7. Ware liefde is ’n doelbewuste keuse

8. Jy bepaal die grense in julle verhouding

9. Jou vriendinne en ouers is ’n prioriteit

10. Maak vrede met jou lyf

11. Laat jou klere vir jou lyfvorm werk

12. Eet en leef gesond vir ekstra woema

13. Kry die regte look en lyk fantasties

14. Wenke vir daardie eerste afspraak

15. Gym-rels gaan oor respek vir ander

16. Goeie maniere is steeds in die mode

Veldsmanne (Afrikaans, Hardcover): J von Moltke Veldsmanne (Afrikaans, Hardcover)
J von Moltke
R263 Discovery Miles 2 630 Shipped within 10 - 15 working days

Die Angola-Boere was afstammelinge van die Dorslandtrekkers wat vir sewe jaar deur woeste en onbekende lande moes swerf voordat hulle die beloofde land bereik het. Hier vertel die ou Boerepioniers op hulle eie, ongekunstelde manier van hulle jagvernuf en krygsvernuf en hoe hulle in Angola geleef en die land help tem het. Willie Meester (Opperman) vertel van die kaalvoetjagter Larssen (die knapste olifantjagter wat seker ooit geleef het), die jagkonings van die Shimborro, die kwaai olifant van Catengue, petaljes met seekoeie, leeujag en slawerny in Angola. Oom Willem Grobler (n Voortrekker-afstammeling) vertel van oom Paul Venter en sy viool en die veldtogte teen Maranga, Ndoendoema en Huambo. Oom Peet van der Merwe (skrywer van Ons halfeeu in Angola) vertel van die Vlugekspedisie (1906) en die Wenekspedisie (1907).

Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652?1662  (Afrikaans, Hardcover): Karel... Kolonie Aan Die Kaap - Jan Van Riebeeck En Die Vestiging Van Die Eerste Blankes, 1652–1662 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Shipped within 10 - 15 working days

Kolonie aan die Kaap is die derde van vyf boeke oor vroe blanke vestiging aan die Kaap.

In di deel vestig Karel Schoeman die aandag op die eerste blanke intrekkers. Die VOC (Verenigde Oostindische Compagnie), het in 1651 besluit om in Tafelbaai ’n verversingspos te stig ten behoewe van die Kompanjie se skeepvaart tussen Nederland en die Ooste en dis met hierdie doel dat kommandeur Jan van Riebeeck in Desember van daardie jaar met sy vlootjie van vyf skepe na die Kaap uitgeseil het.

Die eerste hoofstuk gee aandag aan Van Riebeeck se lewe en loopbaan tot en met hierdie datum en in die tweede hoofstuk word die werksaamhede rondom die vestiging van die verversingspos aan die hand van Van Riebeeck se dagboeke en briewe en die geskrifte van vroe besoekers beskryf. Die omstandighede van die pioniersgroepie wat uitvoering aan Van Riebeeck se opdragte en ambisieuse planne moes gee, word in hoofstuk 3 bespreek. Aanvanklik moes alle lewensmiddele, gereedskap, saad, plantjies en selfs perde uit die Ooste ingevoer word. ’n Fort, wat skuiling en beskerming teen wilde diere en vyandige Khoi-stamme moes gee, is in 1666 voltooi. Hoe die verskillende sosiale groeperinge soos die ho amptenare, die ambagsmanne, soldate en slawe in di Fort gewerk, geleef en soms ook gesterf het, die onthale, kerk- en gebedsdienste en militre parades kom in hoofstuk 4 aan die bod.

’n Klein klompie ho Kompanjiesamptenare was deel van die Kaapse nedersetting, maar dit was hoofsaaklik uit die groter groep werksvolk, soldate en matrose dat die latere vryburgers afkomstig was. Die uiters moeilike omstandighede, teenslae en mislukkings van die aanvanklike groepie van nege, maar ook die enkele suksesverhale, word in hoofstuk 7 bespreek. Die boek sluit af met ’n oorsig oor Van Riebeeck se latere loopbaan in die Ooste en sy oorlye in 1677.

Wat S Jy? (Afrikaans, Paperback): Liesel Krause-Wiid, Greta Serfontein, Norma Rossouw Wat S Jy? (Afrikaans, Paperback)
Liesel Krause-Wiid, Greta Serfontein, Norma Rossouw
R64 Discovery Miles 640 Shipped within 10 - 15 working days

Leer hoe om ʼn verskil in iemand se lewe te maak.

Om met iemand te praat moet jy woorde gebruik. Alles wat ons elke dag doen is deur woorde. Of jy praat by die werk, ʼn e-pos aan ʼn klint of ʼn boodskap aan ʼn vriendin stuur, dit wat jy s kan ʼn baie groot impak op iemand se lewe h.

Jou woorde het krag en dit is tyd dat vroue in ons land dit verstaan en begryp. Alhoewel ons woorde nie iets kan skep, soos God die wreld geskep het nie, kan jy iemand se lewe opbou of afbreek.

40 leraars skryf saam om jou te leer hoe om ʼn verskil in iemand se lewe te maak, wat jou nie tyd of moeite sal kos nie, net twee keer dink voor jy praat.

Maak 'n Kopskuif: Elke Dag - 365 Inspirerende Oordenkings vir 'n Lewe van Oorvloedige Blydskap en Gesondheid... Maak 'n Kopskuif: Elke Dag - 365 Inspirerende Oordenkings vir 'n Lewe van Oorvloedige Blydskap en Gesondheid (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) In stock

366 oordenkings wat jou lei om ’n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef.

Volgens navorsers is die meeste van die siektes waaraan ons vandag ly, die volg van ons gedagtes. Wat ons dink, benvloed werklik ons fisieke en emosionele lewe. Trouens, vrees alleen is die sneller vir 1 400 fisieke en chemiese reaksies in ons liggame wat meer as 30 hormone aktiveer. Ons hedendaagse wreld ervaar ’n epidemie van toksiese gedagtes wat, as die onverstoord gelaat word, die ideale toestand vir siektes skep.

In Maak ’n kopskuif – elke dag gee dr. Caroline Leaf vir lesers wenke vir beter gesondheid en heelheid deur net die regte denkpatrone te ontwikkel. Met 366 oordenkings, elk met ’n gesondheidswenk, help sy lesers om elke dag ’n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef. Haar unieke oordenkings bied vir lesers bemoediging en strategie om die voordeel om elke dag die voordeel geniet van ’n gedagtewreld wat ’n detoks deurgegaan het.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Switch On Your Brain – Every Day.

Groep Sonder Grense - Die Rol En Status Van Die Gemengde Bevolking Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Paperback, 3rd edition):... Groep Sonder Grense - Die Rol En Status Van Die Gemengde Bevolking Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Paperback, 3rd edition)
H.F. Heese
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days
Vroue Van Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vroue Van Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R77 Discovery Miles 770 Shipped within 10 - 15 working days

Kosmoslaan is nie ’n lang straat nie. En dis seker meer van ’n singel as ’n laan. Dis deel van ’n groter behuisings-kompleks in een van die luukser Noordelike voorstede van Kaapstad. Ses vriendinne in hierdie straat word ontkant gevang met die nuwe intreker, Hugo sy verskyning maak.

Is dit hy, kan dit werklik hy wees, wonder Ida toe sy die man se o sien.

Suurlemoenseisoen - Genees en Herstel Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Amanda de Lange Suurlemoenseisoen - Genees en Herstel Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Amanda de Lange
R160 R129 Discovery Miles 1 290 Save R31 (19%) Shipped within 7 - 15 working days

Die suurlemoen is een van die mees veelsydige vrugte in die natuur – dit kan ingespan word vir reiniging, genesing, skoonheid en geursel in kos. Suurlemoenseisoen bevat 52 werkstukke wat ontwerp is om die suur van die lewe te neem en dit te verander in iets soets.

Die verskillende onderwerpe is in ’n spesifieke volgorde gekies:

1. Reinig: die skoonmaak van wonde

2. Genees: die heling van wonde

3. Mooi maak: die vermooiing van letsels

4. Geur – sout: Selfs wanneer dinge vir ons suur lyk, is die Here goed. Leer hoe om na die lewe te kyk en dit raak te sien.

5. Geur – soet: Ons word oortuig van God se goedheid te midde van spatsels suur.

Die boek wil lesers help om anders na hul lewe en omstandighede te kyk en te begin dink in terme van die liefde en goedheid van God as ’n Vader, Verlosser en Vertrooster. Om te besef dat daar in Hm altyd ’n oplossing is vir selfs die suurste suur wat die lewe kan opdis.

Suid-Afrikaanse Vrykorps Van Duits-Suidwes-Afrika (Afrikaans, Paperback): Gordon McGregor Suid-Afrikaanse Vrykorps Van Duits-Suidwes-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Gordon McGregor 1
R172 Discovery Miles 1 720 Shipped within 10 - 15 working days

Die geskiedenis rondom die Vrykorps en hul alliansie met die Duitse Koloniale Troepe in Duits-Suidwes-Afrika is om verskeie redes interessant maar die belangrikste hiervan is waarskynlik die feit dat dit die eerste en enigste keer in die geskiedenis was dat Boere hul vaderland, Suid-Afrika, binnegeval het en Boer teen Boer geveg het. Hierdie boek vertel die Vrykorps se storie vanaf hul ontstaan tot hul ontbinding en word toegelig met n lys van al die Vrykorpslede, die wapens wat hulle gebruik het, hul range en gedetailleerde inligting oor hul aktiwiteite en die veldslae waaraan hulle deelgeneem het.

Die Konsentrasiekampe (Afrikaans, English, Paperback): J.C. Otto Die Konsentrasiekampe (Afrikaans, English, Paperback)
J.C. Otto
R167 Discovery Miles 1 670 Shipped within 10 - 15 working days

Teen die einde van die Anglo-Boereoorlog was terme soos "misdaad teen die mensdom", "oorlogsmisdadigers", volkemoord" en "etniese suiwering" begrippe wat nog ver in die geskiedenis le. Bykans 'n kwart van die konsentrasiekampbevolking het gedurende agt maande in 1901 daar omgekom. Aan die iende van die oorlog sou 29 000 afrikaners, waarvan 22 000 kinders, en moontlik soveel as 18 000 swart mense hulle einde in konsentrasiekapker-howe vind. Die sterftes in die kampe, hele dorpe wat verwoes is, die platteland wat grootskaals ontvolk is, en die vrees dat die "hele Afrikaanse volk kan uitsterf", sou uiteindelik tot die Vrede van Vereeniging lei. Die konsentrasiekampe het in die hart van die Afrikaner 'n vuur van verbittering aangesteek wat dalk nooit geblus sal word nie. As al die smart, smaad en verbittering wat die Afrikaner in sy ganse geskiedenis gely het, lankal vergete sal wees, sal daardie vuur nog vlam, want dit het " 'n merk vir die eeue gebrand op ons volk"(Leipoldt).

Liefde is Die Grootste (Afrikaans, Paperback): Cas Vos, Dirk Human Liefde is Die Grootste (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos, Dirk Human
R20 Discovery Miles 200 Shipped within 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n…
Ton Vosloo Paperback R275 R225 Discovery Miles 2 250
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (3)
R240 R197 Discovery Miles 1 970
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (1)
R240 R191 Discovery Miles 1 910
Bloedbande - 'n Donker Tuiskoms
Wilhelm Verwoerd Paperback R300 R258 Discovery Miles 2 580
Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense
Richard Steyn Paperback  (1)
R250 R205 Discovery Miles 2 050
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (2)
R350 R329 Discovery Miles 3 290
My Kreatiewe Joernaal-Bybel
Wil Vosloo, Andrie Du Toit Leather / fine binding  (4)
R700 R549 Discovery Miles 5 490
Ons Kom Van Vr - Bydraes Oor Bruin…
W.A.M. Carstens, Michael le Cordeur Paperback  (1)
R239 Discovery Miles 2 390
Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n…
Jackie Grobler Paperback  (2)
R230 R188 Discovery Miles 1 880

 

Partners