0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (24)
  • R50 - R100 (154)
  • R100 - R250 (970)
  • R250 - R500 (4,159)
  • R500+ (3,735)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Wie is die heilige gees - Ervaar die krag van die heilige gees in jou lewe (Afrikaans, Hardcover): Nancy Taylor, Phil Ryken Wie is die heilige gees - Ervaar die krag van die heilige gees in jou lewe (Afrikaans, Hardcover)
Nancy Taylor, Phil Ryken
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Een van die beste maniere waarop ons in ons geloof kan groei, is om soveel moontlik vrae te vra. Wie is die Heilige Gees?fokus op die derde Persoon van die Drie-eenheid, naamlik die Heilige Gees. Wie is die Heilige Gees? is spesifiek geskryf vir mense wat nog nie lank gelowiges is nie, maar dit kan ook baie beteken vir enige iemand wat meer oor die Heilige Gees wil leer. Die 60 vrae oor die Heilige Gees word in 6 afdelings bespreek: Die Persoon van die Heilige Gees; Die Heilige Gees en Jesus; Wat die Heilige Gees in die wereld doen; Die Heilige Gees in die lewens van individue; Hoe ons in 'n verhouding met die Heilige Gees staan; Die gawes van die Gees; Hierdie boek sal jou help om tot 'n dieper begrip van Jesus te liefde te kom en die Heilige Gees n werklikheid te maak in jou lewe. Ook beskikbaar in Engels onder die titel Who Is the Holy Spirit?

199 Gunsteling Bybelverse vir Mans (Afrikaans, Paperback): 199 Gunsteling Bybelverse vir Mans (Afrikaans, Paperback)
R49 R41 Discovery Miles 410 Save R8 (16%) Shipped within 5 - 10 working days

199 van die bekendste en mees geliefde teksverse sal elke dag hoop en bemoediging bied.

Al leef ons in ’n tyd waarin die Bybel met die druk van ’n knoppie beskikbaar is, is dit steeds belangrik om God se Woord in ons hart te bewaar. Die spesiaal uitgesoekte teksverse in die 199 Gunsteling Bybelverse vir mans sal hulle inspireer om juis dit te doen. Die versameling teksverse is tematies gerangskik, kan maklik gememoriseer word en is ’n bemoedigende en inspirerende manier om elke dag te begin.

Ook beskikbaar in Engels onder titel 199 Favorite Bible Verses for Men.

Die Trouboek (Afrikaans, Paperback): Gretha Wiid Die Trouboek (Afrikaans, Paperback)
Gretha Wiid
R80 Discovery Miles 800 Shipped within 10 - 15 working days

Alles wat julle nodig het om die perfekte troudag n huwelik te verseker. Skep moed, julle is nie alleen nie!

Julle is verloof! En droom saam oor die dag wanneer julle uiteindelik man en vrou gaan word. Alles is perfek ... totdat julle besef wat alles gedoen moet word en hoeveel dit gaan kos!

Skielik stry julle oor wie genooi moet word en is jy ongelukkig omdat jy nie meer jou droomrok kan kry nie, want liefie s dit is te duur! Kort voor lank stry julle oor elke aspek van die troue; julle verhouding ly daaronder en jy wonder of dit hoegenaamd die regte besluit was om verloof te raak.

Gretha Wiid is ’n kenner as dit by verhoudings kom, en berei julle voor vir die getroude lewe, hoe om te kommunikeer, verskille te hanteer, mekaar spasie te gee en om jou identiteit te behou.

Yoland Edelinksi weet van troukoors en hoe om die perfekte troue in 52 weke te beplan en seker te maak jy het alles betyds in plek van die perfekte trourok, fotograaf en selfs die kleinste geskenkies.

Die week-vir-week-beplanning sluit in:

• Hoe om die begroting op te stel

• Kies die beste fotograaf

• Kleurskemas en temas

• Gastelyste en tafelplasings

• Heildronke om in te stel

• Uitnodigings en skryfbehoeftes

365 Wyshede Uit Die Pen Van Hettie Brittz (Afrikaans, Paperback): Hettie Brittz 365 Wyshede Uit Die Pen Van Hettie Brittz (Afrikaans, Paperback)
Hettie Brittz
R77 Discovery Miles 770 Shipped within 10 - 15 working days

Wonder jy ook waar is jou kind heen en wie is hierdie alien?

Alles is ’n stryd: gesonde kos eet, rels gehoorsaam ... Ouers voel soos mislukkings omdat dit lyk of hulle geen dissipline toegepas kry nie. Hulle voel skuldig omdat hulle heeldag raas.

Stop! Bly net kalm en lees een van hierdie 365 Wyshede uit die pen van Hettie Brittz. Hier is genoeg vir ’n hele jaar. Of jy kan sewe op een slag lees. Net soos jy wil, wanneer jy wil, volgens j behoefte. En jy kan haar raad wat werk en haar insigte wat inspireer vir vriende en familie aangee, wanneer hulle moedeloos is met hulle ouerskap.

Hierdie aanhalings leer jou om jou kind se unieke temperament te verstaan. Hulle gee wenke om met gesag op te tree wat getuig van God se liefde. En hulle verseker jou jy kn jou boompie op die regte manier buig en snoei.

Saam in Suid Afrika (Afrikaans, Paperback): Pieter van Niekerk, Jones, Chris, Saam in Suid Afrika (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Niekerk, Jones, Chris,
bundle available
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) In stock

Sluimerende rassisme het na 1994 se reenboogdroom met 'n knal oopgebars. Die rassisme-sweer is besig om dit wat mooi en uniek van Suid-Afrikaners is, te besmet. In hierdie boek word voorraad opgeneem van die situasie deur na bekendes en minder bekendes se stories en ervarings te luister, dit saam te vat en aan die hand daarvan voorstelle te maak, sodat ons mekaar se andersheid kan vier.

Wat S Jesus Oor ... (Afrikaans, Paperback): Solly Ozrovech Wat S Jesus Oor ... (Afrikaans, Paperback)
Solly Ozrovech
R122 Discovery Miles 1 220 Shipped within 10 - 15 working days

Wil jy weet wat Jesus alles gese het? Vir gelowiges is Jesus Christus die Alfa en die Omega, die A tot Z. Wanneer probleme ons oorweldig en ons worstel met vrae, wil ons by Hom die antwoorde weet. Nou kan jy alles in een omvattende gids naslaan oor dit wat Jesus se. Al die woorde van Jesus wat opgeteken is in die Nuwe Testament, is opgesoek, saamgevoeg en in temas opgedeel. Om dit nog makliker te maak, is dat die temas alfabeties gerangskik is: doop, geld, genade en nog baie meer.

Wysheid uit die Woord (Afrikaans, Leather / fine binding): Troy Johnsen Wysheid uit die Woord (Afrikaans, Leather / fine binding)
Troy Johnsen
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Word genspireer om 365 dae van die jaar God se pad te stap en by Hom antwoorde te soek vir jou lewensvrae.

Ons kom elke dag voor soveel keuses te staan, en omdat God ons met vrye wil geskep het, kan ons self kies wat ons wil doen. God het ons egter lief; daarom moedig Hy ons sagkens aan om Hm te kies.

Wysheid uit die Woord lei ons in 365 dae om elke dag God se aangesig te soek wanneer ons voor groot keuses te staan kom. Die kort, kragtige oordenkings met kleur drukwerk inspireer ons om God se hand te neem, na sy stem te luister, sy Woord te lees en ons hartsbegeertes in gebed met Hom te deel. En omdat Hy ons liefhet, is God naby ons, wag Hy vir ons, luister Hy en lei ons om die pad te kies wat na ware lewe lei, nou en tot in die ewigheid. Insiggewende aanhalings deur groot geeste soos moeder Teresa en Oswald Chambers is met die dagstukke vervleg.

As ons elke dag die pad saam met God wandel en sy antwoorde op ons lewensvrae soek, sal ons keuses maak wat tot liefde, vreugde, vrede en ware vervulling in ons lewe lei.

Ook beskikbaar in Engels onder titel God’s Daily Answers

Gebede vir 'n Ma se Hart (Afrikaans, Leather / fine binding): Dalene Reyburn Gebede vir 'n Ma se Hart (Afrikaans, Leather / fine binding)
Dalene Reyburn
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Meer as 100 gebede vir elke ma wat gekoester wil word in God se sorg en vrede.

Voel jy soms oorweldig deur jou verantwoordelikheid – en feilbaarheid – as ’n ma? In Gebede vir ’n ma se hart herinner Dalene Reyburn jou dat God belowe om vir jou alles te gee wat jy nodig het om die kinders te vorm wat Hy vir jou gegee het.

Die meer as 100 gebede in Gebede vir ’n ma se hart sal jou help besef dat God se teenwoordigheid in jou en jou kinders se lewe die kalmte en krag in elke dag se besigwees is. Die gebede se pragtige ontwerp word gekomplementeer met inspirerende teksverse en is verdeel in sewe temas met ’n kragtige oordenking om elke tema bekend te stel. Die temas sluit in God se intieme kennis van ons lewens, verlossing, sekuriteit en leiding.

Wanneer jy hierdie gebede oor jou kinders bid, ervaar vrede in die wete dat God se liefde en sorg vir hulle meer is as wat jy jou ooit kan voorstel.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Prayers for a Mom's Heart

Boomwortels in die Hemel (Afrikaans, Paperback): Pierre du Plessis Boomwortels in die Hemel (Afrikaans, Paperback)
Pierre du Plessis
R215 R185 Discovery Miles 1 850 Save R30 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Hierdie boek handel oor die onderstebo koninkryk van God.

Hierdie koninkryk wat op 'n heel anderster manier werk as wat ons mense werk. Jesus se slagspreuk; die koninkryk van die hemel is hier word getakel in hierdie stuk met 'n spesifieke verwysing na vele van sy gelykenisse en aforismes.

Wanneer ons na Jesus se lering en stories, in die maatskaplike en politiese konteks van sy tyd kyk ontbloot dit 'n heel ander perspektief. 'n Perspektief wat ongemaklik, selfs irriterend, tog steeds lewegewend is. Hierdie koninkryk wat alles op sy kop kom draai het, of eintlik weer regop gedraai het, is waar ons, ons menslikheid herontdek.

Die boek is opgedeel in drie dele, drie areas en aspekte van elke mens se lewe wat Jesus op hulle, kop of weer regop, kom draai het. Ek en God, ek en myself, en ek en my dorp.

Hierdie werk se doel is ook om die ‘Liewe Jesus’ beeld te dekonstrueer, en die radikaliteit van Jesus se boodskap en die koninkryk na vore te bring.

100 Dae van Dankbaarheid (Afrikaans, Paperback): Francine Prins 100 Dae van Dankbaarheid (Afrikaans, Paperback)
Francine Prins
R195 R149 Discovery Miles 1 490 Save R46 (24%) Pre-order

Mense wat dankbaar is, gelukkiger slaap, beter fokus, is beter en is makliker om mee oor die weg te kom. Om meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal probeer streef. Francine Prins, redakeur van LiG neem ons op ’n 100 dae reis van dankbaarheid. Sy wys ons hoe ons elke dag kan dankbaar wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid te leef.

Die Buiteposte (Afrikaans, English, Hardcover, illustrated edition): Dan Sleigh Die Buiteposte (Afrikaans, English, Hardcover, illustrated edition)
Dan Sleigh
R495 R455 Discovery Miles 4 550 Save R40 (8%) Shipped within 10 - 15 working days

'n Verversingstasie is in 1652 in Tafelbaai aangele om skepe te bedien op die roete tussen Europa en Oos-Indie. Die diens is deur 'n netwerk van bemande buiteposte aan die Kaapse kus en op die nabygelee eilande moontlik gemaak. Die Buiteposte is die resultaat van 30 jaar van navorsing in Suid-Afrika en in Europa, waar die VOC sy ontstaan gehad het. Dr. Sleigh is een van slegs 'n klein aantal geskiedkundiges wat die sewentiende-eeuse skrif van die VOC-dokumente met gemak lees. Hy is lid van verskeie plaaslike en internasionale geskiedenisverenigings en bewaringsorganisasies en word landswyd erken as adviseur rakende sake wat op die VOC betrekking het.

Voortrekkerstamouers 1835?1845 (Afrikaans, Hardcover, 2nd edition): Jan C. Visagie Voortrekkerstamouers 1835–1845 (Afrikaans, Hardcover, 2nd edition)
Jan C. Visagie
R395 R368 Discovery Miles 3 680 Save R27 (7%) Shipped within 10 - 15 working days

Voortrekkerstamouers 1835–1845 is die eerste keer in 2000 gepubliseer. Di tweede, hersiende uitgawe is aangevul met 214 nuwe stamouers. Dit bring die aantal mense wat die Groot Trek meegemaak het, op 23 000 te staan, in plaas van die oorspronklik geskatte 20 000.

Wat hierdie databasis van Voortrekkers nog meer besonders maak, is die versameling uiters skaars foto’s en portrette wat aangebied word.

In hierdie fotokabinet kan ongeveer 150 afbeeldings van Voortrekkers gesien word.

Twee Kaapse Lewens - Henricus & Aletta Beck En Die Samelewing Van Hul Tyd, 1702-1755 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Twee Kaapse Lewens - Henricus & Aletta Beck En Die Samelewing Van Hul Tyd, 1702-1755 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Shipped within 10 - 15 working days

Alhoewel hierdie twee persone betreklik onbelangrik was in die geskiedenis van die vroee Kaap, is hulle lewens goed gedokumenteer en slaag Karel Schoeman daarin om 'n verbasend omvattende en interessante beeld te herskep van die lewe onder die hoer Kaapse amptenary in die vroee agttiende eeu.

Gebede uit die woord (Afrikaans, Hardcover): Gebede uit die woord (Afrikaans, Hardcover)
R90 R75 Discovery Miles 750 Save R15 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Gebede uit die Woord bied Skrifgebede wat jy kan koester en oor nadink. Hierdie versameling Skrifgebede wat strek van Dawid se innige gebede tot Jeremia se hartroerende smekinge, is n wonderlike hulpbron wanneer jy nie woorde kan vind vir jou gebede nie. Gebede uit die Woord, wat jou herinner aan God se getrouheid en die krag van gebed, sal jou gebedslewe die hupstoot gee wat dit nodig het. Die boek word pragtig afgerond met kunswerke van die bekende kunstenaar Gustave Dore en beeld tonele uit van spesiaal uitgesoekte Skrifgebede. Ook beskikbaar in Engels onder die titel Prayers & Praises from the Word.

Wanneer Woorde Ontbreek - Hoe om te Troos in Tye van Verlies (Afrikaans, Paperback): Braam Klopper Wanneer Woorde Ontbreek - Hoe om te Troos in Tye van Verlies (Afrikaans, Paperback)
Braam Klopper
R180 R139 Discovery Miles 1 390 Save R41 (23%) Shipped within 7 - 15 working days

Het dit al gebeur dat iemand vir wie jy omgee ’n geliefde aan die dood afgestaan het en jou eerste gedagte is dat jy moet met hulle kontak maak? Dit is dan dalk gevolg deur die volgende gedagte dat jy nie sal weet wat om te s nie. As jy so voel is die boek vir jou bedoel.

Braam Klopper, ’n predikant van Kemptonpark-Oos is ’n pastorale terapeut en spits homself spesifiek toe op die hantering en verwerking van rou.

Hierdie boek gee praktiese riglyne oor rou, wys spesifieke routake uit wat deurgevoer moet word en sit die sake uiteen wat na ’n geliefde se dood afgehandel moet word. Braam bekyk ook wat die impak van selfmoord of die dood van ’n kind op die rouproses het

Geloofskatte in die Evangelies - Ontdek die Verrassings wat Weggesteek le in die Bekende Tekste in Matteus, Markus, Lukas en... Geloofskatte in die Evangelies - Ontdek die Verrassings wat Weggesteek le in die Bekende Tekste in Matteus, Markus, Lukas en Johannes (Afrikaans, Paperback)
Adrio Konig
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Ontdek die verrassings wat weggesteek l in die bekende tekste van die Evangelies.

Weet ons presies wat staan alles in die Evangelies, of dnk ons ons weet? In Geloofskatte in die Evangelies diep Adrio Knig honderde verrassende skatte op wat die leser op ’n totaal nuwe manier na die Evangelies sal laat kyk.

Hy bespreek vrae soos:

- Hoekom wou Johannes die doper nie vir Jesus doop nie?

- Het Jesus en die dissipels mekaar verstaan?

- Het Jesus opgestaan, of is Hy opgewek?

- Hoekom het Jesus nie in die Grieke belanggestel nie?

- Het Jesus regtig sy dissipels verbied om na die heidene te gaan? Hoe kan ons dan?

- Het Jesus iets van boerdery geweet? Hoe kan Hy dan vertel van ’n boer wat driekwart van die saad mors?

- Watter slinkse plan het die Joodse leiers gemaak om Jesus te vang?

- Het Jesus regtig ges ons mag niemand oordeel nie? Hy het dan mense erg geoordeel.

Adrio Knig beantwoord hierdie vrae eerlik en die antwoorde is diep begrond in deeglike Skrifstudie. Hierdie kort, amper weggesteekte, genadeskatte sal die leser onder ’n dieper besef bring van al die belangrikste Christelike geloofsoortuigings en s vaster laat staan in sy of haar geloof.

God Het Jou Gekies (Afrikaans, Paperback): Ben de Klerk God Het Jou Gekies (Afrikaans, Paperback)
Ben de Klerk
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

29 indiepte-studies oor die Nuwe-Testamentiese boek Efesers.

Paulus se brief aan die Efesirs vertel hoofsaaklik hoe God die kerk uitgekies en Syne gemaak het, maar ook hoe die kerk in hierdie wreld tot God se eer moet lewe. In God het jou gekies fokus Ben de Klerk op die hele Efesirsbrief.

Die 29 goed gestruktureerde, gedetailleerde hoofstukke in hierdie Bybelstudie word elkeen ingedeel in die volgende:

- ’n oorsig oor ’n spesifieke perikoop

- ’n bespreking wat vir die leser insig gee

- vrae wat die leser laat nadink en die gedeelte toepaslik maak vir vandag

- gebedsriglyne wat by die onderwerp aanpas

God het jou gekies sal lesers opnuut laat dink oor sake soos wat kerk presies is, hoe ons kerkeenheid kan bewaar en versterk, en ons unieke identiteit as Christene.

Vroue Wat Glo: 'n Bybeldagboek (Afrikaans, Paperback): Liesel Krause-Widd, Venessa Schoeman, Karien Basson Vroue Wat Glo: 'n Bybeldagboek (Afrikaans, Paperback)
Liesel Krause-Widd, Venessa Schoeman, Karien Basson
R116 Discovery Miles 1 160 Shipped within 10 - 15 working days

'n Bybeldagboek wat verskil van ander versamelings oordenkings of dagstukke. Dit is geskryf vir vroue deur vroue. Vroue van verskillende ouderdomme, verskillende agtergronde en met wyd uiteenlopende lewens. Net ander vroue weet ten diepste hoe dit voel om 'n gelowige vrou in uitdagende tye te wees. Daarom het Finesse tydskrif vroue genooi om te skryf oor hulle gunsteling vers in die Bybel, oor wat God vir hulle beteken en wat hulle doen om hulle geloof vir die wereld te wys. Elke dagstuk sal met jou hart praat. Daar is verhale oor vriendskap, Christenskap en troos wat God se liefde en wysheid vir jou sal bevestig. Jy sal ontdek dat jy nie alleen is nie en groei in jou geloof terwyl jy nadink oor temas soos ... die rede waarom jy hier is hoe om op te hou bang en bekommerd wees; die volle betekenis van vergifnis; hoe goed dit vir jou is om foute te maak; wat jy kan doen om met krag te bid; die vreugde van 'n goeie selfbeeld. God het jou lief. Jy het susters wat jou verstaan en weet wat jy nodig het om energie en lewenslus vir jou dag te he. As jy sukkel met negatiwiteit, kritiek, veroordeling, twyfel en vrese, moenie moedeloos word nie. Gee vir jouself elke dag die paar minute wat jou siel nodig het om versterk en verfris te word. Hierdie dagboek deur gewone vroue sal jou stil word tye buitengewoon maak.

Vergete wereld - Die klipmuurnedersettings van die Mpumalanga-platorand (Afrikaans, Paperback): Peter Delius, Tim Maggs, Alex... Vergete wereld - Die klipmuurnedersettings van die Mpumalanga-platorand (Afrikaans, Paperback)
Peter Delius, Tim Maggs, Alex Schoeman
R385 R303 Discovery Miles 3 030 Save R82 (21%) Shipped within 4 - 10 working days

If you drive through Mpumalanga with an eye on the landscape flashing by, you may see, near the sides of the road and further away on the hills above and in the valleys below, fragments of building in stone as well as sections of stone-walling breaking the grass cover. Endless stone circles, set in bewildering mazes and linked by long stone passages, cover the landscape stretching from Ohrigstad to Carolina, connecting over 10 000 square kilometres of the escarpment into a complex web of stone-walled homesteads, terraced fields and linking roads. Oral traditions recorded in the early twentieth century named the area Bokoni the country of the Koni people. Few South Africans or visitors to the country know much about these settlements, and why today they are deserted and largely ignored. A long tradition of archaeological work which might provide some of the answers remains cloistered in universities and the knowledge vacuum has been filled by a variety of exotic explanations invoking ancient settlers from India or even visitors from outer space that share a common assumption that Africans were too primitive to have created such elaborate stone structures. Forgotten World defies the usual stereotypes about backward African farming methods and shows that these settlements were at their peak between 1500 and 1820, that they housed a substantial population, organised vast amounts of labour for infrastructural development, and displayed extraordinary levels of agricultural innovation and productivity. The Koni were part of a trading system linked to the coast of Mozambique and the wider world of Indian Ocean trade beyond. Forgotten World tells the story of Bokoni through rigorous historical and archaeological research, and lavishly illustrates it with stunning photographic images.

Neem Beheer van Jou Lewe - Breek Vry van die Verlede en Oorwin die Negatiewe Bande van Mense se Opinies (Afrikaans, Paperback):... Neem Beheer van Jou Lewe - Breek Vry van die Verlede en Oorwin die Negatiewe Bande van Mense se Opinies (Afrikaans, Paperback)
Stephen Arterburn
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Wenke om vry te breek van jou verlede en om die negatiewe bande van mense se opinies te oorwin.

Sommige mense voel vasgevang in hulle verlede. Hulle verlede en ander mense se opinies bepaal hoe hulle op situasies gaan reageer. Dit is egter nie nodig nie. Deur beheer te neem oor hulle lewe sal hulle besef omstandighede hoef nie hulle lewensrigting te bepaal nie.

In Neem beheer van jou lewe gebruik Stephen Arterburn en David Stoop persoonlike voorbeelde, kliniese insigte en geestelike waarhede om lesers te wys presies hoe om dt te doen:

Genees van seerkry, terugslae en gebroke verhoudings wat jou elke dag raak.

Stel beter grense vir ander mense in jou lewe.

Hou op oorreageer en reageer op die regte manier op situasies en omstandighede.

Verander gedrag wat jou en jou verhoudings skaad.

Vind die vrede waarna jy hunker.

Neem beheer van jou lewe is die sleutel wat lesers sal help om weg te beweeg van reaktiewe gesindhede en gedrag, na gesonde response wat God verheerlik, en ’n mens help om die lewe te leef wat jy bedoel is om te leef.

Die Dans Met God (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar Die Dans Met God (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar 1
R17 Discovery Miles 170 Shipped within 10 - 15 working days

Is daar 'n absolute waarheid wat ons lewe beheer? Wereldwyd raak al meer mense in hulle denke volwasse. Hulle aanvaar nie sake onkrities vir 'n "tweedehandse" lewe nie. Die dans met God vra reguit vrae en sny diep deur tradisionele antwoorde om by die sin van die lewe uit te kom. Moderne mense fokus net op dinge wat hulle kan bewys - maar verloor die misterie. Is daar 'n ander pad? Hoe kan ons nuut dink oor God en die geloof, sonder om die innerlike belewing prys te gee? Hierdie oopkop en rustige (soms vrolike) boek neem die leser op 'n lewensreis waar elkeen self kan soek - en vind. Jy leef die oomblik, want dis heilig.

Op Trek - Die Daaglikse Lewe Tydens Die Groot Trek (Afrikaans, Hardcover): Celestine J. Pretorius Op Trek - Die Daaglikse Lewe Tydens Die Groot Trek (Afrikaans, Hardcover)
Celestine J. Pretorius
R281 Discovery Miles 2 810 Shipped within 10 - 15 working days

Die grootskaalse verhuising van boere aan die Kaapkolonie se oosgrens, n gebeurtenis wat later as die Groot Trek bekend sou word, was teen 1835 reeds in volle swang. Uiteindelik het bykans 10 000 siele huis en haard met ossewaens en veetroppe verlaat met die ideaal: om in die ongetemde Suid-Afrikaanse binneland n eie staat en samelewing tot stand te bring. Wie was hierdie Trekkers waarvan die geskiedenis vertel? Hulle was tog mense van vlees en bloed, wat gelag en gehuil, geeet, geslaap en gedroom het. Hoe het hulle die talle struikelblokke op die trekpad oorkom? Was daar tyd vir pret en plesier of was elke dag n stryd om oorlewing? Op trek, die resultaat van omvattende kultuurhistoriese navorsing wat met die oog op die 150ste herdenking van die Groot Trek gedoen is, het die eerste keer in 1988 verskyn. Buiten teks, bevat dit fotos en illustrasies wat n nabyblik gee op die daaglikse lewe tydens die Groot Trek aan die hand van wat beeldende kunstenaars verewig het en persoonlike besittings van die Trekkers wat behoue gebly het, soos dagboeke godsdienstige en ander boeke, wapens, kledingstukke, gebruiksartikels en fotos.

Lysies vir die Lewe vir Ma's - 101 Genade-gedagtes Propvol Bemoedeging vir Elke Ma se Hart (Afrikaans, Hardcover): Lysies vir die Lewe vir Ma's - 101 Genade-gedagtes Propvol Bemoedeging vir Elke Ma se Hart (Afrikaans, Hardcover)
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

’n Wonderlike geskenk vir besige ma’s; 101 inspirerende lysies vir ’n vreugdevolle lewe.

Lysies vir die lewe ... vir ma’s sal alle ma’s inspireer en vul met vreugde. Die pragtig ontwerpte boekie bied 101 kort en praktiese lysies, joernaal-idees, teksverse, gebede en aanhalings om ma’s te bemoedig soos hulle hulle daaglikse take afhandel. Temas sluit in slim tydbesteding, gebede vir jou kinders, dankbaarheid, vriendelike woorde en om jou lewe te vereenvoudig.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Life Lists for Mothers.

Die Eensame Graf by Mombolo - Die Lewensverhaal Van Pieter Van Der Smit (Afrikaans, Dutch, Paperback): G.D. Van Der Smit Die Eensame Graf by Mombolo - Die Lewensverhaal Van Pieter Van Der Smit (Afrikaans, Dutch, Paperback)
G.D. Van Der Smit
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days

Die verhaal van Pieter van der Smit, sy vrou Martha en hulle kinders is nie bedoel om vinnig te lees en gou te vergeet nie. Dit is 'n verhaal van merkwaardige mense in moeilike omstandighede; 'n verhaal oor die voortdurende stryd om oorlewing. In 1898 verlaat die "Rouw Ollandertjie" Pieter van der Smit Nederland om vir Boerekinders in Transvaal te gaan skoolhou. Toe die Anglo-Boereoorlog 'n jaar later uitbreek, sluit hy by die Boeremagte aan. Nadat Pretoria deur die Engelse ingeneem is, word hy na Nederland gedeporteer. Maar Afrika trek hom onweerstaanbaar aan. In 1901 vertrek hy na die kolonie Boere wat hulle na afloop van die Dorslandtrekke by Humpata in die suide van Angola gevestig het. Hy trou met Martha Maria Prinsloo, die dogter van die Dorslandtrekker Willem Prinsloo, en hulle maak elf kinders groot. Hulle swerfpad loop deur Palanca, Que, Caconda, Sacangimba, Bihe, Luimbale en Mombolo. Hy is agtereenvolgens onderwyser, transportryer, boer, algemene handelaar, kaasmaker en fotograaf. In 1921 vind hy rus in 'n eensame graf onder 'n grysappelboom by Mombolo op die vrugbare hoogland van Angola. Sy weduwee en kinders se swerfpad loop verder deur Palanca, Chilenga, die Sandveld langs die Kunene, Swartbooisdrif en Kamanjab - van die suide van Angola na die noorde van Suidwes-Afrika. Eindelik vind hulle rus in Outjo, Suidwes-Afrika. Sy dagboeke, briewe en foto's is 'n unieke bronne van inligting oor die lewenswyse van die Boere in Angola en hulle moeilike jare onder 'n vreemde bewind, omring deur vyandige inboorlingstamme en die ongenaakbare natuur. Die baasverteller W.A. de Klerk het reeds in 'n Swerwer op die sonpad van die uitsonderlike lewe van Pieter van der Smit beskryf. Hierdie lewensverhaal verdien om aan 'n wyer gehoor bekendgestel te word.

Nog 3 Groot Issues in 'n Vrou Se Lewe (Afrikaans, Paperback): Lorette Dye Nog 3 Groot Issues in 'n Vrou Se Lewe (Afrikaans, Paperback)
Lorette Dye
R84 Discovery Miles 840 Shipped within 10 - 15 working days

Verwerp, depressief, misbruik Nog 3 groot issues in 'n vrou se lewe: 'n selfhelpgids vir vroue wat die pyn van verwerping, depressie en seksuele misbruik ken. Sielkundige en berader, Lorette Dye, vergesel jou op die lang pad na genesing. Drie celebs deel ook hulle stories. Nadia Beukes vertel hoe sy verwerp is, Lindi Stander praat eerlik oor haar stryd met depressie, en Sandi Schultz vertel hoe sy seksueel misbruik is.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback R230 R175 Discovery Miles 1 750
Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n…
Jackie Grobler Paperback  (2)
R230 R188 Discovery Miles 1 880
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (3)
R240 R197 Discovery Miles 1 970
Die Woorde Van Jesus
Paperback R105 Discovery Miles 1 050
Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense
Richard Steyn Paperback  (1)
R250 R205 Discovery Miles 2 050
Historikus: 'n Outobiografie
Hermann Giliomee Paperback R410 R345 Discovery Miles 3 450
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R263 Discovery Miles 2 630
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R190 R150 Discovery Miles 1 500
Bet-El
Helena Hugo Paperback R210 R181 Discovery Miles 1 810
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (2)
R350 R329 Discovery Miles 3 290

 

Partners