0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (25)
  • R50 - R100 (152)
  • R100 - R250 (974)
  • R250 - R500 (4,159)
  • R500+ (3,736)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Die Eensame Graf by Mombolo - Die Lewensverhaal Van Pieter Van Der Smit (Afrikaans, Dutch, Paperback): G.D. Van Der Smit Die Eensame Graf by Mombolo - Die Lewensverhaal Van Pieter Van Der Smit (Afrikaans, Dutch, Paperback)
G.D. Van Der Smit
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days

Die verhaal van Pieter van der Smit, sy vrou Martha en hulle kinders is nie bedoel om vinnig te lees en gou te vergeet nie. Dit is 'n verhaal van merkwaardige mense in moeilike omstandighede; 'n verhaal oor die voortdurende stryd om oorlewing. In 1898 verlaat die "Rouw Ollandertjie" Pieter van der Smit Nederland om vir Boerekinders in Transvaal te gaan skoolhou. Toe die Anglo-Boereoorlog 'n jaar later uitbreek, sluit hy by die Boeremagte aan. Nadat Pretoria deur die Engelse ingeneem is, word hy na Nederland gedeporteer. Maar Afrika trek hom onweerstaanbaar aan. In 1901 vertrek hy na die kolonie Boere wat hulle na afloop van die Dorslandtrekke by Humpata in die suide van Angola gevestig het. Hy trou met Martha Maria Prinsloo, die dogter van die Dorslandtrekker Willem Prinsloo, en hulle maak elf kinders groot. Hulle swerfpad loop deur Palanca, Que, Caconda, Sacangimba, Bihe, Luimbale en Mombolo. Hy is agtereenvolgens onderwyser, transportryer, boer, algemene handelaar, kaasmaker en fotograaf. In 1921 vind hy rus in 'n eensame graf onder 'n grysappelboom by Mombolo op die vrugbare hoogland van Angola. Sy weduwee en kinders se swerfpad loop verder deur Palanca, Chilenga, die Sandveld langs die Kunene, Swartbooisdrif en Kamanjab - van die suide van Angola na die noorde van Suidwes-Afrika. Eindelik vind hulle rus in Outjo, Suidwes-Afrika. Sy dagboeke, briewe en foto's is 'n unieke bronne van inligting oor die lewenswyse van die Boere in Angola en hulle moeilike jare onder 'n vreemde bewind, omring deur vyandige inboorlingstamme en die ongenaakbare natuur. Die baasverteller W.A. de Klerk het reeds in 'n Swerwer op die sonpad van die uitsonderlike lewe van Pieter van der Smit beskryf. Hierdie lewensverhaal verdien om aan 'n wyer gehoor bekendgestel te word.

Mens Dier Ding (Afrikaans, Paperback): Alfred Schaffer Mens Dier Ding (Afrikaans, Paperback)
Alfred Schaffer
R245 R211 Discovery Miles 2 110 Save R34 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

In diť vertaling van Alfred Schaffer se bekroonde Nederlandse bundel, Mens dier ding, ondersoek die digter die mite van Sjaka Zulu deur dagboekinskrywings, monoloŽ, briewe en dagdrome. Die mites rondom Shaka se geskiedenis word op die kop gedraai en ondermyn. ’n PoŽtiese kragtoer, vertaal deur Zandra Bezuidenhout.

Nog 3 Groot Issues in 'n Vrou Se Lewe (Afrikaans, Paperback): Lorette Dye Nog 3 Groot Issues in 'n Vrou Se Lewe (Afrikaans, Paperback)
Lorette Dye
R84 Discovery Miles 840 Shipped within 10 - 15 working days

Verwerp, depressief, misbruik Nog 3 groot issues in 'n vrou se lewe: 'n selfhelpgids vir vroue wat die pyn van verwerping, depressie en seksuele misbruik ken. Sielkundige en berader, Lorette Dye, vergesel jou op die lang pad na genesing. Drie celebs deel ook hulle stories. Nadia Beukes vertel hoe sy verwerp is, Lindi Stander praat eerlik oor haar stryd met depressie, en Sandi Schultz vertel hoe sy seksueel misbruik is.

Gesonde Gesinsverhoudings in 'n Virtuele Wereld (Afrikaans, Paperback): Johan Smith Gesonde Gesinsverhoudings in 'n Virtuele Wereld (Afrikaans, Paperback)
Johan Smith
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Praktiese, prettige voorstelle vir ouers om skermtyd te vervang met innige, durende verhoudings.

Die gesin is diep in die moeilikheid.

Die lewe vandag is so ’n dolle gejaag dat ouers en kinders mekaar dikwels net so in die verbygaan sien, en in daardie skaars tye wat ons ’n oomblik vir onsself het, is ons vasgegom aan ’n skerm van een of ander aard.

In Gesonde gesinsverhoudings gee Johan Smith praktiese en prettige raad hoe die gesin van die een-en-twintigste eeu kan wegkom van die digitale hulpmiddels en weer in ’n hegte verhouding met mekaar kan leef. Dit sluit voorstelle in soos die hou van fliekaande, die skep van saamlag-geleenthede en die terugbring van die etenstafel. So kan elke ouer die tipe omgewing skep waar kinders geborge voel en toegerus word om die toekoms met vertroue in te gaan.

Onwankelbare Hoop (Afrikaans, Paperback): Max Lucado Onwankelbare Hoop (Afrikaans, Paperback)
Max Lucado
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Onwankelbare hoop bied praktiese leiding om jou moeilike omstandighede te oorkom, innerlike vrede terug te kry, vasberadenheid te bou en jou toekomsvrese met ’n oorwinnarsgees te trotseer.

Die samelewing vandag beskik oor meer kennis as ooit tevore en ons word nimmereindig vermaak. Ons het tegnologiese hulpmiddels waarvan ons ouers net kon droom. Tog, meer as ooit in die verlede, hunker ons na hoop. NŠ 40 jaar in die bediening het Max Lucado geleer dat niks ’n mismoedige, desperate hart so opbeur soos God se beloftes nie. In ’n wÍreld vol wanhoop, depressie, angs en onsekerheid, het ons nie nog kenners se opinies of raaiskote nodig nie; ons het besliste verklarings van ons magtige, liefdevolle God nodig.

Onwankelbare hoop ondersoek 12 van God se beloftes wat Lucado deur die jare gereeld gebruik het om homself en ander te bemoedig. Elke hoofstuk kyk na een betekenisvolle belofte en wys hoe dit jou sal help om jou uitdagings te bowe te kom, langdurige sekerheid te ervaar en wyse besluite te neem.

Waaraan is jou vertroue geanker – die omstandighede van jou lewe of aan God se beloftes? Vir elke probleem in die lewe antwoord God met ’n belofte. Ondersoek saam met Max Lucado hierdie onbreekbare beloftes in die Woord en leer hoe jy ook met onwankelbare hoop kan leef.

10 Minuut Oordenkings: Spreuke (Afrikaans, Hardcover): Zondervan 10 Minuut Oordenkings: Spreuke (Afrikaans, Hardcover)
Zondervan
R60 R50 Discovery Miles 500 Save R10 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

10-minuut-oordenkings: Spreuke sal jou herinner aan God se wysheid met betekenisvolle oordenkings van tien minute elk. Op dae wanneer jy leiding nodig het, is 10-minuut-oordenkings: Spreuke die ideale manier om met God in aanraking te kom.

Hierdie dagstukkies nooi jou vir 'n kykie na Spreuke, die boek van wysheid. Bring jou hart in ooreenstemming met God s'n wanneer jy die Woord lees en 'n paar minute met Hom deurbring. Ongeag of jy net 'n paar minute oor middagete het, of iewers in jou middag 'n tydjie wil inruim vir rustigheid en vrede, 10- minuut-oordenkings: Spreuke sal jou van die nodige wysheid verskaf om weer die dag in die oŽ te kyk. Net tien minute per dag sal jou nader bring aan God en jou help om die Woord beter te leer ken.

Hierdie boekie is klein genoeg om in jou rugsak of handsak te dra. Hou dit byderhand vir wanneer jy ook al 'n kans het om tyd met God deur te bring.

1 Recce - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Diť manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies.

Dekades lank is oor al diť hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer.

Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van 'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag.

NŠ jare van mites en geheimhouding gee diť boek 'n totaal nuwe blik op die Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.

Die Impak Van Jou Potensiaal (Afrikaans, Hardcover): John C. Maxwell Die Impak Van Jou Potensiaal (Afrikaans, Hardcover)
John C. Maxwell
R140 R116 Discovery Miles 1 160 Save R24 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Ons is geneig om onsself te onderskat omdat ons daarvan oortuig is dat ons vermoŽns beperk is. Maar wat as ons veronderstelde beperkings net ’n illusie is?

In Die impak van jou potensiaal identifiseer en ondersoek John Maxwell die sewentien sleutel-kapasiteite wat elke persoon besit. Ons is met sommige daarvan gebore, soos hoe ons dink of hoe ons aansluiting vind by ander. Die res is keuses, dikwels onbewustelik, wat ons ingesteldhede of persoonlike dissiplines insluit. En daar is ruimte vir groei by almal.

Maxwell gee duidelike en handige advies oor wat ons kan doen om in hierdie verskillende gebiede van ons lewe te groei. Leer hoe om jou emosies te beheer en jou energie te verhoog, hoe om op te hou om dinge uit te stel en meer gemaklik te raak met risiko’s. Sodoende sal jy jou eie verwagtinge oortref en beter word as wat jy ooit gedink het moontlik is.

10 Minuut Oordenkings: Psalms (Afrikaans, Hardcover): Zondervan 10 Minuut Oordenkings: Psalms (Afrikaans, Hardcover)
Zondervan
R60 R50 Discovery Miles 500 Save R10 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

10-minuut-oordenkings: Psalms bied bemoedigende insig met betekenisvolle oordenkings van tien minute elk. Op dae wanneer jy God se teenwoordigheid die nodigste het, is 10-minuut-oordenkings: Psalms die ideale manier om geestelik te groei op 'n manier wat jou besige skedule pas.

Hierdie dagstukkies nooi jou vir 'n kykie na Psalms, die boek van lofprysing en nadenke. Bring jou hart in ooreenstemming met God s'n wanneer jy die Woord lees en 'n paar minute met Hom deurbring. Ongeag of jy net 'n paar minute oor middagete het, of iewers in jou middag 'n tydjie wil inruim vir rustigheid en vrede, 10- minuut-oordenkings: Psalms sal jou van die nodige vrede verskaf om weer die dag in die oŽ te kyk. Net tien minute per dag sal jou nader bring aan God en jou help om die Woord beter te leer ken.

Hierdie boekie is klein genoeg om in jou rugsak of handsak te dra. Hou dit byderhand vir wanneer jy ook al 'n kans het om tyd met God deur te bring.

Omstrede Land - Die Historiese Ontwikkeling Van Die Suid-Afrikaanse Grondvraagstuk in Suid-Afrika, 1652-2011 (Afrikaans,... Omstrede Land - Die Historiese Ontwikkeling Van Die Suid-Afrikaanse Grondvraagstuk in Suid-Afrika, 1652-2011 (Afrikaans, Hardcover)
Louis Changuion, Bertus Steenkamp
R253 Discovery Miles 2 530 Shipped within 10 - 15 working days

Die bewindsoorname van 'n oorwegend swart regerende party in 1994 het 'n nuwe beleid ten opsigte van grondbesit in Suid-Afrika ingelui. Hierdie beleid is daarop ingestel om die wanbalans wat grondbesit betref reg te stel, dus om van die blanke grondeienaars, wat by verre die grootste deel van die landbougrond besit, grond weg te neem en dit aan die swart bevolkingsgroep, wat tussen 75% en 80% van die totale landsbevolking uitmaak, beskikbaar te stel. Die veronderstelling is dat die meeste blanke grondeienaars (of hulle voorsate) die grond wat hulle besit wederregtelik bekom het en dit daarom nou aan die 'regmatige' eienaars moet teruggee. Daar bestaan ook 'n persepsie dat alle grond aan swart mense oorgedra moet word Ė dat die klok teruggedraai moet word na die tyd toe Afrika swart was en wit mense slegs in Europa eiendom besit het. Die skrywers vra die vraag of grondhervorming in Suid-Afrika wel enigsins haalbaar of nodig is? Kan die ander bevolkingsgroepe van die land, die wittes en gekleurdes, daarop aanspraak maak dat die land ook aan hulle behoort. Kan hulle dus se: 'Dit is ons land ook'?

Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback): Elkarien Fourie Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback)
Elkarien Fourie
R210 Discovery Miles 2 100 Shipped within 10 - 15 working days

“Not sex please,” sÍ die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?”

Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik.

Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.

Nader Aan God, Nader Aan Mekaar - 52 Gesinsoordenkings (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Nader Aan God, Nader Aan Mekaar - 52 Gesinsoordenkings (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R160 R132 Discovery Miles 1 320 Save R28 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Nader aan God, nader aan mekaar bevat gesinsoordenkings om gesinne te help om nader aan God en aan mekaar te groei

Met kinders se besige skool en buitemuurse programme, en Ma en Pa se stresvolle loopbane, is dit geen wonder dat ons nie tyd het om as gesin saam godsdiens te hou nie. Nader aan God, nader aan mekaar gee die antwoord in die vorm van 52 kort, kragtige gesinsoordenkings wat gesinne sal help om nader aan God en aan mekaar te groei. Elke dag bied iets anders, waaronder spesiaal geselekteerde Bybelverse, aktiwiteite om saam te doen en uitdagings om maar net ’n paar te noem. Hierdie dagstukkieboek bevat ook handige ouerskapswenke vir ouers. Van die inspirerende temas sluit in: Die genade van mislukking, dodelike sondes en hul teenmaatreŽls, om hoop in ’n gebroke wÍreld te vind en om geloof soos ’n mier te hÍ.

Die 3 Grootste Issues In 'n Vrou Se Lewe (Afrikaans, Paperback): Lorette Dye Die 3 Grootste Issues In 'n Vrou Se Lewe (Afrikaans, Paperback)
Lorette Dye
R84 Discovery Miles 840 Shipped within 10 - 15 working days

Since her divorce from Eric, Helen has done everything she can to control life for herself and her son. Beneath a calm surface, she is terrified of failing Scott. She's worked hard to raise him on her won, and she succeeded - he's now set to graduate from high school and enroll at the University of Illinois with a full scholarship.But Helen's worst fears are realized when there is a rock-climbing accident at a post-graduation camping trip. A young girl is hurt, and Scott is arrested. Pamela, Eric's new wife and Scott's step-mother, blames Helen for letting Scott go to the camp in the first place. With Scott's college scholarship now just a distant memory and his entire future at stake, the two women must come together for Scott's sake.Is Helen's love strong enough to save her son and release him to her ex-husband's other wife?

Jou Selfhelp Bybelgids (Afrikaans, Paperback): Jou Selfhelp Bybelgids (Afrikaans, Paperback)
R96 Discovery Miles 960 Shipped within 10 - 15 working days

"Ag, ek sal tog nooit verander nie." Dit is tyd om daardie negatiewe stemmetjie stilte maak met Jou selfhelp Bybelgids wat geluk, genesing en sukses binne jou bereik plaas. Die uiteenlopende en omvattende temas in hierdie boek is so gekies om jou te help om ou, slegte gewoontes af te leer en nuwe, goeie gewoontes aan te leer. Dit gee jou al die regte tools om die beste jy te word wat jy kan wees en dan 'n verskil in ander se lewens te maak. Want hoe beter toegerus jy is om jou eie issues te hanteer, hoe meer sal jy ook vir ander kan beteken. In hierdie maklik-om-te-gebruik selfhelpgids word 50 temas alfabeties gelys, van onderwerpe soos beheer en bekommernis tot vriendskap en waagmoed. Anders as soveel ander selfhelpboeke is hierdie gids geskoei op Bybelse beginsels wat jou vertel wat die Bybel oor 'n onderwerp se. Dit gee ook tonne praktiese raad, insiggewende feite en realistiese oplossing. Jou selfhelp Bybelgids is dit eerste tree op die pad na selfontdekking, persoonlike groei en vervulling.

Oorlog-Beeld - Nuusblad Oor Die Stryd Tussen Boer En Brit (Afrikaans, Paperback): Jackie Grobler Oorlog-Beeld - Nuusblad Oor Die Stryd Tussen Boer En Brit (Afrikaans, Paperback)
Jackie Grobler
R295 R242 Discovery Miles 2 420 Save R53 (18%) Shipped within 4 - 8 working days

Toe die Britse Imperiale Ryk in 1899-1902 sy volle militÍre mag teen die Boererepublieke van Suider-Afrika in die veld gestoot het, het ‘n groot gedeelte van die res van die wÍreld hulle morele ondersteuning aan die dapper burgerkrygers toegesÍ ... maar sedert die bitter uiteinde van daardie ongelyke stryd het geskiedskrywers die verhaal van die oorlog grotendeels uit ‘n Britse oogpunt benader.

Hierdie is ‘n geskiedenisboek wat anders is.

Oorlog-Beeld voer ‘n verbeeldingsprong uit om die krygswÍreld van daardie stryders wat deur Nelson Mandela as die ‘eerste Afrika-vryheidsvegters van die 20ste eeu’ beskryf is, te laat herleef. Hier, in koerantformaat soos dit destyds kon gewees het, volg die verhaal van die ‘Engelse Oorlog’ wat deur Boere vertel word: deur die offisiere wat hulle burgers op die slagvelde by Magersfontein, Colenso en Spioenkop aanvoer; deur bittereinderburgers wat tot op die laaste volgehou het; deur verveelde burgers wat Mafeking, Ladysmith en Kimberley tevergeefs beleŽr het; deur vroue en kinders in die konsentrasiekampe; deur regeerders en krygsgevangenes in ballingskap asook verskeie ander deelnemers – alles toegelig uit ‘n magdom kontemporÍre bronne en met ‘n menigte foto’s wat destyds geneem is.

Daar word nie net oor militÍre konfrontasies berig nie, maar ook oor die kommandolewe, oor die ervaringe van krygsgevangenes in kampe oor die aardbol heen versprei, oor die aktiwiteite van die Boere-afgevaardigdes in die buiteland wat buitelandse inmenging aan Boerekant teweeg moes bring, oor die aktiwiteite van prominente individue, soos president Paul Kruger en Emily Hobhouse, en oor die treurige lot van vroue en kinders in die konsentrasiekampe.

Is Jy Gereed Vir Die Avontuur Van Ouerskap (Afrikaans, Paperback): Gary Chapman Is Jy Gereed Vir Die Avontuur Van Ouerskap (Afrikaans, Paperback)
Gary Chapman
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Met ’n tikkie humor en praktiese raad berei Gary Chapman en Shannon Warden jong ouers voor vir die avontuur van kinders grootmaak.

Gary Chapman, outeur van die New York Times-topverkoper The 5 Love Languages span kragte saam met dr. Shannon Warden – professor in berading, vrou en ma van drie – om jong ouers voor te berei vir die avontuur van kinders grootmaak.

In Is jy gereed vir die avontuur van ouerskap? deel hulle wat hulle wens hulle geweet het vůůr hulle kinders gehad het, soos: kinders beÔnvloed jou tyd, jou geld en jou huwelik – en dit is net die begin. Met ’n tikkie humor gee hulle praktiese raad vir alles van potjielesse tot skedules, om vir jou kind jammer te sÍ en hoe om jou huwelik sterk te hou … en dit alles terwyl jy die groot vreugde van kinders grootmaak vier.

Die Tronkgesprekke - Nelson Mandela en Kobie Coetzee se Geheime Voorpunt-Diplomasie (Afrikaans, Paperback): Willie Esterhuyse,... Die Tronkgesprekke - Nelson Mandela en Kobie Coetzee se Geheime Voorpunt-Diplomasie (Afrikaans, Paperback)
Willie Esterhuyse, Gerhard van Niekerk
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Diť boek onthul dat PW Botha reeds in 1984, te midde van die Totale Aanslag, in die geheim opdrag sou gee dat sy minister van justisie, Kobie Coetsee, gesprekke met Nelson Mandela in die tronk voer. Mandela se aanhouding was toenemend ’n tameletjie vir die NP-regering. Wat as diť ikoon in die tronk sou sterf? Die land sou ontplof. Botha was desperaat.

Wedersydse respek ontwikkel mettertyd tussen Coetsee en Mandela, en die prisonier begin selfs sy eie vrylatingsproses grootliks bestuur. Alles is hoogsgeheim. PW Botha moes dit kon ontken as dit sou uitlek. Maar agter die skerms bou vertroue tussen die leiers van partye wat in die openbaar geswore vyande is.

Bekende skrywer en akademikus Willie Esterhuyse, self ten nouste betrokke by geheime onderhandelinge tussen die ANC en die NP-regering, vertel met medeskrywer Gerhard van Niekerk die verhaal van Coetsee en Mandela se “voorpunt”-diplomasie, waarsonder die 1994-oorgang nie moontlik sou gewees het nie.

Dit Het Jesus Nooit GesÍ Nie (Afrikaans, Paperback): Andries Enslin Dit Het Jesus Nooit GesÍ Nie (Afrikaans, Paperback)
Andries Enslin
R64 Discovery Miles 640 Shipped within 10 - 15 working days

Wat het Jesus werklik gesÍ

• Jy mag nie lag en die lewe geniet nie

• As jy twyfel glo jy nie regtig nie

• ʼn Man is ʼn vrou se baas

• Jou besluite en keuses is jou probleem …

Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesÍ het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie.

In DŪt het Jesus nooit gesÍ nie word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesÍ wat die wÍreld glo Jesus sÍ en wat Hy werklik gesÍ het.

Jou Laaste Selfhelp Boek Ooit (Afrikaans, Paperback): S.T. Potgieter Jou Laaste Selfhelp Boek Ooit (Afrikaans, Paperback)
S.T. Potgieter
R90 Discovery Miles 900 Shipped within 10 - 15 working days

In Jou laaste selfhelp boek word al die kwessies en nog aangespreek. Die leser se transformasie word as 'n projek aangepak wat bestuur moet word. Dan word jy uiteindelik perfek geposisioneer om die reis na die ontdekking van die outentieke jy aan te pak. Die boek sal jou met nuwe oe na die lewe laat kyk. Dit sal jou opnuut opgewonde maak oor die krag wat in jouself en God se wil vir jou lewe opgesluit le. Jy sal perspektief kry op jou plek in die heelal en leer om dankbaar te wees. Jy sal die kans kry om 'n kwaliteit lewe te leef.

Hoe Om 'n Superkind Groot Te Maak (Afrikaans, Paperback): Kobus Neethling, Rache Rutherford Hoe Om 'n Superkind Groot Te Maak (Afrikaans, Paperback)
Kobus Neethling, Rache Rutherford
R64 Discovery Miles 640 Shipped within 10 - 15 working days

Leer hoe om jou kind beter te verstaan en kreatief gereed te kry vir die toekoms. Besef hoekom heelbreindenke nodig is om jou kinders "die beste" te gee. Dink van nou af nuut en anders oor ouerskap en besef: Hoe jy dink bepaal jou lewe - en jou kind s'n!

10 Dinge Wat Ek Wens Jesus Nooit Gese Het Nie (Afrikaans, Paperback): Victor Kuligin 10 Dinge Wat Ek Wens Jesus Nooit Gese Het Nie (Afrikaans, Paperback)
Victor Kuligin
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

10 uitsprake van Jesus wat jou lewe sal verander sodat jy waarlik die kind van God kan word wat Hy wil hÍ jy moet wees.

Ons het so gewoond geraak aan ’n teologie wat net ons gemak en geluk in gedagte het. Ons het so verlief geraak op die Lam van God dat ons die Leeu van Juda heeltemal uit die oog verloor het. Ons vergeet dat Jesus dinge gesÍ het soos “As jou regteroog jou laat struikel, pluk dit uit” of “As julle weier om mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie” of “Nie almal wat vir My ‘Here, Here’ sÍ, sal in God se koninkryk ingaan nie.” Ons sal hierdie uitsprake eers regtig verstaan as ons besef: Vir Jesus het dit nooit oor ons gerief gegaan nie, maar oor ons heiligheid.

In 10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesÍ het nie bespreek Victor Kuligin eerlik en nederig tien van Jesus se moeilikste uitsprake en bied praktiese raad hoe om Christus te volg. Elke hoofstuk bevat persoonlike verhale, deeglike Bybelse ondersteuning, asook nadenke van groot geskiedkundige figure soos Luther, Augustinus en Franciskus van Assisi.

10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesÍ het nie sal lesers help om anders oor die kerk, God se seŽn en Jesus self te dink. Dit sal die manier waarop ons lewe verander sodat ons waarlik die kinders van God kan word wat Hy wil hÍ ons moet wees.

Onwrikbare Vertroue (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Onwrikbare Vertroue (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Hoe vertrou mens op God wanneer slegte dinge met jou gebeur? Te midde van siekte, stres, finansiŽle probleme of trauma, is die vraag op ons lippe dikwels: “Hoekom?” Dit is normaal, maar jy kan aanbeweeg na ’n plek van gelowige afhanklikheid op ’n goeie Vader.

In Onwrikbare vertroue ontdek Joyce Meyer hoe ’n lewe van algehele afhanklikheid van God lyk. GeÔnspireer deur haar eie ervarings en God se Woord, lei sy die leser na ’n plek van vaste vertroue, waar jy seker weet God wil jou seŽn op elke gebied van jou lewe – geestelik, verhoudingsgewys, emosioneel en finansieel.

Met elke nuwe hoofstuk onthul Joyce ’n oppermagtige en betroubare God wat smag om ’n verhouding met ons te hÍ. So inspireer sy jou om weg te doen met jou dwase gewoonte om op eie houtjie te probeer regkom. Die boek bemagtig en bemoedig jou soos jy leer om met jou hele hart op God te vertrou en nie op jou eie kennis staat te maak nie.

Ongeag jou verlede, jou huidige omstandighede of jou onsekere toekoms, wanneer jy leer om elke dag op God te vertrou, sal jy die vreugde ervaar wat Jesus gekom het om jou te gee. Ander het jou dalk al in die steek gelaat, maar God sal nooit nie!

Johanna Brandt En Die Kritieke Jare in Die Transvaal 1899-1908 (Afrikaans, English, Paperback): Rita van der Merwe Johanna Brandt En Die Kritieke Jare in Die Transvaal 1899-1908 (Afrikaans, English, Paperback)
Rita van der Merwe
R77 Discovery Miles 770 Shipped within 10 - 15 working days

Daar bestaan min twyfel dat die mense wat die Anglo-Boereoorlog en die naoorlogse tydperk beleef het, veelbewoe maar ook avontuurlike jare meegemaak het. Aan die heldetydvak kan Johanna Brandt se naam gekoppel word. Sy was 'n merkwaardige vrou, besonder intelligent en met sterk leierseienskappe en buitengewone energie. Sy het haarself gesien as lid van die "aristokrasie van die volk". Gedurende die Anglo-Boereoorlog word sy betrek in die spioenasienetwerk van die Transvaalse geheime diens en haar woning word 'n skuilplek vir boerespioene. Vir 'n tyd lank is sy ook kampverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp. Na die oorlog neem sy as predikantsvrou 'n leidende rol in die opheffing van die verarmde Boerevrouens en help bou aan die geestelike vorming van 'n nasionale bewussyn en die emansipasie van die vrou. In later jare geniet sy groot bekendheid as die skryfster van Het concentratie-kamp van Irene (1905), The Petticoat Commando (1913) en Die Kappie Kommando (1913). Hierdie studie handel in hoofsaak oor Johanna se wedervaringe in haar twintigerjare, alhoewel sy byna 88 jaar oud geword het.

Troos Wanneer Jy Treur - 40 Boodskappe van Hoop (Afrikaans, Paperback): Isak Burger Troos Wanneer Jy Treur - 40 Boodskappe van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Isak Burger
R90 Discovery Miles 900 Shipped within 10 - 15 working days

Elkeen van ons sal die een of ander tyd iemand aan die dood afstaan. Om ’n geliefde te verloor, is een van die grootste en mees intense uitdagings, en die pyn daarvan kan oorweldigend wees.

Troos wanneer jy treur nooi die leser uit om Jesus se hart te hoor en insig te kry in die tergende vrae oor seerkry, soos: Waar pas God hierby in en hoekom het Hy toegelaat dat dit gebeur? Die goeie nuus is, die Vader is by ons, teenwoordig in ons lyding, net soos by Marta en Maria in BetaniŽ. Wanneer alles te veel raak, gee Hy rus. Hy verstaan mense se emosies en verseker ons: Storms is normaal en gaan ook weer verby.

Isak Burger deel met ons sy insig oor die dood en die doods≠ ervaring en gee vir ons hoop. Ons kan na Jesus toe draai en Sy woorde van troos en bemoediging opsoek wanneer ons hulp nodig het op die pad van rou. By Hom leer ons die waarheid oor die lewe, die dood en die hiernamaals. Op grond van ’n verhaal wat in Lukas 16 opgeteken is, word kwessies soos waar ’n mens is direk na jou dood, hoe ons oor die gestorwe liggaam moet dink en die diep wonde na selfdood, belig.

Elke gelowige kry trooswoorde wat vandag steeds gewonde harte heelmaak. Ons word verseker dat ons mekaar in die hemel sal ontmoet, en dat Jesus saam met ons geliefdes daar op ons wag. Maar ook dat die hemel nie ver is nie, net hier by ons. Troos wanneer jy treur bevat 40 aangrypende stukke oor dood≠ gaan en die hemel en hoe om vrede met verlies te maak. Elke stuk is gegrond op ’n Bybelvers en eindig met ’n diep, persoonlike gebed. Die ou, antieke woorde kry nuwe lewe in diť skrywer se hande.

Wees oor niks bekommerd nie - Hoe om vrede en kalmte te ervaar in 'n chaotiese wereld (Afrikaans, Paperback): Max Lucado Wees oor niks bekommerd nie - Hoe om vrede en kalmte te ervaar in 'n chaotiese wereld (Afrikaans, Paperback)
Max Lucado
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Die aandelebeurs val. Mense verloor hulle werk. Misdaad vier hoogty. Slegte goed gebeur met goeie mense. Daar is dus rede om bekommerd te wees, nie waar nie? Maar moet ons toelaat dat bekommernis ons gemoedsrus en lewensvreugde steel? Max Lucado gee in Wees oor niks bekommerd nie ín teenvoeter teen die verlammende uitwerking van bekommernis en vrees in ons daaglikse lewe. Deur ín bestudering van die bekende Filippense 4:6-8 gee hy vir ons wegwysers na hoe om ons bekommernisse te oorkom: Vier God se goedheid; Vra God vir hulp; Los jou bekommernisse by Hom; Dink na oor die goeie dinge. Met God as jou Helper en hierdie vers as jou wegwyser, kan jy ware vrede in jou lewe ervaar en vry leef van bekommernis en vrees. Ingesluit: Vrae om te oordink om jou bekommernisse te oorkom en vrede en kalmte te ervaar.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bet-El
Helena Hugo Paperback R210 R181 Discovery Miles 1 810
Historikus: 'n Outobiografie
Hermann Giliomee Paperback R410 R345 Discovery Miles 3 450
Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier
Elsabe Brits Paperback  (4)
R390 R330 Discovery Miles 3 300
Die Woorde Van Jesus
Paperback R105 Discovery Miles 1 050
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback R230 R175 Discovery Miles 1 750
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R190 R150 Discovery Miles 1 500
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (3)
R240 R197 Discovery Miles 1 970
Die Bybel - 1933 /1953-vertaling
Leather / fine binding R649 R493 Discovery Miles 4 930
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R263 Discovery Miles 2 630
Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n…
Jackie Grobler Paperback  (2)
R230 R188 Discovery Miles 1 880

 

Partners