0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (24)
  • R50 - R100 (154)
  • R100 - R250 (970)
  • R250 - R500 (4,159)
  • R500+ (3,735)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Montanha in Zoutpansberg - 'n Portugese Handelsending Van Inhambane SE Besoek Aan Schoemansdal - 1885 1856 (Afrikaans,... Montanha in Zoutpansberg - 'n Portugese Handelsending Van Inhambane SE Besoek Aan Schoemansdal - 1885 1856 (Afrikaans, Hardcover)
O.J.O. Ferreira
R96 Discovery Miles 960 Shipped within 10 - 15 working days
Uit 'n Ouerhart (Afrikaans, Paperback): Norma Rossouw Uit 'n Ouerhart (Afrikaans, Paperback)
Norma Rossouw
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

50 waarhede vir elke kind se lewensreis.

Kinders leer die beste deur ander se voorbeeld na te volg en deur dinge te doen. In Uit ’n ouerhart deel Norma Rossouw 50 waarhede met ouers om prakties toe te pas en jou kind toe te rus vir die lewe. Sy bevestig die belangrikheid van ouers se voorbeeld en om die Here saam met jou kind in gebed en lofprysing te dien.

Norma deel van haar eie insigte as ouer, wat die Bybel oor elke aspek s, hoe om die Heilige Gees as Raadgewer in elke situasie te vertrou en hoe om God te loof vir wat Hy reeds gedoen het. Temas wat bespreek word, is onder andere vriendskap, prioriteite, liefde in aksie, nederigheid en waarvoor om nee te s.

Daar is ook plek vir jou en jou kind om vrae te beantwoord en gedagtes neer te skryf, asook voorstelle vir gebede om saam te bid en voorstelle vir dinge om as ouers en kinders te doen.

Wanneer die Bybel nie Sin Maak nie - 'n Gids tot die Ontsluiting van Oenskynlike Weersprekings in die Bybel (Afrikaans,... Wanneer die Bybel nie Sin Maak nie - 'n Gids tot die Ontsluiting van Oenskynlike Weersprekings in die Bybel (Afrikaans, Paperback)
Marius Nel
R140 R116 Discovery Miles 1 160 Save R24 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Jy is waarskynlik al gekonfronteer deur een of meer van die teenstellings in die Bybel. Mense gebruik dit dikwels as redes om die Bybel te verwerp. Dit is dinge soos: Waarom leer Jesus ons om te bid as Hy ook se die Vader weet wat ons behoeftes is? Die profeet Jesaja voorspel dat n Vredevors gebore sal word, maar dan verklaar Jesus dat Hy nie vrede gebring het nie, maar stryd. Jesus se die eerstes sal laaste wees en die laastes eerste wat beteken dit? In Wanneer die Bybel nie sin maak nie ondersoek Marius Nel hierdie en verskeie ander teenstellings in die Bybel. Elke teenstelling word belig deur soveel teksverse moontlik, asook die betekenisse van sommige Hebreeuse en Griekse woorde in die grondteks. Jy sal telkens verras besef dat dit nie gaan oor watter stelling korrek is nie, maar dat die teenstellings mekaar aanvul en dat ons beide stellings in konteks moet verstaan. Ontdek dat God op maniere werk wat bo ons begrip is, maar juis ook op maniere wat sy liefde en genade openbaar.

Van Gewoon Na Uitsonderlik (Afrikaans, Paperback): Kobus Neethling, Rache Rutherford, Liesl Schoonwinkel, Karen Hodges Van Gewoon Na Uitsonderlik (Afrikaans, Paperback)
Kobus Neethling, Rache Rutherford, Liesl Schoonwinkel, Karen Hodges
R161 Discovery Miles 1 610 Shipped within 10 - 15 working days

Ag, my lewe is so vervelig ...

Die mense by my werk maak my mal!

Ek haat my werk, ek werk net vir geld.

Voel jy ook so?

Dan sal hierdie boek jou help om kopskuiwe te maak. Dit sal jou leer hoe om jou vaardighede te ontwikkel om meer effektief te wees. Dit sal jou motiveer om jou dagtake meer positief en kreatief af te handel. In 200 stukkies wat jy oor 40 weke – elke werksdag – kan deurwerk, gee Kobus Neethling vir jou alles wat jy nodig het om weer lus te wees vir dit waarmee jy jou salaris verdien. Elke stukkie is geskryf in alledaagse, verteerbare taal. Die inhoud is boonop so ontwerp dat die daaglikse stukkie jou net vyf minute sal neem om deur te gaan. Die onderwerpe is sorgvuldig gekies om jou te help om ...

• te verstaan hoe jou breinvoorkeure jou werk benvloed

• idees te skep wat die mense om jou sal inspireer

• beter te kommunikeer vir beter verhoudings

• jou probleme kreatief op te los

• gelukkig te wees (selfs op ’n Maandag!)

• te ontdek hoe slim jy regtig is

• goeie en slegte stres te bestuur

• jou beste te lewer.

Jy, net buitengewoon is nuut. Dis groot. Dit sal die manier waarop jy werk vir altyd verander.

Il Paradiso - by Dante Alighieri (Afrikaans, Paperback): Cas Vos Il Paradiso - by Dante Alighieri (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R229 Discovery Miles 2 290 Shipped within 10 - 15 working days

Il Paradiso is die hoogtepunt van Dante Alighieri (1265-1321) se driedelige werk. Hy gebruik van die aangrypendste metafore en vergelykings om sy reis te beskryf. Hy is sonder twyfel een van die briljantste digters ooit.

Cas Vos se vertaling is die eerste vertaling daarvan in digvorm in Afrikaans. Hy wend verrassende en sprankelende metafore en vergelykings in sy vertaling aan en hy vertaal al die Latynse himnes op ’n indrukwekkende wyse.

Die leser word uitgenooi om die reis na die Paradiso onder die klank van sange en lieflike beelde te onderneem. ‘n Youtube-opname deur Hennie Maas van beeld en klank vergesel die bundel. Die uitmuntende akteur Dawid Minnaar lees dele uit die vertaling voor. Die opname laat die leser van Il Paradiso die tersines visueel en klankryk ervaar.

Die Sewe Kruiswoorde - Oordenkings Oor Jesus Se Lyding (Afrikaans, Hardcover): Alwyn Griebenow Die Sewe Kruiswoorde - Oordenkings Oor Jesus Se Lyding (Afrikaans, Hardcover)
Alwyn Griebenow
R107 Discovery Miles 1 070 Shipped within 10 - 15 working days

Drie kruise. Een Middelaar. Sewe uitsprake. Op 'n koppie buite Jerusalem het daar tweeduisend jaar gelede drie kruise gestaan. Jesus van Nasaret het aan die middelste kruis die geskiedenis letterlik in twee gedeel. Hy het die mag van sonde en dood finaal verslaan, sodat die mens vir wie Hy so lief is, weer die vreugde van n hegte verhouding met Hom kan beleef. Terwyl Jesus aan die kruis hang, vloei daar sewe uitsprake oor sy lippe onvergelyklike woorde van liefde, hoop, versmagting en, uiteindelik, oorwinning. Daardie woorde weerklink vandag nog net so helder, en hou ook n boodskap in vir jou lewe. Beleef hoe hierdie uitsprake God se liefde en genade in jou lewe tuisbring, en waarom die gebeure daardie Vrydag jou nie onaangeraak sal laat nie.

Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback): Liza Smit, Raquel Lewis Ek Is Liza Smit (Afrikaans, Paperback)
Liza Smit, Raquel Lewis
R240 R191 Discovery Miles 1 910 Save R49 (20%) Shipped within 4 - 10 working days

Springs, 1977. Robert en Jeanne Smit word wreed om die lewe gebring in wat die WVK later as 'n politiese gemotiveerde moord sou beskryf. Dekades daarna gons dit oor wie presies vir die grudaad verantwoordelik was. Daar is rookskerms en ontkenning, verduistering en misleidings, en bespiegelings en teorie oor presies wie die aanvanklike opdrag gegee het.

En iewers in die politieke kookpot prut stories van 'n dapper dertienjarige dogter Liza Smit. Nadat haar ouers uit haar lewe geruk is, sou niks ooit weer dieselfde wees nie. Toe sy hoor dat die WVK die saak wil ontrafel, begin sy en die ondersoekende joernalis Alet van Rensburg die saak navors. Saam-saam durf die twee, met enorme deursettingsvermo, vasberadenheid en 'n porsie domastrantheid die taak aan : om die waarheid te ontbloot oor die dood van Liza se ouers.

Liza se verhaal word afgewissel met uittreksels uit die oorspronklike veslag wat sy aan die ongure onderwreld van die destydse Suid- Afrika vol korrupte politici, taakmagte en internasionale intriges. Dis ook die storie van 'n lewe wat afspeel teen hierdie agtergrond, en hoe een indrukwekkende vrou haarself uit haar persoonlike hel reg.

Hoe weet ek God bestaan regtig? - Ontdek die ware almagtige vader (Afrikaans, Hardcover): Nancy Taylor, Phil Ryken Hoe weet ek God bestaan regtig? - Ontdek die ware almagtige vader (Afrikaans, Hardcover)
Nancy Taylor, Phil Ryken
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Die belangrikste vrae wat ons kan vra, handel oor God en ons verhouding met Hom. Die antwoorde op hierdie vrae help ons om die rede vir ons bestaan te verstaan. Hoe weet ek God bestaan regtig? is spesifiek vir mense wat nog nie lank gelowiges is nie, maar dit kan ook geweldig baie beteken vir enigiemand wat God beter wil leer ken. Die 60 vrae word in 4 afdelings bespreek: Vrae oor die algemene eienskappe van God, soos Weet God wat alles in die toekoms gaan gebeur?, Word God kwaad? Vrae oor wat God doen, soos Verander God ooit van plan?, Hoekom laat God goeie dinge met slegte mense gebeur? Vrae oor wat God vir my beteken, soos Hoe kan ek God waarlik leer ken?, Hoe kan ek weet wat God se wil vir my lewe is? Vrae oor die Name van God wat ek kan gebruik wanneer ek bid, soos Wat beteken dit dat God JHWH is? Ook beskikbaar in Engels onder die titel Is God Real?

'n Nuwe Begin (Afrikaans, Hardcover): Carolyn Larsen 'n Nuwe Begin (Afrikaans, Hardcover)
Carolyn Larsen
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Meer as 90 kragtige oordenkings gegrond op die lewensveranderende oomblikke in 30 Bybelkarakters se lewens.

Die Bybel is propvol stories van mense wat ’n nuwe begin ervaar het, soos Noag, Josef, Moses, Rut en Naomi, koningin Ester, die barmhartige Samaritaan en Maria en Marta.

’n Nuwe begin is meer as 90 kragtige oordenkings gegrond op die lewensveranderende oomblikke in 30 Bybelkarakters se lewens. Carolyn Larsen het ook Skrifverwysings by elke oordenking ingesluit om verdere leeswerk aan te bemoedig. Die pragtig ontwerpte volblad-teksverse en volkleur-ontwerpe deur Amylee Weeks maak hierdie dagstukkieboek die ideale geskenk.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel New Beginnings.

NLV My Eie Joernaal-Bybel vir Meisies (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV My Eie Joernaal-Bybel vir Meisies (Afrikaans, Leather / fine binding)
R500 R399 Discovery Miles 3 990 Save R101 (20%) Shipped within 5 - 10 working days

’n Kreatiewe joernaal-Bybel met die volledige NLV-teks ontwerp om meisies tussen 8 en 12 jaar dieper in God se Woord en ’n verhouding met Hom te trek.

My eie kreatiewe joernaal-Bybel met die volledige NLV-teks in enkelkolom en bre kantlyne met woordkuns en plek vir joernaalinskrywings is ’n unieke kleinood. Nou kan jong meisies tussen 8 en 12 jaar hierdie Bybel ook geniet met ’n spesiale uitgawe vir hulle.

My eie joernaal-Bybel – vir meisies is ontwerp om meisies dieper in God se Woord in te trek. Dit sluit die volgende kenmerke in:

• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte

• 366 oordenkings deur topverkoper-outeur Carolyn Larsen

• Inleidings tot Bybelboeke, vrae om joernaal-inskrywings aan te moedig en interessante Bybelfeite.

• Meer as 400 woordkuns-teksverse om in te kleur – elkeen uniek ontwerp

• Indeks van woordkuns-teksverse

• Onderwerpregister vir oordenkings

Leer meisies al op ’n jong ouderdom watter vreugde en waarde daar in Bybellees is sodat hulle ’n dieper verhouding met God kan ontwikkel en kosbare waarhede in die Bybel ontdek – wat hulle uiteindelik in hulle lewe kan uitleef.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Inspire Bible for Girls

Soos Jesus (Afrikaans, Paperback): Kobus Neethling, Hennie Stander, Rache Rutherford Soos Jesus (Afrikaans, Paperback)
Kobus Neethling, Hennie Stander, Rache Rutherford
R96 Discovery Miles 960 Shipped within 10 - 15 working days

Daar is niemand – geen groter leier of beter rolmodel – by wie ons meer kan leer as by Jesus Christus nie. Hy het die afgelope 2000 jaar ’n groter invloed as enige ander mens op die wreld gehad, en sal die toekoms net soveel benvloed. In die Nuwe Testament van die Bybel leer ons Hom ken deur die o van die Evangelieskrywers. In Soos Jesus volg ons die navorsingsroete om meer van die misterie van Jesus, die mens, te probeer ontdek.

Ons klem in hierdie boek val spesifiek nie op die wat ons van kleintyd af van Jesus weet – op sy Goddelikheid, sy liefde, sy vergifnis, sy wonderwerke, sy nederigheid, sy opoffering of sy passie nie. Ons wou daardie X-Faktor probeer pel wat Hom as mens so uitsonderlik gemaak het en dat mense van die 21ste eeu nog steeds verbyster staan.

Dit is wat ons met hierdie boek wil regkry. Ons gebruik die Bybel om ’n idee te vorm van wat Jesus geleer en gedoen het, soos wat die Evangelieskrywers Hom vir ons teken.

Jesus het in ’n ander tyd en wreld as ons geleef, en mense wonder soms of ons regtig nog sy voorbeeld in ons hedendaagse lewe kan toepas. Maar in plaas van om Jesus se wreld met ons s’n te vergelyk, moet ons eerder vra wat is die beginsel agter die gebeur in die Bybel wat on vandag kan toepas om in Jesus se voetspore te volg. Dis na die beginsels wat ons in hierdie boek soek.

Jesus is Meer... (Afrikaans, Paperback): Isak Burger Jesus is Meer... (Afrikaans, Paperback)
Isak Burger
R84 Discovery Miles 840 Shipped within 10 - 15 working days

Die mense wat my die meeste teleurgestel het, is kerkmense. Ek het ho verwagtings gehad dat ek in die kerk welkom sou wees, net soos ek is. Presies die teenoorgestelde het gebeur! Ek weet nie of ek nog in Jesus kan glo as dit is hoe sy volgelinge optree nie.”

Te veel mense word deur die Christelike godsdiens teleurgestel en kom dan nie by Jesus Christus uit nie.

Kom ontmoet die ware Jesus! Leer Hom in hierdie boek ken as die beginpunt van jou geluk, selfvertroue en innerlike vrede. Ervaar die liefde, genade en vergifnis wat Hy kan gee omdat Hy God is. Dit is net Hy wat alle pyn en seerkry kan genees. By Hom is alle mense welkom. Hy kyk nie na mense se status of die prestasies wat hulle behaal het nie.

Jesus is mr laat die historiese Jesus van die Bybel voor mense van vandag gestalte kry. Dit is nie ’n volledige geskiedenis van sy lewe en werk nie, maar lig die hoogtepunte uit sodat Jesus ’n groter werklikheid in mense se lewens kan word. Mense het God nodig – nie skynheilige godsdiens met uitputtende voorskrifte nie. Die dinge wat gelowiges doen wat mense van Jesus af weghou, word daarom in liefde uitgewys, nie as veroordeling nie, maar as aanmoediging vir almal wat waarlik die kerk van Jesus wil wees om Hm vir die wreld te wys.

Aartappelgeloof Vir Elke Dag (Afrikaans, Large print, Hardcover): Angus Buchan Aartappelgeloof Vir Elke Dag (Afrikaans, Large print, Hardcover)
Angus Buchan
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Word elke dag stil by God en ervaar hoe Hy jou siel verkwik en jou bemagtig om jou roeping uit te leef.

As jy God se teenwoordigheid in jou lewe op ’n kragtige wyse wil ervaar, moet jy elke dag tyd aan sy voete deurbring. Dit is in hierdie stilword-oomblikke by Hom wat God jou siel verkwik en jou bemagtig om sy roeping vir jou lewe uit te leef.

Aartappelgeloof ... vir elke dag is 366 bemoedigende oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan. Met temas soos leef deur die geloof, die krag van gebed, vertrou op die Here se onwankelbare liefde, ontvang krag in God se teenwoordigheid en vele meer, sal jy God se krag in jou lewe ervaar om die wedloop van geloof enduit te hardloop.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Potato Faith for Every Day.

Hou Vas Aan Die Hoop (Afrikaans, Paperback): Jimi le Roux Hou Vas Aan Die Hoop (Afrikaans, Paperback)
Jimi le Roux
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Stap in 366 dae ʼn pad deur Psalms en ervaar hoe jy nader aan God kan groei.

Psalms is nie net die langste boek in die Bybel nie, maar ook een van die gewildste boeke. Miskien omdat ons vandag ook ons eie emosies en vrae daarin kan raaklees. Vrae soos: Waarom gebeur dit? Waar is God? Wat moet ek doen?

Jimi le Roux neem ons in Hou vas aan die hoop in 366 dae op ’n reis deur Psalms. Hy wys hoe ons saam met die psalmskrywers deur ons eie vrese en aanslae, ons eie onsekerhede en twyfel kan werk, maar ook telkens weer ons eie geloof en vertroue terugvind en weer kan jubel en juig! Deur die loop van die jaar wys hy die waarheid dat hierdie lewe sy p en f inhou, maar dat die lewe die beste geleef kan word in ’n verhouding met God. Met behulp van teksverse, kort en kragtige oordenkings help Jimi ons om drdie verhouding op baie praktiese maniere te ondersoek, te beskryf en te beoefen. Die dagstukke word pragtig afgerond deur volkleur-ontwerpe deur Amylee Weeks.

Word elke dag stil oor een van die psalms en groei vir ’n jaar dieper in ’n verhouding met God in – dag vir dag!

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Hold On To Hope.

Diplomasie En Politiek - Die Pers, Die Boererepublieke En Duitsland Tydens Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, English,... Diplomasie En Politiek - Die Pers, Die Boererepublieke En Duitsland Tydens Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, English, Paperback)
Ulrich Van der Heyden
R20 Discovery Miles 200 Shipped within 10 - 15 working days
God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback): Retha Benade God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback)
Retha Benade
R167 Discovery Miles 1 670 Shipped within 10 - 15 working days

Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Die wat anti-gay is (ouers, familie, vriende, kerkleiers) en nie besef watter bloedspoor gelos word deur die misbruik van die Skrifte, mites en ongevoelige uitsprake teenoor gay mense nie.
  • Die gelowige gay mens wat met sy of haar seksualiteit sukkel en hopelik aangespoor sal word om hulleself te aanvaar.
  • Die pro-gay mense (ouers, familie, vriende, kerkleiers) wat swaar dra in die proses om die gay mens te beskerm.
Blydskap Wat Bly (Afrikaans, Hardcover): Stephan Joubert Blydskap Wat Bly (Afrikaans, Hardcover)
Stephan Joubert
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Word in 365 dae herinner dat jy ware, blywende vreugde kan vind in ’n hegte verhouding met God.

Wat maak jou gelukkig? Is dit sukses in jou loopbaan? Genoeg geld vir aftrede? Politieke stabiliteit? Wag jy ook nog dat die Here jou omstandighede moet verander voor jy jou neerslagtigheid sal verruil vir vreugde?

In Blydskap wat bly beklemtoon Stephan Joubert in 365 dagstukke dat ware vreugde nie te vind is in jou omstandighede nie, maar in ’n hegte verhouding met God. Daarom kan jy vreugde beleef al is die lewe onregverdig en sterf onskuldiges en sevier korrupsie. Ware vreugde is nie ’n emosie nie – dis ’n seker wete dat saam met God elke oomblik in die lewe sin het en elke ontmoeting ’n geleentheid is vir omgee, uitreik en vergifnis. Dt bring ware blydskap!

Leefstyl-Bybel Vir Vroue (Afrikaans, Hardcover): Christina Landman Leefstyl-Bybel Vir Vroue (Afrikaans, Hardcover)
Christina Landman
R650 R532 Discovery Miles 5 320 Save R118 (18%) Shipped within 7 - 15 working days

Die Leefstyl-Bybel vir vroue is 'n eerste in Afrikaans.

Die teks van die 1983-Bybelvertaling word toegelig, spesiaal vir vroue, met insiggewende kommentaar oor Bybelse gebruike, gebeure, uitsprake en voorskrifte. Die kommentaar is onder meer geskryf deur bekende en vooraanstaande Suid-Afrikaanse vroueteolo vir vroue wat eg en stylvol gelowig wil leef – en vir mans wat belangstel wat die Bybel regtig oor vroue s. Ekstra inligting sluit in:

- Wonder jy ook oor ...?-indeks van 345 Lewensvrae van vroue

- Lys van 66 Bybelboeke met temas en inleidings

- Alfabetiese lys van Bybelboeke

- Medewerkers en adviespaneel

- Aantekeninge binne die Bybelteks

- Verklarende woordelys vir die 1983-Vertaling

- Kitsnaslaangids – ’n tematiese indeks met gepaste Bybelstekste vir nagenoeg elke lewensituasie

- Bibliografie van geraadpleegde werke

- Indeks van Agtergronde, Geloofswaarhede, Mini-Bybelstudies, Mites oor vroue, Vroueportrette

Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.

Custard Vir Die Siel (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Custard Vir Die Siel (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
bundle available
R96 Discovery Miles 960 Shipped within 10 - 15 working days

Op die vooraand van haar 25ste huweliksherdenking behoort Isabella se lewe goed te wees. Sy is getroud met Herman, 'n bekende sielkundige, en het twee tienerseuns en 'n mooi huis.

Maar eintlik is ha ar lewe besig om uitmekaar te val. Dit maak dat sy haar toevlug neem tot soetgoed en Ingrid Jonker se somber posie. En sy het die verskriklikste vermoede ...

Dan verras Herman haar met 'n reis na haar geboorteland. Dit is 'n reis wat haar eers naak stroop – en dan haar pyn in purpose omskep.

Nou moet sy leer om haar vryheid te aanvaar ...

SUSAN COETZER is bekend as skilder, joernalis en rubrie kskrywer vir Finesse tydskrif. Sy is 'n bekroonde aktrise wat met 'n Artes en drie Vita-toekennings spog. Haar beroep en roeping is as gasvrou van die Blou Hond-restaurant en landwye motiveringspreker . Haar debuutroman, Oros vir die siel, het reeds duisende lewens verander.

Briewe aan God - Hartsgesprekke met die vader en bemoediging uit sy woord (Afrikaans, Paperback): Lizette Murray Briewe aan God - Hartsgesprekke met die vader en bemoediging uit sy woord (Afrikaans, Paperback)
Lizette Murray
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Briewe is n intieme manier om met mekaar te kommunikeer. Gewoonlik wys n brief iets van jou hart se binnekant. Dit verklap jou drome, of vertel van jou smagting of vrese of diepste twyfel. Net so is ons gesprekke met God briewe waarin ons ons hart voor Hom uitstort. Briewe aan God is n versameling van 50 van hierdie kort versugtinge, dankie-se-sinnetjies en noodroepe aan God. Die briewe hanteer verskeie aspekte in die lewe, soos kwellinge oor n kind, die behoefte om n vriendin te vertroos, dankie-se-briewe vir seeninge en nog vele meer. Na elke brief is daar ook enkele Skrifaanhalings oor die onderwerp in die brief en n gebed. Briewe aan God is doodgewone gesprekke en gebede op papier gerig tot God en geanker in sy Woord.

Die ware generaal Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback): Hennie De la Rey Die ware generaal Koos de la Rey (Afrikaans, Paperback)
Hennie De la Rey
R124 Discovery Miles 1 240 Shipped within 10 - 15 working days

In hierdie boek word ook op interessante wyse uitgebrei oor die generaal se verbintenis met sy psigiese vriend, Siener van Rensburg. Die boek is saamgestel deur die bekende historikus Lappe Laubsher, wat aan die einde van hierdie sketse die laaste maande van die generaal se lewe uit beskikbare bronne konstrueer. Menings word so onpartydig as moontlik gestel en slegs in spesifieke gevalle word na onwaarskynlikhede of teenstrydighede verwys. Die publikasie word opgeluister deur 13 swart en wit foto's, onder andere van die baadjie wat De la Rey aangehad het en die Daimler waarin hy gereis het toe hy doodgeskiet is.

God Se Storie (Afrikaans, Paperback): Jaco Thom God Se Storie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Thom
R161 Discovery Miles 1 610 Shipped within 10 - 15 working days

Die verhale in die Ou en Nuwe Testament handel nie in die eerste plek oor mense nie. Dit handel oor God, wat hierdie wereld so hartstogtelik liefhet, dat Hy ons nooit kan los nie. Nou word God se storie in hierdie boek so vertel, met teksverwysings, dat die leser deur die oe van die mense in die Bybel vir God aan die werk kan sien.

Die Groot Aanhalingsboek - Wyse Woorde vir die Christelike Lewe (Afrikaans, Paperback): Die Groot Aanhalingsboek - Wyse Woorde vir die Christelike Lewe (Afrikaans, Paperback)
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

“Die woord is oneindig magtiger as die swaard en wie dit kragtig en met wysheid gebruik, is magtiger as konings,” het Jeremias Gotthelf ges. Die groot aanhalingsboek is ’n onontbeerlike gids vir die regte woord op die regte tyd en bevat meer as 3 000 aanhalings, wyse woorde, heildronke, spreuke en teksgedeeltes oor meer as 350 onderwerpe vir die leser met ’n Christelike lewensbeskouing.

Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Ontdek hoe beheer oor jou denke jou kan help om sukses te behaal in alle areas van jou lewe.

Hoe en wat ons dink, het ’n geweldige invloed op ons verstandelike, emosionele en selfs fisieke welsyn. Om die waarheid te s, ons denke kan ons beperk tot dit wat ons glo ons kan doen, of dit kan ons dinge laat ervaar waarvan ons nooit kon droom nie. Wanneer ons ’n denkwyse kies wat ons vermons verruim, sal ons groter intellektuele satisfaksie, emosionele beheer en fisieke gesondheid ervaar. Die vraag is net: Hoe?

Dr. Caroline Leaf gebruik wetenskaplike navorsing en Bybelse insig om lesers te inspireer om beheer te neem van hulle gedagtes sodat hulle sodoende beheer kan neem van hulle lewens. Hierdie praktiese boek bevat die volgende:

’n 5-stap-leerprogram om geheue te verbeter en effektief te leer

’n profiel om die unieke manier te ontdek waarop elke leser inligting verwerk

’n gids om hulle gedagtewreld optimaal te leer benut

Dr. Leaf wys lesers hoe om hierdie kragtige hulpmiddels te kombineer om beter te vaar op die gebied van geheue, leer, intellektuele prestasie, werkprestasie, fisieke prestasie, verhoudings, emosionele gesondheid en – die belangrikste van alles – ’n lewe vol sin en betekenis te ervaar.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R263 Discovery Miles 2 630
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R190 R150 Discovery Miles 1 500
Dawie de Villiers: My Lewensreis…
Chris Schoeman Paperback  (1)
R300 R236 Discovery Miles 2 360
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (2)
R350 R329 Discovery Miles 3 290
Bet-El
Helena Hugo Paperback R210 R181 Discovery Miles 1 810
Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n…
Jackie Grobler Paperback  (2)
R230 R188 Discovery Miles 1 880
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback R230 R175 Discovery Miles 1 750
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (1)
R240 R191 Discovery Miles 1 910
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (3)
R240 R197 Discovery Miles 1 970

 

Partners