0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (25)
  • R50 - R100 (153)
  • R100 - R250 (969)
  • R250 - R500 (4,160)
  • R500+ (3,735)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

'n ontmoeting met Jesus (Afrikaans, Hardcover): Victor Kuligin 'n ontmoeting met Jesus (Afrikaans, Hardcover)
Victor Kuligin
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days
Die Groot Aanhalingsboek - Wyse Woorde vir die Christelike Lewe (Afrikaans, Paperback): Die Groot Aanhalingsboek - Wyse Woorde vir die Christelike Lewe (Afrikaans, Paperback)
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

“Die woord is oneindig magtiger as die swaard en wie dit kragtig en met wysheid gebruik, is magtiger as konings,” het Jeremias Gotthelf ges. Die groot aanhalingsboek is ’n onontbeerlike gids vir die regte woord op die regte tyd en bevat meer as 3 000 aanhalings, wyse woorde, heildronke, spreuke en teksgedeeltes oor meer as 350 onderwerpe vir die leser met ’n Christelike lewensbeskouing.

Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Ontdek hoe beheer oor jou denke jou kan help om sukses te behaal in alle areas van jou lewe.

Hoe en wat ons dink, het ’n geweldige invloed op ons verstandelike, emosionele en selfs fisieke welsyn. Om die waarheid te s, ons denke kan ons beperk tot dit wat ons glo ons kan doen, of dit kan ons dinge laat ervaar waarvan ons nooit kon droom nie. Wanneer ons ’n denkwyse kies wat ons vermons verruim, sal ons groter intellektuele satisfaksie, emosionele beheer en fisieke gesondheid ervaar. Die vraag is net: Hoe?

Dr. Caroline Leaf gebruik wetenskaplike navorsing en Bybelse insig om lesers te inspireer om beheer te neem van hulle gedagtes sodat hulle sodoende beheer kan neem van hulle lewens. Hierdie praktiese boek bevat die volgende:

’n 5-stap-leerprogram om geheue te verbeter en effektief te leer

’n profiel om die unieke manier te ontdek waarop elke leser inligting verwerk

’n gids om hulle gedagtewreld optimaal te leer benut

Dr. Leaf wys lesers hoe om hierdie kragtige hulpmiddels te kombineer om beter te vaar op die gebied van geheue, leer, intellektuele prestasie, werkprestasie, fisieke prestasie, verhoudings, emosionele gesondheid en – die belangrikste van alles – ’n lewe vol sin en betekenis te ervaar.

NLV My Eie Joernaal-Bybel vir Meisies (Afrikaans, Paperback): NLV My Eie Joernaal-Bybel vir Meisies (Afrikaans, Paperback)
R400 R324 Discovery Miles 3 240 Save R76 (19%) Shipped within 5 - 10 working days

’n Kreatiewe joernaal-Bybel met die volledige NLV-teks ontwerp om meisies tussen 8 en 12 jaar dieper in God se Woord en ’n verhouding met Hom te trek.

My eie kreatiewe joernaal-Bybel met die volledige NLV-teks in enkelkolom en bre kantlyne met woordkuns en plek vir joernaalinskrywings is ’n unieke kleinood. Nou kan jong meisies tussen 8 en 12 jaar hierdie Bybel ook geniet met ’n spesiale uitgawe vir hulle.

My eie joernaal-Bybel – vir meisies is ontwerp om meisies dieper in God se Woord in te trek. Dit sluit die volgende kenmerke in:

• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte

• 366 oordenkings deur topverkoper-outeur Carolyn Larsen

• Inleidings tot Bybelboeke, vrae om joernaal-inskrywings aan te moedig en interessante Bybelfeite.

• Meer as 400 woordkuns-teksverse om in te kleur – elkeen uniek ontwerp

• Indeks van woordkuns-teksverse

• Onderwerpregister vir oordenkings

Leer meisies al op ’n jong ouderdom watter vreugde en waarde daar in Bybellees is sodat hulle ’n dieper verhouding met God kan ontwikkel en kosbare waarhede in die Bybel ontdek – wat hulle uiteindelik in hulle lewe kan uitleef.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Inspire Bible for Girls

Briewe aan God - Hartsgesprekke met die vader en bemoediging uit sy woord (Afrikaans, Paperback): Lizette Murray Briewe aan God - Hartsgesprekke met die vader en bemoediging uit sy woord (Afrikaans, Paperback)
Lizette Murray
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Briewe is n intieme manier om met mekaar te kommunikeer. Gewoonlik wys n brief iets van jou hart se binnekant. Dit verklap jou drome, of vertel van jou smagting of vrese of diepste twyfel. Net so is ons gesprekke met God briewe waarin ons ons hart voor Hom uitstort. Briewe aan God is n versameling van 50 van hierdie kort versugtinge, dankie-se-sinnetjies en noodroepe aan God. Die briewe hanteer verskeie aspekte in die lewe, soos kwellinge oor n kind, die behoefte om n vriendin te vertroos, dankie-se-briewe vir seeninge en nog vele meer. Na elke brief is daar ook enkele Skrifaanhalings oor die onderwerp in die brief en n gebed. Briewe aan God is doodgewone gesprekke en gebede op papier gerig tot God en geanker in sy Woord.

In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback): Nico Smith In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback)
Nico Smith
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

In 1982 aanvaar Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. Hy en sy vrou laat hulle gemaklike lewe agter en gaan bly in Mamelodi. Hier leer Nico en Ellen rrig die hart van Mamelodi se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.

Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Nadine Blom Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Nadine Blom
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Elke Christen het ankers nodig, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los.

Jy Kan Verander - Laat God Jou Herskep Deur Sy Woord (Afrikaans, Paperback): Gerdi van den Berg Jy Kan Verander - Laat God Jou Herskep Deur Sy Woord (Afrikaans, Paperback)
Gerdi van den Berg
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

So baie mense is moedeloos omdat hulle nie in staat is om hul lewe reg te ruk nie. Jy kn verander takel hierdie probleem deur te kyk na die grootste vals aannames wat mense aanhang:

• “Ek moet net . . . meer bid en Bybelverse ken”

• “As ek net . . . my verlede kon verander”

• “Solank ek . . . gesonder eet, fikser word en die regte medikasie kry”

• “Ek moet net . . . meer positief dink”

• “As ek net . . . aanvaarbaar kan wees”

• “As . . . omstandighede net kan verander”

Di boek gee die oplossing om wel langtermynverandering te bewerkstellig: Herskepping danksy God se Woord en sy Gees. Elke hoofstuk sluit af met ’n toepaslike gebed en punte vir nadenke.

Da Costa Leal in Die Zuid-Afrikaanse Republiek - Die Sekretaris Van 'n Portugese Diplomatieke Kommissie Se Besoek Aan... Da Costa Leal in Die Zuid-Afrikaanse Republiek - Die Sekretaris Van 'n Portugese Diplomatieke Kommissie Se Besoek Aan Potchefstroom En Terugreis Na Lorenco Marques, 1869-1870 (Afrikaans, Paperback)
O.J.O. Ferreira
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days
Aangename Kennis, Here (Afrikaans, Paperback): Retief Burger, Wanda Bam, Isak Burger Aangename Kennis, Here (Afrikaans, Paperback)
Retief Burger, Wanda Bam, Isak Burger
R71 Discovery Miles 710 Shipped within 10 - 15 working days

ONTMOETINGS MET DIE LEWENDE GOD GEBEUR NIE NET IN DIE KERK NIE ...

Is jy bekommerd oor jou familie? Sukkel jy met skuld, huweliksprobleme, verslawing of jou gesondheid?

Is jy gestres en kan jy nie meer die Here se seninge raaksien nie?

Asem dan die woorde in hierdie boek in soos die asem van God wat nuwe lewe in jou bestaan blaas. Lees wie die Here is, waarvan Hy hou en hoe Hy mense verras. Jy leer net ’n deeltjie van Hom regtig ken deur wat jy ervaar. Nou kan jy ’n klomp hartsopenbaringe bymekaar sit, en ’n groter prentjie geteken kry in jou binneste.

Aangename kennis, Here is ’n program op Radiokansel wat soggens vroeg uitgesaai word. 50 verstommende getuienisse is nou in boekformaat beskikbaar, sodat jy kan lees wat beroemdes en mense wat jy nie ken nie uit hulle geloofsharte vertel.

WARE VERHALE, OPREGTE MENSE, WARE HOOP.

Wie is God - 'n Kompakte gids van 52 geloofsvrae met kort en kragtige Skrifgebaseerde antwoorde (Afrikaans, Paperback):... Wie is God - 'n Kompakte gids van 52 geloofsvrae met kort en kragtige Skrifgebaseerde antwoorde (Afrikaans, Paperback)
Chris van Wyk
R80 R66 Discovery Miles 660 Save R14 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

As iemand vir jou vra: Wat glo jy? kan jy die kern van wat ons glo as antwoord gee? Vrae omtrent die Bybel, geloof en die kerk is nooit maklik nie. Sommige vrae lyk eenvoudig en ander kan jy sommer sien, gaan ure se kopkrap meebring! Chris van Wyk het kort en kragtige antwoorde geformuleer op vrae soos: "Wat is die Drie-eenheid?" "Wat verwag God van jou in sy wet?" "Waarom moet my Verlosser waarlik mens en waarlik God wees?" "Watter hoop hou die ewige lewe vir my in?" Die resultaat was Wie is God? Hierdie kompakte gids bevat 52 geloofsvrae soos hierdie vir gelowiges. Die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea, die Geloofsbelydenis van Athanasius, die Heidelbergse Kategismus en die Westminster Geloofsbelydenis dien as basis vir die kernantwoorde in Wie is God?

Sielskos - Stories oor Verlange en Hoop (Afrikaans, Paperback): Koos van der Merwe Sielskos - Stories oor Verlange en Hoop (Afrikaans, Paperback)
Koos van der Merwe
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Hierdie bundel is saamgestel uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se "Laaste s"-rubrieke deur Koos van der Merwe in Sarie. Koos weef meesterlik met woorde en het die vermo om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Koos vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie.

Die VOC Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Hardcover): Con de Wet, Jan C. Visagie, Leon Hattingh Die VOC Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Hardcover)
Con de Wet, Jan C. Visagie, Leon Hattingh
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Shipped within 10 - 15 working days

Daar is reeds baie navorsing gedoen en n groot aantal publikasies het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges n behoefte aan n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd aan die Kaap volledig sou behandel, geidentifiseer. 'n Motivering was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat aspekte van die VOC se verbintenis met Suid-Afrika wat nog nie in die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers, wat elkeen n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is gewerf. Aspekte wat bespreek word, is die ontdekking van die seeroetes na die Ooste en die Amerikas teen die einde van die 16de eeu en die interafhanklikheid wat daardeur tussen Europa, die Ooste en die Amerikas ontstaan het. Dit het ook in Nederland neerslag gevind met die ontstaan van die VOC in 1602 en die groei van sy Oosterse handelsryk in die 17de eeu, wat dit die eerste groot internasionale handelsmaatskappy gemaak het. Daarna word die maatskappy se geleidelike agteruitgang en sy uiteindelike ondergang aan die einde van die 18de eeu geskets. Daar word gefokus op die rol wat die Kaapse diensstasie in die VOC se Oosterse handel gespeel het, die Kaapse bestuursinstellings en owerheidsdienste word bespreek en aandag word gegee aan die verdediging van die Kaap die strategiese waarde van die Kaap en die verdedigingstelsel om dit te beskerm, die verdediging teen n buitelandse bedreiging en die bekamping van binnelandse bedreigings. Laastens word die regspraak, gesondheidsdienste en onderwys volledig behandel. Daar is ook 'n fokus op die verskillende bevolkings-, kulturele of beroepsgroepe aan die Kaap, te wete die Khoisan, die Kompanjiesamptenare, die vryburgers, die slawe en die gemengde of bruin bevolkingsgroep. Ten slotte is daar 'n samevattende oorsig op die geskiedkundige nalatenskap van die VOC se teenwoordigheid aan die Kaap op die ontstaan en ontwikkeling van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken.

Egskeiding, Hoe Nou Verder (Afrikaans, Paperback): Egskeiding, Hoe Nou Verder (Afrikaans, Paperback)
R100 R83 Discovery Miles 830 Save R17 (17%) Shipped within 5 - 10 working days
Jou Beste Lewe Nou! - 7 Stappe om jou volle potensiaal te bereik (Afrikaans, Paperback): Joel Osteen Jou Beste Lewe Nou! - 7 Stappe om jou volle potensiaal te bereik (Afrikaans, Paperback)
Joel Osteen
R160 R132 Discovery Miles 1 320 Save R28 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Baie mense gaan deur die lewe met ’n swak selfbeeld, negatiwiteit en minderwaardigheidsgevoelens. Ander sien weer geluk as iets wat "eendag" met hulle sal gebeur. Waarlik gelukkige, vervulde mense is di wat geleer het hoe om hul beste lewe nou reeds te leef.

In Jou beste lewe nou! leer jy hoe om deur hierdie negatiewe denkpatroon te breek sodat jy jou volle potensiaal kan uitleef. Die antwoord l in ’n nuwe manier van dink oor jou lewe. Deur die volgende sewe stappe te neem, kan jy die eerste tree op die pad na ’n besondere toekoms gee: 1. Verbreed jou visie. 2. Ontwikkel ’n gesonde selfbeeld. 3. Ontdek die krag van jou woorde en denke. 4. Maak jou los van die verlede. 5. Groei deur swaarkry. 6. Leef om te gee. 7. Kies om gelukkig te wees.

Joel se bemoedigende boodskap en praktiese raad sal lesers help om die hindernisse in hul lewe te oorwin sodat hulle hul Godgegewe doel kan uitleef.

Wanneer Jy Verwerp Voel (Afrikaans, Paperback): Lysa TerKeurst Wanneer Jy Verwerp Voel (Afrikaans, Paperback)
Lysa TerKeurst
R140 R116 Discovery Miles 1 160 Save R24 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Sewe Bybelstudies om mense se stukkies afskeep liefde te ruil vir God se volkome liefde.

Ons voel so maklik uitgesluit en verwerp deur ander, maar wanneer ons besef dat God ons onvoorwaardelik en volkome liefhet, sal ons nie smeek vir ander se stukkies afskeep liefde nie.

In Wanneer jy verwerp voel se sewe Bybelstudies wil Lysa TerKeurst jou lei om situasies te identifiseer wat jou uitgesluit en verwerp laat voel en hoe om dit om te keer in situasies waar jy vanuit God se vrede en liefde leef.

Verruil jou lewe van onsekerheid en pyn vir die volkome vrede en liefde wat ’n verhouding met God jou bied. Hierdie Bybelstudie is geskik vir groepstudie. Daar is ook ses dae se persoonlike studies om tussen die groepstudies te doen. Die Bybelstudie is gebaseer op Lysa se boek Uninvited.

Gebede vir my kind - Kragtige gebede uit ouers se hart vir hul kinders of hulie naby aan jou of ver van jou af is (Afrikaans,... Gebede vir my kind - Kragtige gebede uit ouers se hart vir hul kinders of hulie naby aan jou of ver van jou af is (Afrikaans, Paperback)
Edie Melson
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Gebede vir ouers wat hulle kinders elke dag en in alle omstandighede in God se sorg toevertrou. Al wat jy eintlik vir jou kind kan doen, is bid. Tog kan ouers om verskeie redes nie elke dag by hulle kinders wees nie. Kinders gaan op skooluitstappies, hulle gaan universiteit toe of trek weg vir hulle werk. Die gebede in Gebede vir my kind verwoord 'n ouer se emosies wanneer jy daar wil wees vir jou kind, maar nie by hulle kan wees nie. In 9 hoofstukke deel Edie Melson gebede wat jy vir jouself en jou kind kan bid. Dit sluit gebede in om seen, beskerming en genade. Sy deel ook gebede wat jy vir jou kinders se vriende en onderwysers kan bid. Elke hoofstuk word afgerond met oordenkings, gedagtes oor ouerskap en ook gebede vir jouself vir jou belangrike taak as ouer. Hierdie boek sal jou opnuut laat besef dat God die Vader vir jou kind sorg, selfs as jy nie kan nie.

5 Minute Saam Met God (Afrikaans, Hardcover): Benescke Janse van Rensburg 5 Minute Saam Met God (Afrikaans, Hardcover)
Benescke Janse van Rensburg
R160 R132 Discovery Miles 1 320 Save R28 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Slegs 5 minute se kwaliteit-tyd saam met God is genoeg om jou te vernuwe en ware vrede te laat ervaar.

5 minute – dis soms al wat jy nodig het om die sen van God se onmeetbare vrede, krag en hoop te ervaar.

In 5 Minute saam met God herinner Benescke Janse van Rensburg jou in 52 kort, inspirerende gedagtes dat God genoeg is, dat jy waardevol is vir Hom, dat Hy weet wat Hy doen, en dat Hy wag om jou te troos en te bemoedig. Elke stukkie word ook gekomplementeer met ’n aanhaling en 5 teksverse oor die tema wat jou nader aan God sal trek.

5 Minute saam met God wys dat wanneer ons selfs net enkele minute saam met God deurbring, ons die krag en moed sal ontvang om probleme aan te pak en die lewe te leef wat God vir ons beplan het.

Oorwinning deur gebed - Bybelse strategiee om sterk te staan te midde van die geestelike stryd (Afrikaans, Paperback): Mark I.... Oorwinning deur gebed - Bybelse strategiee om sterk te staan te midde van die geestelike stryd (Afrikaans, Paperback)
Mark I. Bubeck
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Word deel van die geestelike stryd wat om jou woed en staan vas in die oorwinning wat reeds behaal is. Jy weet daar woed n geveg, maar weet jy hoe om tot die stryd toe te tree? Hierdie onontbeerlike gids tot geestelike oorlogvoering deur Mark Bubeck bevat n unieke kombinasie van persoonlike verhale en Bybelse wysheid. As n veteraan-gebedskryger deel hy sy taktiek vir oorwinning, asook n opregte begeerte vir jou geestelike welstand. Oorwinning deur gebed sal jou wys hoe om; In ware eenheid met Christus te leef; Met die Heilige Gees vervul te word; Die volle wapenrusting van God aan te trek; Kragtig te bid te midde van geestelike oorlogvoering; Ander te help om sterk te staan in hulle geloof; Jy hoef nie n slagoffer te word van die aanvalle van Satan nie, jy kan vas en seker staan in die wete dat die oorwinning reeds behaal is.

Humor In Die Huwelik - Ontsluit die Geheime tot 'n Suksesvolle Huwelik (Afrikaans, Paperback): Mark Gungor Humor In Die Huwelik - Ontsluit die Geheime tot 'n Suksesvolle Huwelik (Afrikaans, Paperback)
Mark Gungor
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Bemeester die vaardighede om deur humor die geheime tot die lewe, liefde en die huwelik te ontsluit.

Humor in die huwelik is gebaseer op Mark Gungor se sukses met tienduisende paartjies wat hom die krediet gee dat hy hulle huwelike verryk en selfs gered het.

Buiteblad binnekort beskikbaar Deur sy unieke vermenging van humor en kenmerkende eerlikheid help hy paartjies om oor die weg te kom en pret te h. Mark ondersoek ’n verskeidenheid onderwerpe soos die mite van ’n “sielsgenoot”, die verskil tussen hoe mans en vroue dink, die teenstrydige vlakke van libido en die noodsaaklikheid om te vergewe. Hy bewys die sleutel tot huweliksgeluk is nie romanse of voorbeskikking nie – dit is werk en vaardigheid.

Paartjies moet hard werk om hulle verhouding in stand te hou en hulle moet die vaardighede besit om dit te doen. Hoe langer huweliksmaats wag om hierdie vaardighede aan te leer, hoe groter is die kans dat hulle gaan opgee. Humor in die huwelik maak dit maklik vir paartjies om vandag nog hulle verhouding na ’n hor vlak van intimiteit te neem.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Laugh Your Way to a Better Marriage

Hoop wat alles oorwin - Vind sin te midde van verlies wanneer jou wereld ineenstort (Afrikaans, Paperback): Annieria McFarlane Hoop wat alles oorwin - Vind sin te midde van verlies wanneer jou wereld ineenstort (Afrikaans, Paperback)
Annieria McFarlane
R140 R116 Discovery Miles 1 160 Save R24 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Jy verloor jou werk. Jou kind maak droog. Jou drome vir n gelukkige huwelik le aan skerwe ... Teleurstelling en rampe is deel van die lewe. Maar daar is altyd hoop, verseker ervare skrywer Annieria McFarlane jou. In Hoop wat alles oorwin vat Annieria hande met 15 Bybelkarakters, soos Job, Josef en Rut, om te sien hoe hulle swaarkry hanteer en daardeur gegroei het, maar belangriker: Annieria wys jou in 33 kort, insiggewende hoofstukke hoe jy ook moed kan skep in donker situasies en God se lig van hoop kan ervaar.

NLV Geskenkbybel (Swart) (Afrikaans, Paperback): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Geskenkbybel (Swart) (Afrikaans, Paperback)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R85 R70 Discovery Miles 700 Save R15 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees.

Wanneer Hemel En Aarde Ontmoet (Afrikaans, Paperback): John Van Diest Wanneer Hemel En Aarde Ontmoet (Afrikaans, Paperback)
John Van Diest
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Ware verhale van Goddelike wonderwerke.

God werk op onverwagte maniere om Hom aan ons te openbaar. Wanneer hemel en aarde ontmoet sal jou bemoedig en deurgaans hieraan herinner terwyl jy die ware verhale lees.

Gelowiges sowel as ongelowiges sal genspireer word deur hierdie ware verhale van gebede wat beantwoord is, wonderwerke wat gebeur, bewyse van Goddelike ingrype en interaksie met geheimsinnige helpers. Wanneer hemel en aarde ontmoet bevat bydraes deur gewilde Christenskrywers soos Oswald Chambers, Philip Yancey, Bruce Wilkinson, David Jeremiah en vele meer.

Hierdie ware verhale van die hemel wat die aarde aanraak, sal jou vervul met hoop en sekerheid dat God nie net aktief besig is in die wreld vandag nie, maar Hy is ook intiem betrokke by jou lewe.

Die grootste geskenk - Inspirerende gebede en gedagtes vir 'n ma en haar ongebore baba (Afrikaans, Paperback): Susanna... Die grootste geskenk - Inspirerende gebede en gedagtes vir 'n ma en haar ongebore baba (Afrikaans, Paperback)
Susanna Foth Aughtmon
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Bele nou al in jou verhouding met jou ongebore baba deur vir hom of haar te bid en jou liefde te deel. Kinders is God se kosbare geskenk aan ouers. Swangerskap is n tyd vir feesviering, ontdekking en om te leer om iemand lief te he wat jy nog nie ken nie. In Die grootste geskenk leer ouers om nou al in hulle verhouding met hulle ongebore baba te bele deur vir hom of haar te bid en die Goeie Nuus met hom of haar te deel van hoe geliefd hy of sy al klaar is. Die Bybelverse, gebede en inspirerende gedagtes in hierdie boek sal mas se geloof versterk terwyl hulle hierdie kosbare seisoen deurgaan en opgewonde wag vir hulle grootste geskenk. Wanneer n nuwe lewetjie in jou groei, is dit die perfekte tyd om nader te kom aan die Een wat jou die liefste het.

Wanneer God Met Jou Praat (Afrikaans, Hardcover): Karien Basson Wanneer God Met Jou Praat (Afrikaans, Hardcover)
Karien Basson
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

52 weke om jou opnuut te inspireer om God se stem te hoor en die pad te stap wat Hy vir jou bestem het.

Karien Basson neem jou in 52 weke op ’n reis wat jou opnuut sal herinner: Die lewe is ’n kosbare gawe uit God se hand, en ons moet dit koester. Elke week bestaan uit 5 oordenkings en word afgesluit met ’n profiel van ’n persoon wat self al die oppe en affe van die lewe moes hanteer. Dit sluit in profiele van mense soos Rouchelle Liedemann, Tracey Lange, Charl du Toit, Richard Murray, Regardt van den Berg, Alett-Johanni Winckler, Stephan Joubert en Joshua na die Ren.

Wanneer God met jou praat sal jou elke dag inspireer om na God se stem te luister, sy leiding te volg en die beste j te wees wanneer jy op die pad stap wat Hy vir jou bestem het.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R263 Discovery Miles 2 630
Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n…
Jackie Grobler Paperback  (2)
R230 R188 Discovery Miles 1 880
My Kreatiewe Joernaal-Bybel
Wil Vosloo, Andrie Du Toit Leather / fine binding  (4)
R700 R549 Discovery Miles 5 490
Die Woorde Van Jesus
Paperback R105 Discovery Miles 1 050
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (3)
R240 R197 Discovery Miles 1 970
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (2)
R350 R329 Discovery Miles 3 290
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R225 R15 Discovery Miles 150
Ons Kom Van Vr - Bydraes Oor Bruin…
W.A.M. Carstens, Michael le Cordeur Paperback  (1)
R239 Discovery Miles 2 390
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (1)
R240 R191 Discovery Miles 1 910
Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n…
Ton Vosloo Paperback R275 R225 Discovery Miles 2 250

 

Partners