0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (25)
  • R50 - R100 (153)
  • R100 - R250 (973)
  • R250 - R500 (4,159)
  • R500+ (3,736)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie Jou Toekoms Nie (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie Jou Toekoms Nie (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R90 R66 Discovery Miles 660 Save R24 (27%) Shipped within 5 - 10 working days

Gesinne is die belangrikste eenheid wat God daar≠gestel het. God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees en ’n voor≠beeld vir hulle seuns te wees.

Angus Buchan moedig pa’s in Pa's & Seuns aan om die ver≠houding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koes≠ter. Die boek moedig terself≠dertyd ook seuns aan om hul ver≠houding met hul≠le pa te koester en so een van diť belangrikste gesins≠bande te ver≠sterk.

Temas wat in Pa's & Seuns be≠spreek word, sluit in: ’n pa se aanvaarding, rol≠modelle, genade en respek, nederigheid teen≠oor hoogmoed, op- of≠fering, wat maak iemand ’n pa en onversetli≠ke liefde.

Pa's & Seuns sal elke pa oortuig om die pa te wees wat God wil hÍ hy moet wees en wys watter ongelooflike impak dit op sy kinders sal hÍ.

Die Dorslandtrek - 1874-1881 (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen Die Dorslandtrek - 1874-1881 (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen 1
R600 R546 Discovery Miles 5 460 Save R54 (9%) Shipped within 10 - 15 working days

Min ander gebeurtenisse in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het so ’n onuitwisbare indruk gelaat as die Dorslandtrek. Die populÍre reisverhaalskrywer Lawrence Green het dit byvoorbeeld beskryf as “the most painful chapter in the whole history of the Afrikaner race”.

Kort nŠ hulle aankoms op Humpata het die graaf van Mayo die Dorslandtrekkers soos volg beskryf: “Taking them all round, a finer set of men I have never seen; without doubt, during that terrible seven years’ journey it was a case of the survival of the fittest.”

Die Dorslandtrek: 1874–1881 vertel die aangrypende verhaal van die ongeveer 700 persone (benewens ’n onbekende getal swart arbeiders) wat Transvaal gedurende die jare 1874 tot 1877 verlaat het en hulle in 1881 nŠ ’n swerftog van sewe jaar op Humpata op die hooglande van Angola gevestig het. Gedurende hulle epiese tog het ongeveer 230 blanke trekkers gesterf en ongeveer dieselfde getal na Transvaal teruggekeer. Hoewel ongeveer 130 babas gedurende die trek gebore is, het slegs ongeveer 370 persone hulle beloofde land uiteindelik bereik.

Die Dorslandtrek: 1874–1881 is die eerste boek wat in amper veertig jaar oor diť onderwerp verskyn. Bestaande feite word grondig ontleed en nuwe feite word op ’n omvangryke wyse byeengebring. Die resultaat is die mees omvattende boek oor diť aangrypende gebeurtenis.

'n Konstante Revolusie - Naspers, Media24 en Oorgange (Afrikaans, Paperback): Lizette Rabe 'n Konstante Revolusie - Naspers, Media24 en Oorgange (Afrikaans, Paperback)
Lizette Rabe
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Naspers is een van 'n handjievol maatskappye uit Afrika wat binne een eeu gegroei het tot 'n globale mededinger met rekordaandelepryse - en dit boonop op die gebied van tegnologie.

Die versameling essays, geskryf deur groot geeste in die Suid-Afrikaanse mediawereld, gaan oor die boustene van die grootste mediamaatskappy op die kontinent.

Dit is 'n onderneming wat tendense vroeg identifiseer, dit aanpas vir die markte waarin hy bedrywig is en dit benut tot groot voordeel van die maatskappy, sy aandeelhouers en sy werknemers.

Donker Stroom - Eugene Marais En Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback): Carel van der Merwe Donker Stroom - Eugene Marais En Die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans, Paperback)
Carel van der Merwe
R445 R373 Discovery Miles 3 730 Save R72 (16%) Shipped within 7 - 15 working days

Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman EugŤne Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy oŽnskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon.

Oor hierdie lewensjare van een van Afrikaans se beroemdste letterkundige figure is baie min bekend. Leon Rousseau sÍ in sy baanbreker-lewensverhaal oor Marais, Die Groot Verlange (1974): “Tensy ontdekkings gemaak word wat ’n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om ’n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee.”

Hierdie ontdekkings en nog baie meer is nou gemaak. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en nŠ die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, ’n verstommende verhaal wat ’n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur?

Die Groot Trek - Verlos Van Britse Heerskappy: Eksodus Van Die Boere Uit Die Kaapkolonie, 1836 (Afrikaans, Paperback): Robin... Die Groot Trek - Verlos Van Britse Heerskappy: Eksodus Van Die Boere Uit Die Kaapkolonie, 1836 (Afrikaans, Paperback)
Robin Binckes, Adri Kotze
R355 R281 Discovery Miles 2 810 Save R74 (21%) Shipped within 4 - 10 working days

In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom. So te se elke bespreking is uit presies die teenoorgestelde siening vertolk. Een van die mees omstrede onderwerpe was die Groot Trek, die Boere se eksodus uit die Kaapkolonie in 1838. Skrywers oor die onderwerp het tradisioneel die gebeure nie net uit die perspektief van "wit geskiedenis" benader nie, maar hoofsaaklik uit die van "Afrikanergeskiedenis". Dit is nog altyd gesien as `n "Afrikanergebeurtenis", maar dit was allermins. Die Groot Trek en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het, het elke deel van die samelewing betrek - Zulu, Sotho, Ndebele, Xhosa, Khoisan, Khoikhoi, Bruin, Brits, Engelssprekende Suid-Afrikaner en Boer - en dit is tyd om die trek in daardie lig, in die konteks van `n onbevooroordeelde, moderne Suid-Afrika, uit te beeld. Soos wat gewoonlik die geval is in geskiedenis, hou al die gebeure verband met mekaar. Dit is onmoontlik om die Groot Trek te skei van gebeure wat terugstrek tot by die Portugese ontdekkingsreisigers, aangesien daardie vroee verwikkelinge die agtergrond geskep het vir die redes vir die Groot Trek. Die meeste skrywers het op die trek self gefokus terwyl Binckes `n bree benadering gevolg het wat die impak van die vroeere wit invalle en migrasies - Portugees, Hollands, Frans en Brits - op suidelike Afrika bestudeer. So kan die trek en die oorsake daarvan beter verstaan word. Waar moontlik het Binckes die weergawes van ooggetuies gebruik en dit bevestig met die perspektiewe van vooraanstaande geskiedkundiges. Die eindproduk is `n objektiewe en omvattende rekord van een van die seminale gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierdie boek toon dat die Afrikaner `n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse gemeenskap is, was en altyd sal wees - maar dit beeld die Afrikaner ook uit as deel van `n groter prentjie. Die skrywer distansieer hom van die karakters wat die afgelope twee eeue as edel gestereotipeer is en beeld hulle lewensgetrou uit: wonderlike, heldhaftige mense met menslike gevoelens, sterk punte en tekortkominge.

Pippie (Afrikaans, Paperback): Anice Kruger, Colleen Naude Pippie (Afrikaans, Paperback)
Anice Kruger, Colleen Naude 2
R170 R142 Discovery Miles 1 420 Save R28 (16%) In stock

Op Oujaarsaand 2011 ontaard 'n lekker familiebraai in 'n skokkende nagmerrie toe 'n bottel vuuraanstekergel in 'n pa se hande ontplof en op sy dogtertjie beland. Met 80% brandwonde gee dokters vir die 2Ĺ-jarige Pippie Kruger net 'n 10% kans op oorlewing.

Pippie vertel op hartroerende wyse van die pynlike pad wat ma Anice, pa Erwin en hul gesin sedert diť ongeluk gestap het.

Die boek deel gebeure en ervarings wat nog nie van-tevore in die media bekendgemaak is nie:

  • Erwin maak sy hart oop en vertel met rou eerlikheid hoe die tragedie hulle verhouding geraak het.
  • Pippie se oupa en ouma verwoord hulle gevoelens.
  • Anice se ervaring van Pippie se baanbreker-operasie met gekloonde vel - 'n eerste in Afrika!
  • Aangrypende vertellings van die dokters en spesialiste wat Pippie behandel het.
  • 16 bladsye roerende foto's - sommige wat die wÍreld nog nooit gesien het nie.

Pippie vertel van 'n ma se stryd met God en 'n wil om nooit moed op te gee nie. Dit is 'n inspirerende verhaal van ongekende deursettingsvermoŽ, vurige hoop en onwankelbare vertroue in God.

Die Boereoorlog (Afrikaans, Paperback): Martin Bossenbroek Die Boereoorlog (Afrikaans, Paperback)
Martin Bossenbroek
R365 R288 Discovery Miles 2 880 Save R77 (21%) Shipped within 4 - 10 working days

Die Nederlandse historikus, Martin Bossenbroek, het in 2013 die Nasionale Nederlandse Geskiedenis-prys gewen vir sy nuwe kroniek oor die oorlog wat Suid-Afrika gevorm het, en die boek is ook in 2013 op die kortlys vir die AKO Letterkunde-prys geplaas. Beide hierdie toekennings is vername Nederlandse letterkundige pryse. Hierdie Afrikaanse hardeband, wat in 2015 as 'n Engelse en 'n Afrikaanse sagteband uitgegee gaan word, sal die lof en byval bevestig wat Bossenbroek reeds ontvang het, en aan Suid-Afrikaanse lesers die geleentheid bied om sy unieke storieverteltegniek te ervaar. Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is al verskeie dinge genoem: die oorsaak van apartheid, die voorganger van die Eerste en Tweede Wereldoorloe, en die eerste media-oorlog (waar joernaliste vir die eerste keer by 'n oorlog ingebed was). Dit het gehelp om die nasiestaat van Suid-Afrika te skep en meer as 'n honderd jaar nadat die oorlog geeindig het, lei dit steeds tot vurige debatte. In Die Boereoorlog bied Martin Bossenbroek vir die eerste keer aan lesers die volledige storie met ongeewenaarde insig en detail. Bossenbroek volg drie kleurvolle hoofkarakters: die Nederlandse prokureur, staatsprokureur van die Suid-Afrikaanse Republiek, staatsekretaris en uiteindelike Europese gesant Willem Leyds; die Britse oorlogsjoernalis Winston Churchill, en die Boerekryger en toekomstige Suid-Afrikaanse politikus, Deneys Reitz. Bossenbroek se fassinerende nuwe blik op die oorlog troef Thomas Pakenham se klassieke topverkoper, en is 'n moet-lees vir alle Suid-Afrikaanse geskiedenis-entoesiaste.

Angelique du Toit Bundel - Staan Sterk in 'n Wankelende WÍreld / Waarvoor Wag jy Dan? (Afrikaans, Paperback): Angelique du... Angelique du Toit Bundel - Staan Sterk in 'n Wankelende WÍreld / Waarvoor Wag jy Dan? (Afrikaans, Paperback)
Angelique du Toit
R360 R206 Discovery Miles 2 060 Save R154 (43%) In stock

Staan Sterk In 'n Wankelende WÍreld

Dra jy swaar aan die druk van jou daaglikse lewe, ry jy op ’n emosionele tuimeltrein, is jy fisiek uitgeput en sukkel jy met swak gesondheid?

Is jy kort van draad, angstig, bang en voel jy pal skuldig omdat jy worstel om Šl meer en meer vir jou werk – en ander mense – te gee, dikwels ten koste van jou gesinslewe. Voel jy of jy min hoop het vir die toekoms?

Staan sterk in ’n wankelende wÍreld is ’n praktiese boek vol onmiddelllike inspirasie wat jou sal help om bo al jou omstandighede uit te styg en alles te word wat jy geskep is om te wees. Die insigte wat jy op hierdie blaaie vind, sal jou aanmoedig om jou lewe, jou besigheid en jou toekoms te verander. Die teks is gebore uit lewenservaring en is nie bloot teorie nie.

Waarvoor Wag Jy Dan?

Sou jy bereid wees om jou ou leefwyse te verander en om jouself die geleentheid te gee om jou beste lewe te leef vir die res van jou lewe?

Verbeel jou ’n lewe vol van oorborrelende vreugde . . .vars hoop wat daagliks aan jou opgedien word - soos warm brood; vryheid van alewige vrees; vervullende verhoudings; om selfvertroue uit te straal en om te lewe met die verwagting van gestruktureerde sukses.

Hierdie waarheid is vervat in Waarvoor wag jy dan? Die resultate hoef nie langer vasgevang te wees in jou gedagtes of op jou wenslysie nie. Die uitkomste kan in jou lewe ervaar word - prakties, konsekwent en kragtig en doeltreffend.

Nou waarvoor wag jy dan? Dit is NOU jou tyd om op te staan!

Dinosourusse, Diamante & Demokrasie - 'n Kort, Kort Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Francis Wilson Dinosourusse, Diamante & Demokrasie - 'n Kort, Kort Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Francis Wilson; Translated by Aniel Botha
R180 R142 Discovery Miles 1 420 Save R38 (21%) In stock

’n AsteroÔde so groot soos Tafelberg tref meer as twee miljard jaar gelede die plek wat uiteindelik Suid-Afrika sou word. NŠ diť slag volg ’n onstuimige geskiedenis.

Die storie begin in die tyd toe die aarde se rykste goudneerslae gevorm is. Van hier strek die verhaal tot verby die geboorte van demokrasie in 1994 – ’n ander gebeurtenis wat die wÍreld se asem weggeslaan het. Langs die weg kom ’n mens die oudste dinosourusse wat ooit gelewe het teŽ, asook die planeet se heel eerste mense en vroegste kulture. Inkomelinge het die geskiedenis gevorm – jagterversamelaars, landbouers en kuddewagters, ystersmede vanuit die noorde, en immigrante vanuit Europa en AsiŽ.

Suid-Afrika se mense het oorlog gemaak en vrede gesluit, goud en diamante ontdek, glorieryke hoogtes bereik en in die dieptes van onderdrukking verval – totdat almal op ’n dag as gelykes in ’n ry ingeval het om vir ’n regering te stem wat hulle as demokratiese volk die een-en-twintigste eeu sou binnelei. Dit is die verhaal van dinosourusse, diamante en demokrasie.

Jeremy Vannie Elsies (Afrikaans, Paperback): Jeremy Vearey Jeremy Vannie Elsies (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Vearey
R249 Discovery Miles 2 490 In stock

Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiŽle lyfwag…

Van sy kleintyd in Elsiesrivier neem Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings. Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy ’n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel.

En onder alles loop ’n donker stroom.

Churchill & Smuts: Die Vriendskap (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Churchill & Smuts: Die Vriendskap (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn 1
R260 R213 Discovery Miles 2 130 Save R47 (18%) Shipped within 4 - 8 working days

Die eiesoortige vriendskap tussen Winston Churchill en Jan Smuts is ’n studie in kontraste. In hul jeug het hulle uiteenlopende wÍrelde bewoon: Churchill was die weerbarstige en energieke jong aristokraat; Smuts die asketiese, filosofiese Kaapse plaasseun, wat later aan Cambridge sou gaan studeer. Daar sou hy die eerste student word wat albei dele van die finale regskursus in dieselfde jaar neem en al twee met onderskeiding slaag.

Nadat hulle in die Anglo-Boereoorlog eers as vyande, en later in die Eerste WÍreldoorlog as bondgenote byeengebring is, het die mans ’n vriendskap gesmee wat oor die eerste helfte van die twintigste eeu gestrek het en tot Smuts se dood in 1950 voortgeduur het. Richard Steyn, die skrywer van Jan Smuts: Afrikaner sonder grense, bestudeer diť hegte vriendskap deur twee wÍreldoorloŽ aan die hand van ’n magdom argiefstukke, briewe, telegramme en die omvangryke boeke wat oor albei mans geskryf is.

Dit is ’n fassinerende verhaal oor twee besonderse individue in oorlog en vrede – die een die leier van ’n groot ryk, die ander die leier van ’n klein, weerspannige lid van daardie ryk.

Die Methodist Hymn Book (Afrikaans, Hardcover, 3rd edition): Die Methodist Hymn Book (Afrikaans, Hardcover, 3rd edition)
R117 Discovery Miles 1 170 In stock
'n Boodskap Van Hoop (Afrikaans, Paperback): Karien Basson 'n Boodskap Van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Karien Basson
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) In stock

50 Suid-Afrikaanse sportsterre deel hulle hoop en drome vir Suid-Afrika en sy mense.

Vir dekades al deel die mense van Suid-Afrika ’n passie vir sport. Maar wat ons regtig saamsnoer, is die Hoop wat in ons hart leef. Karien Basson bring hierdie twee eg Suid-Afrikaanse elemente saam in een inspirerende aanbieding.

In ’n Boodskap van hoop deel 50 sportsterre, onder andere Duane Vermeulen, Eben Etzebeth, Marcell Coetzee, Cornal Hendricks, LJ van Zyl, JP Duminy en Maryka Holtzhausen wat die eintlike doel in hulle lewe is: om ’n lewe te leef wat God sal verheerlik. Hulle deel teksverse wat hulle na aan die hart lÍ, bied persoonlike boodskappe aan lesers en dra die hoop uit wat hulle vir Suid-Afrika en sy mense koester. Die boek word afgerond met foto’s uit die sterre se persoonlike foto-albums en interessante feite oor ’n verskeidenheid sportsoorte en sportgebeure. Dit is ook die ideale geskenk vir handtekeningversamelaars.

’n Boodskap van hoop is ’n versamelstuk vol hoop en bemoediging uit die hart van sommige van ons mees geliefde sportsterre.

Sulamiet (Afrikaans, Paperback): Lina Spies Sulamiet (Afrikaans, Paperback)
Lina Spies
R167 Discovery Miles 1 670 In stock

Sulamiet is ’n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in ’n land en ’n wÍreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden nŠ die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd ’n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid. Binne die perspek≠tief van die herwonne paradys staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en die Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is transendent: die hiŽroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.

Die doelgerigte lewe (Afrikaans, Paperback): Rick Warren Die doelgerigte lewe (Afrikaans, Paperback)
Rick Warren
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) In stock

Die mees basiese vraag waarvoor elkeen in die lewe te staan kom, is: Hoekom is ek hier? Wat is my doel? Volgens Rick Warren le die antwoord by God en sy ewige doel met elke mens se lewe. Ware betekenis en belang kom van insig in en vervulling van die doel waarvoor God ons op die aarde geplaas het. Die doelgerigte lewe stel lesers in staat om te begryp waaroor die lewe eintlik gaan, en om die lewe te begin leef waarvoor God hulle geskep het. Deur die gebruik van Bybelse verhale en deur die Bybel self te laat praat, verduidelik Warren God se vyf doelwitte vir ons elkeen: Ons is beplan vir God se behae: Jou eerste doel is om Hom opreg te aanbid; Ons is gevorm vir God se familie: Jou tweede doel is om opregte sielsgemeenskap te ervaar; Ons is geskep om soos Christus te word: Jou derde doel is om opregte dissipelskap te leer; Ons is gevorm om God te dien: Jou vierde doel is om opregte bediening te beoefen; Ons is gemaak vir ín sending: Jou vyfde doel is om opregte Evangelieprediking uit te leef. Hierdie hersiene en uitgebreide weergawe beklemtoon die vraag: Wat op aarde doen ek hier? Dit is ook die lewensboodskap van Rick Warren, stigterspastor van Saddleback Church. Die boek is in ín boeiende styl geskryf en in 42 kort hoofstukke (ses weke) ingedeel wat as dagstukkies gelees kan word, deur kleingroepe bestudeer en deur kerke gebruik kan word.

Vreedsame revolusie - Uit die enjinkamer van die onderhandelinge (Afrikaans, Paperback): Niel Barnard, Tobie Wiese Vreedsame revolusie - Uit die enjinkamer van die onderhandelinge (Afrikaans, Paperback)
Niel Barnard, Tobie Wiese 2
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) In stock

In die vroee 1990ís is Suid-Afrika op ín mespunt. Nelson Mandela is vry, maar ín vreedsame politieke oorgang lyk byna onmoontlik.Te midde van dreigende geweld kom die NP-regering teen die ANC te staan by Kodesa. As hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) is Niel Barnard sentraal tot die onstuimige proses. Hy onthul ook hoe vertrouensbande tussen die ANC en NI gesmee is tydens geheime ontmoetings in Europese hotelkamers, en skryf oor sy wedervaringe in Moskou saam met die Russiese KGB.

Die Bybel - 1933 /1953-vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding): Die Bybel - 1933 /1953-vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding)
R649 R493 Discovery Miles 4 930 Save R156 (24%) Shipped within 4 - 10 working days
Finesse: Vertrou God - Dagstukkies + Joernaal vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Gretha Wiid, Lynette Beer, Liesel Krause-Wiid Finesse: Vertrou God - Dagstukkies + Joernaal vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Gretha Wiid, Lynette Beer, Liesel Krause-Wiid
R148 Discovery Miles 1 480 Shipped within 10 - 15 working days
Lewe In Volkleur - Weet Wie Jż is en Verstaan Ander Mense Beter (Plus DVD) (Afrikaans, Paperback): Lynette Beer Lewe In Volkleur - Weet Wie Jż is en Verstaan Ander Mense Beter (Plus DVD) (Afrikaans, Paperback)
Lynette Beer
R161 Discovery Miles 1 610 Shipped within 10 - 15 working days

Mense verskil. Elkeen dink anders, doen anders en het ’n heel ander siening van pret, stres, besluitneming of hoe om dinge gedoen te kry. Stel jou voor hoeveel suksesvoller en gelukkkiger ons sal wees as ons die insig het om onsself en ander te verstaan!

LYNETTE BEER wys jou hoe om jou persoonlike en professionele drome te bewaarheid. Die vier kleure en persoonlikheidstipes sal jou help om op alle gebiede van jou lewe uit te styg – van jou verhoudings tot jou loopbaan.

DIT IS WAT JY KRY...

DIE LEWE IN VOLKLEUR-BOEK

As jy die boek klaar gelees het, sal jy kan sÍ jy KEN jouself. Jy sal verstaan hoe jou temperament werk en hoe diť van ander mense by joune aanhaak ... of daarmee bots.

BONUS #1 – TEMPERAMENT-TOETS

Ingesluit is ’n 15 minuut-toets wat jou oŽ oopmaak vir die vier basiese temperamente en die een wat by jou oorheersend is. Dit sal jou ook inspireer om meer te maak van jou sterk punte en minder vas te val in die swakkeres.

Die Bybelroman - Lees die Bybel as Een Verhaal van Begin tot End (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Jaco Thom Die Bybelroman - Lees die Bybel as Een Verhaal van Begin tot End (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Jaco Thom
R193 Discovery Miles 1 930 Shipped within 10 - 15 working days

Die verhale in die Ou en Nuwe Testament handel nie in die eerste plek oor mense nie. Dit handel oor God, wat hierdie wÍreld so hartstogtelik liefhet dat Hy ons nooit kan los nie.

Nou word God se storie in hierdie boek so vertel dat die leser deur die oŽ van die mense in die Bybel vir God aan die werk kan sien.

Die verhale van mense van vlees en bloed, mense met emosies, passies en ideale, kom lÍ naby aan die moderne mens se hart. Die boodskap kom duidelik na vore: Dis steeds dieselfde God wat Hom ook met mense soos ons bemoei.

“Om deur die Bybel te gewerk het om hierdie boek te skryf, was vir my ’n persoonlike hoogtepunt in my verhouding met God. Ek het geleer om met nuwe oŽ na God te kyk. Dit is my gebed dat DIE BYBELROMAN elke leser sal help om God op ’n nuwe manier te ervaar en ’n liefde vir die Bybel te ontwikkel.”

'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback): Erika Murray-Theron 'n Skerfie Glas - Elke Familie het 'n Storie (Afrikaans, Paperback)
Erika Murray-Theron
R186 Discovery Miles 1 860 In stock

Die skrywer Erika Murray-Theron wou weet waar die vroue in haar familie vandaan kom. Wat kry ’n mens van wie? Waar kom alles wat jż is vandaan? Hoe is die vroue in haar familie se lewe geraak deur trauma en groot wÍreldgebeurtenisse waaroor hulle geen beheer gehad het nie? Theron se ouma Issie is op 3 Mei 1885 gebore; 133 jaar gelede. In hierdie verhaalbiografie gaan soek Theron in ou kookboeke, aantekeninge, foto’s, herinneringe, albums, briewe en geslagsregisters na haar ouma Issie se storie. ’n Lewe ontvou wat geraak is deur die verlies van ouers, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914 en daarna die energie wat dit verg om ’n groot huisgesin te behartig. ’n Skerfie glas wys hoe die verlede, selfs die verre verlede, spore op latere geslagte laat.

Die Anglo-Boereoorlog in 100 Objekte - Oorlogsmuseum van die Boererepublieke (Afrikaans, Hardcover): Johan Van Zyl Die Anglo-Boereoorlog in 100 Objekte - Oorlogsmuseum van die Boererepublieke (Afrikaans, Hardcover)
Johan Van Zyl; War Museum of The Boer Republics 1
R290 R237 Discovery Miles 2 370 Save R53 (18%) Shipped within 4 - 8 working days

Die 25-jarige Lammie de Villiers van die Pretoria-kommando het op Spioenkop gesterf. Die leerstewels wat hy gedra het – en ook generaal Christiaan de Wet se saal, ’n rare velduniform van die ZAR Staatartillerie, en die kerse wat die Boervrou Kotie Steenkamp by haar gehad het toe sy in die veld geleef het, is van die objekte in hierdie boek.

Die volle drama van die Anglo-Boereoorlog word werklik en persoonlik in hierdie versameling ikoniese objekte uit die Oorlogsmuseum se versameling. Die boek volg grootliks die kronologiese verloop van die oorlog, maar lig ook sekere temas uit, waaronder Boere- en Britse wapens, mediese sorg en die vernaamste rolspelers in die konflik.

Die 100 ikoniese items word aangevul deur aangrypende historiese foto’s. ’n Verdere 200 bykomende objekte is ingesluit om die storie te help vertel van ’n oorlog wat ’n onuitwisbare merk op die Suid-Afrikaanse landskap gelaat het.

Loop En Val (Afrikaans, Paperback): Gerjo Ben van der Merwe Loop En Val (Afrikaans, Paperback)
Gerjo Ben van der Merwe
R125 Discovery Miles 1 250 Shipped within 10 - 15 working days

Lees Romeine, GalasiŽrs, KorintiŽrs en EfesiŽrs in ‘n jaar deur met die Bybeldagboek van 366 dagstukke wat ekstra verwysings en ‘n opdrag insluit.

Ons almal se lewens word gekenmerk deur val en opstaan. Jy loop ewe lekker en sonder dat jy dit verwag, gee die lewe jou ’n dwarsklap dat jy dŠŠr lÍ. Dan kom die moeilike deel – die opstaan. Soms voel dit asof jy liewer wil bly lÍ, maar jy můťt die resies voltooi.

Daar is storms in elkeen se lewe: Tye wanneer jou huwelik se pilare wankel, wanneer die cash flow druk, wanneer jou verhoudings van die pad af beur, wanneer jou gesondheid sukkel, wanneer alles om jou net eenvoudig te veel word. Dan moet jy aan die een draadjie vasklou: Jesus is nog steeds in beheer.

Almal van ons sleep ’n swaar stuk bagasie saam. Die sonde wat sy lÍplek in ons lewe kom maak het, het die vreugde en die lag kom steel. Dis egter nie Sy idee vir ons nie. Glo dat God daardie verkeerde keuses en jou sondes sal vergewe en Hy sŠl jou vryspreek.

Die Opkoms En Ondergang Van Die NG Kerk (Afrikaans, Paperback): Jean Oosthuizen Die Opkoms En Ondergang Van Die NG Kerk (Afrikaans, Paperback)
Jean Oosthuizen
R260 R205 Discovery Miles 2 050 Save R55 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as “die Nasionale Party in gebed” bekend gestaan het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigerjare dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot ’n einde kom, blyk vandag in die kol te wees.

As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie – ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif. Talle individue se menswaardigheid is geskend en verskeie loopbane is onder die dekmantel van Christenskap vernietig, soos die skrywer self kan getuig.

Oosthuizen se blik strek egter wyer as sy ervaring toe hy in 2013 as nuusredakteur van Kerkbode geskors is nŠ die opspraakwekkende Woordfees-debakel. Sy reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van gelowiges sowel as ongelowiges wie se paaie met die NG Kerk gekruis het. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied ’n kontemporÍre blik op die tragiese geskiedenis van ’n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.

'n Huwelik Wat Hou! Huwelikspakket (Afrikaans, Paperback, Boxed set): Gretha Wiid 'n Huwelik Wat Hou! Huwelikspakket (Afrikaans, Paperback, Boxed set)
Gretha Wiid
R161 Discovery Miles 1 610 Shipped within 10 - 15 working days

Gretha Wiid se huwelikspakket bevat 26 geheime om ’n paartjie te help saamstaan teen enigiets wat julle uitmekaar wil trek. Die aparte boekie Liefdesuitdaging sal help om julle vaardighede te slyp sodat julle sterker anderkant sal uitkom.

Ons hardloop die rotteresies, net om eendag wakker te word en te besef: Ons twee is nie meer so naby aan mekaar soos voorheen nie. Een effektiewe manier om ’n huwelik te laat hou is om tyd en energie daarin te belÍ en julle huwelik die hoogste prioriteit te maak – soos toe julle nog uitgegaan het.

Gretha Wiid deel haar insigte, soos hoe om die konneksie te behou ten spyte van hindernisse en hoe om op die regte manier te baklei. Sy gee ook nuttige gereedskap om die sprankel te behou, selfs as julle al lank getroud is. En hoe om seksuele en emosionele probleme te oorkom.

Of julle pas getroud is of al baie sakke sout saam opgeŽet het, of net wil voorberei vir die reis, ’n Huwelik wat hou! sal julle verhouding omskep in ’n vervullende, suksesvolle en voorspoedige huwelik.

’N LIEFDESUITDAGING VIR JOU (EN VIR HOM)

Die aparte boekie Liefdesuitdaging bevat voorstelle en oefeninge om julle verhoudingsvaardighede te slyp sodat julle kan saamwerk aan ’n vervullende verhouding.

HOE WERK DIT?

Elkeen lees die spesifieke tema en gebruik die spasie in die aparte boekie om julle gedagtes neer te skryf. Julle maak dan ’n afspraak, ontmoet mekaar by julle gunstelingplek, en bespreek dit met mekaar. So herhaal julle die stappe vir elke tema.

GETROUDWEES, LIEFDE EN SEKS OUDIOBOEK (CD)

Ingesluit by diť huwelikspakket is die oudioboek Getroudwees, liefde en seks (MP3-formaat) met 16 klanksnitte, om julle te help om die probleme in julle huwelik anders te hanteer as in die verlede.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (2)
R350 R329 Discovery Miles 3 290
Die Bybel - 1983-vertaling
Leather / fine binding R649 R493 Discovery Miles 4 930
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R263 Discovery Miles 2 630
Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n…
Jackie Grobler Paperback  (2)
R230 R188 Discovery Miles 1 880
Bet-El
Helena Hugo Paperback R210 R181 Discovery Miles 1 810
Historikus: 'n Outobiografie
Hermann Giliomee Paperback R410 R345 Discovery Miles 3 450
Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier
Elsabe Brits Paperback  (4)
R390 R330 Discovery Miles 3 300
Die Woorde Van Jesus
Paperback R105 Discovery Miles 1 050
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback R230 R175 Discovery Miles 1 750
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R190 R150 Discovery Miles 1 500

 

Partners