0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (25)
  • R50 - R100 (152)
  • R100 - R250 (975)
  • R250 - R500 (4,159)
  • R500+ (3,736)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Waarvoor Wag Jy Dan? (Afrikaans, Paperback): Angelique du Toit Waarvoor Wag Jy Dan? (Afrikaans, Paperback)
Angelique du Toit
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Sou jy bereid wees om jou ou leefwyse te verander en om jouself die geleentheid te gee om jou beste lewe te leef vir die res van jou lewe?

Verbeel jou ’n lewe vol van oorborrelende vreugde . . .vars hoop wat daagliks aan jou opgedien word - soos warm brood; vryheid van alewige vrees; vervullende verhoudings; om selfvertroue uit te straal en om te lewe met die verwagting van gestruktureerde sukses.

Hierdie waarheid is vervat in Waarvoor wag jy dan? Die resultate hoef nie langer vasgevang te wees in jou gedagtes of op jou wenslysie nie. Die uitkomste kan in jou lewe ervaar word - prakties, konsekwent en kragtig en doeltreffend.

Nou waarvoor wag jy dan? Dit is NOU jou tyd om op te staan!

Erfenis van Liefde (Afrikaans, Paperback): Karen Kingsbury Erfenis van Liefde (Afrikaans, Paperback)
Karen Kingsbury
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Dekades gelede was John en Elizabeth Baxter die hoofkarakters van ’n liefdesverhaal wat steeds ’n rol speel in die lewens van hul volwasse kinders en kleinkinders. Tog ken min van hulle die presiese details van daardie storie en die hartseer wat hulle bymekaar gebring het.

Nou reeds op hoërskool moet Cole, Ashley Baxter Blake se oudste seun, ’n erfenisprojek doen vir sy Engelse klas. Hy besluit om sy oupa, John Baxter, te ondervra oor daardie liefdesverhaal van soveel jare gelede.

John is aanvanklik huiwerig en onseker of hy die krag het vir die hartseer wat dit dalk kan meebring – veral aangesien hy intussen weer getroud is. Tog stem hy in en laat toe dat sy gedagtes na plekke gaan waar hy dit in dekades nie gewaag het nie.

Terselfdertyd verwerk die Baxters se familievriend Cody Coleman sy verbreekte verlowing met Andi Ellison. Hy is vasbeslote om aan te beweeg, maar ’n toevallige ontmoeting laat hom van plan verander. Kan Cody vir Andi oorreed om weer te probeer, of is dit tyd om finaal te groet?

Of jy die Baxters vir die eerste keer leer ken, of hulle opnuut ontmoet, Erfenis van liefde sal jou hartsnare roer en jou herinner aan die impak wat ’n erfenis van liefde op ’n familie

NLV Geskenkbybel (Metaalswart) (Met Metaalafwerking) (Afrikaans, Paperback): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Geskenkbybel (Metaalswart) (Met Metaalafwerking) (Afrikaans, Paperback)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R80 R66 Discovery Miles 660 Save R14 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Ver­taling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle ge­skenk wees.

- Gewilde NLV-teks

- 7,5 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

NLV Geskenkbybel (Goud En Swart) (Afrikaans, Paperback): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Geskenkbybel (Goud En Swart) (Afrikaans, Paperback)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R85 R70 Discovery Miles 700 Save R15 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Ver­taling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle ge­skenk wees.

- Gewilde NLV-teks

- 7,5 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

Stil Oomblikke Met God Vir Jong Vroue (Afrikaans, Hardcover): Amanda Cowles Stil Oomblikke Met God Vir Jong Vroue (Afrikaans, Hardcover)
Amanda Cowles
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

366 inspirerende oordenkings om jong vroue se geestelike reis te verryk binne ’n paar minute elke dag.

’n Bemoedigende woord op die regte oomblik kan jou hele dag verander. Stil oomblikke met God – vir jong vroue is ’n ryk dagboek propvol kort, inspirerende gedagtes om jou siel te verkwik en met vreugde te vul.

Die 366 verrykende oordenkings deur Amanda Cowles is ideaal om te lees terwyl jy jou oggendkoffie drink, iewers sit en wag of enige geleentheid wat jy het om ’n kort tydjie die beste te benut. Geniet die voortreflike illustrasies deur Amylee Weeks terwyl jy nadink oor elke dag se kort oordenking en Skrifgedeelte. Die kragtige daaglikse oordenking sal jou help op jou reis na ’n lewe gevul met liefde, lag en God se genade.

Verryk jou geestelike reis en ontdek presies hoe lief God jou het wanneer jy elke dag ’n stil oomblik saam met God deurbring.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Break Time

Afrikaners In Angola: 1928?1975 (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen Afrikaners In Angola: 1928–1975 (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen
R325 R307 Discovery Miles 3 070 Save R18 (6%) Shipped within 10 - 15 working days

Stassen wy o.a. ’n volle hoofstuk aan die aangrypende verhaal van die Dorslandtrekkers en hulle lotgevalle. Tydens hierdie Angola-Boere se verblyf in Angola was daar van boerdery min sprake en probleme was velerlei: ’n problematiese verhouding met die Portugese owerheid, terwyl gebrekkige ekonomiese en opvoedkundige geleenthede, en gevolglike armoede, soms tot ontstellende verval gelei het.

In 1928 is ongeveer 2000 Angola-Boere na Suidwes-Afrika gerepatrieer. Die gemeenskap van 386–471 Afrikaners wat ná 1928 in Angola agtergebly het, is aan die vergetelheid en verwaarlosing oorgelaat en is later as ’n “lewende fossiel” en slagoffers van hulle eie behoudendheid bestempel. Sommige het wel nog ’n lewe uit gemengde boerdery, transportry en jag probeer maak, dekades nadat hierdie lewenswyse elders uitgesterf het. Vanaf 1958 tot 1963 is die meerderheid van die ongeveer 600 Afrikaners in Angola na Suidwes-Afrika en Suid-Afrika gerepatrieer, terwyl slegs enkeles in Angola agtergebly het. Hierdie groepie Afrikaners het hul Afrikanerskap daar onder moeilike omstandighede gehandhaaf.

Met die uitbreek van die burgeroorlog in 1975 in Angola het die laaste Afrikaners uit Angola gevlug en het die verbintenis van die Angola-Boere met Angola ná byna ’n eeu tot ’n einde gekom. Hulle interessante en kleurryke lewe word beskryf en die sogenaamde “trekgees” as ’n moontlike rede vir hulle swerftogte word onder die loep geneem.

NLV Geskenkbybel (Silwer) (Afrikaans, Paperback): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Geskenkbybel (Silwer) (Afrikaans, Paperback)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R85 R70 Discovery Miles 700 Save R15 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Ver­taling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle ge­skenk wees.

- Gewilde NLV-teks

- 7,5 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

Amper 'n tiener (vir seuns) - 8 belangrike dinge waaroor julle nou al moet praat (Afrikaans, Paperback): Peter Larson Amper 'n tiener (vir seuns) - 8 belangrike dinge waaroor julle nou al moet praat (Afrikaans, Paperback)
Peter Larson
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Jou seun is amper ’n tiener. Wat dink hy regtig van meisies, skool en God, of sy toekoms? Omdat seuns, en veral tienerseuns, nie die beste kommunikeerders is nie, is dit nie so maklik om te weet nie, of hoe? Hoe moet ouers met hulle seuns praat oor die dinge wat werklik belangrik is vir die seun? Amper ’n tiener (vir seuns) is die ideale hulpmiddel propvol wyse raad vir ouers. Dit gee prettige, goed deurdagte vrae en gesprekspunte wat tot natuurlike, betekenisvolle gesprekke tussen ouers en seuns sal lei. Dit sluit onderwerpe in soos: Fisieke en emosionele veranderinge waardeur hy gaan; Hoe om rein te bly in ’n samelewing wat so seksbehep voorkom; Hoe om sosiale media verantwoordelik te gebruik. Amper ’n tiener (vir seuns) is ’n praktiese gids tot ouer-seun-gesprekke om hulle voor te berei vir die onstuimige tienerjare. Dit sal ouers help om hulle seuns te bemoedig in hulle geloof, te gesels oor uitdagings by die skool en met vriende, en vir hom te wys hoe geliefd hy is in sy onstuimige tienerjare.

Jesus - Die beste vriend ooit (Afrikaans, Paperback): Jim George Jesus - Die beste vriend ooit (Afrikaans, Paperback)
Jim George
R70 R58 Discovery Miles 580 Save R12 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Ons almal het ’n vriend nodig op wie ons kan vertrou, en Jesus is die beste vriend ooit. Jong seuns het baie rolmodelle waarna hulle opkyk: sportsterre, sangers, akteurs en ander volwassenes. Maar die beste rolmodel wat is Jesus – die held wat ook ons beste Vriend is. In sy boek Jesus – die beste vriend ooit ondersoek Jim George 10 maniere waarop ampertiener-seuns elke dag soos Jesus kan leef, en leer hulle belangrike karaktereienskappe soos: Selfvertroue om te wees wie hulle is; Moed om die regte keuses te maak; Dissipline om take te voltooi; Geloof dat die lewe reg sal verloop; Fokus om hulle doelwitte te bereik. In Jesus – die beste vriend ooit sal seuns met behulp van eenvoudige selfstudie-vrae ontdek hoe Jesus hierdie karaktertrekke elke dag in sy aardse lewe uitgeleef het en hoe hulle dit ook in hul eie lewe kan doen. Hulle sal leer om seuns te word waarna ander opkyk en seuns wat vir ander die pad na Jesus se liefde en vriendskap wys.

Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Vroue (Linne) (Afrikaans, Paperback): Norma Rossouw Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Vroue (Linne) (Afrikaans, Paperback)
Norma Rossouw
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

366 temas ondersteun deur teksverse en ’n unieke kerngedagte om gelowige vroue te bemoedig.

Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot ’n geesdriftige lewe vir God.

Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en ’n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook ’n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Pocket Bible Devotional for Women

Bybelse profesiee en die eindtyd (Afrikaans, Paperback): Tim LaHaye Bybelse profesiee en die eindtyd (Afrikaans, Paperback)
Tim LaHaye
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Bybelse antwoorde oor God se plan vir gelowiges se toekoms. Dit is nie net Bybelwetenskaplikes wat Bybelse profesiee kan verstaan nie, jy kan nou ook leer hoe met Tim LaHaye se Bybelse profesiee en die eindtyd. Dit is die ideale beginpunt vir enigiemand wat Bybelse profesiee beter wil verstaan. Hierdie waardevolle gids gee vir jou al die inligting wat jy nodig het oor die eindtyd, en bevat: Riglyne vir hoe om Bybelse profesiee reg te interpreteer; Diagramme wat duidelike oorsigte gee van die toekoms; Stap vir stap voorbeelde van hoe om te verstaan wat die Bybel se oor die wegraping, die wederkoms, en die duisendjarige vrederyk; ’n Omvattende oorsig van God se plan vir die eindtyd. Met wereldgebeure wat die Here se koms al hoe nader bring, sal Bybelse profesiee en die eindtyd jou help om jou pad te vind in die opwindende en uitdagende dae wat voorle.

Die Pad Na Jou Ware Self: Studiegids (Afrikaans, Paperback): Suzanne Stabile, Ian Morgan Cron Die Pad Na Jou Ware Self: Studiegids (Afrikaans, Paperback)
Suzanne Stabile, Ian Morgan Cron
R100 R83 Discovery Miles 830 Save R17 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Wil jy selfs dieper delf in die Enneagram? Ian Cron en Suzanne Stabile het ’n studiegids geskep wat jou in staat sal stel om selfs meer uit Die pad na jou ware self te kry. Vir diegene wat nog nie weet wat hul tipe is nie, bied dié studiegids die geleentheid om die tipes te verken, en vir diegene wat dit wel weet, bied dit die geleentheid om te besin oor die implikasies vir groei. Dit sluit in:

• SNAP – ’n oefening vir persoonlike groei

• ’n Oorsig oor die Enneagram met nuwe inligting oor die intelligensiesentrums

• Vyf sessies met vrae spesifiek gerig op persoonlike groei of vir groepbespreking, asook plek om antwoorde neer te skryf

• Gedagtes van individue van elke tipe oor hoe dit is om daardie tipe te wees

Hetsy jy op jou eie of in groepsverband deur hierdie studiegids werk, dit sal jou in staat stel om te groei in kennis oor jouself, empatie vir ander en jou liefde vir God.

Die Pad Na Jou Ware Self (Afrikaans, Paperback): Ian Morgan Cron, Suzanne Stabile Die Pad Na Jou Ware Self (Afrikaans, Paperback)
Ian Morgan Cron, Suzanne Stabile
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Dit wat jy nie omtrent jouself weet nie, kan skadelik wees vir jou, jou verhoudings en hoe jy jou weg deur hierdie lewe baan. Dit kan selfs ’n dieper verhouding met God verhoed. Het jy hulp nodig om uit te pluis wie jy is en waarom jy jouself dikwels in selfverydelende patrone bevind? Die antwoord lê dalk net opgesluit in die persoonlikheidstipes wat deel vorm van die Enneagram.

Die Enneagram is ’n persoonlikheidstiperingstelsel wat beskryf hoe mense bedraad is, hetsy positief of negatief.

Die unieke verhaaltrant in hierdie boek help jou om die wêreld te sien en ervaar deur die oë van mense wat elkeen van die Enneagram-tipes verteenwoordig. Die komiese oomblikke en verhale wat hierin ingesluit is, sal verseker dat jy aanhou lees nadat jy die hoofstuk oor jou eie tipe klaargemaak het.

• Kry ’n beter begrip van hoe om die mense in jou lewe lief te hê

• Verbeter jou huwelik

• Ontdek wie God bedoel het jy moet wees

Deur met die veranderinge te begin wat jy reeds vandag kan aanbring, sal die wysheid wat in die Enneagram opgesluit lê, jou help op die pad na jou beste en ware self.

Gebed Wat Berge Versit (Afrikaans, Paperback): John Eldredge Gebed Wat Berge Versit (Afrikaans, Paperback)
John Eldredge
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Elkeen van ons het ‘n rede waarom ons bid. Ons wil hê God moet ingryp in on lewens en in die lewens van ons geliefdes. Maar soms is Hy stil. Waar laat dit ons? Doen ons iets verkeerd? Het Hy dalk nie gehoor toe ons bid nie? Hoekom lyk dit asof sommige mense se gebede ‘n groter uitwerking het as ons s’n? Dan raak ons moedeloos en gee moed op, ons hou op met bid. Ons hou op om juis daardie wapen te gebruik wat God aan ons gegee het sodat ons nie moedeloos sal word nie.

As jy enigsins in gebed belangstel, wil jy sien dat gebed werk. Dit is die doel van hierdie boek. Wanneer ons ontdek dat gebed nie net behels om vir God dinge te vra nie, maar ‘n vennootskap met Hom is, gaan daar vir ons nuwe moontlikhede oop. Ons is God se seuns en dogters, ons het die gesag van Jesus Christus ontvang en ons het ‘n groter rol om te speel in gebed as wat ons ooit kon dink,. Ons het ook veel groter mag.

Gebed wat berge versit is ‘n praktiese boek wat geanker is in jare se ervaring. John Eldredge bemoedig jou op ‘n sensitiewe, liefdevolle manier, maar sy raad is terselfdertyd reguit en leersaam, en sal jou stap vir stap leer hoe kragtige gebed werk. Daar is niks wat aan ‘n mens groter hoop gee as die idee dat dinge anders kan wees nie, en dat ons ‘n rol kan speel om daardie verandering te bewerkstellig. Met God, kan ons berge versit.

God Wil Vir Vroue Sê: Gee Dit Aan! (Afrikaans, Paperback): God Wil Vir Vroue Sê: Gee Dit Aan! (Afrikaans, Paperback)
R58 Discovery Miles 580 Shipped within 10 - 15 working days

Die Bybelverse in hierdie boek sal jou elke dag, 'n hele jaar lank, herinner aan al die wonderlike dinge wat God vir jou beplan. Dit is so gesond vir jou gees soos 'n daaglikse vitamienpil vir jou liggaam! Elke vers sal jou geloof versterk en jou meer hoop vir jou lewe gee. Dis die mees positiewe manier om jou dag mee te begin (of eindig), kort en maklik om te onthou. Elke vers word deur een woord tematies saamgevat. Hierdie temas is alfabeties gerangskik sodat jy vinnig 'n antwoord uit die Skrif kan naslaan volgens jou behoefte. Of jy kan die boekie na willekeur oopmaak en vertrou dat die spesifieke bladsy 'n hemelse boodskap net vir jou bevat. God wil vir vroue se dat geluk by Hom begin. Maak die waarheid deel van jou sisteem – soos om 'n vitamienpil in te sluk. Dit sal jou troos en bly maak, sodat jy enigiets wat oor jou pad kom, sal kan hanteer.

Mag God Se Genade Jou Omvou - Gift Bags (Afrikaans): Mag God Se Genade Jou Omvou - Gift Bags (Afrikaans)
R45 R37 Discovery Miles 370 Save R8 (18%) Shipped within 5 - 10 working days
Die Heel Beste Jy! (Afrikaans, Paperback): Dirkie van der Spuy, Dalena Vogel, Esther van der Spuy Die Heel Beste Jy! (Afrikaans, Paperback)
Dirkie van der Spuy, Dalena Vogel, Esther van der Spuy
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Shipped within 5 - 10 working days
Laat Sy Liefde Jou Lei (Afrikaans, Paperback): Milanie Vosloo Laat Sy Liefde Jou Lei (Afrikaans, Paperback)
Milanie Vosloo
R140 R116 Discovery Miles 1 160 Save R24 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Word in 366 dae stil by God se voete en ervaar geloof, hoop en liefde.

Laat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke gee vir ’n mens die versekering: Wat ook al jou drome en ideale is, waar jy jou ook al op die lewenspad bevind, die liefde sal jou lei.

Dié dagboek bevat 365 besielende oordenkings vir vroue wat fokus op die positiewe wat ’n mens kry uit ’n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos: die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo die beste.

In Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar op die pad van die liefde te stap in 365 oordenkings, die waarhede van die Skrif-oor­den­kings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuut­gevonde liefde vir God, hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is nie, liefde is die antwoord.

Romeine: Hartklop van die Evangelie (Afrikaans, Paperback): Andrie Du Toit Romeine: Hartklop van die Evangelie (Afrikaans, Paperback)
Andrie Du Toit
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days
Bielie Bybelpretboek 4 (Afrikaans, Paperback): Marius Greeff Bielie Bybelpretboek 4 (Afrikaans, Paperback)
Marius Greeff
R133 R114 Discovery Miles 1 140 Save R19 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Die Bielie Bybelpretboek 4 is ’n prettige manier om van die Bybel te leer en ook om jou kennis van die Bybel te toets. Die Bielie Bybelpretboek 4 is nie net vir individue bedoel nie – dit kan ook in kleingroepe of Sondagskoolklasse gebruik word. Dit bevat meer as 160 aktiwiteite, onder meer: woordsoeke, koderaaie, blokraaie en sudoku’s.

Geskiedenis En Geskrifte - Die Literatuur Van Ou Israel (Afrikaans, Paperback): Izak Spangenberg, Willem Boshoff, Eben Scheffler Geskiedenis En Geskrifte - Die Literatuur Van Ou Israel (Afrikaans, Paperback)
Izak Spangenberg, Willem Boshoff, Eben Scheffler
R163 Discovery Miles 1 630 Shipped within 10 - 15 working days

Ten spyte daarvan dat die Bybel eeue oud is, lees miljoene mense wereldwyd uit verskillende taal- en kultuurgroepe dit steeds met die verwagting om iets daarin te vind wat vir hulle persoonlike en spirituele lewe van waarde kan wees. Nietemin is die Bybel oorspronklik bedoel vir mense wat in ’n pre-industriele en prewetenskaplike wereld geleef het. Hulle huise, stede, plase, lewensomstandighede, kleding en gebruike het radikaal verskil van die wat ons vandag ken – wat die vraag laat ontstaan: hoe kan die reusegaping tussen hierdie antieke tekste en moderne lesers oorbrug word. Geskiedenis en geskrifte stel hedendaagse lesers aan die wereld van die ou Nabye-Ooste bekend – vanaf die ou Israeliete se oorlewingstryd, tot die godsdienstige literatuur wat geskryf is om hulle die lewe te help hanteer en sin te maak uit gebeure wat hul lewe beinvloed het – en lei die leser sodoende tot groter begrip en insig in die verskillende kontekste van die Bybel se wordingsgeskiedenis.

NLV Standaard Bybel (Linne, Mentgroen En Grys Met Duimgrepe) (Afrikaans, Paperback): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Standaard Bybel (Linne, Mentgroen En Grys Met Duimgrepe) (Afrikaans, Paperback)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R500 R399 Discovery Miles 3 990 Save R101 (20%) Shipped within 5 - 10 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unie­ke balans tussen noukeurigheid, ak­ku­raatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by dui­sen­de lesers.

Die NLV standaard-uitgawes spog nou met ’n verskeidenheid nuwe en opwindende omslae.

- 9 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- 8 volkleur-kaarte

- Merklint

- Duimgrepe

- Bladsye silwergerand

Shéri - Nes ek is (Afrikaans, Paperback): Sheri Brynard, Colleen Naude Shéri - Nes ek is (Afrikaans, Paperback)
Sheri Brynard, Colleen Naude
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

In haar bykans 35 jaar het Shéri Brynard merkwaardige mylpale bereik ten spyte van die feit dat sy as baba met Trisomie-21-Downsindroom gediagnoseer is. Sy vertel hoe die liefde en aanvaarding van diegene naaste aan haar, veral haar ma, Susette, haar gevorm het.

Sy deel met die leser die opwindende avonture op haar pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa, Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri – Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: “Wat is nou eintlik normaal?”

Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te staan kom.

Skepelinge: Aanloop tot 'n roman (Afrikaans, Paperback): Karel Schoeman Skepelinge: Aanloop tot 'n roman (Afrikaans, Paperback)
Karel Schoeman
R370 R314 Discovery Miles 3 140 Save R56 (15%) Shipped within 7 - 15 working days

Skepelinge is ’n impressionistiese betragting van die vroeë koloniale tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gebaseer op Schoeman se kennis van die VOC- tyd en meer spesifiek die skeepvaart. Self het die skrywer dit beskryf as ’n ‘hibriede skepping . . . wat in laaste instansie beoordeel moet word as produk van die skeppende verbeelding eerder as van navorsing’.

Tydens die boekstawing van die duisende skepelinge wat oor die eeue heen na die Kaap van Storms gereis en onderweg ook omgekom het, verweef Schoeman literêre stemme soos dié van Eliot, Auden, Eybers en Melville in Moby Dick met dokumente uit die oorspronklike dagboeke van die 1600’s en 1700’s, soos Van Riebeeck se Dagregister, Peter Kolb se noukeurige beskrywings van die Kaap en ander reisjoernale en geskiedkundige werke van die era.

Dit is geskiedskrywing soos geen ander Suid-Afrikaanse skrywer dit nog kon vermag nie. Skepelinge is ’n unieke nalatenskap – veral waar ‘oorsprong’ nou meer as ooit vantevore ondersoek word.

Die Dood en die Sin van die Lewe (Afrikaans, Paperback): Anton Van Niekerk Die Dood en die Sin van die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Anton Van Niekerk
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is dié boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (3)
R240 R197 Discovery Miles 1 970
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (2)
R350 R329 Discovery Miles 3 290
Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n…
Jackie Grobler Paperback  (2)
R230 R188 Discovery Miles 1 880
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback R230 R175 Discovery Miles 1 750
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (1)
R240 R191 Discovery Miles 1 910
Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n…
Ton Vosloo Paperback R275 R225 Discovery Miles 2 250
Mal Oor Jou Man
Floris Knouwds Paperback R64 Discovery Miles 640
Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier
Elsabe Brits Paperback  (4)
R390 R330 Discovery Miles 3 300
Ons Kom Van Vêr - Bydraes Oor Bruin…
W.A.M. Carstens, Michael le Cordeur Paperback  (1)
R239 Discovery Miles 2 390
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R263 Discovery Miles 2 630

 

Partners