0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (25)
  • R50 - R100 (152)
  • R100 - R250 (974)
  • R250 - R500 (4,159)
  • R500+ (3,736)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Gedenkboek van M.J. de Jager (1872-1939) - Boerekryger, staatsartilleris en militer (Afrikaans, Hardcover): M.J. De Jager Gedenkboek van M.J. de Jager (1872-1939) - Boerekryger, staatsartilleris en militer (Afrikaans, Hardcover)
M.J. De Jager; Translated by A P Smit
R48 Discovery Miles 480 Shipped within 10 - 15 working days

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 vertrek MJ de Jager as luitenant van die Staatsartillerie van die ZAR na die Natalse front. Hy onderskei homself tydens die veldslae by Modderspruit, Colenso, Ladysmith en Platrand. Na die slag van Donkerhoek op 11 Junie 1900 neem hy vir anderhalfjaar deel aan die guerillafase van die Anglo-Boereoorlog. Op 26 Januarie 1902 word hy in die distrik Ermelo gevange geneem en na St. Helena verban. Hy sit sy militêre loopbaan in die Transvaalse Polisie en die Unie-verdedigingsmag voort. Na die Suidwes-veldtog word hy hoof van die Unie-besettingsmag in die destydse Suidwes-Afrika en vestig hom op ’n plaas naby Windhoek. Hy word uiteindelik tot generaal bevorder, maar sy roemryke loopbaan word deur sy skielike dood in 1939 kortgeknip. De Jager se oorspronklike “Gedenkboek” het ook ’n veelbewoë geskiedenis en word nou vir die eerste keer gepubliseer nadat dit naelskraaps aan die aanslae van vuur en rysmiere ontkom het en daarná vir 60 jaar jaloers deur sy familie bewaar is.

Joyce Meyer Dagbeplanner 2018 (A6) (Afrikaans, Leather / fine binding): Joyce Meyer Joyce Meyer Dagbeplanner 2018 (A6) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Joyce Meyer
bundle available
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) In stock

Beplan jou dae en jou jaar, en word geïnspireer met die Joyce Meyer Dagbeplanner 2018.

• Weeklikse en daaglikse inspirasie uit Die krag van dankbaarheid

• ’n Bladsy per dag vir afsprake en notas

• Weeklikse beplanners

• Geleentheidskalenders vir elke maand

• Openbare vakansiedae, skool- en universiteitsvakansies

• Jaarbeplanners vir 2018 en 2019, ’n begrotingslys en kalenders

• Ekstra notabladsye agterin

• Plek vir telefoonnommers en adresse

• Handige inligting soos omskakelingstabelle, geskenke vir huweliksherdenkings en so meer

Suid-Afrika se Grensoorlog 1966-1989 (Afrikaans, Hardcover): Willem Steenkamp Suid-Afrika se Grensoorlog 1966-1989 (Afrikaans, Hardcover)
Willem Steenkamp
R420 R353 Discovery Miles 3 530 Save R67 (16%) Shipped within 7 - 15 working days

’n Kwarteeu nadat die laaste skote in die Grensoorlog geklap het is daar steeds talle mistastings oor die oorlog. Sedert Willem Steenkamp se topverkoper Suid-Afrika se Grensoorlog in 1989 gepubliseer is, het die geweerlope afgekoel en die stof en die rook van die slagveld gaan le. Die hersiene weergawe van die klassieke boek plaas nuwe feite op die tafel en gee ’n skerpogige terugblik op die oorlog.

Geloof alleen - Reise deur die kerkhervormings (Afrikaans, Paperback): Andre Pretorius Geloof alleen - Reise deur die kerkhervormings (Afrikaans, Paperback)
Andre Pretorius
R267 Discovery Miles 2 670 Shipped within 10 - 15 working days

Volg Andre Pretorius 500 jaar na die begin van die Kerkhervorming op 31 Oktober 1517, in die spore van die groot Hervormers - Martin Luther en Johannes Calvyn. Hy besoek die plekke waar die sleutelsepisodes van daardie grootse rewolusie afgespeel het en sien hoe daardie plekke nou lyk. Hy gaan na die plekke waar die godsdiensoorloe van die Hervormingsera ondenkbare verwoesting gesaai het, maar ook na die plekke waar die kreatiwiteit gebore uit die Protestantse verstaan van woorde en musiek van die grootste kunswerke van die mensdom geinspireer het. Hy bring dit alles terug na sy eie plattelandse Suid-Afrikaanse, Calvinistiese opvoeding.

Die Merkwaardige Wysheid Van Salomo (Afrikaans, Paperback): S.T. Potgieter Die Merkwaardige Wysheid Van Salomo (Afrikaans, Paperback)
S.T. Potgieter
R84 Discovery Miles 840 Shipped within 10 - 15 working days

Salomo het merkwaardige kennis van verhoudings en die lewe gehad...Die wysheid het hy van God ontvang. Daarom is Die merkwaardige wysheid van Salomo gewaarborg om jou lewe te verander. Verskuif jou bestaan van bekommernis en probleme na 'n lewe van gemoedsrus en oorwinning. In kombinasie met 'n 21ste-eeuse sielkundige bied hierdie wyshede besondere advies, riglyne en antwoorde vir die moderne man, vrou en jongmens. Kry die regte wysheid met temas soos: Besigheids- en finansiele intelligensie vir welvaart; Die beginsels van leierskap; Die huwelik en hoe om kinders groot te maak; Waarhede rakende menseverhoudings; Die vermyding van foute en swak oordeel; Strategiee vir sukses; Rigsnoere vir jou beroep en loopbaan; Riglyne vir jongmense.

Homoseksualiteit En Die Bybel (Afrikaans, Paperback): Jan Du Rand, Marius Nel Homoseksualiteit En Die Bybel (Afrikaans, Paperback)
Jan Du Rand, Marius Nel
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

’n Bybelse gids tot die verstaan van homoseksualiteit.

Wat sê die Bybel régtig oor selfdegeslagverhou­dings? Is die Bybel verkeerd vertaal of verstaan ons nou skielik verkeerd? En hoe gemaak met homoseksuele persone in die kerk?

Homoseksualiteit en die Bybel is gebore uit die na­vorsing deur twee behoudende Bybelwetenskapli­kes wat vra wat die Bybel oor selfdegeslagverhou­dings en -in­timiteit sê.

Proff Jan du Rand en Marius Nel neem die leser op ’n reis deur die Ou en Nuwe Testament, en selfs in die breër gemeenskap waarbinne Israel en die eerste kerk geleef het, om te probeer verstaan wat die Bybel oor selfdegeslagverhou­dings leer. Hulle ondersoek hoekom ons na die Bybel moet luister en ook hoe die heersende den­ke die verstaan van die Bybel beïnvloed.

Homoseksua­liteit en die Bybel is ’n eerlike en op­regte soeke na Bybelse antwoorde en sal lesers opnuut bewus maak van God se liefde en genade

Die Verdwyning (Afrikaans, Paperback): Irene Hannon Die Verdwyning (Afrikaans, Paperback)
Irene Hannon
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Wat sal een mens doen om te keer dat ’n skokkende geheim ontbloot word?

’n Vasberade joernalis. ’n Skeptiese privaatspeurder. En ’n geheim wat lewens kan verwoes. Dít is die agtergrond waarteen Die verdwyning deur Irene Hannon afspeel.

Moira Harrison, ’n joernalis, verdwaal in die donker tydens ’n donderstorm. Skielik verskyn ’n vreesbevange meisie voor haar en sy voel die soliede slag teen die kant van haar kar voor sy in ’n boom vasry.

’n Man maak haar deur oop, sê hy het alles gesien en belowe om die nooddienste te bel. Dan verloor Moira haar bewussyn. Wanneer sy wakker word, is sy alleen. Daar is geen man, geen nooddienste en geen beseerde meisie nie.

Die enigste persoon wat haar storie glo en bereid is om te help, is ’n privaat­speurder. Maar soos die leidrade ont­rafel word, word dit dui­delik daar is iemand wat enig­iets sal doen om ’n skok­kende geheim te bewaar.

Op Vlerke Van Geloof (Afrikaans, Foam book): Riekert Botha Op Vlerke Van Geloof (Afrikaans, Foam book)
Riekert Botha
R250 R179 Discovery Miles 1 790 Save R71 (28%) Shipped within 5 - 10 working days

366 saamwees-oomblikke met Jesus – vir ’n vervullende lewe.

Jesus – die Een wat die onbaatsugtigste opoffe­ring ooit gemaak het sodat óns die ewige lewe kan ge­niet. Maar ken ons Hom werklik en weet ons hoe­kom Hy gedoen het wat Hy het?

In Op vlerke van geloof breek Riekert Botha die Woord oop sodat ons Jesus, die kern van ons geloof, werklik kan leer ken. Deur die loop van 366 dae bied hy antwoorde op vrae, soos: Wie is Jesus? Hoe lyk Hy? Hoe werk Hy? Hoe beleef ek Hom? Hoekom werk Hy soos Hy doen? Op sy kenmerkend gemaklike styl bied Riekert ’n vars perspektief op ’n verskei­den­heid kwessies rondom Jesus se lewe en werk.

Bring elke dag tyd saam met Jesus deur, leer ken Hom en ervaar hoe jou geloof vlerke kry.

Wysheid Vir Die Weg (Afrikaans, Paperback): Charles Swindoll Wysheid Vir Die Weg (Afrikaans, Paperback)
Charles Swindoll
R120 R99 Discovery Miles 990 Save R21 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

In 365 oordenkings ontdek jy hoe om in die wysheid van God te lewe.

Sonder die wysheid van God in ons lewe het ons nog nie eers naastenby voluit begin leef nie. En die won­derlike waarheid is dat ons God om hier­die wysheid kan bid.

In Wysheid vir die weg deel Charles Swindoll wyse woorde uit die Skrif wat jou op jou lewensreis sal be­gelei. Die 365 oor­den­kings in sakpas-formaat sal jou sterk maak en die nodige insig gee om deur die lewe se vrae en spanning steeds voluit te kan leef.

Wanneer jy God se wysheid ontvang, sal jy uit God se per­spektief besef dat jy enigiets kan oorkom wat die lewe na jou kant toe gooi. God gee jou die wysheid om dit reg te kry. Vra Hom net daar­voor.

Amper 'n Tiener (Afrikaans, Paperback): Peter Larson, Heather Larson, David Arp, Cladia Arp Amper 'n Tiener (Afrikaans, Paperback)
Peter Larson, Heather Larson, David Arp, Cladia Arp
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

’n Praktiese gids vir ouer-dogter-gesprekke oor 8 moet-gesels onderwerpe.

Jou dogter word ’n tiener. Weet jy wat sy werklik dink oor ouens, skool, God of haar toe­koms? En besef jy hoe vinnig dit kan verander? Hoe praat ’n mens oor dié goed?

Amper ’n tiener help ouers om met hulle dogter te gesels en haar te help deur die tawwe tiener­jare. Peter en Heather Larson en David en Claudia Arp gee vir ouers persoonlike raad en bied deurdagte vrae wat hulle kan gebruik om betekenis­volle, natuurlike ge­sprekke oor 8 kern­sake met hulle dogter te hê, waaronder:

Fisiese en emosionele veranderinge in haar lewe

Eienaarskap van haar geestelike lewe

Hoe om sosiale media verantwoordelik te gebruik

Verhoudings

Amper ’n tiener is ’n praktiese gids tot ouer-dogter-gesprekke. Daar is ook raad oor dinge wat julle ook saam kan doen om haar te bemoedig in haar geloof en die uitdagings waarvoor sy te staan gaan kom. Dit is ’n móét vir elke ma en pa.

101 Inspirasie-Oomblikke (Afrikaans, Paperback): Lindie Strydom 101 Inspirasie-Oomblikke (Afrikaans, Paperback)
Lindie Strydom
R180 R129 Discovery Miles 1 290 Save R51 (28%) Shipped within 5 - 10 working days

101 inspirasie-gevulde boodskappe vir ’n saak-maak-lewe.

Soms is dit so moeilik om daardie eerste tree te gee met ’n nuwe uitdaging. En soms is dit nodig om af te skaal en te fokus op die kragtige eenvoud van Jesus en die besef dat Hy genoeg is.

Lindie Strydom deel in 101 inspirasie-oomblikke met lesers die wysheid en inspirasie wat sy in die alledaagse lewe leer. Die klein lesse wat jy leer deur na mense te kyk, in ’n ry te wag, die leë ure in ’n vliegtuig of op die pad om te dink, ’n gesprek met ’n vreemdeling en om van jou tyd te gee. Sy bind hierdie kragtige gedagtes met Skrifverwysings en spoor lesers aan om die lewe te vier en Jesus ’n prioriteit te maak.

Die 101 dagstukke begin elk met ’n kerngedagte om lesers te inspireer en te wys hoe belangrik daardie eerste tree in ’n nuwe rigting is. Saam met die boek het Lindie ook 31 inspirerende boodskappe opgeneem wat gratis afge­laai kan word by cumuitgewers.co.za.

Broedertwis (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Broedertwis (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Meer as ’n honderd jaar na die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner. In Broedertwis probeer Albert Blake verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar gekom het. Wie was reg? Christiaan, wat ten alle koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat ’n einde aan die smart en lyding van die oorlog wou bring?

Die Prentjie-Bybel Vir Jong Lesers (Afrikaans, Foam book): Charlotte Thoroe Die Prentjie-Bybel Vir Jong Lesers (Afrikaans, Foam book)
Charlotte Thoroe
R230 R171 Discovery Miles 1 710 Save R59 (26%) Shipped within 5 - 10 working days

Fassinerende stories, onvergeetlike karakters en ongelooflike wonderwerke.

In Die prentjie-Bybel vir jong lesers word uit­ge­soek­te Bybelstories lewendig met oulike, kleurvolle illustra­sies.

Hierdie boek met sy 11 Ou-Testamentiese stories en 15 Nuwe-Testamentiese stories wys vir kleuters wie God is en wat Hy gedoen het. Dit is spesiaal ont­wikkel met kort stories vir jong lesers.

Die prentjie-Bybel vir jong lesers sal kleintjies op­gewonde maak oor God se wêreld.

Ook beskikbaar in Engels onder die title The Picture Bible.

'n Jaar Met Jesus (Afrikaans, Paperback): Jan De Wet 'n Jaar Met Jesus (Afrikaans, Paperback)
Jan De Wet
R230 R190 Discovery Miles 1 900 Save R40 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Ontdek watter belangrike rol Jesus in jou lewe speel.

Om saam met Jesus op pad te wees, is ’n wonderlike avontuur. God se kinders het die voorreg om elke dag van die jaar hulle Verlosser by hulle te hê.

In ’n Jaar met Jesus maak Jan de Wet Jesus se teenwoor­digheid vir jongmense werklik. Hy stap saam met hulle deur die Bybel, van Genesis tot Open­baring en stel hulle voor aan gewone mans en vroue met drome, oorwinnings en mislukkings. Hy ge­bruik Bybel­karakters soos Dawid, Petrus, Matteus en vele ander om prakties te wys hoe Jesus deur sy kinders werk. Maar die belang­rikste is dat hy wys watter belangrike rol Jesus in dié karakters se lewens gespeel het.

’n Jaar met Jesus wys vir jongmense dat Jesus ons beste Voorbeeld is, want Hy is self die weg, die waarheid en die lewe.

Voorheen uitgegee onder die titel Wandel met Jesus.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Year with Jesus.

My Eie Inkleur-Bybel - 'n Bybelstorieboek Wat Kinders Kan Inkleur, Lees En Vir Altyd Kan Koester (Afrikaans, Paperback): My Eie Inkleur-Bybel - 'n Bybelstorieboek Wat Kinders Kan Inkleur, Lees En Vir Altyd Kan Koester (Afrikaans, Paperback)
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

ʼn Bybelstorieboek wat kinders kan inkleur, lees en vir altyd kan koester.

Almal onthou hulle Kinderbybel. Daardie één waaruit hulle jare ge­lees het.

Dit is baie belangrik om die regte eerste Bybel vir ’n kind te kies, maar soms ook oorweldigend. Hoe kies jy die regte Bybel wat ’n kleinood vir jou kind sal word?

My eie inkleur-Bybel is ideaal vir 6- tot 10-jariges. Die sluit meer as 170 Bybelstories van Genesis tot Open­baring in. Die stories is maklik om te lees en te ver­staan. Dit sluit bekende gunstelinge in, asook minder bekende stories soos die dag toe die son stilgestaan het en die droë bene wat lewendig ge­word het. Elke storie het ook ’n kernvers en Bybelver­wy­sings om verder te kan gaan lees.

Maar dit is nie al nie. Daar is ook 95 illu­stra­sies wat kinders self kan inkleur. Die buiteblad is spesiaal ontwerp sodat kinders dit ook kan inkleur en die bladsye is ook met prentjies gerand om ingekleur te word. Met hierdie Kinderbybel kan kinders dus hulle eie stempel op hulle Bybel afdruk.

Kinders sal My eie inkleur-Bybel vir jare koester.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel My Own Keepsake Bible.

Hoop Wat Kaalvoet Loop (Afrikaans, Paperback): Milanie Vosloo Hoop Wat Kaalvoet Loop (Afrikaans, Paperback)
Milanie Vosloo
R180 R129 Discovery Miles 1 290 Save R51 (28%) Shipped within 5 - 10 working days

Kom tuis by God – skop uit jou skoene en deel jou menswees met Hom.

Soms druk die lewe ... soos ’n paar ongemaklike skoe­ne aan die einde van ’n lang dag. Dis dán wanneer jy kan tuiskom by God; wanneer jy jou hart se skoene kan uitskop en jou gestroopte menswees met Hom kan deel. En dis in daardie veilige ruimte by Hom waar jy sal ervaar hoe Hy die donker in jou verdryf en aan jou nuwe hoop gee.

Hoop wat kaalvoet loop se 101 dagstukkies het ’n pragtige uitleg en is propvol hoop en inspirasie. Milanie Vosloo wys jou hoe jy – ten spyte van baie dinge – kan bly dans oor die lewe en bly hoop. Hoe jy – ondanks alles – kan blý vertrou omdat jy ’n Vader het wat jou stewig vashou. Wat jou met arms vol genade­seën wil toevou.

Die oordenkings in hierdie dagboek is geneem uit Milanie se topverkoper-boeke Sielskos vir die vrou wat lééf! en Laat Sy liefde jou lei. Die dagboek word ook afgerond met teksverse vir spesifieke behoeftes en plek vir notas agterin.

Ook beskikbaar in Engels - Living in the Light of Hope

Begin Jou Dag Met God (Afrikaans, Hardcover): Isak Burger, Liesel Krause-Wiid, Flip Loots, Hennie Stander Begin Jou Dag Met God (Afrikaans, Hardcover)
Isak Burger, Liesel Krause-Wiid, Flip Loots, Hennie Stander
R109 Discovery Miles 1 090 Shipped within 10 - 15 working days

52 Skrywers in hierdie dagboek se boodskappe is in 52 weke opgedeel. Vir 'n jaar lank sal God met jou praat deur spesiaal uitgesoekte verse uit die Bybel en die aktuele toepassings daarvan deur mense wat die lewe aam met jou leef. Begin jou dag met beloftes van God se omgee vir jou probleme, 'n nuwe manier van dink oor die seer op jou pad en die wete dat jy 'n kind van die Almagtige Vader is.

Woorde soos hoop, vergifnis en vrede sal na hierdie boek nie meer betekinlose "kerk" - woorde wees nie. Hulle sal praktiese maniere word om nader aan God te kom.

Die Verhaal Van Elandskloof (Afrikaans, Paperback): Tobie Wiese, Ricky Goedeman Die Verhaal Van Elandskloof (Afrikaans, Paperback)
Tobie Wiese, Ricky Goedeman
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days
Die Liefdesbriewe (Afrikaans, Paperback): Beverly Lewis Die Liefdesbriewe (Afrikaans, Paperback)
Beverly Lewis
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Die krag van liefdevolle woorde.

Marlena het geen idee hoe sy die versorging van ’n baba saam met haar daaglikse pligte gaan be­hartig nie. Ge­lukkig behoort dit nie langer as ’n paar weke te wees nie, net tot haar suster uit die hospitaal ontslaan word ... Marlena Wenger se lewe neem ’n onverwagte wending wanneer sy haar vervreemde suster se baba moet versorg. Terwyl sy die somer in Brownstown, Pennsilvanië, deur­bring om haar Menno­nitiese ouma te help en ver van haar Ou Orde Amish-kêrel af is, is sy ver buite haar gemak­sone. Dan is daar ook haar ouma se gawe buurvrou, Ellie Bitner, wie se seun ’n vreemdeling in almal se lewens inbring wat met die vreemdste stel liefdesbriewe in sy sak rond­loop. Die liefdesbriewe sal jou herinner van die krag van liefdevolle woorde en hoe een brief jou lewe kan verander.

Val 7 Keer Staan 8 Keer Op (Afrikaans, Paperback): John Mason Val 7 Keer Staan 8 Keer Op (Afrikaans, Paperback)
John Mason
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Wenners staan elke keer op, maak nie saak hoeveel keer hulle val nie.

Dit maak nie saak hoeveel keer jy val nie. Dit is hoe­veel keer jy opstaan wat tel.

Topverkoper-outeur John Mason se Val 7 keer, staan 8 keer op is propvol Bybelse lei­ding en praktiese raad, inspi­rerende aanhalings en pittige wyshede deur van die wêreld se grootste baanbrekers. Die drie afde­lings – ’n blik op die innerlike, ’n blik na buite, kyk op – sal jou help om jou beperkings te identifiseer en dit te gebruik om jou op te bou.

Die 42 begin­sels wat jou sal help besef dat sukses bedoel is vir dié wat aanhou probeer, sluit in:

· Wees dapper genoeg om te leef; enigiemand kan tou opgooi.

· Wanneer jy uitblink in verskonings maak, is dit moeilik om uit te blink in enigiets anders.

· Om jouself met ander te vergelyk, dien geen doel nie.

· As jy bang is vir kritiek, sal jy nooit iets doen nie.

· Jy kan nooit té veel op God vertrou nie.

· Wonderwerke begin in jou hart.

Val 7 keer, staan 8 keer op beklemtoon dat wenners raad, insig en motivering soek by dié wat reeds die pad gestap het.

Hoe Om Die Bybel Reg Te Lees (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Hoe Om Die Bybel Reg Te Lees (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R120 R99 Discovery Miles 990 Save R21 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Hoe lees jy die Bybel sodat dit ’n vuur in jou aansteek om vir God te leef?

Hoe vryer die Bybel beskikbaar raak, hoe minder word dit gehoor, gelees, geleef,” sê Stephan Joubert. Maar hoe­kom? Omdat mense steeds nie weet hoe om die Bybel reg te lees nie.

Stephan Joubert span in Hoe om die Bybel reg te lees kragte saam met ervare kundiges Roedolf Botha, Tom Smith, Jan Venter, Leonard Maré en Franco-Pierre Visser, en help jou om die Skrif vars en nuut te ontdek.

Hulle kyk nugter en in detail na byvoorbeeld:

· Wat presies beteken dit om die Bybel “in konteks” te lees?

· Hoe gaan jy te werk om ’n spesifieke gedeelte reg te interpreteer?

· Hoe weet jy wat in die Bybel op jou van toepas­sing is?

· Kan jy die Bybel “gebruik” om te oordeel oor etiese kwessies?

Die Bybel is die lewende God se teks wat Hy oor­skryf op die harte van mense. Hoe om die Bybel reg te lees sal jou help om God se boodskap beter te verstaan, en ’n nuwe vuur vir die Woord in jou hart laat brand.

365 Beloftes Uit Die Woord in Kleur (Afrikaans, Paperback): 365 Beloftes Uit Die Woord in Kleur (Afrikaans, Paperback)
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Shipped within 5 - 10 working days
Superhelde Aktiwiteitsboek (Afrikaans, Paperback): Joe Goode Superhelde Aktiwiteitsboek (Afrikaans, Paperback)
Joe Goode
R50 R42 Discovery Miles 420 Save R8 (16%) Shipped within 5 - 10 working days

Word speel-speel ’n held vir Jesus.

Superhelde – Aktiwiteitsboek is ’n opwindende, inter­aktiewe speletjiesboek wat seuntjies speel-speel sal leer van groot Bybelhelde uit die Ou en Nuwe Testa­ment soos Adam, Noag, Moses, Simson, Dawid, Daniëlen die seuntjie wat sy kos met Jesus gedeel het.

Daar is Bybelverwysing sodat seuntjies die storie kan gaan soek in die Bybel – hulle heel beste helde-gids. Seuntjies tussen 5 en 8 sal ure se pret hê met die inkleurprentjies, geskom­melde woorde, paadjies om te volg en ander spele­tjies.

Laat die pret begin vir Jesus se klein helde!

Here, Ek Weet U Luister - Binnekamer Gebede En Oordenkings Vir 'N Innige Verhouding Met God (Afrikaans, Paperback): Johan... Here, Ek Weet U Luister - Binnekamer Gebede En Oordenkings Vir 'N Innige Verhouding Met God (Afrikaans, Paperback)
Johan Smit
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

In jou diepste stilword-oomblikke praat jy met God oor alles, oor enigiets. Johan Smit bied vir lesers ekstra bemoediging in hierdie kosbare oomblikke met Here, ek weet U luister. 65 gebede vir lesers se stiltetyd word elk ondersteun deur ’n kort oordenking, kragtige teksverse en inspirerende aanhalings. Die temas sluit in lofgebede aan God, gebede vir jou huwelik, gesin en vriendskappe, jou werk en teleurstellings. Here, ek weet U luister beloof om lesers se gebedsoomblikke met God se teenwoordigheid te vul. Hulle sal ongetwyfeld weet dat God daar is en dat Hy luister.

Is Jesus Genoeg? (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Is Jesus Genoeg? (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R80 R59 Discovery Miles 590 Save R21 (26%) Shipped within 5 - 10 working days

Is Jesus genoeg vir jou? As jy die vraag moet beantwoord, kan jy met alle eerlikheid sê jy leef elke oomblik tot eer van God?

Outeur en evangelis Angus Buchan fokus jou aandag in IS JESUS GENOEG? op die feit dat Jesus altyd jou hoofdoel moet bly – diens aan ander is ’n uitvloeisel hiervan. Hy raak onderwerpe aan soos gebed, onvoorwaardelike oorgawe, nederigheid, aanbidding en leierskap. Angus deel ware verhale van hoe die lewens lyk van mense wat werklik geglo het dat Jesus genoeg is vir hulle – van bekendes soos Billy Graham en David Livingstone tot persoonlike verhale van mense wat Angus op sy reise ontmoet het. Jesus ís genoeg vir jou. Angus herinner jou dat dit inderdaad steeds ’n waarheid is waaraan jy kan vashou – ten spyte van al die bekommernisse, probleme en struikelblokke van vandag.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R263 Discovery Miles 2 630
Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n…
Jackie Grobler Paperback  (2)
R230 R188 Discovery Miles 1 880
Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense
Richard Steyn Paperback  (1)
R250 R205 Discovery Miles 2 050
Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n…
Ton Vosloo Paperback R275 R225 Discovery Miles 2 250
Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier
Elsabe Brits Paperback  (4)
R390 R330 Discovery Miles 3 300
Historikus: 'n Outobiografie
Hermann Giliomee Paperback R410 R345 Discovery Miles 3 450
Ingrid Jonker - 'n Biografie
Petrovna Metelerkamp Paperback R300 R236 Discovery Miles 2 360
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R225 R56 Discovery Miles 560
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback R230 R175 Discovery Miles 1 750
Lewe In Volkleur - Weet Wie Jý is en…
Lynette Beer Paperback R161 Discovery Miles 1 610

 

Partners