0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (31)
  • R50 - R100 (153)
  • R100 - R250 (960)
  • R250 - R500 (4,168)
  • R500+ (3,734)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Guts (Afrikaans, Paperback): Eugene Kemp Guts (Afrikaans, Paperback)
Eugene Kemp
R58 Discovery Miles 580 Shipped within 10 - 15 working days
Ek is Tot Alles in Staat (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Ek is Tot Alles in Staat (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R100 R83 Discovery Miles 830 Save R17 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Riekert Botha neem lesers in Ek is tot alles in staat deur die vreugde-brief Filippense en daag elkeen uit om die ware betekenis van die bekende boek te ontdek. Die bekende skrywer en radiopersoonlikheid breek Filippense in 10 studies op om te sien wat hierdie boek vir elkeen individueel, asook in die groter prentjie van die boek wil se. Eerstens word daar gekyk vir wie die boek oorspronklik geskryf is en wat die boodskap vir hulle was. Dan kan die leser uitvind wat hierdie boek vir hom of haar persoonlik se. Ons omstandighede is vandag anders as die eerste lesers van die brief s’n, maar God se boodskap bly dieselfde deur al die eeue heen. Groot gedeeltes Bybelteks uit die NLV in Ek is tot alles in staat sorg ook vir maklike naslaan.

Geloof Vir 'n Tyd Soos Hierdie (Afrikaans, Paperback): Johan Smit Geloof Vir 'n Tyd Soos Hierdie (Afrikaans, Paperback)
Johan Smit
R100 R83 Discovery Miles 830 Save R17 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

“'n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.” So verduidelik Jakobus 2:26 die kern van die boek. Jakobus maak seker gelowiges weet: Jou geloof is nie iets op papier of bloot ’n stel reels nie. Dit lewe in jou en laat jou lewe. Johan Smit skets in Geloof vir ’n tyd soos hierdie vir die hedendaagse leser ’n prentjie van wie Jakobus was en hoe hy die Joodse Christene, wat in die tradisie van die Ou Testament grootgeword het, teen wettiesheid en vormgodsdiens wou waarsku. Die Bybelstudie fokus in 18 dele op temas soos beproewing en blydskap, woorde en dade, versoekings en die vrug van wysheid. Die besprekingsvrae en deurlopende nadink-vraag wat elke hoofstuk afsluit, maak die Bybelstudie ideaal vir individue en kleingroepe. Die volledige Bybelteks van Jakobus is ook ingesluit.

Vyfhonderd Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): C.F.J. Muller Vyfhonderd Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
C.F.J. Muller
R191 Discovery Miles 1 910 Shipped within 10 - 15 working days
365 Wyshede Uit Die Pen Van Gretha Wiid (Afrikaans, Paperback): Gretha Wiid 365 Wyshede Uit Die Pen Van Gretha Wiid (Afrikaans, Paperback)
Gretha Wiid
R77 Discovery Miles 770 Shipped within 10 - 15 working days

Ag nee! Almal skei of woon saam! Wat is die kans dat jou huwelik sal hou?

Jy hoor heeldag van affairs en die vroue om jou kla gedurig oor hulle mans. En moet tog asseblief nie oor passie en vurige seks praat nie …

Stop! Bly net kalm en lees een van hierdie 365 Wyshede uit die pen van Gretha Wiid. Hier is genoeg vir ’n hele jaar. Of jy kan sewe op een slag lees. Net soos jy wil, wanneer jy wil, volgens jóú behoefte. En jy kan haar radikale planne vir jou vriende en familie aangee, wanneer hulle negatief oor getroud wees voel.

Hierdie aanhalings ruk jou tot stilstand oor hoe om ontrouheid te vergewe en te voorkom. Hulle gee jou moed om beter verhoudings met jou man, kinders en selfs jou skoonma te bou. En hoe jy alles – van seks tot geld – in balans kan hou soos God jou leer.

Die Geillustreerde Bybelhandboek (Afrikaans, Hardcover): J. Daniel Haus, J. Scott Duvall Die Geillustreerde Bybelhandboek (Afrikaans, Hardcover)
J. Daniel Haus, J. Scott Duvall
R500 R399 Discovery Miles 3 990 Save R101 (20%) Shipped within 5 - 10 working days
Bybel Vir Jong Manne (Afrikaans, Hardcover): Michael Dimarco Bybel Vir Jong Manne (Afrikaans, Hardcover)
Michael Dimarco
R350 R287 Discovery Miles 2 870 Save R63 (18%) Shipped within 5 - 10 working days
Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe - Vir Koelkop Ouers (Afrikaans, Paperback): Jannie Putter Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe - Vir Koelkop Ouers (Afrikaans, Paperback)
Jannie Putter
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Ouerskap vandag is moeiliker as ooit tevore. Kinders staan onder druk wat voorheen ongehoord was. En die druk rus ook op ouers om hul kinders te lei en ondersteun.

Jannie Putter kyk in Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe in 13 hoofstukke na waardevolle temas soos “Wie is jy?”, “Hoe bou ek my kind se self­beeld?”, en “Hoe tug ek my kind?” Hy gebruik grafiese voor­­-stellings om sy teorie uit te lig en praat ook spesifiek met enkelouers oor die struikel­blokke wat hulle moet hanteer.

Jannie wys ouers dat die sleutel daarin lê om die regte besluite in die hitte van die oomblik te neem. Daar is altyd twee opsies: die regte besluit wat dalk moeilik is of die verkeerde besluit wat dalk op daardie oomblik gemaklik en selfs prettig lyk, maar lei tot spyt.

Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe sal ouers bemoe­dig om die beste ouers moontlik vir hul kinders te wees.

Begin Die Reis (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Begin Die Reis (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R30 R25 Discovery Miles 250 Save R5 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Om Jesus te volg – en Hom met ander te deel – is die belangrikste lewensbesluit wat iemand ooit kan neem. In Begin die reis sal lesers weer bewus word van God se perfekte plan vir verlossing deur Jesus Christus. Op ? eenvoudige manier verduidelik Angus Buchan die probleem van sonde en God se plan om ons verhouding met Hom te herstel. Angus bespreek wat ’n mens moet doen nadat jy jou redding aanvaar het. Die boek is ’n ideale evangelisasie-hulpmiddel en fokus veral op: Redding: wat dit beteken om Jesus Christus as persoonlike Here en Redder te ken. Groei in God: hoe om te groei in jou wandel met God. Die groot opdrag: hoe om die Goeie Nuus met ander te deel. Ingesluit is verse uit die Bybel oor verlossing en die Christelike leefwyse wat lesers kan memoriseer om hulle te versterk. Daar is ook ’n lys Skrifverwysings oor waar om belangrike gedeeltes in die Bybel te kry. As ’n gelowige is dit belangrik om hierdie lewensveranderende nuus met ander te deel en Begin die reis sal elke gelowige help om die roeping uit te leef.

Al Sou Die Vyeboom Nie Bot Nie (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Al Sou Die Vyeboom Nie Bot Nie (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R90 R75 Discovery Miles 750 Save R15 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Baie gelowiges vra vandag: Hoe lank gaan God nog toelaat dat onskuldige mense swaarkry? Hoe lank nog voor God ons gebede beantwoord? Dit is wat Habakuk in 647 v.C. ook vir God gevra het. In die 8 studies vir individuele of groepstudie in Al sou die vyeboom nie bot nie lei Riekert Botha gelowiges om die regte vrae te vra en versterk te word deur die kragtige antwoorde wat Habakuk destyds in verwondering oor God gelaat het. Al sou die vyeboom nie bot nie bied die hele Habakuk uit die Nuwe Lewende Vertaling. Die onderafdelings word sinvol verdeel en bespreek. Daar is ook ruimte vir lesers om hul eie weergawe van Habakuk 3:17-19 neer te skryf.

Apokriewe (Afrikaans, Paperback): Jan Van der Watt, Francois Tolmie Apokriewe (Afrikaans, Paperback)
Jan Van der Watt, Francois Tolmie
R300 R247 Discovery Miles 2 470 Save R53 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Ontdek die fassinerende wêreld van die vroeg-Christelike biblioteek.

Nou in sagteband!Naas die 66 boeke wat ons in die Bybel vind, is daar ook ander geskrifte wat uit die tyd van die Ou en Nu­we Testa­ment dateer, naamlik die Apokriewe Boeke. Hierdie verlore boeke uit die Bybelse tyd is nou nuut vertaal in moderne Afrikaans.

Die Apokriewe maak vir lesers die venster oop tot ’n beter begrip van die denk- en leefwêreld van die vroeë Christene en die ou kerkvaders. Dit bied be­langrike in­lig­ting oor die intertestamentêre tyd en gee antwoorde op vrae waaroor talle Bybellesers won­der. Dit bevat Ou-Testamen­tiese Apokriewe soos Die Wysheid van Ben Sirag, 1 en 2 Makkabeërs, Tobit en Die Wysheid van Salomo. Die Nuwe Testament sluit boeke soos Die Kindheidsevangelie van Tomas, Die Evangelie van Maria, Die Didagé en Die Open­ba­ring van Paulus in.

In die Apokriewe sal lesers die fassinerende wêreld van die vroeg-Christelike biblioteek ontdek.

Om Jesus Te Volg (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Om Jesus Te Volg (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith
R100 R83 Discovery Miles 830 Save R17 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Elke gelowige is vanaf die oomblik van bekering ’n dissipel. Maar hoe leef ? mens dit prakties uit? In Om Jesus te volg gee Stephan Joubert en Johan Smith praktiese riglyne oor ware dissipelskap. Die 12 studies, vir individuele of groepstudie, bespreek temas soos: Wat dissipelskap is; wat dit vir gelowiges beteken om dissipels te wees; leefreels vir dissipels; God gebruik gewone mense; dissipels dien, dissipels doen!; Bybelse karakters uit die Ou en Nuwe Testament soos Barnabas, Paulus, Moses en Gideon word as voorbeelde gebruik om te sien hoe hulle hul dissipelskap prakties uitgeleef het. Om Jesus te volg wys elke gelowige hoe om ’n navolgenswaardige voorbeeld te wees in die wereld.

Paulus (Afrikaans, Paperback): Adrio Konig Paulus (Afrikaans, Paperback)
Adrio Konig
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days
Leef in God Se Wil (Afrikaans, Paperback): Leef in God Se Wil (Afrikaans, Paperback)
R80 R66 Discovery Miles 660 Save R14 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Baie mense wonder wat God eintlik wil he hulle moet doen. Dit is tyd om op te hou angstig wees oor God se wil en na sy Woord te draai vir leiding. In Leef in God se wil, ’n Bybelstudie wat bestaan uit 7 studies, kan lesers die volledige boek van Rut perikoop vir perikoop bestudeer. Die 7 studies sluit onder andere in: Kan ons God se wil ken?; regte motief – verkeerde besluit; Rut se besluit om by Naomi te bly; die gevolg van regte besluite. Elke hoofstuk bevat verwysings na insiggewende Bybelgedeeltes, besprekingsvrae, gebede en eenvoudige verduidelikings en toepassings sowel as ruimte vir persoonlike aantekeninge en joernaalbladsye aan die einde van die boek. Die studies in Leef in God se wil sal lesers opnuut laat besef dat goeie besluite geneem word wanneer gelowiges op God vertrou.

Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan 1
R99 R82 Discovery Miles 820 Save R17 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Om elke dag tyd te maak om stil te word voor God en 'n spesiale plek daarvoor in te ruim, is baie belangrik, se die bekende evangelis Angus Buchan in Die binnekamer. In hierdie heilige ruimte kan gelowiges onder andere: stil by Jesus rus; God se stem hoor; die krag van die Woord ervaar; troos vind in moeilike tye; God se leiding soek om besluite te neem. Angus Buchan se verhale uit sy eie lewe, en die van groot Christene uit die geskiedenis en die Bybelse tyd wys watter belangrike rol hierdie spesiale alleen-tye saam met God in mense se lewens gehad het. Lesers sal gou sien dat kwaliteit-tyd saam met God hul lewe, lewensuitkyk en die impak wat hulle op hul gemeenskap maak, kan verander. Die binnekamer is bedoel vir elkeen wat 'n inniger wandel met die Here wil beleef.

Leota se Tuin (Afrikaans, Paperback): Francine Rivers Leota se Tuin (Afrikaans, Paperback)
Francine Rivers
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Leota se tuin was eens 'n plek van prag en vrede. Waar sy kon kniel voor 'n liefdevolle God en bid vir haar kinders wat nie haar stille opofferings kon verstaan nie. Dit was haar heiligdom waar sy kon wegkruip teen die seer en die gevolge van 'n verskriklike oorlog. Maar nou is sy 84 en haar tuin is verwaarloos. Haar pogings om versoen te word met haar volwasse kinders blyk sinneloos te wees. Wanneer sy na haar liefdevolle Vader en enigste Vriend draai, kom die verandering op 'n onverwagse manier: 'n student wat dink hy het al die antwoorde en 'n kleindogter wat sy nooit gedink het sy sou ken nie. Maar het Leota genoeg tyd? Kan die skade wat familie-geheime aangerig het betyds reggemaak word? Leota se tuin deur Francine Rivers is 'n kragtige verhaal van hoop.

Die Evangelie Van Thomas (Afrikaans, Hardcover): Piet Muller Die Evangelie Van Thomas (Afrikaans, Hardcover)
Piet Muller; Translated by Piet Muller
R20 Discovery Miles 200 Shipped within 10 - 15 working days

Die Evangelie van Thomas is deel van die geskrifte wat in 1945 naby die Egiptiese dorp Nag Hammadi ontdek is deur ’n paar kleinboere wat besig was om vir bemestingstof te grawe. Die teks bevat gesegdes van Jesus waarvan maar sowat veertig persent ook in die drie sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus en Lukas) voorkom – en dit is daarom 'n besonder interessante geskrif om naas die Bybel te bestudeer. Voor die ontdekking van die Nag Hammadi-geskrifte en die ontdekking van ’n volledige Koptiese teks (die ou Egiptiese taal, wat sedert die dae van die Ptolemeiese koningshuis met Griekse letters geskryf is) is 'n paar flentertjies papirus met dele van hierdie Evangelie in Grieks op 'n ashoop by Oxyrynchus in Egipte gevind. Hierdie tekste sowel as fragmente van die Matteus-evangelie is die oudste Christelike dokumente wat ooit gevind is.

Jou Geloofsgroei Bybelgids (Afrikaans, Paperback): Isak Burger Jou Geloofsgroei Bybelgids (Afrikaans, Paperback)
Isak Burger
R96 Discovery Miles 960 Shipped within 10 - 15 working days

Jou geloofsgroei Bybelgids is saamgestel om jou grootste geloofsvrae te beantwoord en praktiese oplossings te gee. In hierdie boek word 50 geloofsgroeitemas volledig ondersoek en sal jy God se hart oor 'n onderwerp ontdek. Dit gee jou ook praktiese "hoe om" - raad wat jou geloofslewe van nutteloos sal verander in 'n kragtige geloof wat berge kan versit. Dit sal jou gedagtes vernuwe, jou geloof versterk en jou toerus om ook iets vir ander te beteken. Al die harde naslaanwerk is klaar vir jou gedoen. Gaan soek net onder die alfabetiese lys na die antwoord waarna jy soek, soos byvoorbeeld: besluite, drome, geluk, konflik, oorwinning of selfaanvaarding. Die Bybel is 'n skatkis vol kennis, hoop en geloofsinspirasie, maar soms verdwaal ons tussen al die inligting. Jou geloofsgroei Bybelgids is die ideale hulpbron om saam met jou Bybel te gebruik - vir jou persoonlike Bybelstudie, maar ook in groepe. Dit is die onontbeerlike kaart wat jou gaan help met al jou geloofsvrae.

Perspektief Op Die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Perspektief Op Die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R120 R99 Discovery Miles 990 Save R21 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Kom stap saam met Stephan Joubert in die bybelstudie perspektief op die Heilige Gees op die spoor van God se spesiale helper en ontsluit 'n ware geesvervulde lewe. Die 10 studies in hierdie bybelstudie draai om temas rakende die werking van die Heilige Gees, soos: vol van die Heilige Gees, dra vrug wat die Gees verheerlik, getuies van die Heilige Gees en die Gees maak regtig vry. Die skrywer wil lesers herinner aan die hemelse hulp wat ons in ons moeilikste tye kan kry en mense se aandag op die wonders van die Gees vestig. Elk van die 10 studies sluit af met 'n kort samevatting wat die kernwaarhede van die spesifieke gedeelte saamvat. Perspektief op die Heilige Gees is 'n totaal hersiene en bygewerkte uitgawe van Stephan Joubert se 2002-publikasie.

Dinosourusse, Diamante & Demokrasie - 'n Kort, Kort Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Francis Wilson Dinosourusse, Diamante & Demokrasie - 'n Kort, Kort Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Francis Wilson; Translated by Aniel Botha
R180 R29 Discovery Miles 290 Save R151 (84%) In stock

’n Asteroïde so groot soos Tafelberg tref meer as twee miljard jaar gelede die plek wat uiteindelik Suid-Afrika sou word. Ná dié slag volg ’n onstuimige geskiedenis.

Die storie begin in die tyd toe die aarde se rykste goudneerslae gevorm is. Van hier strek die verhaal tot verby die geboorte van demokrasie in 1994 – ’n ander gebeurtenis wat die wêreld se asem weggeslaan het. Langs die weg kom ’n mens die oudste dinosourusse wat ooit gelewe het teë, asook die planeet se heel eerste mense en vroegste kulture. Inkomelinge het die geskiedenis gevorm – jagterversamelaars, landbouers en kuddewagters, ystersmede vanuit die noorde, en immigrante vanuit Europa en Asië.

Suid-Afrika se mense het oorlog gemaak en vrede gesluit, goud en diamante ontdek, glorieryke hoogtes bereik en in die dieptes van onderdrukking verval – totdat almal op ’n dag as gelykes in ’n ry ingeval het om vir ’n regering te stem wat hulle as demokratiese volk die een-en-twintigste eeu sou binnelei. Dit is die verhaal van dinosourusse, diamante en demokrasie.

Om Te Lewe Soos Jesus (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Om Te Lewe Soos Jesus (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

In Om te lewe soos Jesus stap Ewald van Rensburg vir 366 dae saam met jongmense van Matteus tot Openbaring in Jesus se voetspore.

Die dagboek bied:

- 366 kort, kragtige oordenkings met kernteks­gedeeltes uit die Nuwe Lewende Vertaling.

- ’n Voorgestelde Bybellees-metode voor in die dag­boek.

- Sielsoefeninge aan die begin van elke maand wat jongmense aanspoor om hulle geloof prakties uit te leef.

- ’n Stilword-oefening aan die einde van elke week wat jongmense sal help om bewus te word van God se teenwoordigheid.

Die praktiese riglyne en voorbeeld van Jesus en ander Bybelkarakters sal jongmense help om so te leef dat Jesus in hulle daaglikse lewens weerspieël sal word.

Net Soos Jy Is (Afrikaans, Hardcover): Milanie Vosloo Net Soos Jy Is (Afrikaans, Hardcover)
Milanie Vosloo
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Milanie Vosloo het een boodskap in haar nuwe dag­­­boek vir vroue: God het jóú lief, net soos jy is, en nou moet jy ook daardie liefde gaan uitleef.

Milanie bespreek in Net soos jy is se 366 oor­denkings temas soos God se liefde wil jou seën, Hy het élke faset van jou lief, Hy is lief vir jou verál wanneer jou hart huil, Hy het álmal lief, Hy wil heeltyd by jou wees en sy liefde wil jou nuut maak.

Die skrywer sal lesers in Net soos jy is oortuig dat God hulle liefhet, net soos hulle is. Maar Hy wil elkeen steeds elke dag liewer hê. Daarom wil Hy ons nie los soos ons is nie, maar help om Hom te leer ken, te groei en meer en meer soos Hy te word.

Bou 'n Rotsvaste Huwelik - Verstaan Mekaar Se Sterkpunte En Groei Nader Aan Mekaar (Afrikaans, Paperback): Jimmy Evans,... Bou 'n Rotsvaste Huwelik - Verstaan Mekaar Se Sterkpunte En Groei Nader Aan Mekaar (Afrikaans, Paperback)
Jimmy Evans, Allan Kelsey
R160 R132 Discovery Miles 1 320 Save R28 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Bou ’n rotsvaste huwelik het die mag om jou huwelik daadwerklik te verander, ongeag die huidige toestand waarin dit verkeer. Lesers kan die boek op dieselfde wyse benader as wat hulle die huwelik sou benader: Hoe meer jy insit, hoe meer sal jy uitkry.

Jy sal die stemme hoor van twee kundiges, Jimmy Evans en Allan Kelsey, wat oorspronklik van Suid-Afrika afkomstig is. Hulle spreek die algemeenste uitdagings in die huwelik en die ooreenstemmende geleenthede vir groei aan. Elke hoofstuk hanteer ’n spesifieke huweliksonderwerp deur daarna te kyk vanuit die oogpunt van ’n huwelik-kundige (Jimmy) asook vanuit die oogpunt van ’n sterkpunte-kundige (Allan). Deur hierdie twee vakgebiede saam te voeg, verskaf. Bou ’n rotsvaste huwelik ’n unieke benadering tot begrip vir jouself, jou huweliksmaat en die raaisels van die huwelik.

Om die meeste uit hierdie boek te put, sal jy en jou huweliksmaat die Clifton StrengthsFinder®-evaluasie moet doen, waarvoor daar ’n skakel na die aanlyn-weergawe in die boek is. Met jou toetsresultate in die hand en hierdie boek as handleiding, kan julle ’n vlak van intimiteit en krag in jul verhouding ervaar wat jul huwelik vir ewig sal verander.

Verlos Deur Die Liefde (Afrikaans, Paperback): F. Rivers Verlos Deur Die Liefde (Afrikaans, Paperback)
F. Rivers
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Dis 1850, in die middel van Kalifornië se goud­storm­loop, en Angel verwag niks anders as verraad van mans nie. Sy is reeds as kind in prostitusie gedwing en haar enig­ste oorlewingsisteem is die haat wat in haar brand. Dan ontmoet sy vir Michael Hosea. ’n Man wat sy Vader se hart soek in alles wat hy doen.

In Verlos deur die liefde luister Michael Hosea na God se opdrag: hy trou met Angel en het haar on­voor­waardelik lief. Stadig dring hy tot haar deur; breek deur die bitterheid tot haar hart begin sag word. Maar dit bring oor­wel­di­gen­de gevoelens van on­waar­dig­heid en vrees. En dan vlug Angel. Terug na die duis­­­ter­nis, weg van haar man en sy deurdringende lief­de. Sy is vreesbevange en besef haar enigste ge­ne­sing moet kom van die Een wat haar nog liewer het as Michael Hosea. Die Een wat haar nooit ooit sal laat gaan nie.

Meer as 1 miljoen eksemplare van hierdie roman oor God se onvoorwaardelike, oor­vloe­di­ge liefde is al wê­reld­­wyd verkoop. Hierdie nuwe uitgawe sluit ook ’n studiegids in om Francine Rivers se legendariese ver­­haal in elke leser se hart vas te lê.

Interliniere Bybel Grieks-Afrikaans nuwe testament (Afrikaans, Hardcover): Interliniere Bybel Grieks-Afrikaans nuwe testament (Afrikaans, Hardcover)
R300 R247 Discovery Miles 2 470 Save R53 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Die Interliniere Bybel (Grieks-Afrikaans) , ontsluit die volledige Griekse teks van die Nuwe Testament vir Afrikaanse lesers in 'n unieke formaat. Elke bladsy van die Interliniere Bybel bestaan uit 'n middelblok, met die Direkte Vertaling aan die linkerkant en die 1983-vertaling aan die regterkant. Die middelblok bied: die Griekse teks (Nestle-Aland, 27ste uitgawe); 'n transkripsie van die Griekse woorde om lesers te help met die uitspraak daarvan; en 'n Afrikaanse woord-vir-woord-vertaling van elke Griekse woord. Die 1983-vertaling in die regterkolom help lesers om die woord-vir-woord-vertaling in die middelkolom te vergelyk met hierdie bestaande Bybelvertaling. Die Direkte Vertaling in die linkerkolom is 'n nuwe vertaling, so na moontlik aan die oorspronklike Griekse teks, maar tog verstaanbaar. Die Interliniere Bybel sal lesers bemagtig om self te oordeel oor die akkuraatheid van Bybelvertalings omdat dit aan lesers met min, of selfs geen kennis van Grieks, toegang bied tot die Griekse teks van die Nuwe Testament. Dit sal tot 'n besonder ryk leeservaring van die Bybel lei.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n…
Jackie Grobler Paperback  (2)
R230 R188 Discovery Miles 1 880
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback R230 R175 Discovery Miles 1 750
Die Woorde Van Jesus
Paperback R105 Discovery Miles 1 050
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R281 Discovery Miles 2 810
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (2)
R375 R351 Discovery Miles 3 510
Finesse: Vertrou God - Dagstukkies…
Gretha Wiid, Lynette Beer, … Paperback R148 Discovery Miles 1 480
Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n…
Ton Vosloo Paperback R275 R225 Discovery Miles 2 250
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (3)
R240 R197 Discovery Miles 1 970
Ons Kom Van Vêr - Bydraes Oor Bruin…
W.A.M. Carstens, Michael le Cordeur Paperback  (1)
R239 Discovery Miles 2 390
Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense
Richard Steyn Paperback  (1)
R250 R205 Discovery Miles 2 050

 

Partners