0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (154)
  • R100 - R250 (970)
  • R250 - R500 (4,168)
  • R500+ (3,734)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Geskiedenis Van Suid-Afrika Tot 1854 (Afrikaans, Paperback): H J van Aswegen Geskiedenis Van Suid-Afrika Tot 1854 (Afrikaans, Paperback)
H J van Aswegen
R206 Discovery Miles 2 060 Shipped within 10 - 15 working days
Ystervuis uit die See - Uiters Geheime Seewaartse Recce-operasies (1978-1988) (Afrikaans, Paperback): Arne Soderlund, Douw Steyn Ystervuis uit die See - Uiters Geheime Seewaartse Recce-operasies (1978-1988) (Afrikaans, Paperback)
Arne Soderlund, Douw Steyn
R295 R242 Discovery Miles 2 420 Save R53 (18%) Shipped within 4 - 8 working days

Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkenningsregiment tientalle klandestiene seewaartse operasies saam met die SA Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanië het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, ook in die SAW.

Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waartydens ’n operateur dood en ander beseer is in ’n aanval op ’n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is.

Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassifiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was.

Die omvattende boek is ’n moet vir enigeen met ’n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.

Die Ongetemde Hart/Jy is Bekoorlik! (2-in-1) (Afrikaans, Paperback): John Eldredge, Stasi Eldredge Die Ongetemde Hart/Jy is Bekoorlik! (2-in-1) (Afrikaans, Paperback)
John Eldredge, Stasi Eldredge
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

God se hart oor man-en vrouwees beskryf.

Die twee topverkoperboeke wat God se hart oor man- en vrouwees beskryf, Die ongetemde hart deur John Eldredge en Jy is bekoorlik deur John en Stasi Eldredge, is nou vir die eerste keer in Afrikaans in een volume beskikbaar.

Die ongetemde hart is sonder twyfel die belangrikste boek vir Christenmans wat die afgelope dekade verskyn het. Sedert die verskyning van Wild at Heart in 2002 en Wild at Heart (revised edition) in 2011, is daar al ver oor ’n miljoen eksemplare verkoop.

John Eldredge hou ’n totaal nuwe benadering tot manwees voor. Hy skryf nie ideale gedragspatrone vir Christenmans voor nie, maar nooi hulle op ’n verkenningstog om hulle Godgegewe, ongetemde aard te ontdek.

In Jy is bekoorlik wys John en Stasi Eldredge waarvoor God die vrou oorspronklik geskep het, en hoe haar hart herstel kan word om die vryheid, krag en skoonheid te beleef wat vir haar bestem is. Hulle kyk ook na die drie begeertes van ’n vrou: ’n avontuur

• om te deel

• om mooi te wees

• om bemin te word.

Ek Kan, Ek Sal (Afrikaans, Paperback): Joel Osteen Ek Kan, Ek Sal (Afrikaans, Paperback)
Joel Osteen
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

In Ek Kan, Ek Sal fokus Joel Osteen op die agt onweerlegbare karaktertrekke en eienskappe van hoogs suksesvolle mense. Hierdie persoonlike kwaliteite is getoets oor tyd en alle tipes omstandighede. Hierdie praktiese

lewensbeginsels is die wegwyser van vele kampioene:

· Skep ’n duidelike visie – waag dit om groot drome te droom

· Hardloop jou eie wedloop – Fokus op jou unieke pad en doelwitte

· Dink positief – Beheer jou gedagtes en gesindhede

· Verwag dat goeie dinge sal gebeur – wees groot geleenthede te wagte

· Wees passievol – Steek die vuur binne jou aan en benader die lewe met entoesiasme

· Verbind tot uitmuntenheid – doen jou beste en handhaaf hoë standaarde

· Hou aan groei – werk aan jou swakhede en hou aan verbeter

· Dien ander – Maak ’n belegging van jouself in ander

Deur hierdie beginsels prakties toe te pas, sal dit jou help om ’n kampioen te word in wat ook al jy aanpak.

Troos Wanneer Jy Treur - 40 Boodskappe van Hoop (Afrikaans, Paperback): Isak Burger Troos Wanneer Jy Treur - 40 Boodskappe van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Isak Burger
R90 R80 Discovery Miles 800 Save R10 (11%) Shipped within 10 - 15 working days

Elkeen van ons sal die een of ander tyd iemand aan die dood afstaan. Om ’n geliefde te verloor, is een van die grootste en mees intense uitdagings, en die pyn daarvan kan oorweldigend wees.

Troos wanneer jy treur nooi die leser uit om Jesus se hart te hoor en insig te kry in die tergende vrae oor seerkry, soos: Waar pas God hierby in en hoekom het Hy toegelaat dat dit gebeur? Die goeie nuus is, die Vader is by ons, teenwoordig in ons lyding, net soos by Marta en Maria in Betanië. Wanneer alles te veel raak, gee Hy rus. Hy verstaan mense se emosies en verseker ons: Storms is normaal en gaan ook weer verby.

Isak Burger deel met ons sy insig oor die dood en die doods­ ervaring en gee vir ons hoop. Ons kan na Jesus toe draai en Sy woorde van troos en bemoediging opsoek wanneer ons hulp nodig het op die pad van rou. By Hom leer ons die waarheid oor die lewe, die dood en die hiernamaals. Op grond van ’n verhaal wat in Lukas 16 opgeteken is, word kwessies soos waar ’n mens is direk na jou dood, hoe ons oor die gestorwe liggaam moet dink en die diep wonde na selfdood, belig.

Elke gelowige kry trooswoorde wat vandag steeds gewonde harte heelmaak. Ons word verseker dat ons mekaar in die hemel sal ontmoet, en dat Jesus saam met ons geliefdes daar op ons wag. Maar ook dat die hemel nie ver is nie, net hier by ons. Troos wanneer jy treur bevat 40 aangrypende stukke oor dood­ gaan en die hemel en hoe om vrede met verlies te maak. Elke stuk is gegrond op ’n Bybelvers en eindig met ’n diep, persoonlike gebed. Die ou, antieke woorde kry nuwe lewe in dié skrywer se hande.

Ouerskap-Joernaal (Afrikaans, Leather / fine binding): Mandi Hart Ouerskap-Joernaal (Afrikaans, Leather / fine binding)
Mandi Hart
R160 R132 Discovery Miles 1 320 Save R28 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Die Ouerskap-joernaal is bedoel as 'n kreatiewe en voortdurende uitdrukking van ouers se liefde vir hul kind. Dit kan gebruik word om in te teken, te skryf, drome en profesieë oor jou kind op te teken en jou gebede en spesiale teksverse neer te skryf wat jy glo op jou kind se lewe van toepassing is.

Die joernaal bevat:

• 'n Bladsy waar jy jou kind se naam kan neerskryf, saam met die betekenis daarvan en Bybelverse wat aan hul naam verbind word.

• “Sleutelverse”: 'n Afdeling waar jy belangrike Skrifgedeeltes kan neerskryf wat jy oor jou kind kan afbid.

• “Lewenslesse”: 'n Afdeling waar jy lesse wat jy jou kind doelbewus wil leer, kan aanteken.

• Aanhalings en Skrifgedeeltes vanuit Die avontuur van ouerskap.

• Skoon bladsye waar jy jou eie gebede kan neerskryf, antwoorde op jou gebede en gedagtes oor jou kind kan aanteken.

Gary Smalley het gesê: "Goedkeurende woorde van ons ouers is soos ligskakelaars. Een opbouende woord op die regte oomblik in 'n kind se lewe en dit is asof 'n hele kamer met moontlikhede belig word." Hierdie joernaal sal ouers help om juis dit reg te kry.

'n Dieper Verhouding Met God (Afrikaans, Hardcover): Trevor Hudson 'n Dieper Verhouding Met God (Afrikaans, Hardcover)
Trevor Hudson
R120 R99 Discovery Miles 990 Save R21 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Neem praktiese stappe om jou verhouding met God te verdiep.

Baie van ons wil graag ’n dieper verhouding met God hê. In hierdie boek, ’n Dieper verhouding met God, neem Trevor Hudson jou op ’n 40-dag reis wat gebaseer is op Jesus se eie woorde, soos hy dit tydens die bergrede in Matteus 6 uiteengesit het.

Ons het ’n keuse of ons ’n verhouding met God wil hê of nie, maar die gevolge van ons keuse sal ’n ewigheid duur. Dit is Trevor Hudson se hoop en gebed dat ’n Dieper verhouding met God jou sal help om op hierdie uitnodiging te reageer en om praktiese stappe te neem om jou verhouding met jou Skepper te verdiep.

Wanneer Die Heilige Gees Werk  (Afrikaans, Paperback): Dirkie van der Spuy Wanneer Die Heilige Gees Werk (Afrikaans, Paperback)
Dirkie van der Spuy
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Talent is nie genoeg nie is die ontbrekende sleutel wat menses al help om hul volle potensiaal te bereik deur hul talente optimal te ontwikkel.

Dit is ‘n onmisbare hulpmiddel vir elke persoon wat sy of haar unieke gawes met oorgawe wil uitleef.

Tot Lof Van Dwaasheid - Encomium Moriae Deur Desiderius Erasmus Uit Latyn Vertaal Deur J.L. De Villiers (Afrikaans, Paperback):... Tot Lof Van Dwaasheid - Encomium Moriae Deur Desiderius Erasmus Uit Latyn Vertaal Deur J.L. De Villiers (Afrikaans, Paperback)
Desiderius Erasmus
R139 Discovery Miles 1 390 Shipped within 10 - 15 working days

De Villiers se vertaling kommunikeer in eietydse Afrikaans, sonder om afbreuk te doen aan die hoofse styl waarin Erasmus dit 500 jaar gelede geskryf het. Dwaasheid se satiriese kommentaar ontsien niemand nie, ook nie Erasmus self nie. Vir kerklikes, geleerdes, wyses, vromes, gode, koninklikes, mans en vroue, is die lewe draaglik slegs omdat Dwaasheid hulle met haar gawes begunstig. ’n Verfrissende leeservaring, veral in ag genome dat hierdie kommentaar steeds op sovele aspekte van ons moderne samelewing van toepassing is ...

Daaglikse Wysheid Vir Leiers (Afrikaans, Paperback): Johan C. Maxwell Daaglikse Wysheid Vir Leiers (Afrikaans, Paperback)
Johan C. Maxwell
R230 R190 Discovery Miles 1 900 Save R40 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Daar word gese die noordewind het geboorte geskenk aan die Wiking, en dit beskryf ’n belangrike beginsel vir elke potensiele leier. Die beste leiers word gevorm deur die uitdagings wat oor hul pad kom. Die pad van leierskap is dikwels vol onverwagte verrassings. Daarom verg dit wysheid om te weet hoe om, ten spyte van al die struikelblokke, koers te hou tot by ’n waardige bestemming. John C. Maxwell se Daaglikse wysheid vir leiers sal aan leiers uit alle sfere van die samelewing die nodige wysheid gee om te volhard. Die 365 dagstukkies is die keur van Maxwell se leierskapkennis uit verskeie van sy topverkoperboeke oor leierskapontwikkeling. Elke dag het ’n toepaslike Bybelvers, en onderwerpe handel oor leierskapskwessies soos sukses, rentmeesterskap, spanwerk en mentorskap. Hierdie dagstukkies sal leiers die nodige wysheid gee vir die daaglikse uitdagings wat oor hul pad kan kom.

Wie Het Jou Brein Afgeskakel? (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Wie Het Jou Brein Afgeskakel? (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Dit is soms frustrerend en moeilik om met die teenoorgestelde geslag oor die weg te kom, maar dit hoef nie so te wees nie. In Wie het jou brein afgeskakel? wys dr. Caroline Leaf hoe mans en vrouens geskep is om mekaar aan te vul deur hul unieke sterkpunte. Mans en vrouens is nie dieselfde nie – ons dink, praat en gedra onsself nie dieselfde nie. Hierdie verskille is nie as gevolg van ons omgewing of opvoeding nie. Hulle is opsetlik deur God in ons ingebou. Wie het jou brein afgeskakel? sal jou leer hoe die verskil tussen manlike en vroulike breinfunksie gesonde verhoudings kan skep pleks van miskommunikasie en konflik. Dit is propvol insig wat jou die geheimsinnigheid rondom die teenoorgestelde geslag sal help verstaan, sowel as praktiese hulpmiddels wat vinnig jou verhoudings sal verbeter. Die kombinasie van dr. Leaf se wetenskaplike kennis en wysheid uit die Bybel maak Wie het jou brein afgeskakel ’n unieke, moet-lees boek oor ’n onderwerp wat ons almal aanraak.

Voetligte En Applous! - Die Beginjare Van Die Afrikaanse Beroepstoneel (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition): Danie Botha Voetligte En Applous! - Die Beginjare Van Die Afrikaanse Beroepstoneel (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition)
Danie Botha
R110 Discovery Miles 1 100 Shipped within 10 - 15 working days

Voetligte en applous! is die geskiedenis van die pioniers van die Afrikaanse beroepstoneel. Dis ’n onderhoudende verhaal, vol vermaaklike staaltjies oor saamgeflanste verhoe en dowwe voetligte, geleende rekwisiete, huilende babas in gehore en die onvoorspelbare “optredes” van kinders en diere. Die verhaal begin reeds in 1925, toe toneelstukke soos Die heks, Huis-toe en Oorskotjie opgevoer is. Dit is die verhaal van mense wat die onsekere bestaan van rondreisende toneelspeler gekies het: mense soos Wena Naude, Hendrik en Mathilde Hanekom, Andre Huguenet en Lydia Lindeque. Dis by tye ’n verhaal van ontbering en swaarkry, maar dis ook die verhaal van oomblikke van glorie, van hulde en applous. Die teks is ’n uitvloeisel van Danie Botha se jare lange betrokkenheid by die Afrikaanse toneelwereld.

Kinders Van Die Kompanjie - Kaapse Lewens Uit Die Sewentiende Eeu (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition): Karel Schoeman Kinders Van Die Kompanjie - Kaapse Lewens Uit Die Sewentiende Eeu (Afrikaans, Hardcover, illustrated edition)
Karel Schoeman
R375 R351 Discovery Miles 3 510 Save R24 (6%) Shipped within 10 - 15 working days

In Kinders van die Kompanjie skryf Karel Schoeman in onderhoudende verteltrant oor meer as dertig individue en groepe wat gedurende die sewentiende eeu by die VOC se nedersetting aan die Kaap betrokke was. Kompanjiesdienaars, vryburgers, vryswartes, slawe, Khoikhoi, ballinge en besoekers is die onderwerpe van hierdie titel, en die agtergrond strek van Persie, Ceylon en Japan oor Madagaskar en Mauritius na Brasilie en Nieu-Nederland. Op hierdie wyse ontstaan 'n saamgestelde beeld van die kolonie aan die suidpunt van Afrika gedurende die eerste halfeeu na sy stigting, wat terselfdertyd toon hoe nou dit ingeskakel was by die Nederlandse handelsryk waarvan dit 'n onderdeel was.

A Tot Z Van Berading (Afrikaans, Paperback): Gary R. Collins A Tot Z Van Berading (Afrikaans, Paperback)
Gary R. Collins
R280 R231 Discovery Miles 2 310 Save R49 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Die A tot Z van berading is die mees omvattende beradingsgids in Afrikaans vir sielkundiges, pastors, maatskaplike werkers en lekeberaders; trouens, vir elke persoon wat ander mense wil help om hul probleme te bowe te kom en n vervulde lewe te lei. Die A tot Z van berading benader n wye reeks kwessies vanuit 'n Christelike perspektief, insluitend persoonlike kwessies, ontwikkelingskwessies, interpersoonlike kwessies, identiteitskwessies, familie-en gesinskwessies, en n verskeidenheid ander probleme. Elke hoofstuk bevat n gevallestudie, Bybelse beginsels en omvattende inligting oor die oorsake en gevolge van elke probleem, en gee volledige riglyne vir die berading van mense wat daarmee worstel.

1-Minuut Inspirasies Vir Vroue Wat Glo (Afrikaans, Paperback): Liesel Krause-Wiid, Venessa Schoeman, Karien Basson 1-Minuut Inspirasies Vir Vroue Wat Glo (Afrikaans, Paperback)
Liesel Krause-Wiid, Venessa Schoeman, Karien Basson
R51 Discovery Miles 510 Shipped within 10 - 15 working days

199 waarhede oor hoe om te lewe binne God se wil Gelowiges wil graag gehoorsaam wees aan die Here. Maar hoe kan ’n mens seker wees dat jy reg lewe? In die Bybel is al die riglyne oor hoe om die lewe aan te pak. As ’n mens hierdie wysheid raaklees en daarvolgens leef, sal jy die regte besluite neem, gesonde verhoudings he, moed hou in moeilike tye, en vrede en geluk ervaar in alle omstandighede. 1-minuut inspirasies vir vroue wat glo is klein genoeg om in jou (hand)sak te pas, maar loop oor met ... praktiese maniere om jou geloof uit te leef; teksverse om oor na te dink; raad en advies uit die pen van bekende skrywers en gewone mense.

Oorvloedige Liefde (Afrikaans, Large print, Hardcover): Nina Smit Oorvloedige Liefde (Afrikaans, Large print, Hardcover)
Nina Smit
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

365 dagstukkies deur die immergewilde Nina Smit wat jou sal help om God se liefde in oorvloed te ervaar.

Oorvloedige Liefde – Grootdruk bevat 365 dagstukkies deur die immergewilde Nina Smit wat jou sal help om die lewe en God se liefde in oorvloed te ervaar. Nina bespreek verskeie eienskappe wat deel van ‘n gelowige se lewe behoort uit te maak. Hierdie dagstukkies sal jou bemoedig, krag gee vir die dag wat voorlê en aanspoor om die vreugde van Christenwees te beleef. Ervaar saam met haar 365 dae van God se onbegrensde liefde.

Die jaar se temas is:

· Januarie – Vertroue

· Februarie – Blydskap

· Maart – Beskerming

· April – Geloof

· Mei – Troos

· Junie – Dankbaarheid

· Julie – Liefde

· Augustus – Vrede

· September – Hoop

· Oktober – Genade

· November – Barmhartigheid

· Desember – Heiligheid

“Die Here belowe vir jou, soos vir Israel destyds, heuning uit ‘n rots, oorvloed en rykdom. Hy wil jou vandag nog beskerm en bewaar en alles wat jy nodig het vir jou in oorvloed gee, skryf Nina.

Die Soektog Van 'n Leeftyd ... Na 'n Inniger Verhouding Met God (Afrikaans, Hardcover): John Bevere, Lisa Bevere Die Soektog Van 'n Leeftyd ... Na 'n Inniger Verhouding Met God (Afrikaans, Hardcover)
John Bevere, Lisa Bevere
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Oorkom die struikelblokke wat jou weerhou van ’n innige verhouding met jou hemelse Vader.

Is dit vir jou moeilik om te vergewe en te vergeet? Bekommer jy jou meer oor goedkeuring van mense as oor goedkeuring van God? John en Lisa Bevere kyk eerlik en vanuit ‘n Bybelse oogpunt na tien hindernisse wat ons van God se teenwoordigheid kan weerhou, soos ongehoorsaamheid, onvergewensgesindheid, selfgerigtheid, leef in die verlede, en meer.

Hierdie reeks oordenkings ondersoek elke hindernis in diepte, en nooi jou om daardie hindernis te oorkom en nader te kom aan jou Hemelse Vader. Elke oordenking bevat praktiese riglyne om asook ‘n kort gebed om jou te help om die skeidings af te breek wat jou weerhou van ‘n innige verhouding met God.

Beroemde Suid-Afrikaanse krygsmanne (Afrikaans, Hardcover): Leopold Scholtz Beroemde Suid-Afrikaanse krygsmanne (Afrikaans, Hardcover)
Leopold Scholtz
R263 Discovery Miles 2 630 Shipped within 10 - 15 working days

'n Boeiende beeld van krygsverrigtinge binne en buite Suid-Afrikaanse grense in die loop van byna 500 jaar. Hier is besielende verhale van moed en heldedom – maar ook verhale van broedertwis en verraad, met figure en gebeure so uiteenlopend soos die Boereoorlog en generaal Christiaan de Wet; Dan Pienaar in die westelike Sahara; Bob Rogers en kolonel Koos van Heerden en Taakmag Zulu.

A Cameo from the Past - The Prehistory and Early History of the Kruger National Park (Afrikaans, English, Hardcover): U. de V.... A Cameo from the Past - The Prehistory and Early History of the Kruger National Park (Afrikaans, English, Hardcover)
U. de V. Pienaar
R895 R801 Discovery Miles 8 010 Save R94 (11%) Shipped within 10 - 15 working days

In 1926, the Kruger National Park was proclaimed – this is its story. The book provides an in-depth look at the prehistory and history of the Lowveld, as well as at the events that led to the proclamation of the Sabie Reserve in 1898 – one of the first conservation areas in the old Zuid-Afrikaansche Republiek. After the Anglo-Boer War, Colonel James Stevenson-Hamilton was tasked with running both the Sabie Reserve and the Shingwedzi Reserve (proclaimed in 1904). Stevenson-Hamilton, along with his small yet dedicated corps of rangers, protected and developed the reserve, and eventually, in 1926, the Kruger National Park was proclaimed – the biggest national park in South Africa. The book covers the park's history up until 1946, when Stevenson-Hamilton retired. The work also pays tribute to all of the park's founders.

Hartskombuis - Boerekos Van Die Anglo-Boereoorlog Tot Vandag (Afrikaans, Paperback): Hartskombuis - Boerekos Van Die Anglo-Boereoorlog Tot Vandag (Afrikaans, Paperback)
1
R370 R314 Discovery Miles 3 140 Save R56 (15%) Shipped within 7 - 15 working days

Hartskombuis: Boerekos Van Die Anglo-Boereoorlog Tot Vandag bring tydlose Boerekosresepte, pragtige kleurfoto’s van artefakte uit die oorlog en fassinerende brokkies historiese inligting saam in een boek.

Dit bevat meer as 100 resepte vir alles van biltong en beskuit, watertand wildspastei en pampoenkoekies tot ’n magdom gebak.

Die skrywers verweef hierdie resepte soomloos met historiese feite soos oor hoe Nonnie de la Rey, vrou van genl. Koos de la Rey, moes vlug en in die veld oorleef.

God se oe is blou (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar God se oe is blou (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar
R182 Discovery Miles 1 820 Shipped within 10 - 15 working days

Ek skryf hierdie boek vir al die mense wat soos ek, nie meer gemaklik voel met die tradisionele antwoorde wat gegee word op lewens- en geloofsvrae nie. Mense wat self wil uitvind en ontdek. Mense wat nie bang is om wetenskap, filosofie en spiritualiteit deel te maak van hulle denke oor wie hulle is, van waar hulle kom en waarheen hulle oppad is nie. Binne hierdie bladsye dekonstrueer ek o.a my geloof waarmee ek grootgeword het. Ek probeer ook om my eietydse soeke en denke nuut te verwoord, om my prentjie van God eerlik te ondersoek en te dekonstrueer. Om daarmee mede soekers en vrydenkers te help om ook op hulle eie spirituele avontuur te kan gaan. Hierdie boek is dus vir 'n nuwe generasie van Afrikaner; waar geslag, ras, kultuur, geloof, taal, ouderdom en seksualiteit hulle nie meer noodwendig definieer nie. 'n Generasie van vrydenkers; mense vir wie die beginsels van liefde, eerlikheid, respek, kritiese denke, oop soeke en eietydse spiritualiteit veel belangriker is. Hulle is reisigers; mense wat op 'n Kop en hart reis die dieper betekenis van hulle lewens wil ondersoek. En al wat van elkeen op hierdie reis gevra word, is om nooit hulle koppe af te skakel of hulle harte stil te maak nie. Daarom betree ek heilige grond met eerlike vrae. Ek beskou geen tema as verbode of onaantasbaar nie, so of dit nou God of godsdiens is, evolusie of die Bybel is, ek dekonstrueer en poog om nuwe maniere van dink en praat te vind. Ek nooi elkeen uit om saam met my bietjie dieper te delf in die misterie, die misterie wat ons God en die lewe noem.

Waarom die Boere die oorlog verloor het (Afrikaans, Hardcover): Leopold Scholtz Waarom die Boere die oorlog verloor het (Afrikaans, Hardcover)
Leopold Scholtz
R177 Discovery Miles 1 770 Shipped within 10 - 15 working days

Die geykte antwoord, dat die Britte baie sterker as die Boere was, het die historikus nie tevrede gestel nie. Aan Britse kant is die strategiese en operasionele denke van die opperbevel al volledig beskryf. Die teorie van die krygswetenskap het intussen soveel ontwikkel dat die gebeure van 1899-1902 vandag in baie beter perspektief geplaas kan word. Aan Boerekant is die strategiese, taktiese en operasionele denke van die Boeregeneraals nog nooit volledig ondersoek nie. In hierdie werk van Scholtz word die strategiese en operasionele hoofmomente van die oorlog in die lig van die moderne krygswetenskap ontleed en 'n antwoord verstrek op die eenvoudige vraag waarom die Boere die oorlog verloor het.

Jesus-Stories Vir Slaaptyd: Dagstukkies vir Kleingoed (Afrikaans, Hardcover): Jesus-Stories Vir Slaaptyd: Dagstukkies vir Kleingoed (Afrikaans, Hardcover)
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Laat hierdie ’n versameling gebede en oordenkings jou kind help om die waarde en vreugde van daaglikse stiltetyd te verstaan.

Bedtyd is ‘n kosbare tyd van die dag om saam met jou kind deur te bring. Raak saam met jou kleinding rustig na al die dag se bedrywighede en geniet ‘n leesuur uit die Woord van God. Ontdek hoe Hy ons daagliks daaraan herinner hoe lief Hy ons het en dat Hy vir ons sorg.

Jesus-stories vir slaaptyd bestaan uit ‘n versameling gebede en oordenkings geskryf deur ‘n wye verskeindenheid pastore en ander kerkleiers. Die boek bevat lesse oor onderwerpe soos dankbaarheid, gehoorsaamheid, vertroue in God, vriendelikeheid, liefde vir jou naaste en talle meer.

Die Woord kry lewe deur eenvoudige taal en pragtige illustrasies. Jesus-stories vir slaaptyd sal jou kind help om die waarde en vreugde van daaglikse stiltetyd te verstaan.

Die Rykste Man in Babilon - Finansiele Teksnotas Deur Hein Kruger (Afrikaans, Paperback): George S. Clason Die Rykste Man in Babilon - Finansiele Teksnotas Deur Hein Kruger (Afrikaans, Paperback)
George S. Clason
R133 Discovery Miles 1 330 Shipped within 10 - 15 working days

Ons land se voorspoed is afhanklik van die finansiele sukses en onafhanklikheid van ons as individue. Hierdie titel handel oor die persoonlike suksesse van elkeen van ons. Sukses is die resultaat van dit wat bereik word deur ons pogings en toewyding. Behoorlike voorbereiding is die sleutel tot ons sukses. Ons dade en die bereiking van ons doelwitte is die gevolg van ons wysheid en begrip. Dit is die doel van hierdie titel: om aan hulle wat na finansiele sukses en insig streef, te help om geld te maak, om die geld te hou en om jou geld vir jou te laat werk. In die volgende bladsye word ons teruggevoer na antieke Babilon, die wieg van destydse rykdom en welvaart, waar hierdie wette gekoester en toegepas is en deur alle eeue steeds deur suksesvolle mense toegepas word. Hierdie verhaal is vir elke mens, jonk en oud, wat nou deel gaan word van lesers reg deur die eeue, wat hierdie verhale gehoor, gelees en oorvertel het. Dis 'n verhaal van mense wat deur praktiese toepassing en ervaring lesse geleer het en sodoende die waarde van geld ontdek het.

Fak-75 (Afrikaans, Hardcover): O.J.O. Ferreira Fak-75 (Afrikaans, Hardcover)
O.J.O. Ferreira
R72 Discovery Miles 720 Shipped within 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Paul Kruger - Toesprake En…
Johan Bergh Hardcover  (2)
R375 R351 Discovery Miles 3 510
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R281 Discovery Miles 2 810
Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n…
Jackie Grobler Paperback  (2)
R230 R188 Discovery Miles 1 880
Sulamiet
Lina Spies Paperback R167 Discovery Miles 1 670
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R190 R164 Discovery Miles 1 640
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (3)
R240 R197 Discovery Miles 1 970
Hel Toe En Terug - Die Eerste…
Louis Scott Paperback R425 R394 Discovery Miles 3 940
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback R230 R175 Discovery Miles 1 750
Oor Grense - 'n Lewe in die Media in 'n…
Ton Vosloo Paperback R275 R225 Discovery Miles 2 250
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (1)
R240 R191 Discovery Miles 1 910

 

Partners