0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (154)
  • R100 - R250 (970)
  • R250 - R500 (4,168)
  • R500+ (3,734)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Versies Vir My Vriendin (Afrikaans, Paperback): Nina Smit, Liesel Krause-Wiid, Hettie Brittz Versies Vir My Vriendin (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit, Liesel Krause-Wiid, Hettie Brittz
R77 Discovery Miles 770 Shipped within 10 - 15 working days

Versies vir ’n vriendin is ’n besonderse bundel met ’n Bybelvers vir elke dag van die jaar. Dis anders as gewone dagboeke omdat jy nie vir Januarie hoef te wag om met die boek te begin nie. Jy kan enige tyd van enige maand inspirasie hierin raakblaai!

12 geliefde vroueskrywers, soos Fatima Abdool, Hettie Brittz, Est Geldenhuys, Liesel Krause-Wiid, Soekie Krog, Maretha Maartens en Nina Smit, het elkeen ’n maand onder haar sorg geneem. Met groot omsigtigheid het hulle verse gekies wat nie net interessant en inspirerend is nie, maar ook vir die leser ’n stukkie sen sal wees. As bonus is daar by elke werksdag ’n toepassing met brokkies bemoediging, strale van hoop en liefdevolle begeleiding om ’n Geesvervulde vrou te wees.

Plaas jou vertroue in die Woord eerder as in jou wreldse omstandighede. Die Bybel is die betroubaarste bron van energie en troos vir elkeen wat behoefte het aan God se goedheid. Neem dit vir jouself en gee dit aan na elke vrou wat as vriendin na aan jou hart is. Dis die waardevolste sening wat jy kan aangee – en self ontvang.

Uit die Beek 2020: 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Uit die Beek 2020: 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos
R195 R149 Discovery Miles 1 490 Save R46 (24%) Pre-order

Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Kweek Kinders Met Heel Harte (Afrikaans, Paperback): Hettie Brittz Kweek Kinders Met Heel Harte (Afrikaans, Paperback)
Hettie Brittz
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Hier is ’n praktiese gids om jou kind te help met selfbeeldontwikkeling en die bou van goeie karakter asook die afleer van slegte gewoontes.

Kweek kinders met heel harte is ‘n praktiese gids om jou kind reg groot te kry in vandag se tye, na siel en gees. Hettie kyk indringend na kwessies soos die versorging van jou kind se liggaam, siel en gees, selfbeeldontwikkeling, die kweking van goeie karakter en die afleer van slegte gewoontes en die hantering van swak karaktereienskappe.

Maria (Afrikaans, Paperback): Adam Small Maria (Afrikaans, Paperback)
Adam Small
R134 Discovery Miles 1 340 Shipped within 10 - 15 working days

In die geestelike drama word die bekende (en minder bekende) Bybelverhaal van die Saligmaker se moeder, Maria, vertel. Jesus se lewe as die seun van die maagd Maria en die Heilige Gees, as mens en Goddelike tussenganger, van Sy geboorte tot lydensweg en kruisiging, word roerend uitgebeeld vanuit 'n digterlike perspektief. Die verhaal word hervertel deur vier hoofkarakters (twee egpare): Maria en haar man Josef, en Pontius Pilatus en sy vrou Claudia Procula. Verder word talle stemme ingespan om die gegewe ouditief en dramaties in te klee.

Kleredrag tydens die Anglo-Boereoorlog 1898-1902 (Afrikaans, Paperback): Andre Malan, Annemarie Carelsen Kleredrag tydens die Anglo-Boereoorlog 1898-1902 (Afrikaans, Paperback)
Andre Malan, Annemarie Carelsen
R48 Discovery Miles 480 Shipped within 10 - 15 working days

Beskrywings, foto's en patrone van verskillende kledingstukke wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is. Dis algemene kennis dat die kakies so genoem is as gevolg van die kleur van hul uniforms, maar aan die vraag oor hoe presies die kleredrag van Boerekrygers en gewone burgers tydens die Anglo-Boereoorlog dan gelyk het, word selde aandag bestee. Hierdie boek bied 'n interessante blik op 'n noodsaaklike alledaagsheid wat destyds veel komplekser was as wat vandag se verbruikerskultuur ons laat besef!

Kinders Van Konings	 (Afrikaans, Paperback): Pieter W. Grobbelaar Kinders Van Konings (Afrikaans, Paperback)
Pieter W. Grobbelaar
R225 Discovery Miles 2 250 Shipped within 10 - 15 working days

’n Boeiende storie en ’n singbare wysie – ds die elemente wat volksballades nie net in die volksmond lewend hou nie, maar ook tydlose sjarme daaraan verleen. Want soos wat Pieter W. Grobbelaar in di boek verklaar: “Die volksmens sing liedere nie net stukkend nie; hy wysig hulle soms ten goede.”

Kinders van konings is ’n omvattende werk oor die volksballade in Afrikaans. Nie net word die oorsprong en ontwikkeling van hierdie tipe volkskuns op bondige en toeganklike wyse aangebied nie – 69 Afrikaanse volksballades word ook vir die eerste keer met volledige teks en musiek opgeteken. Met ’n spektrum wat strek vanaf die vroegste Middeleeuse volksballades uit Nederlands oorgerf, tot ballades wat eers teen 1970 ontstaan het, word ’n omvattende blik gegee op meer as die verloop van die geskiedenis: ook die ontwikkeling van Afrikaans as skryftaal word langs hierdie weg duidelik gellustreer.

Die feit dat elke balladeteks van ’n volledige melodielyn (en kitaardrukke) voorsien, en met bykomende agtergrondinligting toegelig word, maak dit meer as ’n statiese leeservaring: Lesers sal sommer wil saamneurie met ou bekende deuntjies soos “Ou tante Koba” en “Een aand op ’n trein na Pretoria” en “Die kat kom weer” – terwyl amper vergete kultuurskatte soos “Die jonge Dupree”, “Skoon Isabel” en “Amakeia” terselfdertyd vir die nageslag behoue bly.

Vyf Tale Van Die Liefde - Die Geheim Van Liefde Vir 'N Leeftyd (Afrikaans, Paperback): Gary D Chapman Vyf Tale Van Die Liefde - Die Geheim Van Liefde Vir 'N Leeftyd (Afrikaans, Paperback)
Gary D Chapman
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Shipped within 5 - 10 working days

Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Om die liefde in die huwelik lewend te hou, is n baie ernstige saak. Doktor Gary Chapman het deur jare se ervaring tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskillende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. Vyf tale van die liefde bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om hul eie taal asook die van hul maat te identifiseer.

Suid-Afrikaanse geslagsregisters/South African Genealogies: Deel 1: A-C (Afrikaans, English, Hardcover, 2nd ed): J.A. Heese,... Suid-Afrikaanse geslagsregisters/South African Genealogies: Deel 1: A-C (Afrikaans, English, Hardcover, 2nd ed)
J.A. Heese, R.T.J. Lombard
R206 Discovery Miles 2 060 Shipped within 10 - 15 working days

'n Omvattende naslaanwerk oor die genealogiese herkoms van Afrikaanse en heelparty Engelse families in Suid-Afrika.Met die verskyning van hierdie teks word 'n mylpaal in Suid-Afrikaanse genealografie bereik. Hierin word die geslagsregisters van die ou Afrikaanse families tot minstens 1830 aangevul, terwyl dit ook 'n aantal nuwe Afrikaanse sowel as Engelse stamvaders insluit.

Met liefde wat saamgaan en ander stories (Afrikaans, Paperback): Annalise Wiid Met liefde wat saamgaan en ander stories (Afrikaans, Paperback)
Annalise Wiid
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Hoe lief kan n mens he? So lief om te laat gaan, soos Hanna met Samuel gemaak het? So lief om selfs ten koste van ander foute oor te sien, soos Eli met sy seuns gemaak het? In Met liefde wat saamgaan werk Annalise Wiid twee van haar groot liefdes aanmekaar. Oorkoepelend is daar die Bybelse verhale van Hanna, Eli en Samuel en hoe God daarmee verweef is. Onderliggend hieraan is hartroerende, soms komiese stories oor alledaagse dinge en gewone mense waarin ons tog iets van God te siene kry.

Kweek Kinders Met Karakter (Afrikaans, Paperback): Hettie Brittz Kweek Kinders Met Karakter (Afrikaans, Paperback)
Hettie Brittz
R161 Discovery Miles 1 610 Shipped within 10 - 15 working days

Kweek kinders met karakter is geskryf om ouers te help om hulle kinders se uniekheid te ontdek en te koester.

As jy ’n ouer is, kan jy jou waarskynlik nie die lewe sonder elkeen van jou kinders se unieke eienskappe voorstel nie. Dit kikker jou lewe op, maar kan ook soms ’n uitdaging wees. Kweek kinders met karakter is ’n konsep wat spruit uit Hettie Brittz se reis met haar eie kinders. Dit is geskryf vir ouers in elke fase van ’n kind se lewe, en help ma’s en pa’s om hulle kinders se uniekheid te ontdek en te koester.

WIL JY GRAAG WEET...

- Waarom ’n straf vir een kind werk, maar nie vir die ander nie?

- Waarop om te fokus om ’n impak te maak op jou kind se lewe?

- Hoe om jou kind se taal te praat sodat julle mekaar regtig verstaan?

- Hoe om jou kind se emosies en behoeftes reg te hanteer?

Dan is Kweek kinders met karakter vir jou bedoel! Hettie klassifiseer die verskillende temperament-profiele as boomtipes, en leer ouers hoe om elke kind volgens sy temperament te dissiplineer, aan te moedig, te snoei en te kweek.

Man van Cirene (Afrikaans, Paperback): F.A. Venter Man van Cirene (Afrikaans, Paperback)
F.A. Venter; Edited by 3 3
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Die klassieke topverkoper nou weer beskikbaar! Simon van Cirene word gelas om Jesus se kruis te dra, op pad na Golgota. Simon, die man wat nie glo nie. Maar hoe kan n mens onveranderd gelaat word deur n ontmoeting met Christus? Hierdie is die verhaal van Christus se aanslag op n heidense wereld. Dit is n beeld van wroeging en botsing en van haat en liefde, van ongeloof teenoor geloof. Maar veral is dit die verhaal van verlossing: die oorwinning van die gees oor die aardse.

Hanna - Die vrou wat haar kind vir die Here gegee het (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Hanna - Die vrou wat haar kind vir die Here gegee het (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns he om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en na nege jaar trou Elkana weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind na die ander. Maar Hanna sukkel met Peninna se teenwoordigheid. Hierdie aangrypende verhaal spreek tot elke vrou. Sal Hanna kan vrede maak, met haarself en met Peninna? Sal sy guns kan vind in die oe van God sodat Hy haar lamp weer aansteek en die donker verdryf?

Die Bybel in 366 Dae Vir Manne Van Geloof (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Die Bybel in 366 Dae Vir Manne Van Geloof (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Shipped within 5 - 10 working days
365 Wyshede Uit Die Pen Van Nina Smit (Afrikaans, Paperback): Nina Smit 365 Wyshede Uit Die Pen Van Nina Smit (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit
R77 Discovery Miles 770 Shipped within 10 - 15 working days

Dis alles te veel …

Jy moet ’n goeie vrou vir jou man wees, oulike ma vir jou kinders, suksesvol wees in jou werk en nog jou vriendinne bystaan ook. Wat van wat jy wil h? Wie gaan jou ondersteun in al die uitdagings in jou lewe?

Stop! Bly net kalm en lees een van hierdie 365 Wyshede uit die pen van Nina Smit. Hier is genoeg vir ’n hele jaar. Of jy kan sewe op een slag lees. Net soos jy wil, wanneer jy wil, volgens j behoefte. En jy kan haar vrolike energie vir jou vriendinne en familie aangee, wanneer hulle nuwe woema nodig het.

Hierdie aanhalings vertel van God wat sy arms om jou wanneer die kommer te veel word. Hulle sal die lag in jou wakkermaak n jou onwrikbaar laat vertrou in jou hemelse versorging. En jy sal bemoedig voel om weer voluit te lf as vrou, ma en vriendin.

Jesus ruik na mirre en stof (Afrikaans, Paperback): Pierre du Plessis Jesus ruik na mirre en stof (Afrikaans, Paperback)
Pierre du Plessis 1
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

By sy geboorte het Jesus na mirre geruik, daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre wanneer een van die soldate dit vir Jesus aanbied om te drink. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite het Hy na vis geruik, op die paaie het Hy na sweet en stof geruik en aan die kruis het Hy na bloed geruik. Jesus ruik na mirre en stof sal Jesus op 'n unieke aardse manier aan jou bekendstel.

Genade - Die Egte En Die Mensgemaakte - 'n Maklike Verstaanbare En Kort Samevatting Van Die Kernvraag in Ons Godsdiens... Genade - Die Egte En Die Mensgemaakte - 'n Maklike Verstaanbare En Kort Samevatting Van Die Kernvraag in Ons Godsdiens (Afrikaans, Paperback, 4th Revised edition)
Josef Coetzee
R79 Discovery Miles 790 In stock

Dit is 'n titel wat handel oor die kernvraag in ons godsdiens: Is God se genade tot redding aan almal, of net aan sommige mense beskikbaar? Vrae wat hierby aansluit is hoe vind die wedergeboorte plaas? Het God reeds vooraf besluit dat ek Hom sal volg? ens. 'n Groep uitgelese gelowiges het besluit hierdie vrae moet uitgeklaar word. Hul het met 154 seminare oor 'n tydperk van 7 maande hierdie sake deurtrap en op skrif gestel. Hierdie titel probeer 'n beknopte weergawe oor hierdie seminare weergee. 'n Moet vir almal wat dit ernstig met God bedoel. So kan ons elkeen van die boekies hanteer.

Ek kies steeds die kerk - Stories, Stryd En Standpunte Oor Die Kerk En Die Wereld (Afrikaans, Paperback): Neels Jackson Ek kies steeds die kerk - Stories, Stryd En Standpunte Oor Die Kerk En Die Wereld (Afrikaans, Paperback)
Neels Jackson
R38 Discovery Miles 380 Shipped within 10 - 15 working days

Dit het mode geword om die kerk te kritiseer. As n mens jou op van die kritiek moet verlaat, het die kerk, in besonder die Afrikaanse kerke, geen geloofwaardigheid meer nie. En tog is daar steeds elke Sondag honderdduisende Afrikaanse mense in die kerk . . . Neels Jackson, bekende godsdiensskrywer en redakteur van die Kerkbode, is een van die mense, en in Ek kies steeds die kerk beskryf hy die vyf hoofredes waarom hy steeds in die kerk bly. Die boek bevat die beste van sy rubrieke wat verskyn het in Beeld, Rapport, By en e-Hervormer, en vier so 20 jaar se in-diepte verslaggewing oor kerksake en geloof. n Paar hoogtepunte is sy onderhoude met bekendes soos Bobby Fischer, Yolanda Dreyer, Hashim Amla, Isak Burger, biskop Desmond Tutu en Adriaan Vlok.

Van Afrikaans Gepraat (Afrikaans, Paperback): Christo Van Rensburg Van Afrikaans Gepraat (Afrikaans, Paperback)
Christo Van Rensburg
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

’n Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan Van Afrikaans gepraat, ’n splinternuwe boek deur Christo van Rensburg, is nou te koop. Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands? Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf? Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans? Wat is die invloed van townships op Afrikaans? Hoe het die verskeie trekke Afrikaans benvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het, of selfs ook die vrees vir taalkontak, is een van Afrikaans se belangrike stories. Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin, met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard. Van Afrikaans gepraat is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans. Die boeke is moontlik gemaak deur ’n ruim skenking van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en is ’n koproduksie tussen Malan Media en LAPA Uitgewers. Die boek word deur LAPA bemark en versprei. Oor Van Rensburg se vorige boek, So kry ons Afrikaans, het Dr. Willa Boezak ges: “Dit het my lewer verander. Dit het van my ’n taalaktivis gemaak.” Die ATR, die Afrikaanse Taalmuseum en -Monument en Die Erfenisstigting werk aktief mee om hierdie boek te bemark. Die boek kom ook gereeld ter sprake by taalsimposia van die ATKV en DAK. Ook in Nederland is daar groot belangstelling, en die Engelse vertaling prikkel belangstelling onder sosiolinguiste van verskillende kontinente.

Bid vir jou ongebore baba (Afrikaans, Paperback): Janlu Kuyler, Marlena du Toit Bid vir jou ongebore baba (Afrikaans, Paperback)
Janlu Kuyler, Marlena du Toit
R225 R194 Discovery Miles 1 940 Save R31 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Die boek help ouers om die wonder van die konsepsie en God se hand in die ontwikkeling van hulle baba te sien. Dit neem die ouers deur die biologiese ontwikkeling van hulle baba maar ook op 'n geestelike reis waarvoor en hoe om te bid vir hulle ongebore baba. Daar is praktiese wenke oor hoe om te bid, asook hoe om aan te hou bid na die baba gebore is. 'n Onontbeerlike gids vir elke verwagtende ma en pa.

Operasie Liefde - Oorwin Met Liefde (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition): Wilhard Becker Operasie Liefde - Oorwin Met Liefde (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition)
Wilhard Becker
R79 Discovery Miles 790 In stock

Jesus het die hele wet opgesom in een woord - liefde. Dit is die Christen se sterkste wapen in sy stryd teen die sonde, maar dan nie 'n stilsit liefde nie. Christus se liefde gaan tot die aanval oor. Dit is die nuwe lewenswyse wat hy verkondig en gedoen het - minder belangrik in my eie oe - 'n spieelbeeld van Jesus - volmaak in sy oe - lewe makliker - rustig en tevrede met my lewe.

Die Groot Gebedeboek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Piet Naude Die Groot Gebedeboek (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Piet Naude
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Die Groot Gebedeboek bevat meer as 500 klassieke en eietydse gebede. Meer as 300 mense -- van verskillende tye en kulture -- stort in aangrypende gebede hul emosies, probleme, worsteling n hul liefde vir en verwondering oor God uit.

Di omvattende bundel kan gebruik word as dagboek vir 366 dae (met Skrifgedeelte en gebed), maar ook as naslaanbron vir verskillende behoeftes en geleenthede. Die Groot Gebedeboek bevat indekse om temas, outeurs en voorgestelde Skrif-leesgedeeltes na te slaan.

’n Onontbeerlike klassieke boek in ‘n nuwe baadjie.

Ontdek God in die stories van mense (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Benescke Janse van Rensburg Ontdek God in die stories van mense (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Benescke Janse van Rensburg
R199 R172 Discovery Miles 1 720 Save R27 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Hierdie is n versameling ware verhale wat God se almag en ingryping in die lewe van sy kinders illustreer. As joernalis in die geestelike en inspirasiemark het Benescke Janse van Rensburg oor die jare talle onderhoude gevoer met mense wie se stories haar meer van God se karakter geleer het. In Ontdek God in die stories van mense deel Benescke hierdie ontdekkings oor God se karakter met haar lesers. Sy rangskik hierdie ontdekkings van A tot Z volgens die karaktereienskap van God wat uit die gebeure na vore tree. Die toeganklike A-tot-Z-formaat maak dit ideaal vir gemeentestudie, huisgodsdiens, Bybelstudiegroepe en selgroepe. Ontdek God in die stories van mense laat n mens opnuut lief word vir die almagtige God wat ons dien, bou n mens se geloof vir moeilike tye en help n mens om vas te staan in die storms van die lewe.

God praat Afrikaans (Afrikaans, Paperback): Hemelbesem God praat Afrikaans (Afrikaans, Paperback)
Hemelbesem
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Shipped within 5 - 13 working days

Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hys soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hys John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: Afrikaans is n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan. Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.

Boerekryger - 'n Seun se hoogste offer (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Boerekryger - 'n Seun se hoogste offer (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Op 17 sluit die talentvolle maar aweregse Henning Viljoen, 'n agterkleinseun van Piet Retief, by die Boeremagte aan. Vir die volgende twee jaar beskryf hy die lewe op kommando in sy dagboeke voordat hy tragies op die slagveld in sy pa se arms sterf. Die jonge Henning se eerlike, lewendige beskrywings bied 'n unieke perspektief op die oorlog in reguit en ongekunstelde taal. Wanneer hy byvoorbeeld mooi Boeremeisies op die plase teekom, is sy reaksies tipies van 'n jong man. Hy vertel egter ook van swaarkry en verliese, asook sy skok oor fusillerings. By een geleentheid moes hy toekyk hoe twee swart mans eens sy speelmaats tereggestel word. Die dagboeke vertel van die noue band tussen hom en sy korrelkop pa, 'n generaal. Na sy seun se dood sukkel sy pa om tot berusting te kom en lewer 'n anti-oorlog pleidooi in 'n brief aan genl. Louis Botha. Die laaste hoofstuk ondersoek die Bittereinders se sielkundige motivering. Blake vra ook die kritiese vraag: moes hulle so lank met die stryd aangehou het?

The Early Mission in South Africa/Die Vroee Sending in Suid-Afrika (Afrikaans, English, Hardcover, New): Karel Schoeman The Early Mission in South Africa/Die Vroee Sending in Suid-Afrika (Afrikaans, English, Hardcover, New)
Karel Schoeman
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days

In 1799 four missionaries - two English and two Dutch - arrived at the Cape, having been sent out by the London missionary society. This is their story.Although mission work by the Moravians had begun some time before, this meant the commencement of large-scale mission work in South Africa, and initiated what might be called the 'golden age' of missionary activity in South Africa. The Early Mission, 1799 1819 consists of 17 essays, some of them in Afrikaans, in which the noted writer and historian Karel Schoeman describes the life and work of a number of missionaries, mission assistants and artisans, 'native agents', catechists and lay helpers, including three women, who where involved in the establishment of the mission during the pioneer period. His subjects are mainly Dutch and indigenous mission workers in the service of the LMS and their work among the slave population of the Cape Colony and the inhabitants of the Orange River area beyond the northern frontier of the Colony."

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ons Kom Van Vr - Bydraes Oor Bruin…
W.A.M. Carstens, Michael le Cordeur Paperback  (1)
R239 Discovery Miles 2 390
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (3)
R240 R197 Discovery Miles 1 970
Bet-El
Helena Hugo Paperback R210 R181 Discovery Miles 1 810
Historikus: 'n Outobiografie
Hermann Giliomee Paperback R410 R345 Discovery Miles 3 450
Emily Hobhouse: Geliefde Verraaier
Elsabe Brits Paperback  (4)
R390 R330 Discovery Miles 3 300
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R225 R15 Discovery Miles 150
Hel Toe En Terug - Die Eerste…
Louis Scott Paperback R425 R394 Discovery Miles 3 940
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R190 R150 Discovery Miles 1 500
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback R230 R175 Discovery Miles 1 750
Sielsgedagtes
Stephan Joubert, Riekert Botha Paperback R116 Discovery Miles 1 160

 

Partners