0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (25)
  • R50 - R100 (153)
  • R100 - R250 (973)
  • R250 - R500 (4,159)
  • R500+ (3,736)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geesteswetenskappe

Ware mense (Afrikaans, Hardcover): Bart de Graaff Ware mense (Afrikaans, Hardcover)
Bart de Graaff; Translated by Daniel Hugo
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days

Bart de Graaff is n Nederlandse historikus en joernalis wat n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste ware mense van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.

Sielsgedagtes (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Riekert Botha Sielsgedagtes (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Riekert Botha
R116 Discovery Miles 1 160 Shipped within 10 - 15 working days

’n Hele jaar se dagstukkies van bekende skrywers nou saam in een Bybeldagboek, soos die uitgesaai is op RSG.

Sukkel jy ook om te hoor wat die Here se wil vir jou lewe is? Die geraas van die wreld maak dit moeilik om stil te word en te luister. Daar is so baie stemme wat aandring op jou aandag – jou huweliksmaat, jou kinders, kollegas, sosiale media...

Wanneer jy so oorweldig word, hoor jy nie meer God se Stem nie. Sonder hierdie konneksie met jou Skepper, voel ’n mens alleen en sonder hoop, toegegooi met probleme en frustrasies.

Die 44 skrywers in hierdie Bybeldagboek wil jou daarom elke dag, ’n hele jaar lank verseker dat innerlike vrede en geluk ook vir jou bedoel is. Soos wat hulle stemme oor die radio gehoor is, sal hulle jou leer om weer die belangrikste Stem uit die hemel te hoor.

Sielsgedagtes bied jou...

- Riglyne vir jou dag – alles van geld tot kinders grootmaak, werk tot ontspanning, goeie gewoontes tot standvastige vriendskappe

- Insig oor aktuele kwessies waaroor gelowiges vrae het

- Beloftes waaraan jy kan vashou wanneer swaarkry oor jou pad kom

- Wyshede en inspirasie uit die pen van Riekert Botha, Stephan Joubert, Piet Smit, Johan Smit, Elza Meyer, Louis Brittz, Retief Burger en ander gewilde predikers van RSG se oggendprogram

- ’n Alternatiewe grootdruk uitgawe vir makliker lees.

Jy kan die oordenkings lees voor jy met ’n nuwe dag begin. Of jy kan hulle gebruik wanneer jy terugkyk na ’n dag wat verby is. Jy sal telkemale ontdek dat God met jou praat.

God Se Beste Vir My (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha, Isak Burger, Este Geldenhuys God Se Beste Vir My (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha, Isak Burger, Este Geldenhuys
R116 Discovery Miles 1 160 Shipped within 10 - 15 working days

Die beste oordenkings, soos wat in die oggend en aand op RSG se Sielgedagtes uitgesaai word, word nou in een Bybeldagboek saamgevoeg. Die gewildste stukkies en skrywers kry jy nou in een boek, om die hele dag deur te lees. Vir 52 weke kan jy RSG se dagstukkies lees wanneer dit jou pas en nie net luister op die radio nie.

Neem uit die verlede (Afrikaans, Hardcover, 2nd): U. de V. Pienaar Neem uit die verlede (Afrikaans, Hardcover, 2nd)
U. de V. Pienaar
R750 R676 Discovery Miles 6 760 Save R74 (10%) Shipped within 10 - 15 working days

Die leser kry 'n gedetailleerde terugblik op die verre verskiet (prehistories en histories) in die Transvaalse Laeveld en die verhaal ontplooi tot en met 1946. Die invloed van die mens is orals waarneembaar, as 'n mens dit net wil sien - van argeologiese oorblyfsels, kommunikasiestelsels (of die afwesigheid daarvan), vroee nedersettings, transportryers, baanbrekers en jagters, omheiningsprobleme en die tsetsevlieg, tot die grondlegging van bestuursmaatreels en ander verwante prosedures wat vandag nog in die NKW gehandhaaf en plek-plek in miskien ietwat aangepaste vorm toegepas word.

?n Jaar van Hoop (Afrikaans, Paperback): Andries Enslin ‘n Jaar van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Andries Enslin
R90 Discovery Miles 900 Shipped within 10 - 15 working days

Hoop jy op ‘n beter toekom? Hoop jy op ‘n suksesvolle lewe? Hoop jy op ‘n vreedsame land? Dit maak nie wie jy is nie – Ons almal het hoop nodig! Oordenkings vir ‘n jaar. ‘n Jaar van hoop sal jou oortuig dat God nog steeds in beheer is van alle aspekte van jou lewe. Dit sal jou motiveer om anders te dink en te leef omdat jy seker is van Sy versorging en liefde.

Hoogty, Deel 7 - Die Opbloei Van 'N Koloniale Kultuur Aan Die Kaap (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Hoogty, Deel 7 - Die Opbloei Van 'N Koloniale Kultuur Aan Die Kaap (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Shipped within 10 - 15 working days

Die sewende boek in Karel Schoeman se reeks oor die VOC-tydperk aan die Kaap die Goeie Hoop handel oor die tyd toe Ryk Tulbagh goewerneur van die Kaap was. Min is bekend oor Tulbagh se lewe in Nederland en oor die persoonlike aspekte van die man wat bekend was as Vader Tulbagh, maar Schoeman slaag daarin om uit argivale en gepubliseerde bronne die Kaap tydens sy bewind lewe te gee. In die eerste groep hoofstukke word veral gekonsentreer op die Kompanjie en sy werksaamhede: die skeepvaart in en om Tafelbaai, die Kasteel as die sentrum van gesag aan die Kaap en die amptenary wat die werksaamhede van die VOC vlot moes laat verloop en verantwoordelik vir die handhawing van orde in die klein kolonie was. In die volgende hoofstuk word die nedersetting in die Tafelvallei bespreek, wat in Tulbagh se tyd al redelik dig bevolk was. Daarna kom die Liesbeekvallei en die uitbreiding van die kolonie na die Boland en nedersettings soos Stellenbosch, die Drakensteinvallei en die Wagenmakersvallei aan die orde. Volgens prof. O.J.O. Ferreira bewys hierdie werk dat Karel Schoeman tans die voorste kenner van die Kaapse kultuurgeskiedenis is: Met sy deeglike navorsing, onderhoudende skyfstyl en raak aanvoeling vir dit wat die leser sal interesseer, het Schoeman n brok Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis daargestel wat deur huidige en toekomstige geslagte historici, kultuurhistorici en gewone lesers met groot vrug as bron van inligting gebruik kan word, maar bowenal aan hulle n uitsonderlik genotvolle leeservaring sal verskaf.

Jou Kosbaarste Bate (Afrikaans, Paperback): Danie Vorster Jou Kosbaarste Bate (Afrikaans, Paperback)
Danie Vorster
R64 Discovery Miles 640 Shipped within 10 - 15 working days

As jy wegkyk van dit wat materialisties is (waar geld as maatstaf gebruik word) en na God en jouself kyk, sal jy ontdek… Wie JY is maak jou ryker as ‘n miljoenr.

Die boodskap wat deur geld aan ons oorgedra word, is eenvoudig: “Sonder my is jy niks werd nie, jy het niks, jy is niks nie.”

Dis ‘n taal wat deur biljoene mense verstaan word, dit is die taal van die rykes en beroemdes, sowel as die armes en die wat berug is.

Dis baie selde dat jy sal lees van die geluk van hulle wat die bopunt van die suksesleer bereik het. Hulle het geleer dat geld nie alles is nie – dat geld stoflike dinge (goed) kan koop, maar die geluk nie. Geld en geluk gaan nie noodwendig hand aan hand nie.

Jou kosbaarste BATE sal jou help om jou eiewaarde te ontdek in ‘n wreld waar geld oorheers en selfs die waarde van mense bepaal. Jy het nodig om jouself te waardeer. As jy eers weet hoe om te bepaal wat jy regtig werd is, sal jy anders dink, praat en doen, want jy sal anders voel oor jouself

JY is jou kosbaarste bate, nie as gevolg van jou nettowaarde nie, maar as gevolg van wie JY is!

Kry Styl - Jesus s'n! (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Kry Styl - Jesus s'n! (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R190 R149 Discovery Miles 1 490 Save R41 (22%) Shipped within 7 - 15 working days

Jesus het regtig bedoel dat sy dissipels ’n genesende impak op die samelewing moet h. So het Hyself dit laat gebeur, en so het die vroegste Christene Hom agternageleef. Die uitdaging voor ons is hoe ons almal vir die Here kan bereik. En hoe ons dit gaan regkry op stylvolle maniere, maniere wat ander mense nie afskrik nie, wat mense van God se liefde en omgee oortuig. Ons uitdaging is om vars en nuut te dink oor die stylvolle agternaleef en uitleef van ons geloof. Maar denke alleen gaan ons nie daar kry nie.

Nuwe inligting gaan ons ook nie genoegsaam verander nie. Ons kort ’n nuwe styl, Jesus s’n. Ons moet weet wat om te doen en ook wanneer om dit te doen. Ook hoe om ander hartroetes na te streef, roetes wat weer die wreld rondom ons se verbeelding sal aangryp. Indien ons ons geloof stylvol wil beleef en uitleef, moet ons meer as net goeie tydlesers wees. Ons moet Jesus-lesers wees, mense wat vir Jesus reg aanvoel en verstaan. Dan kan ons stylvolle geloofdelers wees.

Verwoerd: So onthou ons hom (Hersiene uitgawe) (Afrikaans, Hardcover): Wilhelm J. Verwoerd Verwoerd: So onthou ons hom (Hersiene uitgawe) (Afrikaans, Hardcover)
Wilhelm J. Verwoerd
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days

Watter soort mens was dr. H.F. Verwoerd, die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika en grondlegger van die huidige Republiek? Die bydraers tot hierdie boek skryf op onderhoudende wyse oor hoe hulle hom onthou, wat hulle saam met hom beleef het en oor hulle opvatting van sy politieke oogmerke. Die persoonlike aard van die bydraes verleen n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier. Hierdie bundel verskyn die eerste keer in 2001 by geleentheid van die 100ste herdenking van dr. Hendrik Frensch Verwoerd se geboortedag, 8 September 1901. Die bygewerkte weergawe in 2016 bevat nuwe bydraes deur onder andere Elise Verwoerd, Cas Bakkes en Albert Hertzog.

Op 'n stormsee - Ware verhale van Suid-Afrikaanse seereddings (Afrikaans, Paperback): Tony Weaver, Andrew Ingram Op 'n stormsee - Ware verhale van Suid-Afrikaanse seereddings (Afrikaans, Paperback)
Tony Weaver, Andrew Ingram
R250 R205 Discovery Miles 2 050 Save R45 (18%) Shipped within 4 - 8 working days

Hier is 'n versameling gewaagde reddings vol drama en gevaar, ter viering van die NSRI se 50ste herdenking. Die stories, wat alles dek van brandende skepe tot haai-aanvalle, van sinkende vistreilers tot hallusinerende vissermanne, gaan oor die mens se konstante stryd teen sommige van die gevaarlikste vaarwaters op aarde. Dit sluit die storie in wat tot die stigting van die NSRI gelei het.

Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover): Karel Schoeman Imperiale Somer: Suid-Afrika Tussen Oorlog En Unie, 1902-1910 (Afrikaans, Hardcover)
Karel Schoeman
R400 R372 Discovery Miles 3 720 Save R28 (7%) Shipped within 10 - 15 working days

Die boek gee 'n voelvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 19021910. Die tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op die persoonlikhede van leiers- en ander figure, die omstandighede in die vier kolonies met hulle stede en dorpe, belangrike sosiale gebeurtenisse, die aanloop tot unifikasie in 1910 en die uitwerking van die belangrike naturelle grond-wet van 1913 op die lewenswyse van swart mense direk na Uniewording. Kort maar insiggewende tiperings word gegee van persoonlikhede so uiteenlopend soos oudpresident Steyn, Lord Milner, die dramaturg Stephen Black, die bendeleier Robert Foster, die avontuurlustige Mrs Edith Maturin en die deelsaaier Kas Maine. Ruim aanhalings uit verskillende bronne verlewendig die bespreking van alledaagse omstandighede op verskillende plekke in wat later die Unie van Suid-Afrika sou wees, soos die sketse van Jacob Lub oor die lewenswyse in Johannesburg, die setlaar Leonard Flemming se boeke oor sy eensame bestaan op 'n afgelee Vrystaatse plaas, en die talle verwysings na riksjas in die reisbeskrywings van besoekers aan Durban. Besonder boeiend is ook die hoofstukke oor die rol van Joodse smouse en handelaars in onder andere die volstruisveerbedryf en die toestande in die inrigting vir melaatses op Robbeneiland. Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Imperiale somer 'n besonder interessante leeservaring. Die boek word toegelig met ruim fotoseksies wat 'n visuele beeld van die era gee.

Ontdek Jou Lewensdoel (Afrikaans, Paperback): Frans Cronje Ontdek Jou Lewensdoel (Afrikaans, Paperback)
Frans Cronje
R84 Discovery Miles 840 Shipped within 10 - 15 working days

As Christen wil jy graag jou hemelse Pa trots maak. Hoe doen jy dit? Deur liefde vir Hom en vir jou naaste. Daarom moet jy doelwitte stel om ander te dien, en nie om jou eie sak en ego te pas nie.

Jy het unieke vaardighede, talente en gawes gekry wat jou identiteit help bepaal. Die oomblik dat jy dit begin gebruik, begin jy jou roeping uitleef. Dt is jou sleutel tot sukses.

Jy kry egter nooit sommer net ’n quick fix nie. Jy moet nog steeds keuses maak, maar jy mag nie ander vir jou besluite blameer nie.

Ontdek jou lewensdoel gee nie vir jou ’n lys van dinge wat jy moet doen om ’n goeie man te wees nie. Dit help jou om jou hart en die passie wat God in jou geplant het, weer te ontdek. So kan jy die lewe leef wat spesiaal vir jou beplan is.

Dis nie’ n boek met instruksies nie. Dit is 30 eerlike en eenvoudige lesse wat Frans in sy lewe geleer het en wat hom gehelp het op sy pad na sukses. Hy gesels diep uit sy hart en met eerlikheid en humor met jou as man. Die stories sal jou inspireer, amuseer, motiveer en leer. Met elke bladsy wat jy omblaai, sal jy besef: Ons is almal maar net onvolmaakte mense.

Al is jy nie perfek nie, kan jy nog steeds jou drome bewaarheid en’ n waardevolle bydrae maak vir jou gesin en die wreld.

Mal Oor Jou Man (Afrikaans, Paperback): Floris Knouwds Mal Oor Jou Man (Afrikaans, Paperback)
Floris Knouwds
R64 Discovery Miles 640 Shipped within 10 - 15 working days

Aan die begin was sy andersheid vir jou oulik, nou irriteer sy gewoontetjies jou. Maar dis dalk die bril waardeur jy kyk wat maak dat jy sukkel om hom te aanvaar. Mal oor jou man sal jou wys hoe julle lewe saam baie beter kan wees - juis omdat julle verskil. Hierna sal jy sommer weer van voor af op jou man verlief wees!

Wanneer Die Kerk Verdwaal (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Norma Rossouw, Isak Burger, Annalise Wiid Wanneer Die Kerk Verdwaal (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Norma Rossouw, Isak Burger, Annalise Wiid
R77 Discovery Miles 770 Shipped within 10 - 15 working days

50 skrywers skryf saam om vrae rondom die kerk, geloof en God te beantwoord en gee ook opinies oor hoekom kerke leeg loop ...

Sominge gelowiges voel dat ander Christene hulle met ‘n valkoog dophou. Hulle het ‘n vrees vir die kerk se ho standaard en hulle dink net perfekte mense hoort daar. Baie het al negatiewe ondervindings gehad en seergekry en is liefdeloos behandel.

50 skrywers het saamgespan en deel hulle wysheid oor Christenskap en sal jou nuut laat dink oor kerkwees en wat dit regtig betek om Jesus te volg

God Se Storie, My Storie (Afrikaans, Paperback): Jaco Thom God Se Storie, My Storie (Afrikaans, Paperback)
Jaco Thom
R90 Discovery Miles 900 Shipped within 10 - 15 working days

God se storie, my storie gee tienermeisies die geleentheid om die Nuwe Testament in ’n jaar deur te lees, en te verstaan! Jaco Thom het die teks in storie-formaat geskryf, sodat dat op ’n interessante manier met meisies se harte sal praat. Die nuwe benadering maak dit ook makliker om te lees en ook om te verstaan.

Vir elke dag vir die week is daar ’n dagstukkies en ’n verwysing vanuit die Bybel. Aan die ander gedeelte van die bladsy kry die leser kans om te dink en te skryf oor die joernaalvrae wat gegee word. Op so ’n manier skryf elke meisie ook haar eie storie. Wat dit nog meer spesiaal maak is dat sy aan die einde van die jaar of selfs oor ’n paar jaar kan terug gaan en kyk hoe haar lewe op daardie oomblik gelyk het en ook hoe sy geestelik gegroei het.

Hierdie is beslis ’n nuwe uitkyk op ’n Bybeldagboek. Dit is nie net nog ’n dagstukkie wat deur iemand geskryf is nie, dit is ’n dagstukkie uit God se pen vir jou!

Die Groot Boek Met Bybelse Antwoorde (Afrikaans, Paperback): Jannie le Roux, Dirkie van der Spuy, Hennie Stander Die Groot Boek Met Bybelse Antwoorde (Afrikaans, Paperback)
Jannie le Roux, Dirkie van der Spuy, Hennie Stander
R109 Discovery Miles 1 090 Shipped within 10 - 15 working days

Mense het vrae.

Die Bybel het antwoorde.

Min dinge in die lewe is maklik en eenvoudig. Ook vir gelowiges is die wreld kompleks en moeilik. Selfs die Bybel is nie altyd maklik om te verstaan nie!

Al die ernstige vrae wat in mense se harte leef, verdien eerlike, reguit en goed deurdagte antwoorde. En dis wat jy in hierdie boek sal kry.

In Die groot boek met Bybelse antwoorde praat 140 leraars oor sake wat soms ontstellend is en ander kere interessant en lewensverrykend. Hulle torring verwarrende vraagstukke netjies los en gee aanwysings hoe om self by antwoorde te kom wat in jou unieke omstandighede kan werk.

Die skrywers ken die vrae wat die meeste deur gelowiges en ongelowiges gevra word. Hulle ken die Bybel en hoe om dit as bron van antwoorde te gebruik. Geen kitsreseppies of towerformules nie, maar wel inspirasie en riglyne om jou eie oplossings te vind vir vrae soos:

- Hoekom moet ek vir my gemeente geld gee en hoeveel is genoeg?

- Hoe moet ek dit regkry om my vyande lief te h?

- Is dit oukei as mense nie in die kerk trou nie?

- Help dit enigsins om goeie dinge te doen in die slegte wreld?

50 Vrae Om Jouself Te Vra Teen 50 (Afrikaans, Paperback): Nina Smit, Maretha Maartens, Liesel Krause-Wiid 50 Vrae Om Jouself Te Vra Teen 50 (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit, Maretha Maartens, Liesel Krause-Wiid
R71 Discovery Miles 710 Shipped within 10 - 15 working days

Teen vyftig weet jy al baie van die lewe, maar soms is daar dinge waaroor jy wonder of dalk nog nie duidelik gekry het nie. Ons beantwoord 50 vrae wat jy jouself moet vra teen 50 - dit wat jy dalk wou weet , maar nog nooit wou vra nie. Hier is die antwoord. Is jou kinders sterk karakters, het jy 'n goeie selfbeeld, kan jy met God praat, wat dink ander van jou....dit is jou vrae en ons het die antwoorde.

Een Vraag Per Dag Joernaal - 99 Vrae vir 'n Lewe Wat Saak Maak (Afrikaans, Paperback): Lynette de Beer Een Vraag Per Dag Joernaal - 99 Vrae vir 'n Lewe Wat Saak Maak (Afrikaans, Paperback)
Lynette de Beer
R64 Discovery Miles 640 Shipped within 10 - 15 working days

Ons leef soms bloot van dag tot dag, sonder om te dink waarheen ons op pad is. Dis egter nooit te laat om ’n betekenisvolle lewe te begin leef en vervuld en tevrede te voel nie.

Hoe verander ’n mens jou lewe?

As ons dink aan iets wat ons lewe kan verander, dink ons gewoonlik groot: ’n nuwe werk, ’n verhuising, ’n verhouding wat begin of beindig word. Soms is dit egter iets kleins wat belangrik genoeg is om ’n groot verskil te maak. Een vraag op ’n slag!

Dit is waar EEN VRAAG PER DAG jou gaan help. Een op-die- man-af-vraag kan die rigting van jou lewe heeltemal verander... Lynette Beer vra 99 vrae oor dinge wat regtig saak maak en jou by lewensveranderende antwoorde sal uitbring. Jy kan op enige tydstip met di joernaal begin. Skryf bloot vandag se datum by ’n vraag in en gebruik ’n paar minute om daaroor te dink. Skryf jou gedagtes neer en werk dan stelselmatig verder deur die boek. Kyk hoe jou lewe verander

By elke vraag is daar ruimte om op twee verskillende datums ’n antwoord neer te skryf. As die eerste 99 dae om is, kan jy dieselfde vrae weer antwoord. Dit gee jou ’n idee van hoe jou lewe oor ’n paar maande verander het.

Te Besig Met Besig Wees (Afrikaans, Paperback): Kobus Neethling, Riekert Botha, Johan van Lill Te Besig Met Besig Wees (Afrikaans, Paperback)
Kobus Neethling, Riekert Botha, Johan van Lill
R71 Discovery Miles 710 Shipped within 10 - 15 working days

“Besig” het die woord geword waarmee ons mekaar groet.

Jy dink dalk dit hoort so; dis tog wat jy moet doen as jy bo wil uitkom. Jy cope mos darem nog.

Maar op die lange duur kan besigwees jou vreugde steel.

Elke mens is gemaak vir ’n ritme van werk en rus – anders sal jy uitbrand.

Jy mt dus daardie sweet spot kry waar jy optimaal en kragtig, maar op jou heel gemaklikste, kan funksioneer.

Te besig met besigwees? sal jou verstand en jou hart oopmaak sodat jy genspireerd sal wees om jou beste lewe rustig te leef.

Ons het ’n groep skrywers, predikante, entrepreneurs, sakelui, sielkundiges, lewensafrigters, mentors en mediapersoonlikhede gevra vir hulle wenke vir beter tydsbestuur.

Nou kan jy deel in die insig van hierdie professionele mense wat moes leer hoe om al die balle in die lug te hou.

Die boek bestaan uit 40 temas, wat week vir week deurgewerk kan word.

By elke tema is daar ’n praktiese vraag of opdrag om jou aan die dink te sit, met ’n spasie waar jy jou eie idees kan neerpen, sodat jy ’n meer produktiewe en minder besige lewe kan lei.

Boodskappe Uit God Se Hart... Om Te Treur Met 'n Reenboog Vol Hoop (Afrikaans, Paperback): Granger E. Westberg Boodskappe Uit God Se Hart... Om Te Treur Met 'n Reenboog Vol Hoop (Afrikaans, Paperback)
Granger E. Westberg
R12 Discovery Miles 120 Shipped within 10 - 15 working days
Die Mooiste Bybelverse (Afrikaans, Paperback): Jannie le Roux Die Mooiste Bybelverse (Afrikaans, Paperback)
Jannie le Roux
R71 Discovery Miles 710 Shipped within 10 - 15 working days

Die mooiste Bybelverse is 'n volkleurboek met 44 kragtige beloftes uit die Bybel en 'n kort, inspirerende stukkie pitkos vir krisistye. Die bladsye met kleurvolle Bybelverse in hierdie boek is geperforeer sodat jy dit kan uitskeur en met iemand deel. Jy kan vandag 'n verskil in iemand se lewe maak.

Frans David Oerder: Anglo-Boereoorlogtekeninge & skilderye (Afrikaans, Hardcover): Alexander E. Duffey Frans David Oerder: Anglo-Boereoorlogtekeninge & skilderye (Afrikaans, Hardcover)
Alexander E. Duffey
R395 R368 Discovery Miles 3 680 Save R27 (7%) Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie publikasie gee n volledige beeld van die kunstenaar Frans David Oerder (18671944) se oeuvre sy Anglo-Boereoorlogtekeninge, landskappe, genrestukke, portrette, blomstudies en stillewes, interieurs, dierestudies en grafiese werk. Geen moeite is ontsien om hierdie boek so volledig en betroubaar moontlik te maak nie. Argivale bronne in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria, die Argief van die Johannesburg Kunsmuseum en die Nasionale Argief van Suid-Afrika in Pretoria het grootliks bygedra tot die toevoeging van inligting oor hierdie kunstenaar wat nie voorheen bekend was nie. Dieplakboek van Gerda Oerder en n lang lesing met detailinligting oor Oerder se vroee lewe deur mev. Lorimer in die Kunsargief van die Universiteit van Pretoria het bygedra tot n nuwe vertolking van die lewe en werk van hierdie belangrike Suid-Afrikaanse kunstenaar. Tydens die Anglo-Boereoorlog was Oerder die enigste amptelike kunstenaar aan Boerekant, maar tot dusver is nog geen volledige geskiedenis van sy deelname aan die oorlog geskryf nie. In hierdie boek word Oerder se Anglo-Boereoorlogtekeninge nou vir die eerste keer so volledig moontlik afgedruk en beskryf.

Oor Gode En Afgode (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition): Marthinus Versfeld Oor Gode En Afgode (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition)
Marthinus Versfeld; Foreword by Ernst Wolff
R163 Discovery Miles 1 630 Shipped within 10 - 15 working days

Oor Gode En Afgode is ’n herdruk van ’n vyftal essays van die Suid-Afrikaanse filosoof Marthinus Versfeld.

Die bundel het oorspronklik reeds in 1948 verskyn, maar die kwessies wat hierin bespreek word, is vandag steeds aktueel. Versfeld se groot bekommernis hier is dat die Westerse mens se opvatting van redelikheid en sy verhouding met die wreld om ons, sedert die Verligting baie verskraal het. Met verwysings na die kerkvader Augustinus en groot Middeleeuse filosowe soos Thomas van Aquinas, toon Versfeld aan dat hierdie ouer denkers se sienings van die skepping en die Skepper tot ’n meer gentegreerde beeld van die mens en sy plek in die werklikheid kan bydra, ’n siening wat ook in ons postmoderne era aanklank by denkende lesers behoort te vind.

Die bundel bevat verder ’n kritiese bespreking van die Franse filosoof Jean-Jacques Rousseau en die oordrewe rol van die Staat in ons tyd (iets wat bekommerde Suid-Afrikaners met instemming kan lees), die verval in moraliteit en die oorheersing van die masjien in die lewe van die gewone mens. Dit is nie Versfeld se toeganklikste werk nie, maar die skrywer slaag steeds daarin om ingewikkelde filosofiese begrippe in eenvoudige taal oor te dra.

Die bundel word ingelei deur prof. Ernst Wolff, ’n kenner van die werk van Versfeld.

Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback): Rudi Swanepoel Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback)
Rudi Swanepoel
R195 R155 Discovery Miles 1 550 Save R40 (21%) Shipped within 7 - 15 working days

Kan eet teruggeis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit gesoleerd is nie, selfs al voel dit so?

Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.

Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback): Wannie Carstens, Edith Raidt Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback)
Wannie Carstens, Edith Raidt
R750 R676 Discovery Miles 6 760 Save R74 (10%) In stock

In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer is en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede – word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) n veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom.

Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en vanuit Asi (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans benvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies ’n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede.

In Deel 1 is die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Boereoorlog
Martin Bossenbroek Paperback R365 R288 Discovery Miles 2 880
Ons Kom Van Vr - Bydraes Oor Bruin…
W.A.M. Carstens, Michael le Cordeur Paperback  (1)
R239 Discovery Miles 2 390
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (3)
R240 R197 Discovery Miles 1 970
Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal
Toef Jaeger Paperback R263 Discovery Miles 2 630
Oor Berge En Dale - Op Reis Met 'n…
Jackie Grobler Paperback  (2)
R230 R188 Discovery Miles 1 880
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R190 R164 Discovery Miles 1 640
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R225 R56 Discovery Miles 560
Wit Issie 'n Colour Nie - Angedrade…
Nathan Trantraal Paperback R230 R175 Discovery Miles 1 750
Boereverneukers - Afrikaanse…
Izak du Plessis Paperback  (1)
R190 R150 Discovery Miles 1 500
Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense
Richard Steyn Paperback  (1)
R250 R205 Discovery Miles 2 050

 

Partners