0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (36)
  • R50 - R100 (44)
  • R100 - R250 (258)
  • R250 - R500 (65)
  • R500+ (69)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback): Jurie van den Heever Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback)
Jurie van den Heever 1
R50 R43 Discovery Miles 430 Save R7 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien.

Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Lidmate wat ons Kerk graag wil help om 'n gesonde, geestelike tuiste vir Suid-Afrikaners van die 21ste eeu te bied.
  • Die klakkelose napraters van die dogma wat dink ons Kerk is steeds op die regte pad.
  • Die plastiekpredikante van die radio en televisie wat met eentonige reŽlmaat soetsappige, sogenaamd godsdienstige, pleisters plak.
  • Diegene wat reeds ons Kerk tot die ashoop van die geloof verdoem het.
Die Woorde Van Jesus (Afrikaans, Paperback): Die Woorde Van Jesus (Afrikaans, Paperback)
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is die werklike woorde van Jesus.

Jesus het in die Bybel baie met sy dissipels gepraat, maar daardie woorde is net so van toepassing vandag as wat dit was in daardie tyd. Die woorde van Jesus is gegroepeer in temas. Daardeur kan die leser meer leer oor die lesse wat die Here sy volk leer.

Die eerste van sy soort in Afrikaans!

Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback): Este Geldenhuys Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback)
Este Geldenhuys
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is vir ons onmoontlik om God te verstaan, ons kan slegs klein glimpsies van sy karakter kry.†Een manier is om God se Name te bestudeer. Estť Geldenhuys het breedvoerige navorsing gedoen oor God se Name, en die in hierdie boek belig sy die belangrikstes, van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy bespreek die Naam self in Hebreeus, waar dit in Bybel voorkom, die betekenis daarvan, wat dit in ons alledaagse lewe beteken en ook hoe om dit te gebruik in gebed.††

Die Braambos Bly Brand - Nie-teoloŽ Se Perspektiewe Op Bybelverse (Afrikaans, Paperback): Pieter Malan, Chris Jones Die Braambos Bly Brand - Nie-teoloŽ Se Perspektiewe Op Bybelverse (Afrikaans, Paperback)
Pieter Malan, Chris Jones
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie versamelbundel is daar ‘n groep uiteenlopende mense gevra om elk ‘n onafhanklike essay te skryf na aanleiding van ‘n Bybelteks.

Daar is skrywers, ekonome, musikante, akademici en joernaliste. Die enigste voorwaardes was dat dit persone moet wees wat nie meer kerklik betrokke en/ of ‘n dominee of teoloog is nie. Baie essays is bloot verhale, vertellings, reise of verduidelikings wat met ‘n teks verbind kan word.

Ons almal is medereisigers in hierdie verbygaande wÍreldse bestel. Kom ons luister met ‘n oop gemoed na mekaar. DŠn staan ons ‘n kans om te verstaan, te begryp, eerder as om te oordeel.

Van die bekende en bekroonde skrywers wat deelneem aan hierdie projek is onder andere Jurie van den Heever, Annelie Botes, Dana Snyman, Pik Botha, Heinz Modler, Lizette Rabe, Dawie Roodt, Rachelle Greeff, Piet Croukamp, Joan Hambidge, Koos Kombuis, Karin Brynard, Jean Oosthuizen, Christine Barkhuizen Le Roux, Lina Spies, Valda Jansen, Valiant Swart, Nathan Trantraal, Churchil Naude, Riku Lštti en Luke Alfred.

Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie Jou Toekoms Nie (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie Jou Toekoms Nie (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R90 R65 Discovery Miles 650 Save R25 (28%) Ships in 10 - 15 working days

Gesinne is die belangrikste eenheid wat God daar≠gestel het. God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees en ’n voor≠beeld vir hulle seuns te wees.

Angus Buchan moedig pa’s in Pa's & Seuns aan om die ver≠houding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koes≠ter. Die boek moedig terself≠dertyd ook seuns aan om hul ver≠houding met hul≠le pa te koester en so een van diť belangrikste gesins≠bande te ver≠sterk.

Temas wat in Pa's & Seuns be≠spreek word, sluit in: ’n pa se aanvaarding, rol≠modelle, genade en respek, nederigheid teen≠oor hoogmoed, op- of≠fering, wat maak iemand ’n pa en onversetli≠ke liefde.

Pa's & Seuns sal elke pa oortuig om die pa te wees wat God wil hÍ hy moet wees en wys watter ongelooflike impak dit op sy kinders sal hÍ.

NLV Oudio Bybel - (Geheuestokkie) (Afrikaans, USB Flash Drive): NLV Oudio Bybel - (Geheuestokkie) (Afrikaans, USB Flash Drive)
R350 R279 Discovery Miles 2 790 Save R71 (20%) In stock

Wil jy graag daagliks bemoedig en geestelike verryk word, maar sukkel om in die gejaagdheid genoeg tyd te kry om in God se Woord deur te bring? Dan is die NLV Oudiobybel vir jou bedoel.

In hierdie MP3-uitgawe word die volledige teks van die gewilde NLV Bybel voorgelees deur Lieb Bester, Petru Wessels, Carel Trichardt, Estť Geldenhuys, Rentia van der Bijl, Flip Loots, Martin Jansen en Tania Ueckerman. Die strelende instrumentale agtergrondmusiek dra verder daartoe by om jou stiltetyd ’n verrykende ervaring te maak. Die digitale formaat verseker goeie kwaliteit klank en die geheuestokkie is maklik om oral saam te dra en kan saam met enige toepaslike toestel gebruik word.

Die NLV Oudiobybel in MP3-formaat is bedoel vir reisigers en pendelaars, maar ook elke gelowige op die lewenspad. Dit sal die Woord van God op ’n kragtige en dinamiese wyse kommunikeer.

Die Metodiste gesangboek (Afrikaans, Hardcover, 3rd Ed): Die Metodiste gesangboek (Afrikaans, Hardcover, 3rd Ed)
R135 R116 Discovery Miles 1 160 Save R19 (14%) Ships in 5 - 10 working days
Geagte Jahwe (Afrikaans, Paperback): Willie Esterhuyse Geagte Jahwe (Afrikaans, Paperback)
Willie Esterhuyse
R50 R43 Discovery Miles 430 Save R7 (14%) Ships in 5 - 10 working days

Willie Esterhuyse is 'n produk en kind van Suid-Afrika; wereldbekend as denker, spreker en raadgewer vir staatsleiers. Sy passie vir reis bring hom uit by oerbeskawings waar hy godsdiens se geboorte sien. Tydens besoeke aan Malta raak hy vertroud met die eilandjie se onstuimige voorgeskiedenis en erfenisterreine. Hy ontdek veral die arena vir die konflik tussen Christene en Moslems, 'n kwessie wat vandag die wereld aan die praat en vrees het. In opvolg van, God en die gode van Egipte, en Die God van Genesis, sluit hy die trilogie af met Geagte Jahwe. Meesterlik besluit hy om direk 11 briewe te rig aan God op sy Bybelse noemnaam, Jahwe. Hierin kan Willie vlymskerp die kernsake van ons tyd oopsny en basiese lewensvrae oopboor, soos die stryd tussen gelowe, ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor 'n ander kyk op God vir ons tyd. Willie daag ons uit om verder te dink: met die "gees van omgee" wat verby die stukkkend en seer kyk - na 'n wereld wat menslik en leefbaar vir almal is.

Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback): Andre Bartlett Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback)
Andre Bartlett
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriŽntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wÍreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appŤlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.

'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback): Rob Naim 'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback)
Rob Naim; Translated by Karel Schoeman
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

ín Stil gemoed verskyn oorspronklik in 1993 in Engels onder die titel Tranquil Mind. Die eerste Afrikaanse uitgawe verskyn in 1997, en die tyd is dus ryp vir ín heruitgawe. ín Stil gemoed is ín eenvoudige inleiding tot die Boeddhisme en meditasie. Die Boeddhisme is wesenlik ín aantal metodes om met die verstand en gemoed om te gaan. As ons hierdie metodes verstaan en op ons lewens toepas, sal hulle ons inherente vermoe om innerlike vrede, erbarming en wysheid te ervaar laat ontplooi deur die potensiaal van ons gees te ontwikkel. Mediteerders in die Weste ervaar unieke probleme as gevolg van hul kulturele, sosiale en sielkundige agtergrond. Aan die hand van sy uitgebreide akademiese en praktiese ervaring stel die skrywer van hierdie inleiding die onderwerp bekend op ín manier wat met die invloede rekening hou.

Boodskappe uit God se hart... om te treur met 'n reenboog vol hoop (Afrikaans, Paperback): Granger E. Westberg Boodskappe uit God se hart... om te treur met 'n reenboog vol hoop (Afrikaans, Paperback)
Granger E. Westberg
R16 R13 Discovery Miles 130 Save R3 (19%) Ships in 5 - 10 working days
Liefde is Die Grootste (Afrikaans, Paperback): Cas Vos, Dirk Human Liefde is Die Grootste (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos, Dirk Human
R20 Discovery Miles 200 Ships in 4 - 8 working days
Die Genesing Van Herinneringe (Afrikaans, Paperback): Daniel Veldsman Die Genesing Van Herinneringe (Afrikaans, Paperback)
Daniel Veldsman
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Bybelse figure wat moes leer wat geloof as herinnering beteken, word as inspirasie binne die moderne samelewing gebruik. Ook wanopvattings oor genesing deur herinneringe word aan die kaak gestel deur te ondersoek wat herinneringe is. Hierdie insigte word binne die unieke Suid-Afrikaanse konteks gesitueer om die individu, asook die hele gemeenskap, van raad te bedien. In die slothoofstuk word praktiese voorstelle bespreek as riglyne vir diegene wat ander op die pad van die genesing van herinneringe wil help. Wanneer ín familielid, vriend, kollega of kennis hulp nodig het, kan hierdie koersaanduidings van groot waarde wees. Ook diegene wat self moet genees van herinneringe word bystand verleen deur professionele aanbevelings.

Geloof, Bygeloof En Ander Wensdenkery (Afrikaans, Paperback): George Claassen Geloof, Bygeloof En Ander Wensdenkery (Afrikaans, Paperback)
George Claassen
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days

Waarom glo mense dat die sterre en planete se posisies jou toekoms kan bepaal, of dat gesprekke met dooies moontlik is? Dis die soort vrae wat George Claassen in hierdie boek stel. George Claassen is dosent in wetenskapjoernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en die skrywer van die By-rubriek "Kwakoskoop" waarin hy vreesloos alle vorme van kwaksalwery onder die soeklig plaas. Hierdie teks bestaan uit vyftig hoofstukke waarin ín verskeidenheid onderwerpe aangeroer word, van evolusie en die kartering van die menslike genoom tot supersnaarteorie en sieninge oor die ontstaan van die heelal.

Drie Dekades Van Verandering - Die NG Kerk Se Pad Van Verruiming (Afrikaans, Paperback): Neels Jackson Drie Dekades Van Verandering - Die NG Kerk Se Pad Van Verruiming (Afrikaans, Paperback)
Neels Jackson
R250 R190 Discovery Miles 1 900 Save R60 (24%) In stock

1990 was ’n waterskeidingsjaar in Suid-Afrika se geskiedenis. Sedertdien het die Suid-Afrikaanse samelewing, en ook die NG Kerk, baie verander.†Neels Jackson bied sy indrukke van die belangrikste tendense wat van 1990 tot 2020 in die NG Kerk plaasgevind het. Die wortel van die kerk word teruggevoer na Jesus toe, en die NG Kerk vandag kan ’n uitdagende toekoms op die spoor van Jesus Christus met vertroue tegemoet gaan.

Floreer (Afrikaans, Paperback): Ilse Salzwedel Floreer (Afrikaans, Paperback)
Ilse Salzwedel
R240 R185 Discovery Miles 1 850 Save R55 (23%) In stock

Veerkragtigheid is daardie “iets” wat mens laat opstaan as die lewe jou platslaan. Dit is nie iets wat net sommige mense het nie, almal word daarmee gebore. Ilse Salzwedel, bekende radiopersoonlikheid en joernalis, bespreek†die eienskappe van veerkragtige mense en gee raad om dit te ontwikkel. Sy kyk ook watter dinge jy moet vermy wat jou veerkragtigheid kan tap. Ilse gebruik voorbeelde uit haar eie en ander bekendes se lewens om te wys dat veerkragtigheid vir ons elkeen beskore is.

Elke Nuwe Dag: Eenminuut-oordenkings (Afrikaans, Leather / fine binding): Charles Spurgeon Elke Nuwe Dag: Eenminuut-oordenkings (Afrikaans, Leather / fine binding)
Charles Spurgeon
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) In stock

366 oordenkingsdeur Charles Spurgeon om vandag se besige lesers te inspireer en verryk.

Elke nuwe dag is ’n versameling oordenkings deur Charles Haddon Spurgeon. Die kragtige maar praktiese oordenkings bied diep geestelike insigte.

Die 366 pittige oordenkings sal die besige lesers van vandag op ’n wonderlike manier inspireer en verryk. Die sakpas-dagboek met sponsgevulde hardeband, silwergerande bladsye, volkleur-drukwerk en merklint sal ’n pragtige geskenk wees vir enigiemand.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Morning by Morning

Op Pad Deur Betlehem - 66 Stiltetyd-Oordenkings Van Genesis Tot Openbaring (Afrikaans, Large print, Paperback): Engela Linde Op Pad Deur Betlehem - 66 Stiltetyd-Oordenkings Van Genesis Tot Openbaring (Afrikaans, Large print, Paperback)
Engela Linde
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Soos die ganse Ou Testament afgestem was op die koms van die beloofde Messias, so is die Nuwe Testament afgestem op sy reŽle koms en die totstandkoming van die nuwe Israel. Die skrywer hou daarvan om die kronologie, tydvak en kulturele atmosfeer rondom ’n gebeurtenis of persoon te ondersoek en poog om die stof toeganklik te maak, met herkenbare raakpunte van die lewe vandag. Die daaglikse lewe en geografie in die wÍreld van die Nuwe Testament word nagevors. Die universeel menslike dilemma word weerspieŽl in die tema van alle musiek en literatuur: Verloor, soek, vind. Die goue draad van die verlossingsgeskiedenis bly behoue tot waar dit aangegee word na die evangelieskrywers vir die krip in Betlehem en daarna aan die apostels van Christus, tot by die boek Openbaring.

God In ?n Kantelende WÍreld (Afrikaans, Paperback): Cas Vos God In ’n Kantelende WÍreld (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos
R258 Discovery Miles 2 580 Ships in 4 - 8 working days

Die bundel bevat artikels oor geloof en kerk in veranderende kontekste. Bydraes is deur teoloŽ van die Universiteit van Suid-Afrika en die Protestantse Teologiese Universiteit in Nederland gelewer en is die resultaat van samewerking tussen die twee universiteite op die gebied van praktiese en sistematiese teologie.

Die fokus is op die verantwoordelikheid van die kerk teenoor armes, die aard en wese van die kerk, die Christelik Godsbegrip en die wyse waarop oor God in die prediking gedink en gepraat word. Van die boeiende bydraes is ’n vergelyking tussen armoede in Suid-Afrika en Nederland, verhale oor die wyse waarop regstellende aksie en werkloosheid Suid-Afrikaners se geloofsbelewenis raak en besinning oor die proses van kerkvereniging in die NG Kerk-familie.

Daar is ook hoofstukke oor prediking en liturgie as uitdrukking van nadenke oor God en maniere waarop tot God gepraat word. Die wye verskeidenheid invalshoeke en onderwerpe maak van hierdie boek ’n interessante leeservaring vir sowel gewone lidmate as predikante en akademici.

Leef! Een Dag Op 'n Keer - 'n Reis Na Innerlike Vrede En Wysheid (Afrikaans, Hardcover): Trevor Hudson Leef! Een Dag Op 'n Keer - 'n Reis Na Innerlike Vrede En Wysheid (Afrikaans, Hardcover)
Trevor Hudson
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Ships in 10 - 15 working days

'n Reis na innerlike vrede en wysheid - Hierdie 365 oordenkings verken elke aspek van die Gebed om kalmte en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas.

Ons lewe is gejaagd. Ons omstandighede – goed en sleg – stoot ons hiernatoe en daarnatoe. Ons voel asof gebeurtenisse buite ons beheer ons lewe bepaal. Ons smag na vrede, na ’n plek waar veiligheid en rus is. As antwoord op hierdie soeke na vrede herinner die geliefde predikant en skrywer Trevor Hudson lesers aan die beproefde wysheid in die alombekende Gebed om kalmte:

God, skenk my die gemoedskalmte, om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om die dinge te verander wat ek kan, en die wysheid om te weet wat die verskil is.

Hierdie 365 oordenkings verken elke aspek van hierdie gebed en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas. Namate jy die Gebed om kalmte gebruik as gids om elke dag in vriendskap met jou Here en Skepper te lewe, sal God se geskenk van vrede jou lewe vul en deur jou vloei waar jy jou ook al bevind. Elke oordenking word afgesluit met ’n praktiese voorstel hoe jy hierdie gebed elke dag kan uitleef. Sů sal jou lewe Šl meer op God gefokus word, en sal jy die innerlike vrede ervaar waarna jou hart smag.

Trevor Hudson is ’n Metodistepredikant, en tans ook betrokke by The Institute for Creative Conversations by die Northfield Metodistekerk in Suid-Afrika. Trevor se bediening behels onderrig, die aanbied van lesings en naweekseminare dwarsoor die land, sowel as internasionaal. Hy is die skrywer van verskeie boeke, waaronder ’n Dieper verhouding met God, Gebed om kalmte en Vrae wat God ons vra.

Die Bybel In Fokus - Hoe Om Gelowig En Denkend Te Lees (Afrikaans, Paperback): Louis Jonker, Ernst Conradie, Jan Botha Die Bybel In Fokus - Hoe Om Gelowig En Denkend Te Lees (Afrikaans, Paperback)
Louis Jonker, Ernst Conradie, Jan Botha
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ons glo tog in God en in die Bybel, maar wat doen ons met tekste in Levitikus wat sÍ ons mag nie varkvleis eet nie en dan ons homoseksuele mans moet doodmaak?†Die Bybel in fokus†is 'n hulpmiddel om die Bybel krities maar gelowig te lees. Dit verduidelik struikelblokke in die lees van die Bybel en gee hulpmiddels hoe om van die struikelblokke ontslae te raak. Dit bied ons ook vastrapplekke om te begin om opnuut God se stem uit die Bybel te hoor.

Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback): Elkarien Fourie Van Jou Hele Hart - Kom Saam Na Die Middelkoninkryk (Afrikaans, Paperback)
Elkarien Fourie
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 5 - 10 working days

“Not sex please,” sÍ die monnik en toe hy die verbouereerde uitdrukkings op ons gesigte sien, glimlag hy gerusstellend. “Seven is better . . . OK?”

Tussen misverstande, pogings om die taal en skrif te leer en lokvalle van swendelaars wat daarop uit is om ’n vinnige yuan te maak, is daar die vriendelike vreemdelinge wat soos ’n goue draad deur Elkarien Fourie se ervarings in China loop. Hulle is die “mede”-mense wat uitstaan tussen die gedrang van miljoene in die megastede; wat aanbied om die pad saam te loop eerder as om dit net te verduidelik.

Elkarien het Confucius se voorskrif gevolg en haar hele hart saamgeneem op hierdie avontuur wat haar gekies het eerder as andersom.

Oomblikke Van Stilte (Afrikaans, Hardcover): Lizette Murray Oomblikke Van Stilte (Afrikaans, Hardcover)
Lizette Murray
R199 R164 Discovery Miles 1 640 Save R35 (18%) Ships in 10 - 15 working days

In elke Christen se hart leef die versugting: “Here, help my om u stem te hoor! Leer my hoe om by U tot rus te kom.”

Oomblikke van stilte, uit die pen van Lizette Murray, lei vroue om fyn te luister en te hůůr – en in gehoorsaamheid op te staan en te důťn. Die 365 sielsverrykende oordenkings volg die spoor van Bybelfigure wat God heelhartig gevolg het, maar ook die twyfelaars en hardkoppiges. Vroue word met hulle eie geloofspad gekonfronteer: Met die dinge wat hulle van ’n gehoorsaamheidslewe weerhou; met verlies wat hulle stom en vertwyfeld laat, maar ook die verwondering wanneer hulle besef dat Christus Immanuel is – die God wat tussen ons leef.

In Oomblikke van stilte ontdek vroue God se stem word nooit stil nie. Hy verlang dat gelowiges sal antwoord: “Praat, Here. Hier is ek. Ek luister.”

Simfonie Van SeŽn (Afrikaans, Paperback): Milanie Vosloo Simfonie Van SeŽn (Afrikaans, Paperback)
Milanie Vosloo
R199 R164 Discovery Miles 1 640 Save R35 (18%) Ships in 10 - 15 working days

God wil vir elke mens ’n lewe van oorvloed gee; ’n lewe waarin ons elke dag diep bewus word van sy genade en seŽn wat oor ons skyn. Simfonie van seŽn is ’n viering van hierdie geskenk.

Vroue kan ’n jaar lank saam met Milanie Vosloo stap en God se goedheid en seŽn elke dag in hulle lewe ervaar. Moed en krag in die-lewe-is-oorweldigend-tye, vertroosting in seerkry-tye, vreugde en blydskap in die-lewe-is-’n-lied-tye. Want God se wens vir elke vrou is dat sy gelukkig en vervuld sal wees.

Die Liefdesboek - God Se Liefde Vir Ons En Ons Liefde Vir Mekaar (Afrikaans, Paperback): Christine Ferreira, Marielle de Vos Die Liefdesboek - God Se Liefde Vir Ons En Ons Liefde Vir Mekaar (Afrikaans, Paperback)
Christine Ferreira, Marielle de Vos
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

God se liefde verander alles. Sy groot liefde omvrou alle aspekte van ons lewe. Wanneer ons ons harte vir Hom oopmaak, word die donker in en rondom ons keer op keer deurspoel met lig, sy lig, en met die krag van sy liefde wat ons omring. Die liefde kom ook in vele gestaltes. Die pad van die liefde is nie altyd gelyk nie en dit kom nie vanselfsprekend nie... Met hierdie boek nooi die outeurs jou uit om die vele maniere waarop God sy liefde aan jou bewys opnuut te ontdek en weer jou eie te maak.†

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Vanuit Die Hart
Rolene Strauss Hardcover R169 R140 Discovery Miles 1 400
Die Heel Beste Jy!
Dirkie van der Spuy, Dalena Vogel, … Paperback R170 R140 Discovery Miles 1 400
Joernaal (Herfs Blare)
Leather / fine binding R170 R140 Discovery Miles 1 400
Joernaal (Blomme)
Leather / fine binding R170 R140 Discovery Miles 1 400
God Is Naby Jou - 90 Dae van Bemoediging
Nina Smit Paperback R200 R165 Discovery Miles 1 650
Die Reis Van 'n Pelgrim - 365…
Ann Goodfellow Paperback R250 R206 Discovery Miles 2 060
Voetspore (Pack Of 100)(Bulletin)
Paperback R95 R79 Discovery Miles 790
Mooiste SeŽnwense - Gift Bags
R45 R37 Discovery Miles 370
Mag God Se Genade Jou Omvou - Gift Bags
R45 R38 Discovery Miles 380
Vreugde In Sy Teenwoordigheid
Nina Smit Cards R160 R132 Discovery Miles 1 320

 

Partners