0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (2)
  • R50 - R100 (46)
  • R100 - R250 (271)
  • R250 - R500 (91)
  • R500+ (23)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Kruidjie Roer My - Die Antieke Helingskuns Van Die Karooveld (Afrikaans, Paperback): Antoinette Pienaar Kruidjie Roer My - Die Antieke Helingskuns Van Die Karooveld (Afrikaans, Paperback)
Antoinette Pienaar
R240 R189 Discovery Miles 1 890 Save R51 (21%) Dispatched within 4 - 8 working days

Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!”

Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. Ná jare se vakleerlingskap het die eerste uitgawe van Kruidjie Roer My verskyn. Dié boek oor wat Karookruie vir jou kan doen het sy plek as klassieke werk ingeneem.

In Kruidjie Roer My hoor ’n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek op rsg dit ken: vol begrip en deernis, altyd met ’n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid wat nie net na jou liggaam omsien nie, maar ook jou gees dokter.

’n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met ’n weelde aan stories en raad wat nou weer beskikbaar is.

Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar 17
R335 R259 Discovery Miles 2 590 Save R76 (23%) Dispatched within 11 - 19 working days

In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so 'n sosialemediasukses maak. Boerekos met 'n twist kan beskryf word as 'n kompakte 21ste-eeuse Kook en Geniet vir besige mense.

Hierdie boek is ook beskikbaar in Engels HIER

Annelien se kookboek-program begin op VIA, DStv kanaal 147 vanaf 9 April 2018 om 18:00.

Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback): Via Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback)
Via
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) In stock

Die beste resepte van die gewilde potjiekosreeks op Via. Van eenvoudig tot deftig, goedkoop tot duur – maar altyd gesellig en watertand lekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en selfs nageregte, alles op die vuur. Potjies soos geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie en ’n uithaler sjokalade-toringkoek! Met ’n verskeidenheid brode, om die laaste lekseltjie sous op te skraap – dus mos nou lekker!

Resepte (Afrikaans, Paperback): SuzelleDIY Resepte (Afrikaans, Paperback)
SuzelleDIY
R280 R209 Discovery Miles 2 090 Save R71 (25%) In stock

Welkom by Resepte! Hierdie boek se bladsye is propvol geliefkoosde resepte wat ek oor baie jare versamel en opgetower het; van my Ouma se ou klassieke resepte tot my eie skeppings wat almal gaan laat gons y oor jou volgende feesmaal!

Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaanse gunstelinge (enigeen vir bobotieballetjies?), sowel as paar ongelooflike resepte deur spesiale gaste wat ook, ag, shame, so graag in die boek wou wees. Hierdie kookboek is vir almal! Al is jy bobaaskok of beginner; al weet jy kwalik hoe om mikrogolfoond te hanteer of dink dat jou maaltye altyd so bietjie verroes lyk: daar sal iets in hierdie kookboek wees vir jou.

Strik jou voorskoot aan, liewe mens! Dis tyd om jou eie kreatiwiteit te volg en die kombuis in gastronomiese betowering te omskep. DIY? Want almal kan!

Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie (Afrikaans, Hardcover): Martjie Malan Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie (Afrikaans, Hardcover)
Martjie Malan
R450 R345 Discovery Miles 3 450 Save R105 (23%) Dispatched within 4 - 8 working days

Die pragtig geillustreerde boek is daarop gemik om van enige iemand ’n suksesvolle bakker te maak. Dit is gegrond op basiese baktegnieke en wenke. Die resepte is deeglik getoets en het maklike stappe om te volg. Daar word ook gefokus op die bakgeheime wat min ander bakboeke inhou. Dit sal vir jou die selfvertroue gee om die basiese resepte met gemak te bak en jou stadig maar seker die moed gee om die meer tegniese resepte te bemeester. Om tuis te bak gee vir jou ‘n uitlaatklep, ’n plek om kreatief te wees en geleentheid om iets te kan gee wat jy self gemaak het.

Die resepversameling sluit iets vir elke okkasie in; van kleingebak tot krummelrige pasteie. Lieflike koeke, blikke vol koekies, dekadente terte en eenvoudige skons is deel van die boek se gebak.

Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik. (Afrikaans, Paperback): Johane Neilson Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik. (Afrikaans, Paperback)
Johane Neilson
R290 R209 Discovery Miles 2 090 Save R81 (28%) Dispatched within 7 - 11 working days

“Kosmaak is pure toorkuns. Met ’n knippie oëverblindery en ’n skeutjie kulkuns word aartappels rose en klits eierwit en suiker tot blink, wolkerige malvalekkers.”

Dié aanhaling van Johané Neilson, Tuis se kosredakteur, som presies op wat jy in Ta-da! kan verwag. Tuis is nie om dowe neute Suid-Afrika se topverkoper in die huis-en-tuin-tydskrifmark nie – alles in dié praktiese mooimaakgids is toeganklik en makliker as wat dit lyk.

Dit geld ook die gewilde kosafdeling. Johané het deur die jare die kuns vervolmaak om met maklike truuks indrukwekkende kos vir haar geliefdes voor te sit. In dié bundel deel sy van Tuis se gewildste resepte, met nuttige wenke vir hoe jy self die ta-da! in jou kookkuns kan sit.

Die boek bevat ’n keur van ligte somermaaltye tot koesterende winterkos, spog-voorgeregte tot liplekker nageregte (verbeel jou ‘n boerewors-frittata, kerrieviskoekies, potgebraaide bief met spek en biltong, heuning-appeltert, klapperkoek . . . ).

Dit was not nooit so maklik om jou mense te beïndruk nie!

Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste (Afrikaans, Paperback): Andre Le Roux Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste (Afrikaans, Paperback)
Andre Le Roux
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Dispatched within 11 - 19 working days

Jy het vandag – niksvermoedend – verby minstens een psigopaat geloop. Hy’t dalk saam met jou in die hysbak geklim. En vanaand wag daar dalk ’n narsis of sluiper op jou. By die huis. Wie is hierdie ongure, gevaarlike mense? Met uitgebreide navorsing en talle gevallestudies – van Daisy de Melker tot Oscar Pistorius– maak die skrywer hierdie mense werklik en herkenbaar. Sodat jy hulle kan vermy …

Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo se Grondpad na Genesing (Afrikaans, Paperback): Antoinette Pienaar Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo se Grondpad na Genesing (Afrikaans, Paperback)
Antoinette Pienaar
R260 R205 Discovery Miles 2 050 Save R55 (21%) Dispatched within 4 - 8 working days

“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om ’n stram geselskap aan die gang te kry.

Met dié raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek ná die verskyning van Kruidjie roer my, haar boek oor Karookruie wat sy plek as ’n klassieke werk in Afrikaans ingeneem het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.

In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het ’n fisieke probleem ’n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en herlees.

Megaboere (Afrikaans, Paperback): Wynand Dreyer Megaboere (Afrikaans, Paperback)
Wynand Dreyer
R250 R176 Discovery Miles 1 760 Save R74 (30%) Dispatched within 4 - 8 working days

Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir twee seisoene vasgenael gehou, en ’n derde een is op pad. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, vervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het.

Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderne¬ming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou.

Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grond¬beginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.

Daar Is 'n Engel in my Koskas (Afrikaans, Paperback): Willie Strauss Daar Is 'n Engel in my Koskas (Afrikaans, Paperback)
Willie Strauss
R325 R250 Discovery Miles 2 500 Save R75 (23%) In stock

In Daar is 'n engel in my koskas neem Willie Strauss jou op 'n nostalgiese kosreis en nooi jou om die geure en smake wat hy met groot vreugde onthou, saam met hom te geniet. Resepte of enkele bestanddele word verweef met interessante - en soms komiese - vertellings.

So is daar onder andere die blikkie kondensmelk (engelemelk) waaruit menige kind die lekkerte gesuig het en die wonderlike kondensmelkbeskuit wat Ma gebak het, die laning granaatbome naby die plaasdam en die verleidelike granaatkoek waarmee jy jou gaste sal beïndruk, die reuk van kwepers wat in 'n Jewel-oond gebak is en die pluk van groenvye in die boord vir konfyt.

Van brood en beskuit, sop, hoof- en bygeregte tot poedings, koek, koekies en terte asook konfyt en blatjang: dis alles in hierdie kookboek vervat, wat ook vir onthaal, partytjies, reis en Kerstyd voorsiening maak. Willie nooi jou om sy resepte te neem, 'n bord kos te kook en dit te deel met die engele in jou lewe. Kom, wees 'n engel!

Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover): Jonathan Jansen, Naomi Jansen Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover)
Jonathan Jansen, Naomi Jansen 1
R240 R191 Discovery Miles 1 910 Save R49 (20%) In stock

Jonathan Jansen is die voormalige Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, met 'n formidabele reputasie vir transformasie en 'n diepgewortelde verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef. In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou.

As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak.

Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.

Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback): Karen Hart Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback)
Karen Hart
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Dispatched within 11 - 19 working days

In dié boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel. Met lekker resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en 'n groot verskeidenheid burgers. Met 'n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower.

Gramadoela-Kos (Afrikaans, Paperback): Rita Van Dyk Gramadoela-Kos (Afrikaans, Paperback)
Rita Van Dyk
R250 R197 Discovery Miles 1 970 Save R53 (21%) In stock

Gramadoela-kos is saamgestel om in die bos te kook wanneer jy ’n ietsie meer as net boerewors en pap elke aand wil voorberei. Die resepte is vars, innoverend en bowenal, maklik! Al die resepte is getoets en kan oor ’n oop vuur of ’n kampstofi e berei word, maar dit is so smaaklik dat jy dié boek selfs in jou kombuis of vir jou braai by die huis kan gebruik.

As jy daarvan hou om in die buitelug te kook, hetsy onder die sterre by ’n kampterrein in die gramadoelas of buite in jou agterplaas te braai, is hierdie boek net vir jou.

Toe-Val-Lig: Die Beste Stories van Toeval uit Tjailatyd (Afrikaans, Paperback): Amore Bekker Toe-Val-Lig: Die Beste Stories van Toeval uit Tjailatyd (Afrikaans, Paperback)
Amore Bekker
R235 R189 Discovery Miles 1 890 Save R46 (20%) Dispatched within 11 - 19 working days

Die geliefde en gewilde Amore Bekker se keuse van die beste, soms ongelooflike ware stories van toeval soos uitgesaai op RSG se middagprogram Tjailatyd. Luisteraars van dwarsoor die land deel hul ervaringe van die vreemde toeval wat ons lewens soms so onverklaarbaar kan aanraak. Amore het net minder as 100 van die beste stories uitgsoek vir 'n boek wat jou sal laat lag, laat huil, en laat wonder.

Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback): Hannelie Groenewald Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback)
Hannelie Groenewald
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Dispatched within 11 - 19 working days

Dit is die verhaal van ’n vrou wat haar familie in ’n terreuraanval verloor. Dit vertel van ’n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, net sodat die mat onder haar uitgeruk kan word. Die boek sal die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof te bereken, na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders. Hannelie se verhaal is ’n merkwaardige getuienis van ’n lewe in geloof en die krag van vergifnis.

Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die Binnekamer (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer
R250 R205 Discovery Miles 2 050 Save R45 (18%) Dispatched within 7 - 11 working days

Toe sê sy, terwyl sy skuins afkyk na die mat, asof sy met haarself praat: “Vir te lank in my lewe het ek ongedefinieerd geleef. Ek weet nie wie ek is nie.”

Iets of iemand moet die katalisator wees wat ’n mens aan die dink sit oor jouself. Die vrou van Waterkloof was dit vir my, die een wat my oor myself laat wonder en bewus gemaak het: hier binne is ’n mens. Die vraag laat vra het: Wie is ek?

Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op ʼn reis wat eintlik ons almal sʼn is: Die pad van grootword en eienaarskap neem.

Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaar geskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat ’n tragiese symbool van verwaarlosing word.

Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.

50 Prutpotgeregte (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers 50 Prutpotgeregte (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R195 R168 Discovery Miles 1 680 Save R27 (14%) In stock

Woelige weeksdae wat fyn verdeel word tussen werk, skool, sport en huiswerk beteken nie dat aandete moet bestaan uit gebakte boontjies op roosterbrood nie. 50 Prutpotgeregte wys vir jou hoe om met behulp van jou prutpot (slow cooker) en minimale voorbereiding heerlike bredies, sop, sappige braaistukke en selfs poeding kan gaarmaak terwyl jy aandag aan belangriker dinge skenk.

Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.

Die resepte bestaan uit treffers soos:

• Hoender-en-rooiwynstowe met kruiekluitjies

• Romerige Sweedse frikkadelle

• Gevlokte beesvleis

• Koolrolletjies

• Murgpampoentjiesop

• Hongaarse ghoelasj

• Italiaanse varkboud

• Geurige biefkerrie

• Sjokoladekoek

• Sjokolade-en-grondboontjiebotterpoeding

50 Prutpotgeregte gee ook wenke oor hoe om jou prutpot optimaal te gebruik en te versorg.

Beautiful South Africa - A Colouring Book (Afrikaans, Paperback): Mieke van der Merwe Beautiful South Africa - A Colouring Book (Afrikaans, Paperback)
Mieke van der Merwe 2
R178 R153 Discovery Miles 1 530 Save R25 (14%) Dispatched within 4 - 8 working days

Colouring books for adults are one of the world’s top leisure (and book-publishing) trends. Quivertree’s unique, all-South African colouring book is beautifully drawn by up-and-coming young SA illustrator Mieke van der Merwe, and enables its interactive users to feed their imaginations with quality creative time.

With intricate illustrations ranging from proteas and fynbos to the Joburg skyline, the Big Five and the Bo-Kaap, this book will help you take a fresh and inspiring new look at the beauty of our diverse – and unique – country.

Inkleurtegnieke - Stap-Vir-Stap Aanwysings & Wenke (Afrikaans, Paperback): Monique Day-Wilde Inkleurtegnieke - Stap-Vir-Stap Aanwysings & Wenke (Afrikaans, Paperback)
Monique Day-Wilde 1
R210 Discovery Miles 2 100 Dispatched within 10 - 15 working days

Inkleurboeke vir volwassenes is steeds baie gewild en daar is eindelose opsies om van te kies en keur. Inligting oor selfdoentegnieke wanneer dit by inkleur kom, is egter nie so volop beskikbaar nie. In hierdie boek deel inkleurkunstenaar, Monique Day-Wilde, alles van die kies van papier, potlode en ander inkleurmateriale, tot die teorie van kleur en kleurvermenging. Sy deel ook basiese en meer gevorderde tegnieke vir spesiale effekte, en wat jy dan met jou inkleurprente kan doen. Leer oor skadutegnieke met enkele of 'n verskeidenheid kleure, afskerming, meng- en vryftegnieke, skep van tekstuur, interessante maniere om groot agtergronde te vul, byvoeging van blinkgoed, stempels met bosseleervloeistof en selfs die gebruik van potloodskaafsels. Daar skuil soveel meer agter inkleurwerk as om net tussen die lyne te hou. Terwyl daar werklik geen regte of verkeerde manier is om in te kleur nie, sal hierdie boek jou help om inkleurwerk te omskep in 'n ervaring wat sal lei tot 'n kunswerk waarop jy kan trots wees - net vir jouself, of om mee te spog by ander.

Soettand (Afrikaans, Paperback): Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker Soettand (Afrikaans, Paperback)
Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker 2
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Dispatched within 5 - 13 working days

Koelsoem en Flori, Suid-Afrika se gunsteling-tannies van Bonteheuwel, is terug met hul tweede boek, Soettand. In die boek deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding, onderstebo-tert, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoenysies, gemmerpoeding, broodpoeding met ’n verskil, Hertzoggies en die berugte Tweegevrietjies. Die eerlike en onopgesmukte kos uit die hartjie van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kombuise in Bonteheuwel op die Kaaspe Vlakte het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Die twee afgetrede tannies se onfeilbare resepte, perfek beproef na jare se ondervinding, het daarvoor gesorg dat Kook saam Kaaps, hul eerste boek, topverkoperstatus bereik het, met amper 10 000 eksemplare wat binne ses maande verkoop is. Koelsoem en Flori het ook hul eie kookreeks van 13 episodes op televisie losgeslaan. Flori en Koelsoem se kosse word elke Woensdagaand om 18:00 op VIA (kanaal 147) uitgesaai.

Sjef Snoekie: Laat die potte sing! (Afrikaans, Paperback): Marlise Scheepers Sjef Snoekie: Laat die potte sing! (Afrikaans, Paperback)
Marlise Scheepers
R258 Discovery Miles 2 580 Dispatched within 5 - 13 working days

Marlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, is soos Neopolitan-roomys wat destyds almal se gunsteling was – sy sing, blog en kook. En vir die kersie op die koek behartig sy ook die nuusredaksie en kosstilering van Farmers Weekly. Haar aweregse sin vir humor en slag met kos word in Laat die Potte Sing gekombineer om nie net heerlike resepte te skep nie, maar ook die lewe te blaas in raakvat-stories en beskrywings.

Draai Jou Sente Om (Afrikaans, Paperback): Abrie Coetzee Draai Jou Sente Om (Afrikaans, Paperback)
Abrie Coetzee 1
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Dispatched within 5 - 13 working days

Het jy met te min geld afgetree om in jou behoeftes te voorsien? Of is jou situasie so kritiek dat jou maandelikse uitgawes nie meer deur jou aftree-inkomste gedek word nie? Is jy onseker en weet nie wat jy kan doen om jou finansiële posisie te verbeter nie?

Hierdie boek bied jou wenke hoe om uit jou finansiële verknorsing te kom. Dis ’n versameling riglyne wat finansiële adviseurs wêreldwyd nuttig gevind het. Die planne word in eenvoudige taal en maklik verstaanbaar aangebied. Jy hoef nie ’n finansiële kundige te wees om hulle uit te voer nie.

Doen Dit Weer So - Nuttige Wenke Vir Jou Huis (Afrikaans, Paperback): Zerelda Esterhuizen Doen Dit Weer So - Nuttige Wenke Vir Jou Huis (Afrikaans, Paperback)
Zerelda Esterhuizen
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) In stock

Doen dit wéér só is’n samestelling van Vrouekeur se gewilde wenkerubriek. Dié weeklikse rubriek benadruk die idee dat jy met min baie kan doen. Daar’s wenke vir jou kombuis, sitkamer, kamer en badkamer. En die helde van dié boek? Suurlemoen, asyn en koeksoda! Jy kan feitlik enigiets daarmee skoonmaak.

JAN: My Franse Kosverhaal (Afrikaans, Hardcover): Jan Hendrik van Der Westhuizen JAN: My Franse Kosverhaal (Afrikaans, Hardcover)
Jan Hendrik van Der Westhuizen
R490 R375 Discovery Miles 3 750 Save R115 (23%) In stock

JAN: My Franse Kosverhaal is ’n gedenkskrif en feesviering wat voortspruit uit JAN – die welbekende restaurant in die suide van Frankryk.

Dié restaurant is ’n vertoonstuk van die tradisionele Suid-Afrikaanse gasvryheid wat begin het op ’n plaas in die Suid-Afrikaanse platteland en voortvloei na die glansryke Franse Riviera. JAN, tans ’n eenster-Michelin-restaurant, het bewys dat drome waar kan word en dat jy eenvoudige bestanddele in ’n meesterstuk kan omskep wanneer jy jou passie uitleef. Elke hoofstuk weerspieël die stemming en inspirasie van die disse wat by JAN voorgesit word.

Die versameling van meer as 90 resepte strek van plaaslikgebakte brode, amuse bouche en watertandhoofdisse van vleis of vis, tot by die maaltye wat sjefs ná ’n lang werkdag in die warm kombuis geniet.

Die Storie Van 'n Huis (Afrikaans, Hardcover): Louis Jansen van Vuuren, Hardy Olivier Die Storie Van 'n Huis (Afrikaans, Hardcover)
Louis Jansen van Vuuren, Hardy Olivier
R605 R497 Discovery Miles 4 970 Save R108 (18%) Dispatched within 4 - 8 working days

Na 15 jaar is die imposante Château de la Creuzette in aar volle glorie gerestoureer. Sy sit in haar skaduryke park omring deur eeu oue bome waar sy afwagtende besoekers steeds met oop arms ontvang.

Die suksesvolle Feestelike Frankryk het Fransgesinde lesers gaande gehad met stories en smaaklike resepte uit die Franse platteland. Uit La Creuzette se nuwe somerkombuis vloei daar nou ’n magdom kulinêre heerlikhede wat elke kosliefhebber se mond sal laat water. Buiten die bykans 90 nuwe resepte wat die skrywers in vyf seisoene verdeel (ja vyf!) is daar ’n Kroekboek bygevoeg waarin die twee gashere hul maklike kortpadresepte en wenke met lesers deel – hoe om in die kombuis te kul en te konkel as die kalf in die put is. Hier word elke maaltyd ’n feesmaal.

Dek ’n mooi tafel en skink in kristal. Die storie van ’n Huis is dus nie slegs twee kookboeke in een nie, maar dis ook ’n ryklik versierde leesboek wat die verhaal en die geskiedenis van ’n herehuis en sy mense kleurvol naloop. Kom binne, die deure staan oop ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Allergiee…
Hilda Lategan Paperback R320 R275 Discovery Miles 2 750
Groente Van Tuin Tot Tafel
Wynand Boshoff Paperback R230 R198 Discovery Miles 1 980
Dis Ek, Anna: Die Volle Verhaal - Dis…
Anchien Troskie as Elbie Lotter Paperback  (1)
R315 R271 Discovery Miles 2 710
Hartstories - Huis Toe Met 'n Ligter…
Amore Bekker Paperback  (1)
R210 R181 Discovery Miles 1 810
Die Demokratiese Republiek Van Braai
Jan Braai Paperback R314 Discovery Miles 3 140
Marianas Se Vier Seisoene - Kos Uit Die…
Mariana Esterhuizen Paperback R400 R337 Discovery Miles 3 370
Brekfis - Met Derrich En Adelie
Derrich Gardner, Adelie Uys Paperback  (3)
R36 Discovery Miles 360
Die Banting-Oplossing - Jou…
Bernadine Douglas, Bridgette Allan Paperback R230 R181 Discovery Miles 1 810
Een Maal
Johnny Hamman Paperback R385 R326 Discovery Miles 3 260
Enigeen Kan Leerwerk Doen - Inspirasie…
Geert Schuiling Paperback R295 R275 Discovery Miles 2 750

 

Loyalty partners