0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (5)
  • R50 - R100 (46)
  • R100 - R250 (283)
  • R250 - R500 (95)
  • R500+ (24)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Selfies, Seksklets & Slimfone - 'n Internet-oorlewingsgids vir Tieners (Afrikaans, Paperback): Emma Sadleir, Lizzie... Selfies, Seksklets & Slimfone - 'n Internet-oorlewingsgids vir Tieners (Afrikaans, Paperback)
Emma Sadleir, Lizzie Harrison; Translated by Jaco Jacobs
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) In stock

Die topverkoperboek wat elke tegno-slim tiener moet lees! As ’n tiener in vandag se tegnoverslaafde wreld van sosiale media en internet dink jy dalk jy’s piekfyn en jy weet presies wat jy doen. Maar selfs JY weet nie van al die wetlike struikelblokke, verskuilde gevare en toekomstige implikasies van alles wat jy aanlyn doen, sien en plaas nie. Selfies, seksklets en slimfone is die boek wat elke tiener (en hul ouers) mt lees. Dit dek al die belangrike kwessies wat tieners in die digitale era in die gesig staar, insluitende kuberboelies, seksklets, verslawing, internetveiligheid, pornografie, angstigheid, depressie, veiligheid en reputasie, en dit is spesifiek vir die Suid-Afrikaanse konteks geskryf. Hierdie boek sal jou op ’n maklik verstaanbare, interessante en selfs prettige manier help om ’n gelukkige, bevredigende en – belangrikste van alles – veilige lewe aanlyn te h.

Kies Die Regte Loopbaan (Afrikaans, Paperback): Norma Colley Kies Die Regte Loopbaan (Afrikaans, Paperback)
Norma Colley
R131 Discovery Miles 1 310 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie boek help skoolverlaters en jong volwassenes om die regte loopbaan te kies. Dis propvol relevante inligting oor huidige studie- en loopbaankeuses, met talle praktiese oefeninge om te voltooi. Die inhoud dek: waardes en belangstellings; persoonlikheid, aanleg en spesiale talente; geleenthede in die huidige arbeidsmark; entrepreneurskap - hoe om met jou eie besigheid te begin; hoe om meer inligting oor werksvelde in te win; die oorbruggingsjaar; hoe om die regte studie-inrigting te kies en hoe om die wereld van werk te betree.

Welgedaan! (Afrikaans, Paperback): Annette Human Welgedaan! (Afrikaans, Paperback)
Annette Human
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie lekkerlees-kookboek bevat 170 resepte vir tradisionele en eietydse geregte wat geskik is vir gewone gesinsetes en vir die onthaal van gaste. Die uitgangspunt is 42 spyskaarte wat om verskillende soorte hoofgeregte gerangskik is: geregte met vleis, vis, pasta, eiers, groente, slaai, sop en brood. Die resepte is ekonomies en bevat alledaagse bestanddele wat in die mees huise se koskaste gehou word. Die resepte word duidelik uiteengesit sodat hulle ook vir die beginner geskik is. Daarbenewens verduidelik die knapvatstappe by elke spyskaart hoe te werk gegaan moet word sodat al die kos gelyk op tafel kan kom, iets wat vir die onervare kok maar 'n probleem kan wees!

Skoon & Skraal Dieet - Die Trefferboek Oor Hoe Om Jou Liggaam Volmaak Te Vorm (Afrikaans, Paperback): James Duigan Skoon & Skraal Dieet - Die Trefferboek Oor Hoe Om Jou Liggaam Volmaak Te Vorm (Afrikaans, Paperback)
James Duigan
R219 Discovery Miles 2 190 Shipped within 10 - 15 working days

Toe James Duigan - 'n top-afrigter van glanspersone - se Clean & Lean Diet die eerste keer op die rakke beland het, was dit dadelik 'n topverkoper. Die boek is nou heeltemal hersien en bygewerk, met: splinternuwe resepte; die nuutse wenke en raad; nuwe en verbeterde 'Sleg, Beter, Beste'-tabelle - iets wat eie is aan Duigan. Skoon & Skraal is eenvoudig en doeltreffend: jy hoef nie kaloriee te tel of ingewikkelde reels te volg nie. Jy word eers gehelp om 'Skoon' te kom deur 'n buigsame 14-dag-detoks- en eetprogram te volg, en dan gewys hoe om 'Skraal' te word deur jou liggaam te vorm met maklike oefeninge wat werk.

Lewe In Volkleur - Weet Wie J is en Verstaan Ander Mense Beter (Plus DVD) (Afrikaans, Paperback): Lynette Beer Lewe In Volkleur - Weet Wie J is en Verstaan Ander Mense Beter (Plus DVD) (Afrikaans, Paperback)
Lynette Beer
R161 Discovery Miles 1 610 Shipped within 10 - 15 working days

Mense verskil. Elkeen dink anders, doen anders en het ’n heel ander siening van pret, stres, besluitneming of hoe om dinge gedoen te kry. Stel jou voor hoeveel suksesvoller en gelukkkiger ons sal wees as ons die insig het om onsself en ander te verstaan!

LYNETTE BEER wys jou hoe om jou persoonlike en professionele drome te bewaarheid. Die vier kleure en persoonlikheidstipes sal jou help om op alle gebiede van jou lewe uit te styg – van jou verhoudings tot jou loopbaan.

DIT IS WAT JY KRY...

DIE LEWE IN VOLKLEUR-BOEK

As jy die boek klaar gelees het, sal jy kan s jy KEN jouself. Jy sal verstaan hoe jou temperament werk en hoe di van ander mense by joune aanhaak ... of daarmee bots.

BONUS #1 – TEMPERAMENT-TOETS

Ingesluit is ’n 15 minuut-toets wat jou o oopmaak vir die vier basiese temperamente en die een wat by jou oorheersend is. Dit sal jou ook inspireer om meer te maak van jou sterk punte en minder vas te val in die swakkeres.

Die RAIN-Boek Van Natuurlike Seepmakery (Afrikaans, Paperback): Bev Missing Die RAIN-Boek Van Natuurlike Seepmakery (Afrikaans, Paperback)
Bev Missing
R205 Discovery Miles 2 050 Shipped within 10 - 15 working days

Seepmakery is ’n bevredigende en kreatiewe tydverdryf – tegelyk terapeuties en uitdagend.

In hierdie boek word die proses eenvoudig aangebied, met hope idees wat jou sal help om jou eie resepte saam te stel. Dit rus jou toe met ’n basiese begrip van die chemiese proses agter seep-makery, sodat jy met die kleurriglyne, geur-formules en praktiese selfdoen-inligting oor gietvorms, afwerking, veroudering en verpakking jou eie kreatiewe pad kan loop. Vir handwerkers wat wil geld verdien met hulle seepmakery, is daar meer uitvoerige inligting op RAIN se webtuiste.

Volledige inligting oor die bestanddele en hoe hulle saamwerk, word gevolg deur stap-vir-stap aanwysings en foto’s vir die roer- of kouewatermetode van seepmaak, en etlike spesiale seepresepte van die skrywer. Daar is ook meer as 30 projekte met spesiale tegnieke, weer eens met stap-vir-stap aanwysings en foto’s. Algemene probleme word uitgelig, met moontlike oplossings, en die teks word deurgaans aangevul deur praktiese wenke en interessante brokkies inligting. ’n Gedeelte oor rasperseep en herwonne seep wys jou wat om met oorskietseep, afsny-stukkies en minder suksesvolle pogings se seep te doen sodat niks verlore gaan nie. Daar is ook ’n nuttige lys seepmaak-terme en kontakbesonderhede van verskaffers. Manjifieke foto’s wat spesiaal vir die boek geneem is, dra by tot die boek se visuele inspirasie en die boodskap van ’n sagte benadering met die gebruik van ekovriendelike bestanddele wat nie skadelik vir die mens of die natuur is nie.

Tuistafel - Kook Saam Met Die Huiskok (Afrikaans, Hardcover): Errieda du Toit Tuistafel - Kook Saam Met Die Huiskok (Afrikaans, Hardcover)
Errieda du Toit
R420 R353 Discovery Miles 3 530 Save R67 (16%) In stock

Tuistafel trek jou in met kosmaak se klein en groot plesiere of dit n eenvoudige onthoukos-gereg of n feesmaal saam met kleurryke kosvriende is. Tuistafel bevat resepte fyn gestippel met familie- en kindsbeenkos. Dit vertel ook van die rykdom van vriende aan tafel en kos wat sy arms wyd strek. Kos van verlange soos melkkos vat hande met avontuurlike eetplesiere soos roomystoebroodjies uit Korea.

Laatoes (Afrikaans, Paperback): Hennie van Deventer Laatoes (Afrikaans, Paperback)
Hennie van Deventer
R182 Discovery Miles 1 820 In stock

Laatoes is die 17de publikasie van hierdie bekende koerantman en vorige redakteur van Die Volksblad.

Rubrieke van die alledaagse lewe.

Met Laatoes word ons nie net gekonfronteer met die totale omvang van menswees nie, maar die leser besef ook hoe indrukwekkend dit is om die lewe met deernis en waardigheid te leef.

Praat Oor Depressie (Afrikaans, Paperback): Johan Laten Praat Oor Depressie (Afrikaans, Paperback)
Johan Laten
R161 Discovery Miles 1 610 Shipped within 10 - 15 working days
Doen Mosaiek - Ontwerp, Tegnieke & Projekte (Afrikaans, Paperback): Dorothy du Plessis Doen Mosaiek - Ontwerp, Tegnieke & Projekte (Afrikaans, Paperback)
Dorothy du Plessis
R186 Discovery Miles 1 860 Shipped within 10 - 15 working days

Speel jy al 'n ruk lank met mosaiekwerk, maar voel jy moet dit nou op 'n hoer vlak beoefen? Of is jy 'n beginner wat soek na 'n uitdaging? Dan is hierdie boek net wat jy nodig het. Dit bied mosaiekwerk aan as 'n kunsvorm waar lyn, kleur en tekstuur almal saamwerk om pragtige resultate te lewer. Die treffende foto's op elke bladsy is inspirerend en leersaam. Die skrywer, wat oorspronklik 'n tekstiel-ontwerper was, besef hoe belangrik die keuse van 'n ontwerp is wanneer jy 'n mosaiekprojek wil onderneem. Hierdie boek sal jou leer hoe om die regte ontwerp te kies en dit as 'n ontwerptekening weer te gee. Die tegniese inligting wat verskaf word, sal jou lei deur die proses om 'n ontwerp te kies, jou leer van die verskillende teels wat beskikbaar is, oppervlakke waarop jy kan werk en watter vir bepaalde toestande gebruik moet word, die materiaal en gereedskap wat nodig is, sowel as die verskillende mosaiektegnieke wat vir die voltooiing van jou projek gebruik kan word. Daar is selfs voorstelle vir alternatiewe as benodigdhede in jou omgewing moeilik bekombaar is. Die stap-vir-stap-projekte is pragtig en kan presies gevolg word, maar die skrywer moedig mosaiekwerkers aan om die projekte hul eie te maak deur met kleur en tekstuur te speel. Die projekte sluit groot en klein items in wat jy in jou huis of as geskenke kan gebruik, en gee alternatiewe voorstelle en idees ingeval jy 'n ander voorkoms of gevoel sou verkies. Mosaiekkuns behels soveel meer as die blote plasing van teels langs mekaar, en met Doen Mosaiek in die hand sal jy ontdek hoe geweldig bevredigend hierdie handwerkvorm kan wees.

Wanneer Jou Seeninge Nie Tel Nie - Herken En Verwerk Nageboortelike Distres (Afrikaans, Paperback): Linda K. Lewis Wanneer Jou Seeninge Nie Tel Nie - Herken En Verwerk Nageboortelike Distres (Afrikaans, Paperback)
Linda K. Lewis
R135 Discovery Miles 1 350 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie boek - geskryf deur 'n sielkundige wat nie net in nageboortelike distres (NGD) spesialiseer nie, maar ook daaraan gely het - draai nie doekies om nie. NGD kom al meer voor en daar word gereken dat tot een uit elke drie vroue daardeur geraak word. Dit kan enigeen tref, ongeag ouderdom, ras, en sosiale, ekonomiese en gondsdienstige agtergrond. Maar al is dit vernietigend en belemmerend, kan NGD oorkom word. Linda Lewis bemagtig haar lesers met pertinente inligting en wyse raad gebaseer op haar uitvoerige navorsing asook die leers van die talle vroue wat berading by haar ontvang het. Sy deel haar eie angswekkende ervaring van NGD met jou, met die kragtige boodskap: jy kan van NGD herstel. Leer hoe om: Die vreugde en lewenslus wat jy dink jy vir altyd verloor het, terug te kry; simptome te herken en te verstaan wat met jou gebeur; die skaamte en wanopvattings hok te slaan; langtermyn probleme te voorkom; en jou gevoelens aan jou geliefdes te verduidelik sodat hulle jou die onderskraging kan gee wat jy so nodig het om hierdie uitmergelende toestand te oorkom. Met sy hope positiewe voorstelle wat uit persoonlike ervaring gebore is, is hierdie boek waarlik 'n onmisbare hulpmiddel op die pad na herstel.

Papiervoublomme (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Moad Papiervoublomme (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Moad
R182 Discovery Miles 1 820 Shipped within 10 - 15 working days

Tegnieke soos origami, kirigami en selfs teesakkie-vouwerk word gebruik om 21 pragtige items te maak - onder meer flambojante groetekaartjies, lieflike tooisels vir geskenkbokse, vrolike blomvlaggies en 'n feestelike blomkrans. Duidelike stap-vir-stap foto's; vir beginners sowel as ervare papierhandwerkers; propvol inspirasie en idees.

Positiewe Ouerskap - Die Rol Van Kommunikasie in Die Gesin (Afrikaans, Paperback): Margaret Fourie Positiewe Ouerskap - Die Rol Van Kommunikasie in Die Gesin (Afrikaans, Paperback)
Margaret Fourie
R131 Discovery Miles 1 310 In stock

Ouerskap is 'n taak waarvoor ons geen opleiding kry nie, daar is nie 'n keurproses of eksamens nie, en geen permit word vereis nie. Tog hou jy die lewe en toekoms van 'n ander mens in jou hande wanneer jy 'n ouer word. Hierdie titel sal 'n reusebydrae lewer to elke ouer se ouerskapvaardighede. Dit fokus op kommunikasie as die kern van interpersoonlike verhoudings en sal jou help om jou kinders die beste moontlike, weloorwoe opvoeding te gee. Hoewel elke mens 'n unieke kulturele agtergrond het, is daar universele ouerskapbeginsels en het ons kinders dieselfde behoeftes, vrese en drome. Elkeen van ons se diepste behoefte is waarskynlik om te weet dat ons gekoester en waardevol geag word bloot op grond van onsself wees. Positiewe ouerskap kyk uit hierdie perspektief na die volgende: Wat is jou wense vir jou kind? Hoe struktuur geborgenheid meebring; 'n Goeie selfbeeld vir jou kind; Vorm goeie verhoudings; Onvoorwaardelike liefde; Hoe om pret te he met jou kind. Spiritualiteit positiewe ouerskap is 'n noodsaaklike gids om ouers te help om die wonderlike, maar veeleisende verantwoordelikheid van ouerskap in die 21ste eeu in Suid-Afrika met selfvertroue te hanteer.

Kaartjieplanne - Meer as 50 Planne Met Honderde Variasies (Afrikaans, Paperback): Fransie Snyman Kaartjieplanne - Meer as 50 Planne Met Honderde Variasies (Afrikaans, Paperback)
Fransie Snyman
R182 Discovery Miles 1 820 Shipped within 10 - 15 working days

'n Onmisbare hulpbron vir elke kaartjiemaker. Hierdie boek is propvol idees vir kaartjiemakers op alle vlakke en kom met sy wonderlike versameling bloudrukke besonder handig te pas as jou muse stil raak. Dit vereenvoudig die proses en verseker pragtige handgemaakte kaartjies. Basiese inligting oor kleur, komposisie en balans word prakties toegepas in eenvoudige getekende planne wat jy vinnig kan volg sodat jy jou skeppende energie kan gebruik vir die kies en samestelling van die verskillende elemente. Daar is by elke plan gedetailleerde inligting oor die verhoudings, plasing en groottes van al die elemente sodat jy jou bestaande karton, papier en tooisels kan gebruik om kaartjies te maak met die versekering al die elemente in balans en die kaartjie visueel treffend sal wees. So kan jy nie net tyd bespaar nie, maar ook oorskietstukkies papier benut. Elke plan kan op verskeie maniere toegepas word deur dit regsom of linksom, horisontaal of vertikaal te draai of om te keer. Daar is vertikale en horisontale uitlegte vir standaardgrootte, vierkantige, langwerpige en groot kaartjies. Elke plan word geillustreer met foto's van verskeie kaartjies wat daarvolgens gemaak is wat wys hoe dieselfde plan verskillende toepassingsmoontlikhede het - van regtig eenvoudig tot ingewikkelde laag-op-laag kaartjies. Voorbeelde toon hoe dieselfde basiese ontwerp vir kaartjies vir verskillende geleenthede gebruik kan word - van Valentynsdag tot Kersfees. Met 'n basiese plan tot jou beskikking kan jy jou verbeelding vrye teuels gee en jou papier en tooisels op maniere gebruik waaraan jy nog nie gedink het nie.

Wiskunde - Klein Begin, Groot Gewin (Afrikaans, Paperback): Marise Oberholzer, Dr Nicol Faasen Wiskunde - Klein Begin, Groot Gewin (Afrikaans, Paperback)
Marise Oberholzer, Dr Nicol Faasen
R140 Discovery Miles 1 400 Shipped within 10 - 15 working days

Dit stel ouers in staat om van vroeg af en te midde van 'n druk lewe alledaagse geleenthede om hulle te gebruik om hul kleingoed gemaklik in die wereld van wiskunde in te lei. En dit verg geen spesiale kennis of opleiding van ouers nie; net 'n positiewe instelling en 'n opskerping van hulle interaksie met hul kleingoed om hulle al spelenderwys vertroud te maak met wiskundebegrippe.

Begin Inheems - 'n Praktiese Gids Vir Die Gebruik Van Inheemse Plante in Jou Tuin (Afrikaans, Paperback): Anneke Kearney Begin Inheems - 'n Praktiese Gids Vir Die Gebruik Van Inheemse Plante in Jou Tuin (Afrikaans, Paperback)
Anneke Kearney
R173 Discovery Miles 1 730 Shipped within 10 - 15 working days

'n Vars blik op inheemse tuinmaak, of jy nou geleidelik uitheemse plante met inheemses wil vervang, of van voor af begin en volledig op ons eie plante fokus. Hierdie plante verg minder werk as uitheemses, het gewoonlik minder water nodig, wil byna geen chemiese kunsmis en insekdoders he nie, en kos heelwat minder omdat jy hulle nie kort-kort hoef te vervang nie. Elke plant in die titel is spesiaal gekies omdat dit blom, soms besadig, maar meer dikwels baldadig. Benewens 'n nabyfoto en volledige beskrywing van byna 100 plantspesies is hier interessante inligting oor grondvoorbereiding, voeding, voortplanting en instandhouding.

50 Syserpe - Druk- En Kleurtegnieke Stap-vir-stap Aangebied (Afrikaans, Paperback): Melanie Brummer 50 Syserpe - Druk- En Kleurtegnieke Stap-vir-stap Aangebied (Afrikaans, Paperback)
Melanie Brummer
R173 Discovery Miles 1 730 Shipped within 10 - 15 working days

'n Syserp het 'n besondere aantrekkingskrag danksy die lieflike glans, skitterende kleure en die sagte, sygladde gevoel daarvan teen jou vel. Al is dit veerlig, is dit heerlik warm in die winter, maar bied tog uitstekende beskerming teen die son in die somer. Met hierdie boek kan jy leer om jou eie syserpe te kleur en te druk en so fantastiese afwerkings te skep. Met 50 verskillende patrone en kleursamestellings om uit te kies, kan jy seker maak dat jy altyd die perfekte bykomstigheid vir enige uitrusting of geleentheid het, en wanneer mense jou daaroor komplimenteer, hulle trots vertel dat jy dit self gemaak het. Die tegnieke in die boek is eenvoudig genoeg vir groentjies om baas te raak, maar bied genoeg kreatiewe alternatiewe vir ervare kleurkunstenaars. Daar is by elke serp 'n aanduiding van die gevorderd-heidsvlak en tyd wat dit sal neem, sodat jy met eenvoudiger projekte kan oefen voor jy meer gevorderde afwerkings aanpak. Elke projek word met duidelike stap-vir-stap aanwysings en foto's gedemonstreer en leer jou om 'n verskeidenheid lieflike kleurafwerkings te verkry. Drukwerk met gebruiksvoorwerpe maak 'n groot deel van die boek uit, en jy sal verstom wees om te sien watter fantastiese voorkomste jy met alledaagse goed kan skep. Die boek wys jou ook hoe om linoblokke vir drukwerk te maak en te gebruik, treffende ontwerpe daarmee te skep en stralende kleurkombinasies te beplan wat almal sal bekoor, en dek al die nodige tegniese aspekte van kleur- en drukwerk. Die manjifieke foto's van die voltooide syserpe sal jou inspireer om sommer dadelik aan die werk te spring en jou ware kleure te toon!

Kolwyntjies Met Skop - Meer as 50 Soet Versoekings Met 'N Beskonke Vonk (Afrikaans, Paperback): Simone Balman Kolwyntjies Met Skop - Meer as 50 Soet Versoekings Met 'N Beskonke Vonk (Afrikaans, Paperback)
Simone Balman
R173 Discovery Miles 1 730 Shipped within 10 - 15 working days

Slegs volwassenes ...Dis kostelik om te sien hoe iemand wat 'n happie neem van wat op die oog af soos 'n doodgewone kolwyntjie lyk en dan uitvind dat dit eintlik 'n kinkel in die vorm van 'n gewilde drankie bevat, se gesig ophelder. Die skrywer van Kolwyntjies met skop het baie jare in die buiteland deurgebring waar haar man gewerk het, en daar begin eksperimenteer met kolwyntjies wat alkohol in verskeie vorms bevat. Sy kon sommer gou skaars voorbly om in die vraag daarna te voorsien. Hierdie versameling resepte is deeglik getoets, verfyn en waar nodig aangepas om te verseker dat hulle feitlik flatervry is. Sommige kolwyntjies se versiering bevat likeur, by ander is daar wyn of bier in die beslag self, en by verskeie word jou hap na die middel toe beloon met 'n verleidelike, loperige binnekant van die gewildste skemerkelkies. Stap-vir-stap-aanwysings verduidelik presies hoe elke kolwyntjie gemaak word, en hoewel dit in hierdie boek nie gaan oor koekversiering as sodanig nie, sluit die skrywer fantastiese idees in om die kolwyntjies so op te dollie dat dit so 'n ietsie van die ongewone aard daarvan weerspieel. Die lieflike volbladfoto's van elke baksel kolwyntjies sal selfs die traagste bakker aanspoor om die resepte op die proef te stel, en die nuttige wenke wat deurgaans verskyn, sal help om sukses te verseker. Daar is ook heelwat voorstelle vir alternatiewe en aanbevelings vir plaasvervangers as jy nie spesifieke drankies in die drankkabinet het nie. Met omskakeltabelle, basiese inligting oor kolwyntjies en feite oor alkohol en hoe dit in beslag en versiersuiker reageer, het jy toegang tot alles wat jy moet weet om jou eie kolwyntjies met skop te bak. Of jou gunstelingdrankie Pina Colada of blos-vonkelwyn, Mai Tai of chardonnay is, hierdie boek wil jy he - laatmiddagtee sal net nooit weer dieselfde wees nie!

Hekel Vir Jou Hartedief (Afrikaans, Paperback): Karen Adendorff Hekel Vir Jou Hartedief (Afrikaans, Paperback)
Karen Adendorff
R80 R64 Discovery Miles 640 Save R16 (20%) Shipped within 4 - 10 working days

Hekel vir jou hartedief is spesiaal saamgestel vir oumas en mammas wat lief is vir handwerk en iets anders vir die kleinding wil hekel. Die patrone is kleurryk dit sinoniem is met kinders en hulle wonderwereld. Vir die winterpatrone is meestal akrieldraad gebruik omdat dit nie krap nie en goed was en dra. Die somerkleertjies is met natuurlike draad soos suiwer katoen gehekel. Al die brei- en hekeldraad in die boek is plaaslik vervaardig en maklik bekombaar. Al die patrone word met diagramme toegelig vir die wat dit makliker vind, en die patroonsteke word voor in die boek verduidelik. Daar is iets vir almal, van die beginner tot die gesoute handwerker, sodat elke hekeloomblik genotvol en geinspireerd is.

Kroelwerk Met 'n Kinkel - Nuwe Idees Met Jakobeaanse Borduurkuns (Afrikaans, Paperback): Hazel Blomkamp Kroelwerk Met 'n Kinkel - Nuwe Idees Met Jakobeaanse Borduurkuns (Afrikaans, Paperback)
Hazel Blomkamp
R173 Discovery Miles 1 730 Shipped within 10 - 15 working days

Of jy dit nou kroelwerk of Jacobeaanse borduurwerk noem, hierdie vryhandborduurwerk word al eeue lank beoefen en is vandag nog gewild onder kunsnaaldwerkers. Danksy die aard van die motiewe en die tradisie om baie steke in een projek te gebruik, is hierdie borduurvorm ideaal vir skeppende uitdrukking. Hazel Blomkamp gebruik in hierdie boek 'n groot verskeidenheid materiaal om tegnieke by te werk en borduurders te inspireer om binne die bree grense van kroelwerkstyle te eksperimenteer. Die oorspronklike ontwerpe sluit in: Projekte met krale en metaalgaring om sprankel en tekstuur te verleen; monochrome borduurwerk waarvoor verskillende soorte garing en krale, alles in dieselfde kleurskakering, gebruik word; tegnieke wat in naaldkantwerk gebruik word om die ontwerpe met tekstuur te definieer; tradisionele borduurwerk wat met satynsteek en die verskeie variasies van traliehegwerk interessant gemaak word. Die voltooide borduurwerk word op maniere ten toon gestel wat nie net mooi lyk nie, maar ook funksioneel is in die huis.

Plak Dit Ook - Idees Vir Geskenke En Dekoritems Met Fotoplaktegnieke (Afrikaans, Paperback): Jaclyn Venter Plak Dit Ook - Idees Vir Geskenke En Dekoritems Met Fotoplaktegnieke (Afrikaans, Paperback)
Jaclyn Venter
R186 Discovery Miles 1 860 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie nuttige boek is propvol idees vir die gebruik van tradisionele fotoplaktegnieke om jou huis te verfraai, gewone alledaagse artikels in lieflike geskenke te omskep of weggooigoed en optelgoed vir verdere gebruik te herwin en op te dollie. Dit wys jou hoe om bykans enigiets om te tower en persoon-spesifiek te maak deur foto's en onthougoed slim met fotoplakpapier, karton en tooisels te kombineer. Lieflike foto's van elke projek in 'n huisomgewing sal jou inspireer terwyl die geillustreerde stap-vir-stap aanwysings jou wys hoe; Prettige, ongewone en vindingryke projekte; Fantastiese geskenke en beregoed; Afwerkings wissel van stylvol en eenvoudig tot uitbundig en oordadig; Herwinning van blikke, flesse, bottels, hout-pallette, rame en selfs inkoopsakke. Die fokus van die boek is om herinneringe op slim en kreatiewe maniere te bewaar deur items te skep wat op jou mure en rakke ten toon gestel kan word. Met hierdie boek sal jy kort voor lank na net mooi enigiets as 'n moontlike skilderdoek kyk. Die meer as 55 projekte in die boek wissel van 'n klein koevert met 'n fotobinneblad, tot 'n groot vertoondeur van pallethout en sal byval vind by handwerkers met uiteenlopende agtergronde en vaardigheidsvlakke.

Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover): Betsie Rood Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover)
Betsie Rood 1
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days

n Omvattende versameling kleurfoto's, beskrywings en resepte met as bestanddeel plante wat eetbaar is en/of eetbare vrugte dra en inheems in Suid-Afrika voorkom. Resepte vir wildepruimjellie en kalbas-visbredie sal dalk jou mond laat water, maar die boek is ook 'n kultuurhistoriese rekord van 'n leefwyse van eenvoud wat al so te se uitgesterf het. Betsie Rood was 'n welbekende navorser-skrywer en kenner van kos en medisyne uit die natuur. In haar leeftyd het sy ook verskeie kookboeke die lig laat sien, onder andere Betsie Roods 101 traditional South African recipes.

Boksies by Dosyne - Meer as 30 Projekte Om Geskenk- En Ander Houers Te Maak (Afrikaans, Paperback): Fransie Snyman Boksies by Dosyne - Meer as 30 Projekte Om Geskenk- En Ander Houers Te Maak (Afrikaans, Paperback)
Fransie Snyman
R173 Discovery Miles 1 730 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie boek wys jou hoe om 'n groot verskeidenheid dekoratiewe en funksionele boksies en sakkies te maak, ideaal om vir geskenke te gebruik, maar ook nuttig in die huis. Deur die gedetailleerde aanwysings en stap-vir-stap foto's te volg, kan jy met gom, fotoplakboekpapier, kartonvelle, lap, lint, kant, washi-lint, tooisels of wat jy ook al beskikbaar het, self pragtige boksies en houers maak. Leer om langwerpige, vierkantige, seskantige, piramied-, ster-, hartvormige en vensterboksies te maak, of probeer eenvoudige origami-boksies, koevertboksies en geskenksakkies maak. Daar is boksies van verskeie groottes en vorms, en hulle kan vir verskillende doeleindes benut word. Treffende volbladfoto's van die voltooide projekte is nie net 'n lus vir die oog nie, maar gee ook gebruiksvoorstelle. Die ingeslote patrone met vergrotingsmates maak dit maklik om die boksies te skep.

Kinders Moet Grense He - Doeltreffende Dissipline Sonder Straf (Afrikaans, Paperback): Anne Cawood Kinders Moet Grense He - Doeltreffende Dissipline Sonder Straf (Afrikaans, Paperback)
Anne Cawood
R135 Discovery Miles 1 350 Shipped within 10 - 15 working days

Elke kind is by tye moeilik - uitdagend, uitputtend, irriterend en rebels. Dis ons taak as volwassenes om hulle reg te hanteer as ons gelukkige, selfversekerde kinders wil grootmaak. Wyse raad en duidelike voorbeelde vir die hantering van verskeie gedragsprobleme en uitdagings wat ouers ondervind. Hoofstukke oor spesifieke knelpunte soos twis tussen kinders, enkel- en stiefouerskap, geskeide ouers, kinders met spesiale behoeftes, en dissipline in die klaskamer. Wenke spesifiek vir oupas en oumas.

Nuwe Vintage - Meer as 100 Handwerkprojekte En Vinnige Idees (Afrikaans, Paperback): Carla Visser Nuwe Vintage - Meer as 100 Handwerkprojekte En Vinnige Idees (Afrikaans, Paperback)
Carla Visser
R228 Discovery Miles 2 280 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie boek bied jou meer as 75 stap-vir-stap-projekte en meer as 25 vinnige idees, met pragfoto's om ou, ongebruikte voorwerpe in begeerlike juweliersware, dekoritems, skryfbehoeftes, meubels en nog meer te omskep. Leer hoe om met eenvoudige handwerktegnieke, algemene handwerkbenodigdhede en net 'n bietjie kreatiwiteit unieke voorwerpe te skep wat jy kan dra, vertoon of gebruik. Benewens die stap-vir-stap-projekte gee die skrywer nuttige advies oor hoe om voorwerpe 'n vintage-voorkoms te gee, waar jy vintage-prente kan kry en idees vir tweedehandse voorwerpe wat jy in jou projekte kan gebruik. Carla se geheim is om die moontlikhede in alles raak te sien. Ma se ou blikke, Ouma se stukkende borsspelde en Pa se versameling sleutels word omtower tot bruikbare, praktiese, pragtige kleinode. Die boek is pragtig geillustreer met besielende foto's en bevat onder meer: Wenke, gereedskap en truuks; Juweliersware; Flesse, bottels en vase; Dekor; Tekstiele; Muurkuns; Ligte en lanterns; Papier en verpakking; Vir die tuin; Herskepte meubels; Koel kamerdekor vir kinders. In 'n wereld waar vermorsing en afval dringend bekamp moet word, kan jy gerus aansluit by die immer groeiende groep handwerkers wat kies om iets wat oud is vir iets nuuts te gebruik.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Gramadoela-Kos
Rita Van Dyk Paperback R250 R197 Discovery Miles 1 970
Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo…
Antoinette Pienaar Paperback R260 R205 Discovery Miles 2 050
Kaap, Kerrie & Koesisters
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Paperback R330 R250 Discovery Miles 2 500
Smulkos - 100 Watertand Resepte
Esther Malan Paperback R290 R229 Discovery Miles 2 290
Boerekos Met 'n Twist
Annelien Pienaar Paperback  (17)
R350 R275 Discovery Miles 2 750
Draai Jou Sente Om
Abrie Coetzee Paperback  (1)
R170 R146 Discovery Miles 1 460
Resepte
SuzelleDIY Paperback R295 R234 Discovery Miles 2 340
Kruidjie Roer My - Die Antieke…
Antoinette Pienaar Paperback R240 R189 Discovery Miles 1 890
Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie
Martjie Malan Hardcover R450 R345 Discovery Miles 3 450
Laat die Potte Prut
Via Paperback R275 R236 Discovery Miles 2 360

 

Partners