0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (47)
  • R100 - R250 (287)
  • R250 - R500 (92)
  • R500+ (16)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Wees Jou Eie Gim-instrukteur - Meer as 250 Oefeninge Met Programme Vir Jou Oefensessies (Afrikaans, Paperback): Eddie Lambert Wees Jou Eie Gim-instrukteur - Meer as 250 Oefeninge Met Programme Vir Jou Oefensessies (Afrikaans, Paperback)
Eddie Lambert
R182 Discovery Miles 1 820 Within 10 - 15 working days

Oefensessies in die gimnasium is deesdae deel van 'n gesonder leefwyse wat baie mense navolg. Hoe maak jy seker dat jy elke deel van jou lyf kondisioneer om die risiko van beserings te vermy? Hoe kan jy seker wees dat die gimprogram wat jy volg jou draf-, fietsry- of ander fiksheids- of ontspanningsaktiwiteite aanvul? Hoe kan jy viets en fiks bly en seker maak dat jy oefeninge reg doen sodat hulle doeltreffend sal wees? En hoe vermy jy die verveling wat dikwels na weke van die selfde ou roetine intree? Hierdie titel bied jou al die voordele van 'n persoonlike gim-instrukteur, sonder die uitdaging van roosters, moontlike persoonlikheidsbotsings en om aan een gim gebind te wees. Dit demonstreer meer as 250 oefeninge wat gebruik maak van liggaamsweerstand en toeganklike basiese toerusting (Bosu-, balanseer- en oefenballe, trappe, handgewigte, springtou en oefenbande). Elke oefening word behoorlik verduidelik met die werkende spiere, moontlike slaggate en beseringsrisiko's aangedui. Dan word al hierdie oefeninge in 26 volledige programme gekombineer. Individuele oefeninge in die programme kan uitgeruil word wat jou keuse selfs groter maak, en baie oefeninge het variasies, asook makliker of moeiliker weergawes sodat jy deurentyd kan vorder of afskaal. Daar is ook spesiale oefenprogramme vir swangerskap.

'n Tafel Vir Elke Geleentheid - Tafeluitleg, Fokuspunte, Resepte, Selfdoenprojekte, Blomme (Afrikaans, Paperback): Fransie... 'n Tafel Vir Elke Geleentheid - Tafeluitleg, Fokuspunte, Resepte, Selfdoenprojekte, Blomme (Afrikaans, Paperback)
Fransie Snyman, Katrien van Zyl, Wilsia Metz 1
R256 Discovery Miles 2 560 Within 10 - 15 working days

Dit bevat volledige planne met tafelversierings, blomme en alles anders wat nodig is om tafels vir 25 verskillende geleenthede te dek, asook meer as 50 watertandlekker resepte en aanwysings om tafelelemente soos servetringe, naamkaartjies, plekmatjies, geskenkboksies en ander dekoratiewe bykomstighede te maak. Praktiese inligting oor basiese beplanning, van die samestelling van inspirasieborde en idees vir ongewone onderborde tot die uitsoek van musiek en die volmaakte gasgeskenk, word aangevul deur uitgebreide fotobyskrifte wat die leser vertel hoe om alles na te doen. Die resepte is in 'n afsonderlike afdeling, gevolg deur aanwysings en patrone vir selfdoenprojekte wat nie volledig in die byskrifte gedek kon word nie. Daar is ook 'n oorvloed wenke en voorstelle vir eenvoudige aanbiedingstegnieke, die skedulering van take sodat jy die geleentheid saam met jou gaste kan geniet, en maniere om jou persoonlike stempel op alles af te druk.

Bruidspare In Suikerkuns - Twintig Projekte (Afrikaans, Paperback): Katrien van Zyl Bruidspare In Suikerkuns - Twintig Projekte (Afrikaans, Paperback)
Katrien van Zyl
R80 Discovery Miles 800 Within 10 - 15 working days

Katrien van Zyl deel vars, oorspronklike idees vir maklike bruidspare om op troukoeke te gebruik. Kies uit verskeie kombinasies, gelaatstrekke, haarstyle en bykomstighede en skep iets wat soos die bruidspaar lyk vir wie die koek bedoel is. 20 projekte met hope variasies; Duidelike stap-vir-stap aanwysings; Maklik om te maak en by die spesifieke bruidspaar te laat pas.

Aanpasbare Grense - Help Kinders En Tieners Om Skeiding En Egskeiding Te Verwerk (Afrikaans, Paperback): Anne Cawood Aanpasbare Grense - Help Kinders En Tieners Om Skeiding En Egskeiding Te Verwerk (Afrikaans, Paperback)
Anne Cawood
R135 Discovery Miles 1 350 Within 10 - 15 working days

Die skrywer, 'n raadgewer, bemagtig jou danksy jare se praktiese ervaring om jou kinders se angstigheid en gevoelens van onsekerheid te beperk en so doeltreffend moontlik die ewewig in jou gesin te hervestig. Sy gee praktiese riglyne oor die volgende aan die hand van talle gevallestudies uit haar omvangryke leers: Hoe, wanneer en waar om jou kinders op 'n ouderdomsgepaste en eerlike manier in te lig; Emosionele ondersteuning vir jou as ouer; Hoe om aktief te luister, woede te hanteer en duidelike, ferm en konsekwente grense daar te stel; Die regsaspekte van die nuwe Kinderwet wat die beste belange van die kind beklemtoon; Ooreenkomste vir gesamentlike ouerskap; Voortgesette verhoudings met uitgebreide familie en hoe om nuwe lewensmaats bekend te stel; Raad aan stiefouers en ouers wat nooit voor die skeiding getroud was nie.

Geillustreerde gids tot die menslike liggaam (Afrikaans, Paperback): Collectif Quebec-Amerique Geillustreerde gids tot die menslike liggaam (Afrikaans, Paperback)
Collectif Quebec-Amerique; Translated by Amelia de Vaal
R132 Discovery Miles 1 320 Within 10 - 15 working days

Met lewensgetroue hoedefinisie-illustrasies bied hierdie publikasie ín uitsonderlike blik op al die belangrikste liggaamsdele en -stelsels, van kroontjie tot kleintoontjie. Akkurate terminologie in Afrikaans en Engels, asook definisies en verhelderende teks stel lesers verder in staat om grondige kennis van die spesiale eienskappe en werking van die verskillende liggaamstelsels op te doen.

Maak Mooi Sakke - Kies Uit 12 Pragtige Projekte En Leer Jou Eie Sakke Ontwerp (Afrikaans, Paperback): Debbie Shore Maak Mooi Sakke - Kies Uit 12 Pragtige Projekte En Leer Jou Eie Sakke Ontwerp (Afrikaans, Paperback)
Debbie Shore
R173 Discovery Miles 1 730 Within 10 - 15 working days

Volg Debbie se maklike aanwysings en die duidelike stap-vir-stap-foto's; al die tegnieke word uitvoerig verduidelik en al die projekte kan met 'n basiese naaimasjien gemaak word. Gebruik Debbie se "ontwerphulp" om die projekte volgens jou eie smaak aan te pas en sommer ook jou eie sakke suksesvol te ontwerp en te maak.

Knope, Vilt & Krale - Meer as 50 Projekte Vir Juwele En Bykomstighede (Afrikaans, Paperback): Michelle Felder Knope, Vilt & Krale - Meer as 50 Projekte Vir Juwele En Bykomstighede (Afrikaans, Paperback)
Michelle Felder
R173 Discovery Miles 1 730 Within 10 - 15 working days

Beginnersoefeninge wys jou die basiese knoopryg-teknieke, een-voudige steke, hoe om vasstrykstof vir lae te gebruik en selfs hoe om te hekel. Wanneer jy hierdie tegnieke baasgeraak het, kan jou ontwerpe so eenvoudig of ingewikkeld wees as wat jy hulle wil maak - en jy het geen spesiale vaardighede of toerusting nodig nie. Die basiese tegnieke word gevolg deur 'n groot versameling pragtige projekte wat by die meeste handwerkers groot byval sal vind. Die projekte wissel van funky, bonkige krale en bykomstighede vir kinders tot lieflike, delikate bykomstighede en prettige dekoritems vir jouself en jou huis. Daar is maklike aanwysings vir beginners, terwyl daar vir meer gevorderde handwerkers hope inspirasie is om hulle persoonlike stempel op die projekte af te druk. Uitmuntende kleurfoto's van al die voltooide projekte hou hulle eie bekoring en inspirasie in, en patrone van al die ontwerpe wat in die boek gebruik is, maak dit maklik om die inspirasie in pragtige geskenke of unieke items vir eie gebruik vas te vang.

Katrien Se Koeke - Smullekker Resepte En Oorspronklike Sjokoladeversierings (Afrikaans, Paperback): Katrien van Zyl Katrien Se Koeke - Smullekker Resepte En Oorspronklike Sjokoladeversierings (Afrikaans, Paperback)
Katrien van Zyl
R173 Discovery Miles 1 730 Within 10 - 15 working days

Katrien is dol oor sjokolade en gebruik dit as versiering vir koeke omdat dit so 'n veelsydige medium is. In hierdie boek wys sy jou hoe om pragtig versierde koeke te skep: vars, eietyds, prettig en onweerstaanbaar. Daar is tegnieke en idees vir almal, of jy nou sommer 'n klaargemaakte koek koop en versier of met sorg jou eie heerlike koek bak volgens die resepte in die boek, of jy net vir spesiale geleenthede iets bak, of daagliks oonde vol koeke vir 'n tuisbedryf kafdraf. Met meer as 20 oorspronklike koekontwerpe, asook klein sjokoladeversierings, minikoeke en kolwyntjies, alles stap vir stap gedemonstreer, kan jy maklike leer hoe om jou eie meesterstukke te skep. Katrien deel wenke en kortpaaie wat sy met jare se eksperimente ontdek het. Die koekresepte is deeglik getoets, en saam met die smullekker vulselresepte met riglyne vir die vermeerdering van bestanddele na gelang van jou behoefte, asook patrone vir die versierings, maak dit van hierdie boek 'n onmisbare gids vir almal wat graag bak. Die inhoud dek die volgende: Basiese tegnieke; gereedskap; soorte sjokolade; hoe om met sjokolade te werk; die vul en bedek van koeke; hoe om koeke te stapel; koekbordversiering; ontwerpe; basiese resepte; porsiegids; vervoer en bere; uitmekaarhaal en sny; patrone. Die pragfoto's laat reg geskied aan die pragkoeke wat elkeen daarvan getuig dat koekbak 'n kunsvorm geword het. Die projekte is gegradeer van maklik tot gevorderd, dus is daar iets vir almal.

Breastfeed Your Baby - Make it Easy and Enjoyable for Both of You (Afrikaans, Paperback): Marie-Louise Steyn Breastfeed Your Baby - Make it Easy and Enjoyable for Both of You (Afrikaans, Paperback)
Marie-Louise Steyn
R149 Discovery Miles 1 490 Within 10 - 15 working days

Breastfeeding is undoubtedly the natural and healthy way to nourish your baby, but it is neither always easy nor instinctive. Mothers often lack the knowledge and support they need for trouble-free breastfeeding. Breastfeed your baby is a complete but concise, practical guide for nursing mothers. The information is based on the most recent research in the field, and since it is evidence-based, it will also be invaluable to doctors, nursing staff, antenatal professionals and doulas - everyone assisting women during the intra-partum period. The information is authoritative and presented in such a way that the book can be read in one or two sittings before the baby's birth, yet detailed enough to remain an essential companion throughout the breastfeeding process. Each chapter starts with ten top tips on the theme, and the content is enhanced throughout with practical hints and tips. Case histories scattered throughout add to the level of practicality and will help mothers realize that they are not alone if they struggle. Chapters include: Why breastfeed; Preparing for breastfeeding; The mechanics of breastfeeding; The best start (latching, ensuring good milk supply); Preventing and solving problems; Baby at home; Back to work (breastfeeding in absentia, pumps and other aids); Nursing an older baby; When to wean; Breastfeeding in special circumstances. The book also contains contact details for lactation specialists and La Leche League groups throughout the country so nursing mothers will know where to find help if they struggle.

50 Vrae Om Jouself Te Vra Teen 50 (Afrikaans, Paperback): Nina Smit, Maretha Maartens, Liesel Krause-Wiid 50 Vrae Om Jouself Te Vra Teen 50 (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit, Maretha Maartens, Liesel Krause-Wiid
R71 Discovery Miles 710 Within 10 - 15 working days

Teen vyftig weet jy al baie van die lewe, maar soms is daar dinge waaroor jy wonder of dalk nog nie duidelik gekry het nie. Ons beantwoord 50 vrae wat jy jouself moet vra teen 50 - dit wat jy dalk wou weet , maar nog nooit wou vra nie. Hier is die antwoord. Is jou kinders sterk karakters, het jy 'n goeie selfbeeld, kan jy met God praat, wat dink ander van jou....dit is jou vrae en ons het die antwoorde.

Katrien Se Kreatiewe Koeke - Smullekkerresepte En Oorspronklike Handwerkversierings (Afrikaans, Paperback): Katrien van Zyl Katrien Se Kreatiewe Koeke - Smullekkerresepte En Oorspronklike Handwerkversierings (Afrikaans, Paperback)
Katrien van Zyl
R205 Discovery Miles 2 050 Within 10 - 15 working days

Hierdie boek wys jou hoe om gewilde kunshandwerktegnieke in koek-versiering toe te pas en met behulp van fondantversiersel, modelleer-pasta, sjokoladedeeg, botterversiersel, ganache en harde versiersel eetbare handwerkitems te skep. Of jy nou 'n bakker of koekversierder is wat nuwe tegnieke wil aanleer om in jou koekversiering te gebruik, of 'n handwerker wat graag wil leer koekbak en -versier, hier is vir elkeen iets van waarde. Katrien werk met plaatkoeke (reghoekige enklellaag-koeke) as basis sodat die koekvorm eenvoudig is en jy kan fokus op die handwerktegnieke wat vir versiering gebruik word. Die koek is die skoon skilderdoek waarop kunswerk geskep word. Die inspirasie vir die versiering kom van papierkuns, mosaiek, borduurwerk, lapdrukwerk, kwlit- en appliekwerk en enige handwerk waaraan jy kan dink. Daar is 18 koekprojekte, plus minikoeke, wat van begin tot einde stap vir stap verduidelik word sodat jy daarvolgens self kreatiewe koeke kan skep. Laaste, maar nie die minste nie, is daar getoetste en flatervrye resepte vir koeke, botterversiersel, ganache en fondantversiersel, asook ontwerpe wat jy vir jou koeke kan gebruik.

Beloftes Van Hoop (Afrikaans, Large print): Johan Smit Beloftes Van Hoop (Afrikaans, Large print)
Johan Smit
R116 Discovery Miles 1 160 Within 10 - 15 working days

Die Bybel is ’n boek van hoop.

Bybelse, gelowige hoop gaan nie oor ’n skoot in die donker nie. Dit gaan oor die sekerheid van God se beloftes wat op vervulling wag. Dis die ware hoop waarna mense moet gryp wanneer niks meer vas en seker is nie. Dis wat jou sal krag gee om aan te hou en uit te hou in onseker tye.

Beloftes van hoop kyk op ’n ander manier na die wÍreld. Nie deur ’n bril van moedeloosheid nie, maar deur die bril van die Woord. Al die oordenkings gaan nie net oor hoop nie, maar elkeen word gedra deur hemelse beloftes wat waar en betroubaar is.

Voel God vir jou ver, onbetrokke en onwerklik? Dan het jy hierdie beloftes nodig om weer veilig en versorg te voel. Sonder die hoop wat Hy gee, kan daar nie liefde, vreugde en vrede in jou lewe wees nie. Laat hierdie boek jou oortuig om weer te glo in die goeie. Dan kan jy genees word van jou vrese en pyn.

Loodglaskuns - Eietydse Loodglaskuns Projekte Vir Jou Huis (Afrikaans, Paperback): Gail Brown, Jacqui Holmes Loodglaskuns - Eietydse Loodglaskuns Projekte Vir Jou Huis (Afrikaans, Paperback)
Gail Brown, Jacqui Holmes
R173 Discovery Miles 1 730 Within 10 - 15 working days

Die inleiding beskryf al die materiale en toerusting, die soorte glas en veiligheidsmaatreels, en word gevolg deur stap-vir-stap-tegnieke en wenke oor die natrek en uitsny van patrone, slyp- en foeliewerk, hoe om die stukke saam te stel, soldeerwerk, vertinning en die aanwending van patina. Die wye reeks projekte - in tradisionele en kontemporere style - sluit lampkappe, kershouers, bewertjies, rame, muurhorlosies, spieels en nog vele meer in. Die eerste paar projekte word geillustreer met gedetailleerde stap-vir-stap-foto's om die grondslag neer te le vir die daaropvolgende projekte waarin meer spesifieke besonderhede uitgelig word. Al die items in die boek - hetsy dit eenvoudig of meer uitdagend is - beeld die wonderlike verskeidenheid glas wat deesdae beskikbaar is pragtig uit. Met die puik kleurfoto's van al die voltooide items, tegniese wenke regdeur die boek, foto's uit die studio met uitgebreide byskrifte vir ekstra inspirasie, en patrone vir die projekte is hierdie boek in moet vir elke handwerker.

Wonderlike Waskuns - Enkoustiek Vir Handwerkprojekte (Afrikaans, Paperback): Jann Visser Wonderlike Waskuns - Enkoustiek Vir Handwerkprojekte (Afrikaans, Paperback)
Jann Visser
R163 Discovery Miles 1 630 Within 10 - 15 working days

Enkoustiek is 'n antieke kunsvorm wat vanwee die fokus op gemengde media met hernude entoesiasme deur handwerkers beoefen word. Hierdie titel maak dit toeganklik vir almal - van groentjies tot kunstige handwerkers. Dit skep 'n hele nuwe wereld vir handwerkers, wys jou hoe om die gekleurde was op bykans alles van gewone glanskarton tot houtvrye papier, skilderdoek, glas en porselein sowel as hout, kerse en ongeglasuurde porselein aan te wend. Jy kan talle hittebronne en toestelle hiervoor gebruik en Jann wys jou hoe om dit op 'n kreatiewe wyse te doen. Benewens al die inligting oor toerusting, basiese tegnieke, kleurvermenging, afrondings en moontlike aanwendings bevat die titel ook meer as 50 projekte wat jou vinnig in 'n waskuns-entoesias sal verander. Leer hoe om kaartjies, versierde karton vir ander papierkuns, en ander papierhandwerkprojekte, muurkuns, wasstempelwerk en enkoustiekmosaiek te skep, hoe om waskuns met ander media te kombineer en vele meer. Maar wees gewaarsku: as jy eers daarmee begin, sal jy nie wil ophou nie!

Wanneer Jy Voel Jy Wil Opgee (Afrikaans, Paperback): Joe Niemand, Martelize Brink, Hanlie Retief, Heinz Winckler Wanneer Jy Voel Jy Wil Opgee (Afrikaans, Paperback)
Joe Niemand, Martelize Brink, Hanlie Retief, Heinz Winckler
R77 Discovery Miles 770 Within 10 - 15 working days

Wat doen jy as ...

- Jou dogtertjie skielik aan die brand raak?

- Jou ouers op julle familieplaas vermoor word?

- Jy jou besigheid en al jou besittings verloor?

Wanneer jy deur ’n moeilike tyd gaan, voel dit makliker om handdoek in te gooi. Om op te gee en nie verder te probeer nie. Baie mense het al so gevoel. Nou kry jy die kans om hulle inspirerende seerkrystories te lees. Gewone, onbekende mense soos jy, en bekendes soos Lisa BrŲnner, Joe Niemand en Chris Chameleon, vertel hoe hulle trane in vreugde verander het.

“Dit voel vir my of ek nie net meer aan Sy voete sit nie, maar op Sy skoot.” Anice Barnard

“Die tekens was duidelik. Die engele, die helder lig, die reŽnboog.” Jak de Priester

“Ek weet ek kŠn. Tree-vir-tree.” Melanie du Bois

“My vlerkies mag dalk geknip wees, maar dit weerhou my nie daarvan om ver en hoog te vlieg nie.” Martelize Brink

’n Gelukkige einde beteken nie dat alles altyd perfek sal uitwerk nie. Dit beteken soms dat jy dit net-net maak; met knieŽ wat nerfaf is van val, opstaan en weer probeer. Maar jy sŠl anderkant uitkom, met ’n lied in jou hart, want Hy sal jou dra.

My Gunsteling Resepte (Afrikaans, Paperback): Siphokazi Mdlankomo My Gunsteling Resepte (Afrikaans, Paperback)
Siphokazi Mdlankomo
R219 Discovery Miles 2 190 Within 10 - 15 working days

In My gunsteling-resepte deel sy haar lieflingresepte - van die eenvoudige botterbroodjies en gemmerbier wat sy jare gelede by haar ma leer maak het, tot watertandlekker beesstert, gebakte pere met kaneel en room en ander heerlikhede wat sy op pad na die MasterChef-finale ontwikkel het. Al die resepte, van smullekker souse en doopsouse, verleidelike nageregte en maklike eenskottelgeregte tot tradisionele gunstelinge en gesofistikeerde samesmeltings, word gekenmerk deur haar eiesoortige kombinasie van geure en bestanddele. Lieflike volbladfoto's van die voltooide geregte sal enigeen se mond laat water en aanspoor om sommer dadelik die resepte op die proef te stel.

Te Besig Met Besig Wees (Afrikaans, Paperback): Kobus Neethling, Riekert Botha, Johan van Lill Te Besig Met Besig Wees (Afrikaans, Paperback)
Kobus Neethling, Riekert Botha, Johan van Lill
R71 Discovery Miles 710 Within 10 - 15 working days

“Besig” het die woord geword waarmee ons mekaar groet.

Jy dink dalk dit hoort so; dis tog wat jy moet doen as jy bo wil uitkom. Jy cope mos darem nog.

Maar op die lange duur kan besigwees jou vreugde steel.

Elke mens is gemaak vir ’n ritme van werk en rus – anders sal jy uitbrand.

Jy můťt dus daardie sweet spot kry waar jy optimaal en kragtig, maar op jou heel gemaklikste, kan funksioneer.

Te besig met besigwees? sal jou verstand en jou hart oopmaak sodat jy geÔnspireerd sal wees om jou beste lewe rustig te leef.

Ons het ’n groep skrywers, predikante, entrepreneurs, sakelui, sielkundiges, lewensafrigters, mentors en mediapersoonlikhede gevra vir hulle wenke vir beter tydsbestuur.

Nou kan jy deel in die insig van hierdie professionele mense wat moes leer hoe om al die balle in die lug te hou.

Die boek bestaan uit 40 temas, wat week vir week deurgewerk kan word.

By elke tema is daar ’n praktiese vraag of opdrag om jou aan die dink te sit, met ’n spasie waar jy jou eie idees kan neerpen, sodat jy ’n meer produktiewe en minder besige lewe kan lei.

Swiets - Lekkers Van Toeka (Afrikaans, Paperback): Simone Balman Swiets - Lekkers Van Toeka (Afrikaans, Paperback)
Simone Balman
R186 Discovery Miles 1 860 Within 10 - 15 working days

Daar is tans 'n groot herlewing in tuisgemaakte en handgemaakte produkte. Mense beweeg weg van "fabrieksgoed" en keer terug na die smake en geure van hul kinderdae. Hierdie boek is 'n ontdekkingsreis na die wereld van toeka se lekkergoed - onder die resepte is vele ou gunstelinge asook party wat herontdek is of geskep is deur 'n kombinasie van retro-geure. Waar moontlik is die gees van die oorspronklike lekkergoed behou, maar daar is ook 'n paar nuwe interpretasies vir die moderne kok. Dit is wat die boek bied: Noodsaaklike inligting oor toerusting, benodigdhede en tegnieke; Hope wenke en praktiese raad; Meer as 50 flatervrye resepte vir toffies, tameletjie, fudge, gevulde sjokolade, truffels, malvalekkers, nouga, suigstokkies, jellielekkers en veel meer; Idees vir versiering, en verpakkingsvoorstelle. Hier is genoeg besonderhede om 'n beginner aan die kook te kry en heelwat nuwe idees om gesoute lekkergoedmakers te inspireer. Die manjifieke foto's van die verskillende lekkergoed sal jou vir seker laat kwyl en aanspoor om die suiker aan die kook te kry. Of jy hierdie soete verleiding vir vriende en familie maak of om by handwerk- en plaasmarkte te verkoop, hierdie boek sal jou help om sukses te smaak. Almal verdien mos nou en dan 'n soetigheidjie.

Water-(Verf)-Kuns - Verf Blomme Met Water, Kleur En Tekstuur (Afrikaans, Paperback): Monique Day-Wilde Water-(Verf)-Kuns - Verf Blomme Met Water, Kleur En Tekstuur (Afrikaans, Paperback)
Monique Day-Wilde
R173 Discovery Miles 1 730 Within 10 - 15 working days

Hierdie boek neem jou verby die tradisionele voorkoms van ligte, sagte en bykans deurskynende waterverfwerk. Leer hoe om ryk, lewendige beelde te skep nie net met waterverf op papier nie, maar ook met ander mediums en materiaal. Jy behou die waterige gevoel, maar versterk en verbreed die moontlike tekstureringseffek. Die projekte toon hoe verskeie watermediums op bekende dog onkonvensionele maniere gebruik kan word. Verf, ink, kleurpotlode en lapkleursel vorm die kleurkomponent, terwyl tekstuurmediums deel van die repertoire uitmaak. Heelwat projekte is op waterverfpapier, maar skilderdoek, karton en velyn of natrekpapier kom ook voor. Daar is baie eenvoudige gestruktureerde tegnieke wat stap-vir-stap gevolg kan word om 'n baie soortgelyke voorkoms te skep vir handwerkprojekte. Maar lesers word ook aangemoedig om met meer spontane en minder gekontroleerde tegnieke (ook stapsgewys geillustreer) hulle eie skeppende weg te volg en avontuurlustig te wees, risiko's te loop en met hulle gelukkige 'ongelukke' te werk. Minder suksesvolle werk kan op baie verskillende maniere ingespan word en die boek bevat idees oor hoe sulke werk met nuwe kunswerk geinkorporeer kan word. Water-(verf-)kuns is propvol wonderlike idees vir kunstenaars en handwerkers en selfs groentjies sal wil saamspeel en eksperimenteer.

Gee - Meer as 50 Projekte Vir Handgemaakte Geskenke (Afrikaans, Paperback): Carla Visser Gee - Meer as 50 Projekte Vir Handgemaakte Geskenke (Afrikaans, Paperback)
Carla Visser
R228 Discovery Miles 2 280 Within 10 - 15 working days

Wat kan lekkerder wees as om die perfekte handgemaakte geskenk vir iemand te gee. Met meer as 50 projekte vir geskenke en hope idees om hulle pragtig toe te draai, is hierdie boek net wat jy nodig het om jou geliefdes te bederf. Daar is iets vir almal - van troeteldiere tot vriende, van babas tot oupas en oumas - en geskenke vir enigiets van 'n verjaarsdag en 'n huweliksherdenking tot 'n kombuis- of ooievaarstee. Elke projek word duidelik met eenvoudige stap-vir-stap aanwysings uiteengesit en vergesel van 'n lieflike kleurfoto van die voltooide item. Daar is deurgaans uitstekende verpakkingsvoorstelle asook wenke en raad met alternatiewe wat jou sal help om unieke geskenke te skep wat harte baie bly sal maak.

Borsvoed Jou Baba - Maak Dit Vir Jou En Jou Baba Maklik (Afrikaans, Paperback): Marie-Louise Steyn Borsvoed Jou Baba - Maak Dit Vir Jou En Jou Baba Maklik (Afrikaans, Paperback)
Marie-Louise Steyn
R149 Discovery Miles 1 490 Within 10 - 15 working days

Borsvoeding is ongetwyfeld die natuurlikste en gesondste manier om jou baba te voed, maar dis nie noodwendig altyd instinktief of maklik nie. Ma's het dikwels nie die nodige kennis en ondersteuning om kommerloos te borsvoed nie en daarvoor is hierdie boek die antwoord. Dit is 'n volledige, maar kompakte praktiese gids vir ma's wat borsvoed. Die jongste navorsing op die gebied word in die inhoud weerspieel, en omdat die boek op 'n sterk feitebasis berus, sal dit ook van onskatbare waarde wees vir dokters, verpleegpersoneel, voorgeboortelike begeleiers en doulas - enigiemand wat vroue voor, tydens en na die geboorte bystaan. Die inligting is gesaghebbend en bondig genoeg aangebied dat die boek voor baba se geboorte in een of twee sessies deurgelees kan word, maar met genoeg detail om gedurende die borsvoedproses ma se borsvoedbybel te wees. Elke hoofstuk skop af met tien top-wenke oor die tema, en die inhoud word deurgaans aangevul met praktiese wenke en voorstelle. Uittreksels uit gevallestudies word deurgaans gebruik, en hou die trant prakties terwyl dit ma's ook gerusstel dat hulle nie alleen is as hulle sukkel nie. Die onderskeie hoofstukke dek die volgende: Hoekom borsvoed; Voorbereiding vir borsvoeding; Hoe borsvoeding werk; Die beste begin (suiggreep en genoeg melk); Voorkoming en hantering van probleme; 'n Baba in die huis; Terug werk toe (borsvoed wanneer jy nie daar is nie: pompe en ander hulpmiddels); Die ouer baba; Wanneer om te speen; Borsvoeding in spesiale omstandighede. Daar is ook 'n lys name en kontakbesonderhede van laktasiespesialiste en La Leche-groepe regdeur die land sodat ma's wat borsvoed sal weet waar om hulp te soek as hulle sukkel.

Skei Maak Seer (Afrikaans, Paperback): Johan de Lange Skei Maak Seer (Afrikaans, Paperback)
Johan de Lange
R64 Discovery Miles 640 Within 10 - 15 working days

Is jy seker EGSKEIDING is die enigste, beste, maklikste oplossing vir jou huwelik wat nie werk nie?

Die skrywer van hierdie boek is nie ’n huweliksberader of sielkundige nie. Hy is ’n man wat self die pad van trou en skei (en weer trou en weer skei) geloop het. Dit gee hom ’n ander perspektief op verhoudings as wat hy gehad het as jongman. Ervaring het hom dinge geleer wat hy nou wens hy vroeŽr geweet het.

In Skei maak seer deel hy hierdie kennis en sy storie. Sommige lesse het hy te laat geleer ... Maar miskien is dit vir ander getroudes presies die regte tyd om sy woorde te lees. Om ’n paar waarhede in die oŽ te kyk:

∑ Is jy gereed vir ’n emosionele oorlog sonder logika wat meer as net twee slagoffers gaan agterlaat?

∑ Is jy deeglik bewus van die onbekende oorsake en gevolge wat jou besluit behoort te beÔnvloed?

∑ Verstaan jy die ware aard van die huwelik en dat gelukkig wees eers na harde werk en toewyding volg?

Dis nooit te laat om te verander en jou huwelik te red nie. Dis die hoop wat jy met jou saam kan neem uit een man se seerkry en heel word.

Stimuleer Jou Kind Met Begrip (Afrikaans, Paperback): Marga Grey Stimuleer Jou Kind Met Begrip (Afrikaans, Paperback)
Marga Grey
R135 Discovery Miles 1 350 Within 10 - 15 working days

Die eerste drie jaar van 'n kind se lewe is verreweg die belangrikste onwikkelingsjare omdat dit grondliggend is aan alle verdere ontwikkeling. Hierdie titel fokus op stimulering gedurende hierdie kritieke tydperk, en dek onder andere die volgende: Die leerproses volgens jou kind se potensiaal; 'n Stimulerende omgewing; brein-, sensoriese en motoriese ontwikkeling; liggaamsbeeld en selfbeeld; die ontwikkeling van spel; spraak- en taalontwikkeling; perseptuele en kognitiewe ontwikkeling; emosies; dissipline en probleemoplossing.

Kreatiewe Borduurwerk Met Vloeikleurgave (Afrikaans, Paperback): Via Laurie Kreatiewe Borduurwerk Met Vloeikleurgave (Afrikaans, Paperback)
Via Laurie
R149 Discovery Miles 1 490 In stock

Borduurwerk bly immergroen en nuwe maniere word voortdurend gevind om eeue-oue tegnieke interessanter te maak - soos die gebruik van vloeikleurgare. Die oorspronklike ontwerpe en projekte in die titel is so by mekaar gesit dat dit die gare en die borduurstyle ten beste vertoon, van ryk gouedraadwerk tot die stylvolle eenvoud van lintborduurwerk. Ander borduurstyle sluit in swartwerk, casalguidi, naaldgaaswerk, lappieswerk, hardanger en stumpwerk. Lieflike volbladfoto's van elke voltooide projek; Stap-vir-stap foto's en aanwysings; Patrone en diagramme vir elke gegradeerde projek; Geillustreerde stekegalery'. 'n Heerlike bron van inspirasie vir borduurders van alle vaardigheidsvlakke.

Gesprekke Na Baba - Wat Nuwe Ouers Nodig Het Om Vir Mekaar Te Se (Afrikaans, Paperback): Alison Osborne Gesprekke Na Baba - Wat Nuwe Ouers Nodig Het Om Vir Mekaar Te Se (Afrikaans, Paperback)
Alison Osborne
R131 Discovery Miles 1 310 Within 10 - 15 working days

Hierdie titel is uniek omdat dit fokus op 'n goeie verhouding tussen nuwe ouers eerder as op die baba of ouerskap as sodanig - dit gaan oor hoe om 'n gelukkige ouerpaar te wees. Het jul verhouding verander sedert die geboorte van jul baba? Praat julle nog met mekaar en bring tyd as paartjie deur? Dink jy jou maat verstaan hoe jou lewe nou verloop? Het julle minder gereeld seks? Die meeste ouerpare ervaar verhoudingsprobleme na die aankoms van 'n nuwe baba. Die chaos en uitputting en die veranderinge in albei se lewens lei dikwels daartoe dat hulle nie meer doeltreffend kommunikeer nie. So vind gesprekke oor verantwoordelikhede, die deel van die werklas wat die nuwe baba meebring, wat naweke moet gebeur en wie se werk dit is om kos te kook en die huis aan die kant te maak, dikwels nooit eers plaas nie. En wanneer dit wel gebeur, bring dit spanning eerder as oplossings mee. Te veel van ons val terug op verwagtinge oor wat ons maat behoort te doen en voorsien, wat gegrond is op uitgediende stereotipes, en leef jare lank ongelukkig hiermee saam. Lees hier hoe ander ouerpare na die geboorte van hul baba voel. Leer hoe jy gelykheid, begrip en vervulling in jou verhouding kan skep. Met behulp van die Wat ons kan doen - seksies kan julle jul eie soort gesin vorm - een wat by julle albei pas en 'n gelukkige, koesterende omgewing vir julle kinders bied. Om 'n sterk en standvastige vennootskap te bou, is die grootste uitdaging wat nuwe ouers vandag in die gesig staar. Gesprekke na baba help jou om hierdie uitdaging die hoof te bied en die beste pad vorentoe te vind.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Boerekos Met 'n Twist
Annelien Pienaar Paperback  (17)
R335 R287 Discovery Miles 2 870
Resepte
SuzelleDIY Paperback R280 R209 Discovery Miles 2 090
Laat die Potte Prut
Via Paperback R265 R228 Discovery Miles 2 280
Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo…
Antoinette Pienaar Paperback R260 R208 Discovery Miles 2 080
Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik.
Johane Neilson Paperback R290 R241 Discovery Miles 2 410
Megaboere
Wynand Dreyer Paperback R250 R176 Discovery Miles 1 760
Armand Kook Kaal - 'n Banting- en…
Armand Aucamp Paperback R380 R299 Discovery Miles 2 990
Draai Jou Sente Om
Abrie Coetzee Paperback  (1)
R155 R133 Discovery Miles 1 330
Maalvleis - 130 Smullekker Resepte
Karen Hart Paperback R260 R224 Discovery Miles 2 240
Sjef Snoekie: Laat die potte sing!
Marlise Scheepers Paperback R236 Discovery Miles 2 360

 

Loyalty partners