0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (5)
  • R50 - R100 (46)
  • R100 - R250 (278)
  • R250 - R500 (95)
  • R500+ (24)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Twintig Projekte Piouter-Juwele (Afrikaans, Paperback): Sandy Griffiths Twintig Projekte Piouter-Juwele (Afrikaans, Paperback)
Sandy Griffiths
R80 Discovery Miles 800 Shipped within 10 - 15 working days

Sandy Griffiths deel eietydse, oorspronklike idees vir 'n verskeidenheid piouter-juwele. Daar is oorbelle, armbande, borsspelde en hangers te kies en te keur. Maak hulle vir jouself of as 'n seer gewaardeerde geskenk. 20 projekte, meestal met foto's van variasies; diagramme vir al die ontwerpe ingesluit; maklik om te maak, steeds stylvol en elegant.

Maak 'n Kopskuif: Elke Dag - 365 Inspirerende Oordenkings vir 'n Lewe van Oorvloedige Blydskap en Gesondheid... Maak 'n Kopskuif: Elke Dag - 365 Inspirerende Oordenkings vir 'n Lewe van Oorvloedige Blydskap en Gesondheid (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) In stock

366 oordenkings wat jou lei om ’n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef.

Volgens navorsers is die meeste van die siektes waaraan ons vandag ly, die volg van ons gedagtes. Wat ons dink, beïnvloed werklik ons fisieke en emosionele lewe. Trouens, vrees alleen is die sneller vir 1 400 fisieke en chemiese reaksies in ons liggame wat meer as 30 hormone aktiveer. Ons hedendaagse wêreld ervaar ’n epidemie van toksiese gedagtes wat, as die onverstoord gelaat word, die ideale toestand vir siektes skep.

In Maak ’n kopskuif – elke dag gee dr. Caroline Leaf vir lesers wenke vir beter gesondheid en heelheid deur net die regte denkpatrone te ontwikkel. Met 366 oordenkings, elk met ’n gesondheidswenk, help sy lesers om elke dag ’n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef. Haar unieke oordenkings bied vir lesers bemoediging en strategieë om die voordeel om elke dag die voordeel geniet van ’n gedagtewêreld wat ’n detoks deurgegaan het.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Switch On Your Brain – Every Day.

Boeresjiek - Kuierkos Uit 'n Plaaskombuis (Afrikaans, Hardcover): Nicky Brecher Boeresjiek - Kuierkos Uit 'n Plaaskombuis (Afrikaans, Hardcover)
Nicky Brecher
R219 Discovery Miles 2 190 Shipped within 10 - 15 working days

Elke dis, van eg tradisioneel tot heerlik eietyds, het Nicky se spesiale afronding, verrassingsbestanddeel of eiesoortige opdienvoorstelle wat die boek se inhoud vars en aanloklik hou. Die resepte is deeglik getoets en aan vriende en familie voor-gesit vir finale goedkeuring en het telkens die toets met vlieende vaandels geslaag. Lieflike kleurfoto's van bykans elke dis dien as inspirasie om sommer dadelik die resepte op die proef te stel. Foto's van die plaas in Pongola waar die skrywer woon, vertel so tussen die resepte deur meer oor die lieflike omgewing om die leser soos 'n spesiale kuiergas te laat voel. Alles, van peuselhappies tot soetgoed, is watertandlekker - en al die ou gunstelinge is daar, dikwels met 'n kinkel.

Kinders Moet Oumas En Oupas He (Afrikaans, Paperback): Anne Cawood Kinders Moet Oumas En Oupas He (Afrikaans, Paperback)
Anne Cawood
R135 Discovery Miles 1 350 Shipped within 10 - 15 working days

In hierdie boek gee Anne Cawood, ouerskapkenner en self 'n ouma van etlike kleinkinders, wyse raad aan grootouers wat hierdie wonderlike lewensfase betree of reeds daar is, met haar uitgebreide praktyknotas as basis. Oupas en oumas speel 'n geweldige groot rol in die lewens van die nuwe generasie - hulle eie kinders sowel as hulle kleinkinders s'n. Selfs in die hedendaagse wereld van tegnologiese ontwikkeling, oombliklike kommunikasie en blitsreise, is daar eenvoudig niks wat die sorg, liefde en ondersteuning van die uitgebreide gesin kan vervang in die lewensiklus waar grootouers die allerbelangrike skakel tussen die verlede en die toekoms vergestalt nie. Hierdie boek is gemik op alle grootouers, of enigiemand wat hierdie uiters belangrike rol in 'n kind se lewe vervul. Dit bied leiding en ondersteuning om grootouers insig te gee in die lewens van kinders in die 21ste eeu, en bevat talle wenke en inligting oor waardevolle vaardighede en positiewe strategiee om hulle kleinkinders te hanteer en geniet. So kan hulle steeds betekenisvolle lewens lei wat aan hul eie behoeftes voldoen, en hulle welverdiende vryheid en onafhanklikheid koester.

Dol Ooor Boeke - Hoekom En Wat Om Vir Jou Kind Te Lees (Afrikaans, Paperback): Jay Heale Dol Ooor Boeke - Hoekom En Wat Om Vir Jou Kind Te Lees (Afrikaans, Paperback)
Jay Heale
R135 Discovery Miles 1 350 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie ideesboek bevat waardevolle raad en voorstelle vir ouers en versorgers wat wil seker maak dat hul kinders van kleins af lief is vir boeke - eers as babas, dan eerste lesers, laerskoollesers, die tusseninners en tieners. Bekende boekresensent Jay Heale verslind boeke en deel die kennis wat hy in 'n leeftyd van noue betrokkenheid by boeke opgedoen het met aansteeklike entoesiasme. Die boek sluit 'n skatkis van aanbevole boeke vir die boekrak in, met spesifieke verwysings na oorspronklike Afrikaanse boeke en stories deur Lona Gericke (afgetrede hoof van Bellville Openbare Biblioteek se kinderafdeling). Daar word ook deurgaans in die hoofteks voorbeelde gegee van spesifieke leesstof en klassieke keuses. Verder word boeke oor boeke en inligting oor biblioteke bespreek, asook elektroniese leesstof en die manier waarop tegnologie die manier waarop ons lees, beinvloed het.

Tien Jaar Jonger (Afrikaans, Paperback): Finesse Redaksie Tien Jaar Jonger (Afrikaans, Paperback)
Finesse Redaksie
R103 Discovery Miles 1 030 Shipped within 10 - 15 working days

Dis een van die ergste oomblikke in ’n vrou se lewe: daardie oomblik wat jy besef jy is besig om oud te word. Dit is genadeloos. Die plooie, oumensvlekke, selluliet. Alles wat jy met verbystering by jou ouma en jou ma gesien gebeur het, het nou ook in jou lyf kom le. Net een uit vyf vroue is gelukkig met wat hulle in die spieel sien. Met tien jaar jonger kan jy seker maak jy is tevrede met hoe jy lyk. In hierdie volledige skoonheid-, gesondheid en dieetgids word die beste rubrieke van Finesse saamgebring om jou ’n dekade jonger te laat voel. Verander jou eet- en oefengewoontes om die risiko van ouderdomsverwante siektes te verminder. Gebruik grimeer- en haartruuks, asook kleur- en modewenke om jou jonger, gesonder en mooier te maak. Met hierdie boek langs jou bedkassie sal jy binne weke resultate sien. Met hierdie boek sal jy die volgende wys word ...Hoe om te begin oefen as jy onfiks is; Hoe om jou jonger te eet; Hoe om hare perfek te kleur; Hoe om vir altyd van selluliet ontslae te raak; Hoe om jou hande, mond en oe jonger te laat lyk; Hoe om soos ’n babatjie te slaap; Hoe om jou hormone tot jou voordeel in te span; Hoe om jouself ’n mooimaaksessie te gee.

Reuben kook - Terug na toentertyd (Afrikaans, Hardcover): Reuben Riffel Reuben kook - Terug na toentertyd (Afrikaans, Hardcover)
Reuben Riffel
R415 R349 Discovery Miles 3 490 Save R66 (16%) Shipped within 4 - 8 working days

Geure, smake, reuke en teksture het die vermoe om jou terug te voer na jou kinderdae, jou te laat voel soos daardie eerste keer toe jy 'n perske, lemoen of die kombinasie van gekaramelliseerde ui en bloukaas in 'n tert geproe het. Reuben Riffel, 'n 34-jarige Suid-Afrikaanse sensasie, het in die nederige Groendal grootgeword en is tans een van die land se beste sjefs. Sy restaurant, Reuben's, le in die hartjie van Suid-Afrikaanse wynland, Franschhoek, 'n pragtige dorp wat vinnig bekendheid verwerf as een van die wereld se voorste kos- en wynbestemmings.

Praat! - Positiewe Selfgesprek, Beter Kommunikasie, Goeie Menseverhoudings (Afrikaans, Paperback): Margaret Fourie Praat! - Positiewe Selfgesprek, Beter Kommunikasie, Goeie Menseverhoudings (Afrikaans, Paperback)
Margaret Fourie
R131 Discovery Miles 1 310 Shipped within 10 - 15 working days

Positiewe selfgesprek is noodsaaklik vir doeltreffende kommunikasie. En doeltreffende kommunikasie is die grondslag van goeie verhoudings op alle vlakke. Hierdie titel bied jou die teorie asook 'n magdom praktiese voorbeelde om jou op albei gebiede sukses te laat smaak. Verbeter selfvertroue en bekwaamheid; hanteer misbruik tuis en by die werk; staan jou man teen moeilike mense; hanteer die verantwoordelikheid van ouerskap; raak ontslae van verslawings; boue vertroue en elimineer enigiets wat kommunikasie verhinder.

Oorleef Jou Man Se Midlewe Krisis (Afrikaans, Paperback): Johan Pienaar Oorleef Jou Man Se Midlewe Krisis (Afrikaans, Paperback)
Johan Pienaar
R51 Discovery Miles 510 Shipped within 10 - 15 working days

Min dinge krap 'n vrou se lewe so deurmekaar soos 'n man wat deur 'n midlewe-ervaring worstel -kompleet met 'n blink nuwe ryding en skielike gedaanteverwisseling. Jou man se midlewe hoef egter nie 'n krisis te wees nie! Oorleef jou man se midlewe (krisis) vat jou hand op die (dikwels klipperinge) pad deur midlewe en gee hoop en leiding aan elke vrou wie se man oornag in 'n vreemdeling verander het. So baie vrese oor midlewe is niks meer as bangmaak storiesnie. Jou man se liggaam verander, sy prioriteite verander, selfs jul sekslewe verander, maar niks hiervan hoef negatiewe ervarings te wees nie. Midlewe kan die begin van 'n wonderlike nuwe avontuur vir jul huwelik wees en hoef nie met angs en agterdog ingewag te word nie. Pak die bul by die horings en loop jou man se midlewe-frustrasiestrompop! Jy sal sien, die tweede helfte van die lewe kan net sovee lpret wees as die eerste. Maar gordel vas, midlewe is 'n vinnige rit!

1,2,3...Tuinmaak Met Anna En Tanya (Afrikaans, Paperback): Tanya Visser, Anna Celliers 1,2,3...Tuinmaak Met Anna En Tanya (Afrikaans, Paperback)
Tanya Visser, Anna Celliers
R219 Discovery Miles 2 190 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie boek is vir enigeen wat so pas die plesier van vroetel in die grond ontdek het, brand om te sien hoe saad soos hare op 'n hond se rug ontkiem en hou van inspirerende idees en maklike doen-dit-self-goed, maar ook vir gesoute tuiniers wat dalk 'n truuk of twee vergeet het. Dit hou tred met moderne tuinmaaktendense en die skrywers dra op praktiese wyse aan die leser oor wat hulle uit jare se tuinmaak-ondervinding geleer het. Hulle benadering is nie net die suiwer organiese, of die suiwer inheemse manier van tuinmaak nie - hulle stel alles op die proef en gee jou getoetste inligting en raad oor: die eko-impak van plante kweek en die jongste metodes van tuinmaak; hoe om groente suksesvol te kweek; volhoubare tuinmaak - met inligting oor komposhope en die opgaar van reen- en gryswater; die waarde van bome en hoe om hulle in die tuin te gebruik; hoe om jou tuin groen en lowerryk te hou sonder dat dit jou 'n fortuin kos; hoe om metgeselplante te gebruik as plaagbeheer en om groei te bevorder, en nog baie meer. Of jou tuin op die plaas of in die stad is, jy nog ouderwets is of vinnig Google vir alles wat jy wil weet en leer, hierdie boek is net die regte gids vir jou. Met sy kombinasie van inligting oor moderne vooruitgang wat tuinmaak makliker maak en wyse raad uit toeka se dae, bied dit jou alles wat jy wil weet om vandag 'n pragtige, produktiewe tuin te he.

Maklik Mooi (Afrikaans, Paperback): Hannon Bothma Maklik Mooi (Afrikaans, Paperback)
Hannon Bothma
R122 Discovery Miles 1 220 Shipped within 10 - 15 working days

Is jy moeg vir jou voorkoms? Wil jy ook fantasties lyk? Lyk vandag nog 10 jaar jonger en voel soos ’n nuwe mens en leer Hannon se maklike mooimaakgeheime vir enige een van 17 tot 70 jaar; vind uit hoe om met min tyd en min skoonheidsmiddels te sprankel soos ’n ster by die rooitapyt geleentheid in jou lewe; en ontdek die haarstyl, kleur en produkte wat jou mooier en selfs maerder laat lyk sonder kosmetiese sjirurgie.

Groeipyne (Afrikaans, Paperback): Johan van Lill Groeipyne (Afrikaans, Paperback)
Johan van Lill
R84 Discovery Miles 840 Shipped within 10 - 15 working days

Om gelukkige kinders groot te maak, is nie ’n gelukskoot nie!

Alle ouers wil goeie ouers wees wat hulle kinders op die regte manier grootmaak. Dit gebeur egter nie vanself of oornag nie. Dis harde werk en sal elke pa, ma, voog, ouma, oupa, meneer en juffrou soms teen die mure uitdryf. Maar dis die moeite werd. En jy hoef dit nie alleen aan te pak nie.

30 uitsendings van RSG se gewilde oggendprogram, Groeipyne, is nou in ’n boek saamgevat sodat jy dag en nag antwoorde en wenke kan kry. Alles waaroor jy wonder en bekommer word bespreek: dikbek tieners, hoe om die regte vriende te kies, goeie Wiskundepunte, boelies, dissipline, skoolgereedheid, emosionele ontwikkeling, lyfstraf, eksamenstres, leesvaardighede, roetine, neulery en nog 18 ander relevante temas.

Die kenners wat hulle wysheid en ervaring met ander ouers deel, weet wat die uitdagings en probleme is waarmee kinders vandag te doen kry. Die nuwe lewenstyl vra dat ouers nuut sal dink en doen en dis waarmee hierdie boek jou sal help. Hierdie is ’n saampraat boek propvol idees wat werk – nie ingewikkelde teorie nie. Dit haal die pyne uit opvoeding uit en maak ouerskap weer plesierig … en iets waarin jy goed is.

Glam Guru - Mooier in Minute (Afrikaans, Paperback): Hannon Bothma Glam Guru - Mooier in Minute (Afrikaans, Paperback)
Hannon Bothma
R116 Discovery Miles 1 160 Shipped within 10 - 15 working days

Die moet-koop gids vir die maklikste en beste skoonheidswenke van die Glam Guru Suid-Afrika se gewildste (en stylvolste) guru is terug met ’n tweede boek! Hierdie keer kan jy lees hoe 70 vroue gedaantewisselings ondergaan het en hoekom hulle ’n makeover wou gehad het. Hulle verhale wissel van trouplanne, gewigsverlies, wegstap van mishandeling tot ’n nuwe voorkoms na 60. Vir elke vrou gee Hannon wenke oor grimering en haarstyle. Geen onbekostigbare operasies of martel diete om mooi te lyk nie! Net die regte tegnieke, kleur en produkte – en siedaar: nog ’n vrou wat sprankel en op haar mooiste lyk. Jy hoef nie met verlange na die pragtige voor en na foto’s te staar nie. Doen wat die Glam Guru aanbeveel en word die stylvolste jy wat jy kan wees. Dis regtig maklik, want hierdie slag bevat Glam Guru aanbevelings oor produkte saam met die raad-wat-werk vir elke mooimaak probleem: hoe om jou haarstyl te kies en stileer; wat om te doen met hare wat te dik of te dun is, platval of te veel krul; watter grimering vir foto’s werk hoe om rooierigheid of vlekke op jou vel te verdoesel en meer.

Kleuters Moet Grense He - Doeltreffende Dissipline Sonder Straf (Afrikaans, Paperback): Anne Cawood Kleuters Moet Grense He - Doeltreffende Dissipline Sonder Straf (Afrikaans, Paperback)
Anne Cawood
R135 Discovery Miles 1 350 Shipped within 10 - 15 working days

Baie kleutergedrag wat as stout en uittartend beskou word, is heeltemal normaal vir 'n kind in die ontwikkelingstadium. Die kleuterstadium is die heel belangrikste om positiewe kommunikasie en gesonde verhoudings tussen ouer en kind te vestig. Hierdie title is 'n praktiese gids vir die ouers van jonger kinders, en spreek veral die Vier Groot Kleuterkwessies aan: woedeuitbarstings; slaap; eet; toiletonderrig.

Gelukkig Getroud (Afrikaans, Paperback): Liesel Krause-Wiid Gelukkig Getroud (Afrikaans, Paperback)
Liesel Krause-Wiid
R84 Discovery Miles 840 Shipped within 10 - 15 working days

Wat is die geheim van 'n gelukkige huwelik? Is dit 'n 100 sonsondergange wat julle elke aand geniet? Is dit 'n 1000 verskietende sterre wat jou geluk - wense waar maak? Of is dit bloot die gewone goed - hope geduld, emmers vol pret, en 'n oseaan vol onvoorwaardelike liefde? As dit is wat jy vir jou huwelik begeer, is Gelukkig getroud net die gids vir jou. Dis propvol wenke wat elke situasie, wat in jou huwelik kan opduik, tekkel - van die groot verneuk tot 'n onvervulde sekslewe, tot die kleiner jakkalsies soos te min tyd. Om die waarheid te se, hierdie boek is soos jou sielkundige wat jy met jou kan saamdra! Jy sal 'n antwoord op elkeen van jou vrae kry.

Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis (Afrikaans, Paperback): Cass Abrahams Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis (Afrikaans, Paperback)
Cass Abrahams
R149 Discovery Miles 1 490 Shipped within 10 - 15 working days

Elke hoofstuk is steeds gestruktureer rondom een van die vele feeste wat die Kaapse Maleiers gereeld vier, met resepte van die spesiale disse wat vir spesiale geleenthede berei word. 'Nerens op aarde is daar nog 'n gemeenskap wat so graag fees vier as die Kaapse Maleiers nie; nerens op ons planeet 'n groep mense so toegewyd in hul danksegging aan die Almagtige vir die seeninge van die tafel nie ...' skryf dr MC D'arcy in die voorwoord van hierdie titel. Kaap-Maleise kos is lank reeds gewild onder Suid-Afrikaners in alle kringe. Hierdie titel bevat resepte vir die ou gunstelinge, sowel as minder bekende, maar ewe smullekker disse wat tradisioneel op die tafels van die Kaapse Maleiers te vinde is. Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis spog met heelwat nuwe resepte, onder andere tradisionele disse van ander groepe in ons multi-kulturele gemeenskap, wat stelselmatig deel geword het van die Kaap-Maleise kostradisie. Daar is uitgebreide opdienwenke buite die Kaap-Maleise kulturele konteks, en die asemrowende nuwe kosfoto's fokus op individuele borde kos, onweerstaanbaar aantreklike voorgesit, liewer as die oorvloed van die tradisionele Kaap-Maleise tafel wat so kenmerkend aan hulle feesviering is. Met hierdie nuwe benadering hoop Cass om die smullekker geregte waarvan die resepte al meer as 300 jaar van geslag tot geslag oorgedra word, van die gesinstafel tot in die beste restaurante te neem sodat almal wat ons pragtige land besoek die unieke geure en smake van Suid-Afrika se eeue-oue kostradisies kan geniet.

Soos Sjokolade: 'n Sielsbederf (Afrikaans, Paperback): Pierre Vee Soos Sjokolade: 'n Sielsbederf (Afrikaans, Paperback)
Pierre Vee
R55 Discovery Miles 550 Shipped within 10 - 15 working days

Dis amptelik: Sjokolade het dieselfde positiewe uitwerking op jou gemoed as 'n liefdevolle omhelsing wanneer jy dit nodig het. Net so maak die regte woorde op die regte tyd jou dag soeter. Soos jy jou spanning afskud met die high wat sjokolade gee, so voer woorde jou 'n wyle weg van als wat moeilik is. Soos Sjokolade is soos 'n boks met luukse lekkernye propvol allerlei leesverleidings. Jy kan jou verlustig in onkonvensionele insigte oor als wat belangrik is: Die liefde, koffie, werk, verhoudings, nare skoonma’s, vuil wasgoed, mans en kinders, die Skepper, die noodlot, moed hou en uithou...

Kruissteek - Miniature (Afrikaans, Paperback, miniature): Fransie Snyman Kruissteek - Miniature (Afrikaans, Paperback, miniature)
Fransie Snyman
R140 Discovery Miles 1 400 Shipped within 10 - 15 working days

'n Veelsydige versameling patrone met uitstekende geskenkidees.

Die boek bevat meer as 100 oorspronklike ontwerpe, elk op ' kleur-rooster, insluitend - vrolike alfabetprente; stylvolle monogramme en motiewe vir tafellinne; oulike motiewe vir babas; cool tienermotiewe; kersfeesontwerpe; maklike patrone vir kinders.

Daar is afwerkingsaanwysings vir al die geborduurde voorbeelde, asook verdere gebruiksvoorstelle.

Nuwe Jy 10 Jaar Jonger (Afrikaans, Paperback): Nuwe Jy 10 Jaar Jonger (Afrikaans, Paperback)
R87 Discovery Miles 870 Shipped within 10 - 15 working days

Al ooit gewonder hoe jy jonger kan lyk, sonder om vir duur snykunde en behandeling te gaan. Ons het die antwoord vir jou!

10 Jaar Jonger is ’n holistiese en praktiese gids vir vroue van 40+ wat skoonheid, gesondheid en dieetwenke bied wat jou ’n dekade jonger kan laat lyk.

In hierdie boek kry jy die beste wenke van verskeie skoonheidsgoeroes en dieetkundiges wat nie net jou manier van lewe sal verander nie, maar ook die manier hoe jy lyk. Kry die kans om te lyk soos wat jy 10 jaar terug gelyk het en sit weer die huppel terug in jou stap. In samewerking met ’n Nuwe jy is hierdie een van die eerste produkte wat hierdie immergewilde program van FINESSE gaan aanvul.

Kry jou wenke om 10 jaar jonger te lyk en te voel vir die res van jou lewe.

Gesonde Gesinsverhoudings in 'n Virtuele Wereld (Afrikaans, Paperback): Johan Smith Gesonde Gesinsverhoudings in 'n Virtuele Wereld (Afrikaans, Paperback)
Johan Smith
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Shipped within 5 - 10 working days

Praktiese, prettige voorstelle vir ouers om skermtyd te vervang met innige, durende verhoudings.

Die gesin is diep in die moeilikheid.

Die lewe vandag is so ’n dolle gejaag dat ouers en kinders mekaar dikwels net so in die verbygaan sien, en in daardie skaars tye wat ons ’n oomblik vir onsself het, is ons vasgegom aan ’n skerm van een of ander aard.

In Gesonde gesinsverhoudings gee Johan Smith praktiese en prettige raad hoe die gesin van die een-en-twintigste eeu kan wegkom van die digitale hulpmiddels en weer in ’n hegte verhouding met mekaar kan leef. Dit sluit voorstelle in soos die hou van fliekaande, die skep van saamlag-geleenthede en die terugbring van die etenstafel. So kan elke ouer die tipe omgewing skep waar kinders geborge voel en toegerus word om die toekoms met vertroue in te gaan.

So Nuttig - Stik Handige Sakke En Houers Vir Die Huis - Vinnig En Maklik (Afrikaans, Paperback): Debbie Shore So Nuttig - Stik Handige Sakke En Houers Vir Die Huis - Vinnig En Maklik (Afrikaans, Paperback)
Debbie Shore
R163 Discovery Miles 1 630 Shipped within 10 - 15 working days

Die ontwerpe is pragtig en stylvol en sal ook jou omgewing verfraai. Al die projekte kan met 'n gewone naaimsajien gemaak word. Maak seker dat elke ding in jou huis 'n bereplek het met laaiverdelers, wasgoed-, speelgoeden handwerksakke, 'n breinaald-bererol, borduurringmandjies, geskenkpapierhouer, toetreksakkie vir juwele en vele meer. Stap-vir-stap fotos en duidelike aanwysings, beskrywings van al die steke en tegnieke en pragfoto's van die voltooide projekte, maak hierdie boek moeilik om te weerstaan.

Jy, Net Beter! - 100 Antwoorde Op Vrae Oor Jouself (Afrikaans, Paperback): Amore Bekker Jy, Net Beter! - 100 Antwoorde Op Vrae Oor Jouself (Afrikaans, Paperback)
Amore Bekker
R84 Discovery Miles 840 Shipped within 10 - 15 working days

Jy, net beter is 'n padkaart vir jou nuwe lewe! Dis propvol nuwe, kreatiewe oplossings vir ou probleme sodat jy weer kan leer wat werklik belangrik is. Jy sal leer jou ingesteldheid is of jou beste vriend of jou grootste vyand, jou grootste bate of jou grootste las. Jy het niemand nodig om jou te motiveer nie - jy kan dit self doen! Hierdie eerlike gids begelei jou aan die hand van 100 stukke om jou eie beste vriendin, berader, leefstyl afrigter en sielkundige te wees. Jy, net beter is die ultimate selfhelpboek wat alles aanspreek wat die geluk uit jou lewe steel. Maar wees gewaarsku: Hierdie boek sal jou lewe verander!

Wat Mans Dink (Projek) (Afrikaans, Paperback): Pieter Koen, Elvis Blue, Gerhard Steyn, Heinz Winckler Wat Mans Dink (Projek) (Afrikaans, Paperback)
Pieter Koen, Elvis Blue, Gerhard Steyn, Heinz Winckler
R58 Discovery Miles 580 Shipped within 10 - 15 working days

Het jy al ooit gewonder wat jou man regtig van jou lyf dink?; Weet jy hoe hy voel oor seks, inkopies, rooi lippe en facials?; Wil jy jou hare uit jou kop trek omdat jou man jou aankyk of jy mal is wanneer jy huil?; Ken jy die waarheid wat hy van jou ma en jou vals naels dink?; Is daar dinge wat hy dalk vir jou wegsteek?; Wat skok hom die meeste van die huwelik (dis waarskynlik nie wat jy dink nie)? Bekende mans – soos Kobus Wiese, Heinz Winckler, Pieter Koen en Naas Botha – en “gewone” mans verduidelik hoe hulle koppe werk – of nie werk nie. Hulle praat met jou hart en jou verstand en gee al die raad wat jy nodig het om jou man beter te verstaan.. Wat mans dink (projek) is ’n lekkerlees boek wat tong-in-die-kies geskryf is, maar belangrike waarhede oor verhoudings en die verskille tussen mans en vroue bevat. Dis jou alles-in-een handboek om jou man se kop te kan lees – sodat jy hom meer en meer kan lief he.

Eietydse Kleurkuns - Meer as 50 Knoopkleurprojekte Vir Serpe, Rokke, T-hemde En Dekor (Afrikaans, Paperback): Melanie Brummer Eietydse Kleurkuns - Meer as 50 Knoopkleurprojekte Vir Serpe, Rokke, T-hemde En Dekor (Afrikaans, Paperback)
Melanie Brummer
R163 Discovery Miles 1 630 Shipped within 10 - 15 working days

Lapkleurwerk om interessante patrone en kleure te skep, is 'n antieke kuns wat eeue lank regdeur die wereld beoefen is en die afgelope tyd weer met hernude entoesiasme aangepak word. Met hierdie titel ontsluit kleurkunsdeskundige Melanie Brummer die ongelooflike moontlikhede van gekleurde lap vir almal met eenvoudige tegnieke, huishoudelike toerusting en klaargemaakte klere. Sy neem die knoopkleurtegniek van die Hippie-era tot in die 21ste eeu en wys jou hoe om T-hemde te kleur, ou klere met kleur te herwin, die mooiste syserpe te maak of om kleurryke modestellings te maak met klere wat met haar beproefde kleurwerktegnieke versier is. Met meer as 50 projekte om uit te kies en met die vereiste vaardigheidsvlak by almal aangedui, is daar meer as genoeg vir die beginner en die handwerker wat tegnies gevorderd is. Elke projek word verduidelik aan die hand van duidelike stap-vir-stap aanwysings en foto's wat jou wys hoe om 'n groot verskeidenheid wonderlike kleureffekte te skep terwyl pragtige kleurfoto's die voltooide items illustreer. Die titel verduidelik ook die chemiese prosesse wat by kleurwerk betrokke is en lei jou deur die tegniese aspekte van kleur en kleurwerk. Dit sal jou help om jou lewe van 'n vaal blou baadjie in 'n Josefskleed van reenboogkleure te omskep. Begin sommer nou eksperimenteer en leef jou uit in jou eie kleure.

Help Ek is 'n Skoonma (Skoondogter) (Afrikaans, Paperback): Gretha Wiid, Elise Grey, Nina Smit Help Ek is 'n Skoonma (Skoondogter) (Afrikaans, Paperback)
Gretha Wiid, Elise Grey, Nina Smit
R74 Discovery Miles 740 Shipped within 10 - 15 working days

15 bekende skoonma's en 15 bekende skoondagters deel elkeen hulle verhoudings met ons in die boek Help, Ek is 'n skoonma (skoondogter) Hulle deel die leeker en sleg die van hulle verhoudings, maar gee ook raad aan ander kinders, aandvaarding, konflik en hoe om jouself te beperk tot jou rol.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die…
Juliana Coetzer Paperback R250 R205 Discovery Miles 2 050
Brekfis - Met Derrich En Adelie
Derrich Gardner, Adelie Uys Paperback  (3)
R36 Discovery Miles 360
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Laat die Potte Prut
Via Paperback R275 R236 Discovery Miles 2 360
Boerekos Met 'n Twist
Annelien Pienaar Paperback  (17)
R350 R275 Discovery Miles 2 750
Inkleurtegnieke - Stap-Vir-Stap…
Monique Day-Wilde Paperback  (1)
R210 Discovery Miles 2 100
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (1)
R240 R191 Discovery Miles 1 910
Kruidjie Roer My - Die Antieke…
Antoinette Pienaar Paperback R240 R189 Discovery Miles 1 890
Kanker Schmanker!
Kanker Rust Paperback R265 R209 Discovery Miles 2 090
Resepte
SuzelleDIY Paperback R295 R234 Discovery Miles 2 340

 

Partners