0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (47)
  • R100 - R250 (287)
  • R250 - R500 (92)
  • R500+ (16)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

So Nuttig - Stik Handige Sakke En Houers Vir Die Huis - Vinnig En Maklik (Afrikaans, Paperback): Debbie Shore So Nuttig - Stik Handige Sakke En Houers Vir Die Huis - Vinnig En Maklik (Afrikaans, Paperback)
Debbie Shore
R163 Discovery Miles 1 630 Within 10 - 15 working days

Die ontwerpe is pragtig en stylvol en sal ook jou omgewing verfraai. Al die projekte kan met 'n gewone naaimsajien gemaak word. Maak seker dat elke ding in jou huis 'n bereplek het met laaiverdelers, wasgoed-, speelgoeden handwerksakke, 'n breinaald-bererol, borduurringmandjies, geskenkpapierhouer, toetreksakkie vir juwele en vele meer. Stap-vir-stap fotos en duidelike aanwysings, beskrywings van al die steke en tegnieke en pragfoto's van die voltooide projekte, maak hierdie boek moeilik om te weerstaan.

Wat Mans Dink (Projek) (Afrikaans, Paperback): Pieter Koen, Elvis Blue, Gerhard Steyn, Heinz Winckler Wat Mans Dink (Projek) (Afrikaans, Paperback)
Pieter Koen, Elvis Blue, Gerhard Steyn, Heinz Winckler
R58 Discovery Miles 580 Within 10 - 15 working days

Het jy al ooit gewonder wat jou man regtig van jou lyf dink?; Weet jy hoe hy voel oor seks, inkopies, rooi lippe en facials?; Wil jy jou hare uit jou kop trek omdat jou man jou aankyk of jy mal is wanneer jy huil?; Ken jy die waarheid wat hy van jou ma en jou vals naels dink?; Is daar dinge wat hy dalk vir jou wegsteek?; Wat skok hom die meeste van die huwelik (dis waarskynlik nie wat jy dink nie)? Bekende mans soos Kobus Wiese, Heinz Winckler, Pieter Koen en Naas Botha en gewone mans verduidelik hoe hulle koppe werk of nie werk nie. Hulle praat met jou hart en jou verstand en gee al die raad wat jy nodig het om jou man beter te verstaan.. Wat mans dink (projek) is n lekkerlees boek wat tong-in-die-kies geskryf is, maar belangrike waarhede oor verhoudings en die verskille tussen mans en vroue bevat. Dis jou alles-in-een handboek om jou man se kop te kan lees sodat jy hom meer en meer kan lief he.

Jy, Net Beter! - 100 Antwoorde Op Vrae Oor Jouself (Afrikaans, Paperback): Amore Bekker Jy, Net Beter! - 100 Antwoorde Op Vrae Oor Jouself (Afrikaans, Paperback)
Amore Bekker
R84 Discovery Miles 840 Within 10 - 15 working days

Jy, net beter is 'n padkaart vir jou nuwe lewe! Dis propvol nuwe, kreatiewe oplossings vir ou probleme sodat jy weer kan leer wat werklik belangrik is. Jy sal leer jou ingesteldheid is of jou beste vriend of jou grootste vyand, jou grootste bate of jou grootste las. Jy het niemand nodig om jou te motiveer nie - jy kan dit self doen! Hierdie eerlike gids begelei jou aan die hand van 100 stukke om jou eie beste vriendin, berader, leefstyl afrigter en sielkundige te wees. Jy, net beter is die ultimate selfhelpboek wat alles aanspreek wat die geluk uit jou lewe steel. Maar wees gewaarsku: Hierdie boek sal jou lewe verander!

Eet reg - Bevry jouself en jou kinders van emosionele eet (Afrikaans, Paperback): Zelda Ackerman Eet reg - Bevry jouself en jou kinders van emosionele eet (Afrikaans, Paperback)
Zelda Ackerman
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) In stock

Vetsug neem skokwekkend toe in Suid-Afrika, veral onder tieners. Hierdie boek wys hoe emosionele eet ontstaan en hoe om dit te voorkom. Eet reg is propvol gesaghebbende raad wat regtig werk. Bevry jouself en jou kinders vir altyd van emosionele eet en verwelkom 'n leeftyd van lekker en gesond eet. Met resepte, eetplanne en sielkundig begrond. Leer jou kind om negatiewe emosies gepas te hanteer; Skep die optimale huis vir die voorkoming van emosionele eet en oorgewig; Voed jou gesin optimaal; Leer jou kinders gesond eet en eet self reg lewenslank; Hoe om n kind wat reeds oorgewig is te hanteer. Zelda Ackermann is 'n geregistreede dieetkundige wat skryf vir Baba & Kleuter. Met die samewerking van gerekende sielkundige Louis Awerbuck.

Eietydse Kleurkuns - Meer as 50 Knoopkleurprojekte Vir Serpe, Rokke, T-hemde En Dekor (Afrikaans, Paperback): Melanie Brummer Eietydse Kleurkuns - Meer as 50 Knoopkleurprojekte Vir Serpe, Rokke, T-hemde En Dekor (Afrikaans, Paperback)
Melanie Brummer
R163 Discovery Miles 1 630 Within 10 - 15 working days

Lapkleurwerk om interessante patrone en kleure te skep, is 'n antieke kuns wat eeue lank regdeur die wereld beoefen is en die afgelope tyd weer met hernude entoesiasme aangepak word. Met hierdie titel ontsluit kleurkunsdeskundige Melanie Brummer die ongelooflike moontlikhede van gekleurde lap vir almal met eenvoudige tegnieke, huishoudelike toerusting en klaargemaakte klere. Sy neem die knoopkleurtegniek van die Hippie-era tot in die 21ste eeu en wys jou hoe om T-hemde te kleur, ou klere met kleur te herwin, die mooiste syserpe te maak of om kleurryke modestellings te maak met klere wat met haar beproefde kleurwerktegnieke versier is. Met meer as 50 projekte om uit te kies en met die vereiste vaardigheidsvlak by almal aangedui, is daar meer as genoeg vir die beginner en die handwerker wat tegnies gevorderd is. Elke projek word verduidelik aan die hand van duidelike stap-vir-stap aanwysings en foto's wat jou wys hoe om 'n groot verskeidenheid wonderlike kleureffekte te skep terwyl pragtige kleurfoto's die voltooide items illustreer. Die titel verduidelik ook die chemiese prosesse wat by kleurwerk betrokke is en lei jou deur die tegniese aspekte van kleur en kleurwerk. Dit sal jou help om jou lewe van 'n vaal blou baadjie in 'n Josefskleed van reenboogkleure te omskep. Begin sommer nou eksperimenteer en leef jou uit in jou eie kleure.

Begin Jou Eie Groentetuin (Afrikaans, Paperback): Johan Van Zyl, Peter van Noord Begin Jou Eie Groentetuin (Afrikaans, Paperback)
Johan Van Zyl, Peter van Noord
R325 R250 Discovery Miles 2 500 Save R75 (23%) Within 7 - 15 working days

Om jou eie groente en kruie te kweek is ’n nuwe tendens wat voortspruit uit die behoefte om stadiger te leef, te weet waar jou kos vandaan kom en beter na die planeet om te sien. In Begin jou eie groentetuin rus die twee plattelanders jou toe om dit te doen deur die nuutste ontwikkelings in te span – van waterbesparing en permakultuur tot biodinamika en herwinning. En jy hoef nie ’n groot stuk grond te h nie. Groentetuine kan op balkonne, in vensterbanke en vertikaal teen mure aangel word.

Leer hoe om kompos te maak, watter plante droogtebestand is en watter plante nie saam geplant moet word nie, in watter streek en seisoen watter plante aard, hoe om water op te gaar en weer te gebruik asook wat vir onkruid- en pesdoders ingespan kan word. Die skrywers se raad: deel jou kennis en leer uit mekaar se foute. Dit maak die eerste groente-oes soveel lekkerder!

Platteland: Seisoenskos (Afrikaans, Paperback): Weg/Go! Tydskrif Platteland: Seisoenskos (Afrikaans, Paperback)
Weg/Go! Tydskrif
R325 R250 Discovery Miles 2 500 Save R75 (23%) Within 7 - 15 working days

In Seisoenskos word jy genooi om heeljaar volgens die seisoen te eet. Verlekker jou in die lekkertes van elke seisoen:

waatlemoenen druiwe in die somer; grenadellas en vye in herfs; sitrusvrugte in die winter en avokados, kappertjies en spruite in die lente. Elke seisoen maak voorsiening vir voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte en nageregte en gebak. Met nuttige wenke soos hoe om jou eie groen knoffel te groei. Vir alle kosliefhebbers.

Uit 'n Ouerhart (Afrikaans, Paperback): Norma Rossouw Uit 'n Ouerhart (Afrikaans, Paperback)
Norma Rossouw
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Within 11 - 16 working days

50 waarhede vir elke kind se lewensreis.

Kinders leer die beste deur ander se voorbeeld na te volg en deur dinge te doen. In Uit ’n ouerhart deel Norma Rossouw 50 waarhede met ouers om prakties toe te pas en jou kind toe te rus vir die lewe. Sy bevestig die belangrikheid van ouers se voorbeeld en om die Here saam met jou kind in gebed en lofprysing te dien.

Norma deel van haar eie insigte as ouer, wat die Bybel oor elke aspek s, hoe om die Heilige Gees as Raadgewer in elke situasie te vertrou en hoe om God te loof vir wat Hy reeds gedoen het. Temas wat bespreek word, is onder andere vriendskap, prioriteite, liefde in aksie, nederigheid en waarvoor om nee te s.

Daar is ook plek vir jou en jou kind om vrae te beantwoord en gedagtes neer te skryf, asook voorstelle vir gebede om saam te bid en voorstelle vir dinge om as ouers en kinders te doen.

365 Wyshede Uit Die Pen Van Hettie Brittz (Afrikaans, Paperback): Hettie Brittz 365 Wyshede Uit Die Pen Van Hettie Brittz (Afrikaans, Paperback)
Hettie Brittz
R77 Discovery Miles 770 Within 10 - 15 working days

Wonder jy ook waar is jou kind heen en wie is hierdie alien?

Alles is ’n stryd: gesonde kos eet, rels gehoorsaam ... Ouers voel soos mislukkings omdat dit lyk of hulle geen dissipline toegepas kry nie. Hulle voel skuldig omdat hulle heeldag raas.

Stop! Bly net kalm en lees een van hierdie 365 Wyshede uit die pen van Hettie Brittz. Hier is genoeg vir ’n hele jaar. Of jy kan sewe op een slag lees. Net soos jy wil, wanneer jy wil, volgens j behoefte. En jy kan haar raad wat werk en haar insigte wat inspireer vir vriende en familie aangee, wanneer hulle moedeloos is met hulle ouerskap.

Hierdie aanhalings leer jou om jou kind se unieke temperament te verstaan. Hulle gee wenke om met gesag op te tree wat getuig van God se liefde. En hulle verseker jou jy kn jou boompie op die regte manier buig en snoei.

30: 30-Minute-Resepte, Wenke En Wyshede (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing 30: 30-Minute-Resepte, Wenke En Wyshede (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R330 R283 Discovery Miles 2 830 Save R47 (14%) In stock

Die gewilde en gerekende koskenner Herman Lensing vier 30 – op allerhande maniere, maar (natuurlik!) het die belangrikste daarvan met kos te doen.

Daar is byvoorbeeld 30-minute-resepte, die 30 dinge wat jy van wyn moet weet, en wenke van sy koskenner vriend oor hoe om jou gebak te laat skitter – en ook 30 goeie gewoontes, dinge wat sy ma hom nooit vertel het nie, maniere om gesond te bly en meer.

Die resepte word verdeel in die afdelings brood, maalvleis, graan, pasta, varkvleis, tuna, skaapvleis, en hoender. By elke afdeling is daar ook vier “moet-maak” resepte.

Herman deel sy kennis en wenke gulhartig, en nooi lesers ook om ’n bietjie uit sy lewe te leer.

Wenke Vir Die Klein Tuin (Afrikaans, Audio cassette): Nancy Gardiner Wenke Vir Die Klein Tuin (Afrikaans, Audio cassette)
Nancy Gardiner
R135 Discovery Miles 1 350 Within 10 - 15 working days

'n Klein tuin bied sy eie uitdagings, of dit nou 'n lang, smal strook, 'n klam skaduryke binnehof, 'n klein stukkie ground of 'n windverwaaide balkon is. Of jy nou 'n oorvloed blomme wil he, 'n tuin wat min onderhoud verg, 'n speelplek vir kinders of 'n veelsydige ontspanningasarea - noukeurige beplanning is noodsaaklik om die plek wat jy tot jou beskikking het ten beste te benut. Klein tuine is deesdae die reel liewer as die uitsondering en daar is 'n oorvloed plante beskikbaar vir elke denkbare behoefte. Kruistelers en tuinboukundiges het bykans elke groot struik, boom en plant gekutiveer om kleiner, meer kompakte en dwergvariasies van klassieke gunstelinge daar te stel. Hierdie titel vertel jou meer daarvan, asook hoe om 'n pragtuin in jou klein ruimte te skep.

Enigeen Kan Orgidee Kweek (Afrikaans, Paperback): Nollie Cillier, Tinus Oberholzer Enigeen Kan Orgidee Kweek (Afrikaans, Paperback)
Nollie Cillier, Tinus Oberholzer
R205 Discovery Miles 2 050 Within 10 - 15 working days

Orgidee was lank die domein van spesialiskwekers, maar is deesdae so gewild dat hulle tans beskou word as uiters geskikte plante vir die massamark, en kan by kwekerye, supermarkte en bloemiste gekoop word. Die meeste orgidee word as geskenk ontvang deur mense wat nog nooit een gekweek het of aan die lewe kon hou nie, wat nog te se dit vir 'n tweede keer te laat blom! Maar as die regte kweekaanwysings gevolg word, kan enigiemand op enige plek orgidee kweek en vir lang tydperke aan die blom hou. Hierdie boek bevat al die inligting wat jy nodig het om jou orgidee te versorg, of jy nou 'n groentjie of ervare kweker is. Dit fokus op Suid-Afrikaanse toestande met 'n plantseleksie was konsentreer op orgidee wat plaaslik goed sal groei. Die inligting is duidelik en eenvoudig, en dek alle aspekte van die kweek van orgidee sodat jy jou plante gelukkig kan hou en kan verseker dat hulle weer blom. Die inhoud sluit die volgende in: Wat maak orgidee anders as ander plante; Die kweek van orgidee, van groeimengsels tot voortplanting en hibridisering; Herkenning en hantering van peste en plae; Gids tot die hooforgideegroepe, veral die wat algemeen beskikbaar is, met volledige inligting oor die kweek en versorging daarvan; Metgeselplante vir orgidee: plante wat in dieselfde groeitoestande gedy. Pragfoto's illustreer meer as 420 orgideespesies en -hibriede in die boek, en heelwat daarvan is spesiaal vir die boek geneem. Enigeen kan orgidee kweek bied dus hope visuele inspirasie saam met uitstekende praktiese inligting. Dit sal jou help om die perfekte orgidee te vind en dit maklik maak om hulle in die beste moontlike kondisie te hou.

Fotostories - Van Tegniek Tot Bladsy (Afrikaans, Paperback): Retha van der Walt Fotostories - Van Tegniek Tot Bladsy (Afrikaans, Paperback)
Retha van der Walt
R163 Discovery Miles 1 630 Within 10 - 15 working days

Fotoplakguru Retha van der Walt, samesteller van die TV-program Fotostories op KykNet, demonstreer die top 12 fotoplakwerktegnieke - almal met illustrasies en duidelike stapsgewyse foto's. Elke tegniek word gevolg deur 'n verskeidenheid treffende voorbeelde van die gebruik daarvan in bladuitlegte geskep deur beide Retha en 'n indrukwekkende versameling plaaslike en internasionale medewerkers wat die room van die fotoplakkerswereld verteenwoordig. Van die tegnieke wat beskryf word, sluit kreatiewe matwerk, weefwerk, veroudering en mini-albums in en elkeen is vergesel van 'n volledige lys van benodigdhede. Gedetailleerde beskrywings en duidelike volbladfoto's van elke uitleg bied vir die leser 'n inspirasiefees vol bykomende inligting en idees. 'n Kort, maar insiggewende inleiding fokus op die hoofelemente van fotoplakwerk en sorg dat die fotoplakker sukses sal kan smaak met slim ontwerp-, fotografie-, joernaal- en gereedskapwenke. Meer as 300 foto's maak van hierdie titel 'n visuele viering van fotoplakwerk en onmisbare toevoeging tot enige fotoplakkersboekrak!

Maak Kinderklere - Vinning En Maklik (Afrikaans, Paperback): Fransie Snyman Maak Kinderklere - Vinning En Maklik (Afrikaans, Paperback)
Fransie Snyman
R70 Discovery Miles 700 Within 10 - 15 working days

Dis nie altyd maklik om kinderklere te kry wat prakties sowel as stylvol is nie, en wanneer jy wel daarin slaag, is die klere gewoonlik baie duur. Maar danksy die wonderlike verskeidenheid sterk, kleurryke natuurlike stowwe wat vandag beskikbaar is, is dit 'n plesier om kinderklere te maak. Hierdie titel se patrone en lapkombinasies en uitrustings sal selfs die traagste naaldwerker inspireer om die naaimasjien nader te trek en te begin stik. Daar is iets vir almal van twee tot tien en deur die kledingstukke van die verskillende uitrustings vindingryk te meng en te pas, kan jy jou kind elke dag van die week in 'n ander stel kleure uitdos. Die title het patrone vir elke moontlike kledingstuk van sonrokkies tot sweetpakke, van slaapklere to windejekkers - almal getoets aan die vereiste dat dit maklik en vinnig moet wees om te maak. Die kleure word lekker ruim gesny en jou kind sal heerlik gemaklik daarin kan speel en baljaar.

Hoe Om 'n Superkind Groot Te Maak (Afrikaans, Paperback): Kobus Neethling, Rache Rutherford Hoe Om 'n Superkind Groot Te Maak (Afrikaans, Paperback)
Kobus Neethling, Rache Rutherford
R64 Discovery Miles 640 Within 10 - 15 working days

Leer hoe om jou kind beter te verstaan en kreatief gereed te kry vir die toekoms. Besef hoekom heelbreindenke nodig is om jou kinders "die beste" te gee. Dink van nou af nuut en anders oor ouerskap en besef: Hoe jy dink bepaal jou lewe - en jou kind s'n!

Tweede skeppende inkleurboek - Nog ontspanningsterapie vir besige mense (Afrikaans, Paperback): Emma Farrarons Tweede skeppende inkleurboek - Nog ontspanningsterapie vir besige mense (Afrikaans, Paperback)
Emma Farrarons
R145 R125 Discovery Miles 1 250 Save R20 (14%) Within 4 - 8 working days

Gebruik hierdie inkleurpaspoort en skep 'n weg na kalmte en vrede in jou gemoed. Dieselfde skrywer en illustreerder van Skeppende inkleurboek het 'n tweede boek, propvol delikate handgetekende tonele uit die natuur en dekoratiewe wereld, geskep. Wanneer jy hierdie manjifieke illustrasies invul met kleur behoort jou kreatiwiteit aangewakker te word terwyl jy terselfdertyd sal oefen om met aandag diep betrokke by jou eie kreatiewe proses te raak. Waar jy jou ook al sou bevind, kalmeer jou gemoed en werk spanning tee deur aandagtig elke illustrasie in te vul met kleur.

Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Within 11 - 16 working days

Ontdek hoe beheer oor jou denke jou kan help om sukses te behaal in alle areas van jou lewe.

Hoe en wat ons dink, het ’n geweldige invloed op ons verstandelike, emosionele en selfs fisieke welsyn. Om die waarheid te s, ons denke kan ons beperk tot dit wat ons glo ons kan doen, of dit kan ons dinge laat ervaar waarvan ons nooit kon droom nie. Wanneer ons ’n denkwyse kies wat ons vermons verruim, sal ons groter intellektuele satisfaksie, emosionele beheer en fisieke gesondheid ervaar. Die vraag is net: Hoe?

Dr. Caroline Leaf gebruik wetenskaplike navorsing en Bybelse insig om lesers te inspireer om beheer te neem van hulle gedagtes sodat hulle sodoende beheer kan neem van hulle lewens. Hierdie praktiese boek bevat die volgende:

’n 5-stap-leerprogram om geheue te verbeter en effektief te leer

’n profiel om die unieke manier te ontdek waarop elke leser inligting verwerk

’n gids om hulle gedagtewreld optimaal te leer benut

Dr. Leaf wys lesers hoe om hierdie kragtige hulpmiddels te kombineer om beter te vaar op die gebied van geheue, leer, intellektuele prestasie, werkprestasie, fisieke prestasie, verhoudings, emosionele gesondheid en – die belangrikste van alles – ’n lewe vol sin en betekenis te ervaar.

Koester Jou Baba (Afrikaans, Paperback): Megan Faure, Ann Richardson Koester Jou Baba (Afrikaans, Paperback)
Megan Faure, Ann Richardson
R154 Discovery Miles 1 540 Within 10 - 15 working days

Van al die bababoeke in Suid-Afrika is Koester jou baba al die afgelope dekade die topverkoper.

Dit is reeds in verskeie tale vertaal en is in 2008 en 2009 met die internasionale prestige-toekenning (VK se Praktiese Voorskoolse Toekenning: Goud) bekroon. Met 100 000 kopie in druk het die tyd vir ’n herdruk aangebreek. Die boek se toeganklike styl en die fokus op baba se slaap, kalmte en ontwikkeling word steeds in die nuwe uitgawe bespreek maar die outers Meg Faure en Ann Richardson het ook die teks bygewerk om die jongste navorsing in te sluit en ma’s en professionele persone se vrae en versoeke te beantwoord.

Wat is nuut?

  • Hoekom babas verskil – hulle hanteer sensoriese inligting verskillend wat hul persoonlikhede benvloed en die manier waarop hulle op hul nuwe wreld reageer.
  • Hoe ouers hul baba kan help om kalm-tevrede te bly.
  • Meer inligting oor die verhouding tussen moegheid en huil.
  • Borsvoeding word in baie meer detail bespreek.
  • ’n Uitgebreide afdeling oor koliek, hoekom jong babas huil en hoe om koliek stap-vir-stap te hanteer.
  • ’n Bygewerkte masseer-afdeling wat op nuwe teorie oor die verskillende masseertegnieke gebaseer is.
  • Nageboortelike depressie is volledig bygewerk en geherdefinieer volgens huidige denkrigtings.
  • Die konsep van peri-natale nood word verduidelik.

Die nuwe uitgawe van Koester jou Baba sal beslis so gewild soos altyd wees onder ouers omdat dit praktiese oplossings vir algemene babakwessies bied. Tog sal die nuwe inligting ouers ekstra insigte gee om hul babas se sensoriese behoeftes selfs beter te hanteer.

Kry Balans in Jou Lewe - Praktiese Wenke Vir Werkende Ma's (Afrikaans, Paperback): Colinda Linde Kry Balans in Jou Lewe - Praktiese Wenke Vir Werkende Ma's (Afrikaans, Paperback)
Colinda Linde
R131 Discovery Miles 1 310 Within 10 - 15 working days

Elke werkende ma het vinnige, doeltreffende maniere nodig om al haar rolle te vervul sonder dat sy haarself en haar persoonlike behoeftes in die proses afskeep. Hierdie titel bied jou 'n toeganklike raamwerk om balans en wanbalans te verstaan, maklike maniere om te bepaal wat jy moet doen om beter balans te skep, en praktiese tegnieke om die balans te handhaaf. Ontdek die unieke manier waarop jy stres ervaar en leer dit hanteer. Ontwikkel meganismes om wanbalans te herstel. Maak die meeste van jou tyd en inspanning. Gebruik praktiese idees om verskeie take gelyk te verrig.

Waag Met Krale En Meer (Afrikaans, Paperback): Heather Laithwaite Waag Met Krale En Meer (Afrikaans, Paperback)
Heather Laithwaite
R163 Discovery Miles 1 630 Within 10 - 15 working days

Die titel wys jou hoe om nog meer wonderlike juwele te maak met die immer-groeiende verskeidenheid krale op die mark. Met die oog op die huidige gewildheid van draad, kettings, kristalle en bonkige krale, kombineer sy sy al die elemente met fyn kraleweefwerk om unieke stukke te skep - of jy dit groot en glansend verkies, of van tydlose elegansie hou. Die stap-vir-stap foto's en aanwysings is maklik om te volg, en word verder aangevul deur duidelike lyntekeninge wat verseker dat enigeen, van beginners tot gevorderde kralewerkers, sukses kan behaal. Die pragtige ontwerpe is almal oorspronklik, van maklike kristal-oorringe tot 'n ongewone kraleweeftou met 'n blomkelkverlenging. Boonop word verskeie kleurkombinasies geillustreer om jou te lei en inspireer en tot nuwe hoogtes aan te spoor.

Woorde - Vir Papier, Kuns En Kreatiewe Skeppings (Afrikaans, Paperback): Monica de Beer Woorde - Vir Papier, Kuns En Kreatiewe Skeppings (Afrikaans, Paperback)
Monica de Beer
R140 Discovery Miles 1 400 Within 10 - 15 working days

Woorde vir papier, kuns & kreatiewe skeppings is enig in sy soort. Hierdie titel sal handwerkers en kunstenaars inspireer en wys hoe om woorde in hulle skeppings te gebruik - van kaartjie- en plakboekwerk tot muurkuns en skilderwerk. Wat jy sal leer. Waarom dit belangrik is om woorde in skeppings te gebruik. Waar om inspirasie en woorde te kry. Hoe om woorde deel te maak van skeppings. Die grootste deel van die titel is met woorde gevul, wat die soektog na die regte seding om 'n spesifieke situasie te beskryf 'n absolute plesier maak. Die skrywer se liefde en passie vir Suid-Afrika blyk uit die inhoud en maak die titel uniek. Die meeste van die gedigte, rympies, frases en woordkombinasies wat in die boek voorkom, is oorspronklik of van Suid-Afrikaanse oorsprong. 'n Moet vir elke kreatiewe siel!

God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback): Retha Benade God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback)
Retha Benade
R167 Discovery Miles 1 670 Within 10 - 15 working days

Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Die wat anti-gay is (ouers, familie, vriende, kerkleiers) en nie besef watter bloedspoor gelos word deur die misbruik van die Skrifte, mites en ongevoelige uitsprake teenoor gay mense nie.
  • Die gelowige gay mens wat met sy of haar seksualiteit sukkel en hopelik aangespoor sal word om hulleself te aanvaar.
  • Die pro-gay mense (ouers, familie, vriende, kerkleiers) wat swaar dra in die proses om die gay mens te beskerm.
Van Gewoon Na Uitsonderlik (Afrikaans, Paperback): Kobus Neethling, Rache Rutherford, Liesl Schoonwinkel, Karen Hodges Van Gewoon Na Uitsonderlik (Afrikaans, Paperback)
Kobus Neethling, Rache Rutherford, Liesl Schoonwinkel, Karen Hodges
R161 Discovery Miles 1 610 Within 10 - 15 working days

Ag, my lewe is so vervelig ...

Die mense by my werk maak my mal!

Ek haat my werk, ek werk net vir geld.

Voel jy ook so?

Dan sal hierdie boek jou help om kopskuiwe te maak. Dit sal jou leer hoe om jou vaardighede te ontwikkel om meer effektief te wees. Dit sal jou motiveer om jou dagtake meer positief en kreatief af te handel. In 200 stukkies wat jy oor 40 weke – elke werksdag – kan deurwerk, gee Kobus Neethling vir jou alles wat jy nodig het om weer lus te wees vir dit waarmee jy jou salaris verdien. Elke stukkie is geskryf in alledaagse, verteerbare taal. Die inhoud is boonop so ontwerp dat die daaglikse stukkie jou net vyf minute sal neem om deur te gaan. Die onderwerpe is sorgvuldig gekies om jou te help om ...

• te verstaan hoe jou breinvoorkeure jou werk benvloed

• idees te skep wat die mense om jou sal inspireer

• beter te kommunikeer vir beter verhoudings

• jou probleme kreatief op te los

• gelukkig te wees (selfs op ’n Maandag!)

• te ontdek hoe slim jy regtig is

• goeie en slegte stres te bestuur

• jou beste te lewer.

Jy, net buitengewoon is nuut. Dis groot. Dit sal die manier waarop jy werk vir altyd verander.

Corli se Kombuis (Afrikaans, Paperback): Corli Botha Corli se Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Corli Botha 1
R325 R279 Discovery Miles 2 790 Save R46 (14%) In stock

Die Koekedoorwenner van 2016 gee haar/sy smaaklike gunstelingresepte onder die volgende hoofstukke:

- Lank, lank gelede

- Binne ’n uur

- So ’n bietjie Frankryk

- Kook saam met vriende

- Suid-Afrikaans

- Of maak dit jou eie …

- Klein en fyn

- Koek-en-tert-liefdes

- Meesterstukke

- Lekker vir oulaas.

Heerlike resepte wat deeglik beproef is en geskik is vir beginners, en vir die ervare kokke is daar ook ’n paar uitdagings.

Visualisering - Wat Jy Bedink, Kan Jy Beklink (Afrikaans, Paperback): Piet Muller Visualisering - Wat Jy Bedink, Kan Jy Beklink (Afrikaans, Paperback)
Piet Muller
R134 Discovery Miles 1 340 Within 10 - 15 working days

Daar is niks wat die mens tot stand bring wat nie as n idee begin nie. Hierdie boek gee n oorsig van hoe om jou doelwitte, van watter aard ook al, te bereik deur jou verbeelding te gebruik. Kwessies soos gewigsverlies, ophou rook, die hantering van moeilike situasies en selfs aansoek vir werk word aangespreek. Daar word ook vertel hoe visualisering deur sportlui aangewend word om n ingesteldheid van wen te kweek, beserings te beheer en duidelike doelwitte te stel. Praktiese oefeninge wat mens kan help om stres te hanteer en suksesvol te visualiseer, word breedvoerig beskryf.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Armand Kook Kaal - 'n Banting- en…
Armand Aucamp Paperback R380 R299 Discovery Miles 2 990
Resepte
SuzelleDIY Paperback R280 R209 Discovery Miles 2 090
Kruidjie Roer My - Die Antieke…
Antoinette Pienaar Paperback R240 R192 Discovery Miles 1 920
Soettand
Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker Paperback  (2)
R235 R202 Discovery Miles 2 020
Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie
Martjie Malan Hardcover R450 R376 Discovery Miles 3 760
Laat die Potte Prut
Via Paperback R265 R228 Discovery Miles 2 280
Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik.
Johane Neilson Paperback R290 R241 Discovery Miles 2 410
Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste
Andre Le Roux Paperback R300 R258 Discovery Miles 2 580
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (1)
R240 R191 Discovery Miles 1 910
Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo…
Antoinette Pienaar Paperback R260 R208 Discovery Miles 2 080

 

Loyalty partners