0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (47)
  • R100 - R250 (287)
  • R250 - R500 (92)
  • R500+ (16)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Is Jy Gereed Vir Die Avontuur Van Ouerskap (Afrikaans, Paperback): Gary Chapman Is Jy Gereed Vir Die Avontuur Van Ouerskap (Afrikaans, Paperback)
Gary Chapman
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Within 11 - 16 working days

Met ’n tikkie humor en praktiese raad berei Gary Chapman en Shannon Warden jong ouers voor vir die avontuur van kinders grootmaak.

Gary Chapman, outeur van die New York Times-topverkoper The 5 Love Languages span kragte saam met dr. Shannon Warden – professor in berading, vrou en ma van drie – om jong ouers voor te berei vir die avontuur van kinders grootmaak.

In Is jy gereed vir die avontuur van ouerskap? deel hulle wat hulle wens hulle geweet het vóór hulle kinders gehad het, soos: kinders beïnvloed jou tyd, jou geld en jou huwelik – en dit is net die begin. Met ’n tikkie humor gee hulle praktiese raad vir alles van potjielesse tot skedules, om vir jou kind jammer te sê en hoe om jou huwelik sterk te hou … en dit alles terwyl jy die groot vreugde van kinders grootmaak vier.

Kweek Kinders Met Heel Harte (Afrikaans, Paperback): Hettie Brittz Kweek Kinders Met Heel Harte (Afrikaans, Paperback)
Hettie Brittz
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Within 7 - 15 working days

Hier is ’n praktiese gids om jou kind te help met selfbeeldontwikkeling en die bou van goeie karakter asook die afleer van slegte gewoontes.

Kweek kinders met heel harte is ‘n praktiese gids om jou kind reg groot te kry in vandag se tye, na siel en gees. Hettie kyk indringend na kwessies soos die versorging van jou kind se liggaam, siel en gees, selfbeeldontwikkeling, die kweking van goeie karakter en die afleer van slegte gewoontes en die hantering van swak karaktereienskappe.

Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner (Afrikaans, Paperback): Janine Bevolo-Manders, Rina Burger Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner (Afrikaans, Paperback)
Janine Bevolo-Manders, Rina Burger
R195 R168 Discovery Miles 1 680 Save R27 (14%) In stock

Vrouekeur is ’n populere gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die rubrieke het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine se boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir grootmense. Dames kan boek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige verbeeldingryke illustrasies in die boek in te kleur. Inkleur vir grootmense is tans baie gewild! Nie net is dit ’n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf nie, maar dit het ook terapeutiese waarde.

Aangename Kennis, Here (Afrikaans, Paperback): Retief Burger, Wanda Bam, Isak Burger Aangename Kennis, Here (Afrikaans, Paperback)
Retief Burger, Wanda Bam, Isak Burger
R71 Discovery Miles 710 Within 10 - 15 working days

ONTMOETINGS MET DIE LEWENDE GOD GEBEUR NIE NET IN DIE KERK NIE ...

Is jy bekommerd oor jou familie? Sukkel jy met skuld, huweliksprobleme, verslawing of jou gesondheid?

Is jy gestres en kan jy nie meer die Here se seëninge raaksien nie?

Asem dan die woorde in hierdie boek in soos die asem van God wat nuwe lewe in jou bestaan blaas. Lees wie die Here is, waarvan Hy hou en hoe Hy mense verras. Jy leer net ’n deeltjie van Hom regtig ken deur wat jy ervaar. Nou kan jy ’n klomp hartsopenbaringe bymekaar sit, en ’n groter prentjie geteken kry in jou binneste.

Aangename kennis, Here is ’n program op Radiokansel wat soggens vroeg uitgesaai word. 50 verstommende getuienisse is nou in boekformaat beskikbaar, sodat jy kan lees wat beroemdes en mense wat jy nie ken nie uit hulle geloofsharte vertel.

WARE VERHALE, OPREGTE MENSE, WARE HOOP.

Koester Jou Kleuter - Verstaan Jou Kleuter Se Sensoriese Wereld (Afrikaans, Paperback, New edition): Ann Richardson Koester Jou Kleuter - Verstaan Jou Kleuter Se Sensoriese Wereld (Afrikaans, Paperback, New edition)
Ann Richardson
R154 Discovery Miles 1 540 Within 10 - 15 working days

Die kleuterjare is 'n tyd van ongeewenaarde groei en ontwikkeling. Dis ook 'n tyd van woedeuitbarstings en konflik. As jy weet wat normale kleutergedrag is, kan jy dit realisties, doeltreffend en sonder skuldgevoelens hanteer. Jou kleuter leer deur sy sintuie - om hom die beste leiding te gee, het jy hope sin-volle insig nodig. Hierdie gewilde opvolg op Koester jou baba is pas bygewerk met die jongste relevante navorsing en vertel jou alles oor: Hoe om jou kind se unieke sensoriese profiel te herken en verstaan; stimulering sonder om jou kind te oorlaai; slaaptydoplossings vir elke ouderdom; dissipline met liefde en 'n sin vir humor; 'n sinvolle benadering tot toiletgebruik; kleutervoeding en hoe om kleuterfiemies te hanteer; ontwikkelingsmylpale en idees om ontwikkeling aan te moedig; hoe om leergestremdhede te herken en vroeg reeds aan te spreek.

Ek & Jy - Verhoudings Wat Werk (Afrikaans, Paperback): Louis Awerbuck, Lise Swart Ek & Jy - Verhoudings Wat Werk (Afrikaans, Paperback)
Louis Awerbuck, Lise Swart
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Within 7 - 15 working days

Sukkel jy om met jou baas te praat? Is jou verhouding met jou maat moeilik? Dit lyk asof ons eenvoudig nie weet hoe om verhoudings te laat werk nie. Hier is 'n werkbare oplossing. In Ek & Jy kyk die outeurs nugter na liefdesverhoudings en vriendskappe in hedendaagse tye: hoe dit ontstaan, ons verwagtinge, hoe om te onderskei tussen korttermyn- en langtermynverhoudings, voorwaardes vir suksesvolle verhoudings, konflikhantering en die rol van temperament. ’n Praktiese handleiding vir nuwe en bestaande verhoudings asook familie of kollegas.

Dis Oukei  - As Jou Kinders Verskil (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg, Beatrix van Rensburg Dis Oukei - As Jou Kinders Verskil (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg, Beatrix van Rensburg
R64 Discovery Miles 640 Within 10 - 15 working days

In Dis Oukei, onthul Ewald en Beatrix van Rensburg die geheim van suksesvolle ouerskap: Om met “sagte oe” na jou kind te kyk. Dit beteken om jou kind se aangebore temperament te herken en te waardeer, sowel as die eksterne faktore wat ‘n invloed op sy vorming kan uitoefen, soos sy geboorteorde in die gesin en die spesifieke ontwikkelingsfase waarin hy of sy verkeer.

Met die wysheid en insig wat spruit uit jare se studie en praktiese ervaring, wys die skrywers daarop dat waar dit kind grootmaak aangaan, die “one size fits all” benadering dood eenvoudig nie werk nie. Daarteenoor sal ‘n benadering wat op die kind se unieke persoonlikheids samestelling afgestem is, lei tot ‘n gelukkiger kind…en ‘n gelukkiger ouer.

Dis Oukei is ‘n boek wat jy stuk-stuk kan lees, oor kan nadink en op die proef kan stel. Jy sal keer op keer terug keer na bepaalde aspekte wat op daardie spesifieke tydstip in jou ouerskap vir jou van belang is.

Kalmte in die Malle Gejaag - Mindfulness vir Besige Mense (Afrikaans, Paperback): Johannes Bertus de Villiers Kalmte in die Malle Gejaag - Mindfulness vir Besige Mense (Afrikaans, Paperback)
Johannes Bertus de Villiers
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Within 7 - 15 working days

Jy wil graag soms asem skep, die mooi dinge om jou raaksien en tyd bestee aan dit wat regtig saak maak. Maar die realiteit is dat jy van punt A na punt B jaag, altyd moeg en erg gestres is. Hoe kan jy hierdie situasie verander? Deur die tegniek van bedagtheid (mindfulness) en meditasie is dit moontlik om met vars, nuwe oë na die wêreld om jou te kyk. Leer aan die hand van die stories van gewone mense hoe om bedagtheid deel van jou lewe te maak sodat jy die wonderskone in elke oomblik - ook die moeilikes - kan sien. Deur bedagtheid te beoefen sal jy beter met mense oor die weg kom, weer lief vir die lewe raak, ontspanne wees en jou werkslas beter kan hanteer. Laat​ Kalmte in die malle gejaag​ jou inspirasie wees. Geskryf met baie humor deur 'n kundige wat self die pad geloop het en hope praktiese wenke.

'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback): Pieter Van Jaarsveld 'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback)
Pieter Van Jaarsveld
R225 R194 Discovery Miles 1 940 Save R31 (14%) Within 7 - 15 working days

Jou kind word nie met 'n handboek gebore nie, en jy kry geen opleiding of kwalifikasies in kindgrootmaak nie. Dalk weet jy net jy wil nie jou kinders grootmaak soos jou ouers jou grootgemaak het nie, maar jy is ook nie seker wat die beste manier sal wees nie.

Baie ouers weet nie hoe belangrik hulle woorde en gedrag vir ʼn kind se breinontwikkeling is nie. Hulle besef nie dat ons vandag met ons kennis van neurowetenskap, verstandelike intelligensie en emosionele intelligensie ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige en positiewe mense te wees nie.

Dr Pieter van Jaarsveld, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie en positiewe denke, begelei jou deur goed begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en om jou kind se brein van vroeg af reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie te ontwikkel en hoe om dissipline aan te pak.

Tot Die Dood Ons Skei - Mans Wat Hul Vroue Vermoor (Afrikaans, Paperback): Schalk Schoombie Tot Die Dood Ons Skei - Mans Wat Hul Vroue Vermoor (Afrikaans, Paperback)
Schalk Schoombie
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Within 7 - 15 working days

Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat te vermoor? Hoe is dit moontlik dat ons, ná meer as ’n eeu van vroueregte, steeds daagliks hoor van doodgewone mans wat hul vroue aanrand, vermink en vermoor? Bekende joernalis en skrywer Schalk Schoombie kyk indringend na die verskynsel van “intieme vrouemoord”, iets wat in Suid-Afrika krisis-afmetings aanneem.

Aan die hand van talle gevallestudies maak hy skokkende bevindings, waaronder dat jy nooit te oud is om deur jou man aangerand of vermoor te word nie, en dat nie eers swangerskap vrouemoord verhoed nie. Enigiets, selfs skroewedraaiers, word as moordwapen gebruik, en vrouelyke word selfs in vate en tasse versteek. Tot die dood ons skei is ’n skokkende oopvlek van ’n misdaad wat skrikwekkend algemeen geword het.

Die amptelike K53 slaag jou leerling- en bestuurderslisensies maklik (Afrikaans, Paperback): Clive Gibson, Gavin Hoole, Bata... Die amptelike K53 slaag jou leerling- en bestuurderslisensies maklik (Afrikaans, Paperback)
Clive Gibson, Gavin Hoole, Bata Passchier
R65 R52 Discovery Miles 520 Save R13 (20%) Within 4 - 8 working days

Die topverkoper hou aan om ’n behoorlike grondslag, van alles wat nodig is om voor te berei vir die leerling- en bestuurderslisensietoets, aan beginners te bied. Die teks is hersien en opgedateer om veranderinge in die pad- en verkeerswetgewing, asook die praktiese vereistes vir die amptelike K53 defensiewe bestuur-sisteem in ag te neem. Daar is ook ’n nuwe nuttige los invoegsel wat inligting en vereistes oor gerekenariseerde toetsing bevat. Die boek is goed aangebied en verbruikersvriendelik en kombineer al die elemente wat benodig word om die geskrewe, werf- en padtoetse vir motor?etse, motor’s en swaar motorvoertuie te slaag. Dit is ook die enigste handleiding wat elke padreel illustreer. Die teks, illustrasies en selftoetse is ontwerp om die leerproses oor te dra en dit makliker te maak om die leerling- of bestuurderslisensietoets die eerste keer te slaag. Die boek word nou in ’n plastieksakkie verpak, wat die boek skoon sal hou en langer laat hou.

Handgemaak Vir Die Huis (Afrikaans, Paperback): Deborah Morbin, Tracey Boomer Handgemaak Vir Die Huis (Afrikaans, Paperback)
Deborah Morbin, Tracey Boomer
R154 Discovery Miles 1 540 Within 10 - 15 working days

Die skrywers deel hier met jou hulle hope ervaring met deeglik getoetste tegnieke en wys jou hoe om jou huis met oorspronklike en stylvolle bykomstighede mooi te maak. Die idees wat hulle bespreek dek verskeie ontwerpstyle sodat dit by jou bestaande dekor sal pas, van rustieke blomme tot minimalistiese wit, of ryk barok-kleure en -teksture. Lieflike kleurfoto's van elke voltooide artikel word vergesel van praktiese raad oor die keuse van materiaal en afwerkings, asook wenke om enige slaggate en probleme te vermy, en verdere dekorvoorstelle. Die projekte is treffend, dog maklik om aan te pak en sluit 'n groot verskeidenheid artikels in, van kerse wat binne vyf minute versier kan word tot 'n omgetowerde werkbank vir jou studeerkamer. Tegnieke wat gebruik word wissel van vinnige servet-decoupage tot piouter- en mosaiekwerk, alles kristalhelder verduidelik met voorgestelde alternatiewe. Hierdie titel is propvol idees en inspirasie en sal jou help om styl en karakter tot jou huis toe te voeg sonder dat jy 'n bank hoef te beroof!

Fokuspunte - En Verfraaiings in Eietydse Tuine (Afrikaans, Paperback): Suzette Stephenson, Louise van Rooyen Fokuspunte - En Verfraaiings in Eietydse Tuine (Afrikaans, Paperback)
Suzette Stephenson, Louise van Rooyen
R182 Discovery Miles 1 820 Within 10 - 15 working days

Leer hoe om standbeelde, beeldhouwerk, vaste strukture, waterverfraaiings, fokusplante en veel meer te gebruik om jou tuin pragtig af te rond. Manjifieke foto's van tuine regdeur die land, wat spesiaal vir die boek geneem is, se uitgebreide byskrifte verduidelik hoe jy die geillustreerde effek in jou eie tuin kan verkry. Daar is hope wenke en aanbevelings, dus is die boek nie net 'n visuele inspirasie nie, maar het dit ook 'n skatkis van beproefde, praktiese raad. Die inhoud sluit die volgende in: Paadjies en plaveisel; houers; kleur en die effek wat dit gee; randjies en afwerking; standbeelde en beelhouwerk; oorspronklike idees; ligte en beligting; plante as fokuspunte.

'n Lewe Waaroor Jy Mal is (Afrikaans, Paperback): Gustav Gous 'n Lewe Waaroor Jy Mal is (Afrikaans, Paperback)
Gustav Gous
R64 Discovery Miles 640 Within 10 - 15 working days

HOU OP DROOM ... KRY DIE LEWE WAT JY WIL HÊ!

Hoeveel beplanning doen jy om gelukkig te wees?

Die daaglikse ‘doen-my-nou, doen-my-gou’ dinge hou jou so besig, dat die res van jou lewe aan die kortste end trek. Dalk weet jy nie meer wie jy regtig is, waarvoor jy staan en wat jy wil bereik nie ...

’N LEWE WAAROOR JY MAL IS sal jou begelei om antwoorde te vind op die regte vrae soos ...

• Is ek met elke aspek van my lewe in ’n goeie rigting op koers?

• Hoe kan ek my tyd beter bestuur en meer produktief wees?

• Hoe oorleef ek die krisisse wat oor my pad kom?

• Wat gaan mense van my sê op my begrafnis?

Kry jouself in rat vandag nog!

Waarvoor Wag Jy Dan? (Afrikaans, Paperback): Angelique du Toit Waarvoor Wag Jy Dan? (Afrikaans, Paperback)
Angelique du Toit
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Within 11 - 16 working days

Sou jy bereid wees om jou ou leefwyse te verander en om jouself die geleentheid te gee om jou beste lewe te leef vir die res van jou lewe?

Verbeel jou ’n lewe vol van oorborrelende vreugde . . .vars hoop wat daagliks aan jou opgedien word - soos warm brood; vryheid van alewige vrees; vervullende verhoudings; om selfvertroue uit te straal en om te lewe met die verwagting van gestruktureerde sukses.

Hierdie waarheid is vervat in Waarvoor wag jy dan? Die resultate hoef nie langer vasgevang te wees in jou gedagtes of op jou wenslysie nie. Die uitkomste kan in jou lewe ervaar word - prakties, konsekwent en kragtig en doeltreffend.

Nou waarvoor wag jy dan? Dit is NOU jou tyd om op te staan!

'n Rede Vir Rose (Afrikaans, Paperback): Nancy Gardiner 'n Rede Vir Rose (Afrikaans, Paperback)
Nancy Gardiner
R149 Discovery Miles 1 490 Within 10 - 15 working days

Rose met hul delikate geur en volmaakte vorm is reeds eeue lank die wereld se gunstelingblom. 'n Bos rose, of selfs 'n enkele langsteelroos, is sedert die vroegste tye 'n simbool van liefde en gedeelde vreugde. Van die mistige middellande tot die droe woestyn, van die berge tot aan die see, het rose hulleself bewys as gewillige inwoners van enige tuin en word hulle altyd liefderyk versorg. Gedurende haar loopbaan as tuinskrywer en fotograaf het Nancy Gardiner al die pragtigste roostuine in die land opgespoor, daaroor geskryf en dit gefotografeer. Die titel is 'n visuele fees uit hierdie tuine en vier die prag van die roos. Met die aanbieding van rose in hulle onderskeie vorms, van bekoorlike miniature tot slanke teeroos-hibriede en uitbundige rankrose, waarvan sommige pragtige grondbedekkers is en ander mure bedek of in houers gedy, is hierdie titel 'n vreugde en inspirasie vir roosliefhebbers van oral oor. Alhoewel dit nie 'n kweekhandleiding oor rose is nie, bevat die manjifieke foto's se byskrifte heelwat inligting, en die belangrikste plant- en versorgingsvereistes is gerieflik in een hoofstuk saamgevat.

Amper 'n tiener (vir seuns) - 8 belangrike dinge waaroor julle nou al moet praat (Afrikaans, Paperback): Peter Larson Amper 'n tiener (vir seuns) - 8 belangrike dinge waaroor julle nou al moet praat (Afrikaans, Paperback)
Peter Larson
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Within 11 - 16 working days

Jou seun is amper ’n tiener. Wat dink hy regtig van meisies, skool en God, of sy toekoms? Omdat seuns, en veral tienerseuns, nie die beste kommunikeerders is nie, is dit nie so maklik om te weet nie, of hoe? Hoe moet ouers met hulle seuns praat oor die dinge wat werklik belangrik is vir die seun? Amper ’n tiener (vir seuns) is die ideale hulpmiddel propvol wyse raad vir ouers. Dit gee prettige, goed deurdagte vrae en gesprekspunte wat tot natuurlike, betekenisvolle gesprekke tussen ouers en seuns sal lei. Dit sluit onderwerpe in soos: Fisieke en emosionele veranderinge waardeur hy gaan; Hoe om rein te bly in ’n samelewing wat so seksbehep voorkom; Hoe om sosiale media verantwoordelik te gebruik. Amper ’n tiener (vir seuns) is ’n praktiese gids tot ouer-seun-gesprekke om hulle voor te berei vir die onstuimige tienerjare. Dit sal ouers help om hulle seuns te bemoedig in hulle geloof, te gesels oor uitdagings by die skool en met vriende, en vir hom te wys hoe geliefd hy is in sy onstuimige tienerjare.

Shéri - Nes ek is (Afrikaans, Paperback): Sheri Brynard, Colleen Naude Shéri - Nes ek is (Afrikaans, Paperback)
Sheri Brynard, Colleen Naude
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Within 7 - 15 working days

In haar bykans 35 jaar het Shéri Brynard merkwaardige mylpale bereik ten spyte van die feit dat sy as baba met Trisomie-21-Downsindroom gediagnoseer is. Sy vertel hoe die liefde en aanvaarding van diegene naaste aan haar, veral haar ma, Susette, haar gevorm het.

Sy deel met die leser die opwindende avonture op haar pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa, Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri – Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: “Wat is nou eintlik normaal?”

Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te staan kom.

Prettige koekies (Afrikaans, Paperback): Marlene Schoeman Prettige koekies (Afrikaans, Paperback)
Marlene Schoeman
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) In stock

Indien jy ’n kinderpartytjie beplan en min tyd het of nie regtig kan koek bak nie, is die boek vir jou! Prettige koekies se reeks indrukwekkende kinderkoeke sal ma- en kinderharte verbly want dis nie net mooi nie, maar word uit winkelkoekies geskep. Dis reg! Al die pragskeppings word gebou met welbekende koekies wat in elke supermark of kafee beskikbaar is. Die projekte konsentreer op winkelkoekies wat op ’n drie-dimensionele manier gekombineer word met plastiekversiersel. Dit beteken dat mense sonder oondgeriewe nog steeds pragtige koeke kan optower. Elke projek bestaan uit gedetailleerde stappe wat deur fotomateriaal gerugsteun word. Prettige koekies is ’n kleurfees vir die oog en jou hande sal jeuk om jou kombuis in te vaar en te skep!

Elke Vrou Se Klein Boekie Oor Seks - 'n Selfhelpgids (Afrikaans, Paperback): Lorette Dye Elke Vrou Se Klein Boekie Oor Seks - 'n Selfhelpgids (Afrikaans, Paperback)
Lorette Dye
R64 Discovery Miles 640 Within 10 - 15 working days
Leierskap En Emosionele Intelligensie (Afrikaans, Paperback): Marcus Warner, Jim Wilder Leierskap En Emosionele Intelligensie (Afrikaans, Paperback)
Marcus Warner, Jim Wilder
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Within 11 - 16 working days

Watter rol speel emosionele intelligensie in gesonde en effektiewe leierskap?

’n Gesonde span begin by ’n gesonde leier, en die kern van hierdie dinamika is emosionele volwassenheid – die eien­skap waaroor alle werklike groot leiers beskik.

Leierskap en emosionele intelligensie kombineer Bybelse beginsels, die nuutste navorsing oor die brein en dekades se praktiese ondervinding om jou te wys hoe om jou leierskap en span na die volgende vlak te neem. Dit sal jou toerus om:

· emosionele volwassenheid in jouself en ander te kweek

· die vier gewoontes van besonderse leiers te ontwikkel

· ’n sterk groepsidentiteit te vestig en uit te bou

· verhoudings belangriker as probleme te hou

· produktiwiteit te verhoog deur vertroue, vreugde en betrokkenheid

Aan die einde van elke hoofstuk is daar ’n afdeling wat die wetenskap van die brein bespreek, asook besprekings­vrae, en in sommige hoofstukke oefeninge om die buiten­gewone gewoontes in te oefen. En agter in die boek is ʼn woordelys.

As jy jou organisasie na die volgende vlak wil neem, moet jy weet dit begin by jou. Leierskap en emosionele intelligensie sal jou toerus om vreugdevolle, emo­sioneel volwasse en verhou­dingsgedre­we spanne te lei.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Rare Leadership.

Wat kanker nie kan doen nie (Afrikaans, Paperback): Wat kanker nie kan doen nie (Afrikaans, Paperback)
R70 R58 Discovery Miles 580 Save R12 (17%) Within 11 - 16 working days

Dit maak nie saak of jy direk of indirek deur kanker geraak word nie, dit is ’n oorweldigende en ontstellende tydperk wat selfs die mees standvastige individu kan ontstel. Maar kanker is so beperk … dit kan nie hoop vernietig nie … dit kan nie geloof verniel nie … dit kan nie die ewige lewe steel nie … Wat kanker nie kan doen nie is vol stories van moed vir enigiemand wat tans kanker moet hanteer. Dit kombineer teksverse uit die Nuwe Lewende Vertaling met inspirerende aanhalings en bemoedigende stories van beide mans en vroue wat kanker oorleef het. Hierdie boek is bedoel om te ondersteun, te inspireer en leiding te gee aan enigiemand wat pas gediagnoseer is, tans kankerbehandeling ontvang, weer aan die lewe begin bou na kanker of net proaktief wil optree om kanker te voorkom. Die bemoedigende stories van mense wat kanker oorleef het, sal dalk nie die liggaam genees nie, maar sal elke siel aanraak en verryk.

PraatSaam-Pret Vir Hom & Haar (Afrikaans, Cards): Gary Chapman PraatSaam-Pret Vir Hom & Haar (Afrikaans, Cards)
Gary Chapman
R90 R75 Discovery Miles 750 Save R15 (17%) Within 11 - 16 working days

101 interessante idees vir 1001 genotgevolle gesprekke vir huwelikspaartjies.

Die sleutel tot enige goeie verhouding is oop en betekenisvolle kommunikasie. Ongelukkig is nie alle mense ewe goed met gesprekvoering nie. Om egpare en gesinne te help om hierdie gewoonte te ontwikkel, het Gary Champan en Ramon Presson ’n skatkis met 101 prettige en soms diepsinnige vrae ontwikkel wat huweliksmaats sal help om te begin gesels.

PraatSaam-Pret vir hom en haar het 101 insiggewende vrae wat paartjies help om ’n hegter verhouding te hê, dieper intimiteit te ervaar en weer die vonk in hulle huwelik te sit. Hierdie pragtige kaartjies is die ideale geskenk vir ’n Valentynsdag, troue of huweliksherdenking.

Of julle nou een vraag per week of een vraag ’n dag doen, hierdie gespreksidees sal verseker help om inniger verhoudings te ontwikkel tussen huweliksmaat.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel 101 Conversation Starters for Couples.

PraatSaam-Pret Vir Gesinne (Afrikaans, Cards): Gary Chapman PraatSaam-Pret Vir Gesinne (Afrikaans, Cards)
Gary Chapman
R90 R75 Discovery Miles 750 Save R15 (17%) Within 11 - 16 working days

101 interessante idees vir 1001 genotgevolle gesprekke vir gesinne.

“Die sleutel tot enige goeie verhouding is oop en betekenisvolle kommunikasie. Ongelukkig is nie alle mense ewe goed met gesprekvoering nie. Om egpare en gesinne te help om hierdie gewoonte te ontwikkel, het Gary Champan en Ramon Presson ’n skatkis met 101 prettige en soms diepsinnige vrae ontwikkel wat gesinne sal help om te begin gesels.

PraatSaam-Pret vir gesinne is 101 prettige kaartjies wat ouers en hulle kinders nader aan mekaar sal bring. Hierdie kaartjies is die perfekte hulpbron om gesprekke in gesinne te inisieer en sal ’n wonderlike ge­skenk wees.

Of julle nou een vraag per week of een vraag ’n dag doen, hierdie gespreksidees sal verseker help om inniger verhoudings te ontwikkel tussen gesinne.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel 101 Conversation Starters for Families.

Kan ons regtig die Bybel glo? (Afrikaans, Paperback): Natasha Crain Kan ons regtig die Bybel glo? (Afrikaans, Paperback)
Natasha Crain
R200 R165 Discovery Miles 1 650 Save R35 (18%) Within 11 - 16 working days

40 gesprekke wat ouers sal help om hulle kinders te bemagtig om te verstaan wat hulle glo en dit te verdedig. Dit is geen geheim nie dat kinders van alle ouderdomme by die skool, saam met vriende en aanlyn blootgestel word aan negatiewe kritiek oor Christenskap. Is jy bereid om met jou kinders te praat oor hoe hulle effektief die moeilike vrae kan antwoord wat mense hulle gaan vra oor hulle geloof? In Kan ons regtig die Bybel glo? sal jy 40 van die algemeenste uitdagings vind wat kinders teekom, asook duidelike, maklik om te verstaan reaksies wat julle saam kan bespreek. Hierdie boek sal jou help om: ’n oop gesprek met jou kind aan te moedig oor kwessies waaroor hy dalk nie wil praat nie jou kind se onsekerhede te vervang met vertroue wat slegs God se waarheid kan gee jou kind goeie vaardighede te leer om op hulle voete te dink. Kan ons regtig die Bybel glo? is ’n gids wat ouers toerus om kritieke (en moeilike) geloofsgesprekke met hulle kinders te he. As jy wil he jou kinders moet ’n dinamiese geloofslewe he, moet jy hierdie boek lees en vandag nog hierdie gesprekke met hulle begin he.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Sjef Snoekie: Laat die potte sing!
Marlise Scheepers Paperback R236 Discovery Miles 2 360
Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik.
Johane Neilson Paperback R290 R241 Discovery Miles 2 410
Laat die Potte Prut
Via Paperback R265 R228 Discovery Miles 2 280
Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie
Martjie Malan Hardcover R450 R376 Discovery Miles 3 760
Resepte
SuzelleDIY Paperback R280 R209 Discovery Miles 2 090
Maalvleis - 130 Smullekker Resepte
Karen Hart Paperback R260 R224 Discovery Miles 2 240
Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo…
Antoinette Pienaar Paperback R260 R208 Discovery Miles 2 080
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (1)
R240 R191 Discovery Miles 1 910
Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste
Andre Le Roux Paperback R300 R258 Discovery Miles 2 580
Kruidjie Roer My - Die Antieke…
Antoinette Pienaar Paperback R240 R192 Discovery Miles 1 920

 

Loyalty partners