0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (51)
  • R100 - R250 (282)
  • R250 - R500 (96)
  • R500+ (16)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Die Perfekte Jy: 'n Bloudruk vir Identiteit (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Die Perfekte Jy: 'n Bloudruk vir Identiteit (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R230 R190 Discovery Miles 1 900 Save R40 (17%) Within 5 - 10 working days

Ontdek die ware jy sodat jy bemagtig kan word om die regte keuses in die lewe te maak.

Persoonlikheids- en intelligensietoetse wil jou in ’n bepaalde boksie plaas, maar daar is soveel meer aan jou as wat in dié toetse vasgevang kan word. Jy is uniek gemaak en moet daarom jou unieke self wees.

In Die Perfekte Jy lei dr. Caroline Leaf jou om jou unieke jy te ontdek, inderwaarheid die Perfekte Jy. In hierdie fassinerende boek sal jy:

- ontdek wat die Perfekte Jy is in terme van hoe jy dink, voel en keuses maak en hoekom dit belangrik is

- meer leer oor die filosofie en wetenskap grondliggend aan die Perfekte Jy

- die Perfekte Jy ontsluit met die 300 vrae in die Unieke Kwalitatiewe (UK) Assesseringsinstrument

- leer hoe om die Perfekte Jy-kontrolelys te gebruik om te monitor of jy binne jou Perfekte Jy funksioneer

- die ongemaksones ontdek wat help reguleer of jy binne of buite jou Perfekte Jy leef

- goeie, eenvoudige oefeninge aanleer om jou Perfekte Jy te ontwikkel en te laat groei

Uit haar jare lange ervaring en navorsing help dr. Caroline Leaf jou insien hoe om buite jou Perfekte Jy te leef jou geestes- en fisieke gesondheid negatief kan beïnvloed.

Die Perfekte Jy sal jou vrystel om jou ware bloudruk vir identiteit aan te gryp en ’n duidelike idee van goddelike doelgerigtheid in jou lewe te ontwikkel.

Leeg - God se Troos na Swangerskapverlies of Miskraam (Afrikaans, Paperback): Braam Klopper, Marlena du Toit, Justine Pike Leeg - God se Troos na Swangerskapverlies of Miskraam (Afrikaans, Paperback)
Braam Klopper, Marlena du Toit, Justine Pike
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Within 7 - 15 working days

Saam met swangerskap kom hoop en drome. Maar vir vir sommige spat dié drome wreed aan skerwe met ’n miskraam of stilgeboorte, wat vrae laat soos: Waarom, Here? Leeg is ’n praktiese gids saamgestel deur ’n dokter, ’n pastoor en ’n pastorale terapeut, spesiaal vir ouers wat ’n miskraam of stilgeboorte beleef het. Dis vir elkeen wat sit met worstelvrae en magteloos voel teenoor die verlies. Die pad van rou en aanvaarding is geensins maklik nie, maar te midde van dit alles ís daar hoop.

Die WENNER van die Bybel-Media-Cordis Trust-prys vir oorspronklike, Afrikaanse Christelike familie- en/of jeugpublikasie vir 2018!

Hekel teelmotiewe met 'n verskil (Afrikaans, Paperback): Karen Adendorff Hekel teelmotiewe met 'n verskil (Afrikaans, Paperback)
Karen Adendorff
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Within 7 - 15 working days

Almal – oud en jonk – is tans oor die wêreld heen aan die hekel. En oraloor maak die alombekende oumablokkie weer sy verskyning. Hierdie nuwe hekelboek deur ’n topverkoper-outeur bied vars en oorspronklike idees vir motiewe: Marokkaanse, Delftse, Persiese en Mediterreense blokpatrone met interessante tegnieke, soos oppervlakwerk, maak die patrone, wat op verskeie maniere gebruik kan word, anders en interessant. Elke patroon bevat ’n diagram, die grootte, die aantal kleure, die moeilikheidsgraad en die volledige patroon.

My Bruidsboek - 'n Volledige Trougids Vir Die Gelowige Bruid (Afrikaans, Hardcover): Christine Ferreira, Marielle de Vos My Bruidsboek - 'n Volledige Trougids Vir Die Gelowige Bruid (Afrikaans, Hardcover)
Christine Ferreira, Marielle de Vos
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Within 7 - 15 working days

My bruidsboek is ’n moet-hê-trougids vir elke voornemende gelowige bruid. Dit is propvol raad oor praktiese dinge soos die voorhuwelikse kontrak en berei ook die bruid op ’n geestelike vlak voor deur sake te bespreek soos: Wat is ’n verbond, troubeloftes en die geestelike betekenis van elke gebeurtenis (soos ringe uitruil). ’n Pragtige bêreboek vir elke gelowige bruid.

'n Lewe Waaroor Jy Mal is (Afrikaans, Paperback): Gustav Gous 'n Lewe Waaroor Jy Mal is (Afrikaans, Paperback)
Gustav Gous
R64 Discovery Miles 640 Within 10 - 15 working days

HOU OP DROOM ... KRY DIE LEWE WAT JY WIL HÊ!

Hoeveel beplanning doen jy om gelukkig te wees?

Die daaglikse ‘doen-my-nou, doen-my-gou’ dinge hou jou so besig, dat die res van jou lewe aan die kortste end trek. Dalk weet jy nie meer wie jy regtig is, waarvoor jy staan en wat jy wil bereik nie ...

’N LEWE WAAROOR JY MAL IS sal jou begelei om antwoorde te vind op die regte vrae soos ...

• Is ek met elke aspek van my lewe in ’n goeie rigting op koers?

• Hoe kan ek my tyd beter bestuur en meer produktief wees?

• Hoe oorleef ek die krisisse wat oor my pad kom?

• Wat gaan mense van my sê op my begrafnis?

Kry jouself in rat vandag nog!

'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed): Solly Ozrovech 'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed)
Solly Ozrovech
R135 R116 Discovery Miles 1 160 Save R19 (14%) Within 7 - 15 working days

’n Reenboog deur my trane is ’n bron van ryke troos en bemoediging vir enigeen wat treur oor die verlies van ’n geliefde en wat genesing soek vir hulle verskeurde harte. Dit bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tyde met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.

Klim Op Die Bant Wagon - Vinnig En Maklik Op 'n Knap Begroting (Afrikaans, Paperback): Nick Charlie Key Klim Op Die Bant Wagon - Vinnig En Maklik Op 'n Knap Begroting (Afrikaans, Paperback)
Nick Charlie Key
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Within 7 - 15 working days

Klim op die Bant Wagon en geniet heerlike tuisgemaakte en voedsame Banting-geregte. In hierdie kookboek is daar maklike en goedkoop resepte vir ontbyt, middagete en aandete, asook trooskos vir die wintermaande en veerligte geregte wanneer die lente sy verskyning maak. Daar is selfs geregte vir Saterdag wanneer niemand voor die kospotte wil staan nie. En om alles te kroon: dekadente poedings. Gaan na www.thebantwagon.com vir nog Banting-wenke en begin jou reis na ’n gesonder leefstyl.

Die Suid-Afrikaanse Melktert-Versameling (Afrikaans, Paperback): Callie Maritz, Mari-Louis Guy Die Suid-Afrikaanse Melktert-Versameling (Afrikaans, Paperback)
Callie Maritz, Mari-Louis Guy
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Within 7 - 15 working days

Daar is ’n melktert vir elke okkasie en na elkeen se smaak: met ’n skilferkors-kraag, krummelrige broskors, koekiekrummelkors of sonder kors; gegeur met kaneel, naartjieskil, perskeblare, neutmuskaat of vanielje, amandel, karamel, sitrusskil of kardemom; gebruik as ’n tert (gebak of ongebak), nagereg, skommeldrankie, “shooter”, melkskommel of as vulsel vir ander gebak soos doughnuts: melkterte van oor die hele wereld – Nederland, Portugal, Spanje, Amerika, Frankryk, Engeland en selfs China.

1 Minuut-Inspirasie Vir Tieners (Afrikaans, Paperback): Stan Toler 1 Minuut-Inspirasie Vir Tieners (Afrikaans, Paperback)
Stan Toler
R80 R66 Discovery Miles 660 Save R14 (18%) Within 5 - 10 working days
Katrien Se Nageregkoeke - Geniet Die Lekkerste Van Twee Werelde Op Een Bord (Afrikaans, Paperback): Katrien van Zyl Katrien Se Nageregkoeke - Geniet Die Lekkerste Van Twee Werelde Op Een Bord (Afrikaans, Paperback)
Katrien van Zyl
R205 Discovery Miles 2 050 Within 10 - 15 working days

Met hierdie boek verlei die skrywer jou om smullekker koeke met fynproewergeure as nagereg te bak. Die meeste koeke is op die geure van tradisionele nageregte geskoei en is ideaal as nagereg na ete, of sommer vir middagtee. Die koekvulsels en -versierings kan na hartelus gemeng en aangepas word om van elke koek wat jy bak 'n unieke smaakbelewenis te maak. Die boek bevat 25 nageregkoekprojekte wat van begin tot einde stap vir stap verduidelik word sodat jy jou eie watertand koeke kan bak. Daar is by elke projek ook 'n kolwyntjieresep sou jy verkies om individuele porsies in plaas van snye koek voor te sit. Alles kan dae of weke vooruit gemaak en in die yskas of vrieskas gehou word, sodat jy genoeg tyd het om die koek self saam te stel. Daar is ook riglyne om die resepte te vermeerder om aan spesifieke behoeftes te voldoen, asook tonne wenke om jou te help om jou eie kunswerke te skep.

Leef Lig (Afrikaans, Paperback): Vivienne Heath Leef Lig (Afrikaans, Paperback)
Vivienne Heath
R160 R132 Discovery Miles 1 320 Save R28 (18%) Within 5 - 10 working days

Leef lig bied ’n unieke leefstylprogram wat lesers uitnooi om na die grondbeginsels van gesondheid terug te keer.

Leef lig bied ’n unieke leefstylprogram wat jou uitnooi om na die grondbeginsels van gesondheid terug te keer. Jy sal leer om nie obsessief te wees oor jou gesondheid nie, maar om eerder die sewe kwessies te beheer wat die grootste invloed het op jou daaglikse gesondheid en welstand. Die sewe kwessies is: 'n liefdesverhouding met God; 'n gesonde, natuurlike dieet; genoeg water; gereelde oefening; voldoende vars lug; genoeg slaap en rus; en vryheid van verslawing aan suiker en/of koring. Leef lig sal jou help om ’n volhoubare leefwyse te vind wat ’n gesonde belegging in jou liggaam, siel en gees sal bewerkstellig. Dit bevat ook plek om elke dag aantekeninge te maak, ’n daaglikse gebed en ’n afdeling met resepte om jou te help om hierdie reis te begin.

Uitgerys - Suurdeeggebak (Afrikaans, Paperback): Mareli Visser Uitgerys - Suurdeeggebak (Afrikaans, Paperback)
Mareli Visser
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Within 7 - 15 working days

Bak vir die mense wat jy lief het iets heerlik uit die buitengewone resepteboek. Mareli deel haar beste suurdeeggebak-resepte: Daar is resepte vir basiese brode; brood vir ontbyt; bolletjies, rolletjies en stokkies; brood vir braai; platbrode; gevulde brode; soetbrode en brode wat pronk. Selfs vir oorskietbrood het sy wonderlike planne. Sy verduidelik ook hoe om jou eie gisplantjie te kweek, asook om die basiese prosesse van gisting, knie, rys, vorming en bak onder die knie te kry.

Toor Met Hoender (Afrikaans, Paperback): Karen Hart Toor Met Hoender (Afrikaans, Paperback)
Karen Hart
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) Within 7 - 15 working days

Soek jy ’n lekker hoenderresep? Die meeste mense hou van hoender en dis so maklik om gaar te maak. Boonop is dit ekonomies en veelsydig – koud of warm ewe lekker. Dis onthoukos, van die roosterhoender op die Sondagtafel tot Ouma se hoenderpastei. In die boek neem Karen jou op ’n toer deur haar Toorkombuis. En dis ’n verskeidenheid hoenderresepte – slaaie, soppe, bredies, pastas, piekniekkos … hoender op die kole. Daar is hoender vir elke dag en iets spoggerigs vir die onthaaltafel.

Die Regdoen-Regmaakgids (Afrikaans, Paperback): Lindie Metz, Jennifer Swarts Die Regdoen-Regmaakgids (Afrikaans, Paperback)
Lindie Metz, Jennifer Swarts
R103 Discovery Miles 1 030 Within 10 - 15 working days

Daar is oorlewingsgidse vir enigiets van kampeer tot hoe om jou menopouse te hanteer, en op die koop toe verskeie om van te kies. Maar daar is niks wat jou vertel hoe om elke dag en alledaagse situasies te hanteer nie. Die meeste van ons kom uitstekende met rekenaars reg, ons kan persoonlike luitone vir ons moderne selfone aflaai en die Net deursoek vir enige denkbare inligting. Maar weet ons wat om te doen as ons skielik 'n hoop wasgoed in die gesig staar en nie die witgoed 'n subtiele kleurverandering wil laat ondergaan nie, of 'n saggekookte eier wil he soos Ma dit gemaak het, of moet verhuis met die kleinste begroting denkbaar, wat dit in 'n doen-dit-selfprojek omskep, of in die middle van nerens sonder enige hulp in sig 'n wiel moet omruil? Hierdie titel vertel jou alles wat jy moet weet om op jou eie te oorleef - van hoe om die beste kastrol vir jou kombuis te kies tot hoe om die beste omelet ooit te maak, tot hoe om 'n koorsblaar in die kiem te smoor en 'n nuwe prop aan jou ketel te sit nadat jy vir jouself die perfekte Martini geskink het.

Monogramme & Woorde in Lintborduurwerk (Afrikaans, Paperback): Di Van Niekerk Monogramme & Woorde in Lintborduurwerk (Afrikaans, Paperback)
Di Van Niekerk
R173 Discovery Miles 1 730 Within 10 - 15 working days

Hierdie titel wys jou stap vir stap hoe om 26 pragtige monogramme in lintborduurwerk te maak. Daar is idees vir vinnige, maklike monogramversierings vir items soos baba kombersies en -kleertjies, teddiebeertjies en sagte speelgoed, boek-omslae, kaartjies, trougeskenke en ander items vir tuisversiering. Dit kan vir enige taal aangepas word, hetsy Afrikaans, Frans, Duits, en selfs Russies, met eindelose moontlikhede vir woordsamestellings en projekte. Leer hoe om die 26 letters en ander patroonplate op weefstof oor te dra. Daar is verskeie bykomende ontwerpe in kleur vir geborduurde kaartjies en ander items. Propvol nuttige wenke en raad vir monogramprojekte, en idees om jou gevoelens vir iemand spesiaal in borduurwerk uit te druk. Basiese tegnieke word stap vir stap geillustreer met nabyfoto's en met eenvoudige aanwysings verduidelik.

Vroue Na Aan My Hart (Afrikaans, Paperback): Hannes van Wyk Vroue Na Aan My Hart (Afrikaans, Paperback)
Hannes van Wyk
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Within 7 - 15 working days

In Vroue Na Aan My Hart val die kollig op vroue en vrouwees. Skink ’n koppie tee en skuif reg vir ’n hartsgeselsie met ’n vriendin.

Daar’s so baie om van te kies: Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Michélle van Breda, Emsie Schoeman, Mariëtta Kruger, Ingrid Jones en selfs Evita. Kry ook ’n blik op die vroue na aan Hannes: sy ma, oumas, vriendinne.

Humoristiese vertellings – soms selfs lekker stout – sorg vir lekker lees en weer-lees.

Amper 'n Tiener (Afrikaans, Paperback): Peter Larson, Heather Larson, David Arp, Cladia Arp Amper 'n Tiener (Afrikaans, Paperback)
Peter Larson, Heather Larson, David Arp, Cladia Arp
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Within 5 - 10 working days

’n Praktiese gids vir ouer-dogter-gesprekke oor 8 moet-gesels onderwerpe.

Jou dogter word ’n tiener. Weet jy wat sy werklik dink oor ouens, skool, God of haar toe­koms? En besef jy hoe vinnig dit kan verander? Hoe praat ’n mens oor dié goed?

Amper ’n tiener help ouers om met hulle dogter te gesels en haar te help deur die tawwe tiener­jare. Peter en Heather Larson en David en Claudia Arp gee vir ouers persoonlike raad en bied deurdagte vrae wat hulle kan gebruik om betekenis­volle, natuurlike ge­sprekke oor 8 kern­sake met hulle dogter te hê, waaronder:

Fisiese en emosionele veranderinge in haar lewe

Eienaarskap van haar geestelike lewe

Hoe om sosiale media verantwoordelik te gebruik

Verhoudings

Amper ’n tiener is ’n praktiese gids tot ouer-dogter-gesprekke. Daar is ook raad oor dinge wat julle ook saam kan doen om haar te bemoedig in haar geloof en die uitdagings waarvoor sy te staan gaan kom. Dit is ’n móét vir elke ma en pa.

Koester Jou Swangerskap - Jou Gids Vir 'N Kommervrye Swangerskap En Onvergeetlike Geboorte (Afrikaans, Paperback): Megan... Koester Jou Swangerskap - Jou Gids Vir 'N Kommervrye Swangerskap En Onvergeetlike Geboorte (Afrikaans, Paperback)
Megan Faure, Jacky Searle, Heather Wood
R173 Discovery Miles 1 730 Within 10 - 15 working days

Swangerskap is 'n ervaring soos min. Dit is die begin van 'n nuwe lewe, maar ook die geboorte van 'n ma wat met die verloop van nege maande op elke denkbare manier verander - fisies, emosioneel en sosiaal. Jou voeding, welstand en emosies gedurende hierdie wonderlike tydperk speel 'n rigtinggewende rol in die res van jou baba se lewe. Die ervaring moet vir jou ook veilig en behoudend wees sodat jy jou baba reg kan laat wegspring en sy potensiaal ontgin. Die geboorte, wanneer jou baba haar verskyning in ons wereld maak, is 'n diep betekenisvolle oomblik - een wat jy nie kan herhaal nie. Deur ten volle ingelig te wees, jou opsies te verstaan en 'n aktiewe rol te speel in die keuses wat gemaak word, sal 'n enorme verskil maak. Uiteindelik is dit nie belangrik hoe jou baba gebore word nie; wat belangrik is, is hoe jy dit ervaar en dat alles veilig afloop. Lees Koester jou Swangerskap en raak ontslae van die angstigheid wat die onbekende meebring. Dit sal jou help om jou keuses met insig en aanpasbaarheid uit te oefen: Voorbereiding vir swangerskap; Geboortekeuses; Jou groeiende baba week vir week; Jou veranderende liggaam week vir week; 'n Gids tot die geboorteproses; As jou baba te vroeg gebore word; Jou nuweling se eerste dae en weke.

Elke Vrou Se Klein Boekie Oor Seks - 'n Selfhelpgids (Afrikaans, Paperback): Lorette Dye Elke Vrou Se Klein Boekie Oor Seks - 'n Selfhelpgids (Afrikaans, Paperback)
Lorette Dye
R64 Discovery Miles 640 Within 10 - 15 working days
Broedertwis (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Broedertwis (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake
R275 R236 Discovery Miles 2 360 Save R39 (14%) Within 7 - 15 working days

Meer as ’n honderd jaar na die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner. In Broedertwis probeer Albert Blake verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar gekom het. Wie was reg? Christiaan, wat ten alle koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat ’n einde aan die smart en lyding van die oorlog wou bring?

Plaaskos (Afrikaans, Paperback): Arina du Plessis Plaaskos (Afrikaans, Paperback)
Arina du Plessis
R350 R298 Discovery Miles 2 980 Save R52 (15%) Within 7 - 15 working days

Arina du Plessis deel haar resepte eie aan haar heimat, die plaas in Ceres. Daar is geregte vir elke seisoen; Wintersop, bredies en brood, vars slaaie en piekniekkos vir die warmer dae en natuurlik smullekker nageregte en heerlike gebak vir teetyd. Arina is die geliefde kosredakteur van lndbouweekblad en ken die behoeftes van die moderne man of vrou, of jy op ' n plaas in die platteland of in die stad woon.

Een Pot, Pan, Bakplaat (Afrikaans, Paperback): Mari-Louis Guy, Callie Maritz Een Pot, Pan, Bakplaat (Afrikaans, Paperback)
Mari-Louis Guy, Callie Maritz
R325 R279 Discovery Miles 2 790 Save R46 (14%) Within 7 - 15 working days

Callie en Mari-Louis maak jou lewe makliker met maaltye in een pot, braai- of oondpan – spaar elektrisieteit en arbeid met boonop die minimum skottelgoed.

Heerlike en moeite-vrye resepte vir bees-, hoender- of varkvleis, asook wors, spekvleis en ham, frikkadelle en selfs vleislose geregte. Elk met ’n stysel en groente om ’n volledige maaltyd te maak.

Help! Ek Kry Gaste Vir Ete (Afrikaans, Paperback): Annabel Frere Help! Ek Kry Gaste Vir Ete (Afrikaans, Paperback)
Annabel Frere
R220 R176 Discovery Miles 1 760 Save R44 (20%) Within 4 - 8 working days

’n Geslag jong volwassenes het Help! Daar’s ’n Stoof in My Kombuis, Annabel Frere se eerste kookboek, leer ken, is mal daaroor en afh anklik daarvan. Dieselfde geslag het die jong beroepslui geword wat nou op ’n ietwat meer gesofistikeerde vlak moet onthaal. As skrywer het Annabel al hierdie stadiums met haar eie dogters meegemaak, en sy het weer eens smaaklike en relatief eenvoudige resepte vir geleenthede saamgestel – van onbeplande samekomste tot goedgeorganiseerde geleenthede.

Groot klem word op goeie beplanning gelê, asook kos wat vooraf berei kan word sodat die kok soveel tyd moontlik aan sy of haar gaste kan bestee, pleks daarvan om die dag in die kombuis deur te bring. Aandag word ook gegee aan tekstuur en aanbieding, met heelwat wenke en voorstelle oor moeitelose onthaal. Waar disse dalk meer ingewikkeld lyk, is Annabel uitstekend daarmee om die misterie te ontsluit. En natuurlik is geen partytjie volledig sonder die regte vloeibare begeleiding nie. Dus is daar ’n hoofstuk oor ’n verskeidenheid skemerkelkies, met en sonder alkohol.

Vrouekeur 50 hekelpatrone (Afrikaans, Paperback): Christa Swanepoel Vrouekeur 50 hekelpatrone (Afrikaans, Paperback)
Christa Swanepoel
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) In stock

Vrouekeur 50 hekelpatrone bied ’n hekelbonanza vir die ywerige handwerker. Christa Swanepoel en Vrouekeur bied 50 splinternuwe hekelpatrone in een boek, opgedeel in 5 hoofstukke met 10 patrone elk. Die moeilikheidsgraad van die patrone en tegnieke wat gebruik word wissel, so die boek is ideaal vir beginners asook hekelentoesiaste met meer gevorderde vaardighede. Projekte wat aangepak word wissel van skattige babamussies en -skoentjies tot truie vir vroue en selfs ’n minirompie wat enige tienerhart sal verbly! Hoofstukke: Babaskoentjies; Babamussies; Klere vir dogters; Truie vir vroue; Komberse.

Breistories (Afrikaans, Paperback): Laura Long Breistories (Afrikaans, Paperback)
Laura Long
R173 Discovery Miles 1 730 Within 10 - 15 working days

'n Unieke reeks lieftallige gebreide karaktertjies, van hasies en beertjies tot poppe en 'n paddaprins, elk met 'n bekoorlike persoonlikheid - prettig en maklik om te maak. Elke item is 'n oulike geskenk of dekoraksent. Maklike breitegnieke word met lap-appliekwerk gekombineer om die eenvoudige breiwerk af te rond. Duidelike aanwysings, lekkerlees-teks en foto's maak van hierdie titel 'n onmisbare toevoeging tot enige breibiblioteek. Unieke benadering tot gebreide speelgoed wat by kinders en volwassenes byval sal vind. Slim gebruik van lap-appliekwerk saam met breiwerk. Die enigste breiboek met bekoorlike rympies oor elke karakter, heerlik om saam met kinders deur te werk. Deur ervare brei-ontwerper Laura Long wie se unieke projekte wereldwyd verkoop word.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Doen Dit Weer So - Nuttige Wenke Vir Jou…
Zerelda Esterhuizen Paperback R155 R133 Discovery Miles 1 330
Nuwe Baba 3-Boek Bundel
Paperback R450 R363 Discovery Miles 3 630
Resepte
SuzelleDIY Paperback R280 R209 Discovery Miles 2 090
Boerekos Met 'n Twist
Annelien Pienaar Paperback  (17)
R335 R249 Discovery Miles 2 490
Lekker Tuis Kos 3-Boek Bundel
Paperback R799 R625 Discovery Miles 6 250
Laat die Potte Prut
Via Paperback R265 R228 Discovery Miles 2 280
Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo…
Antoinette Pienaar Paperback R260 R208 Discovery Miles 2 080
Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie
Martjie Malan Hardcover R450 R376 Discovery Miles 3 760
Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste
Andre Le Roux Paperback R300 R258 Discovery Miles 2 580
Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik.
Johane Neilson Paperback R290 R241 Discovery Miles 2 410

 

Loyalty partners