0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (47)
  • R100 - R250 (287)
  • R250 - R500 (92)
  • R500+ (16)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Allergiee En Voedselsensitiwiteit (Afrikaans, Paperback): Hilda Lategan Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Allergiee En Voedselsensitiwiteit (Afrikaans, Paperback)
Hilda Lategan
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Within 7 - 15 working days

As sekere voedselitems en bymiddels tot siektesimptome lei, is dit baie moeilik om gesonde voedingskeuses te maak tot voordeel van goeie gesondheid, asook die herstel en instandhouding van die immuunsisteem. Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om veilige, gesonde en bekostigbare plaasvervangers te vind vir voedselsoorte wat die res van ons as vanselfsprekend beskou.

Hierdie resepte is ontwikkel om maklik gebruik te kan word vir ’n verskeidenheid allergiese toestande. By elke resep is aangedui of dit vry is van: koring, gluten, mielies, eier, melk, laktose, soja, kleur- en preserveermiddels. Voorstelle by van die resepte kan help om met geringe wysiging ’n resep nog meer geskik te maak.

Daar is moeite gedoen met die keuse van bestanddele en plaasvervangers wat bekend, bekostigbaar en vrylik beskikbaar is. Die omvattende inleiding verskaf noodsaaklike inligting aangaande allergieŽ en voedselsensitiwiteit.

Groente Van Tuin Tot Tafel (Afrikaans, Paperback): Wynand Boshoff Groente Van Tuin Tot Tafel (Afrikaans, Paperback)
Wynand Boshoff
R205 R176 Discovery Miles 1 760 Save R29 (14%) Within 5 - 13 working days

Baie mense kies ín leefstyl wat ín mooi versorgde tuin insluit, of hulle dit self doen, of laat doen. Hierdie leefstyl kan voedselproduksie insluit, sonder om die tuin na landerye te laat lyk. Groente van tuin tot tafel leer jou hoe om jou eie groente te kweek en sorg sodoende dat jy op ín gereelde basis groente tot jou beskikking het. Kies uit die lys van groente watter groentesoort jy wil plant en volg die riglyne om jou eie groente te kweek. Die boek bied nuttige inligting oor verskeie aspekte van groenteverbouing, insluitend grondvrugbaarheid, bemesting, waterbehoeftes, wisselbou en plantmaats, en natuurlike plaagbeheer. Die res van die boek gee wenke oor die opbou van ín groentetuin wat jou leefstyl sal pas Ė of dit 'n formele groentetuin in 'n hoek van die erf, of 'n geintegreerde tuin sonder onderskeid tussen sierlike en nuttige plante hou, die inligting is hierin.

Dis Ek, Anna: Die Volle Verhaal - Dis Ek, Anna / Die Staat Teen Anna Bruwer (Afrikaans, Paperback, Filmuitgawe): Anchien... Dis Ek, Anna: Die Volle Verhaal - Dis Ek, Anna / Die Staat Teen Anna Bruwer (Afrikaans, Paperback, Filmuitgawe)
Anchien Troskie as Elbie Lotter 1
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) Within 7 - 15 working days

’n Omnibus met Dis ek, Anna en Die staat teen Anna Bruwer in om met die film gebaseer op die boeke saam te val. Die omnibus bevat albei boeke.

Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan niemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie.

Hierdie is die verhaal oor hoe sy uiteindelik die stilte verbreek het en haar verhaal aan die wÍreld en ook in die hof gaan vertel het. ​Dis ek, Anna ​is gebaseer op ’n ware verhaal.

Hartstories - Huis Toe Met 'n Ligter Tred (Afrikaans, Paperback): Amore Bekker Hartstories - Huis Toe Met 'n Ligter Tred (Afrikaans, Paperback)
Amore Bekker 1
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Within 7 - 15 working days

Die geliefde en gewilde Amore Bekker se keuse van die beste goedvoelstories uit haar program op RSG. Daars stories oor taximanne, kalfies, padpiepies, sagopoeding, en veral oor liefde en onverwagse medemenslikheid. Voel sommer dadelik beter met diť Afrikaanse Chicken Soup for the Soul.

Nog 'n Voorskoot - 10 Bestanddele, 'n Leeftyd Van Herinneringe (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Nog 'n Voorskoot - 10 Bestanddele, 'n Leeftyd Van Herinneringe (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R345 R260 Discovery Miles 2 600 Save R85 (25%) Within 7 - 15 working days

Hierdie lekkerlees-kookboek is die tweede uit die pen van Herman Lensing, kosredakteur van Sarie.

Dit is ingedeel in 10 hoofstukke, volgens Herman se gunsteling bestanddele. Die boek se kenmerk is die gemaklike styl waarmee Herman kook.

Die Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Die Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R314 Discovery Miles 3 140 Within 7 - 15 working days

Dit is jou demokratiese reg om lekker te kuier met vriende en familie om die braaivleisvuur. Dit is die belofte van Jan Braai se Demokratiese Republiek van Braai.

In die boek deel Jan sy beste braairesepte met ons - dit is jou reg om net die beste te braai.

Met Jan se uitsonderlike braairesepte vir steak, hoender, lam en nog baie meer is daar geen verskoning om ooit weer smaaklose braai voor te sit nie.

Marianas Se Vier Seisoene - Kos Uit Die Tuin Vir Die Tafel (Afrikaans, Paperback): Mariana Esterhuizen Marianas Se Vier Seisoene - Kos Uit Die Tuin Vir Die Tafel (Afrikaans, Paperback)
Mariana Esterhuizen; Photographs by Stephen Inggs
R400 R337 Discovery Miles 3 370 Save R63 (16%) Within 7 - 15 working days

Op die agterstoep van Marianas eet 'n mens happie vir happie met 'n uitsig op die plek waar jou maaltyd gebore is - nou word diť lekkerte in 'n boek omskep.

In 2000 het Mariana Esterhuizen en haar man Peter op die pragtige klein dorpie Stanford 'n restaurant - Marianas - oopgemaak. Sedertdien het diť restaurant een van die land se top-eetplekke geword en is hulle maande vooruit vol bespreek met smulpape wat van heinde en verre soheentoe optrek. Mariana volg die tuin-na-tafel beginsel en gebruik groente, vars kruie en vrugte uit haar eie tuin. Die pragstuk van 'n boek, ingedeel volgens die seisoene, bevat: gunstelinge uit Mariana se kinderdae, die restaurant se top-disse, gunstelinge uit die groentetuin, en gunstelinge van klassieke kokke (Mariana is 'n passievolle kookboekversamelaar).

Resepte dek die volle spektum: artisjok-geregte, soppe, kerrievis, koekstruif met bessies, gemmerbier, en vyekonfyt - alles selfgemaak!

Die Banting-Oplossing - Jou Laekoolhidraat-Gids Vir Permanente Gewigsverlies (Afrikaans, Paperback): Bernadine Douglas,... Die Banting-Oplossing - Jou Laekoolhidraat-Gids Vir Permanente Gewigsverlies (Afrikaans, Paperback)
Bernadine Douglas, Bridgette Allan
R230 R184 Discovery Miles 1 840 Save R46 (20%) Within 4 - 8 working days

Uiteindelik! ’n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord en 'n oplossing bied vir permanente gewigsverlies.

Die Banting-Oplossing verduidelik nie net wat Banting behels nie, dit:

  • verskaf antwoorde op Banters se dringendste vrae;
  • skiet die mites wat rondom Banting ontstaan het, aan flarde;
  • bevat handige maaltydplanne en Banting-vriendelike voedsellysies;
  • verskaf wenke oor wat om te doen wanneer gewigsverlies tot stilstand kom;
  • help jou om voedseletikette te verstaan; en
  • wys jou hoe om te Bant sonder om die bank te breek, en dat almal diť leefstyl kan volg.

Maar die heel belangrikste – die boek leer ons hoe om ontslae te raak van daardie ekstra kilogramme en hoe om hulle vir ewig weg te hou! Resultate van in-diepte navorsing word ondersteun deur gevallestudies en voor-en-na foto’s. Lesers het nou toegang tot alle inligting oor Banting in een boek.

Brekfis - Met Derrich En Adelie (Afrikaans, Paperback): Derrich Gardner, Adelie Uys Brekfis - Met Derrich En Adelie (Afrikaans, Paperback)
Derrich Gardner, Adelie Uys 3
R143 R36 Discovery Miles 360 Save R107 (75%) Within 10 - 15 working days

Brekfis met Derrich en Adelie bevat al die gunstelingresepte van Derrich Gardener en Adelie Ludik soos gehoor op Brekfis met Derrich, Saterdae op RSG.

Met hierdie pragtige volkleur resepteboek kan jy elke dag van die week saam met Derrich en Adelie kook. Lesers kan net die beste van hierdie resepteboek verwag wat deur die ICA (Institute of Culinary Arts), onder leiding van Letitia Prinsloo (hoof), Inemari Rabie (dosent en stilis) en die derdejaar sjefstudente saamgestel is. ICA is gelee in die asemrowende Banhoek wynland van Stellenbosch waar hul wereldklas opleiding en internasionaal geakkrediteerde kursusse aanbied.

ICA het oor die afgelope 20 jaar 'n reputasie van die hoogste standaard gevestig en word gereken as die beste sjefskool in die land.

Een Maal (Afrikaans, Paperback): Johnny Hamman Een Maal (Afrikaans, Paperback)
Johnny Hamman
R385 R326 Discovery Miles 3 260 Save R59 (15%) In stock

In Een Maal deel Johnny resepte vir die kos wat hy vir vriende voorberei, vir sy flambojante dinner parties en vir stadskos.

Hy vertel sy idees rondom kos sonder om ooit egtheid te verloor. Hy deel ook die kos wat hy aan sy ma se tafel leer ken het, familiekos – en gee sy skeppende vernuwende weergawes.

Diť boek sal almal inspireer met nuwe idees.

Enigeen Kan Leerwerk Doen - Inspirasie, Tegnieke En 50 Handgemaakte Projekte (Afrikaans, Paperback): Geert Schuiling Enigeen Kan Leerwerk Doen - Inspirasie, Tegnieke En 50 Handgemaakte Projekte (Afrikaans, Paperback)
Geert Schuiling
R295 R275 Discovery Miles 2 750 Save R20 (7%) Within 10 - 15 working days

Leerwerk is een van die tradisionele handwerksoorte wat tans 'n oplewing beleef. Hierdie boek is 'n uitstekende gids vir die gewilde, eeue-oue kuns. Enigeen kan aantreklike leeritems met 'n professionele afwerking maak deur 'n handjievol basiese tegnieke te bemeester. Die skrywer lei jou om met enige van 'n groot verskeidenheid leersoorte, enkele gereedskapstukke en die volledige patrone in die boek pragtige en funksionele handgemaakte sakke, bykomstighede, geskenke en dekoratiewe items vir jou huis te skep. Die 50 oorspronklike projekte is tydloos en prakties, en gedetailleerde aanwysings met stap-vir-stap foto's sal verseker dat jy alles self kan nadoen. Lieflike volbladfoto's van die voltooide projekte sal jou inspireer om sommer dadelik weg te spring. Die boek se inhoud sluit die volgende in: kies van materiaal en gereedskap; sleuteltegnieke soos kleur, sny, gate pons, en afkanting; steke wat vir die projekte gebruik is; invoeg van ritssluiters; afwerking van buitesakke en stroke; meer as 50 patrone vir projekte, met variasies; projekte wat wissel van eenvoudige beursies, oorringe en armbande tot 'n drasak vir hout, 'n oornagsak, 'n rugsak en 'n elegante poef. Beginners kan met 'n eenvoudige sleutelhouer wegspring en stelselmatig vorder na die maak van belde, beursies en sakke, terwyl meer ervare leerwerkers inspirasie sal put uit die oorspronklike eietydse ontwerpe.

Skeppende Inkleurboek (Afrikaans, Paperback): Emma Farrarons Skeppende Inkleurboek (Afrikaans, Paperback)
Emma Farrarons
R145 R125 Discovery Miles 1 250 Save R20 (14%) Within 4 - 8 working days

Kalmeer jou gemoed en werk spanning teŽ deur middel van inkleur.

Hierdie pragtig geÔllustreerde inkleurboek is gevul met ontwerptekeninge van keurige tonele en ingewikkelde, gesofistikeerde patrone. Dit is spesifiek bedoel om jou aan te spoor, om diep betrokke by jou kunswerke te raak, terwyl jy aandagtig die bladsye invul met kleur.

Spandeer ’n paar minute van jou dag – waar jy jou ook al bevind – en skep deur middel van inkleur, ’n weg na vrede en kalmte in jou gemoed.

Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Keina Swart Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Keina Swart
R158 Discovery Miles 1 580 Within 10 - 15 working days

Die Potlooddief Se Bruid En Ander Stories, a collection of columns by Keina Swart, is the result of different journeys, of her heart, mind and imagination, and adventurous explorations of places far and near.

She writes about the people closest to her – the men, women and children of her heart – and explores the soul of South Africa and its unique stories.

Bloedvreemd (Afrikaans, Paperback): Juliana Coetzer Bloedvreemd (Afrikaans, Paperback)
Juliana Coetzer 3
R225 R187 Discovery Miles 1 870 Save R38 (17%) Within 4 - 8 working days

Tydens 'n gesinsvakansie raak die sewejarige Anneke siek en draai by die dood om. Sy herstel, maar met ernstige nagevolge: Weens breinskade word haar verstandelike agteruitgang elke maand meer sigbaar.

Om die sprankelende kind wat lag en presteer te behou, en die naderende gestremdheid af te weer, gaan die gesin op 'n soektog na 'n wonderkuur. Alles word probeer, van alternatiewe behandelings en 'n vreemde dieet tot 'n besoek aan die profeet TB Joshua in NigeriŽ. Soos die siekte toeneem, word alles vir Juliana vreemd en onherkenbaar – haar kind, syself en haar gesin. Sy voel onbevoeg om haarself of haar gesin te red, ten spyte daarvan dat sy as psigoterapeut juis in trauma spesialiseer.

Haar eens vrolike huis word 'n plek waar elke lid van die gesin op 'n ander manier leer om te oorleef.Want Anneke se siekte laat almal se unfinished business uit die kas val. Juliana se pad na aanvaarding dwing haar uiteindelik om ook op haar eie spore terug te loop en haar idee van ma-wees te heroorweeg.

Bloedvreemd vertel die aangrypende verhaal van 'n ma se poging om haarself en haar gesin heel te hou en vrede te maak met 'n kind wat nou 'in 'n ander vorm leef'. Juliana Coetzer skroom nie om te wys wat in die binnekamers van haar huis gebeur nie en laat die leser beurtelings saam met haar huil ťn lag.

Alles Oor Hekel 2 (Afrikaans, Paperback): Karen Adendorff Alles Oor Hekel 2 (Afrikaans, Paperback)
Karen Adendorff
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) In stock

Alles Oor Hekel 2 is die groot opvolger op die topverkoper Alles Oor Hekel wat in 2014 onder die top 10 in die land was.

Diť beginnersgids tot hekel bou voort op algemene hekel-inligting en sluit ook ’n spektrum van basiese patrone en nuwe steke in.

My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer; Photographs by Craig Fraser 2
R298 R256 Discovery Miles 2 560 Save R42 (14%) Within 4 - 8 working days

My Low Carb-Kombuis is ín maklike, toeganklike stapvir- stap-gids tot ín laekoolhidraat-lewenstyl. Dit verskaf riglyne oor watter kos om uit jou dieet te sny en wat om in te sluit vir optimale gesondheid en hope energie. Met meer as 50 watertandresepte, weeklikse maaltydplanne en inkopielyste om jou vinnig op dreef te kry! My Low Carb-Kombuis vertel jou alles oor: Hoe om oor te skakel na ín laekoolhidraatdieet; Hoe om gewig te verloor op ín laekoolhidraatdieet; Hoe ín laekoolhidraatdieet kan help met seliaksiekte, diabetes, chroniese moegheid, glutenintoleransie en inflammasie; Hoe om smaaklike laekoolhidraatgeregte voor te berei, soos bolognaise, laekoolhidraat-broodrolletjies, geroosterde varkvleis, nachoís, amandel-en jogurtplaatkoekies en selfs romerige kaaskoek.

Loui Fish: Onsinkbaar (Afrikaans, Paperback): Alita Steenkamp Loui Fish: Onsinkbaar (Afrikaans, Paperback)
Alita Steenkamp 1
R220 R182 Discovery Miles 1 820 Save R38 (17%) In stock

Die tonge was al baie los oor die kletskoningin Loui Fish, en die lys van dinge wat sy genoem word, is lank: sosiale vlinder, partytjiepop, sekskatjie, flerrie, cougar. Maar voeg ook daarby: beeldskoon, suksesvol en gevat. Loui is inderdaad ’n katjie wat jy nie sonder sagte handskoentjies moet aanpak nie – en boonop enig in haar soort. Dis immers nie elkeen van ons wat sosiaal verkeer met Victoria en David Beckham of wat kan spog met Jimmy Choo as ’n persoonlike vriend of George Michael as ’n voormalige buurman nie.

In haar allesonthullende outobiografie, Onsinkbaar, vertel Loui van haar kleintyddrome om eendag met ’n rock-ster te trou. Steve Hofmeyr maak ’n vlietende draai in haar lewe. James Small vat haar uit die Boland weg, maar sy loop erg deur onder sy vuiste. Uiteindelik trou sy met die liefde van haar lewe, Mark Fish, en word sy deel van ’n sosiale groep wat bekend staan as Footballers’ Wives – vroue vir wie selfs die etiket op hul onderklere belangrik is. Dis ’n verhaal van passie, geweld en liefde. Van ontwerpersklere en die gejaag na sukses. Maar dit vertel ook van ’n weerlose Loui, wanneer sy gestroop van al hierdie dinge besef dat geld en glorie nie geluk bring nie, en dat wat ander van jou sÍ nie regtig saak maak nie.

“Hoekom skryf ek my storie? Wel, ek is nie ’n slagoffer nie. Ook nie sleg nie, ek is net ’n meisie wat verlief geraak het op ’n jong man, en dalk steeds verlief is op hom. Die enigste ding is ek is nie meer 24 jaar oud nie. Ek was getroud vir byna elf jaar. En hoekom is ons nie meer getroud nie? Wel, nes my icon eenmaal in ’n bekende Martin Bashir onderhoud gesÍ het: “It was getting a little crowded.” Sy, nes ek, het na haar huwelik verwys, en sy was prinses Diana.”

Boererate (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe): Danie Smuts Boererate (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe)
Danie Smuts
R190 R152 Discovery Miles 1 520 Save R38 (20%) Within 4 - 8 working days

As jong seun het Danie Smuts met ’n blikkie agter vee in die veld aangeloop om kuttels te versamel vir ’n konkoksie om maselspasiŽnte se simptome te verlig. Min het hy toe geweet dat hy eendag die legendariese aanbieder van ’n gewilde Springbok Radio-program sou word waarin die volk kure vir allerlei kwinte en kwale deel.

Toe Boererate – ’n keur van die tradisionele advies wat luisteraars oor die jare vir Smuts se radioprogram ingestuur het – in 1989 verskyn, was dit onmiddellik ’n treffer. Sedertdien het diť besonderse boek uit sirkulasie verdwyn, maar die aanvraag daarvoor nie.

’n Byna vergete era in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis word in herinnering geroep deur diť vreemdsoortige en dikwels skreeusnaakse wenke. Die volgende stappe word byvoorbeeld aanbeveel om griep te bekamp:

  • Plaas ’n bottel whiskey en ’n glas saam met ’n brandende kers langs jou bed.
  • Klim in die bed, maak seker jy lÍ onder baie komberse, en begin geleidelik aan die whiskey teug.
  • Sodra jy twee kerse sien, sit die glas neer, plaas die prop terug op die whiskey-bottel, blaas al twee kerse dood en gaan slaap.

Maar wees gewaarsku: Dat die griep binne 24 uur sal verdwyn, word gewaarborg, maar jy mag dalk ’n hoofpyn oorhou.

Boererate se oorsprong word teruggevoer na verskillende bronne: waarnemings, eerstehandse ondervinding, mites, godsdiens en selfs toorkuns. Behandeling gaan dikwels gepaard met die uitvoer van komieklike rituele.

Tussen die mediese advies is daar ook handige raad oor sake op die plaaswerf: hoe om ’n troeteldier se vel te laat blink, aartappelsteggies lank vars te hou, van lastige miere ontslae te raak, en nog baie meer.

Boererate bied onontbeerlike pitkos vir geskiedenis-liefhebbers en is ’n nostalgiese terugblik op ’n kosbare stukkie Afrikaner-erfenis.

Kreatiewe Inkleurboek Vir Grootmense 2 (Afrikaans, Paperback): Michael O'mara Books Kreatiewe Inkleurboek Vir Grootmense 2 (Afrikaans, Paperback)
Michael O'mara Books 1
R155 R139 Discovery Miles 1 390 Save R16 (10%) In stock

’n Tweede inkleurboek gerig op gespanne en bekommerde volwassenes.

NŠ die briljante verkope van die Kreatiewe Inkleurboek Vir Grootmense is ’n tweede een op pad met nůg mooier ontwerpe wat wissel van groot reŽlmatige patrone tot fyn patroontjies met baie detail.

Kleur in om van jou stres ontslae te raak, gebruik die bladsye om iets saam met jou kind te doen, verfraai iets daarmee of gebruik dit om wagtye by die spreekkamer of skool in ek-tyd te verander. Dit sal jou kreatiewe siel na vore bring, jou meevoer na ’n ander wÍreld en jou heeltemal laat ontspan.

Waarvoor wag jy? Trek die kryte nader.

Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 5
R250 R200 Discovery Miles 2 000 Save R50 (20%) In stock

As jy 'n lae-koolhidraat, hoŽ-vet leefstyl 'n bekostigbare 'n volhoubare werklikheid wil maak, sal jy mal wees oor die 178 lae-koolhidraat, graanvrye en suikervrye alternatiewe vir van ons land se geliefdste geregte.

Dit sluit gesinsvriendelike resepte in vir immergroen gunstelinge soos malvapoeding, beskuit en bevrore jogurt.

Die kleurfoto's en eenvoudige aanwysings sal jou oorgang na die leefstyl nie net makliker nie, maar ook lekkerder maak.

Kreatiewe Kombinasies In Eietydse Tuine (Afrikaans, Paperback): Louise van Rooyen, Suzette Stephenson Kreatiewe Kombinasies In Eietydse Tuine (Afrikaans, Paperback)
Louise van Rooyen, Suzette Stephenson
R196 Discovery Miles 1 960 In stock

In hierdie boek wys twee kenners jou hoe om dit reg te kry, met honderde voorbeelde uit tuine van regoor die land. Dit wys jou dat 'n tuin basies 'n kombinasie is van kleur, vorm, tekstuur en groeiwyses - in wese 'n kombinasie van kombinasies. Leer hoe om plante te kombineer wat mekaar aanvul en hul eie harmonie skep en hoe om plante en elemente te kombineer vir enersheid, of vir andersheid. Deur uitgesoekte plante en elemente saam te gebruik, skep jy 'n prentjie wat mooier, treffender en meer skouspelagtig is as wat elk van die gekombineerde elemente individueel sou kon doen. Die skeppende omvang van kombinasiemoontlikhede kan nie gekwantifiseer word nie - as jy jou 'n kombinasie kan voorstel, kan jy dit skep. In Kreatiewe kombinasies word in vier kategoriee na kombinasies gekyk: kleur, vorm en groeiwyse, tekstuur en die tuin en plante se spesifieke omgewing. Daar is meer as 230 foto's om jou te bekoor en inspireer en al die nodige inligting om slim en vindingryk met kombinasies te werk. Vergroot jou tuin se trefkrag deur die beste moontlike gebruik van die kombinasies daarin.

Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
R267 Discovery Miles 2 670 Within 7 - 9 working days

Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.

As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!

Dwarsklap - Skakerings Van Swart In Die Nuwe Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Piet Matipa Dwarsklap - Skakerings Van Swart In Die Nuwe Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Piet Matipa 3
R190 R152 Discovery Miles 1 520 Save R38 (20%) In stock

Piet Matipa is jonk, swart, gay en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan ’n sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit ’n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wÍreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan HoŽrskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan , waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in ’n kinderhuis grootgeword het nie!

Afrikaans het sy lÍ op ’n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir ťťn ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om ’n ontkleedanser by ’n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is.

’n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.

Vuurwarm (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vuurwarm (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) In stock

Suid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. ín Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie. Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is ín man bekend as Jan Braai.

In die boek gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors. Beslis 'n moet vir alle braailiefhebbers!.

Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback): Christine Capendale Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback)
Christine Capendale
R325 R250 Discovery Miles 2 500 Save R75 (23%) Pre-order

Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In†Maaltye – maklike geregte vir elke dag†kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. GeÔnspireer deur mense wat graag interessante en gesonde kos eet maar nie baie tyd het vir koskook nie, het Christine Capendale verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Boerekos Met 'n Twist
Annelien Pienaar Paperback  (17)
R335 R287 Discovery Miles 2 870
Draai Jou Sente Om
Abrie Coetzee Paperback  (1)
R155 R133 Discovery Miles 1 330
Kruidjie Roer My - Die Antieke…
Antoinette Pienaar Paperback R240 R192 Discovery Miles 1 920
Sjef Snoekie: Laat die potte sing!
Marlise Scheepers Paperback R236 Discovery Miles 2 360
Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik.
Johane Neilson Paperback R290 R241 Discovery Miles 2 410
Laat die Potte Prut
Via Paperback R265 R228 Discovery Miles 2 280
Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie
Martjie Malan Hardcover R450 R376 Discovery Miles 3 760
Resepte
SuzelleDIY Paperback R280 R209 Discovery Miles 2 090
Maalvleis - 130 Smullekker Resepte
Karen Hart Paperback R260 R224 Discovery Miles 2 240
Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste
Andre Le Roux Paperback R300 R258 Discovery Miles 2 580

 

Loyalty partners