0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (47)
  • R100 - R250 (287)
  • R250 - R500 (92)
  • R500+ (16)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Liefde, Seks en Verhoudings (Afrikaans, Paperback): Annieria McFarlane Liefde, Seks en Verhoudings (Afrikaans, Paperback)
Annieria McFarlane
R90 R75 Discovery Miles 750 Save R15 (17%) Within 11 - 16 working days

Wat sê die Bybel oor liefde, seks en verhoudings?

Was jy al verlief? Is dit regtig die moeite werd om te wag met seks? Is Bybelse beginsels ou reëls vir ’n moderne tyd?

Dít is van die meer as 30 kwessies waarby Anniéria McFarlane saam met tieners stilstaan in Liefde, seks en verhoudings.

Tieners weet vandag alles wat daar is om te weet van seks – of so dink hulle. Maar daar is ’n boodskap wat hulle pelle en die TV nié so duidelik uitbasuin nie – hoe spesiaal God seks gemaak het en hoe Hy wil hê dit beskerm moet word.

Liefde, seks en verhoudings kyk na die sek­suele versoekings waarvoor meer as 20 Bybelse karakters te staan gekom het en wat jongmense uit hulle situasies kan leer.

Hierdie nuttige boek sal jou tiener help in die warboel emosies en keuses waarvoor hulle daagliks te staan kom.

Help! Ek Kry Gaste Vir Ete (Afrikaans, Paperback): Annabel Frere Help! Ek Kry Gaste Vir Ete (Afrikaans, Paperback)
Annabel Frere
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Within 4 - 8 working days

’n Geslag jong volwassenes het Help! Daar’s ’n Stoof in My Kombuis, Annabel Frere se eerste kookboek, leer ken, is mal daaroor en afh anklik daarvan. Dieselfde geslag het die jong beroepslui geword wat nou op ’n ietwat meer gesofistikeerde vlak moet onthaal. As skrywer het Annabel al hierdie stadiums met haar eie dogters meegemaak, en sy het weer eens smaaklike en relatief eenvoudige resepte vir geleenthede saamgestel – van onbeplande samekomste tot goedgeorganiseerde geleenthede.

Groot klem word op goeie beplanning gelê, asook kos wat vooraf berei kan word sodat die kok soveel tyd moontlik aan sy of haar gaste kan bestee, pleks daarvan om die dag in die kombuis deur te bring. Aandag word ook gegee aan tekstuur en aanbieding, met heelwat wenke en voorstelle oor moeitelose onthaal. Waar disse dalk meer ingewikkeld lyk, is Annabel uitstekend daarmee om die misterie te ontsluit. En natuurlik is geen partytjie volledig sonder die regte vloeibare begeleiding nie. Dus is daar ’n hoofstuk oor ’n verskeidenheid skemerkelkies, met en sonder alkohol.

Die Huis Van Rye - 'n Kosboek (Afrikaans, Paperback): Nataniel Die Huis Van Rye - 'n Kosboek (Afrikaans, Paperback)
Nataniel
R350 R298 Discovery Miles 2 980 Save R52 (15%) Within 7 - 15 working days

Nataniël se beste kookboek ooit, met meer as 100 resepte – van handhappies en ontbyt tot heerlike gebak en nageregte.

Met uiteenlopende en buitengewone geregte soos chorisobrood, biltong-en-aarbeislaai, Frans-Italiaans-Meksikaans-Pretoria-panbredie en sprinkaankoek is dit 'n pragboek vol verrassings.

Die besonderse ontwerp is in Nataniël se unieke styl, en weerspieël sy passie vir simmetrie, skoonheid – en, ja, rye...

Lapdecoupage - Omskep Jou Huis Met Lieflike Lap (Afrikaans, Paperback): Alet Genis Lapdecoupage - Omskep Jou Huis Met Lieflike Lap (Afrikaans, Paperback)
Alet Genis
R173 Discovery Miles 1 730 Within 10 - 15 working days

Decoupage is een van daardie eeue-oue handwerksoorte wat telkens weer in 'n nuwe gedaante sy opwagting maak. Die jongste neiging is om decoupage met lap as basis te gebruik vir die versiering van 'n verskeiden-heid voorwerpe, van inkopiesakke tot bedlampies en badkamerteels tot berebokse. Dit is 'n maklike, prettige manier om enige denkbare ding te hergebruik en te versier volgens idees en tegnieke van verskeie ander handwerksoorte. Hierdie praktiese gids se verfrissende en oor-spronklike benadering tot decoupage fokus op die gebruik van lap en tekstielstowwe as dekoratiewe medium. Dit teks is propvol inligting, nuttige wenke en praktiese raad. Gedetailleerde aanwysings, aangevul deur duidelike stap-vir-stap foto's, verduidelik al die tegnieke wat vereis word om pragtige artikels te skep en professioneel af te werk. Die uitmuntende foto's van alle voltooide projekte sal enigeen aanspoor om sommer dadelik aan die werk te spring.

Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Diabetes (Afrikaans, Paperback): Hilda Lategan Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Diabetes (Afrikaans, Paperback)
Hilda Lategan 1
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Within 7 - 15 working days

Hilda Lategan het die beste resepte uit die twee topverkoper Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid boeke gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet.

Geheime Vir 'n Gelukkige Huwelik (Afrikaans, Paperback): Craig Groeschel, Amy Groeschel Geheime Vir 'n Gelukkige Huwelik (Afrikaans, Paperback)
Craig Groeschel, Amy Groeschel
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Within 11 - 16 working days

Dit is die keuses wat jy elke dag maak wat jou verhouding met God en die kwaliteit van jou huwe­lik bepaal.

In Geheime vir ’n gelukkige huwelik wys Craig en Amy Groeschel lesers vyf keuses wat hul huwe­lik on­breekbaar kan versterk:

- Soek God

- Baklei regverdig

- Doen goed wat pret is

- Bly rein

- Moet nooit opgee nie

As huweliksmaats hulle daartoe verbind om hier­die keuses elke dag uit te voer, sal dit ’n ry­ker en dieper huweliksverhouding voortbring.

Geheime vir ’n gelukkige huwelik praat reguit met lesers en voeg daardie stukkie humor in wat hulle sal aanspoor om met passie en vreugde te baklei vir die belangrikste verhouding in hul lewe.

Inhoudsopgawe

Inleiding

WAT HET JY VERWAG?

1. SOEK GOD

2. BAKLEI REGVERDIG

3. MAAK TYD VIR PRET

4. BLY REIN

5. MOET NOOIT OPGEE NIE

Nawoord

TOT DIE DOOD JULLE SKEI

Erkennings

Lof vir hierdie boek

Vlytige Geskenke (Afrikaans, Paperback): Jane Bull Vlytige Geskenke (Afrikaans, Paperback)
Jane Bull
R180 R144 Discovery Miles 1 440 Save R36 (20%) Within 4 - 8 working days

’n Handgemaakte geskenk het soveel meer waarde as ’n gekoopte. Vlytige Geskenke bevat talle briljante idees en projekte, van geurige badprodukte en smaaklike eetgoed tot breekgoed met ’n boodskap en 3D-geleentheidskaartjies. Vlytige Geskenke is propvol inspirasie vir geskenke, verpakkings en kaartjies. Rond jou skeppings af met handversierde geskenkpapier en hangetikette en gee dan jou geskenke met liefde.

Inhoud: Toerusting, Vlytige geskenkidees, Knope-hangers, Soutdeeg-treffers, Appel- houers, Selfdoen-gemmerbroodmengsel, Flesse vol verrassings, Bruiskoekies vir badtyd, Prentjie-mooi!, Breekgoed met ’n boodskap, Blomme wat hou.

Elke Vrou Se Klein Boekie Oor Gewig - 'n Selfbelpgids (Afrikaans, Paperback): Lorette Dye Elke Vrou Se Klein Boekie Oor Gewig - 'n Selfbelpgids (Afrikaans, Paperback)
Lorette Dye
R64 Discovery Miles 640 Within 10 - 15 working days

Elke vrou se klein boekie oor gewig: Leer Wat jy moet eet, wys dat jy meer is as net jou voorkoms, aanmoedig om seerkry uit jou verlede te oorkom, begelei om jou emoisies te verstaan en beheer, stap vir stap 'n gesonde leefstyl deel te maak van jou dag. Met geloof as jou bron van energie, wag daar vir jou 'n maer lewe in 'n vet wereld.

Bekostigbare Tuinmaak (Afrikaans, Paperback): Nancy Gardiner Bekostigbare Tuinmaak (Afrikaans, Paperback)
Nancy Gardiner
R93 Discovery Miles 930 Within 10 - 15 working days

Hierdie titel bevat 'n magdom tyd- en kostebesparingsidees om 'n pragtige en funksionele tuin te skep sonder dat dit 'n fortuin kos. Daar is 'n uitgebreide lys waterbesparende plante en waterbesparingswenke, 'n menigte voorstelle vir herwinning, en volledige inligting oor die natuur se eie verdedigingsmeganismes en hoe jy geld kan spaar deur snyblomme in jou tuin te kweek.

Fotoplakwerk - Begin by Die Begin (Afrikaans, Paperback): Tracy Boomer, Deborah Morbin Fotoplakwerk - Begin by Die Begin (Afrikaans, Paperback)
Tracy Boomer, Deborah Morbin
R173 Discovery Miles 1 730 Within 10 - 15 working days

Fotoplakwerk: begin by die begin is anders as die meeste ander fotoplakboeke deurdat dit die klem op die foto's plaas eerder as die tooisels wat hulle so maklik kan oorweldig. Hierdie boek met tegnieke as die vertrekpunt - alles duidelik met stap-vir-stap foto's geillustreer. Elke tegniek, oorspronklikes sowel as tradisioneles, word verder toegelig met pragfoto's van fotoplakbladsye waar die tegniek gebruik is. Die boek wemel van deeglik beproefde wenke, en besparingsvoorstelle word deurgaans gemaak. Met basiese sowel as gevorderde tegnieke bied dit al die inligting wat jy nodig het om te begin, maar ook genoeg om gevorderde fotoplakkers nader te lok. Meer as 150 voorbeeldblaaie sal jou inspireer en leer, en die uitgebreide byskrufte gee nog bykomende inligting eerder as om die ooglopende te herhaal.

Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe - Vir Koelkop Ouers (Afrikaans, Paperback): Jannie Putter Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe - Vir Koelkop Ouers (Afrikaans, Paperback)
Jannie Putter
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Within 11 - 16 working days

Ouerskap vandag is moeiliker as ooit tevore. Kinders staan onder druk wat voorheen ongehoord was. En die druk rus ook op ouers om hul kinders te lei en ondersteun.

Jannie Putter kyk in Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe in 13 hoofstukke na waardevolle temas soos “Wie is jy?”, “Hoe bou ek my kind se self­beeld?”, en “Hoe tug ek my kind?” Hy gebruik grafiese voor­­-stellings om sy teorie uit te lig en praat ook spesifiek met enkelouers oor die struikel­blokke wat hulle moet hanteer.

Jannie wys ouers dat die sleutel daarin lê om die regte besluite in die hitte van die oomblik te neem. Daar is altyd twee opsies: die regte besluit wat dalk moeilik is of die verkeerde besluit wat dalk op daardie oomblik gemaklik en selfs prettig lyk, maar lei tot spyt.

Wenplan Vir Jou Kind Se Lewe sal ouers bemoe­dig om die beste ouers moontlik vir hul kinders te wees.

Tuinmaak Maklik Gemaak - 'n Inspirerende En Praktiese Gids (Afrikaans, Hardcover): Nancy Gardiner Tuinmaak Maklik Gemaak - 'n Inspirerende En Praktiese Gids (Afrikaans, Hardcover)
Nancy Gardiner
R163 Discovery Miles 1 630 Within 10 - 15 working days

Tuinmaak moet 'n plesier wees, nie 'n las nie. Hierdie boek bevat: van basiese tuinuitleg, klimaat en grond tot die hantering van tuinstrukture, die beste plante vir jou tuin, hoe om watertuine, houerplante en dies meer in die tuin aan te wend; spesiale raad vir mense met kustuine of ander spesifieke omgewingstoestande en hoe om alles in stand te hou met die minimum inspanning en die meeste respek vir die ekologie.

Karoo Wildsvleis (Afrikaans, Paperback): Albe Neethling, Annatjie Reynolds, Lynne Minnaar Karoo Wildsvleis (Afrikaans, Paperback)
Albe Neethling, Annatjie Reynolds, Lynne Minnaar
R275 R229 Discovery Miles 2 290 Save R46 (17%) Within 4 - 8 working days

Die Groot Karoo is die tweede grootste platogebied buite Asië. Hierdie semi-droë streek maak tot ’n groot mate die sentrale deel van Suid-Afrika uit. Dit is ook die tuiste van talle inheemse wildsoorte soos springbok, koedoe, gemsbok, hartebees, eland en wildebees.

Wildvleis was lank slegs goed vir biltong en droëwors. Hierdie pragtige boek wat die gees van die Karoo vasvang, bewys die waarde en veeldigheid van wildvleis wat geurig, voedsaam en laag in vet is.

Met hierdie omvattende boek in hand kan elke kok interessante wildsvleisgeregte voorsit. Dit sluit ’n verskeidenheid van snitte, marinades en bykosse in wat elke maaltyd ’n gesonde en opwindende feesmaal kan omskep.

Dagboek sonder grense (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers Dagboek sonder grense (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R305 R262 Discovery Miles 2 620 Save R43 (14%) In stock

Dagboek sonder grense is ’n enige-jaar beplanner propvol inspirerende projekte wat jou kreatiwiteit vlerke sal gee. Die pragtige hardeband publikasie bevat ’n bladsy vir elke dag van die jaar maar dit word nie aan ’n spesifieke weeksdag gekoppel nie. Die dagboek spog met bydraes deur skrywers soos Janine Bevolo-Manders, Dina Botha, Alta Cloete, Chantelle de Wet, Madelie Human, Sophia Kapp en Elsa Winckler, sowel as resepte van onder meer Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker, Cass Abrahams, Annatjie Melck, Helen Schoer, Riana Scheepers en Sjef Snoekie. Daar is ook handwerk- en kunsvlytprojekte deur Christa Swanepoel, Thana Nel en Marlene Schoeman, sowel as woordraaisels en doodle-projekte deur XWord en Rina Burger. Vroue kan tred hou met hul afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as inkopielyste en wat om te maak vir aandete. Boonop is daar oorgenoeg spasie om hul oefenprogram te beplan en gebedslyste saam te stel.

Die Nuwe Amptelike K53 Handleiding (Afrikaans, Paperback): Clive Gibson, Gavin Hoole Die Nuwe Amptelike K53 Handleiding (Afrikaans, Paperback)
Clive Gibson, Gavin Hoole 1
R65 R52 Discovery Miles 520 Save R13 (20%) Within 4 - 8 working days

Hersien, met opgedateerde inligting en ’n helder nuwe voorblad om daarby te pas, is Die nuwe amptelike K53-handleiding ’n omvattende en koste-effektiewe gids om jou te help slaag in die Leerling- en K53-Bestuurslisensietoetse. Elke hoofstuk bespreek wat van jou verwag sal word met die hantering van ligte en swaar motorvoertuie en motor?etse. Die Leerlinglisensie-afdeling verduidelik die K53-beginsels van defensiewe bestuur, padtekens en padreels, met vrae en antwoorde om jou kennis te toets. Aan die einde van die afdeling is ’n oefentoets, soortgelyk aan die een wat deur verkeersdepartemente opgestel word. ’n Nuwe, nuttige afdeling wat addisionele items in die wetgewing opsom, is na die toets bygevoeg. Die Bestuurslisensie-afdeling verduidelik hoe kandidate getoets word en waarna eksaminators oplet, met stap-vir-stap-instruksies vir elke maneuver in die werf- en die padtoets. Met detail-illustrasies in volkleur, is dit beslis die gids vir leerling- en bestuurslisensietoetse. Die handleiding se inhoud vorm ook die basis vir ’n opsionele skakel tot ’n aanlyn-selftoetsfasiliteit.

Hebbelikhede (Afrikaans, Paperback): Willem de Klerk Hebbelikhede (Afrikaans, Paperback)
Willem de Klerk
R143 Discovery Miles 1 430 Within 10 - 15 working days

Elke mens het 'n eie persoonlikheid en 'n spesifieke geaardheid. Dit is wat ons individue maak. 'n Mens se persoonlikheidstipe maak jou vatbaar vir sekere hebbelikhede. Volgens die verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal is 'n hebbelikheid 'n "(hinderlike) gewoonte, aanwensel, neiging". Besonder individualistiese mense is dikwels interessante mense. Hulle hoekigheid en andersheid is kleurvol. Hulle woede of spoggery of skindery of opneukery of dwarsheid of ondersteboheid is die sout en peper van menslikheid. Hierdie titel gaan egter oor geaardhede wat vasval in sekere hebbelikhede dermate dat dit die persoonlikheid oorheers. Dit word dan iets wat ander mense kwaad maak of irriteer en dus 'n karaktertrek wat die grens van aanvaarbaarheid oorskry. Hoewel ander mense dit aanvanklik verduur of dit selfs interessant kan vind, word dit later vir hulle 'n ergernis. Dit gaan hier oor die "te" van 'n faset van mens se geaardheid. Te jaloers, nederig, aggressief, skynheilig of wat ook al. Gewoonlik het dit 'n vernietigende uitwerking op so 'n mens se verhoudings. Hierdie title is gebaseer op die kennis wat De Klerk van sy eie hebbelikhede opgedoen het, op 'n leeftyd se saamwees met ander mense, en op ervarings in die spreekkamer waar hy vir baie jare as sielkundige terapeut probeer help het met die identifikasie en tempering van hebbelikhede wat te erg geword het. Plek-plek word gevallestudies uit sy spreekkamer gebruik.

Koljander, Koljander So Deur Die Bosch (Afrikaans, Paperback): Annatjie Melck Koljander, Koljander So Deur Die Bosch (Afrikaans, Paperback)
Annatjie Melck 2
R355 R302 Discovery Miles 3 020 Save R53 (15%) In stock

Die stories en resepte wat in die boek opgeskryf is nooi jou saam op Annatjie se lewensreis – wat begin op die oop vlaktes van die Groot Karoo en eindelik tot ruste kom onder die groot eike van die Muratie-wynlandgoed net buite Stellenbosch.

Die gevolg is ’n interessante nalatenskap word nie net geskets deur humoristiese en hartroerende vertellings nie, maar ook deur deurwinterde staatmakerresepte en wenke.

Kry Daai Lyf (Afrikaans, Paperback): Linda Kriel Kry Daai Lyf (Afrikaans, Paperback)
Linda Kriel
R109 Discovery Miles 1 090 Within 10 - 15 working days

Kry daai lyf... selfs al háát jy dieet en oefen... al wil jy weghardloop as iemand net die woord “gewig” noem... al dink jy niks kan jou meer kan maer maak nie.

Linda Kriel bied jou alles op ’n skinkbord vir ’n gesonde, skraler jy. Sy gee die nuutste riglyne om jou lewenstyl vir eens en vir altyd te verbeter. Jy kry nie net een eetplan wat werk nie, maar twee. Dit maak dit makliker om die regte keuses te maak wat by jou lewe inpas.

Die skrywer word jou persoonlike oefeninstrukteur met foto’s wat presies wys wat jy moet doen. Sy motiveer jou om sentimeters te verloor, jou lyf ferm te maak en vet te verbrand.

Hierdie boek sal jou help om

  • gewig te verloor en fiks te word
  • al die bulte en knoppe waaroor jy skaam is weg te oefen
  • jou unieke liggaamsvorm mooier te maak
  • jou vetpersentasie te bepaal
  • jou spier- en vetsamestelling te verbeter
  • jou metabolisme te verhoog
  • vir die res van jou lewe gesond te leef.

As jy eers die voordele van aktief wees en reg eet ervaar, sal jy daarmee volhou. Dan is die lyf wat jy begeer joune – nie net vir ’n maand of ’n jaar nie … maar vir ’n leeftyd!

Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 6
R250 R200 Discovery Miles 2 000 Save R50 (20%) Within 4 - 8 working days

Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Ine Reynierse, outeur van die topverkoper Low-Carb Is Lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoevet-spyskaart.

Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder die oortollige koolhidrate. Haar eenvoudige en fynproewermaaltye, waaronder ’n paar plaaslike gunstelinge asook gunstelinge van oor die wereld heen, sal die hele gesin laat vra na meer ... meer gesonde maaltye!

As jy op soek is na eenvoudige en sakpasresepte vir 'n laekoolhidraat-leefstyl, is die boek jou beste bondgenoot.

Die geskenk van engele - Inkleurboek - Die lekkerte van inkleur - Skep en geniet die geskenk van engele (Afrikaans, Paperback):... Die geskenk van engele - Inkleurboek - Die lekkerte van inkleur - Skep en geniet die geskenk van engele (Afrikaans, Paperback)
Chanelle Correia
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Within 11 - 16 working days

Ons het almal 'n kreatiewe sy, en ons moet dit ontgin. Ons is nooit te oud of te jonk om weer kreatief te word nie. Om skeppend te wees, is ook ’n vorm van genesing,’ se die bekende Afrikaanse kunstenaar Chanelle Correia. Haar unieke reeks sketse van engele in Die geskenk van engele-inkleurboek sal oud en jonk inspireer om weer die lekkerte van inkleur en kreatief-wees te ontdek. Deur hierdie unieke engele-prente in te kleur, sal jy vir ’n rukkie van die gejaagde moderne lewe kan ontsnap en jou eie, unieke kunswerk skep. Ontdek weer die skeppende vermoens wat binne-in jou weggesluit le en ervaar die bevredigende gevoel om self jou eie weergawe van skoonheid te skep.

Bord (Afrikaans, Hardcover): Marlene van der Westhuizen Bord (Afrikaans, Hardcover)
Marlene van der Westhuizen; Photographs by Robbert Koene
R395 R299 Discovery Miles 2 990 Save R96 (24%) Pre-order

Die resepte in dié boek kan elke dag van die week gebruik word vir daardie een hoofmaaltyd wat ons elke dag voorberei, hetsy ons vir die gesin kook of vriende vermaak. Bord is in slegs drie hoofstukke ingedeel – Vleis, Pluimvee en Seekos – en die resepte wissel van bekende klassieke tot moderne geregte, meestal met ’n kontinentale invloed. Alles word voorberei met die skrywer se flair vir tuisgemaakte, hartlike en lekker etes.

Bord is die perfekte geskenk vir diegene wat huis opsit en relatief onervare in die kombuis is, maar selfs gesoute kokke sal inspirasie in dié boek vind.

Katrien Se Mini-koeke - Kolwyntjies, Koeklollies En Meer (Afrikaans, Paperback): Katrien van Zyl Katrien Se Mini-koeke - Kolwyntjies, Koeklollies En Meer (Afrikaans, Paperback)
Katrien van Zyl
R173 Discovery Miles 1 730 Within 10 - 15 working days

Elke projek het drie tot vier koekitems met dieselfde tema, met duidelike aanwysings en stap-vir-stap foto's wat dit sommer verspot maklik maak. Deeglik getoetste koek- en vulselresepte gee riglyne om die hoeveelhede te vermeerder om aan jou vereistes te voldoen, en daar is patroonplate wat vir die versierings gebruik kan word. Die skrywer deel hope wenke en kortpaaie wat oor jare van eksprimentering opgebou is om die beste bestanddele en tegnieke vir die beste resultaat te verseker. Die pragfoto's van elke projek toon dat koekversiering inderdaad 'n kunsvorm geword het, maar die maklike aanwysings plaas die projekte binne die vermoe van elkeen wat dit kan volg. Die projekte is van maklik tot gevorderd gegradeer, dus is daar regtig iets vir almal.

Staan Sterk In 'n Wankelende Wêreld (Afrikaans, Paperback): Angelique du Toit Staan Sterk In 'n Wankelende Wêreld (Afrikaans, Paperback)
Angelique du Toit 1
R190 R157 Discovery Miles 1 570 Save R33 (17%) Within 11 - 16 working days

Dra jy swaar aan die druk van jou daaglikse lewe, ry jy op ’n emosionele tuimeltrein, is jy fisiek uitgeput en sukkel jy met swak gesondheid?

Is jy kort van draad, angstig, bang en voel jy pal skuldig omdat jy worstel om ál meer en meer vir jou werk – en ander mense – te gee, dikwels ten koste van jou gesinslewe. Voel jy of jy min hoop het vir die toekoms?

Staan sterk in ’n wankelende wêreld is ’n praktiese boek vol onmiddelllike inspirasie wat jou sal help om bo al jou omstandighede uit te styg en alles te word wat jy geskep is om te wees. Die insigte wat jy op hierdie blaaie vind, sal jou aanmoedig om jou lewe, jou besigheid en jou toekoms te verander. Die teks is gebore uit lewenservaring en is nie bloot teorie nie.

Net die toets (Afrikaans, Paperback): Net die toets (Afrikaans, Paperback)
R65 R52 Discovery Miles 520 Save R13 (20%) Within 4 - 8 working days

Nuut van die uitgewers van verskeie topverkopergidse vir die slaag van jou leerling- en bestuurslisensie, is Net die toets ideaal vir enige iemand wat so ’n bietjie meer oefening benodig voordat hulle die leerlinglisensie toets a?e. Met meer as 160 vrae wat alles dek van padreels, waarskuwingstekens, inligtingstekens en padmerktekens tot voertuigkontroles, motor?etse en reguleringstekens, sal jy die toets met selfvertroue a?e. Die vrae is waar nodig met padtekens en padmerktekens toegerus om die leerproses te vergemaklik. Die gids bevat ook ’n nuttige afdeling van wat op die dag van die toets benodig word, lisensiekodes en oor toetse wat elektronies afgele word.

Vyf Tale Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback): G. Chapman Vyf Tale Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback)
G. Chapman
R130 R107 Discovery Miles 1 070 Save R23 (18%) Within 11 - 16 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik.
Johane Neilson Paperback R290 R241 Discovery Miles 2 410
Resepte
SuzelleDIY Paperback R280 R209 Discovery Miles 2 090
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Megaboere
Wynand Dreyer Paperback R250 R176 Discovery Miles 1 760
Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie
Martjie Malan Hardcover R450 R376 Discovery Miles 3 760
Laat die Potte Prut
Via Paperback R265 R228 Discovery Miles 2 280
Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (1)
R240 R191 Discovery Miles 1 910
Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste
Andre Le Roux Paperback R300 R258 Discovery Miles 2 580
Daar Is 'n Engel in my Koskas
Willie Strauss Paperback R325 R250 Discovery Miles 2 500
Armand Kook Kaal - 'n Banting- en…
Armand Aucamp Paperback R380 R299 Discovery Miles 2 990

 

Loyalty partners