0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (5)
  • R50 - R100 (46)
  • R100 - R250 (278)
  • R250 - R500 (95)
  • R500+ (24)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Polimeer Klei-projekte - Maak Vrolike En Funksionele Items Uit Klei (Afrikaans, Paperback): Fransie Snyman Polimeer Klei-projekte - Maak Vrolike En Funksionele Items Uit Klei (Afrikaans, Paperback)
Fransie Snyman
R173 Discovery Miles 1 730 Shipped within 10 - 15 working days

'n Praktiese gids met sterk, kleurryke ontwerpe vol inspirasie Polimeerklei is 'n gewilde medium, geskik vir en gewild onder handwerkers van alle ouderdomme en vaardigheidsvlakke. Dit is in elke moontlike kleur te kry, en omdat dit maklik in 'n kombuisoond gebak word, is dit toeganklik vir alle handwerkers. Klei-oppervlakke kan op soveel verskillende maniere versier word dat tegnieke van ander handwerksoorte soos stempelwerk, ponswerk, bosselering en mosaiekwerk mildelik gebruik word. Dit maak kleiwerk soveel veelsydiger en dra by tot die toenemende gewildheid daarvan. Hierdie boek wys jou hoe om manjifieke juwele, styfvolle geskenke, versierde houers, knope, nagemaakte afwerkings, aantreklike huistoebehore en veel meer te skep - prettig en lonend. Hope stap-vir-stap foto's en duidelike aanwysings verseker dat selfs die groenste groentjie sukses sal behaal, en die volbladfoto's sal handwerkers inspireer om die voortreflike projekte aan te pak. Verskeie tegnieke, van basiese kondisionering tot kreatiewe staafwerk en millefiori-afwerkings, word verstaanbaar verduidelik en dan in die onderskeie projekte gekontekstualiseer. Gebruik hierdie tegnieke om oorspronklike items te skep en projekte volgens jou eie smaak aan te pas. Weens die aard van die medium is dit bykans onmoontlik om ontwerpe en afwerkings presies te herhaal - elke item bly uniek. Waarvoor wag jy dan? Gryp jou klei en begin speel!

Karoo Wildsvleis (Afrikaans, Paperback): Albe Neethling, Annatjie Reynolds, Lynne Minnaar Karoo Wildsvleis (Afrikaans, Paperback)
Albe Neethling, Annatjie Reynolds, Lynne Minnaar
R275 R225 Discovery Miles 2 250 Save R50 (18%) Shipped within 4 - 8 working days

Die Groot Karoo is die tweede grootste platogebied buite AsiŽ. Hierdie semi-droŽ streek maak tot ’n groot mate die sentrale deel van Suid-Afrika uit. Dit is ook die tuiste van talle inheemse wildsoorte soos springbok, koedoe, gemsbok, hartebees, eland en wildebees.

Wildvleis was lank slegs goed vir biltong en droŽwors. Hierdie pragtige boek wat die gees van die Karoo vasvang, bewys die waarde en veeldigheid van wildvleis wat geurig, voedsaam en laag in vet is.

Met hierdie omvattende boek in hand kan elke kok interessante wildsvleisgeregte voorsit. Dit sluit ’n verskeidenheid van snitte, marinades en bykosse in wat elke maaltyd ’n gesonde en opwindende feesmaal kan omskep.

Mylpale vir kinderontwikkeling (Afrikaans, Paperback): Carla Grobler Mylpale vir kinderontwikkeling (Afrikaans, Paperback)
Carla Grobler
R130 R103 Discovery Miles 1 030 Save R27 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Ouers van babas en klein kindertjies wonder gedurig of hul kinders hulle ontwikkelingsmylpale binne die verwagte tydperk bereik. Dit is belangrik om te onthou dat elke kind uniek is en dat geen twee kinders hierdie mylpale gelyktydig sal bereik nie. Mylpale vir kinderontwikkeling se doel is om ouers en opvoeders betyds te laat besef as 'n kind se ontwikkeling agter sou raak.

Toor Met Hoender (Afrikaans, Paperback): Karen Hart Toor Met Hoender (Afrikaans, Paperback)
Karen Hart
R275 R236 Discovery Miles 2 360 Save R39 (14%) In stock

Soek jy ín lekker hoenderresep? Die meeste mense hou van hoender en dis so maklik om gaar te maak. Boonop is dit ekonomies en veelsydig Ė koud of warm ewe lekker. Dis onthoukos, van die roosterhoender op die Sondagtafel tot Ouma se hoenderpastei. In die boek neem Karen jou op ín toer deur haar Toorkombuis. En dis ín verskeidenheid hoenderresepte Ė slaaie, soppe, bredies, pastas, piekniekkos Ö hoender op die kole. Daar is hoender vir elke dag en iets spoggerigs vir die onthaaltafel.

Die Heel Beste Bakboek (Afrikaans, Hardcover): Jane Bull Die Heel Beste Bakboek (Afrikaans, Hardcover)
Jane Bull
R190 R150 Discovery Miles 1 500 Save R40 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Die Heel Beste Bakboek is ’n stap-vir-stap inleiding tot bak wat kinders van beginners tot ervare bakkers laat ontwikkel. Met behulp van foto’s onderskei hulle tussen verskillende prosesse soos klits en romerig klop, en selfs wat die verskil tussen ’n beslag en ’n deeg is.

Die bekroonde skrywer Jane Bull lei kinders nie net om meer as tien verskillende bakbederfi es voor te berei nie, maar ook watter metodes, gereedskap en terminologie vir elke resep gebruik word. Hulle leer hoe om ’n groot verskeidenheid dinge te bak, van brood en muffi ns tot koek en koekies, met variasies vir elke bakmengsel. Die kinders kan kreatief wees wanneer hulle wenke volg hoe om met neute, sade, versiersel, en lekkers te versier!

Mosaiek - Jou volledige gids (Afrikaans, Paperback): Karin Wainright Mosaiek - Jou volledige gids (Afrikaans, Paperback)
Karin Wainright
R200 R174 Discovery Miles 1 740 Save R26 (13%) In stock

Hordes mense word meegesleur deur die wereldwye mosaiekkoors, maar min boeke bied nuttige inligting en wenke asook die tipiese slaggate waarin jy kan trap. Baie inligting oor die internet is algemeen en onduidelik en min hou die Suid-Afrikaanse kunstenaar in gedagte. Met hierdie boek deel Karin Wainwright al die geheime van die mosaiekkuns. Sy bied 25 stap-vir-stap unieke en besonderse projekte met hope wenke en nuttige inligting. Die projekte kan vir die huis of as geskenke gemaak word en sluit onder meer 'n strykyster, babaskoene, eksotiese teeliggies, klippiesplaveiselblok en stapklippe vir jou tuin in. Hier is 'n projek vir 'n ieder en 'n elk Ė of jy nou gesout of 'n groentjie is!

Die banting-sakgids (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Bernadine Douglas, Bridgette Allan Die banting-sakgids (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Bernadine Douglas, Bridgette Allan
R150 R118 Discovery Miles 1 180 Save R32 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Die Banting-oplossing, in samewerking met die Noakes-stigting en die "Eet Beter, Suid-Afrika!" - inisiatief, is nou beskikbaar in 'n gebruikersvriendelike sakpas-formaat! Danksy lesers se versoeke vir meer basiese resepte en 'n maklik hanteerbare formaat, is Die Banting-oplossing nou beskikbaar in 'n grootte wat elke sak sal pas. Hierdie gebruikersvriendelike boekie bevat al die wenke en raad wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl suksesvol te implementeer en om daarmee vol te hou. Die Banting-sakgids bevat 'n hoofstuk deur Banting se mees passievolle en gerespekteerde ondersteuner, prof. Tim Noakes; verskaf antwoorde op jou dringendste vrae; slaan mites wat oor Banting kop uitgesteek het die nek in; help jou om uitstekende maaltydplanne saam te stel; bevat Banting-vriendelike voedsellysies en resepte; leer jou hoe om te begroot sodat almal 'n Banting-leefstyl kan handhaaf; en nog baie meer. Maar nog belangriker: dit leer jou hoe om van daardie ekstra ponde ontslae te raak en hulle vir altyd weg te hou! Die Banting-sakgids, wat maklik in jou handsak of hempsak inglip, is net wat jy nodig het om jou Banting-leefstyl aan die gang te kry!

Beatrix sÍ Raak Tunisiese Hekel Baas (Afrikaans, Paperback): Beatrix Snyman Beatrix sÍ Raak Tunisiese Hekel Baas (Afrikaans, Paperback)
Beatrix Snyman
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) In stock

Tunisiese hekelwerk is ’n baie ou hekeltegniek wat tans ’n oplewing beleef. In die verlede was Tunisiese hekel sinoniem met dik, swaar komberse, maar deesdae breek hekelaars weg van diť tradisionele styl en eksperimenteer met opwindende nuwe steke en tegnieke. Nou bestaan Tunisiese hekel uit fraaie kantpatrone, interessante vorms en kleurryke ontwerpe!

Beatrix sÍ: Raak Tunisiese hekel baas is ’n volledige gids wat jou leer om diť gewilde hekeltegniek te bemeester. Met die hulp van pragtige volkleurfoto’s leer jy stap-vir-stap sowat 40 verskillende steke en ander hekelkunsies. Beatrix sÍ: Raak Tunisiese hekel baas verduidelik onder meer:

• Hoe om verskillende hekelpenne vir Tunisiese hekelwerk te gebruik

• Hoe om patrone te lees en diagramme te verstaan

• Waarvoor afkortings en simbole in Tunisiese hekel staan

• Hoe om probleemareas raak te sien en reg te maak

• Hoe om 40 verskillende steke te maak

• Hoe om kleure en fatsoene in patrone te verweef

Beatrix Snyman is ’n kundige hekelaar wat reeds sedert 2012 hekelklasse en – werkswinkels aanbied. Sy ontwikkel oorspronklike hekelpatrone en het ook haar eie reeks alpakka- en merinohekeldraad bekendgestel.

35 Kruisiesteekpatrone (Afrikaans, Paperback): Karen Adendorff 35 Kruisiesteekpatrone (Afrikaans, Paperback)
Karen Adendorff
R190 R165 Discovery Miles 1 650 Save R25 (13%) In stock

Handwerk is deesdae baie gewild en om jou eie stempel op jou dekor af te druk, gee jou 'n huis met sy eie persoonlikheid! Kruisiesteekwerk is glad nie moeilik nie en enigeen kan dit bemeester deur net 'n paar basiese beginsels te volg. Hierdie boek gee 'n duidelike uiteensetting van die basiese beginsels sowel as alles wat jy mag nodig kry om dit maklik en genotvol te maak. Die boek behandel alles van die versiering van knope, kussings, badsakkies, drasakkies en harte tot die meer tradisionele merklappe wat geraam kan word. Daar is klein projekte vir die beginner asook groter projekte vir die wat hou van 'n uitdaging en meer tyd op hande het.

Die Rykste Man in Babilon - Finansiele Teksnotas Deur Hein Kruger (Afrikaans, Paperback): George S. Clason Die Rykste Man in Babilon - Finansiele Teksnotas Deur Hein Kruger (Afrikaans, Paperback)
George S. Clason
R133 Discovery Miles 1 330 Shipped within 10 - 15 working days

Ons land se voorspoed is afhanklik van die finansiele sukses en onafhanklikheid van ons as individue. Hierdie titel handel oor die persoonlike suksesse van elkeen van ons. Sukses is die resultaat van dit wat bereik word deur ons pogings en toewyding. Behoorlike voorbereiding is die sleutel tot ons sukses. Ons dade en die bereiking van ons doelwitte is die gevolg van ons wysheid en begrip. Dit is die doel van hierdie titel: om aan hulle wat na finansiele sukses en insig streef, te help om geld te maak, om die geld te hou en om jou geld vir jou te laat werk. In die volgende bladsye word ons teruggevoer na antieke Babilon, die wieg van destydse rykdom en welvaart, waar hierdie wette gekoester en toegepas is en deur alle eeue steeds deur suksesvolle mense toegepas word. Hierdie verhaal is vir elke mens, jonk en oud, wat nou deel gaan word van lesers reg deur die eeue, wat hierdie verhale gehoor, gelees en oorvertel het. Dis 'n verhaal van mense wat deur praktiese toepassing en ervaring lesse geleer het en sodoende die waarde van geld ontdek het.

Tuinprojekte Met Anna & Tanya - Inspirerende Idees En Selfdoen-Mooigoed Vir Jou Tuin (Afrikaans, Hardcover): Tanya Visser, Anna... Tuinprojekte Met Anna & Tanya - Inspirerende Idees En Selfdoen-Mooigoed Vir Jou Tuin (Afrikaans, Hardcover)
Tanya Visser, Anna Celliers
R233 Discovery Miles 2 330 Shipped within 10 - 15 working days

Volkleurfoto's in elke hoofstuk lei jou eers deur 'n magdom kreatiewe voorstelle om jou tuin of sekere dele daarvan in 'n lus vir die oog te omskep. Daarna volg 'n groot verskeidenheid selfdoenprojekte - van iets wat vinnig en goedkoop gedoen kan word soos die aanplant van 'n mooi hangmandjie, tot ander wat 'n bietjie meer dinkwerk, goeie beplanning en 'n dikker beursie verg. Waterfokuspunte en alles wat daarmee gepaard gaan soos pompe, bybehore, fonteine, visse en koi, plante en onderhoud; hoe om die mooiste potte, houers en hangmandjies te beplant, te versorg, uit te stal en resepte vir wenkombinasies; en hoe om mure en keermure, paadjies, patio's en binnehowe sowel as trappe te bou en te verfraai met die gepaste afwerkings of plante, word breedvoerig bespreek en deurgaans geillustreer. Die meeste projekte bevat goeie wenke om jou op die suksespad te hou en sluit kort beskrywings en volkleurfoto's van geskikte plante in om jou skepping nog meer besonders te maak. Aangesien daar deesdae soveel klem op herwinning gele word, word selfdoenprojekte met ougoed wat prettig is om te doen en ons andersins meer ekovriendelik met ons planeet laat omgaan, ook ingesluit. Met die inspirerende volkleurfoto's, nuttige inligting gebaseer op jare se gesamentlike ervaring en praktiese, stap-vir-stap-aanwysings sal jy nie net jou tuin en leefareas buite kan opkikker nie, maar jy sal ook die kans kry om jou op vele vlakke heerlik in jou tuin uit te leef, tien duime of te niet!

Wat Se Die Prokureur? - In Samewerking Met RSG (Afrikaans, Paperback): Igna Klynsmith Wat Se Die Prokureur? - In Samewerking Met RSG (Afrikaans, Paperback)
Igna Klynsmith
R231 Discovery Miles 2 310 Shipped within 10 - 15 working days

Die afgelope 21 jaar lank bemagtig Igna Klynsmith luisteraars deur sy RSG-program Regsake met kundige raad en praktiese insig oor regsake wat elkeen raak. Na aanleiding van die groot reaksie op sy program het hy en sy spesialisgaste 'n bruikbare bundel saamgestel wat praktiese regsadvies bied. Dit bevat 'n keur uit regsake van algemene belang asook hofsake wat die wereld laat regop sit het. Wat se die prokureur? wil jou as leser bemagtig met deskundige advies sodat jy ingelig is en weet waar om hulp te kry. Igna bring jou selfs tot binne die hofsale waar opspraakwekkende sake afspeel: gifmoordenaresse, Nuremberg, Nelson Mandela en Rivonia, 'n hofsaak teen kewers ...Dit is min dat 'n mens so 'n bundel teekom waarin kenners saamspan om die Reg vir jou verstaanbaar te maak, maar sonder om tegniese kundigheid in te boet.

Vlam In Die Sneeu (Beperkte uitgawe) - Die Liefdesbriewe Van Andre P Brink & Ingrid Jonker (Afrikaans, Hardcover): Vlam In Die Sneeu (Beperkte uitgawe) - Die Liefdesbriewe Van Andre P Brink & Ingrid Jonker (Afrikaans, Hardcover)
R1,500 R1,096 Discovery Miles 10 960 Save R404 (27%) Shipped within 4 - 8 working days

Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker ’n telegram aan Andrť P. Brink. Sy bedank die 27-jarige skrywer vir blomme en ’n brief wat hy aan haar besorg het. In die meer as tweehonderd skrywes wat hierna tussen die twee volg, ontvou sekerlik die bekendste liefdesverhouding in die Afrikaanse literÍre geskiedenis. Jonker se finale brief aan Brink is gedateer 18 April 1965 – drie maande voordat sy die see in loop by Drieankerbaai.

’n Halfeeu later word lesers se verbeelding steeds aangegryp deur die hartstog van diť teer, dikwels stormagtige verhouding.

In Desember 2014, drie maande voor sy dood, het Andrť P. Brink die liefdesbriewe tussen hom en Ingrid Jonker vir publikasie aangebied. Die briewe is nog nooit voorheen gepubliseer nie en sluit onbekende persoonlike foto’s in.

Tradisionele Suid-Afrikaanse Kookkuns (Afrikaans, Paperback): Magdaleen Van Wyk Tradisionele Suid-Afrikaanse Kookkuns (Afrikaans, Paperback)
Magdaleen Van Wyk
R190 R150 Discovery Miles 1 500 Save R40 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Enigeen wat met verlange terugdink aan ’n geliefde ouma se spesiale melktert of melkkos, of ’n tannie se heerlike bobotie en vetkoek, behoort hierdie boek in sy of haar kombuis te hÍ! Vir diegene wat lief is vir tradisionele Suid-Afrikaanse kos sal hierdie resepte vir seker help om die verlange na geliefk oosde disse te stil.

Tradisionele Suid-Afrikaanse Kookkuns is ’n versameling resepte wat die modern kok daartoe in staat stel om dieselfde heerlike maaltye voor te sit as diť wat ons voorouers geskep en geniet het.

Die Suid-Afrikaanse kookkuns is ’n unieke vermenging van ’n verskeidenheid kulture – die Hollandse, Franse, Duitse en Britse setlaars, sowel as die Maleierslawe wat uit die Ooste hierheen gekom het, het almal hul eie gunstelingresepte na Suid-Afrika gebring. Die subtiele wyse waarop hierdie ‘ingevoerde’ resepte aangepas is deur plaaslike bestanddele in te sluit en innoverende metodes te gebruik, het gelei tot die skep van ’n baie oorspronklike en geliefde kookkuns. Die boek bevat ook interessante brokkies oor die manier waarop ons voorouers geleef het.

Beste Suid-Afrikaanse Braairesepte (Afrikaans, Paperback, 2nd Re-issue): Christa Kirstein Beste Suid-Afrikaanse Braairesepte (Afrikaans, Paperback, 2nd Re-issue)
Christa Kirstein; Photographs by Willie Van Heerden
R190 R150 Discovery Miles 1 500 Save R40 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Die meer as 100 000 eksemplare wat van hierdie boek verkoop is, is voldoende bewys dat dit 'n betroubare, praktiese gids tot feitlik alle aspekte van vleisbraai is. Van vuurmaakgoed tot hoe om te bepaal of die kos gaar is, word aangeroer. Die resepte, met talle wenke en voorstelle, bied nie net heerlike nuwe maniere om hoender, vis en talle vleissnitte te braai nie, maar ook wenke vir bykosse wat die hoofmaal komplementeer en sprankel aan die geleentheid verleen. Available in English as The best South African braai recipes

Die Suider-Afrikaanse watter blom is dit? (Afrikaans, Hardcover): Kristo Pienaar, Gideon F. Smith Die Suider-Afrikaanse watter blom is dit? (Afrikaans, Hardcover)
Kristo Pienaar, Gideon F. Smith
R260 R205 Discovery Miles 2 050 Save R55 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Sedert 1984, toe die heel eerste uitgawe van Die Suid-Afrikaanse watter blom is dit? gepubliseer is, was hierdie boek vir Suid-Afrikaanse tuiniers (of voornemende tuiniers) die naslaanwerk van keuse wat blomidentifikasie betref. Nou, heeltemal hersien en opgedateer deur Professor Gideon F. Smith, verskyn hierdie nuwe, vierde uitgawe 15 jaar na die afsterwe van die oorspronklike outeur, professor Kristo Pienaar. Nie net is dit nou aangepas vir Suider-Afrika (soos die huidige titel daarop wys) nie, maar ook die alfabetiese rangskikking is verander: die plante word nou alfabeties volgens families gegroepeer en binne families volgens genus. Binne 'n genus is die soorte steeds alfabeties gerangskik. Die nuwe boek baat by die vordering wat nie net in Suider-Afrika nie, maar dwarsdeur die wÍreld gemaak is ten opsigte van ons kennis omtrent die klassifikasie van plante. Addisionele volksname is ingesluit, asook ikone wat aandui of 'n plant 'waterwys', 'inheems' of dalk 'n 'indringer' is. Die Suider-Afrikaanse watter blom is dit? bly steeds 'n omvattende en insiggewende naslaanwerk vir enigeen wat graag tuin- en huisplante kweek en meer oor hulle wil weet, of dalk ín nuwe kultivar wil identifiseer. Ongeveer 1 600 jaarplante, meerjariges, struike, bome en klimplante word algemeen in Suider-Afrikaanse tuine, parke en langs strate aangetref en hulle kan maklik uitgeken word met behulp van pragtige volkleur-illustrasies. Die meegaande teks is kort, maar bevat elke plant se herkoms, voorkoms en hoe, wanneer en waar dit geplant moet word en hoe om dit te versorg. Duidelike insiggewende ikone wys die leser met 'n enkele oogopslag wat die plant se behoeftes is, of dit hou van volle son of halfskadu, en nog baie meer.

Hester Se Brood (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Hester van der Walt Hester Se Brood (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Hester van der Walt
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days

Set in McGregor in the Klein Karoo where she bakes bread in a wood-fired oven, this book reflects Hester’s intuitive feeling for the connections between the soul and food, particularly food that is prepared with care, according to traditional principles and methods.

Hester se Brood is infused with a fine sense of humour, helpful hints and mouth-watering recipes. It’s a book as irresistible as the smell of bread fresh from the oven.

'n Gelukkige Brein - Ons Pad Na Ware Sukses (Afrikaans, Paperback): Pierre van der Spuy 'n Gelukkige Brein - Ons Pad Na Ware Sukses (Afrikaans, Paperback)
Pierre van der Spuy
R163 Discovery Miles 1 630 Shipped within 10 - 15 working days

Die boek bied omvattende, praktiese riglyne oor wat gelukkige mense elke dag doen om hulle menslike brein te versterk. Ons ken almal mense wat gelukkig bly, ongeag of hulle reusesukses smaak, of pynlike rampe in die gesig staar. Die rede? Hulle brein het 'n kern van stabiliteit en optimisme. 'n Gelukkige brein bied omvattende, praktiese riglyne oor wat hierdie mense elke dag doen om hulle menslike brein te versterk. Dis die eerste boek vir die leek wat verreikende navorsing op vier gebiede - Kliniese Psigiatrie, Positiewe Sielkunde, Kinder-ontwikkelingstudies en Breinwetenskap - kombineer in 'n poging om die menslike staat te verstaan. Dit trek baie van die vooropgestelde idees oor wat ons menslik, gelukkig en waarlik suksesvol maak uitmekaar. Die boek beantwoord veral drie belangrike vrae: Watter stappe kan ons vandag doen om ons brein en daarom onsself gelukkiger te maak? Hoekom beroof 'n obsessie met materiele sukses ons van geluk en ons menslikheid? Hoe beinvloed ons kultuur en ouerskap in die eerste lewensjare ons geluk en mens-likheid?

Weefselsoute vir Heilsaamheid (Afrikaans, Paperback): Margaret Roberts Weefselsoute vir Heilsaamheid (Afrikaans, Paperback)
Margaret Roberts
R170 R134 Discovery Miles 1 340 Save R36 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Hierdie boek is waarskynlik een van die mees ongewone wat jy ooit sal lees - een wat jou denke oor gesondheid en jou hantering van stres in die daaglikse lewe sal verander. Weefselsoute - ook bekend as sel- of biochemiese soute - is 'n groep van 12 minerale wat perfek gebalanseerd in ons liggame teenwoordig behoort te wees sodat ons heeltemal gesond kan wees. Die soute word in die natuur in die aarde se gesteentes en grond aangetref en kom natuurlik voor in gewasse wat organies in mineraalryke grond gekweek is.

Rose in Sy- En Organzalint - Meer as 60 Nuwe Tegnieke (Afrikaans, Hardcover): Di Van Niekerk Rose in Sy- En Organzalint - Meer as 60 Nuwe Tegnieke (Afrikaans, Hardcover)
Di Van Niekerk
R182 Discovery Miles 1 820 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie titel leer jou meer as 60 splinternuwe tegnieke op 'n roosborduurlap wat spesiaal daarvoor ontwerp is. Die pragtige syrose en organzablare sal byval vind by almal van sylintborduurders en kwilters tot tekstielkunstenaars en klereontwerpers, en is geskik vir enige denkbare gebruik: versier 'n hoed, gebreide sak, gehekelde serp, kralehanger, die deksel van 'n juwelierskissie of die spesiale rok wat jy op jou troudag dra. Daar is tegnieke vir 16 verskillende rose wat tussen 'n latwerk van roosknoppies, blare en stingels blom. Leer hoe om verskeie rooskroonblare te maak, asook roosbottels, kelkblare, stammetjies en blare, uitgeblomde rose en meeldrade, voeltjies en 'n nessie, skoenlappers, strikke en blou reen. Daar is iets vir elke handwerker wat graag wil leer hoe om kreatief met sy- en organzalint te werk.

Tuinmaak Met Eiegoed (Afrikaans, Paperback): Anna Celliers, Tanya Visser Tuinmaak Met Eiegoed (Afrikaans, Paperback)
Anna Celliers, Tanya Visser
R163 Discovery Miles 1 630 Shipped within 10 - 15 working days

Tuinmaak met eiegoed stel jou bekend aan die jongste hibriede van die mees geliefde en nuttigste inheemse plante en gee jou wen-idees om hulle in konvensionele tuinontwerp te gebruik. Oorsese kwekers vry immers al jarelank na ons pragtige flora, en nuwe klone van ons eie pronkplante verskyn elke jaar in die handel. Hierdie plante neem nou hulle regmatige plek in ons tuine in. Die titel is 'n spanpoging deur twee van ons bekendste tuinpersoonlikhede, en weerspieel hulle gewilde aanbiedings en gemaklike skryfstyl. Hulle benadering is ontspanne, liewer as puristies, en hulle veroordeel nie eksotiese plante tot die dood, of predik die stiksienige navolging van bioomspesifieke aanplanting van slegs endemiese plante nie. Hulle moedig tuiniers liewer aan om hulle tuine te geniet en te eksperimenteer om die plante wat hulle regtig graag wil he, te laat oorleef. Baie plante gedy waar mens dit die minste verwag, en juis dit is deel van die vreugde van tuinmaak. Hierdie gedugte span wil nie he jy moet dink dat hulle deur inheemse tuinmaak aan te moedig, bedoel dat elke eksotiese plant uit die bose is en verban moet word nie. Benewens plante wat amptelik as verbode indringers geklassifiseer is en uit elke tuin verwyder moet word, kan jy gerus al jou geliefde plante in jou tuin hou waar hulle gesellig sal leer skouers skuur met jou nuwe inheemse plante. Die titel is ryklik geillustreer met foto's uit The Gardener/Die Tuinier se fotobank en elke bladsy is 'n visuele fees wat nie net inlig nie, maar ook inspireer. Met hope wenke en plantvoorstelle, is die praktiese benadering een wat by alle tuiniers sal byval vind.

Potjiekos - Gunstelinge (Afrikaans, Paperback): Sannie Smit Potjiekos - Gunstelinge (Afrikaans, Paperback)
Sannie Smit
R250 R197 Discovery Miles 1 970 Save R53 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Hierdie is 'n puik versameling van meer as 150 resepte wat van regoor Suid-Afrika byeengebring is. Daar is resepte vir 'n verskeidenheid geregte met vleis, wildsvleis, pluimvee en seekos sowel as vir aptytwekkende bygeregte, vegetariese geregte, smullekker poedings en kraakvars brood. Baie van die resepte was wenners by potjiekoskompetisies en ander is die outeur se gunstelinge. Die wye verskeidenheid van maklike resepte, saam met grondige inligting oor die beste bestanddele om te gebruik en hoe om dit reg voor te berei, sal groot potjiekos-suksesse verseker.

'n Wonderwereld Vir Lintborduur En Stumpwerk (Afrikaans, Paperback): Di Van Niekerk 'n Wonderwereld Vir Lintborduur En Stumpwerk (Afrikaans, Paperback)
Di Van Niekerk
R163 Discovery Miles 1 630 Shipped within 10 - 15 working days

In elke paneel is daar vernuftige idees vir die gebruik van lintborduur en veral stumpwerk in ander handwerkvorms in kombinasies wat dit uniek en besonders kan maak. Daar is 17 panele in die pragtige monsterlap met 60 verskillende elemente in die ontwerp en 'n duidelike stekegids om jou te lei. Daar is blomme en kreatuurtjies van oor die wereld heen, verskeie vir die eerste keer in hierdie gedaante - iets na elkeen se smaak. Elke element word stap vir stap met duidelike foto's verduidelik, en daar is genoeg verskeidenheid vir beginners sowel as meer gevorderde borddurders. Jy kan die hele monsterlap borduur, of slegs een paneel vir 'n kleiner projek. Jy kan ook net een element van 'n paneel (soos 'n onweerstaanbare skoenlapper of 'n bossie Engelse Blouklokkies) kies om by jou eie ontwerp in te sluit.

Superma (en ander mites) (Afrikaans, Paperback): Chantelle de Wet Superma (en ander mites) (Afrikaans, Paperback)
Chantelle de Wet
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) In stock

Om kinders groot te kry is ín uitdaging waarvoor daar nie keuring of eksamens is nie, en jou bondeltjie liefde word ook nie met ín handige handleiding afgelewer nie. Superma (en ander mites) bied ín humoristiese kykie op swangerskap, geboortes, babadoeke, seks na kinders en die hoeveelheid wyn wat daarmee gepaard gaan. Ons almal streef om supermaís te wees en dit help om soms die humor in die harde werklikheid raak te sien. Chantelle noem ín ding op sy naam, selfs al is dit ín lelike ding met ín lelike naam.

Wat Die Hart Van Vol Is - Herinneringsreise Van 'n Fynkok (Afrikaans, Paperback): Peter Veldsman, Elmari Rautenbach Wat Die Hart Van Vol Is - Herinneringsreise Van 'n Fynkok (Afrikaans, Paperback)
Peter Veldsman, Elmari Rautenbach
R230 R181 Discovery Miles 1 810 Save R49 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

’n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers…

Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op ’n plaas in die Klein-Karoo het Peter ’n fyn waarnemingsvermoŽ en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as “Mister V”, eienaar van Emily’s, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en sů ’n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het.

Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies nŠ aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wÍreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar “koskys” wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as ’n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer ’n doukomkommer tussen sy tande geknars het...

Nostalgies, humoristies en hartroerend – ’n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wÍreld daarbuite.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik.
Johane Neilson Paperback R290 R209 Discovery Miles 2 090
Kruidjie Roer My - Die Antieke…
Antoinette Pienaar Paperback R240 R189 Discovery Miles 1 890
Kaap, Kerrie & Koesisters
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Paperback R330 R250 Discovery Miles 2 500
Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo…
Antoinette Pienaar Paperback R260 R205 Discovery Miles 2 050
Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie
Martjie Malan Hardcover R450 R345 Discovery Miles 3 450
Megaboere
Wynand Dreyer Paperback R250 R176 Discovery Miles 1 760
Resepte
SuzelleDIY Paperback R295 R234 Discovery Miles 2 340
Smulkos - 100 Watertand Resepte
Esther Malan Paperback R290 R229 Discovery Miles 2 290
Gramadoela-Kos
Rita Van Dyk Paperback R250 R197 Discovery Miles 1 970
Draai Jou Sente Om
Abrie Coetzee Paperback  (1)
R170 R146 Discovery Miles 1 460

 

Partners