0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (47)
  • R100 - R250 (287)
  • R250 - R500 (92)
  • R500+ (16)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Beste Suid-Afrikaanse Braairesepte (Afrikaans, Paperback, 2nd Re-issue): Christa Kirstein Beste Suid-Afrikaanse Braairesepte (Afrikaans, Paperback, 2nd Re-issue)
Christa Kirstein; Photographs by Willie Van Heerden
R190 R152 Discovery Miles 1 520 Save R38 (20%) Within 4 - 8 working days

Die meer as 100 000 eksemplare wat van hierdie boek verkoop is, is voldoende bewys dat dit 'n betroubare, praktiese gids tot feitlik alle aspekte van vleisbraai is. Van vuurmaakgoed tot hoe om te bepaal of die kos gaar is, word aangeroer. Die resepte, met talle wenke en voorstelle, bied nie net heerlike nuwe maniere om hoender, vis en talle vleissnitte te braai nie, maar ook wenke vir bykosse wat die hoofmaal komplementeer en sprankel aan die geleentheid verleen. Available in English as The best South African braai recipes

Die Suider-Afrikaanse watter blom is dit? (Afrikaans, Hardcover): Kristo Pienaar, Gideon F. Smith Die Suider-Afrikaanse watter blom is dit? (Afrikaans, Hardcover)
Kristo Pienaar, Gideon F. Smith
R260 R208 Discovery Miles 2 080 Save R52 (20%) Within 4 - 8 working days

Sedert 1984, toe die heel eerste uitgawe van Die Suid-Afrikaanse watter blom is dit? gepubliseer is, was hierdie boek vir Suid-Afrikaanse tuiniers (of voornemende tuiniers) die naslaanwerk van keuse wat blomidentifikasie betref. Nou, heeltemal hersien en opgedateer deur Professor Gideon F. Smith, verskyn hierdie nuwe, vierde uitgawe 15 jaar na die afsterwe van die oorspronklike outeur, professor Kristo Pienaar. Nie net is dit nou aangepas vir Suider-Afrika (soos die huidige titel daarop wys) nie, maar ook die alfabetiese rangskikking is verander: die plante word nou alfabeties volgens families gegroepeer en binne families volgens genus. Binne 'n genus is die soorte steeds alfabeties gerangskik. Die nuwe boek baat by die vordering wat nie net in Suider-Afrika nie, maar dwarsdeur die wêreld gemaak is ten opsigte van ons kennis omtrent die klassifikasie van plante. Addisionele volksname is ingesluit, asook ikone wat aandui of 'n plant 'waterwys', 'inheems' of dalk 'n 'indringer' is. Die Suider-Afrikaanse watter blom is dit? bly steeds 'n omvattende en insiggewende naslaanwerk vir enigeen wat graag tuin- en huisplante kweek en meer oor hulle wil weet, of dalk ’n nuwe kultivar wil identifiseer. Ongeveer 1 600 jaarplante, meerjariges, struike, bome en klimplante word algemeen in Suider-Afrikaanse tuine, parke en langs strate aangetref en hulle kan maklik uitgeken word met behulp van pragtige volkleur-illustrasies. Die meegaande teks is kort, maar bevat elke plant se herkoms, voorkoms en hoe, wanneer en waar dit geplant moet word en hoe om dit te versorg. Duidelike insiggewende ikone wys die leser met 'n enkele oogopslag wat die plant se behoeftes is, of dit hou van volle son of halfskadu, en nog baie meer.

'n Gelukkige Brein - Ons Pad Na Ware Sukses (Afrikaans, Paperback): Pierre van der Spuy 'n Gelukkige Brein - Ons Pad Na Ware Sukses (Afrikaans, Paperback)
Pierre van der Spuy
R163 Discovery Miles 1 630 Within 10 - 15 working days

Die boek bied omvattende, praktiese riglyne oor wat gelukkige mense elke dag doen om hulle menslike brein te versterk. Ons ken almal mense wat gelukkig bly, ongeag of hulle reusesukses smaak, of pynlike rampe in die gesig staar. Die rede? Hulle brein het 'n kern van stabiliteit en optimisme. 'n Gelukkige brein bied omvattende, praktiese riglyne oor wat hierdie mense elke dag doen om hulle menslike brein te versterk. Dis die eerste boek vir die leek wat verreikende navorsing op vier gebiede - Kliniese Psigiatrie, Positiewe Sielkunde, Kinder-ontwikkelingstudies en Breinwetenskap - kombineer in 'n poging om die menslike staat te verstaan. Dit trek baie van die vooropgestelde idees oor wat ons menslik, gelukkig en waarlik suksesvol maak uitmekaar. Die boek beantwoord veral drie belangrike vrae: Watter stappe kan ons vandag doen om ons brein en daarom onsself gelukkiger te maak? Hoekom beroof 'n obsessie met materiele sukses ons van geluk en ons menslikheid? Hoe beinvloed ons kultuur en ouerskap in die eerste lewensjare ons geluk en mens-likheid?

BabaGim (Afrikaans, Paperback): Melodie De Jager BabaGim (Afrikaans, Paperback)
Melodie De Jager
R140 Discovery Miles 1 400 Within 10 - 15 working days

Laat elke oomblik met baba werklik tel. BabaGim is 'n praktiese gids vir ouers en versorgers om daardie kosbare vroee leergeleenthede te ontgin deur brein- en liggaamsoefeninge. Die eerste twee lewensjare bied ruim geleentheid vir spel en beweging om die optimale ontwikkeling van baba se sintuie en spiere, gevoelens en denke, en taal- en sosiale vermoens te verseker.

Rose in Sy- En Organzalint - Meer as 60 Nuwe Tegnieke (Afrikaans, Hardcover): Di Van Niekerk Rose in Sy- En Organzalint - Meer as 60 Nuwe Tegnieke (Afrikaans, Hardcover)
Di Van Niekerk
R182 Discovery Miles 1 820 Within 10 - 15 working days

Hierdie titel leer jou meer as 60 splinternuwe tegnieke op 'n roosborduurlap wat spesiaal daarvoor ontwerp is. Die pragtige syrose en organzablare sal byval vind by almal van sylintborduurders en kwilters tot tekstielkunstenaars en klereontwerpers, en is geskik vir enige denkbare gebruik: versier 'n hoed, gebreide sak, gehekelde serp, kralehanger, die deksel van 'n juwelierskissie of die spesiale rok wat jy op jou troudag dra. Daar is tegnieke vir 16 verskillende rose wat tussen 'n latwerk van roosknoppies, blare en stingels blom. Leer hoe om verskeie rooskroonblare te maak, asook roosbottels, kelkblare, stammetjies en blare, uitgeblomde rose en meeldrade, voeltjies en 'n nessie, skoenlappers, strikke en blou reen. Daar is iets vir elke handwerker wat graag wil leer hoe om kreatief met sy- en organzalint te werk.

Weefselsoute vir Heilsaamheid (Afrikaans, Paperback): Margaret Roberts Weefselsoute vir Heilsaamheid (Afrikaans, Paperback)
Margaret Roberts
R170 R136 Discovery Miles 1 360 Save R34 (20%) Within 4 - 8 working days

Hierdie boek is waarskynlik een van die mees ongewone wat jy ooit sal lees - een wat jou denke oor gesondheid en jou hantering van stres in die daaglikse lewe sal verander. Weefselsoute - ook bekend as sel- of biochemiese soute - is 'n groep van 12 minerale wat perfek gebalanseerd in ons liggame teenwoordig behoort te wees sodat ons heeltemal gesond kan wees. Die soute word in die natuur in die aarde se gesteentes en grond aangetref en kom natuurlik voor in gewasse wat organies in mineraalryke grond gekweek is.

Selfies, Seksklets & Slimfone - 'n Internet-oorlewingsgids vir Tieners (Afrikaans, Paperback): Emma Sadleir, Lizzie... Selfies, Seksklets & Slimfone - 'n Internet-oorlewingsgids vir Tieners (Afrikaans, Paperback)
Emma Sadleir, Lizzie Harrison; Translated by Jaco Jacobs
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Within 5 - 13 working days

Die topverkoperboek wat elke tegno-slim tiener moet lees! As ’n tiener in vandag se tegnoverslaafde wêreld van sosiale media en internet dink jy dalk jy’s piekfyn en jy weet presies wat jy doen. Maar selfs JY weet nie van al die wetlike struikelblokke, verskuilde gevare en toekomstige implikasies van alles wat jy aanlyn doen, sien en plaas nie. Selfies, seksklets en slimfone is die boek wat elke tiener (en hul ouers) móét lees. Dit dek al die belangrike kwessies wat tieners in die digitale era in die gesig staar, insluitende kuberboelies, seksklets, verslawing, internetveiligheid, pornografie, angstigheid, depressie, veiligheid en reputasie, en dit is spesifiek vir die Suid-Afrikaanse konteks geskryf. Hierdie boek sal jou op ’n maklik verstaanbare, interessante en selfs prettige manier help om ’n gelukkige, bevredigende en – belangrikste van alles – veilige lewe aanlyn te hê.

Hester Se Brood (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Hester van der Walt Hester Se Brood (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Hester van der Walt
R239 Discovery Miles 2 390 Within 10 - 15 working days

Set in McGregor in the Klein Karoo where she bakes bread in a wood-fired oven, this book reflects Hester’s intuitive feeling for the connections between the soul and food, particularly food that is prepared with care, according to traditional principles and methods.

Hester se Brood is infused with a fine sense of humour, helpful hints and mouth-watering recipes. It’s a book as irresistible as the smell of bread fresh from the oven.

Hekel vir my huis - 20 Hekelprojekte vir die Huis - Antieksjiek en Modern (Afrikaans, Paperback): Emma Lamb Hekel vir my huis - 20 Hekelprojekte vir die Huis - Antieksjiek en Modern (Afrikaans, Paperback)
Emma Lamb
R270 R216 Discovery Miles 2 160 Save R54 (20%) Within 4 - 8 working days

Met Hekel vir My Huis nooi Emma Lamb jou uit om speelse kleurkombinasies, patrone en teksture kreatief in te span om iets pragtigs te skep en so ’n huis met warmte en sjarme te vul. Haar speelse kombinasies met kleur, patroon en tekstuur weerspieel ’n vermenigng van retro-styl en Skandinawiese eenvoud. Die 20 splinternuwe artikels sal met gemak in die tuisteskepper se alledaagse lewe inpas. Kies uit versamelings vatlappies en kussingontwerpe, maak ’n lieflike krans om ’n kamer op te helder of ’n snoesige deken om jou te vertroos. Elke ontwerp sluit duidelike patroonaanwysings en kleurkaarte in, sowel as Emma se eie wenke om die perfekte huisartikels te skep. Basiese tegnieke word deur stap-vir-stap-instruksies en kleurfoto’s uitgebeeld.

Wat Die Hart Van Vol Is - Herinneringsreise Van 'n Fynkok (Afrikaans, Paperback): Peter Veldsman, Elmari Rautenbach Wat Die Hart Van Vol Is - Herinneringsreise Van 'n Fynkok (Afrikaans, Paperback)
Peter Veldsman, Elmari Rautenbach
R230 R184 Discovery Miles 1 840 Save R46 (20%) Within 4 - 8 working days

’n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers…

Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op ’n plaas in die Klein-Karoo het Peter ’n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as “Mister V”, eienaar van Emily’s, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só ’n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het.

Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies ná aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wêreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar “koskys” wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as ’n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer ’n doukomkommer tussen sy tande geknars het...

Nostalgies, humoristies en hartroerend – ’n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wêreld daarbuite.

Tuinmaak Met Eiegoed (Afrikaans, Paperback): Anna Celliers, Tanya Visser Tuinmaak Met Eiegoed (Afrikaans, Paperback)
Anna Celliers, Tanya Visser
R163 Discovery Miles 1 630 Within 10 - 15 working days

Tuinmaak met eiegoed stel jou bekend aan die jongste hibriede van die mees geliefde en nuttigste inheemse plante en gee jou wen-idees om hulle in konvensionele tuinontwerp te gebruik. Oorsese kwekers vry immers al jarelank na ons pragtige flora, en nuwe klone van ons eie pronkplante verskyn elke jaar in die handel. Hierdie plante neem nou hulle regmatige plek in ons tuine in. Die titel is 'n spanpoging deur twee van ons bekendste tuinpersoonlikhede, en weerspieel hulle gewilde aanbiedings en gemaklike skryfstyl. Hulle benadering is ontspanne, liewer as puristies, en hulle veroordeel nie eksotiese plante tot die dood, of predik die stiksienige navolging van bioomspesifieke aanplanting van slegs endemiese plante nie. Hulle moedig tuiniers liewer aan om hulle tuine te geniet en te eksperimenteer om die plante wat hulle regtig graag wil he, te laat oorleef. Baie plante gedy waar mens dit die minste verwag, en juis dit is deel van die vreugde van tuinmaak. Hierdie gedugte span wil nie he jy moet dink dat hulle deur inheemse tuinmaak aan te moedig, bedoel dat elke eksotiese plant uit die bose is en verban moet word nie. Benewens plante wat amptelik as verbode indringers geklassifiseer is en uit elke tuin verwyder moet word, kan jy gerus al jou geliefde plante in jou tuin hou waar hulle gesellig sal leer skouers skuur met jou nuwe inheemse plante. Die titel is ryklik geillustreer met foto's uit The Gardener/Die Tuinier se fotobank en elke bladsy is 'n visuele fees wat nie net inlig nie, maar ook inspireer. Met hope wenke en plantvoorstelle, is die praktiese benadering een wat by alle tuiniers sal byval vind.

Potjiekos - Gunstelinge (Afrikaans, Paperback): Sannie Smit Potjiekos - Gunstelinge (Afrikaans, Paperback)
Sannie Smit
R250 R200 Discovery Miles 2 000 Save R50 (20%) Within 4 - 8 working days

Hierdie is 'n puik versameling van meer as 150 resepte wat van regoor Suid-Afrika byeengebring is. Daar is resepte vir 'n verskeidenheid geregte met vleis, wildsvleis, pluimvee en seekos sowel as vir aptytwekkende bygeregte, vegetariese geregte, smullekker poedings en kraakvars brood. Baie van die resepte was wenners by potjiekoskompetisies en ander is die outeur se gunstelinge. Die wye verskeidenheid van maklike resepte, saam met grondige inligting oor die beste bestanddele om te gebruik en hoe om dit reg voor te berei, sal groot potjiekos-suksesse verseker.

Clover Onthoukos (Afrikaans, Paperback): Clover Clover Onthoukos (Afrikaans, Paperback)
Clover
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Within 5 - 13 working days

Kook soos jou ma en jou ouma gekook het! Die meeste van ons het aangename herinneringe oor kos. Dalk ’n gunsteling-dis gemaak deur ’n geliefde ouma of tannie, of ’n spesiale aroma wat ons terugneem na ’n tyd en plek toe die lewe net perfek was. In Clover Onthoukos het ons onderneem om 55 van hierdie betowerende resepte met jou te deel… disse wat jou sal help om die beste oomblikke uit jou kinderjare of lewe te onthou, en wat jou gaste sommer lank sal bybly! Hierdie is die negentiende Clover-resepteboek wat ek bevoorreg is om saam te stel, en net tussen jou en my, ek dink dis een van ons heel bestes tot op hede! Dit bevat daardie resepte waarna almal soek… die resepte wat die komplimente laat inrol, wat jou laat uitstaan as ’n uitstekende bakker, en elke liewe keer ongelooflike resultate verseker. Alle resepte is weer eens gemaak met Soveel Beter Clover-produkte, wat bekend is vir hul uitmuntende kwaliteit, en wat jy heel moontlik alreeds byderhand het in jou kombuiskas of spens. Dit was nog nooit só maklik of bekostigbaar om watertand geregte te kook of bak nie! As ’n ekstra bederf het ons ook dié keer al 55 disse afgeneem – sodat jy presies weet hoe die eindresultaat veronderstel is om te lyk. En om jou aptyt selfs meer aan te wakker. Clover Onthoukos is een van daardie resepteboeke wat jy vir die volgende geslag sal wil bêre, en Clover is trots daarop om ’n deel van hierdie smaaklike nalatenskap te wees. Mag dié boek jou help om meer kosbare herinneringe te skep deur jou kook- en bakwerk!

'n Wonderwereld Vir Lintborduur En Stumpwerk (Afrikaans, Paperback): Di Van Niekerk 'n Wonderwereld Vir Lintborduur En Stumpwerk (Afrikaans, Paperback)
Di Van Niekerk
R163 Discovery Miles 1 630 Within 10 - 15 working days

In elke paneel is daar vernuftige idees vir die gebruik van lintborduur en veral stumpwerk in ander handwerkvorms in kombinasies wat dit uniek en besonders kan maak. Daar is 17 panele in die pragtige monsterlap met 60 verskillende elemente in die ontwerp en 'n duidelike stekegids om jou te lei. Daar is blomme en kreatuurtjies van oor die wereld heen, verskeie vir die eerste keer in hierdie gedaante - iets na elkeen se smaak. Elke element word stap vir stap met duidelike foto's verduidelik, en daar is genoeg verskeidenheid vir beginners sowel as meer gevorderde borddurders. Jy kan die hele monsterlap borduur, of slegs een paneel vir 'n kleiner projek. Jy kan ook net een element van 'n paneel (soos 'n onweerstaanbare skoenlapper of 'n bossie Engelse Blouklokkies) kies om by jou eie ontwerp in te sluit.

Superma (en ander mites) (Afrikaans, Paperback): Chantelle de Wet Superma (en ander mites) (Afrikaans, Paperback)
Chantelle de Wet
R205 R176 Discovery Miles 1 760 Save R29 (14%) In stock

Om kinders groot te kry is ’n uitdaging waarvoor daar nie keuring of eksamens is nie, en jou bondeltjie liefde word ook nie met ’n handige handleiding afgelewer nie. Superma (en ander mites) bied ’n humoristiese kykie op swangerskap, geboortes, babadoeke, seks na kinders en die hoeveelheid wyn wat daarmee gepaard gaan. Ons almal streef om superma’s te wees en dit help om soms die humor in die harde werklikheid raak te sien. Chantelle noem ’n ding op sy naam, selfs al is dit ’n lelike ding met ’n lelike naam.

Klein Kook en Geniet (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Eunice van der Berg, S. J. A. de Villiers Klein Kook en Geniet (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Eunice van der Berg, S. J. A. de Villiers
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Within 7 - 15 working days

'n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed.

Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's verduidelik en leer jou:

- hoe om 'n resep te volg

- hoe om te meet

- wat kookterme beteken

- hoe om kombuisgereedskap te gebruik

Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.

Marilyn Kuier en Kook! (Afrikaans, Paperback): Marilyn Gantana Marilyn Kuier en Kook! (Afrikaans, Paperback)
Marilyn Gantana
R225 R194 Discovery Miles 1 940 Save R31 (14%) Within 5 - 13 working days

As ’n eggenote en pastoriemoeder, ma van drie volwasse kinders en voltydse hoërskoolonderwyseres weet Marilyn Gantana presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in die keur van haar versameling resepte wat sy vir meer as 30 jaar al bymekaar maak en toets. Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het en dan ook die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Smulkos soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met hoendervulsel, mini-seekos quiches en roosterkoek word op ’n eenvoudige en bekostigbare manier berei met bestanddele wat reeds in elke Suid-Afrikaner se koskas teenwoordig is. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak.

50 Hoendergeregte (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers 50 Hoendergeregte (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Within 5 - 13 working days

Oondgerooster, oor die kole, as deel van bredies, sop of pasteie – hoender is maklik om voor te berei en ’n ekonomiese keuse vir elke gesin. 50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltydinspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is. Die resepte bestaan uit treffers soos:

• Blatjanghoender

• Oros-hoender

• Hoenderbobotie

• Romerige hoender-stroganoff

• Pikante hoender-en-lensiesop

• Pynappelhoender

• Hoender-en-brokkoli

• Hoendersamoesas

• Appelkoos-en-hoenderpotjie

I-Tjieng - 'n GPS verdwaalde siele (Afrikaans, Paperback): Koos Kombuis I-Tjieng - 'n GPS verdwaalde siele (Afrikaans, Paperback)
Koos Kombuis 2
R210 R168 Discovery Miles 1 680 Save R42 (20%) Within 4 - 8 working days

Hierdie boek dui die weg na insig aan. Dit praat twee tale, antiek en modern. Antiek, want dit verduidelik 'n metode om dieper wysheid te raadpleeg wat teruggaan na die Sjinese filosoof Confucius in die newels van die tyd. Modern, want dit is in vandag se Afrikaans, so kleurryk en lewendig soos wat net Koos Kombuis dit kan praat. Die I Ching, of "Boek van veranderings", word al vir meer as 21 eeue in die Ooste gebruik, en is sedert die 19de eeu tot vandag toe ook in die Weste 'n wyd geraadpleegde bron. Deur verskillende metodes word jy gelei na simbole waar die verstandige weg in haas enige lewensituasie in metaforiese taal vir jou beduie word. Ten diepste kom die I Ching neer op selfinsig - die wysheid waaroor jy onbewustelik beskik, en wat tap van dit wat Carl Jung die kollektiewe onbewuste noem. Groot Afrikaanse figure was en is gebruikers hiervan. In i-Tjieng praat hierdie wysheid jou taal: ligvoets en humoristies, maar doodernstig oor die feit dat baie mense vandag verlore voel en blindweg tas na 'n pad. Dit is jou "GPS vir verdwaalde siele".

Vlegsels: stap vir stap (Afrikaans, Paperback): Marie Wivel, Laura Arnesen Vlegsels: stap vir stap (Afrikaans, Paperback)
Marie Wivel, Laura Arnesen
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Within 7 - 15 working days
Nie vir ma's nie - 'n Kookboek vir pa's en kinders (Afrikaans, Paperback): Nie vir ma's nie - 'n Kookboek vir pa's en kinders (Afrikaans, Paperback)
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) Within 5 - 13 working days

Met die boek word ma’s tydelik uit die kombuis verban, want jou wederhelf en kinders is van plan om jou te bederf met heerlike kos wat hulle sonder hulp of te veel moeite voorberei het. Nie vir Ma’s nie se resepte is maklik, beproef en het stap-vir-stap aanwysings wat enige groentjie gemaklik sal laat in die kombuis. Die boek verskaf ook die nodige omskakelingstabelle en wenke en laat kinders toe om meer te leer oor die doel van kombuistoerusting. Hierdie boek bevat heerlike resepte vir ontbyte, ligte etes, voorgeregte, kitskos, aandetes, bykosse, braai disse, nageregte, teetyd-versnaperinge en smulgoed vir smulpape. Buiten heerlike resepte, is daar ook ‘n hele hoop wenke wat kosmaak sommer kinderspeletjies maak.

Kaalkop 3 (Afrikaans, Hardcover): Nataniel Kaalkop 3 (Afrikaans, Hardcover)
Nataniel
R425 R357 Discovery Miles 3 570 Save R68 (16%) Within 7 - 15 working days

Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!)

In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied.

Kaalkop 3 sluit in:

  • 54 Kaalkop-rubrieke
  • 19 SARIE-kosstories
  • 5 voorheen ongepubliseerde verhoogstories
  • Swanemeer: die ware verhaal
Voorwaar ’n elegante boek propvol skatte: die ideale Kersgeskenk!
50 Boerekosgeregte (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers 50 Boerekosgeregte (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Within 5 - 13 working days

Lekker kos is deel van Suid-Afrika se koserfenis en tradisionele boerekos beteken vir meeste mense huiskos, soos net jou ma of ouma kon voorberei. 50 Boerekosgeregte is ‘n samestelling van goed-beproefde resepte uit die kombuise van die Vroue Landbouvereninging van die Noord-Kaap – dus is daar resepte vir weeksdag-etes, spesiale geleenthede en familiesaamtrekke

Vrouekeur 50 breipatrone (Afrikaans, Paperback): Christa Swanepoel Vrouekeur 50 breipatrone (Afrikaans, Paperback)
Christa Swanepoel
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) Within 5 - 13 working days

Vrouekeur 50 breipatrone bied ’n breibonanza vir die ywerige handwerker. Christa Swanepoel en Vrouekeur bied 50 splinternuwe breipatrone in een boek, opgedeel in 5 temas: Babas, Meisies, Seuns, Mans en Troeteldiere. Die moeilikheidsgraad van die patrone en tegnieke wat gebruik word wissel, so die boek is ideaal vir beginners asook brei-entoesiaste met meer gevorderde vaardighede. Projekte wat aangepak word wissel van skattige babamussies en -truitjies tot truie, serpe en musse vir kinders en vir mans. Troeteldierliefhebbers sal mal wees oor die hoofstuk wat items vir troeteldiere, soos verskeie hondejassies, ’n drasak, katbedtjie en –speelgoed, bevat! Die boek sal ook ’n lys van brei-afkortings in Afrikaans en Engels bevat.

50 sop- en broodgeregte (Afrikaans, Paperback): Uitgewers LAPA 50 sop- en broodgeregte (Afrikaans, Paperback)
Uitgewers LAPA
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Within 5 - 13 working days

Tuisgemaakte sop en brood is een van die beste maniere om liggaam en siel te voed gedurende die koue wintermaande – of dit ‘n ontspanne middagete of ‘n meer gesofistikeerde voorgereg is, sop bly die maklikste en mees veelsydige opsie. 50 Sop- en Broodgeregte bevat vyftig voedende sop- en broodresepte wat familiegunstelinge sal word. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark. Die resepte sluit treffers in soos: Hoendernoedelsop; Romerige blomkool-en-aartappelsop met spek; Oom-en-tantesop; Kruiebrood in ‘n blikkie; Olyf-en-spekbroodwiele.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Daar Is 'n Engel in my Koskas
Willie Strauss Paperback R325 R250 Discovery Miles 2 500
Armand Kook Kaal - 'n Banting- en…
Armand Aucamp Paperback R380 R299 Discovery Miles 2 990
Megaboere
Wynand Dreyer Paperback R250 R176 Discovery Miles 1 760
Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste
Andre Le Roux Paperback R300 R258 Discovery Miles 2 580
Hartstories - Huis Toe Met 'n Ligter…
Amore Bekker Paperback  (1)
R210 R181 Discovery Miles 1 810
Oorkant Jou - 'n Verhaal Uit Die…
Juliana Coetzer Paperback R250 R208 Discovery Miles 2 080
Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Allergiee…
Hilda Lategan Paperback R320 R275 Discovery Miles 2 750
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Resepte
SuzelleDIY Paperback R280 R209 Discovery Miles 2 090
Boerekos Met 'n Twist
Annelien Pienaar Paperback  (17)
R335 R287 Discovery Miles 2 870

 

Loyalty partners