0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (5)
  • R50 - R100 (46)
  • R100 - R250 (278)
  • R250 - R500 (95)
  • R500+ (24)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

'n Gotiese Kers Engel (Afrikaans, Paperback, Afrikaanse Uitgawe): Anna Erishkigal 'n Gotiese Kers Engel (Afrikaans, Paperback, Afrikaanse Uitgawe)
Anna Erishkigal
R179 R145 Discovery Miles 1 450 Save R34 (19%) Shipped within 7 - 11 working days

Wenner van die “eFestival of Words Best of the Independent eBook Awards - Best Novella of 2014”.

Die Spoke van Ou Ellendes is nooit ver agter nie...

Op Ou Kersaand mik Cassie Barug haar motor op ‘n ou beuk boom af, met die hoop dat haar pyn beëindig sal word nadat haar kêrel haar afgesê het. Maar toe 'n pragtige swart vlerk engel verskyn en vir haar sê: "Hierdie is geen vervlakste paranormale romanse nie skattebol," besef sy die dood het nie haar probleme opgelos nie. Kan Jeremiël haar help om die spoke van haar verlede te besweer en afsluiting te vind?

Hierdie moderne paranormale uitkyk op die mite van beskermingsengele kombineer “A Christmas Carol” met “It’s A Wonderful Life” en "Thirteen Reasons Why" om mense hoop te gee dat die verlede verwerk en oorwin kan word.

Se my, is julle twee susters? - `n Memorie (Afrikaans, Paperback): Hester van der Walt Se my, is julle twee susters? - `n Memorie (Afrikaans, Paperback)
Hester van der Walt
R421 Discovery Miles 4 210 Shipped within 7 - 11 working days

Twee vroue, een uit Nederland en die ander een uit die Vrystaatse Goudvelde ontmoet mekaar in ‘n hospitaalsaal in Bloemfontein. Vyftig jaar later vertel Hester die storie van hoe die lewe hulle gevorm het as verpleegsters, gemeenskapswerkers, bakkers en kunstenaars. In hierdie memorie vertel sy van die sleutel oomblikke in haar lewe wat haar daartoe gedryf het om kulturele en etniese grense oor te steek om sodoende uit te vind wie sy werklik is. Haar besluite neem haar vanaf die Vrystaat na Distrik Ses en Venda, na Nederland en die Verenigde Koninkryk, na Heideveld en Hanover Park en uiteindelik na McGregor. Haar nederige storie vertel van die geestelike isolasie van alle “vlugtelinge” wat die onversoenbare waardes van hulle “tuiste” (hetsy fisies of ideologies) verlaat en nuwe maniere moet vind om ‘n lewe te skep. Dit vertel ook van die wonder om ‘n metgesel langs die pad te vind.

Die Konsep Van Innoverende Passing Van Eiendom - Die Vereenvoudiging Van Eiendommakelaarsdienste: Passing Van Eiendom:... Die Konsep Van Innoverende Passing Van Eiendom - Die Vereenvoudiging Van Eiendommakelaarsdienste: Passing Van Eiendom: Effektiewe, Eenvoudige En Professionele Eiendomsmakelaarsdienste Met 'n Innoverende Eiendomspassingsportaal (Afrikaans, Paperback)
Matthias Fiedler
R126 R102 Discovery Miles 1 020 Save R24 (19%) Shipped within 7 - 11 working days
Our Long Goodbye (Afrikaans, Hardcover): Kellie Lynn Our Long Goodbye (Afrikaans, Hardcover)
Kellie Lynn
R571 Discovery Miles 5 710 Shipped within 7 - 11 working days
Our Long Goodbye (Afrikaans, Paperback): Kellie Lynn Our Long Goodbye (Afrikaans, Paperback)
Kellie Lynn
R388 Discovery Miles 3 880 Shipped within 7 - 11 working days
Cooking for One Made Easy - From Nanny Bean's Kitchen (Afrikaans, English, Hardcover): Brenda Ricker Cooking for One Made Easy - From Nanny Bean's Kitchen (Afrikaans, English, Hardcover)
Brenda Ricker
R609 Discovery Miles 6 090 Shipped within 7 - 11 working days
Cooking for One Made Easy - From Nanny Bean's Kitchen (Afrikaans, English, Paperback): Brenda Ricker Cooking for One Made Easy - From Nanny Bean's Kitchen (Afrikaans, English, Paperback)
Brenda Ricker
R355 Discovery Miles 3 550 Shipped within 7 - 11 working days
Waarheen Nou . . . (Afrikaans, English, Hardcover): Ben Nolte Waarheen Nou . . . (Afrikaans, English, Hardcover)
Ben Nolte
R750 Discovery Miles 7 500 Shipped within 7 - 11 working days
Waarheen Nou . . . (Afrikaans, English, Paperback): Ben Nolte Waarheen Nou . . . (Afrikaans, English, Paperback)
Ben Nolte
R481 R392 Discovery Miles 3 920 Save R89 (19%) Shipped within 7 - 11 working days
Leeus in Die Maanlig (Afrikaans, Paperback): Wanda Gallimore Leeus in Die Maanlig (Afrikaans, Paperback)
Wanda Gallimore
R367 Discovery Miles 3 670 Shipped within 7 - 11 working days
Kuierkos vir die middag (Afrikaans, Paperback): Marlene van der Westhuizen Kuierkos vir die middag (Afrikaans, Paperback)
Marlene van der Westhuizen
R20 Discovery Miles 200 In stock

Marlene van der Westhuizen, bekende skrywer van Delectable en Sumptuous, deel haar gunsteling-resepte vir lang, lui middagkuiers saam met vriende en familie. Hierdie toeganklike boekie bevat idees vir somer-etes in die tuin en winter-etes voor die kaggel, vir 'n informele middag in die kombuis of 'n romantiese maal op die balkon van haar Victoriaanse huis. Wat jy ook al kies, makriel-en-patatviskoekies of verglanste uietert, jou gaste gaan verruk wees met wat jy voorsit. Saam met Marlene kan elke Suid- Afrikaanse kok nou die avontuur van die Franse kookkuns geniet.

Kuierkos vir die aand (Afrikaans, Paperback): Marlene van der Westhuizen Kuierkos vir die aand (Afrikaans, Paperback)
Marlene van der Westhuizen
R20 R16 Discovery Miles 160 Save R4 (20%) In stock

Marlene van der Westhuizen, bekende skrywer van Delectable en Sumptuous, deel haar gunsteling-resepte vir lang, rustige aandetes saam met vriende en familie. Hierdie toeganklike boekie bevat idees vir formele etes met mooi gedekte tafels, maar ook vir knus, informele etes om die kaggel op 'n koue wintersaand. Wat mens ook al kies, gevulde lamsblad of 'n vinnige pasta-dis met geroosterde dennepitte en salie, die avontuur van die Franse kookkuns is nou binne bereik van elke Suid-Afrikaanse kok.

Dis Ek, Anna (Afrikaans, Paperback, Uitg): Elbie Lotter Dis Ek, Anna (Afrikaans, Paperback, Uitg)
Elbie Lotter
R410 Discovery Miles 4 100 Shipped within 7 - 11 working days

Nielsen BookData Bookseller's Choice-prys (2005) Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan iemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is 'n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik anderkant uitgekom het. Dis ek, Anna is gebaseer op 'n ware verhaal en is ook in Engels beskikbaar as It's me, Anna. Elbie Lotter is 'n skuilnaam.

Afrikamasutra (Afrikaans, Hardcover): Ilse Carla Groenewald Afrikamasutra (Afrikaans, Hardcover)
Ilse Carla Groenewald
R865 Discovery Miles 8 650 Special order

Afrikamasutra is die uiters sensuele, Afrikaanse weergawe van Vatsayayana se Kama Sutra uit die pen van skrywer Ilse Carla Groenewald. Die boek is pragtig en humoristies geillustreer deur Diek Grobler, Hardus Koekemoer en Marna Schoeman. Die Kama Sutra word gesien as die standaard werk oor menslike seksuele gedrag in Sanskrit geskryf deur Vatsyayana tussen die eerste en sesde eeu na Christus. Kama verwys na estetiese en erotiese plesier en liefde, terwyl Sutra na die draadjie verwys wat alles en almal aan mekaar verbind. Afrikamasutra is ‘n unieke boek gebaseer op die Kama Sutra deur Vatsyayana. Wat hierdie boek uniek maak is dat dit die eerste Afrikaanse vertaling van die Kama Sutra is en al die illustrasies in die boek is gedoen deur drie bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, naamlik Diek Grobler, Hardus Koekemoer and Marna Schoeman. Die illustrasies lig op humoristiese en kreatiewe wyse die teks toe. Die boek is nie slegs ‘n direkte vertaling van die oorspronklike nie, maar is gemik daarop om die Suid-Afrikaanse idioom vas te vang en ‘n vars, unieke en sensuele blik te gee op seksualiteit wat gemik is op die moderne, vrydenkende Suid-Afrikaanse leser. Afrikamasutra kyk na liefde, respek, spiritualiteit, seksualiteit, intimiteit en ander sosiale kwessies op ‘n humoristiese, tog deernisvolle wyse. Die teks is ‘n skerp, pittige, maar ook poetiese interpretasie van die oorspronklike teks deur Vatsyayana. Geen so ‘n werk is nog ooit in Suid-Afrika gepubliseer nie. Afrikamasutra is waarlik uniek Suid-Afrikaans.

The 67 Steps - The Easy Way to the Good Life: Version in Afrikaans and English (Afrikaans, Paperback): Troy Flora The 67 Steps - The Easy Way to the Good Life: Version in Afrikaans and English (Afrikaans, Paperback)
Troy Flora
R348 Discovery Miles 3 480 Special order
Tweede skeppende inkleurboek - Nog ontspanningsterapie vir besige mense (Afrikaans, Paperback): Emma Farrarons Tweede skeppende inkleurboek - Nog ontspanningsterapie vir besige mense (Afrikaans, Paperback)
Emma Farrarons
R145 R125 Discovery Miles 1 250 Save R20 (14%) Special order

Gebruik hierdie inkleurpaspoort en skep 'n weg na kalmte en vrede in jou gemoed. Dieselfde skrywer en illustreerder van Skeppende inkleurboek het 'n tweede boek, propvol delikate handgetekende tonele uit die natuur en dekoratiewe wereld, geskep. Wanneer jy hierdie manjifieke illustrasies invul met kleur behoort jou kreatiwiteit aangewakker te word terwyl jy terselfdertyd sal oefen om met aandag diep betrokke by jou eie kreatiewe proses te raak. Waar jy jou ook al sou bevind, kalmeer jou gemoed en werk spanning tee deur aandagtig elke illustrasie in te vul met kleur.

Participations ( Edition 14 ) (Afrikaans Version ) - Participations (Afrikaans, Paperback): Eng Yasir I Kashgari Participations ( Edition 14 ) (Afrikaans Version ) - Participations (Afrikaans, Paperback)
Eng Yasir I Kashgari
R1,677 R1,536 Discovery Miles 15 360 Save R141 (8%) Special order
Die Karoo Kookboek (Afrikaans, Paperback): Rose Willis Die Karoo Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Rose Willis 1
R250 R197 Discovery Miles 1 970 Save R53 (21%) Special order

Die Karoo kookboek is 'n ware refleksie van die kos van hierdie unieke area, propvol heerlike resepte wat van geslag tot geslag oorgedra is. Die pragtige kos fotografie word aangevul deur volkleur landskap foto's terwyl swart en wit foto's van historiese geboue en mense 'n nostalgiese gevoel ontketen. Die 100+ resepte bestaan hoofsaaklik uit kos wat tradisioneel met die Karoo vereenselwig kan word, maar dit wys ook die moderne invloede wat bewys dat dit tog 'n dinamiese manier van kosmaak is. Die vars produkte van die area word benadruk en 'n kalender van gebeure word ook ingesluit.

Skeppende Inkleurboek (Afrikaans, Paperback): Emma Farrarons Skeppende Inkleurboek (Afrikaans, Paperback)
Emma Farrarons
R145 R125 Discovery Miles 1 250 Save R20 (14%) Special order

Kalmeer jou gemoed en werk spanning teë deur middel van inkleur.

Hierdie pragtig geïllustreerde inkleurboek is gevul met ontwerptekeninge van keurige tonele en ingewikkelde, gesofistikeerde patrone. Dit is spesifiek bedoel om jou aan te spoor, om diep betrokke by jou kunswerke te raak, terwyl jy aandagtig die bladsye invul met kleur.

Spandeer ’n paar minute van jou dag – waar jy jou ook al bevind – en skep deur middel van inkleur, ’n weg na vrede en kalmte in jou gemoed.

Boendoe-kos vir die Afrika-bos (Afrikaans, Paperback): Rita Van Dyk Boendoe-kos vir die Afrika-bos (Afrikaans, Paperback)
Rita Van Dyk
R220 R173 Discovery Miles 1 730 Save R47 (21%) Special order

Boendoe-kos vir die Afrika-bos is as’t ware die nutsman van resepteboeke! As jy van die buitelewe hou, is hierdie boek beslis vir jou. Die resepte is noukeurig uitgesoek om die uitdagings van kampeer in die boendoe te oorbrug sodat jy al die nodige bestanddele in jou 4x4-voertuig kan laai.

Al die resepte kan in die oond, oor die kole, of oor ’n gasstoof voorberei word. Deur die jare het 4x4-safaritoerusting merkwaardig ontwikkel en deesdae besit die meeste kampeerders ’n klein kamp-yskas of -vrieskas. Dit beteken dat ’n groter verskeidenheid kos voorberei kan word en jy nie meer op soja of blikkieskos hoef staat te maak nie. Jy hoef ook nie ’n beroemde sjef te wees om hierdie geregte voor te berei nie – dis smaaklik, maar net so maklik om te maak!

Boendoe-kos vir die Afrika-bos stel jou in staat om selfs op safari soos ’n bobaas-sjef te kook en enige iets van slaaie, tot moussaka, tot selfs roomys te bedien.

Help! Daar's 'n Stoof in My Kombuis (Afrikaans, Paperback): Annabel Frere Help! Daar's 'n Stoof in My Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Annabel Frere
R230 R181 Discovery Miles 1 810 Save R49 (21%) Special order

Begin by die grondbeginsels en leer hoe om indrukwekkende dog bedrieglik maklike maaltye voor te berei – Help! daar's 'n stoof in my kombuis is die ideale wegspringplek vir die kombuisgroentjie.

Hoofsaaklik 'n kookboek vir skoolverlaters en jong volwassenes, bevat Help! daar's 'n stoof in my kombuis meer as 170 resepidees en wenke hoe om te werk te gaan om heerlike, voedsame maaltye voor te berei wat jou sak pas. Die resepte wissel van basies tot indrukwekkend, maar almal is redelik vinnig en maklik om te maak.

Sommige resepte bied verskeie opsies, soos quiche-vulsels, om in verskillende smake te voor sien en die ontluikende kok se repertoire uit te brei. Help! daar's 'n stoof in my kombuis neem begroting in ag en gebruik hoofsaaklik laekoste-items en, waar moontlik, 'n minimale hoeveelheid bestanddele. Daar is wenke oor hoe om tyd, energie en elektrisiteit te bespaar asook enkele wenke hoe om kookblapse te herstel.

Gewapen met net 'n koppie, 'n teelepel, 'n eetlepel en die bereidwilligheid om te leer, is Help! daar's 'n stoof in my kombuis al wat nodig is om 'n kombuisfoendie te word.

Hekel vir my huis - 20 Hekelprojekte vir die Huis - Antieksjiek en Modern (Afrikaans, Paperback): Emma Lamb Hekel vir my huis - 20 Hekelprojekte vir die Huis - Antieksjiek en Modern (Afrikaans, Paperback)
Emma Lamb
R270 R212 Discovery Miles 2 120 Save R58 (21%) Special order

Met Hekel vir My Huis nooi Emma Lamb jou uit om speelse kleurkombinasies, patrone en teksture kreatief in te span om iets pragtigs te skep en so ’n huis met warmte en sjarme te vul. Haar speelse kombinasies met kleur, patroon en tekstuur weerspieel ’n vermenigng van retro-styl en Skandinawiese eenvoud. Die 20 splinternuwe artikels sal met gemak in die tuisteskepper se alledaagse lewe inpas. Kies uit versamelings vatlappies en kussingontwerpe, maak ’n lieflike krans om ’n kamer op te helder of ’n snoesige deken om jou te vertroos. Elke ontwerp sluit duidelike patroonaanwysings en kleurkaarte in, sowel as Emma se eie wenke om die perfekte huisartikels te skep. Basiese tegnieke word deur stap-vir-stap-instruksies en kleurfoto’s uitgebeeld.

Bord (Afrikaans, Hardcover): Marlene van der Westhuizen Bord (Afrikaans, Hardcover)
Marlene van der Westhuizen
R395 R299 Discovery Miles 2 990 Save R96 (24%) Pre-order

Die resepte in dié boek kan elke dag van die week gebruik word vir daardie een hoofmaaltyd wat ons elke dag voorberei, hetsy ons vir die gesin kook of vriende vermaak. Bord is in slegs drie hoofstukke ingedeel – Vleis, Pluimvee en Seekos – en die resepte wissel van bekende klassieke tot moderne geregte, meestal met ’n kontinentale invloed. Alles word voorberei met die skrywer se flair vir tuisgemaakte, hartlike en lekker etes.

Bord is die perfekte geskenk vir diegene wat huis opsit en relatief onervare in die kombuis is, maar selfs gesoute kokke sal inspirasie in dié boek vind.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Toe-Val-Lig: Die Beste Stories van…
Amore Bekker Paperback R235 R202 Discovery Miles 2 020
Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo…
Antoinette Pienaar Paperback R260 R205 Discovery Miles 2 050
Gramadoela-Kos
Rita Van Dyk Paperback R250 R197 Discovery Miles 1 970
Megaboere
Wynand Dreyer Paperback R250 R176 Discovery Miles 1 760
Kaap, Kerrie & Koesisters
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Paperback R330 R250 Discovery Miles 2 500
Die Storie Van 'n Huis
Louis Jansen van Vuuren, Hardy Olivier Hardcover R605 R497 Discovery Miles 4 970
Boerekos Met 'n Twist
Annelien Pienaar Paperback  (17)
R350 R275 Discovery Miles 2 750
Doen Dit Weer So - Nuttige Wenke Vir Jou…
Zerelda Esterhuizen Paperback R170 R146 Discovery Miles 1 460
Resepte
SuzelleDIY Paperback R295 R234 Discovery Miles 2 340
Kruidjie Roer My - Die Antieke…
Antoinette Pienaar Paperback R240 R189 Discovery Miles 1 890

 

Partners