0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (4)
  • R50 - R100 (47)
  • R100 - R250 (287)
  • R250 - R500 (92)
  • R500+ (16)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Tuis Kos 3-Boek Bundel (Afrikaans, Paperback): Tuis Kos 3-Boek Bundel (Afrikaans, Paperback)
R799 R625 Discovery Miles 6 250 Save R174 (22%) In stock

Hierdie 3 resepteboeke sal jou inspireer om kos met liefde te maak. Vinnig, maklik en lekker!

Lekker Vir Later Plus - Annette Human
Lekker Vir Later Plus is ’n allesomvattende kookboek oor bottel en bÍre. Die boek bevat nie net konfyte en ingemaakte groente nie, maar sluit ook ander vorme van preservering in soos biltong, beskuit en vrugtekoeke – voorwaar die Suid-Afrikaanse A–Z van preservering. Die boek bevat Annette se persoonlike versameling resepte asook nuwe lekkernye en beproefde gunstelinge van familie en vriende.

Maklike Maaltye Uit Nina Se Kombuis - Nina Timm
Maklike maaltye uit Nina se kombuis is sonder pretensies en sowaar ’n tuisvoelboek. Soos die titel noem, maak Nina kosmaak maklik deur bekostigbare, plaaslik beskikbare bestanddele en resepte te gebruik wat ieder en elk sal inspireer om kos met liefde te maak. Met meer as 100 resepte is daar iets vir almal – vanaf happies en heerlike etes vir die boekklub, nuwe kinkels in gewone braairesepte, ’n vleishoofstuk wat hoender, bees, lam, vark en seekos dek tot sop, vegetetariese etes, soet happies en idees vir markdag! Die resepte is maklik om te volg en word gekomplementeer deur pragtige kos- en leefstylfotograwwe. Maklike maaltye uit Nina se kombuis is ’n resepteboek wat sal verseker dat die familie en vriende terugkeer vir nog. Soos Nina se, is liefde die sleutelbestanddeel van elke suksesvolle maaltyd.

Tuis Kos Uit Die Tuin - Sonja Jordt
Tuis Kos uit dieTuin is 'n versameling van 100 resepte met groente of vrugte as een van die hoofbestanddele. Dis maklik en bekostigbaar, en die lekkerte is dat jy die groente en vrugte in jou eie agterplaas kan plant. Ons wys jou hoe om jou lappie grond voor te berei en te bewerk, gee plant- en oeswenke asook inligting oor die voedingswaarde van elke groente- en vrugtesoort.

Tuinmaak in houers - Inspirasie en idees vir potte en plante wat jou tuin verfraai (Afrikaans, Paperback): Frances Tophill Tuinmaak in houers - Inspirasie en idees vir potte en plante wat jou tuin verfraai (Afrikaans, Paperback)
Frances Tophill
R275 Discovery Miles 2 750 Within 10 - 15 working days

Laat Frances Tophill jou met meer as 40 projekte vir kreatiewe houers wys hoe om dikwels misgekykte potte ten beste te benut in jou tuin - of dit nou 'n beskeie balkonnetjie, 'n klein stoepie of net 'n vensterbank is.Daar is altyd plek vir 'n bietjie groenig-heid in 'n mens se lewe. Of jy nou iets vars by jou kombuistuin wil voeg of sukkulente op jou vensterbank wil uitstal, houers maak dit moontlik om die natuur in die kleinste en moeilikste plekkies in te bring. Frances dek 'n verskeidenheid plant-skemas en soorte houers - van kruike en troe tot gestapelde potte en hang-mandjies. Sy gee raad oor die beste plante vir houers, van bonsaibome en bolle tot rankplante en snyblomme. Leer hoe om 'n lewende muur te skep, 'n metaalpot vir 'n dammetjie te gebruik, 'n geut-pyp met aarbeie te beplant of selfs jou eie potte te maak. Met die kreatiewe idees in hierdie boek, kan jy enige tuin met net 'n paar houers in iets besonders omskep.

Die pasient as vennoot (Afrikaans, Paperback): Dawie van Velden Die pasient as vennoot (Afrikaans, Paperback)
Dawie van Velden
R172 Discovery Miles 1 720 Within 10 - 15 working days

Daar is soveel teenstrydige inligting beskikbaar oor watter dieet om te volg, hoeveel oefening om te doen, hoeveel water om te drink, watter medisyne om te neem, ensovoorts. In Die pasient as vennoot skei die bekende dr. Dawie van Velden die kaf van die koring en gee praktiese raad om holistiese welsyn te bereik: wanneer die liggaam, siel en gees optimaal gesond is. In hierdie boek wys dr. Dawie hoe die pasient medeverantwoordelik is vir sy of haar eie gesondheid.

'n Huwelik Wat Hou! Huwelikspakket (Afrikaans, Paperback, Boxed set): Gretha Wiid 'n Huwelik Wat Hou! Huwelikspakket (Afrikaans, Paperback, Boxed set)
Gretha Wiid
R161 Discovery Miles 1 610 Within 10 - 15 working days

Gretha Wiid se huwelikspakket bevat 26 geheime om ’n paartjie te help saamstaan teen enigiets wat julle uitmekaar wil trek. Die aparte boekie Liefdesuitdaging sal help om julle vaardighede te slyp sodat julle sterker anderkant sal uitkom.

Ons hardloop die rotteresies, net om eendag wakker te word en te besef: Ons twee is nie meer so naby aan mekaar soos voorheen nie. Een effektiewe manier om ’n huwelik te laat hou is om tyd en energie daarin te belÍ en julle huwelik die hoogste prioriteit te maak – soos toe julle nog uitgegaan het.

Gretha Wiid deel haar insigte, soos hoe om die konneksie te behou ten spyte van hindernisse en hoe om op die regte manier te baklei. Sy gee ook nuttige gereedskap om die sprankel te behou, selfs as julle al lank getroud is. En hoe om seksuele en emosionele probleme te oorkom.

Of julle pas getroud is of al baie sakke sout saam opgeŽet het, of net wil voorberei vir die reis, ’n Huwelik wat hou! sal julle verhouding omskep in ’n vervullende, suksesvolle en voorspoedige huwelik.

’N LIEFDESUITDAGING VIR JOU (EN VIR HOM)

Die aparte boekie Liefdesuitdaging bevat voorstelle en oefeninge om julle verhoudingsvaardighede te slyp sodat julle kan saamwerk aan ’n vervullende verhouding.

HOE WERK DIT?

Elkeen lees die spesifieke tema en gebruik die spasie in die aparte boekie om julle gedagtes neer te skryf. Julle maak dan ’n afspraak, ontmoet mekaar by julle gunstelingplek, en bespreek dit met mekaar. So herhaal julle die stappe vir elke tema.

GETROUDWEES, LIEFDE EN SEKS OUDIOBOEK (CD)

Ingesluit by diť huwelikspakket is die oudioboek Getroudwees, liefde en seks (MP3-formaat) met 16 klanksnitte, om julle te help om die probleme in julle huwelik anders te hanteer as in die verlede.

Verftegnieke - Dekoratiewe afwerkings om enige ruimte op te kikker (Afrikaans, Paperback): Winnie Saayman Verftegnieke - Dekoratiewe afwerkings om enige ruimte op te kikker (Afrikaans, Paperback)
Winnie Saayman
R210 Discovery Miles 2 100 Within 10 - 15 working days

Of dit ou, tweedehandse meubelstukke is wat vernuwe moet word, of 'n moderne stuk wat smag na 'n sagte, verouderde gevoel, hierdie boek wys jou hoe om 'n ou klavier, staalrakke, sementvloere, tafels en stoele, 'n vaal ingeboude kas, baksteenmuur, trappe en selfs 'n hele badkamer met 'n oorspronklike benadering tot verftegnieke in kunswerke te omskep. Die skrywer skop af met basiese inligting oor hoe om kleur en die effek daarvan op jou en die omge-wing waarin jy leef te verstaan, gevolg deur 'n beskrywing van die gereedskap en produkte wat jy vir die verskillende tegnieke en projekte nodig het. Duidelike stap-vir-stap foto's en aanwysings toon hoe om die verskillende tegnieke soos kleurwas, laagwerk, verwering, ombre, vergulding, stensilwerk, sleeptegniek, houtgrein en nog vele meer op enige oppervlak in jou huis toe te pas. Meer as 40 inspirerende projekte gaan gepaard met pragtige foto's van die eindresultaat, maklike aanwysings en wenke om te verseker dat jy ook unieke en ongewone stukke kan skep. Hierdie boek bied die perfekte inspirasie om 'n verf-kwas op te tel en nuwe lewe aan jou tuiste te gee. So waarvoor wag jy? Gaan verf!

Weg! Kuier Om Die Kole - 'n Keur van Weg! se Lekkerste Braairesepte (Afrikaans, Paperback): Aletta Lintvelt Weg! Kuier Om Die Kole - 'n Keur van Weg! se Lekkerste Braairesepte (Afrikaans, Paperback)
Aletta Lintvelt
R330 R274 Discovery Miles 2 740 Save R56 (17%) Within 4 - 8 working days

Weg! is een van Suid-Afrika se gewildste reistydskifte – nie net weens hul uitstekende kampwenke en foto’s van eksotiese bestemmings nie, maar ook weens hul heerlike, betroubare resepte.

In Kuier om die kole bring ons Weg! se beste braairesepte en -idees byeen: geregte wat perfek is vir die kampvuur of tuis-braai. Die gewilde foodie en Weg! se kosredakteur Aletta Lintveld het diť tydskrif se lekkerste braairesepte gekies – alles nou in een band byeen. Kuier om die kole is sonder fieterjasies, met heerlike kosidees vir 2019.

Hoofstukke bevat idees vir

- die braairooster;

- potjiekos;

- bykosse en slaaie; en

- brode en braaibroodjies.

Weg! het meer as 55 000 lesers en die tydskrif se Facebook- blad het meer as 107 000 lede.

Decoupage Jou Tuiste - 'N Kontemporere Gids Om Alledaagse Items in Jou Huis Te Transformeer (Afrikaans, Paperback):... Decoupage Jou Tuiste - 'N Kontemporere Gids Om Alledaagse Items in Jou Huis Te Transformeer (Afrikaans, Paperback)
Fransie Snyman
R210 Discovery Miles 2 100 Within 10 - 15 working days

Decoupage, een van die gewildste handwerksoorte wat onlangs weer sy verskyning gemaak het, is ideaal om bykans enigiets te versier: van klein kissies tot groot meubelstukke. Dit skop af met materiaal en toerusting, die voorbereiding van basisse, kies van servette, papier en lap, snytegnieke en hoe om die regte produk vir jou projek te kies en bespreek dan meer as 50 aanvallige projekte met duidelike stap-vir-stap-aanwysings en lieflike foto's van die eindproduk. Met die huidige fokus op herwinning is decoupage 'n prettige en maklike manier om enigiets 'n nuwe baadjie te gee omdat dit op so 'n groot verskeidenheid oppervlakke kan werk - van glas en plastiek tot lap en hout. Danksy die beskikbaarheid van soveel doelspesifieke produkte kan jy die tradisionele en nuwe tegnieke kombineer in 'n legio moontlikhede. Die boek is geskik vir beginners, en 'n sekere bron van inspirasie vir meer gevorderede handwerkers. Die projekte wissel van plekmatjies en blikke, tot groter projekte soos stoele, 'n bedkopstuk en 'n fotomuur.

Rand en Sent (Afrikaans, Paperback): Suzaan Steyn Rand en Sent (Afrikaans, Paperback)
Suzaan Steyn
R220 R176 Discovery Miles 1 760 Save R44 (20%) Within 4 - 8 working days

Rand en sent, gegrond op die gewilde gelyknamige RSG- program, is ’n onontbeerlike gids vir die man op straat tot goeie persoonlike finansiŽle bestuur. Die kundigheid van kenners van gerespekteerde finansiŽle instellings word op ’n toeganklike manier beskikbaar gestel aan lesers wat nie noodwendig toegang tot die dienste van adviseurs of konsultante het nie.

Raad word verskaf oor hoe om ’n begroting behoorlik op te stel – en te laat klop. Suid-Afrikaners wat hulle in die dryfsand van skuld bevind, kry waardevolle wenke oor hoe om uit die spiraal te ontsnap en te begin spaar. Alles wat ’n mens oor eiendombeleggings, algemene en aanlynbeleggings behoort te weet, is hierin vervat. Inligting oor hoe om die maksimum opbrengs uit polisse te verseker, word gegee, en skuiwergate wat ’n mens op die finansiŽle pad kan laat struikel, word uitgewys.

Hierdie boek is noodsaaklike leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat verantwoordelikheid vir hul geldsake wil neem.

Botter & Liefde - Boerekos uit'n Plaaskombuis (Afrikaans, Paperback): Anna Carolina Alberts Botter & Liefde - Boerekos uit'n Plaaskombuis (Afrikaans, Paperback)
Anna Carolina Alberts
R325 R279 Discovery Miles 2 790 Save R46 (14%) Within 4 - 8 working days

‘n Anderste, trots Suid-Afrikaanse Afrikaner kookboek waarin vertellinge van plaaslewe, doilies, koeksisters en ander Afrikaanse ikone saamgevleg word. Anna Carolina put uit die tallose invloede van die Suid- Afrikaanse platteland om iets unieks en eietyds, ‘n viering van ‘n ryk nalatenskap, aan te bied.

Druktegnieke by Dosyne - Die Kuns Van Handgemaakte Drukwerk (Afrikaans, Paperback): Angie Franke Druktegnieke by Dosyne - Die Kuns Van Handgemaakte Drukwerk (Afrikaans, Paperback)
Angie Franke
R205 Discovery Miles 2 050 Within 10 - 15 working days

Die skrywer gee aanwysings vir alles van stempel- en stensilwerk tot verskeie reliefdrukwerkmetodes, insluitend lino-, tekstuurplaat- en kallograafdrukwerk, asook vier soorte skermdrukwerk. Hierbenewens is daar projekte met son- en sianotipe drukwerk en kan jy leer hoe om roes en plantmateriaal vir "eko"-tipe afdrukke te gebruik . Daar is 'n unieke benadering tot oordragmetodes en gewysigde afdrukke wat hierdie druktegnieke baie toeganklik maak. Verreweg die grootste en opwindendste deel van die boek is die oor mono-afdrukke en monotipe afdrukke, met die klem op gela-afdrukke. Angie Franke gebruik haar gelatienbasis-drukkussings (die resep is ingesluit), asook Gelli Plate-drukkussings en klei-afdrukke om monodrukwerktegnieke op vele verskillende maniere aan te bied. Hiermee saam gebruik sy ander prosesse in die boek om 'n fassinerende eindproduk te skep: laag-op-laag ryklik gekombineerde kleurafdrukke wat met stempel-, stensil-, maskeer- en tekstuurplaat-toerusting geskep word. Die aanwysings is maklik om te volg en die manjifieke foto's sal 'n ieder en 'n elk inspireer om afdrukmakery op die proef te stel.

Krabbelkuns Inkleur - Doodle Art Colouring: Boek 1 (Afrikaans, English, Paperback): Marleen Visser Krabbelkuns Inkleur - Doodle Art Colouring: Boek 1 (Afrikaans, English, Paperback)
Marleen Visser
R86 Discovery Miles 860 Within 10 - 15 working days

ďDis ontspannende terapie om vrylik te krabbel en in te kleur.Ē So se Marleen Visser, die kunstenaar. ďMy krabbels is spontane, verbeeldingryke lyntekeninge, persepsies en drome van die alledaagse lewe. Laat jou innerlike kind die klein stories binne-in ontdek en verken. Laat die kreatiewe reis jou inspireer en jou hart en gedagtes na wonderlike, nuwe plekke meevoer.Ē

Dekoratiewe Kuns - Uit Kitskuns, Slimkuns En Blitskuns (Afrikaans, Paperback): Monique Day-Wilde, Angie Franke Dekoratiewe Kuns - Uit Kitskuns, Slimkuns En Blitskuns (Afrikaans, Paperback)
Monique Day-Wilde, Angie Franke
R196 Discovery Miles 1 960 Within 10 - 15 working days

Hierdie boek oorbrug die gaping tussen kuns en handwerk en verduidelik maklike hand-werk-tegnieke wat enigeen kan gebruik om oorspronklike kunswerke te skep. Leer hoe om op 'n verskeidenheid oppervlakke met enigiets van die tradisionele akriel- en olieverf tot kraakvuller, sement en sand moderne blok-kuns te skep. Treffende foto's van al die voltooide projekte, vergesel van duidelike stap-vir-stap aanwysings en nabyskote, wys jou hoe en sal die sluimerende kunstenaar in jou laat ontwaak. Benewens die onweerstaanbare projekte, is daar inligting oor basiese tegnieke, kleur, tekstuur-mediums, kleefmiddels, oplosmiddels, afwerkings en verseelmiddels, asook 'n nuttige woordelys van tegnieke en apparaat. Die boek bevat die gewildste projekte uit Kitskuns, Slimkuns en Blitskuns.

Volksgeneeskuns In Suid-Afrika - 'n Uitgebreide Versameling Boererate (Afrikaans, Hardcover, 2nd edition): Suid-Afrikaanse... Volksgeneeskuns In Suid-Afrika - 'n Uitgebreide Versameling Boererate (Afrikaans, Hardcover, 2nd edition)
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) In stock

Volksgeneeskuns in Suid-Afrika is ’n versameling van 8705 boererate en het die eerste keer in 1965 verskyn. Vandag, 60 jaar later, lyk die mediese en farmakologiese landskap totaal anders. Daarom is dit so interessant – en soms lagwekkend – om te sien hoe vinnig ons mediese en farmakologiese kennis intussen gevorder het.

Die versameling bevat rate wat op bygeloof of tradisionele mondelinge oorlewering berus. Ander rate maak staat op veldkennis en die botaniese name van middels word verstrek. Daar word raat uitgedeel vir kwale van asma tot ylhoofdigheid.

“Vermaaklike oomblikke is talryk vir die moderne leser – en die algemene gebruik van hondebloed, velle van pas geslagte katte, luislange en dies meer, laat ’n mens verbysterd – tot jy besef met hoeveel radeloosheid daar voor sekere siektes te staan gekom is.” Dr. Dione Prinsloo – geskiedkundige.

Hoe Nou Gemaak? - 5000 Boererate En Wenke Vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Johanna De Wet Hoe Nou Gemaak? - 5000 Boererate En Wenke Vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Johanna De Wet
R281 Discovery Miles 2 810 Within 10 - 15 working days

ín Nuttige handleiding wat 'n ereplek in elke Suid-Afrikaanse huis behoort te he. Maklike oplossings op daaglikse probleempies wat in en om die huis ontstaan, word hier prakties en effektief beantwoord. Van die behandeling van algemene kwale soos slaaploosheid, tot die skoonmaak van yskaste en silwerware. Daar is nuttige raad vir die gaarmaak en preservering van voedsel, algemene noodhulpwenke asook wenke vir buitelugliefhebbers.

'n Leeftyd later: Herinneringe aan Angola (Afrikaans, Paperback): Marthie Prinsloo-Voigt 'n Leeftyd later: Herinneringe aan Angola (Afrikaans, Paperback)
Marthie Prinsloo-Voigt
R239 Discovery Miles 2 390 Within 10 - 15 working days

Marthie Voigt (nooi Prinsloo) is in 1931 in Suidwes-Afrika gebore; die vierde van ses kinders. Wat volg is ín groot avontuur. Marthie word groot in die wye en ongetemde vlaktes van Angola. Die Prinsloo-gesin trek baie rond agter goeie weiding en gesonder toestande aan. Die lewe in ongerepte Angola het ook sy gevare en Marthie beleef groot hartseer toe haar sussie op 19 sterf aan malaria. Nadat Marthie trou met Carl-Wilhelm Voigt en hulle hul gevestig het op haar skoonouers se koffieplaas, begin die onheil in Angola roer. Ongelukkig breek daar oorlog uit en die Voigts moet hulle plaas net so los. Hulle speel ín groot rol daarin om vlugtelinge uit Angola te versorg. Marthie Voigt het haar ongelooflike herinneringe aan hierdie historiese en persoonlike gebeurtenisse neergeskryf sodat wanneer ín mens dit lees, dit glashelder voor jou geestesoog afspeel. ín Wonderlike lewensverhaal uit die pen van ín sterk, intelligente vrou.

Mal Oor Metaal - Projekte Met Handwerkmetaal Vir Jou Tuiste (Afrikaans, Paperback): Monica Fischer, Suzan Cumpsty, Lee Vorster Mal Oor Metaal - Projekte Met Handwerkmetaal Vir Jou Tuiste (Afrikaans, Paperback)
Monica Fischer, Suzan Cumpsty, Lee Vorster
R210 Discovery Miles 2 100 Within 10 - 15 working days

Handwerkmetaal het eindelose versierpotensiaal. Dit is buigsaam en kan om bykans enige oppervlak gevou of daarop geplak word. Hierdie boek fokus op gekleurde handwerkmetaal - hoe dit versier kan word met bosseleerwerk, uitsnywerk, die byvoeg of wegneem van kleur, 3D-ontwerpe wat ingevul word en vele meer - en hoe jy daarmee unieke items vir jou tuiste kan skep. Leer meer oor metaal en items waarop dit aangebring kan word, hoe om die nodige gereedskap te gebruik, en hoe om verskeie tegnieke toe te pas wat almal gebruik kan word om die meer as 50 dekoratiewe of funksionele items te skep. Die oorspronklike projekte is spesifiek ontwerp en geskep om die groot verskeidenheid tegnieke en toepassings te demonstreer, soos: Die oordra en natrek van ontwerpe; Hoe om met eenvoudige handgereedskap tekstuur te skep; Die gebruik van bosseleerapparaat soos die cuttlebug om tekstuur, patrone en uitsnywerk te skep; Afrondingstegnieke soos skuurwerk, veroudering en verf; Herwinning en hergebruik; Wenke en raad om prosesse te vereenvoudig. Daar is projekte vir alle vaardigheidsvlakke, van beginners tot gesoute handwerkers, en maklike items wat blitsvinnig gemaak kan word tot meesterstukke wat langer sal neem om te voltooi. Manjifieke foto's van die voltooide items sal jou inspireer en jy kan danksy die stap-vir-stap foto's en aanwysings sommer dadelik aan die werk spring.

Deeg - Broskors-, Skilferkors-, Blaarkors-, Warmwaterkors-, Strudel-, Ouarka- En Fillodeeg (Afrikaans, Paperback): Theresa De... Deeg - Broskors-, Skilferkors-, Blaarkors-, Warmwaterkors-, Strudel-, Ouarka- En Fillodeeg (Afrikaans, Paperback)
Theresa De Vries 2
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) In stock

Die enigste boek oor deeg wat jy ooit nodig sal kry.

Alle soorte deeg om terte of pasteie te maak word bespreek – broskors-, blaarkors, skilferkors, warmwaterkors-, fillo- en strudeldeeg, ook die gewilde Marokkaanse ouarkdeeg. Leer al die fyner kunsies van deeg: bestanddele, toerusting, basiese beginsels, asook die algemene foute wat by deeg kan voorkom en die oorsake word bespreek.

Word ’n bobaas bakker!

Maak Jou Eie Harsjuwele - Meer as 60 Inspirerende Stap-Vir-Stap Projekte (Afrikaans, Paperback): Sara Naumann Maak Jou Eie Harsjuwele - Meer as 60 Inspirerende Stap-Vir-Stap Projekte (Afrikaans, Paperback)
Sara Naumann
R182 Discovery Miles 1 820 Within 10 - 15 working days

Harsjuwele is baie maklik om te maak en die tegniek is ongelooflik veelsydig. Sara Naumann, 'n gewilde handwerkskrywer, wys jou hoe om pragtige harsjuwele met eenvoudige tegnieke en goedkoop materiaal vir mans en vroue te maak. Die juwele kan in 'n japtrap gemaak word en jy kan papier, lap, foto's, skulpe, droe blomme, naelpolitoer en ander materiaal by die hars voeg om unieke harsjuwele met 'n professionele, stylvolle voorkoms te skep. Meer as 50 projekte sal jou inspireer om jou eie harsjuwele vir jouself of as geskenke vir familie en vriende te maak. Dit is ideaal vir beginners en meer bedrewe handwerkers, maar wees gewaarsku - dit is verslawend! Wat hierdie boek uniek maak, is dat papier ingesluit word - die skeppings is dus eintlik papierjuwele. Ou papier soos kaarte en bladmusiek skep 'n vintage voorkoms terwyl fotoplakwerk- of origami-papier vars en kontemporer lyk. Die boek sal dus byval vind by papier- sowel as juweelhandwerkers.

Wat Hulle Jou Nie Van Karbestuur Vertel Het Nie - Ry Veilig En Met Selfvertroue (Afrikaans, Paperback): Justus Visagie Wat Hulle Jou Nie Van Karbestuur Vertel Het Nie - Ry Veilig En Met Selfvertroue (Afrikaans, Paperback)
Justus Visagie
R89 Discovery Miles 890 Within 10 - 15 working days

Die titel wys jou hoe enkele klein aanpassings in jou bestuurstyl jou 'n veel groter kans gee om keer op keer veilig by jou bestemming aan te kom. Herken, voorkom en vermy situasies wat tot botsings lei; Maak seker jou ryding is nie 'n doodskis op wiele nie; Lees hoekom agterste sitplekgordels selfs belangriker is as die voorstes; hoe om kruisings en verkeersirkels veilig en korrek te benader; die nadele en voordele van spoed; hoe om altyd in beheer van jou ryding te wees. Noodsaaklike leesstof vir elkeen wat gereeld agter die stuur van 'n voertuig inskuif.

Praat Oor Depressie (Afrikaans, Paperback): Johan Laten Praat Oor Depressie (Afrikaans, Paperback)
Johan Laten
R161 Discovery Miles 1 610 Within 10 - 15 working days
Die Kos Revolusie: Superkos vir Superkinders (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Jonno Proudfoot, Bridget Surtees Die Kos Revolusie: Superkos vir Superkinders (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Jonno Proudfoot, Bridget Surtees
R330 R250 Discovery Miles 2 500 Save R80 (24%) Within 4 - 10 working days

Die Kos Revolusie het die wereldwye vetsug-epidemie aangespreek met 'n revolusionere benadering tot eet: Dit het diepgewortelde oortuigings uitgedaag, was (en bly steeds) 'n rekordverkoper regoor Suid-Afrika, en het mense se lewens verander. Met Superkos vir superkinders beoog die skrywers 'n revolusie in kindervoeding. Hulle glo dit is tyd om die kindervoedselbedryf sowel as ons uitgediende aannames daaroor uit te daag – tyd om ons kinders die beste voeding en die beste wegspring in die lewe te gee. Superkos vir superkinders is nie 'n banting-kookboek nie, en gaan nie oor ‘geen-koolhidrate’ voeding vir kinders nie. Maar deur 'n ‘ware kos’ eetplan wat laag in suiker en verfynde koolhidrate is, te bepleit, verteenwoordig dit Die Kos Revolusie se volgende stap om die wereld te verander. (Nog meer sal volg!)

'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback): Rob Naim 'n Stil gemoed - 'n Inleiding tot die Boeddhisme meditasie (Afrikaans, Paperback)
Rob Naim; Translated by Karel Schoeman
R143 Discovery Miles 1 430 Within 10 - 15 working days

ín Stil gemoed verskyn oorspronklik in 1993 in Engels onder die titel Tranquil Mind. Die eerste Afrikaanse uitgawe verskyn in 1997, en die tyd is dus ryp vir ín heruitgawe. ín Stil gemoed is ín eenvoudige inleiding tot die Boeddhisme en meditasie. Die Boeddhisme is wesenlik ín aantal metodes om met die verstand en gemoed om te gaan. As ons hierdie metodes verstaan en op ons lewens toepas, sal hulle ons inherente vermoe om innerlike vrede, erbarming en wysheid te ervaar laat ontplooi deur die potensiaal van ons gees te ontwikkel. Mediteerders in die Weste ervaar unieke probleme as gevolg van hul kulturele, sosiale en sielkundige agtergrond. Aan die hand van sy uitgebreide akademiese en praktiese ervaring stel die skrywer van hierdie inleiding die onderwerp bekend op ín manier wat met die invloede rekening hou.

Kies Die Regte Loopbaan (Afrikaans, Paperback): Norma Colley Kies Die Regte Loopbaan (Afrikaans, Paperback)
Norma Colley
R131 Discovery Miles 1 310 Within 10 - 15 working days

Hierdie boek help skoolverlaters en jong volwassenes om die regte loopbaan te kies. Dis propvol relevante inligting oor huidige studie- en loopbaankeuses, met talle praktiese oefeninge om te voltooi. Die inhoud dek: waardes en belangstellings; persoonlikheid, aanleg en spesiale talente; geleenthede in die huidige arbeidsmark; entrepreneurskap - hoe om met jou eie besigheid te begin; hoe om meer inligting oor werksvelde in te win; die oorbruggingsjaar; hoe om die regte studie-inrigting te kies en hoe om die wereld van werk te betree.

Laatoes (Afrikaans, Paperback): Hennie van Deventer Laatoes (Afrikaans, Paperback)
Hennie van Deventer
R182 Discovery Miles 1 820 In stock

Laatoes is die 17de publikasie van hierdie bekende koerantman en vorige redakteur van Die Volksblad.

Rubrieke van die alledaagse lewe.

Met Laatoes word ons nie net gekonfronteer met die totale omvang van menswees nie, maar die leser besef ook hoe indrukwekkend dit is om die lewe met deernis en waardigheid te leef.

Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier; Photographs by Craig Fraser 1
R315 R250 Discovery Miles 2 500 Save R65 (21%) Within 4 - 8 working days

Die Kos Revolusie is deels 'n wetenskaplike riller en deels 'n kookboek vol heerlike resepte, maar die hoofdoel is om jou lewe te verander deur jou te leer hoe jy met jou eetgewoontes beheer kan neem oor jou gewig en gesondheid.

  • Meer energie
  • Minder (of geen) drange
  • Geen honger
  • Gewigsverlies
  • Veel beter gesondheid in elke aspek
  • Beter bloed glukose en insulien lesings
  • Verbeterde atletiese prestasie
  • Verhoogde geestelike fokus
  • Beter slaap gewoontes (minder)
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
JAN: My Franse Kosverhaal
Jan Hendrik van Der Westhuizen Hardcover R490 R381 Discovery Miles 3 810
Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik.
Johane Neilson Paperback R290 R241 Discovery Miles 2 410
Resepte
SuzelleDIY Paperback R280 R209 Discovery Miles 2 090
Armand Kook Kaal - 'n Banting- en…
Armand Aucamp Paperback R380 R299 Discovery Miles 2 990
Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie
Martjie Malan Hardcover R450 R376 Discovery Miles 3 760
Toe-Val-Lig: Die Beste Stories van…
Amore Bekker Paperback R235 R189 Discovery Miles 1 890
Die Lang Man Sonder Skaduwee - Die Karoo…
Antoinette Pienaar Paperback R260 R208 Discovery Miles 2 080
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R220 R189 Discovery Miles 1 890
Megaboere
Wynand Dreyer Paperback R250 R176 Discovery Miles 1 760
Boerekos Met 'n Twist
Annelien Pienaar Paperback  (17)
R335 R287 Discovery Miles 2 870

 

Loyalty partners