0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (86)
  • R50 - R100 (296)
  • R100 - R250 (699)
  • R250 - R500 (50)
  • R500+ (5)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback): Stefan Enslin Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback)
Stefan Enslin 1
R172 Discovery Miles 1 720 Dispatched within 10 - 15 working days

Jong Joe en Anna (albei 13) raak hartstogtelik verlief op mekaar. Maar dan tree die lewe tussenbeide en word hulle teen hul sin van mekaar geskei. Amper tien jaar later loop hulle mekaar weer onverwags raak, maar hul sterk band vanuit hul kinderdae is verlore. Sal hulle die lewe se baie hindernisse kan oorkom, en sal hulle ooit weer saam kan wees?

Dit is ’n storie oor lewe, grootword, regte en verkeerde keuses maak, vashou aan dit waarin jy glo, ouerskap en hantering van die dood. Wat egter die sterkste uitstaan, is die liefde.

Hierdie storie verken die moeilikhede wat tieners en studente daagliks in die gesig staar en leer ook jonk en oud om in liefde te glo ten spyte van hartseer.

Die Selfsugtige Songololo (Afrikaans, Paperback): Vanessa Tedder Die Selfsugtige Songololo (Afrikaans, Paperback)
Vanessa Tedder; Illustrated by Shan Fischer
R80 R63 Discovery Miles 630 Save R17 (21%) Dispatched within 4 - 8 working days

Songololo is ’n gulsige wurmpie wat gelukkig is in sy tuin maar weier om dit met enigiemand te deel. Om die waarheid te se, hy is trots daarop dat hy geen vriende het nie. Dan, op ’n rampspoedige dag, besluit ’n honger arend hy sal ’n smaaklike happie uitmaak! Sal die ander tuinwesens Songololo na al sy gemeenheid wil red? Jong lesers sal ingetrek word in die drama van hierdie verhaal van selfsug, goedhartigheid en deernis, aangevul deur verbeeldingryke en kleurryke illustrasies.

Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) In stock

Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare!

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens ’n skooluitstappie maak, tot ’n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop.

Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit dié gewilde reeks:

- ’n Nag van angs

- Die hanswors

- Teddie se geheim

Monsterrugby (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Monsterrugby (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by David Theron
R135 R116 Discovery Miles 1 160 Save R19 (14%) In stock

Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ’n regte boelie. Kort voor lank vind Ampie uit dat Max ’n nare geheim het ... Hoe gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe ster-speler in werklikheid ’n Monster is? Het jy murg of melkskommel in jou pype? Maak reg vir ’n rugbywedstryd soos jy nog nooit gesien het nie – en die verloorders gaan geeet word! ’n Heerlike aksiebelaaide storie wat jong lesers sal laat skaterlag en hulle hoendervleis sal gee!

Asterix In Korsika (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny Asterix In Korsika (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny; Illustrated by A. Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R130 R110 Discovery Miles 1 100 Save R20 (15%) Dispatched within 10 - 15 working days

Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leër op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar …

Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Thomas@skaduwee.net (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Thomas@skaduwee.net (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Dispatched within 5 - 13 working days

Thomas se hele wereld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof, meneer Volschenk, en die twee skoolboelies, Flip en Japie, Thomas se lewe vir hom moeilik. Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk ’n geheime gesprek – twee mans beraam planne om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om ’n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop. ’n Speurtog op die internet bevestig Thomas se vermoede dat daar wel 300 jaar oue tonnels deur die stad loop. Kort voor lank is Thomas vasgevang in ’n duister onderwereld van smokkelary – en sy lewe is in gevaar. Hierdie is die tiende titel in die uiters gewilde Thomas@-reeks. Die reeks fokus sterk op tegnologie, avontuur, vriendskap en tienerromanse – en seuns en meisies vind ewe sterk daarby aanklank. Twee seisoene van ’n TV-reeks gegrond op die boeke is onlangs op kykNET uitgesaai.

Citygirl En Die Swart Hings (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Citygirl En Die Swart Hings (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Dispatched within 12 - 20 working days

Nicole was min lus om die vakansie saam met haar ma Weskus toe te kom. Sy wou liewer by die huis bly om Golden Acres, dié ryskool in Pretoria, se perdespringkursus by te woon.

Hoe sleg gaan haar vakansiefoto’s nie afsteek teen Chané se Mauritius-foto’s nie? En wat gaan sy heeldag doen tussen ’n klomp mariene bioloë wat net oor hulle navorsing kan praat?

Maar die Weskus is ’n verrassende plek . . .

Onder My Vel - Die Storie Van Hoe Ons Velkleur Begin Verander het (Afrikaans, Paperback): Sindiwe Magona, Nina G. Jablonski Onder My Vel - Die Storie Van Hoe Ons Velkleur Begin Verander het (Afrikaans, Paperback)
Sindiwe Magona, Nina G. Jablonski; Illustrated by Lynn Fellman
R125 R108 Discovery Miles 1 080 Save R17 (14%) In stock

When we meet someone, one of the things we notice is the colour of their skin. But what can someone's skin colour tell us about them? Despite what some people say, your skin means very little! Inside we're all the same.

Join Njabulo, Aisha, Tim, Chris and Roshni as they discover why humans have different skins, and how people's thinking about skin colour has changed throughout history. Skin We Are In is a celebration of the glorious human rainbow, both in South Africa and beyond.

One of South Africa's best-selling authors, Sindiwe Magona, has teamed up with well-known American anthropologist, Nina G. Jablonski, and award-winning illustrator Lynn Fellman to create a much-needed book about race and skin colour – for children. Magona has written a story of five friends as they explore and discuss the skin they are in. The scientific narrative, written by Jablonski, expands and supports the conversation topics generated by the children's adventure.

Liefde Is 'n Sprokie... (Afrikaans, Paperback): Santie Nel Liefde Is 'n Sprokie... (Afrikaans, Paperback)
Santie Nel 1
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Dispatched within 12 - 20 working days

’n Bundel unieke kort liefdesstories wat tienerlesers sal wegvoer na ’n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op ‘n bekende sprokie of feëverhaal gebaseer – maar met ’n heerlike moderne kinkel.

Talia is so tuis in die water soos ’n meermin. Maar Erik, met sy blonde hare en blou oe, sorg dat sy sukkel om op haar diepseeduikkursus te konsentreer . . .

Cara het ’n ogie op verlede jaar se hoofseun , maar sy kan tog nie help om die nerdy nuwe ou, Pierre Prins, se diep, groen oë agter sy dik brilglase raak te sien nie . . .

Van die eerste dag wat Wolfgam vir Vlam van Huten raakgesien het, is sy nie net in sy kop nie, sy is in sy hart – daardie rooikopmeisiekind met die laggend oë wat sy nag- en dagdrome in besit geneem het. Maar sy rits net gedurig saam met daardie slymbol op sy motorfiets rond. Amika is so moeg daarvoor om die langste meisie in haar klas wees. Sy troon alewig soos ’n toring bo almal uit en die seuns spot haar alewig daaroor. Maar wanneer haar gunsteling-onderwyser voorstel dat sy by die modelskool inskryf, lyk dit of alles kan verander. Sal Adriaan haar anders sien?

Dit is maar net ’n paar van die heerlike kort romanses wat jou hart warm sal laat klop en jou weer in sprokiesliefde sal laat glo.

Emma En Die Creepy Komplot (Afrikaans, Paperback): Marianna Brandt Emma En Die Creepy Komplot (Afrikaans, Paperback)
Marianna Brandt
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Dispatched within 12 - 20 working days

Die aksiebelaaide opvolg op Emma En Die Geheime Gang.

Die skool en koshuis op Kosterkloof het weer na normaal teruggekeer ná die skoolhoof se komplot om kinders se DNA aan ruimtewesens te verkoop, oopgevlek is. Die kinders word nou aangemoedig om gesond te eet en ook sport te beoefen. Emma kom egter gou agter dat die blou koelsakke wat die onderhoof in die middel van die nag kombuis toe dra, nie die rugbyspan se koeldranke bevat soos hy beweer nie. En wat het die nuwe hoteleinenaar, die Plottenboers, Jori Appelgryn en die Snopkes, wat steeds in die tronk sit, met mekaar te doen?

Emma besluit natuurlik om ondersoek in te stel, maar niks kan haar en Zoltan egter voorberei vir die gruwelike fonds wat hulle een aand in die koelsakke ontdek nie . . .

Huppelkind (Afrikaans, Paperback): W.O. Kuhne Huppelkind (Afrikaans, Paperback)
W.O. Kuhne
R245 R211 Discovery Miles 2 110 Save R34 (14%) Dispatched within 12 - 20 working days

Die klassieke Huppel-stories is weer beskikbaar in een pragtige bundel. Wie onthou die Slaapkouse en die Nuuskierige Agies wat moet help dat Storieman sy storie vertel in Wip-Huppel-Wip? In Vrolike Huppelkind besoek hy saam met Fiefman die Land van Wol en Hare, en wanneer Huppel verjaar, kry hy 'n regte koekoek in 'n klok! Die kleurvolle, komiese karakters en die vrolike Huppel, tesame met Dorothy Hill se bekoorlike illustrasies, steel kinders se harte sommer gou weer in 2018.

Mpumi's Magic Beads (Afrikaans, Paperback): Lebohang Masango Mpumi's Magic Beads (Afrikaans, Paperback)
Lebohang Masango
R100 R86 Discovery Miles 860 Save R14 (14%) In stock

The beads jingle and jangle and sparkle. The girls giggle with glee! Mpumi and her friends discover magic in her hair and what begins as an ordinary school day in Joburg is suddenly full of adventure everywhere! Mpumi’s Magic Beads is a delightful story about friendship, self-esteem, discovery and beautiful hair in the big city of Joburg. It follows the sudden adventures of Mpumi, Asante and Tshiamo as they see the world around them from new heights and realise all of the fun waiting to be discovered outside of their classroom. This story is a great read for the whole family, especially children aged between 5 – 10 years old.

Asterix En Die Waarseer (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny Asterix En Die Waarseer (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny; Illustrated by A. Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R130 R110 Discovery Miles 1 100 Save R20 (15%) Dispatched within 10 - 15 working days

Op ’n stormagtige nag arriveer ’n geheimsinnige vreemdeling in die Galliese dorpie. Die vreemdeling maak daarop aanspraak dat hy ’n waarsêer is en voorspel dat mooiweer sal volg ná die woeste storm – en dit gebeur ook so! Die inwoners van die dorpie hang nou aan Jowaarlix se lippe en glo alles wat hy voorspel, maar Asterix is skepties. Is Jowaarlix ’n regte waarsêer of ’n bedrieër?

Asterix en die waarsêer is die 19de boek in die gewilde Asterix-reeks.

Goue Lint-Stories: Die Mooiste Verhale van Andersen (Afrikaans, Hardcover): S. R. L. Moon Goue Lint-Stories: Die Mooiste Verhale van Andersen (Afrikaans, Hardcover)
S. R. L. Moon
R200 R155 Discovery Miles 1 550 Save R45 (22%) Dispatched within 12 - 20 working days

Hierdie wonderlike boek met 13 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wêreld van Christian Andersen.

Goue Lint-Stories: Die Mooiste Stories Uit 'n Duisend en Een Nagte (Afrikaans, Hardcover): S.R.I Moon Goue Lint-Stories: Die Mooiste Stories Uit 'n Duisend en Een Nagte (Afrikaans, Hardcover)
S.R.I Moon
R200 R155 Discovery Miles 1 550 Save R45 (22%) Dispatched within 12 - 20 working days

Hierdie wonderlike boek wat 12 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan ’n skatkis van tydlose verhale.

Goue Lint-Stories: Die Mooiste Klassieke Sprokies (Afrikaans, Hardcover): S.R.I Moon Goue Lint-Stories: Die Mooiste Klassieke Sprokies (Afrikaans, Hardcover)
S.R.I Moon
R200 R155 Discovery Miles 1 550 Save R45 (22%) Dispatched within 12 - 20 working days

Hierdie wonderlike boek wat 11 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan ’n skatkis van klassieke verhale.

Haas Das se Nuuskas: Episode 6 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Haas Das se Nuuskas: Episode 6 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Dispatched within 12 - 20 working days

Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer! Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser. Die gewilde Haas Das- stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Hoe Om Jou Draak Te Tem 10: Hoe Om 'n Draak Se Juweel Te Steel (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om Jou Draak Te Tem 10: Hoe Om 'n Draak Se Juweel Te Steel (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R186 Discovery Miles 1 860 In stock

Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was 'n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Die draakrebellie het begin. Harwarrus is stoksielalleen en in ballingskap. Mense sowel as drake maak jag op hom - sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek?

Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R160 R139 Discovery Miles 1 390 Save R21 (13%) Dispatched within 10 - 15 working days

Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.

Die wêreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literêre hondeskou.

Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla – geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?

Kleuterland (Afrikaans, Hardcover): Helena J.F. Lochner Kleuterland (Afrikaans, Hardcover)
Helena J.F. Lochner
R177 Discovery Miles 1 770 Dispatched within 10 - 15 working days

Kleuterland is ‘n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters. Protea gaan dit weer publiseer in ‘n nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ‘n nuwe generasie bekend te stel. Die stories in die bundel word volgens bevatlikheid rangskik. Die langste woorde in die eerste ses stories bestaan uit slegs drie letters, die in die volgende drie stories uit vier lettes en die volgende drie uit net vyf. Gaandeweg word die woorde moeiliker en langer.

Haas Das se Nuuskas: Episode 4 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Haas Das se Nuuskas: Episode 4 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Dispatched within 12 - 20 working days

Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hienia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Haas Das se Nuuskas: Episode 3 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Haas Das se Nuuskas: Episode 3 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit 1
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Dispatched within 12 - 20 working days

Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie episode vind die groot wedloop tussen Hasie Kwassie en Skillie Skilpad plaas! Wie gaan wen? Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Haas Das Se Nuuskas: Episode 2 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Haas Das Se Nuuskas: Episode 2 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Dispatched within 12 - 20 working days

Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending ontsnap Frekie Ystervark nouliks van Hoohoeff Hiena en die diere bewonder Hasie Kwassie se nuwe hardloopskoene! Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Bomani Meerkat - Die Twee Jaloerse Meerkatte (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Bomani Meerkat - Die Twee Jaloerse Meerkatte (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg; Illustrated by Tanja Joubert
R32 Discovery Miles 320 Dispatched within 10 - 15 working days

Iets vreesliks het in die Kalahari gebeur – die meerkatte baklei onder mekaar en is nie meer een groot, gelukkige familie nie. Wat gaan Dapper Bomani doen om die vrede te herstel? Sluit by hom aan in ’n klompie nuwe avonture. Julle gaan weer vir Thandi, ’n ou vriendin, raakloop. Maar ook ’n nuwe vriend, Makhaya die Dassie. Dan is daar nog Byevanger, die dief. Lees gerus hoe Bomani met hom te werk gaan.

Haas Das Se Nuuskas: Episode 1 (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Haas Das Se Nuuskas: Episode 1 (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Dispatched within 12 - 20 working days

Almal van Menseland sal verheug wees om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. Al die ander vermaaklike karakters is ook terug; soos grootoom Flapoor Olifant, oompie Bulletjie Wildebees, Stokkina Meerkat, Hasie Kwassie, Moeder Raaf en vele meer! Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Towenaars Van Toeka
Cressida Cowell Paperback R191 Discovery Miles 1 910
Caesar se lourierkrans: Boek 18
Rene Goscinny Paperback R124 Discovery Miles 1 240
Sprokie-perde omnibus
Karen King Hardcover R164 Discovery Miles 1 640
Bomani Meerkat en Vriende Inkleurboek
Ewald Van Rensburg Paperback R20 Discovery Miles 200
Van Manenberg Met Liefde
Mike Michaels Paperback R115 Discovery Miles 1 150
Skokvlug
John Coetzee Paperback R160 R139 Discovery Miles 1 390
Die Groot Boek met Slaaptydstories
Susan Quinn Hardcover R190 R150 Discovery Miles 1 500
Die Groot Boek met Sprokies
Saviour Pirotta Hardcover R190 R150 Discovery Miles 1 500
Asterix in Spanje: 14
Rene Goscinny Paperback R124 Discovery Miles 1 240
Asterix En Die Koperpot: 13
Rene Goscinny Paperback R124 Discovery Miles 1 240

 

Loyalty partners