0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (13)
  • R100 - R250 (51)
  • R250 - R500 (50)
  • R500+ (2)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kook en Geniet

Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback): Christine Capendale Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback)
Christine Capendale
R325 R250 Discovery Miles 2 500 Save R75 (23%) In stock

Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In†Maaltye – maklike geregte vir elke dag†kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. GeÔnspireer deur mense wat graag interessante en gesonde kos eet maar nie baie tyd het vir koskook nie, het Christine Capendale verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie.

Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai 1
R375 R289 Discovery Miles 2 890 Save R86 (23%) Shipped within 7 - 15 working days

Mzanzi se beste braairesepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur die alombekende Jan Braai. As jy wil weet wat Suid-Afrikaners geniet, en hoe hulle braai, is dit die boek vir jou! Shisanyama is gepak met eenvoudige resepte met maklik bekombare bestanddele en dek alles van ou staatmakers tot vars nuwe braai-idees. Nog 'n Jan Braai-wenner.

Martelize Kook! - Jy's Genooi (Afrikaans, Paperback): Martelize Brink Martelize Kook! - Jy's Genooi (Afrikaans, Paperback)
Martelize Brink
R375 R318 Discovery Miles 3 180 Save R57 (15%) Shipped within 7 - 15 working days

RSG-omroeper en glanspersoonlikheid Martelize Brink bring vir jou die heerlikste kuierdisse. Die versameling van meer as 80 resepte strek van brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na 'n lang werkdag in haar warm kombuis geniet. Die geregte is uniek, smaaklik en suiwer genot - wie het kon dink aan beeswange of spinasie-paneer vir die eetkamertafel? Iedere resep is getoets, gekeur en verspot maklik om te maak.

Smeul - Drie Vroue, Een Kombuis (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer, Leonie Scholtz Smeul - Drie Vroue, Een Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer, Leonie Scholtz 1
R380 R322 Discovery Miles 3 220 Save R58 (15%) In stock

Braaisnoek op die kole, swartmossels met ‘n lekker brosbrood, ontbeende gevulde skaapkop, sampioenrisotto, nastergalkaaskoek, beesstertsop met ’n Thaise kinkel en oondgebakte kwartels is net ‘n paar van die verruklike resepte uit Smeul – die resultaat van drie vroue, laatnagkuiers in die kombuis en hul gunsteling resepte.

Kokkedoortjie (Afrikaans, Paperback): Errieda du Toit Kokkedoortjie (Afrikaans, Paperback)
Errieda du Toit 2
R345 R295 Discovery Miles 2 950 Save R50 (14%) In stock

Kokkedoortjie is ín kookboek vir die gesin, vir kinders en vir die kind in ons almal. Dit verweef elke dag se resepte met ín unieke bestanddeel Ė die kleurvolle verbeelding van ín kind. Dit wissel van eiernessies vir ontbyt, die beste kosblik-toebroodjies ooit, koekies vir Entrepreneursdag, trooskos, sportiewe hamburgers, piekniekslaaie, poetsbak-poedings, plaatkoekies en pannekoek. Die beoordelaars deel ook hul gunsteling resepte.

Lekker Low Carb (Afrikaans, Paperback): Sally-Ann Creed Lekker Low Carb (Afrikaans, Paperback)
Sally-Ann Creed 2
R330 R283 Discovery Miles 2 830 Save R47 (14%) In stock

Navorsing het getoon dat vir die eerste keer in die geskiedenis daar meer oorgewig mense is as mense wat nie genoeg kos het nie. Lekker Low Carb, deur die gerespekteerde dieetkundige Sally-Ann Creed van ​Die Kosrevolusie-faam, bevat gesonde, bekostigbare, praktiese resepte om ’n dieet van lae koolhidrate ’n leefstyl te maak.

Sy verduidelik wat so ’n tipe lewenstyl behels en hoe om graan, koolhidrate en suiker tot ’n minimum te beperk. Sy bepreek ook kwessies soos vesel en hoekom vroue sukkel om ’n dieet hoog in vet moeilik vind. Aan die hand van resepte vir ontbyt, kospakkies vir kinders, vingerkos, sop, gebak en selfs pizzas, hoof- en bygeregte, souse, snoephappies, koek en koekies, poeding en dranke is dit duidelik dat enigeen ’n gesonde selfgekookte ete daagliks vir ’n gesin kan voorsit om so werklik optimale gesondheid te geniet.

In geselstaal, wat dit maklik vir almal maak om te verstaan.

Katrien Se Geskenke Uit Die Kombuis (Afrikaans, Paperback): Katrien van Zyl Katrien Se Geskenke Uit Die Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Katrien van Zyl
R247 Discovery Miles 2 470 In stock

Hierdie boek bevat getoetste en vertroude resepte vir smullekker geskenke uit jou eie kombuis - vir koeke, poffertjies, terte, snoephappies en vulsels met verskeie variasies, tesame met etlike laekoolhidraat-, hoevetresepte vir die wat spesiale diete volg (Banting, keto, paleo, glutenvry, suikervry). Baasbakker Katrien van Zyl fokus hoofsaaklik op maklike, flatervrye resepte wat vinnig gemaak kan word, sonder 'n gesoek na vreemde bestanddele. Die moeiliker tegnieke word stapsgewys met duidelike foto's geillustreer wat dit doenbaar maak vir enigiemand wat aanwysings kan volg. Katrien deel ook idees vir die verpakking van die lekkernye, en verduidelik hoe jy houers kan herwin en versier om by enige geleentheid te pas. Daar is hope praktiese wenke en inligting oor hoe lank hierdie geskenkies by kamertemperatuur vars bly, asook hulle vriestydperk. Dit is ideaal as jy reeds lank voor 'n geleentheid wil begin bak en brou. Die boek is ryklik geillustreer met pragfoto's wat demonstreer dat van die mooiste geskenke uit jou kombuis kan kom. Dit bevat werklik iets vir almal, of jy nou die een is wat die bakwerk doen, of die een aan die ontvangkant van 'n heerlike, keurig verpakte smulhappie.

Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier; Photographs by Craig Fraser 1
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) In stock

Die Kos Revolusie is deels 'n wetenskaplike riller en deels 'n kookboek vol heerlike resepte, maar die hoofdoel is om jou lewe te verander deur jou te leer hoe jy met jou eetgewoontes beheer kan neem oor jou gewig en gesondheid.

  • Meer energie
  • Minder (of geen) drange
  • Geen honger
  • Gewigsverlies
  • Veel beter gesondheid in elke aspek
  • Beter bloed glukose en insulien lesings
  • Verbeterde atletiese prestasie
  • Verhoogde geestelike fokus
  • Beter slaap gewoontes (minder)
Recce-Resepte: Vir Kos, Die Bos, Die Lewe - Volume 1 (Afrikaans, Paperback): Justin Vermaak, Douw Steyn Recce-Resepte: Vir Kos, Die Bos, Die Lewe - Volume 1 (Afrikaans, Paperback)
Justin Vermaak, Douw Steyn
R250 R205 Discovery Miles 2 050 Save R45 (18%) Shipped within 4 - 8 working days

As die Recces die dag in die bos in stap, slaan die luislange, die aasvoŽls en selfs die leeus op die vlug. Wat jy kan vang, kan jy eet, sÍ diť manne.

Recce-Resepte: Vir Kos, Die Bos, Die Lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinnige Spesiale Magte-operateurs. Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit ’n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur verskaf en selfs hoe om ’n leeu kaalhand van ’n karkas te verjaag. AasvoŽlsop, enigiemand? Of wat van vlieŽnde vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg?

Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland. Hulle verklap boonop hul unieke filosofie – bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding!

Of staan opsy, want die Recces kom verby.

Weg! Kuier Om Die Kole - 'n Keur van Weg! se Lekkerste Braairesepte (Afrikaans, Paperback): Aletta Lintvelt Weg! Kuier Om Die Kole - 'n Keur van Weg! se Lekkerste Braairesepte (Afrikaans, Paperback)
Aletta Lintvelt
R330 R270 Discovery Miles 2 700 Save R60 (18%) Shipped within 4 - 8 working days

Weg! is een van Suid-Afrika se gewildste reistydskifte – nie net weens hul uitstekende kampwenke en foto’s van eksotiese bestemmings nie, maar ook weens hul heerlike, betroubare resepte.

In Kuier om die kole bring ons Weg! se beste braairesepte en -idees byeen: geregte wat perfek is vir die kampvuur of tuis-braai. Die gewilde foodie en Weg! se kosredakteur Aletta Lintveld het diť tydskrif se lekkerste braairesepte gekies – alles nou in een band byeen. Kuier om die kole is sonder fieterjasies, met heerlike kosidees vir 2019.

Hoofstukke bevat idees vir

- die braairooster;

- potjiekos;

- bykosse en slaaie; en

- brode en braaibroodjies.

Weg! het meer as 55 000 lesers en die tydskrif se Facebook- blad het meer as 107 000 lede.

Die Kos Revolusie: Superkos vir Superkinders (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Jonno Proudfoot, Bridget Surtees Die Kos Revolusie: Superkos vir Superkinders (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Jonno Proudfoot, Bridget Surtees
R330 R262 Discovery Miles 2 620 Save R68 (21%) Shipped within 4 - 10 working days

Die Kos Revolusie het die wereldwye vetsug-epidemie aangespreek met 'n revolusionere benadering tot eet: Dit het diepgewortelde oortuigings uitgedaag, was (en bly steeds) 'n rekordverkoper regoor Suid-Afrika, en het mense se lewens verander. Met Superkos vir superkinders beoog die skrywers 'n revolusie in kindervoeding. Hulle glo dit is tyd om die kindervoedselbedryf sowel as ons uitgediende aannames daaroor uit te daag – tyd om ons kinders die beste voeding en die beste wegspring in die lewe te gee. Superkos vir superkinders is nie 'n banting-kookboek nie, en gaan nie oor ‘geen-koolhidrate’ voeding vir kinders nie. Maar deur 'n ‘ware kos’ eetplan wat laag in suiker en verfynde koolhidrate is, te bepleit, verteenwoordig dit Die Kos Revolusie se volgende stap om die wereld te verander. (Nog meer sal volg!)

Welgedaan! (Afrikaans, Paperback): Annette Human Welgedaan! (Afrikaans, Paperback)
Annette Human
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie lekkerlees-kookboek bevat 170 resepte vir tradisionele en eietydse geregte wat geskik is vir gewone gesinsetes en vir die onthaal van gaste. Die uitgangspunt is 42 spyskaarte wat om verskillende soorte hoofgeregte gerangskik is: geregte met vleis, vis, pasta, eiers, groente, slaai, sop en brood. Die resepte is ekonomies en bevat alledaagse bestanddele wat in die mees huise se koskaste gehou word. Die resepte word duidelik uiteengesit sodat hulle ook vir die beginner geskik is. Daarbenewens verduidelik die knapvatstappe by elke spyskaart hoe te werk gegaan moet word sodat al die kos gelyk op tafel kan kom, iets wat vir die onervare kok maar 'n probleem kan wees!

Skoon & Skraal Dieet - Die Trefferboek Oor Hoe Om Jou Liggaam Volmaak Te Vorm (Afrikaans, Paperback): James Duigan Skoon & Skraal Dieet - Die Trefferboek Oor Hoe Om Jou Liggaam Volmaak Te Vorm (Afrikaans, Paperback)
James Duigan
R219 Discovery Miles 2 190 Shipped within 10 - 15 working days

Toe James Duigan - 'n top-afrigter van glanspersone - se Clean & Lean Diet die eerste keer op die rakke beland het, was dit dadelik 'n topverkoper. Die boek is nou heeltemal hersien en bygewerk, met: splinternuwe resepte; die nuutse wenke en raad; nuwe en verbeterde 'Sleg, Beter, Beste'-tabelle - iets wat eie is aan Duigan. Skoon & Skraal is eenvoudig en doeltreffend: jy hoef nie kaloriee te tel of ingewikkelde reels te volg nie. Jy word eers gehelp om 'Skoon' te kom deur 'n buigsame 14-dag-detoks- en eetprogram te volg, en dan gewys hoe om 'Skraal' te word deur jou liggaam te vorm met maklike oefeninge wat werk.

Kolwyntjies Met Skop - Meer as 50 Soet Versoekings Met 'N Beskonke Vonk (Afrikaans, Paperback): Simone Balman Kolwyntjies Met Skop - Meer as 50 Soet Versoekings Met 'N Beskonke Vonk (Afrikaans, Paperback)
Simone Balman
R173 Discovery Miles 1 730 Shipped within 10 - 15 working days

Slegs volwassenes ...Dis kostelik om te sien hoe iemand wat 'n happie neem van wat op die oog af soos 'n doodgewone kolwyntjie lyk en dan uitvind dat dit eintlik 'n kinkel in die vorm van 'n gewilde drankie bevat, se gesig ophelder. Die skrywer van Kolwyntjies met skop het baie jare in die buiteland deurgebring waar haar man gewerk het, en daar begin eksperimenteer met kolwyntjies wat alkohol in verskeie vorms bevat. Sy kon sommer gou skaars voorbly om in die vraag daarna te voorsien. Hierdie versameling resepte is deeglik getoets, verfyn en waar nodig aangepas om te verseker dat hulle feitlik flatervry is. Sommige kolwyntjies se versiering bevat likeur, by ander is daar wyn of bier in die beslag self, en by verskeie word jou hap na die middel toe beloon met 'n verleidelike, loperige binnekant van die gewildste skemerkelkies. Stap-vir-stap-aanwysings verduidelik presies hoe elke kolwyntjie gemaak word, en hoewel dit in hierdie boek nie gaan oor koekversiering as sodanig nie, sluit die skrywer fantastiese idees in om die kolwyntjies so op te dollie dat dit so 'n ietsie van die ongewone aard daarvan weerspieel. Die lieflike volbladfoto's van elke baksel kolwyntjies sal selfs die traagste bakker aanspoor om die resepte op die proef te stel, en die nuttige wenke wat deurgaans verskyn, sal help om sukses te verseker. Daar is ook heelwat voorstelle vir alternatiewe en aanbevelings vir plaasvervangers as jy nie spesifieke drankies in die drankkabinet het nie. Met omskakeltabelle, basiese inligting oor kolwyntjies en feite oor alkohol en hoe dit in beslag en versiersuiker reageer, het jy toegang tot alles wat jy moet weet om jou eie kolwyntjies met skop te bak. Of jou gunstelingdrankie Pina Colada of blos-vonkelwyn, Mai Tai of chardonnay is, hierdie boek wil jy he - laatmiddagtee sal net nooit weer dieselfde wees nie!

Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover): Betsie Rood Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover)
Betsie Rood 1
R239 Discovery Miles 2 390 Shipped within 10 - 15 working days

ín Omvattende versameling kleurfoto's, beskrywings en resepte met as bestanddeel plante wat eetbaar is en/of eetbare vrugte dra en inheems in Suid-Afrika voorkom. Resepte vir wildepruimjellie en kalbas-visbredie sal dalk jou mond laat water, maar die boek is ook 'n kultuurhistoriese rekord van 'n leefwyse van eenvoud wat al so te se uitgesterf het. Betsie Rood was 'n welbekende navorser-skrywer en kenner van kos en medisyne uit die natuur. In haar leeftyd het sy ook verskeie kookboeke die lig laat sien, onder andere Betsie Roodís 101 traditional South African recipes.

Bruidspare In Suikerkuns - Twintig Projekte (Afrikaans, Paperback): Katrien van Zyl Bruidspare In Suikerkuns - Twintig Projekte (Afrikaans, Paperback)
Katrien van Zyl
R80 Discovery Miles 800 Shipped within 10 - 15 working days

Katrien van Zyl deel vars, oorspronklike idees vir maklike bruidspare om op troukoeke te gebruik. Kies uit verskeie kombinasies, gelaatstrekke, haarstyle en bykomstighede en skep iets wat soos die bruidspaar lyk vir wie die koek bedoel is. 20 projekte met hope variasies; Duidelike stap-vir-stap aanwysings; Maklik om te maak en by die spesifieke bruidspaar te laat pas.

'n Tafel Vir Elke Geleentheid - Tafeluitleg, Fokuspunte, Resepte, Selfdoenprojekte, Blomme (Afrikaans, Paperback): Fransie... 'n Tafel Vir Elke Geleentheid - Tafeluitleg, Fokuspunte, Resepte, Selfdoenprojekte, Blomme (Afrikaans, Paperback)
Fransie Snyman, Katrien van Zyl, Wilsia Metz 1
R256 Discovery Miles 2 560 Shipped within 10 - 15 working days

Dit bevat volledige planne met tafelversierings, blomme en alles anders wat nodig is om tafels vir 25 verskillende geleenthede te dek, asook meer as 50 watertandlekker resepte en aanwysings om tafelelemente soos servetringe, naamkaartjies, plekmatjies, geskenkboksies en ander dekoratiewe bykomstighede te maak. Praktiese inligting oor basiese beplanning, van die samestelling van inspirasieborde en idees vir ongewone onderborde tot die uitsoek van musiek en die volmaakte gasgeskenk, word aangevul deur uitgebreide fotobyskrifte wat die leser vertel hoe om alles na te doen. Die resepte is in 'n afsonderlike afdeling, gevolg deur aanwysings en patrone vir selfdoenprojekte wat nie volledig in die byskrifte gedek kon word nie. Daar is ook 'n oorvloed wenke en voorstelle vir eenvoudige aanbiedingstegnieke, die skedulering van take sodat jy die geleentheid saam met jou gaste kan geniet, en maniere om jou persoonlike stempel op alles af te druk.

Katrien Se Koeke - Smullekker Resepte En Oorspronklike Sjokoladeversierings (Afrikaans, Paperback): Katrien van Zyl Katrien Se Koeke - Smullekker Resepte En Oorspronklike Sjokoladeversierings (Afrikaans, Paperback)
Katrien van Zyl
R173 Discovery Miles 1 730 Shipped within 10 - 15 working days

Katrien is dol oor sjokolade en gebruik dit as versiering vir koeke omdat dit so 'n veelsydige medium is. In hierdie boek wys sy jou hoe om pragtig versierde koeke te skep: vars, eietyds, prettig en onweerstaanbaar. Daar is tegnieke en idees vir almal, of jy nou sommer 'n klaargemaakte koek koop en versier of met sorg jou eie heerlike koek bak volgens die resepte in die boek, of jy net vir spesiale geleenthede iets bak, of daagliks oonde vol koeke vir 'n tuisbedryf kafdraf. Met meer as 20 oorspronklike koekontwerpe, asook klein sjokoladeversierings, minikoeke en kolwyntjies, alles stap vir stap gedemonstreer, kan jy maklike leer hoe om jou eie meesterstukke te skep. Katrien deel wenke en kortpaaie wat sy met jare se eksperimente ontdek het. Die koekresepte is deeglik getoets, en saam met die smullekker vulselresepte met riglyne vir die vermeerdering van bestanddele na gelang van jou behoefte, asook patrone vir die versierings, maak dit van hierdie boek 'n onmisbare gids vir almal wat graag bak. Die inhoud dek die volgende: Basiese tegnieke; gereedskap; soorte sjokolade; hoe om met sjokolade te werk; die vul en bedek van koeke; hoe om koeke te stapel; koekbordversiering; ontwerpe; basiese resepte; porsiegids; vervoer en bere; uitmekaarhaal en sny; patrone. Die pragfoto's laat reg geskied aan die pragkoeke wat elkeen daarvan getuig dat koekbak 'n kunsvorm geword het. Die projekte is gegradeer van maklik tot gevorderd, dus is daar iets vir almal.

Katrien Se Kreatiewe Koeke - Smullekkerresepte En Oorspronklike Handwerkversierings (Afrikaans, Paperback): Katrien van Zyl Katrien Se Kreatiewe Koeke - Smullekkerresepte En Oorspronklike Handwerkversierings (Afrikaans, Paperback)
Katrien van Zyl
R205 Discovery Miles 2 050 Shipped within 10 - 15 working days

Hierdie boek wys jou hoe om gewilde kunshandwerktegnieke in koek-versiering toe te pas en met behulp van fondantversiersel, modelleer-pasta, sjokoladedeeg, botterversiersel, ganache en harde versiersel eetbare handwerkitems te skep. Of jy nou 'n bakker of koekversierder is wat nuwe tegnieke wil aanleer om in jou koekversiering te gebruik, of 'n handwerker wat graag wil leer koekbak en -versier, hier is vir elkeen iets van waarde. Katrien werk met plaatkoeke (reghoekige enklellaag-koeke) as basis sodat die koekvorm eenvoudig is en jy kan fokus op die handwerktegnieke wat vir versiering gebruik word. Die koek is die skoon skilderdoek waarop kunswerk geskep word. Die inspirasie vir die versiering kom van papierkuns, mosaiek, borduurwerk, lapdrukwerk, kwlit- en appliekwerk en enige handwerk waaraan jy kan dink. Daar is 18 koekprojekte, plus minikoeke, wat van begin tot einde stap vir stap verduidelik word sodat jy daarvolgens self kreatiewe koeke kan skep. Laaste, maar nie die minste nie, is daar getoetste en flatervrye resepte vir koeke, botterversiersel, ganache en fondantversiersel, asook ontwerpe wat jy vir jou koeke kan gebruik.

Swiets - Lekkers Van Toeka (Afrikaans, Paperback): Simone Balman Swiets - Lekkers Van Toeka (Afrikaans, Paperback)
Simone Balman
R186 Discovery Miles 1 860 Shipped within 10 - 15 working days

Daar is tans 'n groot herlewing in tuisgemaakte en handgemaakte produkte. Mense beweeg weg van "fabrieksgoed" en keer terug na die smake en geure van hul kinderdae. Hierdie boek is 'n ontdekkingsreis na die wereld van toeka se lekkergoed - onder die resepte is vele ou gunstelinge asook party wat herontdek is of geskep is deur 'n kombinasie van retro-geure. Waar moontlik is die gees van die oorspronklike lekkergoed behou, maar daar is ook 'n paar nuwe interpretasies vir die moderne kok. Dit is wat die boek bied: Noodsaaklike inligting oor toerusting, benodigdhede en tegnieke; Hope wenke en praktiese raad; Meer as 50 flatervrye resepte vir toffies, tameletjie, fudge, gevulde sjokolade, truffels, malvalekkers, nouga, suigstokkies, jellielekkers en veel meer; Idees vir versiering, en verpakkingsvoorstelle. Hier is genoeg besonderhede om 'n beginner aan die kook te kry en heelwat nuwe idees om gesoute lekkergoedmakers te inspireer. Die manjifieke foto's van die verskillende lekkergoed sal jou vir seker laat kwyl en aanspoor om die suiker aan die kook te kry. Of jy hierdie soete verleiding vir vriende en familie maak of om by handwerk- en plaasmarkte te verkoop, hierdie boek sal jou help om sukses te smaak. Almal verdien mos nou en dan 'n soetigheidjie.

Tuis Kos 3-Boek Bundel (Afrikaans, Paperback): Tuis Kos 3-Boek Bundel (Afrikaans, Paperback)
R799 R625 Discovery Miles 6 250 Save R174 (22%) In stock

Hierdie 3 resepteboeke sal jou inspireer om kos met liefde te maak. Vinnig, maklik en lekker!

Lekker Vir Later Plus - Annette Human
Lekker Vir Later Plus is ’n allesomvattende kookboek oor bottel en bÍre. Die boek bevat nie net konfyte en ingemaakte groente nie, maar sluit ook ander vorme van preservering in soos biltong, beskuit en vrugtekoeke – voorwaar die Suid-Afrikaanse A–Z van preservering. Die boek bevat Annette se persoonlike versameling resepte asook nuwe lekkernye en beproefde gunstelinge van familie en vriende.

Maklike Maaltye Uit Nina Se Kombuis - Nina Timm
Maklike maaltye uit Nina se kombuis is sonder pretensies en sowaar ’n tuisvoelboek. Soos die titel noem, maak Nina kosmaak maklik deur bekostigbare, plaaslik beskikbare bestanddele en resepte te gebruik wat ieder en elk sal inspireer om kos met liefde te maak. Met meer as 100 resepte is daar iets vir almal – vanaf happies en heerlike etes vir die boekklub, nuwe kinkels in gewone braairesepte, ’n vleishoofstuk wat hoender, bees, lam, vark en seekos dek tot sop, vegetetariese etes, soet happies en idees vir markdag! Die resepte is maklik om te volg en word gekomplementeer deur pragtige kos- en leefstylfotograwwe. Maklike maaltye uit Nina se kombuis is ’n resepteboek wat sal verseker dat die familie en vriende terugkeer vir nog. Soos Nina se, is liefde die sleutelbestanddeel van elke suksesvolle maaltyd.

Tuis Kos Uit Die Tuin - Sonja Jordt
Tuis Kos uit dieTuin is 'n versameling van 100 resepte met groente of vrugte as een van die hoofbestanddele. Dis maklik en bekostigbaar, en die lekkerte is dat jy die groente en vrugte in jou eie agterplaas kan plant. Ons wys jou hoe om jou lappie grond voor te berei en te bewerk, gee plant- en oeswenke asook inligting oor die voedingswaarde van elke groente- en vrugtesoort.

My Gunsteling Resepte (Afrikaans, Paperback): Siphokazi Mdlankomo My Gunsteling Resepte (Afrikaans, Paperback)
Siphokazi Mdlankomo
R219 Discovery Miles 2 190 Shipped within 10 - 15 working days

In My gunsteling-resepte deel sy haar lieflingresepte - van die eenvoudige botterbroodjies en gemmerbier wat sy jare gelede by haar ma leer maak het, tot watertandlekker beesstert, gebakte pere met kaneel en room en ander heerlikhede wat sy op pad na die MasterChef-finale ontwikkel het. Al die resepte, van smullekker souse en doopsouse, verleidelike nageregte en maklike eenskottelgeregte tot tradisionele gunstelinge en gesofistikeerde samesmeltings, word gekenmerk deur haar eiesoortige kombinasie van geure en bestanddele. Lieflike volbladfoto's van die voltooide geregte sal enigeen se mond laat water en aanspoor om sommer dadelik die resepte op die proef te stel.

Verskombuis (Afrikaans, Paperback, illustrated edition): G. Weideman Verskombuis (Afrikaans, Paperback, illustrated edition)
G. Weideman
R58 Discovery Miles 580 Shipped within 10 - 15 working days

Met verskombuis lewer George Weideman 'n kombinasie: Poesie en kos praat hier saam, met en oor mekaar om 'n watertandlekker veelgangmaaltyd te bied vir die fynproewer van voedsel en vers. Die resepte is oorwegend deur die digter self ontwikkel en tussen die proe en probeer deur neergeskryf - doudagdisse, hoofdisse en toekos, slaaieen agteroppies. Die bundel word afgesluit met 'n besondere vyftal outydse poedingresepte wat uit die kookboekie van ene Anna Maria Kersop met die datum 1879 oorgeneem is. Die verse uit Weideman se kombuis handel soms die heerlike bestanddele soos granate, eiervrug, sampioene, dadels en turksvye, soms oor besondere geregte, soms oor goeters wat in die kombuis gebruik word ("Tot lof van die lepel"), soms oor eksotiese geregte soos Imam Bayildi en borsjt, maar soms ook baie gewone lekkertes uit die kombuis, soos "Opstaankoffie", "Aanbrandsel" en "Broodbak". En wie sou nou kon raai dat 'n kalbaspampoentjie soveel stuitigheid kan oplewer? Verskombuis is 'n bundel wat proe-proe met keurige wyn geniet kan word, maar soms ook met groot happe verslind sal kan word!

Boeresjiek - Kuierkos Uit 'n Plaaskombuis (Afrikaans, Hardcover): Nicky Brecher Boeresjiek - Kuierkos Uit 'n Plaaskombuis (Afrikaans, Hardcover)
Nicky Brecher
R219 Discovery Miles 2 190 Shipped within 10 - 15 working days

Elke dis, van eg tradisioneel tot heerlik eietyds, het Nicky se spesiale afronding, verrassingsbestanddeel of eiesoortige opdienvoorstelle wat die boek se inhoud vars en aanloklik hou. Die resepte is deeglik getoets en aan vriende en familie voor-gesit vir finale goedkeuring en het telkens die toets met vlieende vaandels geslaag. Lieflike kleurfoto's van bykans elke dis dien as inspirasie om sommer dadelik die resepte op die proef te stel. Foto's van die plaas in Pongola waar die skrywer woon, vertel so tussen die resepte deur meer oor die lieflike omgewing om die leser soos 'n spesiale kuiergas te laat voel. Alles, van peuselhappies tot soetgoed, is watertandlekker - en al die ou gunstelinge is daar, dikwels met 'n kinkel.

Landbou Boerekos - Van Die Plaas Na Die Tafel (Afrikaans, Paperback): Arina du Plessis Landbou Boerekos - Van Die Plaas Na Die Tafel (Afrikaans, Paperback)
Arina du Plessis
R330 R283 Discovery Miles 2 830 Save R47 (14%) In stock

Landbou Boerekos is 'n boek wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Diť boek is ingedeel volgens plaasprodukte en bevat 'n magdom resepte met appels, aartappels, bessies, dadels, droŽbone, hoender, kool, druiwe, eiers, om maar 'n paar te noem, as hoofbestanddeel. Dit is volgeprop met tydlose Boerekosresepte en bevat meer as 100 resepte vir alles van Varkskenkelpastei en liplekker beesstert tot ’n verskeidenheid nageregte en gebak.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis
Cass Abrahams Paperback R149 Discovery Miles 1 490
Smulkos - 100 Watertand Resepte
Esther Malan Paperback R290 R229 Discovery Miles 2 290
Gramadoela-Kos
Rita Van Dyk Paperback R250 R197 Discovery Miles 1 970
Boerekos Met 'n Twist
Annelien Pienaar Paperback  (17)
R350 R275 Discovery Miles 2 750
Low Carb Is Lekker
Ine Reynierse Paperback  (5)
R250 R197 Discovery Miles 1 970
Kaap, Kerrie & Koesisters
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Paperback R330 R250 Discovery Miles 2 500
Brekfis - Met Derrich En Adelie
Derrich Gardner, Adelie Uys Paperback  (3)
R36 Discovery Miles 360
Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik.
Johane Neilson Paperback R290 R237 Discovery Miles 2 370
Laat die Potte Prut
Via Paperback R275 R215 Discovery Miles 2 150
Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie
Martjie Malan Hardcover R450 R376 Discovery Miles 3 760

 

Partners