0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R50 - R100 (27)
  • R100 - R250 (99)
  • R250 - R500 (25)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Nuwe Vrystellings

Neil Tovey - A Captain's Journey (Afrikaans, Paperback): Ernest Landheer Neil Tovey - A Captain's Journey (Afrikaans, Paperback)
Ernest Landheer; Foreword by Clive Barker, Kaizer Motaung
R230 R165 Discovery Miles 1 650 Save R65 (28%) In stock

South Africans of all races remember the moment when Neil Tovey raised the Africa Cup of Nations trophy in 1996, with Nelson Mandela at his side wearing his number 9 jersey. It still represents South Africa’s greatest success in international football.

In his long-awaited autobiography, Tovey tells his fascinating life story, describing his modest upbringing in Durban, his entry into a mainly black sport in a deeply segregated 1980s South Africa, and his time as captain of Kaizer Chiefs and Bafana Bafana. He recalls his introduction to ‘muti’ rituals by team members and his growing popularity among Chiefs supporters, who nicknamed him Mokoko (boss chicken). Tovey also writes about his experiences as a coach and as technical director of the South African Football Association (SAFA), and shares his insights about the state of the sport today. He talks frankly about his family life and about surviving two heart attacks, and gives insights into leadership and success.

This book will appeal to all football fans, but it is also a fascinating story of a man who has lived a truly South African life.

Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback): Kanker Rust Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback)
Kanker Rust
R265 R209 Discovery Miles 2 090 Save R56 (21%) In stock

Die oorlewingstog van 'n dapper vrou.

“ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.”

In hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewêreld van dié wat teen die siekte veg.

Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.

Kaap, Kerrie & Koesisters (Afrikaans, Paperback): Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Kaap, Kerrie & Koesisters (Afrikaans, Paperback)
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien
R330 R250 Discovery Miles 2 500 Save R80 (24%) In stock

In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n tradisionele Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir koskook en bak by hulle te kweek.

Die susters glo aan lekker huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hulle geliefde oorlede moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie spesiale geleenthede! Wat is dan nou lekkerder as ’n pot tradisionele gheemakerrie, of Fatima se alombekende kerrievis, akni, dhaltjies en piesangbrood? En probeer gerus Gadija se sambals, smoortjies en bredies met die geurigste speserye.

Met afdelings soos sop, bredies, poedings, vleis, vis, koeke en gebak is die boek beslis ’n moet vir elke Kaaps-Maleise lekkerbek – en elkeen wat nog altyd meer wou weet van die Kaaps-Maleise kookkuns!

Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback): T J Strydom Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback)
T J Strydom
R290 R229 Discovery Miles 2 290 Save R61 (21%) In stock

Op sy dag eienaar van ’n diamantmyn, ’n wynplaas én die duurste huis in Kaapstad. Voorsitter van Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar. Direkteur van die Reserwebank, en die rykste man in die land.

As jong man het Christo Wiese sy tande by Pep Stores geslyp. Mettertyd bou hy ’n magtige sakeryk op, wat Shoprite en ’n rits ander maatskappye insluit. Sy wenresep: ’n eindelose liefde vir transaksies, ’n vreeslose aptyt vir risiko en ’n oog vir ’n winskopie. Dié sjarmante sakeman was nog nooit bang om ’n kans te waag nie. Die berekende risiko’s wat hy oor 50 jaar neem, maak hom hoogs suksesvol. Tot hy die meubelgroep Steinhoff teëkom, en dinge lelik skeefloop. Sakejoernalis en skrywer TJ Strydom vertel die verhaal van een van Suid-Afrika se bekendste sakereuse op ’n vars, pakkende manier.

“Boeiend. Beide sprokie én raadsaalriller.” – Waldimar Pelser

“’n Treffende, insiggewende werklikheidstorie oor die mens Christo Wiese – van kleinbegin tot dealmaker en sakereus.” – Freek Robinson

“’n Fabelagtige, meesleurende leeservaring . . . ” - Peter Bruce

Stiltetyd (Afrikaans, Paperback, Herdruk): Marita van der Vyfer Stiltetyd (Afrikaans, Paperback, Herdruk)
Marita van der Vyfer
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) In stock

Die Kapenaars Hester Human en haar argitekman, André, het besluit om ’n verwaarloosde huis op ’n plattelandse dorp in Frankryk te koop en te restoureer as ’n vakansiehuis. ’n Jaar in Provence sal hulle en hul twee kinders, Manon en Emile, net goed doen.

Maar net voordat hul jaar in Provence aanbreek, gebeur daar iets tragies wat die Humans se lewe vir altyd verander.

Die huisrestourasie gaan voort, maar die gesin spartel om te verwerk wat gebeur het.

Asterix In Korsika (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny Asterix In Korsika (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny; Illustrated by A. Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R130 R110 Discovery Miles 1 100 Save R20 (15%) Shipped within 10 - 15 working days

Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leër op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar …

Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Bloedlelie (Afrikaans, Paperback): Jeanette Ferreira Bloedlelie (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Ferreira
R295 R229 Discovery Miles 2 290 Save R66 (22%) Shipped within 5 - 13 working days

In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat 100 man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer. Die afloop van hierdie sending na Dingaan is wyd opgeteken as die Slag van Bloedrivier.

Byna 180 jaar later is Hanna op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie. Bitter min is bekend oor Magdalena en haar lewe ná 1838, buiten haar brief in 1841 aan haar skoonfamilie. In Pietermaritzburg staan haar huisie vandag nog, nou ’n klerewinkel.

Kort voor haar dood in 1854 besoek ’n handelaar haar in Potchefstroom en staan in sy boek ’n paragraaf aan haar af.

Al wat ons het, is vandag en elke mens vertel ’n storie anders. Van ver af is niks soos dit vir ons lyk nie.

“Bloedlelie is ’n merkwaardige en belangrike roman uit die pen van ’n vaardige, gesoute skrywer. Verskriklike en weersinwekkende gebeure sowel as hedendaagse politieke kompleksiteite en strydpunte word met ’n seker hand uitgebeeld. Tegelykertyd is hierdie roman die verhaal van Magdalena Retief, die grootliks onbesonge vrou van Pieter Mauritz Retief.” - Helene de Kock

Smulkos - 100 Watertand Resepte (Afrikaans, Paperback): Esther Malan Smulkos - 100 Watertand Resepte (Afrikaans, Paperback)
Esther Malan
R290 R229 Discovery Miles 2 290 Save R61 (21%) Shipped within 7 - 15 working days

Smulkos is 'n splinternuwe versameling van Esther se gewilde kosblad Vat Vyf wat elke week in Huisgenoot verskyn. Die resepte wissel van geurige idees vir Ontbyt, terte & pasteie, braai, hoender, straatkos, kaggelkos na vinnige en gesonde slaaie - watertand poedings en gebak bly ook nie agterweë nie. Alles getoets in die Huisgenoot toetskombuis wat verseker dat dit keer op keer werk.

My Storiekis (Afrikaans, Paperback): Leon Rousseau My Storiekis (Afrikaans, Paperback)
Leon Rousseau; Illustrated by Linki Lutz
R285 R229 Discovery Miles 2 290 Save R56 (20%) Shipped within 7 - 15 working days

Ontdek ’n wonderwêreld van sprokies, fabels, feëverhale en dierestories in hierdie skatkis van 21 geliefde verhale vir kinders. Versamel en oorvertel deur bekende skrywer en storiemeester, Leon Rousseau, is hierdie pragtige bundel ideaal vir voorlees of vir kinders wat self lees. Van klassieke sprokies soos "Aspoestertjie", tot volksverhale soos "Die gulsige seekoei" wat vermaak met herhaling, ritme en rym, tot fabels soos "Die leeu en die muis" wat morele kwessies aanraak – hier is iets vir elkeen. Linki Lutz se toweragtige illustrasies beeld elke verhaal kleurvol en verbeeldingryk uit. "My Storiekis" is ’n kosbare versameling wat vir jare se storieplesier sal sorg.

Bennie Boekwurm se Besige Pretboek (Afrikaans, Paperback): Louise Smit Bennie Boekwurm se Besige Pretboek (Afrikaans, Paperback)
Louise Smit
R115 R89 Discovery Miles 890 Save R26 (23%) Shipped within 7 - 15 working days

Kom speel en leer saam met Bennie Boekwurm en sy maats in hierdie aktiwiteitboek met 30 lekker legkaarte, raaisels, inkleurprente en ander speletjies soos gesien in Huisgenoot se pretbladsye vir kinders. Saam met Bennie Boekwurm, Karel Kraai, Sarel Seemonster en al die oulike inwoners van die Wielie Walie-parkie is dit groot pret om kinders vir ure besig te hou!

Dagboek van 'n Wimpy Kid 11: Kluitjies Bak (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 11: Kluitjies Bak (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R126 Discovery Miles 1 260 Save R34 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken.

En asof dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai.

Sy lewe is ’n riller!

Dan ontdek hy ’n pakkie suurwurms, en dit gee hom ’n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?

Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback): Rudi Swanepoel Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback)
Rudi Swanepoel
R195 R155 Discovery Miles 1 550 Save R40 (21%) In stock

Kan eet teruggeëis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit geïsoleerd is nie, selfs al voel dit so?

Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.

Net Mooi Fine (Afrikaans, Paperback): Lanie van Reenen Net Mooi Fine (Afrikaans, Paperback)
Lanie van Reenen
R230 R175 Discovery Miles 1 750 Save R55 (24%) Shipped within 4 - 8 working days

Iets heerliks gebeur. Dis asof ek nie meer Lanie-op-’n-fiets op ’n mission is nie, maar een word met die natuur om my; of ek nog van altyd af hier was, hier hoort. Asof die lewe nog altyd eenvoudig was. Ek klim af en gaan lê op my rug en kyk deur die herfsblare wat goud aan die bome hang tot by die ysblou lug ver bo. Ek wil iets gee, iets sê…

Net mooi fine is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle boek C’est la Vie. Hierin beskryf sy wat gebeur het sedert haar hotelprojek in Frankryk gefaal het; hoe sy die nuwe realiteite van haar eie gestroopte lewe te bowe moet kom terwyl sy ook die verwerende château moet probeer red of verkoop.

Op haar pad na heling onderneem Lanie vele avonture: soms alleen per fiets, soos wanneer sy die Camino Portuguese voltooi; maar ook te voet, soos die tog na die berg Everest se basiskamp wat sy ter wille van liefdadigheid onderneem.

In hierdie ontroerende omstandighede ontstaan die vraag: Wat is die somtotaal van verlies? En hoe groot is die wins wat verlies tot gevolg kan hê as jy bewustelik daarmee omgaan, sodat ʼn mens ten slotte kan sê: “Eintlik is alles net mooi fine”?

Vrae en Feite vir Nuuskierige Agies 2 - Vir Kinders van Alle Ouderdomme (Afrikaans, Paperback): Riette Hugo Vrae en Feite vir Nuuskierige Agies 2 - Vir Kinders van Alle Ouderdomme (Afrikaans, Paperback)
Riette Hugo
R230 R175 Discovery Miles 1 750 Save R55 (24%) Shipped within 4 - 8 working days

Is jy ’n nuuskierige agie wat wil weet…

… of dinosourusse ooit gekloon sal word? Of hoeveel verf nodig is om ’n Boeing in sy kleure uit te dos? Het jy al gewonder hoekom kruisies soene simboliseer? Of waarom mans vandag steeds dasse dra? Bestaan daar nog regte hekse? En het mense mekaar met blomme gegooi tydens die Tulpoorlog?

Hierdie boek sal jou help om uit te vind of jy bietjie slimmer is as ’n sjimpansee – of dalk baie intelligenter as ’n neurochirurg! Dit gee ook wenke oor hoe om ’n entrepreneur te word. En dit vertel jou alles oor hoe DNS die eerste keer gebruik is om ’n moordenaar vas te trek.

Die legendariese opvoedkundige Riette Hugo het vir RSG antwoorde op dié vrae, en nog vele meer, saamgestel. Vrae en feite vir nuuskierige agies #2 is propvol inligting, riglyne en wenke vir kinders van alle ouderdomme wat slimmer as selfs Oupa en Ouma is.

Waarskuwing: Moenie jou boek uitleen nie! Dalk kry jy dit nooit weer terug nie.

'n Spook in die Huis - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Francios Loots 'n Spook in die Huis - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Francios Loots
R260 R199 Discovery Miles 1 990 Save R61 (23%) Shipped within 4 - 8 working days

Die spook in sy huis kry alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by ’n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook ’n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewanisaak by die nuuskantoor waar hy werk.

Die skaduwêreld van sado-masochisme kom tydens die Dewaniondersoek aan die lig: ’n wêreld goed bekend aan Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkie-broer. Wanneer die gedaante van die vermoorde Anni Dewani lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie.

Wat jaag ons, en wat maak ons vry? In ’n Spook in die huis, François Loots se sewende roman, word die kompleksiteite rondom ontvlugting en verlossing op boeiende en verrassende wyse verken.

Andre P Brink en die Spel van Liefde - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Leon De Kock Andre P Brink en die Spel van Liefde - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Leon De Kock
R350 R229 Discovery Miles 2 290 Save R121 (35%) Shipped within 4 - 8 working days

Andre P Brink En Die Spel Van Liefde is die heel eerste biografie van ’n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel García Márquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsen genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is.

In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer. Brink het meer as 50 jaar lank sy ervarings en gedagtes pligsgetrou opgeteken: hierdie notaboeke, waartoe De Kock eksklusief toegang verkry het, word nou vir die eerste maal bekend gemaak.

Die spel van liefde is ’n omvangryke biografie wat die leser ’n openhartige, onverbloemde blik gee op Brink se gedagtes en gevoelens – oor homself én ander. Brink beskryf die hoogte- en laagtepunte van sy vyf huwelike asook sy verskeie verhoudings met ’n groot aantal vroue – ’n onderwerp wat hy in sy memoir, ’n Vurk in die pad, maar slegs vlugtig bespreek. Gedurende sy leeftyd het Brink hom nie net teen die politieke bestel verset nie, maar veral ook teen tradisionele seksuele sedes.

In hierdie biografie van ’n skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkunde byna toegeken is, bekyk De Kock Brink se persoonlike, outobiografiese aantekeninge vanuit ’n kritiese, literêre oogpunt. Daarmee saam vergelyk hy die dagboeke met akademiese en ander, alledaagse bronne, waaronder getuienisse deur Brink se vriende, familie, eggenote en minnaresse. Die spel van liefde is ’n unieke, belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse lettere, maar veral ook tot navorsing oor Brink se lewe en skryfwerk.

Grondwater - Poësie (Afrikaans, Paperback): Marlise Joubert Grondwater - Poësie (Afrikaans, Paperback)
Marlise Joubert
R160 R135 Discovery Miles 1 350 Save R25 (16%) In stock

Grondwater sluit aan by die vorige bundels van die gevestigde digter Marlise Joubert, maar het ’n boustof wat getuig van ’n nuwe stel lewenservaringe wat dit laat affilieer by die groeiende tradisie in Afrikaanse laatwerk.

Dit is ’n bundel wat spreek van die spreker se terugblik op ’n leeftyd, die besef van eie sterflikheid en die ontginningsproses van die biologiese en psigologiese wortels van die mens, van die impak van ouerfigure en veral van die gestorwe moeder.

Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 3: Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Shipped within 10 - 15 working days

Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.

Die wêreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literêre hondeskou.

Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla – geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?

Strafjaart (Afrikaans, Paperback): Theo Kemp Strafjaart (Afrikaans, Paperback)
Theo Kemp
R270 R209 Discovery Miles 2 090 Save R61 (23%) Shipped within 4 - 8 working days

’n Foonoproep uit Pollsmoor laat ’n navorser se lewe kantel. Só na aan hom was die vrou wat bel dat hy algaande die biblioteek, waar hy die eerste skepe aan die Kaap bestudeer, vir dié tronk se waglokaal verruil.

Gou kom hy agter dat dié plek is nie altyd so strak soos sy tralies nie: daar is ’n eertydse skipper wat hier vetkoek verkoop; ’n vrouebewaarder met jazz in haar stem; selfs karaoke-aande in die skaduwee van die lemmetjiesdraad.

Dieper en dieper word hy ingetrek by die lewens van diegene wat wag om ín- of uítgelaat te word. Net toe hy dink hy kan met sekerheid sê wie aan watter kant van die hoë mure staan, moet hy begryp dat verdriet bodemloos is.

In Theo Kemp se Strafjaart vervloei die strominge van ’n lewe met dié van die Suid-Afrikaanse werklikheid, waar hoop en wanhoop ’n maalkolk kan raak.

Die Avonture van Kuifie: Bestemming Maan (Afrikaans, Paperback): Hergé Die Avonture van Kuifie: Bestemming Maan (Afrikaans, Paperback)
Hergé; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R124 Discovery Miles 1 240 Shipped within 10 - 15 working days

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Die avonture van Kuifie – Bestemming maan word Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onverwags deur professor Sonneblom na die Sbrodjse Atoomnavorsingsentrum in Sildawië ontbied. Groot is hul verbasing toe hulle uitvind dat professor Sonneblom besig is om ’n reis na die maan te organiseer en van plan is om hulle saam te neem. Ná maande se voorbereiding vertrek hulle op die gevaarlikste reis wat nog ooit deur mense aangepak is …

Ouma se Lysie (Afrikaans, Paperback): Portia Dery Ouma se Lysie (Afrikaans, Paperback)
Portia Dery; Illustrated by Toby Newsome
R130 R103 Discovery Miles 1 030 Save R27 (21%) Shipped within 4 - 10 working days

Fatima is vasbeslote om vandag iets goeds te doen. Sy wil Ouma help met haar doenlysie sodat almal moet besef dat sy nou ’n groot meisie is! Maar dinge gebeur nie heeltemal soos wat sy verwag het nie…

Fatima, wat het jy gedoen?

Hierdie is ’n prettige storie oor die grootwordjare.

Die Son se Groot Geskenk - 'n Eg Suid-Afrikaanse Storie (Afrikaans, Paperback): Dianne Stewart Die Son se Groot Geskenk - 'n Eg Suid-Afrikaanse Storie (Afrikaans, Paperback)
Dianne Stewart; Illustrated by Jude Daly
R130 R103 Discovery Miles 1 030 Save R27 (21%) Shipped within 4 - 10 working days

Thulani wou graag lekker leef deur net in die son te sit en bak.

Hy is moeg daarvoor om die koei te melk en verruil dit toe vir ’n bok … die bok vir ’n skaap … die skaap vir drie ganse … totdat hy net ’n sakkie vol sonneblomsaad oor het! Maar die sonneblomsaad is kos vir die hoenders en hulle lê meer eiers as ooit tevore, en kort voor lank geniet Thulani die gawe van sy nuwe rykdom.

Dianne Stewart se bekoorlike storie en Jude Daly se sprankelende illustrasies sal beide kinders en volwassenes bekoor. In 1998 ontvang Jude Daly die Katrine Harries-toekenning vir illustrasies met hierdie boek, asook ’n plek op die IBBY se ererol.

Die Legendariese Lua Verwey 2: 'n Plaas se Geraas (Afrikaans, Paperback): Dihanna Taute Die Legendariese Lua Verwey 2: 'n Plaas se Geraas (Afrikaans, Paperback)
Dihanna Taute
R140 R109 Discovery Miles 1 090 Save R31 (22%) Shipped within 7 - 15 working days

Lua Verwey is eintlik allergies vir seuns, maar sy is tog die enigste meisie wat saam met die krieketspan Kaap toe gaan toer. Mits sy voor die einde van die kwartaal genoeg name op haar borgvorm het om geld in te samel vir ’n vakansie langs die strand. En 'n vakansie het sy beslis nodig; want haar ma verwag 'n tweeling, haar boeties neem die huis op horings, haar oupa-hulle gaan by hulle kom intrek en haar beste vriendin is skielik superaaklig.

Maya se Musketier (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Maya se Musketier (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker
R175 R139 Discovery Miles 1 390 Save R36 (21%) Shipped within 7 - 15 working days

Maya kan nie glo hulle trek Bloemfontein toe nie en dit omdat haar ma 'n langverlore tante se huis en katte geërf het. Simon is gewoond daaraan om met mishandelde perde te werk, maar Lynx lyk nie asof sy ooit haar slegte ervaring sal afskud nie. Dalk sal Lynx se nuwe stalmaats haar help beter word? Maya pas ook moeilik aan by die nuwe skool en stalle. Dit help nie dat tante Jacquette maar 'n vreemde karakter was en haar ongewone huis en tuin boonop in Bloemfontein berug is nie.

Plak en Inkleur: Op Pad Werk Toe! (Afrikaans, Paperback): Ballon Media Plak en Inkleur: Op Pad Werk Toe! (Afrikaans, Paperback)
Ballon Media
R100 R86 Discovery Miles 860 Save R14 (14%) Shipped within 7 - 15 working days

Kinders vanaf 2 jaar gaan hope pret hê met die oulike tonele in hierdie boek wat hulle kan inkleur en met plakkers versier. Die boek sluit 100 plakkers in wat spesiaal vir klein handjies gemaak is. So leer kinders speel-speel meer oor allerhande soorte voertuie. Boonop help die boek kinders om hul waarnemingsvermoë en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel deur in te kleur en die korrekte plakkers te kies en te plak.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Suurlemoenseisoen - Genees en Herstel…
Amanda de Lange Paperback R160 R129 Discovery Miles 1 290
Plak en Inkleur: Op Pad met Vakansie!
Ballon Media Paperback R100 R86 Discovery Miles 860
Plak en Inkleur: Op pad in die Stad!
Ballon Media Paperback R100 R86 Discovery Miles 860
Plak en Inkleur: Hulp is Op Pad!
Ballon Media Paperback R100 R86 Discovery Miles 860
Donatello & Volksie
Marion Erskine Paperback R260 R199 Discovery Miles 1 990
Kry Styl - Jesus s'n!
Stephan Joubert Paperback R190 R149 Discovery Miles 1 490
Identifiseer die Bome van Suider-Afrika
Braam van Wyk, Piet Van Wyk Paperback R290 R228 Discovery Miles 2 280
My Eerste 1000 Woorde
Eleonora Barsotti Paperback R75 R65 Discovery Miles 650
Ek Kan Tel
Eleonora Barsotti Paperback R75 R65 Discovery Miles 650
Melk & Vleis // Bloed & Bodem
Marina Albertyn Paperback R180 R150 Discovery Miles 1 500

 

Partners