0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (575)
  • R50 - R100 (1,166)
  • R100 - R250 (2,408)
  • R250 - R500 (315)
  • R500+ (103)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Opvoedkunde

Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback): Stefan Enslin Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback)
Stefan Enslin 1
R180 R149 Discovery Miles 1 490 Save R31 (17%) Ships in 5 - 10 working days

Jong Joe en Anna (albei 13) raak hartstogtelik verlief op mekaar. Maar dan tree die lewe tussenbeide en word hulle teen hul sin van mekaar geskei. Amper tien jaar later loop hulle mekaar weer onverwags raak, maar hul sterk band vanuit hul kinderdae is verlore. Sal hulle die lewe se baie hindernisse kan oorkom, en sal hulle ooit weer saam kan wees?

Dit is ’n storie oor lewe, grootword, regte en verkeerde keuses maak, vashou aan dit waarin jy glo, ouerskap en hantering van die dood. Wat egter die sterkste uitstaan, is die liefde.

Hierdie storie verken die moeilikhede wat tieners en studente daagliks in die gesig staar en leer ook jonk en oud om in liefde te glo ten spyte van hartseer.

Puntemasjien (Afrikaans, Paperback): Christo Meyer Puntemasjien (Afrikaans, Paperback)
Christo Meyer
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) Ships in 5 - 10 working days

Puntemasjien is ‘n jeugroman met rugby as sentrale tema. Dit speel op ‘n fiktiewe Bolandse dorpie af. Die hoofkarakter, Clint, word na die Boland se proewe genooi, met die oog op ‘n plek in die Cravenweekspan.

Daar kom struikelblokke op sy pad, soos die aanranding van sy vriendin, Yolandi, asook die verdwyning van haar ma en sy pa se drankprobleem.

By sy eie huis wag daar nog ‘n yslike skok op hom. Hy bes om hom aan die proewe te onttrek. Maar sy liefde vir rugby is so diep gewortel dat hy nie sommer sy rug op die spel kan draai nie. Sy afrigter oorreed hom om sy besluit te heroorweeg en met sy aanmoediging, begin lewenslesse uit die sport Clint se lewe verander.

Asterix in Korsika (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny Asterix in Korsika (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny; Illustrated by A. Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 10 - 15 working days

Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leŽr op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar …

Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Kaarte - 'n Pretereis Deur Die Lande, Oseane En Kulture Van Die Wereld (Afrikaans, Hardcover): Aleksandra Mizielinska,... Kaarte - 'n Pretereis Deur Die Lande, Oseane En Kulture Van Die Wereld (Afrikaans, Hardcover)
Aleksandra Mizielinska, Daniel Mizielinski; Translated by Esta Grobler
R334 Discovery Miles 3 340 Ships in 10 - 15 working days

Hierdie kaartboek is veel meer as ’n gewone atlas – dit is ’n visuele fees vir lesers van alle ouderdomme, ryklik versier deur die bekende Mizielinskis.

Ontdek grense, stede, riviere en bergpieke, maar ook geskiedkundige plekke, ikoniese mense, belangrike plante en diere, kulturele gebeurtenisse en baie ander fassinerende feite wat met die verskillende plekke op ons planeet geassosieer word.

ReŽnboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman ReŽnboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die ReŽnboogrant-jare!

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die ReŽnboogrant-jare! In die ReŽnboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens ’n skooluitstappie maak, tot ’n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop.

Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit diť gewilde reeks:

- ’n Nag van angs

- Die hanswors

- Teddie se geheim

Citygirl En Die Swart Hings (Afrikaans, Paperback): Marga Jonker Citygirl En Die Swart Hings (Afrikaans, Paperback)
Marga Jonker
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Nicole was min lus om die vakansie saam met haar ma Weskus toe te kom. Sy wou liewer by die huis bly om Golden Acres, diť ryskool in Pretoria, se perdespringkursus by te woon.

Hoe sleg gaan haar vakansiefoto’s nie afsteek teen Chanť se Mauritius-foto’s nie? En wat gaan sy heeldag doen tussen ’n klomp mariene bioloŽ wat net oor hulle navorsing kan praat?

Maar die Weskus is ’n verrassende plek . . .

KomInPas met Afrikaans: Grade 4-7 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): C. de Villiers, L. Rautenbach,... KomInPas met Afrikaans: Grade 4-7 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
C. de Villiers, L. Rautenbach, T. Smith, D. Struwig, E. Van der Merwe
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 13 - 17 working days

Die handleiding is vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal-leerders van graad 4 tot 7 opgestel. Die boek word dus eenmalig aangekoop en word in graad 4, 5, 6 en 7 gebruik. Die handleiding som die teorie van taalleer, sowel as literere begrippe vir die laerskoolleerder op. Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee. Afdeling A bevat 'n opsomming van die verskillende afdelings van taalleer. Elke aspek van die taalleer vorm 'n eenheid. Afdeling B bestaan uit wenke wat tydens die beantwoording van begripstoetse en visuele geletterdheidsoefeninge toegepas kan word. Afdeling C is 'n opsomming van die letterkundige en poetiese aspekte, wat as naslaanbron gebruik kan word. Onderwysers hoef nie meer kosbare tyd aan die opstel van notas te spandeer nie. Verder word tyd ook gespaar, omdat leerders nie meer notas hoef uit te knip en in te plak nie. Geld word ook gespaar aangesien afrolwerk nie meer nodig is nie. Elke onderwyser kan sy eie kreatiwiteit in die opstel van werkkaarte gebruik. Werkkaarte bly dus altyd relevant en die vernuwing van werkkaarte is dus geen probleem nie. Die handleiding beskik oor verskeie praktiese voorbeelde, en leerwerk vir byvoorbeeld spelling kan uit die handleiding gegee word. Die handleiding is kleurvol en gebruikersvriendelik. Daar is oulike wenke wat leerders help om sekere reels maklik te onthou en daar is nota-blokkies waar leerders addisionele notas kan maak. Die handleiding is ook 'n gemaklike grootte en lig genoeg om daagliks skool toe te bring.

Emma En Die Creepy Komplot (Afrikaans, Paperback): Marianna Brandt Emma En Die Creepy Komplot (Afrikaans, Paperback)
Marianna Brandt
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die aksiebelaaide opvolg op Emma En Die Geheime Gang.

Die skool en koshuis op Kosterkloof het weer na normaal teruggekeer nŠ die skoolhoof se komplot om kinders se DNA aan ruimtewesens te verkoop, oopgevlek is. Die kinders word nou aangemoedig om gesond te eet en ook sport te beoefen. Emma kom egter gou agter dat die blou koelsakke wat die onderhoof in die middel van die nag kombuis toe dra, nie die rugbyspan se koeldranke bevat soos hy beweer nie. En wat het die nuwe hoteleinenaar, die Plottenboers, Jori Appelgryn en die Snopkes, wat steeds in die tronk sit, met mekaar te doen?

Emma besluit natuurlik om ondersoek in te stel, maar niks kan haar en Zoltan egter voorberei vir die gruwelike fonds wat hulle een aand in die koelsakke ontdek nie . . .

X-Kit Essential Reference: Afrikaans for English Speakers - Grade 8 - 12 (Afrikaans, English, Paperback): T. McLachlan, A.... X-Kit Essential Reference: Afrikaans for English Speakers - Grade 8 - 12 (Afrikaans, English, Paperback)
T. McLachlan, A. Barnby
R180 R152 Discovery Miles 1 520 Save R28 (16%) Ships in 5 - 10 working days

The X-kit Afrikaans for English Speakers is the ideal reference guide for beginner or near-beginner learners of Afrikaans. This essential companion contains everything English speakers need to know about Afrikaans words, spelling, pronunciation, speaking, vocabulary, writing, phonetics, sentences and paragraphs to achieve excellent results in Afrikaans.

Kringe in 'n bos - Studiegids (Afrikaans, Paperback): Kringe in 'n bos - Studiegids (Afrikaans, Paperback)
R142 Discovery Miles 1 420 In stock

Part of the Guidelines Literatuurgids series for "Kringe in 'n bos" deur Dalene Matthee.

Musiekensiklopedie Vir Kinders - Ontdek Die Wereld Van Musiek (Afrikaans, Paperback): Hans-Gunter Heuman, Monica Heuman Musiekensiklopedie Vir Kinders - Ontdek Die Wereld Van Musiek (Afrikaans, Paperback)
Hans-Gunter Heuman, Monica Heuman; Illustrated by Andreas Schurmann; Translated by Maria Smit
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 10 - 15 working days

Hoe lyk 'n balalaika en wat is ritme? Wie was Robert Schumann? In die boek se 250 artikels oor instrumente, komponiste en musiekterme uit klassieke musiek, jazz en popmusiek sal jy antwoorde op die en hope ander musiekverwante vrae vind! 'n Noodsaaklike naslaanbron vir kinders wat lief is vir musiek, met meer as 200 volkleurillustrasies en fotoís, talle notevoorbeelde, ín register met ongeveer 1000 terme met verklarings oor die herkoms en uitspraak daarvan.

Knolle, Bolle & Tuinkaperjolle (Afrikaans, Hardcover): Samantha van Riet Knolle, Bolle & Tuinkaperjolle (Afrikaans, Hardcover)
Samantha van Riet
R180 R127 Discovery Miles 1 270 Save R53 (29%) In stock

Kinders van ses tot nege jaar oud is die teikengroep vir diť eg Suid-Afrikaanse boek oor groentetuine. Hulle sal leer hoe om ’n tuin uit te lÍ, die soorte grond en hoe om grond voor te berei, plant en saai, snoei en oes van hulle eie gesonde groente, slaai en kruie. Daar is ook handwerkprojekte wat met tuinmaak verband hou en maklike resepte.

Die boek is in twee dele: die eerste oor grondvoorbereiding, saai en omsien na die plante terwyl hulle groei; herwinning, die seisone, insekte en voŽls en natuurlike siklusse. Die tweede deel sal kinders inspireer om hulle groente-oes te geniet. Elke groente word op ’n dubbelblad gewys, met inligting, foto’s, illustrasies en maklike resepte daarby.

Kinders sal trots wees op groente wat hulle self geplant en versorg het, en hulle gaan sommer ook lus wees om minder bekende groentes te probeer as hulle betrokke was by die plant en oes daarvan! Dis ook ’n wonderlike manier om kinders van die rusbank af tot in die tuin te lok, en ’n heerlike aktiwiteit vir gesinne om saam te doen.

Platinum Afrikaans huistaal: Graad 3: Graad 3: Leesboek 1 (Afrikaans, Staple bound): J. Anker, I. Lewis, T. Morris Platinum Afrikaans huistaal: Graad 3: Graad 3: Leesboek 1 (Afrikaans, Staple bound)
J. Anker, I. Lewis, T. Morris
R50 R43 Discovery Miles 430 Save R7 (14%) Ships in 5 - 10 working days
Tippie en die leer: Vlak 2 Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Reinette Palmer, Jose Palmer Tippie en die leer: Vlak 2 Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Reinette Palmer, Jose Palmer
R40 R35 Discovery Miles 350 Save R5 (13%) Ships in 13 - 17 working days

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geillustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos "eu", "ie" en "ou" bekend. Die eerste agt boekies in die Leer my lees-reeks is baie gewild. Die tweede reeks volg op die eerste en stel die leser aan ietwat ingewikkelder klanke bekend.

Huppelkind (Afrikaans, Paperback): W.O. Kuhne Huppelkind (Afrikaans, Paperback)
W.O. Kuhne
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die klassieke Huppel-stories is weer beskikbaar in een pragtige bundel. Wie onthou die Slaapkouse en die Nuuskierige Agies wat moet help dat Storieman sy storie vertel in Wip-Huppel-Wip? In Vrolike Huppelkind besoek hy saam met Fiefman die Land van Wol en Hare, en wanneer Huppel verjaar, kry hy 'n regte koekoek in 'n klok! Die kleurvolle, komiese karakters en die vrolike Huppel, tesame met Dorothy Hill se bekoorlike illustrasies, steel kinders se harte sommer gou weer in 2018.

Hoekom Nie? - Meer as 1,111 Vrae en Antwoorde vir Nuuskierige Agies (Afrikaans, Hardcover): Crispin Boyer Hoekom Nie? - Meer as 1,111 Vrae en Antwoorde vir Nuuskierige Agies (Afrikaans, Hardcover)
Crispin Boyer
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Fassinerende en interessante feite wat die nuuskierigste kind (en grootmens!) vasgenael sal hou! In†Hoekom nie?†is daar 1,111 fantastiese antwoorde en verduidelikings vir al daardie vrae waarop weetgierige kinders antwoorde soek: Hoekom hou ons nie aan met groei nie? Hoekom vlieg ons nie rond in straalpakke nie? Hoekom is daar nie meer dinosourusse nie? Om alles te kroon is daar ook nog top 10-lyste, raar-maar-waar feite, profiele van ontdekkingsreisigers en cool aktiwiteite!†

Die Storie Van Die Molletjie Wat Wou Weet Wie Op Sy Kop Gedinges Het (Afrikaans, Paperback, 30ste Verjaarsdag Uitgawe): Werner... Die Storie Van Die Molletjie Wat Wou Weet Wie Op Sy Kop Gedinges Het (Afrikaans, Paperback, 30ste Verjaarsdag Uitgawe)
Werner Holzwarth, Wolf Erlbruch
R130 R112 Discovery Miles 1 120 Save R18 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Op ’n helder, sonnige mŰre tref ’n katastrofe die molletjie. Iets wat soos ’n wors lyk, val reg bo-op sy kop! Hoogs ontstoke ondervra hy dier na dier om uit te vind wie op sy kop gedinges het. Die molletjie se soektog is ’n prettige en tegelyk informatiewe ontdekking van ’n soms afgeskeepte maar baie belangrike en natuurlike aspek van die dierelewe. Met hierdie 30ste verjaarsdaguitgawe kan kinders op’n opwindende†speurtog gaan!

Dagboek van 'n Wimpy Kid 6: Kamerkoors (Afrikaans, Paperback, New Edition): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 6: Kamerkoors (Afrikaans, Paperback, New Edition)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Greg Heffley is in groot moeilikheid. Skool- eiendom is beskadig en hy is die hoofverdagte in die saak. Maar hy is redelik onskuldig. Al hou ‘n frats sneeustorm die Heffley-familie binnenshuis, weet Greg dat hy die saak moet hanteer wanneer die storm bedaar het. Maar kan enige straf erger wees as om met jou familie ingehok te wees vir die vakansie?

Dagboek van 'n Wimpy Kid 11: Kluitjies Bak (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 11: Kluitjies Bak (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hÍ hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken.

En asof dŪt nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai.

Sy lewe is ’n riller!

Dan ontdek hy ’n pakkie suurwurms, en dit gee hom ’n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?

Claude in die Kollig (Afrikaans, Paperback): Alex T. Smith Claude in die Kollig (Afrikaans, Paperback)
Alex T. Smith
R130 R104 Discovery Miles 1 040 Save R26 (20%) In stock

’n Stappie deur die dorp se strate lei tot ’n opskop en ’n stertswaai-avontuur toe Claude sy pad tot in die teater oopdans – tot reg in die kollig!

Claude Gaan vir Goud (Afrikaans, Paperback): Alex T. Smith Claude Gaan vir Goud (Afrikaans, Paperback)
Alex T. Smith
R130 R104 Discovery Miles 1 040 Save R26 (20%) In stock

Claude het rooimiere! Hy kan nie wag om deel te neem aan die Hengse Groot Sportdag nie. Hy wil die goue beker wen, maar dan beland dit in die kloue van twee skelm skurke. Kan Claude die toernooi red en die beker wen?

My Groot Boek Oor Vliegtuie, Bote En Ruimtetuie (Afrikaans, Paperback): Ants Books My Groot Boek Oor Vliegtuie, Bote En Ruimtetuie (Afrikaans, Paperback)
Ants Books
R90 R78 Discovery Miles 780 Save R12 (13%) Ships in 7 - 11 working days

Het jy al ooit gewonder hoe die eerste vliegtuig en boot gelyk het? Wie was die eerste mens om op die maan te loop?†In hierdie groot-formaat boek kan kinders lees oor die eerste skepe, vliegtuie en ruimtetuie tot voertuie wat vir oorloŽ gebruik word! Elke bladsy bevat helder en groot illustrasies met byskrifte, en ekstra bladsye agterin die boek vir inkleur!

My Groot Boek Oor Treine, Motors En Lorries (Afrikaans, Paperback): Ants Books My Groot Boek Oor Treine, Motors En Lorries (Afrikaans, Paperback)
Ants Books
R90 R78 Discovery Miles 780 Save R12 (13%) Ships in 7 - 11 working days

Het jy al ooit gewonder hoe die eerste fiets gelyk het? Of hoe die eerste wiel ontdek is? In hierdie groot-formaat boeke kan kinders lees oor die eerste treine en motors tot al die voertuie wat op die plaas gebruik word! Elke bladsy bevat helder en groot illustrasies met byskrifte, en ekstra bladsye agterin die boek vir inkleur! Hierdie boeke is perfek vir nuuskierige agies wat wil speel†ťn leer!†

Claude in die Stad (Afrikaans, Paperback): Alex T. Smith Claude in die Stad (Afrikaans, Paperback)
Alex T. Smith
R130 R104 Discovery Miles 1 040 Save R26 (20%) In stock

Claude gaan kuier in die stad waar hy by ’n museum inloer, ’n skelm help vastrek en almal se held word!

Dagboek van 'n Wimpy Kid 10: Goeie Ou Dae (Afrikaans, Hardcover): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 10: Goeie Ou Dae (Afrikaans, Hardcover)
Jeff Kinney; Translated by Tinus Horn
R160 R128 Discovery Miles 1 280 Save R32 (20%) In stock

Die lewe was beter in die ou dae. Of nie?

Dis die vraag wat Greg Heffley in Dagboek van ’n Wimpy Kid #10: Goeie Ou Dae homself afvra terwyl sy dorp alle elektroniese toerusting afskakel. Maar die hedendaagse lewe het sy geriewe, en Greg is nie vir ’n ouderwetse wÍreld uitgeknip nie.

Gaan Greg ’n manier vind om te oorleef terwyl spanning binne en buite die Heffley-huishouding opbou?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dagboek van 'n Wimpy Kid 9: Hardepad
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280
Nuwe Alles-in-Een Voorskoolse…
Mart Meij Paperback R131 R113 Discovery Miles 1 130
Claude Hou Vakansie
Alex T. Smith Paperback R130 R104 Discovery Miles 1 040
Dagboek van 'n Wimpy Kid 2: Rodrick…
Jeff Kinney Paperback  (1)
R160 R128 Discovery Miles 1 280
My gunsteling Storie-Bybel bundle
Ewald Rensburg Paperback R199 R165 Discovery Miles 1 650
Ouma Hester En Die Getaway-Kar
Janie Oosthuysen Paperback R135 R105 Discovery Miles 1 050
Dagboek van 'n Wimpy Kid 3: Die Laaste…
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280
Dagboek van 'n Wimpy Kid 8: OngeluksvoŽl
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280
Dagboek van 'n Wimpy Kid 4: In die…
Jeff Kinney Paperback R160 R128 Discovery Miles 1 280
Gediggies Vir Vrolike Gesiggies (Boek…
Alette-Johanni Winckler Paperback R235 R202 Discovery Miles 2 020

 

Partners